# Mathematical Literacy Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP

> Grade 12 Mathematical Literacy Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-mathematical-literacy-2018-eastern-cape-mock-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/b5a37cda-ac68-4a91-8fe7-e1bbca98a45a
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-mathematical-literacy-2018-eastern-cape-mock-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/b5a37cda-ac68-4a91-8fe7-e1bbca98a45a)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                            SEPTEMBER 2018

          WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2

PUNTE:    150

TYD:      3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye insluitende ŉ 5-bladsy addendum
                          (met 1 bladsy antwoordblad aangeheg).

### Page 2

2                             WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                     (EC/SEPTEMBER 2018)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.    Hierdie vraestel bestaan VIER vrae. Beantwoord AL die vrae.

2.    Gebruik die ADDENDUM met BYLAE vir die volgende vrae:

      BYLAE A vir VRAAG 2.2.1
      BYLAE B vir VRAAG 2.3
      BYLAE C vir VRAAG 3.1
      BYLAE D vir VRAAG 3.3

      ANTWOORDBLAD 1 vir VRAAG 2.3.5

      Skryf jou NAAM in die spasie wat voorsien word op die ANTWOORDBLAD en
      handig die ANTWOORDBLAD saam met jou ANTWOORDEBOEK in.

3.    Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
      gebruik word.

4.    ŉ Goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammmeerbaar en niegrafies) mag gebruik
      word, tensy anders aangedui.

5.    ALLE berekeninge moet duidelik getoon word.

6.    Kaarte en diagramme is NIE volgens skaal geteken NIE, tensy anders aangedui.

7.    Toon meeteenhede, waar van toepassing.

8.    Rond ALLE finale antwoorde toepaslik af volgens die gegewe konteks, tensy
      anders aangedui.

9.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

10.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2018)                    WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                         3

VRAAG 1

1.1      ŉ Familie van vyf lede woon in ŉ waterbeperkte gebied in Johannesburg waar
         hulle 87 liter water per persoon per dag van die munisipaliteit kan gebruik. Hulle
         het besluit om eko-wateropgaartenke te installeer om instaat te wees om 250 liter
         per persoon per dag te kan gebruik. Die familie gebruik 87 liter water per
         persoon vanaf die munisipaliteit en gebruik die res vanaf die watertenke. Hulle
         het twee watertenke met afmetings soos in TABEL 1 hieronder aangetoon word.

         TABEL 1: Afmetings van die twee watertenke

            TENK               Deursnit in millimeter           Hoogte in millimeter
              A                        1 050                           1 420
              B                        1 800                           2 100

         LET WEL:
         Twee tenke met afmetings soos aangetoon was geïnstalleer by hulle huis.

         1.1.1        Hoeveel liter water in totaal gebruik hulle per maand (30 dae) vanaf die
                      munisipaliteit en die watertenke?                                              (5)

         1.1.2        Gebruik TABEL 2, die watertariefkoste, om die vraag hieronder te
                      beantwoord.

                      TABEL 2:
                         [Normale Watertariefkoste vir Johannesburg in 2016/2017]
                          Tarief opsomming                    Tarief
                            (in kiloliter)     Rand per kiloliter (sonder BTW)
                               0 – 6 kℓ                       Gratis
                                7 – 10 kℓ                             R7,14
                               11 – 15 kℓ                             R12,07
                               16 – 20 kℓ                             R17,65
                               21 – 30 kℓ                             R24,03
                               31 – 40 kℓ                             R25,81
                                  > dan 40                            R32,27
                                                               [Bron: www.johannesburgwater.co.za]
                      Omskakeling: 1 kℓ = 1 000 liter

                      Die familie beweer dat, indien die water per persoon (aantal liter) uit die
                      watertenk belas word teen die normale munisipaliteit tariewe, hulle
                      meer as R300 BTW (14%) ingesluit vir die waterrekening, sal betaal.
                      Verifieer, met die nodige berekeninge, of hulle bewering geldig is of
                      nie.                                                                           (9)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

4                               WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                        (EC/SEPTEMBER 2018)

         1.1.3       Verifieer, met die nodige berekeninge, of hulle genoeg water vir 30 dae
                     sal hê met beide tenke vol, al het dit nie gereën nie.

                     LET WEL: Die hoeveelheid water in ŉ vol tenk is gelyk aan die
                              volume van die tenk, afgerond tot die naaste duisend.

                     Jy mag die volgende formule gebruik:
                     Volume van silindriese tenk = π × radius × radius × hoogte; waar
                     π = 3,142
                     Omskakeling: 1 000 cm3 = 1 liter                                              (9)

1.2      In ŉ geen fooi skool (no fee school), word boekpakke (skryfbehoeftes) aan
         graad 10, 11 en 12 leerders in verhouding 5 : 3 : 2 verskaf. Daar is verskillende
         plakkers vir elke van hierdie grade; blou vir graad 10, roomkleur vir graad 11 en
         groen vir graad 12. Elke boekpak kos R320,00 insluitende BTW (15%).

         1.2.1   Aan die graad 10 leerders was 250 boekpakke verskaf. Hoeveel
                 boekpakke was daar aan die hele skool verskaf?                                    (5)

         1.2.2   ŉ Regeringsamptenaar beweer dat die 15% BTW wat op die totale aantal
                 boekpakke belas word, is meer as die koste van 50 boekpakke. Verifieer,
                 met berekeninge, of die bewering geldig is of nie.                                (7)

         1.2.3   Bepaal die waarskynlikheid dat ŉ boekpak wat willekeurig gekies word
                 aan óf ŉ graad 11 óf ŉ graad 12 leerder behoort. Gee jou finale antwoord
                 as ŉ persentasie.                                                                 (4)
                                                                                                  [39]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2018)                    WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                         5

VRAAG 2

2.1      Die twee stelle data hieronder verteenwoordig die slaagpersentasie in 11 gekose
         vakke vir 2015 en 2016.

          2015        59,6; 76,9; 75,7; 68,2; 97,1; 77,0; 84,0; 70,4; 71,4; 49,1; 58,6

          2016        69,5; 75,4; 73,7; 65,3; 97,4; 76,5; 84,0; 70,5; 71,3; 51,1; 52,0

         2.1.1   Bestudeer die datastel vir 2015 en 2016 en beantwoord die volgende vrae.

                 (a)      Bereken die gemiddelde vir die 2015 datastel.                              (3)

                 (b)      ŉ Onderwyser beweer dat, indien slegs die gemiddelde oorweeg
                          word, het die 2016 leerders beter as die 2015 leerders gepresteer.
                          Verifieer hierdie stelling deur alle berekeninge te toon.                  (3)

         2.1.2   Die snor- en baarddiagram hieronder verteenwoordig die twee stelle data
                 vir die slaagpersentasie in 11 gekose vakke. Sommige inligting is
                 weggelaat.

                 2015

                 49,1           59,6                       71,4       A                  97,1

                 2016

                       51,1                  B              71,3    76,5                  97,4

                 ŉ Onderwyser beweer dat die 2015 uitslae beter as die 2016 uitslae was
                 wanneer die twee snor-en baarddiagramme vergelyk word. Verifieer
                 hierdie stelling deur kommentaar op die interkwartielomvang te lewer.               (6)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

6                             WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                          (EC/SEPTEMBER 2018)

2.2      Gebruik die belastingtabel in BYLAE A om die volgende vrae te beantwoord.

         2.2.1   ŉ 56-jaar oue vrou verdien R31 625 belasbare inkomste per maand. Sy
                 dra nie tot ŉ mediese fonds by nie. Sy beweer dat sy met haar
                 maandelikse belasting aan twee oumense ouderdomstoelae en tien
                 kinderondersteuningstoelae kan betaal. Verifieer, met die nodige
                 berekeninge, of haar bewering geldig is of nie.

                 NOTA: Kinderondersteuningstoelaag is R380 en Ouderdomstoelaag
                       is R1 600.                                                                 (10)

         2.2.2   Sy werk vir ŉ maatskappy wat 5,8% verhoging vir die eerste jaar aanbied
                 en 6,8% vir die volgende jaar. Bereken haar totale jaarlikse inkomste na
                 twee jaar.                                                                        (5)
2.3      Die tabel in BYLAAG B toon ŉ statistiese opsomming van maatskaplike toelae
         in Suid-Afrika. Beantwoord die vrae wat op die tabel gebaseer is.
         2.3.1   Bereken die verskil in die totaal van die ouderdomstoelae en
                 kinderondersteuningstoelae vir KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap.                     (4)

         2.3.2   Identifiseer die provinsie met die laagste aantal maatskaplike toelaes,
                 uitsluitende Oorlogveteraan-toelae en toelae in Hulp.                             (2)

         2.3.3   Die volgende tabel verteenwoordig Oorlogveteraan se toelae vir 2017 en
                 2018 vir die verskillende provinsies.

                           OK        VS    GP     KZN      LP    MP    NK     NW     WK
                      2017 23         1    51      22       6     4     4      2     46
                      2018 21         1    48      15       3     3     3      2     42

                 Verskaf ŉ moontlike rede waarom die aantal Oorlogveteraan-toelae vir
                 Gauteng en Noordwes provinsies van mekaar verskil.                                (2)

         2.3.4   Beskryf die tendens van die aantal Oorlogveteraan-toelae tussen die twee
                 jare.                                                                             (4)

         2.3.5   Teken ŉ saamgestelde kolomgrafiek op ANTWOORDBLAD 1 om die
                 totaal van die Oorlogveteraan-toelae te toon vir Oos-Kaap, KwaZulu-
                 Natal, Noord-Kaap en Limpopo vir die twee jaar.                                   (4)
                                                                                                  [43]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2018)                  WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                        7

 VRAAG 3

 3.1   Twee families reis vanaf Kaapstad na Durban vir ŉ vakansie. Die eerste familie verlaat
       Kaapstad om 08:00 die tweede familie 30 minute later. Beide families het een en ŉ halfuur
       gerus tydens hulle rit. Beide families se aankomstyd in Durban was 21:00.
       Gebruik die kaart van Suidelike Afrika met die gegewe skaal in BYLAE C om die
       onderstaande vrae te beantwoord.

       3.1.1    Die eerste familie beweer dat die tweede familie dalk teen ŉ hoër spoed gery het.
                Verifieer, met die nodige berekeninge, of hierdie bewerings geldig is.

                Jy mag die volgende formule gebruik:

                                                         𝑨𝒇𝒔𝒕𝒂𝒏𝒅 𝒊𝒏 𝒌𝒊𝒍𝒐𝒎𝒆𝒕𝒆𝒓
                                               Spoed =                                                  (10)
                                                                𝑻𝒚𝒅 𝒊𝒏 𝒖𝒖𝒓

       3.1.2    Identifiseer die land op die kaart wat noordwes van Zimbabwe geleë is.                  (2)
 3.2   ŉ Wiskundige Geletterdheid onderwyseres onderrig meting aan haar klas. Sy berei vorme
       voor op ŉ bladsy soos hieronder aangedui. Leerders moet dit in hulle boeke plak met die
       afmetings soos hieronder aangedui.
                                                  28 cm

                                        2 cm
                                                   12 cm

                                                                                                20 cm
                      10 cm                                                           6 cm

                                                         2 cm

                                                                        6 cm
                              4 cm

                Afmetings van bladsy:
                Lengte = 28 cm
                Breedte = 20 cm

                Jy mag die volgende formule gebruik:
                Oppervlakte van ŉ reghoek = Lengte × Breedte
                Oppervlakte van ŉ vierkant = Sy × Sy

       3.2.1    ŉ Leerder gebruik tou om die omtrek van die geskakeerde figuur te meet. Wat is
                die lengte van die tou wat benodig word?                                                (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

8                            WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                           (EC/SEPTEMBER 2018)

       3.2.2    Bereken die oppervlakte van die ongeskakeerde gedeelte in vierkante
                sentimeter (cm2).                                                                  (7)

3.3    BYLAAG D verteenwoordig die hekke en kampe vir die Kruger Nasionale Park.

       3.3.1     Toeriste in die Kruger Nasionale Park beweer dat die rit vanaf Satara na
                 Olifants hulle die helfte van die tyd sal neem as die rit vanaf N’wanetsi na
                 Laer Sabi. Deur die afstande te oorweeg, verduidelik of hulle bewering
                 geldig is of nie.

                 LET WEL: Hulle ry nie teen dieselfde spoed nie.                                    (4)

       3.3.2     Die afstand vanaf Punda Maria na Paul Kruger via Mopani is 30 km
                 minder as die afstand vanaf Skukuza na Pafuri het. Verifieer, met die
                 nodige berekeninge, of hierdie bewering waar is.                                   (4)
                                                                                                   [31]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2018)                   WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                    9

VRAAG 4

4.1    TABEL 3 hieronder toon inligting van fooie wat in Australië betaalbaar is vir
       voorgraadse studies. Dit toon 3 fakulteite by 10 geselekteerde universiteite.
       Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae.

       TABEL 3: UNIVERSITEITSFOOIE
                     Baccalaureus Graad (Voorgraads) – Fooie

                      Universiteit        Besigheid    Ingenieurswese        Kunste

             Australiese Katolieke         $23 800                           $21 000
             universiteit

             Australian nasionale          $39 024          $41 040          $36 720
             universiteit

             Bond universiteit             $33 640          $33 640          $33 640

             CQ universiteit               $23 760          $30 240          $21 120

             Charles Darwin                $20 440          $26 000          $18 520
             universiteit

             Charles Sturt universiteit    $22 800                           $18 400

             Curtin universiteit           $30 000          $34 000          $30 000

             Deakin universiteit           $28 952          $33 000          $25 088

             Edith Cowan universiteit      $27 600          $25 760          $27 200

             Federasie universiteit        $24 700          $28 800          $23 300
             Australië

       4.1.1     Verskaf ŉ moontlike verduideliking waarom daar geen fooie betaalbaar is
                 vir Ingenieurswese by sekere universiteite nie.                               (2)

       4.1.2     Bereken die totale bedrag (fooie) betaalbaar in Rand, indien twee studente
                 Besigheid en Ingenieurswese by Bond en Edith Cowan universiteite
                 onderskeidelik studeer.
                 Gegewe dat die wisselkoers op 30 Januarie 2018 die volgende was:
                 1 Australiese dollar (AUSD) = R9,68.                                          (4)

       4.1.3     Bepaal die waarskynlikheid om ŉ universiteit lukraak te kies waar die fooie
                 van Kunste groter as $15 000 maar kleiner as $30 000 is. Gee jou finale
                 antwoord as ŉ desimale breuk.                                                 (3)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

10                           WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                        (EC/SEPTEMBER 2018)

4.2    Die tabel hieronder verteenwoordig die verkope van alle Mercedes Benz modelle in
       Europa vanaf Julie tot Desember vir drie agtereenvolgende jare.

       TABEL 4: MERCEDES-BENZ VERKOPE IN EUROPA
              Maand            Mercedes-Benz verkope
                         2014          2015                             2016
            Julie       29 406        29 689                           31 795
            Augustus    28 958        30 633                           31 556
            September   29 523        29 678                           32 470
            Oktober     30 733        31 749                           31 383
            November    37 110        32 813                           32 927
            Desember    37 297        38 249                           35 871

                                                                [Bron: www.carsalesbase.com]

       4.2.1     Bereken die persentasie toename in Mercedes-Benz verkope vanaf
                 September 2015 tot Desember 2015.                                                   (4)

       4.2.2     Watter maand wys die grootste Mercedes-Benz verkope vir al die jare? Gee
                 ŉ moontlike rede vir hierdie hoë Mercedes-Benz verkope.                             (3)

       4.2.3     Bereken die verskil in verkope vir Augustus 2015 en Augustus 2016 indien
                 ŉ motor se gemiddelde prys R550 000 is. Gee jou finale antwoord in Euro.

                 Gegewe dat 1 Euro = R14,81                                                          (5)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2018)                WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                        11

 4.3   ŉ Konstruksie-maatskappy het mense indiens geneem vir ŉ projek wat in 14 dae
       voltooi moet word. Daar is 3 verskillende vlakke van werknemers met verskillende
       tariewe van betalings.

       Daar is twee Vlak 3 werknemers wat teen ŉ tarief van R248 per uur betaal word, ses
       Vlak 2 werknemers teen ŉ tarief van R218,24 per uur en twee-en-dertig Vlak 1
       werknemers teen ŉ tarief van R163,68 per uur.

       Hulle werk van 14:00 tot 20:00 op die eerste dag met een uur etenstyd tussenin. Vir
       die ander dae, werk hulle vanaf 08:00–20:00 met 2 ure etenstye tussenin. Op die
       laaste dag werk die Vlak 1 werknemers vir vier ure, terwyl die Vlak 2 en Vlak 3
       werknemers vir agt uur werk.

       Werknemers woon 14 km vanaf die konstruksieterrein en word daagliks per bus
       vervoer na en vanaf die konstruksieterrein teen ŉ tarief van R3,18 per kilometer per
       persoon.

       LET WEL:
        Die konstruksie maatskappy betaal die busmaatskappy vir vervoer.
        Werknemers word nie vir etenstye betaal nie.

       4.3.1     Die hoof finansiële beampte van die konstruksie maatskappy beweer dat die
                 bedrag wat benodig word vir die werknemers sonder vervoerkoste is
                 R800 000. Verifieer, met die nodige berekeninge, of die bewering geldig is
                 of nie.                                                                       (10)

       4.3.2     Die hoof finansiële beampte rapporteer aan die raad van bestuurders dat die
                 totale bedrag wat die konstruksie maatskappy vir vervoerkoste betaal as ŉ
                 desimale breuk van die totale bedrag vir die werknemers, is minder as 0,5.
                 Verifieer, met die nodige berekeninge, of die verslag geldig is of nie.        (6)
                                                                                               [37]

                                                                                  TOTAAL:      150

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

12                                 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                      (EC/SEPTEMBER 2018)

ANTWOORDBLAD vir VRAAG 2.3.5

Naam en Van: ………………………………………………………..                                        Graad 12: …….

                                  Oorlogveteraan toelae vir die OK, KZN, NK en LP
                                                  vir 2017 en 2018

                  25

                  20

                  15

     Provinsies

                  10

                  5

                  0
                       OK   KZN        NK        LP
                                                      Aantal WVG

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

## Related documents

- [MATHS LIT P2 ADD GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-add-gr12-sept2023-afrikaans/ed608021-efc6-41d9-9c79-4f29eefc55f9) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Afr
- [MATHS LIT P2 MEMO GR12 SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-memo-gr12-sept-2023-afrikaans/b9a912ff-2fca-4509-8304-e86e47408330) — Mathematical Literacy · Memo · 2023 · Afr
- [MATHS LIT P1 GR12 QP SEPT2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-qp-sept2019-afrikaans/4a98f93e-3ab7-4371-b4c5-b42354468a6e) — Mathematical Literacy · QP · 2019 · Afr
- [MATHS LIT P2 QP GR12 JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-qp-gr12-june-2023-afrikaans/537dd8f7-8a3f-4b18-a420-692a0342dab5) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Afr
- [Gr12 Mathematics Literacy P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-mathematics-literacy-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/f0172261-2f96-4a22-9154-bd5d38da865a) — Mathematical Literacy · QP · 2022 · Afr
- [Gr12 Mathematics Literacy P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-mathematics-literacy-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/7e9e136a-ea6b-439f-9f4c-c3639e011c4c) — Mathematical Literacy · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Mathematical Literacy

- [MATHS LIT P1 GR12 MEMO JUNE 2025 AFRIKAANS FINAL watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-memo-june-2025-afrikaans-final-watermark/4f0ec261-f838-4bf3-8913-7821dc577353) — Memo · 2025 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR 12 SEPT 2025 ADDENDUM AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr-12-sept-2025-addendum-afr-watermark/813c6e54-f134-474a-b01a-1260e38b4c8f) — Addendum · 2025 · Afr
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/52054481-13fc-4fe6-aeaa-f4ab3b0cc95a) — Memo · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 ANSWER BOOK September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-answer-book-september-2025-kzn/b0b358eb-c897-437a-8694-910fe61dfcbc) — Addendum · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/b5fb7d34-b4dd-4364-aef6-145ed54ac2c5) — Memo · 2025
- [Maths Lit P2 Erratum June Common 2024](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-erratum-june-common-2024/48cfbfd6-3aea-46d0-8faa-e00dcb9be5e8) — Errata · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
