# Mathematical Literacy Grade 12 P2 2024 QP (Afr)

> Grade 12 Mathematical Literacy Paper 2 question paper from the Eastern Cape Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-mathematical-literacy-2024-eastern-cape-prelim-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/e2074868-5168-4ee6-ad1b-fc609846f92b
- Updated: 2026-10-30
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape Prelim Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 12 P2 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-mathematical-literacy-2024-eastern-cape-prelim-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/e2074868-5168-4ee6-ad1b-fc609846f92b)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                              SENIORSERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                               SEPTEMBER 2024

           WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

               Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye en ŉ addendum met 3 bylae.

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 2

2                        WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                           (EC/SEPTEMBER 2024)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.     Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. Beantwoord AL die vrae.

2.     Gebruik die BYLAES in die ADDENDUM om die volgende vrae te beantwoord:

       •    BYLAE A vir VRAAG 1.2
       •    BYLAE B vir VRAAG 2.3
       •    BYLAE C vir VRAAG 4.3

3.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
       gebruik is.

4.     Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

5.     Jy mag ŉ goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbare en niegrafies) gebruik,
       tensy anders aangedui.

6.     Toon ALLE berekeninge duidelik.

7.     Rond AL die finale antwoorde toepaslik volgens die gegewe konteks af, tensy anders
       aangedui.

8.     Dui meeteenhede aan, waar van toepassing.

9.     Kaarte en diagramme is NIE volgens skaal geteken NIE, tensy anders aangedui.

10.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

                             Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2024)                  WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                         3

VRAAG 1

1.1   ŉ Sjef het ŉ romerige sjokolade-mousse voorberei. Bestudeer die resep hieronder wat
      sy gebruik het en beantwoord die vrae wat volg.

      ROMERIGE SJOKOLADE-MOUSSE RESEP

      BESTANDDELE
      50 g Kakaopoeier
      125 mℓ Geklopte dubbelroom
      35 g Versiersuiker
      1 Eier
      125 g Wit sjokolade
      ½ Koppie melk
      Amandel- of vanieljegeursel

      Voorbereidingstyd: 15 minute
      Kooktyd: 6 minute
      Bedien: 4 mense

      METODE

      •      Rasper die sjokolade en smelt in ŉ pot.

      •      Klits eierwit, versiersuiker, room en melk tot glad. Voeg die mengsel by die
             gesmelte sjokolade. Kook vir ses minute terwyl jy roer.

      •       Skep die mengsel in glase, sprinkel die kakaopoeier en amandel- of
              vanieljegeursel bo-oor en verkoel in die yskas vir een uur.

      Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

      1.1.1 Herlei die swaargeklopte room na liter.                                                (2)

      1.1.2 Bepaal die aantal gram kakaopoeier wat benodig word vir 12 mense.                      (2)

      1.1.3 Bepaal die totale tyd wat dit sal neem om die resep twee keer te herhaal.              (2)

      1.1.4 Die mousse was gereed vir bediening teen 12:05. Teen watter tyd het die sjef
            begin om die mousse te maak?                                                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

                             Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 4

4                         WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                               (EC/SEPTEMBER 2024)

1.2   Mandla woon in Durban en het ŉ nuwe werk in Thaba Nchu (63 km oos van
      Bloemfontein) gekry.

      Die kaart in BYLAE A toon die nasionale paaie van Suid-Afrika waarop Mandla sal
      reis na en vanaf sy werk.

      Gebruik die kaart in BYLAE A en die inligting hierbo om die volgende vrae te
      beantwoord.

      1.2.1 Kies die TWEE soorte skale wat NIE op die kaart gebruik word NIE. Skryf
            slegs die letters wat die korrekte skale aandui neer.

             A       Woordskaal
             B       Staafskaal
             C       Verhoudingskaal                                                                 (2)

      1.2.2 Identifiseer die dorp waar die N1 en die N5 verbind.                                     (2)

      1.2.3 Bepaal die aantal nasionale paaie op die kaart met ŉ ewegetal.                           (2)

      1.2.4 Indien Mandla vanaf Durban op die nasionale paaie ry en nie links op die N8
            by Bloemfontein draai nie, maar aanhou op die N1. Wat is die eerste dorp wat
            hy sal verbygaan volgens die kaart?                                                      (2)

1.3   Polokwane Distrik Munisipaliteit het 920 skole van 2 watertenke elk voorsien, om die
      koste van munisipale waterrekeninge wat skole moet betaal vir water en sanitasie, te
      verminder.

      Die deursnee van elke tenk is 132 cm en die hoogte is 1,5 m.

      Die tenk het ŉ waterbergingskapasiteit van 2,05 kiloliter.

                                              [Aangepas uit https://www.builders.co.za/watertanks]

      Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

      1.3.1 Bepaal die radius van een watertenk in sentimeter.                                        (2)

      1.3.2 Bereken die aantal watertenke wat aan die 920 skole voorsien was.                         (2)

      1.3.3 Skryf neer die korrekte meeteenheid vir volume deur slegs gebruik te maak
            van die letters A, B of C.

             A        sentimeter
             B        kubieke meter
             C        vierkante millimeter                                                            (2)

      1.3.4 Verduidelik die term deursnee.                                                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

                              Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2024)                   WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                              5

 1.4   Lindiwe is besig met beplanning vir die maand van Oktober 2024. Die kalender vir
       Oktober 2024 word hieronder gegee.

                      KALENDER VIR DIE MAAND VAN OKTOBER 2024
             SON       MAAN    DINS    WOENS      DON     VRY   SAT
                             1         2      3           4   5
                             Skole            Ma se
                             heropen          verjaarsdag

        6             7         8               9           10                11       12

        13            14        15              16          17                18       19
                                                                                       Jeugkamp
        20            21        22              23          24                25       26
        Jeugkamp                Wiskundige
                                Geletterdheid
                                Skyn-
                                eksamen

        27       28             29              30          31
        Ouma kom                                            Ouma gaan
        besoek                                              terug huis
                                                            toe

                                           [Aangepas uit www.skillsportal.co.za/content/schoolcalender]

       Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

       1.4.1   Skryf die aantal dae neer wat ouma kom besoek.                                                 (2)

       1.4.2   Lindiwe se ma word 57 jaar oud op 3 Oktober 2024.

               Bepaal die jaar waarin Lindiwe se ma gebore was.                                            (2)
                                                                                                          [28]

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

                             Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 6

6                           WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                             (EC/SEPTEMBER 2024)

VRAAG 2

2.1     Mev. Thazibane woon in Lesotho. Sy beplan ŉ vakansie in KwaZulu-Natal. Sy
        beplan om Vryheid en ŉ paar ander plekke te besoek. Hieronder is die kaart wat
        sy gebruik om te besluit op die ander plekke wat sy wil besoek.

                             Kaart wat die streke van KwaZulu-Natal toon

                                                                   [Bron: www.googlemaps.com]

        Gebruik die inligting hierbo om die volgende vrae te beantwoord.

        2.1.1        Identifiseer die tipe paaie wat op die kaart aangedui word.                    (2)

        2.1.2        Wat is die algemene rigting van Vryheid vanaf Lesotho?                         (2)

        2.1.3        Watter provinsie is suid van Lesotho, uitsluitend KwaZulu-Natal?               (2)

        2.1.4        Die afstand van Lesotho na Vryheid is 614,6 km en mev. Thazibane ry
                     teen ŉ gemiddelde spoed van 120 km/h. Bepaal hoe lank dit haar sal
                     neem om Vryheid te bereik. Gee jou finale antwoord in ure en minute.

                                                                     Afstand
                     Jy mag die volgende formule gebruik: Spoed =
                                                                       Tyd                           (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

                                Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2024)                   WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                            7

2.2      Mev. Thazibane het besluit om in die Vrystaat te stop voordat sy Vryheid toe ry. Die
         motor wat sy ry het ŉ brandstofverbruik van 5,9 liter per 100 km en die koste van
         brandstof is R24,45 per liter.

         2.2.1   Verskaf aan mev. Thazibane ŉ duidelike stel aanwysings hoe om by Eshowe
                 uit te kom vanaf die Vrystaat, waar sy beplan om die dag met die familie te
                 spandeer voordat sy Vryheid toe ry.                                                        (3)

         2.2.2   Bepaal die aantal liter brandstof wat mev. Thazibane nodig sal hê vir ŉ
                 retoerrit vanaf Lesotho na Vryheid.                                                        (3)

         2.2.3   Vervolgens, bereken die brandstofkoste vir mev. Thazibane se retoerrit.                    (2)

2.3      Mev. Thazibane registreer haar dogter by een van die tersiêre instellings in Lesotho.

         BYLAE B illustreer die uitlegplan van die tweede vloer van die tersiêre instelling.

         Gebruik die uitlegplan in BYLAE B om die volgende vrae te beantwoord.

         2.3.1   Verduidelik die betekenis van die gegewe skaal.                                            (2)

         2.3.2   Identifiseer EEN verskynsel op die uitlegplan wat aandui dat dit ŉ
                 meerverdiepinggebou is.                                                                    (2)

         2.3.3   Watter ingang is die verste van die biblioteek?                                            (2)

         2.3.4   Bepaal die aantal toilette wat beskikbaar is op hierdie uitlegplan.                        (2)

         2.3.5   Bepaal die waarskynlikheid om ŉ Wetenskap Laboratorium op die tweede
                 vloer te vind.                                                                             (2)

         2.3.6   Meet, in mm, die lengte van die aanbiedingskamer se muur wat suidwaarts
                 gerig is.                                                                                  (2)

         2.3.7   Vervolgens, bereken die werklike lengte van die suidwaartsgerigte muur van
                 die aanbiedingskamer in meter, deur gebruik te maak van die gegewe skaal.
                 Gee jou antwoord tot die naaste meter.                                                  (4)
                                                                                                        [34]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

                             Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 8

8                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                            (EC/SEPTEMBER 2024)

VRAAG 3

3.1     Queens hoërskool besluit om die skoolsaal se vloer met donkerblou vierkantige
        teëls te teël.

        Die saal het ŉ reghoekige vorm. ŉ Kleiner reghoekige verhoog is teen die voorste
        muur van die saal geleë, soos in die diagramme hieronder aangedui.

        Die lengte van die verhoog is 10 meter, en die breedte is 5,5 meter. Die verhoog
        gaan nie geteël word nie.

        Die lengte van elke sy van een teël is 60 cm.

        Die skool moet bepaal hoeveel teëls benodig word.

           Voorbeeld van ŉ beeld van ŉ                   Diagram van die vloerplan van
                geteëlde skoolsaal                        die skoolsaal met afmetings

         Jy mag die volgende formules gebruik:
         Oppervlakte van ŉ vierkant = sy × sy
         Oppervlakte van ŉ reghoek = lengte × breedte

        3.1.1        Bereken die oppervlakte van die vloer van die skoolsaal wat geteël moet
                     word, met inagneming dat die verhoog nie geteël gaan word nie.               (5)

        3.1.2        Die teëllegger vereis 10% meer teëls wat gekoop moet word om die
                     teëlwerk te voltooi.

                     (a)   Bereken die oppervlakte van een teël wat gebruik gaan word. Gee
                           jou antwoord in m2.                                                    (3)

                     (b)   Vervolgens, bepaal hoeveel teëls gekoop moet word insluitende
                           die ekstra 10%.                                                        (3)

                     (c)   Verskaf EEN rede waarom 10% ekstra teëls deur die teëllegger
                           vereis word.                                                           (2)

        3.1.3        Bepaal die eenheidskaal wat gebruik is om die vloerplan te teken, indien
                     die lengte van die muur 60 mm is. Skryf jou finale antwoord as 1 : …         (3)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                               Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2024)                  WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                       9

3.2     Me. Johnson, die voorsitter van die Toekenningskommittee by Queens hoër,
        ontwerp die prysuitdeling-sertifikate vir die jaarlikse prysuitdelingseremonie.

        Die sertifikaat het ŉ geskakeerde raam van 2,5 cm, soos in die diagram hieronder
        getoon. Die lengte van die sertifikaat is 28,5 cm en die breedte 22 cm.

        ŉ Prestasievlak sirkelvormige plakker met ŉ radius van 8 cm word aan die
        onderkant van die sertifikaat geplaas.

                      Die diagram van die sertifikaat vir die prysuitdeling

        Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

        3.2.1   Bereken die deursnee van die sirkel in millimeter.                             (2)

        3.2.2   Bepaal die afmetings van die sertifikaat sonder die geskakeerde raam.          (3)

        3.2.3   Vervolgens, bereken die omtrek van die binnekant (sonder die raam) van
                die sertifikaat.

                Jy mag die volgende formule gebruik:
                Omtrek = 2 (lengte + breedte)                                                  (2)

        3.2.4   Me. Johnson beweer dat die oppervlakte van die ongeskakeerde deel
                (uitsluitend die raam en die sirkel) van die sertifikaat tot die naaste
                vierkante sentimeter, is 198 cm2.
                Verifieer, met die nodige berekeninge of haar bewering geldig is of nie.

                Jy mag die volgende formules gebruik:

                Oppervlakte van ŉ reghoek = lengte × breedte
                Oppervlakte van ŉ sirkel = 3,142 × radius2                                      (7)
                                                                                               [30]
Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

                             Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 10

10                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                               (EC/SEPTEMBER 2024)

VRAAG 4

4.1     FedEx Express is ŉ internasionale koerier (aflewering) diensmaatskappy wat
        spoedige, betroubare en op tyd na meer as 220 lande en gebiede aflewer.

        Om ŉ 5 kg-boks enige plek in Suid-Afrika te stuur, sal dit R2 250 kos.

        Die afmetings van ŉ 5 kg-boks word hieronder getoon:

        LET WEL: 1 duim = 25,4 mm

                                                 [Aangepas uit www.fedex.com/en-us/tracking.html]

        Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

        4.1.1        Bereken, in mm3, die volume van ŉ 5 kg-boks.

                     Jy mag die formule gebruik: Volume = lengte × breedte × hoogte                   (3)

        4.1.2        Een van die bestuurders beweer dat buite-oppervlakte van ŉ 5 kg-boks
                     meer as 2 m2 is. Verifieer, met die nodige berekeninge, of die bestuurder
                     se bewering geldig is of nie.

                     Jy mag die volgende formule gebruik:

                     Totale buite-oppervlakte = 2 (l × b) + 2 (l × h) + 2 (b × h)                     (5)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

                                Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2024)                  WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                      11

         4.1.3   Baie van die pakkies word met E-transit afleweringsvragmotors vervoer.
                 Hieronder word die afmetings van ŉ FedEx E-transit afleweringsvragmotor
                 gegee.

                                                           Afmetings van E-transit
                                                             afleweringsvragmotor

                                                           Lengte = 2,2 m
                                                           Breedte = 1,5 m
                                                           Hoogte = 1,6 m

                 Bereken die maksimum aantal 5-kg bokse wat in die afleweringsvragmotors
                 kan pas.                                                                         (5)

  4.2    FedEx reis vanaf Detroit na Denver, hetsy per vragmotor of vliegtuig. Die reistyd met
         ŉ vragmotor is ongeveer 18 uur 48 minute.

                                                             [Aangepas uit www.googlemaps.com]

         Bestudeer die kaart hierbo en beantwoord die vrae wat volg.

         4.2.1   Bereken die gemiddelde spoed van die afleweringsvragmotor (in myl/uur) wat
                 reis vanaf Detroit na Denver.

                 Jy mag die volgende formule gebruik:

                 Afstand = Spoed × Tyd                                                            (4)

         4.2.2   Die vlugafstand tussen Detroit en Denver is 1 862 km, wat gelyk is aan
                 1 157 myl. Bepaal hoeveel kilometer daar in een myl is, afgerond tot 3
                 desimale plekke.                                                                 (3)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

                             Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 12

12                       WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                              (EC/SEPTEMBER 2024)

4.3   Charles werk vir ŉ saadmaatskappy wat skole help om hul eie groentetuine te
      produseer. Hierdie groente word in kweekhuise geplant.

      BYLAE C illustreer die struktuur van ŉ kweekhuis en al die verwante inligting.

      Gebruik BYLAE C en beantwoord die vrae hieronder.

      4.3.1 Bereken hoeveel boë benodig sal word om 5 kweekhuise te bou.                          (2)

      4.3.2 Die kweekhuis is 20 meter in lengte en word regop gehou deur aluminium pale
            wat 5 meter van mekaar geplant word. Bepaal hoeveel aluminium pale
            benodig word om een kweekhuis regop te hou.                                           (2)

      4.3.3 Charles beweer dat meer as 50 staalstawe benodig sal word om een kweekhuis
            te bou. Verifieer, met berekeninge, of sy bewering geldig is of nie.                  (3)

      4.3.4 Die watertenk wat in die pakket ingesluit is, is ŉ reghoekige prisma soos in
            die diagram hieronder aangedui.

             Die afmetings van die watertenk is soos volg:

             Lengte = 1,2 m
             Breedte = 1 m
             Hoogte = 140 cm

             LET WEL:
             1 m3 = 1 kiloliter

             Bereken, in kiloliter, die kapasiteit wat die watertenk kan stoor.

             Jy mag die volgende formule gebruik:

             Volume van die reghoekige prisma = lengte × breedte × hoogte                         (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                             Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 13

(EC/SEPTEMBER 2024)                     WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                      13

          4.3.5       Die pakket sluit ŉ chemiese masker in.

                      Verduidelik waarom ŉ chemiese masker in die pakket ingesluit is.                  (2)

          4.3.6       Daar is verskeie maniere om die watertenk te vul. Noem EEN manier hoe
                      die watertenk met water gevul kan word.                                        (2)
                                                                                                    [35]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

                                Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 14

14                         WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                             (EC/SEPTEMBER 2024)

     VRAAG 5

     5.1   Thembani werk in Gobabis as ŉ elektriese ingenieur, maar woon in Lüderitz. Hy
           besluit om met die bus huis toe te gaan om reiskoste te verminder. Hieronder is die
           kaart wat die busroete vanaf Gobabis na Lüderitz aandui. Die reisafstand tussen
           Gobabis en Lüderitz is 815,6 km.

                                                               [Aangepas uit www.googlemaps.com]

           Gebruik die inligting en die kaart hierbo om die volgende vrae te beantwoord.

           5.1.1     Bereken die waarskynlikheid (as ŉ persentasie) om ŉ vulstasie te vind wat
                     NIE direk op die busroete tussen Gobabis en Lüderitz is NIE.                    (3)

           5.1.2     Die werklike afstand vanaf Gobabis na Leonardville is 144,9 km. Bereken
                     die afstand, in meter, vanaf Leonardville na Lüderitz.                          (3)

           5.1.3     Gebruik die gegewe skaal en bepaal die kaartafstand tussen Gobabis en
                     Luderitz in sentimeter tot EEN desimale plek.                                   (3)

           5.1.4     Bereken die tyd wat die bus op die PAD gespandeer het, indien die bus teen
                     ŉ gemiddelde spoed van 80 km/h tussen Gobabis en Lüderitz gery het.

                     LET WEL: Neem in ag dat die verpligte oorstaanplekke 15 minute was.
                                                                    Afstand
                     Jy mag die volgende formule gebruik: Spoed =
                                                                      Tyd                                (6)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

                               Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 15

(EC/SEPTEMBER 2024)                     WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                         15

  5.2     Pam, die verkoopsbestuurder van AGM, en haar span het verskeie strategieë
          bespreek om die verkope van hul parfuum te verbeter.

          Een van die strategieë is om die parfuum in ŉ silindriese bottel en ŉ reghoekige
          bottel te verpak. Die bottels sal tot 90% kapasiteit gevul word.

               Die prente hieronder toon die bottels en die afmetings van die bottels.

          5.2.1       Verduidelik waarom die parfuumbottels nie tot die maksimum kapasiteit
                      gevul word nie.                                                                 (2)

          5.2.2       In een maand het AGM se stoorwerkers 75 parfuumbottels as silindriese
                      en reghoekige bottels in die verhouding 2 : 3 in ŉ boks verpak. Bepaal die
                      waarskynlikheid om ŉ reghoekige bottel vanuit die boks te kies.                 (3)

          5.2.3       Pam beweer dat indien die volume van een reghoekige bottel tot die naaste
                      heelgetal afgerond word, dan sal die volume van óf die reghoekige bottel
                      óf die silindriese bottel, presies dieselfde wees. Die volume van die
                      reghoekige bottel is 172 cm3.

                      Verifieer, met die nodige berekeninge, of Pam se bewering geldig is of nie.

                      Jy mag die volgende formule gebruik:

                      Volume van die silindriese bottel = 3,142 × radius2 × hoogte                      (3)
                                                                                                       [23]

                                                                                     TOTAAL:           150

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

                                Hosted by www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [MATHS LIT P2 QP GR12 JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-qp-gr12-june-2023-afrikaans/537dd8f7-8a3f-4b18-a420-692a0342dab5) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Afr
- [MATHS LIT P2 ADD GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-add-gr12-sept2023-afrikaans/ed608021-efc6-41d9-9c79-4f29eefc55f9) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Afr
- [Gr12 Mathematics Literacy P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-mathematics-literacy-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/f0172261-2f96-4a22-9154-bd5d38da865a) — Mathematical Literacy · QP · 2022 · Afr
- [Gr12 Mathematics Literacy P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-mathematics-literacy-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/7e9e136a-ea6b-439f-9f4c-c3639e011c4c) — Mathematical Literacy · QP · 2021 · Afr
- [Grade 12 NSC Mathematics Literacy P2 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematics-literacy-p2-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/37374784-9c7c-4978-9ba0-550ddc3b1197) — Mathematical Literacy · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Mathematical Literacy P2 (Afrikaans) 2015 Preparatory Exam Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematical-literacy-p2-afrikaans-2015-preparatory-exam-question-paper/be306280-3aba-46ec-aad3-7ee5349ad8f4) — Mathematical Literacy · QP · 2015 · Afr

## More from Grade 12 Mathematical Literacy

- [MATHS LIT P1 GR12 MEMO JUNE 2025 AFRIKAANS FINAL watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-memo-june-2025-afrikaans-final-watermark/4f0ec261-f838-4bf3-8913-7821dc577353) — Memo · 2025 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR 12 SEPT 2025 ADDENDUM AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr-12-sept-2025-addendum-afr-watermark/813c6e54-f134-474a-b01a-1260e38b4c8f) — Addendum · 2025 · Afr
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/52054481-13fc-4fe6-aeaa-f4ab3b0cc95a) — Memo · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 ANSWER BOOK September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-answer-book-september-2025-kzn/b0b358eb-c897-437a-8694-910fe61dfcbc) — Addendum · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/b5fb7d34-b4dd-4364-aef6-145ed54ac2c5) — Memo · 2025
- [Maths Lit P2 Erratum June Common 2024](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-erratum-june-common-2024/48cfbfd6-3aea-46d0-8faa-e00dcb9be5e8) — Errata · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
