# Mathematical Literacy Grade 12 P1 NW June 2025 QP (Afr)

> Grade 12 Mathematical Literacy Paper 1 question paper from the NW June Exam 2025 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-mathematical-literacy-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/498654b1-5a99-40f8-9c7c-83ec8d52bb50
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: NW June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 12 P1 NW June 2025 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-mathematical-literacy-2025-nw-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/498654b1-5a99-40f8-9c7c-83ec8d52bb50)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 12 · NW June Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

PROVINSIALE ASSESSERING

                                       GRAAD 12

                        WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1
                                         JUNIE 2025

 PUNTE: 100

 TYD: 2 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye en ‘n bylaag.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 2

Wiskundige Geletterdheid/V1                   2                                NW/Junie 2025
                                            Graad 12

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. Beantwoord AL die vrae.

2.       Gebruik die BYLAAG om VRAAG 2.3 te beantwoord.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
         gebruik is.

4.       Begin ELKE vraag op ‘n NUWE bladsy.

5.       Jy mag ‘n goedgekeurde sakrekenaar (nieprogammeerbaar en niegrafies) gebruik, tensy
         anders aangedui.

6.       Toon ALLE bewerkings duidelik.

7.       Rond ALLE finale antwoorde toepaslik volgens die gegewe konteks af, tensy anders
         vermeld.

8.       Dui meeteenhede aan waar van toepassing.

9.       Diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE, tensy ander vermeld.

10.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Wiskundige Geletterdheid/V1                               3                                                NW/Junie 2025
                                                        Graad 12

 VRAAG 1

 1.1     Die grafiek hieronder toon die leerder inskrywings van die Plaaslike Onderwys
         Kantore in die Noordwes Provinsie gedurende 2022 se akademiese jaar. Die
         totale aantal ingeskryfde leerders in die Noordwes Provinsie vir die akademiese
         jaar van 2022 was 841 035.

         LEERDER INSKRYWINGS VAN DIE PLAASLIKE ONDERWYSKANTORE

                       Tswaing                   33176

                        Ratlou                   33136

          Ramotshere Moiloa                          36878

                     Mahikeng                                               74129

                     Ditsobotla                       41202

                        Naledi                                51701

            Kagisano Molopo                         34415

                 Greater Taung                                51007

                    Matlosana                                                   85016

              Maquassi
               MaquassiHills
                        Hils                22653

                     JB Marks                               48329

                   Rustenburg                                                                     122035

                 Moses Kotane                                       61229

                     Moretele                               46294

                     Madibeng                                                           99835

                                  0    20000    40000         60000     80000       100000   120000   140000

                              [Aangepas uit NW Dept van Onderwys,Jaarlikse Prestasie plan,Maart 2024]

         Gebruik die inligting hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

         1.1.1       Identifiseer die tipe grafiek hierbo getoon.                                                 (2)

         1.1.2       Skryf die Plaaslike Onderwys Kantoor wat die TWEEDE LAAGSTE
                     leerder inskrywings ontvang het neer.                                                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Wiskundige Geletterdheid/V1                        4                                         NW/Junie 2025
                                                 Graad 12

         1.1.3       Dr Kenneth Kaunda is een van die distrikte in die Noordwes Provinsie.
                     Dit bestaan uit drie Plaaslike Onderwys Kantore naamlik: JB Marks,
                     Matlosana en Maquassi Hills.

                     Bereken die totale hoeveelheid leerder inskrywings van die
                     Dr Kenneth Kaunda distrik.                                                        (3)

         1.1.4       Bereken, as ‘n eenheidsverhouding, in die vorm 1 : …, die
                     hoeveelheid leerder inskrywings in Rustenburg.                                    (3)

 1.2     Tumelo besit twee voertuie en hy vergelyk die voertuie se diensplanne.
         TABEL 1 hieronder toon die dienste van die TWEE verskillende voertuie.
         TABEL 1: DIENSTE VIR VERSKILLENDE VOERTUIE
         (PRYSE SLUIT BTW IN)
                 BESKRYWING       VW CITI GOLF   TOYOTA YARIS
           Lugfilter            R96,17           R250,44
           Oliefilter           R51,92           R99,00
           Brandstoffilter      R158,65          R89,00
           Regterhand veërlem   R32,93           R135,25
           Voorste briekskoene  R328,57          R686,64
           Agterste briekskoene R619,38          R237,78
           TOTAAL               R1 287,62        A
                                                            [Aangepas uit http://businesstech.co.za]

         Gebruik TABEL 1 hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

         1.2.1       Bepaal die ontbrekende waarde, A.                                                 (2)

         1.2.2       Druk die prys van die Oliefilter vir die VW Citi Golf as ‘n persentasie
                     van die totale bedrag betaal uit.                                                 (3)

         1.2.3       Bereken die totale bedrag wat vir die briekskoene van die VW Citi
                     Golf betaal is.                                                                   (3)

         1.2.4       Identifiseer die voertuig wat meer koste-effektief is, wanneer dit
                     gediens word.                                                                     (2)
                                                                                                       [20]

Kopiereg voorbehou                                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Wiskundige Geletterdheid/V1                        5                                          NW/Junie 2025
                                                 Graad 12

 VRAAG 2

 2.1     Lebogang woon in Tshwane en het ‘n voorafbetaalde elektrisiteitsmeter in haar huis.
         Tshwane munisipaliteit gebruik ‘n glyskaal tariefstelsel vir voorafbetaalde elektrisiteit.

         TABEL 2 hieronder toon die standaard glyskaal tariewe per maand vir voorafbetaalde
         elektrisiteit.

         TABEL 2: 01 JULIE 2023 tot 30 JUNIE 2024 STANDAARD GLYSKAAL
         TARIEWE PER MAAND VIR VOORAFBETAALDE ELEKTRISITEIT
                     EENHEDE (kWh)               TARIEF PER EENHEID ( R )
                                                     BTW INGESLUIT
                        0–100 kWh                        2,775755
                       101–400 kWh                       3,248405
                       401–650 kWh                       3,539125
                        > 650 kWh                        3,81524
                                                            [Aangepas uit https:// www.martinique.co.za]

         TABEL 3 hieronder toon die lesings op Lebogang se elektrisiteitsmeter voor en na sy
         elektrisiteit aangekoop het op 1 Junie 2024.

         TABEL 3: LESINGS OP DIE ELEKTRISITEITSMETER VOOR EN NA DIE
         AANKOOP VAN ELEKTRISITEIT OP 1 JUNIE 2024.
                   VOOR AANKOPE                  NA AANKOPE

                                                   LESINGS
                                5,3 kWh                                    142,4 kWh

         Gebruik TABEL 2 en TABEL 3 om die vrae wat volg, te beantwoord.

         2.1.1       Verduidelik die betekenis van die term tarief in hierdie konteks.                 (2)

         2.1.2       Lebogang het R398,00 se voorafbetaalde elektrisiteit aangekoop
                     (BTW ingesluit) op 1 Junie 2024.

                     (a) Bewys dat die meterlesing na die aankoop KORREK is,                           (7)
                         afgerond tot die naaste heelgetal.

                     (b) Bereken die BTW bedrag op die aankope van haar elektrisiteit.                 (3)

Kopiereg voorbehou                                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Wiskundige Geletterdheid/V1                        6                                    NW/Junie 2025
                                                 Graad 12

                     (c) Op die 15 Junie 2024 was die meterlesing 82 kWh. Lebogang
                         beweer dat die eenhede elektrisiteit wat gebruik is van die
                         dag van aankope tot op hede meer as 66kWh is.

                     Verifieer, deur ALLE berekeninge te toon, of Lebogang se bewering
                     GELDIG is.                                                                 (3)

 2.2     Lesedi is 55 jaar oud en verdien ‘n maandelikse belasbare inkomste van R36 780,00 in die
         2024/2025 belastingsjaar. Sy behoort nie aan ‘n mediesefonds nie.
         TABEL 4 hieronder toon die belastingtabel vir die 2024/2025 belastingsjaar.

         TABEL 4: 2024/2025 BELASTINGTABEL (1 Maart 2024 tot 28 Februarie 2025)
          Kerf Belasbare
                                                            Belastingkoers ( R )
               inkomste (R)
           1   0–237 100                  18% van belasbare inkomste bo
           2   237 101–370 500            42 678 + 26% van belasbare inkomste bo 237 500
           3   370 501–512 800            77 362 + 31% van belasbare inkomste bo 370 500
           4   512 801–673 000            121 475 + 36% van belasbare inkomste bo 512 800
           5   673 001–857 900            179 147 + 39% van belasbare inkomste bo 673 000
           6   857 901–1 817 000          251 258 + 41% van belasbare inkomste bo 857 900
           7   1 817 001 en meer          644 489 + 45% van belasbare inkomste bo 1 817 000

         TABEL 5 hieronder toon die belasting kortings vir die 2024/2025 belastingsjaar.

         TABEL 5: KORTINGS VIR DIE BELASTINGJAAR 2024/2025
                                 BELASTINGKORTING
          Primêre (jonger as 65)        R17 235,00
          Sekondêre (ouer as 65)        R9 444,00
          Tersiêr (ouer as 75)          R 3 145,00
                                                                        [Aangepas uit www.sars.gov.za]

         Gebruik TABEL 4 en TABEL 5 hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

         2.2.1       Identifiseer die belastingkerf wat Lesedi sal gebruik om haar
                     inkomste belasting betaalbaar vir die jaar te bereken.                     (3)

         2.2.2       Toon hoe die berdag van R121 475 in belastingkerf 4 bereken word.          (5)

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 7

Wiskundige Geletterdheid/V1                        7                                       NW/Junie 2025
                                                 Graad 12

         2.2.3       Lesedi het besluit om vroeër af te tree op die ouderdom van 56, na 29
                     jaar se diens. Haar normale aftree ouderdom is eintlik 60 jaar. Haar
                     finale salaris was R42 270. Sy het 4 jaar vroeër afgetree en haar
                     uittree-bedrag was verminder met 16%.
                     NB: Uittree-bedrag is ‘n eenmalige betalingsbedrag

                     Bereken die verminderde waarde op haar uittree-bedrag.

                     Jy mag die volgende formule gebruik:

                                                            𝟏𝟓
                     Uittree-bedrag = Finale salaris ×(          ) × hoeveelheid jaar in diens
                                                            𝟐𝟔                                     (4)

         2.2.4       Na haar vroeë aftrede, besluit Lesedi om R25 600 te belê in ‘n
                     vastedepositorekening vir 1½ jaar teen ‘n saamgestelde rentekoers
                     van 8,60% per jaar.

                     Bereken, sonder die gebruik van ‘n formule, die waarde van die
                     belegging aan die einde van die tydperk.

                     Toon ALLE berekeninge.                                                        (6)

 2.3     Die BYLAAG toon die Noordwes Departement van Onderwys se uitgawes
         gedurende 2021/2022 en 2022/2023.

         Gebruik die BYLAAG om die vrae wat volg, te beantwoord.

         2.3.1       Identifiseer die item wat met minder as R20 miljoen in 2021/2022
                     oorspandeer is.                                                               (2)

         2.3.2       Bereken die persentasie verandering van die ge-allokeerde bedrag vir
                     sport en kultuur tussen 2022/2023 en 2021/2022.

                     Jy mag die volgende formule gebruik.
                                                 𝐧𝐮𝐰𝐞 𝐩𝐫𝐲𝐬−𝐨𝐮 𝐩𝐫𝐲𝐬
                     Persentasie verandering =                           ×100%
                                                       𝐨𝐮 𝐩𝐫𝐲𝐬                                     (3)

         2.3.3       Die Skoolvoedingskema het 0,512% minder as die allokeerde bedrag
                     gedurende 2022/2023 spandeer.

                     Die onderwyser het beweer dat die waarde van B, die werklike
                     uitgawes van die Skoolvoedingskema, minder as R595 005 000 sal
                     wees.

                     Verifieer, deur ALLE bewerkinge te toon, of die stelling GELDIG is.           (6)
                                                                                                   [44]

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Wiskundige Geletterdheid/V1                               8                                         NW/Junie 2025
                                                        Graad 12

         VRAAG 3

         Die groeikaart hieronder toon die lengte en gewig vir persentiele van dogters tussen die
         ouderdom van geboorte tot 36 maande.
                     Geboorte tot 36 maande: Dogters                          NAAM; ____________________
                     Lengte-vir-ouderdom en Gewig-vir-ouderdom persentiele       REKORD: ______________
                  GEBOORTE

                                                   OUDERDOM (MAANDE)                                  L
                                                                                                      E
                                                                                                      N
                                                                                                      G
                                                                                                      T
                                                                                                      E

             L
             E
             N
             G
             T
             E

                                                                                                      G
                                                                                                      E
                                                                                                      W
                                                                                                      I
                                                                                                      G

                                                                   OUDERDOM (MAANDE)

             G
             E
             W
             I
             G

                     GEBOORTE

                                                                                 [Aangepas uit http:// www.who.int ]

         Gebruik die groeikaart hierbo om die vraag wat volg, te beantwoord.

         3.1.1       Skryf neer, in sentimeter (cm), die lengte van ‘n dogter wat 6 maande
                     oud is en op die 50ste persentiel lê.                                                   (2)

         3.1.2       ‘n Dogter van 18 maande weeg 22 lb. Identifiseer tussen watter TWEE
                     persentiele die dogter se gewig lê.                                                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                                                 Blaai om asseblief

### Page 9

Wiskundige Geletterdheid/V1                         9                                      NW/Junie 2025
                                                  Graad 12

 3.2     TABEL 6 hieronder toon die hoeveelheid leerders in die Verdere Onderwys en
         Opleiding (VOO) fase in Suid-Afrika gedurende 2022.

         TABEL 6: AANTAL LEERDERS IN DIE VOO FASE IN
         SUID-AFRIKA
          PROVINSIE     GRAAD 10  GRAAD 11 GRAAD 12                                TOTAAL
          Oos-Kaap       150 384    120 993    100 224                              371 601
          Vrystaat        65 970     45 156     44 478                              155 909
          Gauteng        217 926    166 069    142 380                              526 375
          KwaZulu Natal  265 344    240 164    179 968                              685 476
          Limpopo        159 557    125 375    112 773                              397 705
          Mpumalanga     100 529     84 902     72 226                              257 657
          Noord-Kaap      24 477     16 189     14 152                               54 818
          Noordwes        72 180     53 708     45 220                              171 108
          Wes-Kaap        92 070     75 494     63 904                              231 468
                                                        [Aangepas uit www.education.gov.za EMIS]

         Gebruik TABEL 6 hierbo om die vrae wat volg te beantwoord.

         3.2.1       Kies die korrekte opsie (A, B, C, D of E) wat die fase in die
                     datahanteringsproses voorstel waar die bostaande data as numeriese
                     data identifiseer sal word.

                      A       Versameling van data
                      B       Opsomming van data
                      C       Analisering van data
                      D       Klassifisering en Organisering van data
                      E       Voorstelling van data                                                 (2)

         3.2.2       Bereken die omvang van die aantal graad 12 leerders.                           (3)

         3.2.3       Gee ‘n rede hoekom die aantal graad 10 leerders as die uitskieter in die
                     datastel in die Noord-Kaap oorweeg word van die graad 10 leerders.             (2)

         3.2.4       Die gemiddeld vir die graad 12 leerders is 81 122,78. ‘n Hoof beweer
                     dat die verskil in die gemidelde waarde vir beide graad 11 en 12 minder
                     as 21 600 is.

                     Verifieer, deur ALLE bewerkinge te toon, of die Hoof se bewering
                     GELDIG is.                                                                     (5)

         3.2.5       Bepaal die waarskynlikheid, as ‘n persentasie, om lukraak ‘n graad 11
                     leerder te kies wat van Limpopo provinsie af kom uit al die graad 11
                     leerders.                                                                      (3)

         3.2.6       Lewer kommentaar oor die neiging van die aantal leerders van graad
                     10 tot 12. Gee EEN rede vir hierdie neiging.                                   (4)
                                                                                                    [23]

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Wiskundige Geletterdheid/V1                       10                                     NW/Junie 2025
                                                Graad 12

 VRAAG 4

  4.1    Terry wil vir sy broer wat in Kanada woon gaan kuier. Voordat hy vertrek, wil hy
         R1 670,00 omruil vir Kanadese dollars.
         TABEL 7 hieronder toon die geldeenheid-onskakelingsfaktore vir vyf lande soos
         op 23 Februarie 2025.

         TABEL 7: GELDEENHEID-OMSKAKELINGSFAKTORE VIR VYF
         LANDE SOOS OP 23 FEBRUARIE 2025
             GELDEENHEID         EENHED PER ZAR ZAR PER EENHEID
          Kanadese Dollar (CAD) 0,077572        12,891276
          Swiss Frank ( CHF)    0,048928        20,438165
          Indiese Rupee (INR)   4,720072        0,211861
          Botswana Pula (BWP)   0,750625        1,332224
          Libyan Dinah (LYD)    0,266678        3,749838
                                                              [Aangepas uit www.x-rates.com]

         Gebruik TABEL 7 om die vrae wat volg, te beantwoord.

         4.1.1       Definieer die term Wisselkoers.                                             (2)

         4.1.2       Identifiseer die geldeenheid wat swakker as die Suid-Afrikaanse rand
                     is.                                                                         (2)

         4.1.3       Bereken die bedrag wat Terry sal ontvang in Kanadese Dollar (CAD).          (3)

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 11

Wiskundige Geletterdheid/V1                       11                                        NW/Junie 2025
                                                Graad 12

 4.2     Die mond-en-snor diagram hieronder toon die hoeveelheid mense (in miljoen)
         wat die TikTok toep, wêreldwyd afgelaai het van 2018 tot 2024.

         HOEVEELHEID MENSE WAT DIE TIKTOK TOEP AFGELAAI HET
         VAN 2018 TOT 2024.

                                                           [Aangepas uit www.businessof apps.com]

         Gebruik die mond-en-snordiagram hierbo om die vrae wat volg, te beantwoord.

         4.2.1       Skryf die 50ste persentielwaarde neer van die hoeveelheid mense wat
                     die TikTok toep afgelaai het neer.                                             (2)

         4.2.2       Die interkwartielomvang van die hoeveelheid mense wat die TikTok
                     toep afgelaai het is 52,58 miljoen.

                     Bereken die waarde van die boonste Kwartiel (Q3).                              (4)
                                                                                                    [13]

                                                                                 TOTAAL:            100

Kopiereg voorbehou

### Page 12

Wiskundige Geletterdheid/V1                                                                      NW/Junie 2025
                                                     Graad 12

BYLAAG

VRAAG 2.3

TABEL 6: UITGAWES IN DIE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                          2022/2023             2021/2022

   BESONDERHEDE                ALLOKEERDE            WERKLIKE          ALLOKEERDE               WERKLIKE
                                BEGROTING            UITGAWES           BEGROTING               UITGAWES
                                    (R 000)             (R 000)             (R 000)                (R 000)

 Publiek primêr                    8 941 949          8 960 389            8 694 899             8 689 697

 Publiek sekondêr                  5 658 844          5 322 967            5 127 040             5 112 921

 Menslike hulpbron
                                     49 520             46 311               32 449                30 079
 ontwikkeling

 Sport en
                                     37 840             28 760               39 236                15 551
 kultuur

 Skoolvoedingskema
                                    597 063                B                547 682               506 709

 Wiskunde, wetenskap
 en tegnologie                       44 520             37 623               41 592                 2 845
 toewysing

                              [Aangepas uit Departement van Onderwys Jaarlikse verslag 2022/2023 Finansiële jaar]

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [MATHS LIT P1 GR12 MEMO JUNE 2025 AFRIKAANS FINAL watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-memo-june-2025-afrikaans-final-watermark/4f0ec261-f838-4bf3-8913-7821dc577353) — Mathematical Literacy · Memo · 2025 · Afr
- [MATHS LIT P1 GR12 QP JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-qp-june-2023-afrikaans/2d599711-ccd3-42d3-862f-4c1b72b92e44) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Afr
- [MATHS LIT P1 GR12 QP SEPT2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-qp-sept2019-afrikaans/4a98f93e-3ab7-4371-b4c5-b42354468a6e) — Mathematical Literacy · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Mathematical Literacy P1 (Afrikaans) Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematical-literacy-p1-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/11d028b9-4280-4bd2-bf13-aaf3c412ade3) — Mathematical Literacy · QP · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC Mathematical Literacy P1 (Afrikaans) 2015 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematical-literacy-p1-afrikaans-2015-preparatory-examination-question-paper/f7c020f8-b359-4c5f-b0a6-9c6dc19d3778) — Mathematical Literacy · QP · 2015 · Afr
- [MATHS LIT P1 GR12 ADDENDUM SEPT 2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-addendum-sept-2021-afrikaans/bb93ab59-ebbf-4bfc-94fd-43fb313fe26a) — Mathematical Literacy · Addendum · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Mathematical Literacy

- [MATHS LIT P2 GR 12 SEPT 2025 ADDENDUM AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr-12-sept-2025-addendum-afr-watermark/813c6e54-f134-474a-b01a-1260e38b4c8f) — Addendum · 2025 · Afr
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/52054481-13fc-4fe6-aeaa-f4ab3b0cc95a) — Memo · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 ANSWER BOOK September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-answer-book-september-2025-kzn/b0b358eb-c897-437a-8694-910fe61dfcbc) — Addendum · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/b5fb7d34-b4dd-4364-aef6-145ed54ac2c5) — Memo · 2025
- [Maths Lit P2 Erratum June Common 2024](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-erratum-june-common-2024/48cfbfd6-3aea-46d0-8faa-e00dcb9be5e8) — Errata · 2024
- [Mathematical Literacy P2 Nov 2024 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p2-nov-2024-addendum-afr/80522728-ad7d-4d9a-b9f3-59b47556287b) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
