# Mechanical Technology Grade 12 NSC June 2024 QP (Afr)

> Grade 12 Mechanical Technology question paper from the NSC June Exam 2024 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-mechanical-technology-2024-nsc-june-exam-question-paper-afrikaans/43ec8983-aac6-4dfe-bfc2-d21b050a0541
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Mechanical Technology
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: NSC June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mechanical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mechanical-technology) › [Mechanical Technology Grade 12 NSC June 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-mechanical-technology-2024-nsc-june-exam-question-paper-afrikaans/43ec8983-aac6-4dfe-bfc2-d21b050a0541)

## About this document

Mechanical Technology · Grade 12 · NSC June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

       MEGANIESE TEGNOLOGIE:SWEIS- EN METAALWERK

                                MEI/JUNIE 2024

                                                                         PUNTE: 200

                                                                           TYD: 3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye en 'n 2 bladsy-formuleblad.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk      2                          DBE/Mei/Junie 2024
                                         SS/NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.         Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die ruimtes wat op die
           ANTWOORDEBOEK verskaf word.

2.         Lees AL die vrae noukeurig deur.

3.         Beantwoord AL die vrae.

4.         Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
           vraestel gebruik is.

5.         Begin ELKE vraag op ' n NUWE bladsy.

6.         Toon ALLE berekeninge en eenhede. Rond finale antwoorde tot TWEE
           desimale plekke af.

7.         Kandidate mag nieprogrammeerbare wetenskaplike sakrekenaars en
           tekeninstrumente gebruik.

8.         Die waarde van gravitasieversnelling moet as 9,81 m/s2 of 10 m/s2 geneem
           word.

9.         ALLE afmetings is in millimeter, tensy anders in die vraag aangedui.

10.        Skryf netjies en leesbaar.

11.        'n Formuleblad is aan die einde van die vraestel aangeheg.

12.        Gebruik die kriteria hieronder om jou met jou tydsbestuur te help.

                                                                                   TYD IN
     VRAAG                          INHOUD                        PUNTE
                                                                                   MINUTE
                                GENERIES
       1        Meervoudigekeuse-vrae                                6                 6
       2        Veiligheid                                           10                10
       3        Materiale                                            14                14
                                SPESIFIEK
       4        Meervoudigekeuse-vrae                                14                10
       5        Terminologie (Maatvorms)                             23                20
       6        Gereedskap en Toerusting                             18                10
       7        Kragte                                               45                40
       8        Hegtingsmetodes (Inspeksie van Sweislasse)           23                20
       9        Hegtingsmetodes (Spanning en Vervorming)             18                20
      10        Instandhouding                                       8                 10
      11        Terminologie (Ontwikkelings)                         21                20
                                                  TOTAAL            200               180

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 3

Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk      3                       DBE/Mei/Junie 2024
                                         SS/NSS Vertroulik

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (GENERIES)

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.6) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.7 E.

1.1      Watter van die volgende verwys na die Wet op Beroepsgesondheid en
         Veiligheid (BGV), 1993 (Wet 85 van 1993) wanneer MIV/Vigs in die werksplek
         hanteer word?

         A     Dit is die plig van werkgewers om seker te maak dat rubberhandskoene
               en chirurgiese maskers in alle noodhulpkissies beskikbaar is.
         B     Hierdie Wet beklemtoon die werksverhouding tussen werknemers en
               werkgewers.
         C     Dit verduidelik die minimum standaarde wat werknemers en werkgewers
               van mekaar kan verwag in die werkplek.
         D     Die doel van hierdie Wet is om 'n omgewing van gelykheid in die
               werksplek te skep.                                                                (1)

1.2      Watter EEN van die volgende stellings verwys na prosesuitleg?

         A     Die masjiene word gerangskik in die volgorde waarvolgens
               bedryfshandelinge uitgevoer word.
         B     Die verskillende stadiums van produksie word in verskillende
               departemente uitgevoer.
         C     Die proses is ideaal vir massaproduksie.
         D     Die vervaardigingsiklus-tydperk is korter.                                        (1)

1.3      Wat is die funksie van die drukmeter in 'n hidrouliese pers?

         A     Om die werksdruk waar te neem
         B     Om die klemtoestel op die platform te ondersteun
         C     Om die raam op die steunpenne te stabiliseer
         D     Om die werkstuk in plek te hou                                                    (1)

1.4      Waarom word staal teen 'n spesifieke                 temperatuur    gedurende
         hittebehandeling deurdrenk/geweek?

         A     Om te verseker dat die buitekant van die staal warmer as die binnekant
               word
         B     Om te verseker dat die binnekant van die staal warmer as die buitekant
               word
         C     Om 'n verlies van die koolstofinhoud van die staal te voorkom
         D     Om eweredige indringing van hitte te verseker                                     (1)

1.5      Watter EEN van die volgende blusmediums word vir die normalisering van
         staal gebruik?

         A     Olie
         B     Vloeibare soute
         C     Stil lug
         D     Pekelwater                                                                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk      4                  DBE/Mei/Junie 2024
                                         SS/NSS Vertroulik

1.6      Die metaal wat die geskikste vir dopverharding is:

         A     Geelkoper
         B     Aluminium
         C     Sagte staal
         D     Gietyster                                                                  (1)
                                                                                          [6]

VRAAG 2: VEILIGHEID (GENERIES)

2.1      Noem TWEE situasies waar basiese noodhulp aan 'n persoon in die werkplek
         verleen moet word om te help en te ondersteun.                                   (2)

2.2      FIGUUR 2.2 hieronder toon 'n veiligheidsteken by 'n bankslypmasjien.
         Verduidelik wat bedoel word met die tekens wat A–D benoem is.

                              B
                                                              C

                              A                               D

                                             FIGUUR 2.2                                   (4)

2.3      Noem TWEE veiligheidsmaatreëls waaraan voldoen moet word wanneer 'n
         staanboor gebruik word.

         LET WEL: Daar is voorsiening gemaak vir alle PBT ('PPE') en
                  omgewingsfaktore.                                                       (2)

2.4      Noem TWEE veiligheidsmaatreëls waaraan 'n operateur moet voldoen terwyl
         daar op 'n vlakslyper gewerk word.

         LET WEL: Daar is voorsiening gemaak vir alle PBT ('PPE') en
                  omgewingsfaktore.                                                       (2)
                                                                                          [10]   2024

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk      5                          DBE/Mei/Junie 2024
                                         SS/NSS Vertroulik

VRAAG 3: MATERIALE (GENERIES)

3.1      Noem of staal bo of onder die kritiese temperatuur gedurende die volgende
         hittebehandelingsprosesse verhit word:

         3.1.1       Verharding                                                                   (1)

         3.1.2       Tempering                                                                    (1)

         3.1.3       Normalisering                                                                (1)

3.2      Die hardheid van 'n toetswerkstuk word met die gebruik van 'n staanboor
         getoets. Watter TWEE aspekte op die snysels moet waargeneem word?                        (2)

3.3      Buiten die masjineerbaarheidstoets, noem DRIE ander toetse wat gebruik
         word om die verskillende tipes staal te bepaal.                                          (3)

3.4      Noem TWEE blusmetodes wat vir dopverharding gebruik word.                                (2)

3.5      Hoe kan die temperatuur van                     'n   werkstuk   gedurende      die
         hittebehandelingsproses bepaal word?                                                     (1)

3.6      Noem die DRIE basiese stappe wat volgens die tyd-temperatuursiklus by alle
         hittebehandelingsprosesse betrokke is.                                                   (3)
                                                                                                  [14]

VRAAG 4: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (SPESIFIEK)

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (4.1 tot 4.14) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 4.15 E.

4.1      Identifiseer die tipe toerusting wat in FIGUUR 4.1 hieronder getoon word.

                                             FIGUUR 4.1

         A       Hidrouliese pers
         B       Kragaangedrewe pers
         C       Boorpers
         D       Skroefpers                                                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk      6                    DBE/Mei/Junie 2024
                                         SS/NSS Vertroulik

4.2      Wat stel die 10 op die sweissimbool in FIGUUR 4.2 hieronder voor?

                                             FIGUUR 4.2

         A     Lengte van sweis
         B     Grootte van sweis
         C     Steek van sweis
         D     Wortel van sweis                                                               (1)

4.3      Watter gereedskap word gebruik om interne skroefdrade te sny?

         A     Ronde gesplete tap
         B     Voorsnytap
         C     Tussensnymoer
         D     Boomsnymoer                                                                    (1)

4.4      Identifiseer die templaat in FIGUUR 4.4 hieronder.

                                             FIGUUR 4.4

         A     Webtemplaat
         B     Strooktemplaat
         C     Hoekplaat
         D     Flenstemplaat                                                                  (1)

4.5      Waarna verwys C in aanvullende sweissimbole?

         A     Groef
         B     Konveks
         C     Konkaaf
         D     Beitel                                                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk      7                         DBE/Mei/Junie 2024
                                         SS/NSS Vertroulik

4.6      Watter tipe metaal sal 'n dowwe klank afgee wanneer 'n klanktoets uitgevoer
         word?

         A     Laekoolstofstaal
         B     Hoëkoolstofstaal
         C     Perspex
         D     Mediumkoolstofstaal                                                               (1)

4.7      Identifiseer die aard van lid XY in die staalraamwerk wat in FIGUUR 4.7
         hieronder getoon word.

                                                       Y
                                                   X

                                             FIGUUR 4.7

         A     Spanning
         B     Bint
         C     Stut
         D     Balk                                                                              (1)

4.8      Watter EEN van die volgende stappe kan dwarskrake in boogsweis
         verminder?

         A     Berei die wortelgaping voor
         B     Stadige afkoeling na sweiswerk
         C     Vinnige afkoeling na sweiswerk
         D     Gebruik die korrekte sweisstroom                                                  (1)

4.9      Wat verstaan jy onder die term Young se modulus van elastisiteit?

         A     Dit is 'n meting van die verlenging of inkrimping van materiaal as gevolg
               van die belasting wat ervaar word.
         B     Dit is die kragwaarde wat benodig word om 'n eenheidsarea in 'n
               trektoetsmonster te produseer.
         C     Dit is 'n vervormingsverhouding as gevolg van die toepassing van 'n
               eksterne krag.
         D     Dit is die verhouding tussen spanning en vervorming in 'n metaal op
               voorwaarde dat die elastisiteitsperk nie oorskry word nie.                        (1)

4.10     X-straal-toetsing gebruik ... om defekte in sweislaste aan te teken.

         A     film
         B     klank
         C     vloeistof
         D     kleurstof                                                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk      8                           DBE/Mei/Junie 2024
                                         SS/NSS Vertroulik

4.11     Wat sal die uitwerking wees wanneer koudbewerkte metaal nie hoër as
         650 °C verhit word nie?

         A     Verharding
         B     Kook
         C     Verligting van interne spanning
         D     Smelting                                                                            (1)

4.12     Wat is die lengte van X in FIGUUR 4.12 hieronder?

                                  30 mm                X

                                                 40 mm
                                             FIGUUR 4.12

         A     30 mm
         B     40 mm
         C     50 mm
         D     60 mm                                                                               (1)

4.13     Watter  tipe   beweging     sal   krag              A   op   die   wipplank      in
         FIGUUR 4.13 hieronder, veroorsaak?

                                A                                 B

                                             FIGUUR 4.13

         A     Kloksgewyse bewegings
         B     Antikloksgewyse bewegings
         C     Horisontale beweging
         D     Vertikale beweging                                                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk      9                          DBE/Mei/Junie 2024
                                         SS/NSS Vertroulik

4.14     Identifiseer die tipe geutbak in FIGUUR 4.14 hieronder.

                                                 25 mm

                                                                   60 mm
                                   25 mm

                                               60 mm
                                            FIGUUR 4.14

         A     Vierkant-na-reghoek-geutbak op middelpunt
         B     Vierkant-na-vierkant-geutbak op middelpunt
         C     Vierkant-na-reghoek-geutbak van middelpunt af
         D     Vierkant-na-vierkant-geutbak van middelpunt af                                     (1)
                                                                                                  [14]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk     10                         DBE/Mei/Junie 2024
                                         SS/NSS Vertroulik

VRAAG 5: TERMINOLOGIE (MAATVORMS) (SPESIFIEK)

5.1      FIGUUR 5.1 hieronder is 'n tekening van 'n dakkap. Benoem dele A–G.

                                                                      B

                        A                               F
                                                    G                 C
                                                                 E

                                                             D

                                             FIGUUR 5.1                                          (7)

5.2      FIGUUR 5.2 hieronder toon 'n geelkoperring wat vervaardig moet word deur
         'n 15 x 15 mm-vierkantstaaf te gebruik. Die ring het 'n buitediameter van
         380 mm.

                                             FIGUUR 5.2

         Bereken die volgende:

         5.2.1       Die gemiddelde diameter van die ring                                        (2)

         5.2.2       Die gemiddelde omtrek van die ring

                     Rond jou antwoord tot die naaste heelgetal af.                              (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk     11                    DBE/Mei/Junie 2024
                                         SS/NSS Vertroulik

5.3      Teken die sweissimbool vir die las wat deur boogsweis gesweis moet word in
         FIGUUR 5.3 hieronder.

                                             FIGUUR 5.3                                     (4)

5.4      Wat is die doel van aanvullende sweissimbole?                                      (2)

5.5      Noem TWEE voordele van die gebruik van template.                                   (2)

5.6      Noem enige DRIE masjiene wat in 'n templaatgalery gebruik word.                    (3)
                                                                                            [23]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 12

Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk     12                        DBE/Mei/Junie 2024
                                         SS/NSS Vertroulik

VRAAG 6: GEREEDSKAP EN TOERUSTING (SPESIFIEK)

6.1      Verduidelik die werkbeginsel van die volgende masjiene:

         6.1.1       Kragaangedrewe guillotine                                                  (4)

         6.1.2       Piramide-buigwalse                                                         (4)

6.2      Noem TWEE gebruike van die hidrouliese pers in die meganiese
         werkswinkel.                                                                           (2)

6.3      Noem TWEE tipes hardheidstoetsers.                                                     (2)

6.4      FIGUUR 6.4 hieronder toon die verloop van gassweising. Benoem dele
         A–D.

                                           A
                                                                 B
                                                             C       D

                                               FIGUUR 6.4                                       (4)

6.5      Noem die funksie van 'n plasmasnyer.                                                   (2)
                                                                                                [18]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk     13                        DBE/Mei/Junie 2024
                                         SS/NSS Vertroulik

VRAAG 7: KRAGTE (SPESIFIEK)

7.1      FIGUUR 7.1 hieronder toon 'n balk wat deur twee vertikale steunpunte, RL en
         RR, ondersteun word. Twee vertikale puntlaste, 15 N en 25 N, word op die
         balk uitgeoefen. 'n Eenvormig verspreide lading van 10 N/m word oor 'n
         lengte van 3 m uitgeoefen.

                                15 N                              25 N
                                       10 N/m
                               A                       B             C

                         2m               3m                 3m          2m

                 RL                                                             RR
                                             FIGUUR 7.1

         Bereken die volgende:

         7.1.1        Die grootte van die puntlas wat die EVL verteenwoordig                    (1)

         7.1.2        Die reaksies by RL en RR                                                  (8)

         7.1.3        Die skuifkragte by A, B en C op die balk                                  (6)

         7.1.4        Teken die skuifkragdiagram.

                      Skaal:   Ruimtediagram:       1 m = 10 mm

                               Skuifkragdiagram: 1 N = 1 mm                                     (8)

7.2      'n Ronde staalstaaf met 'n diameter van 36 mm verleng met 0,6 mm wanneer
         'n trekkrag van 110 kN daarop toegepas word. Die oorspronklike lengte van
         die staaf is 125 mm.

         Bereken die volgende:

         7.2.1        Die spanning in die staaf (Antwoord moet in MPa wees)                     (5)

         7.2.2        Die vervorming                                                            (3)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk     14                              DBE/Mei/Junie 2024
                                         SS/NSS Vertroulik

7.3      FIGUUR 7.3 hieronder toon 'n dakkap. Bestudeer die diagram en beantwoord
         die vrae wat volg.

                                                                 200 N

                                                  A                        B

                                                             D
                                    30°                                  60°
                                                      10 m C
                            50 N                                           150 N

                                                 FIGUUR 7.3

         7.3.1       Teken die ruimtediagram volgens skaal 10 mm = 1 m.                               (4)

         7.3.2       Teken die vektordiagram volgens skaal 1 mm = 2 N.                                (4)

         7.3.3       Bepaal die grootte en aard van lede AD, BD en CD.                                (6)
                                                                                                      [45]

VRAAG 8: HEGTINGSMETODES (INSPEKSIE VAN SWEISLASSE) (SPESIFIEK)

8.1      Noem DRIE maatreëls om                   onvolledige    penetrasie      tydens     die
         boogsweisproses te voorkom.                                                                  (3)

8.2      Noem TWEE algemene sweisdefekte wat met visuele inspeksie geïdentifiseer
         kan word.                                                                                    (2)

8.3      Verduidelik die term smelting in boogsweiswerk.                                              (2)

8.4      Wat kan gedoen word om insnyding in 'n boogsweislas te oorkom?                               (3)

8.5      Noem TWEE doelwitte van die kerfbreektoets wanneer sweiskwaliteit
         geëvalueer word.                                                                             (2)

8.6      Verduidelik die belangrikheid van konstante wydte en hoogte van 'n
         sweiskraal om sweiskwaliteit te verseker.                                                    (3)

8.7      Beskryf DRIE faktore wat gedurende sweisinspeksie in ag geneem moet
         word.                                                                                        (3)

8.8      Verduidelik hoe om die vloeistof-kleurstofdeurdringingstoets op 'n sweislas uit
         te voer.                                                                                     (5)
                                                                                                      [23]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 15

Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk     15                               DBE/Mei/Junie 2024
                                         SS/NSS Vertroulik

VRAAG 9: HEGTINGSMETODES (SPANNING EN VERVORMING) (SPESIFIEK)

9.1      Noem DRIE doelwitte om spanning                         te   verlig   wat     deur     die
         hittebehandelingsproses veroorsaak is.                                                           (3)

9.2      Noem DRIE faktore wat tot vervorming en naspanning in sweiswerk kan
         bydra.                                                                                           (3)

9.3      Noem VIER meganiese eienskappe wat deur temperatuurverandering
         gedurende hittebehandeling beïnvloed word.                                                       (4)

9.4      Noem DRIE faktore wat die korrelgrootte van koudbewerkte staal beïnvloed.                        (3)

9.5      Wat is die primêre oorsaak van inkrimping by sweislasse?                                         (1)

9.6      Noem VIER sweismetodes om vervorming te verminder.                                               (4)
                                                                                                          [18]

VRAAG 10: INSTANDHOUDING (SPESIFIEK)

10.1     Noem TWEE algemene oorsake van die onklaarraking van masjiene.                                   (2)

10.2     Noem VIER roetine-instandhoudingsriglyne vir 'n kragaangedrewe guillotine.                       (4)

10.3     Noem TWEE algemene oorsake van die onklaarraking van rollers in 'n
         walsmasjien.                                                                                     (2)
                                                                                                          [8]

VRAAG 11: TERMINOLOGIE (ONTWIKKELINGS) (SPESIFIEK)

11.1     Noem die oorgangstuk wat gebruik word om vierkantige ventilasie na ronde
         leiding te omvorm.                                                                               (2)

11.2     FIGUUR 11.2 hieronder toon 'n keël. Beantwoord die vrae wat volg.

                                                                 B

                                             A          C
                                                             D

                                            FIGUUR 11.2

         11.2.1      Identifiseer die tipe keël.                                                          (1)

         11.2.2      Benoem A–D.                                                                          (4)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 16

Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk     16                                 DBE/Mei/Junie 2024
                                         SS/NSS Vertroulik

11.3     FIGUUR 11.3 hieronder toon 'n geutbak van die middelpunt af.

                                  D                              C

                                                                     250
                                                   4         3
                                X1            X2
           VH=700                                                    250
                                                   1         2             1200

                                  A     480           600        B
                                                   1200
                                              FIGUUR 11.3

         Bereken die ware lengte van die volgende:

         11.3.1      A–1                                                                               (5)

         11.3.2      C–3                                                                               (5)

         11.3.3      X1–X2                                                                             (4)
                                                                                                       [21]

                                                                                       TOTAAL:         200

Kopiereg voorbehou

### Page 17

Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk      1                                 DBE/Mei/Junie 2024
                                         SS/NSS Vertroulik

                           FORMULEBLAD VIR MEGANIESE TEGNOLOGIE:
                                  SWEIS- EN METAALWERK

1.     SPANNING EN VERVORMING

                 πd2
1.1      Aas 
                  4

1.2      Apyp 
                       
                π D2  d 2         
                    4
                                       Maksimum spanning/Breekspanning
1.3      Veiligheidsfaktor =
                                             Veilige werkspanning

                           Krag                                               F
1.4     Spanning =                                            OF         σ
                           Area                                               A
                                  Verandering in lengte                   ΔL
1.5       Vervorming =
                                  Oorspronklike lengte          OF   ε
                                                                          OL

                                        Spanning                σ
1.6       Young se modulus =                          OF   E
                                       Vervorming               ε

2.     PYTHAGORAS SE STELLING EN TRIGONOMETRIE

                                   r
          y

                                             𝜽
                              x
                   y
2.1      Sin θ 
                   r
                     x
2.2      Cos θ 
                     r
                     y
2.3      Tan θ 
                     x
2.4      r 2  x2  y2

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 18

Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk      2            DBE/Mei/Junie 2024
                                         SS/NSS Vertroulik

3.     MAATVORMS EN ONTWIKKELINGS

3.1      Gemiddelde Ø = Buite-Ø – Plaatdikte
                        OF
         Gemiddelde Ø = Binne-Ø + Plaatdikte

3.2      Gemiddelde omtrek = π x Gemiddelde Ø

            (waar Ø = diameter)

4.     SKROEFDRADE

      Boorgrootte = Buite Ø – Steek

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Mechanical Technology May-June 2024 (Fitting and Machining) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-mechanical-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-afrikaans/03c703c8-8125-4d5a-a124-37013b381c7a) — Mechanical Technology · Memo · 2024 · Afr
- [Mechanical Technology May-June 2024 (Welding and Metalwork) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-mechanical-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-afrikaans/552ebeca-d294-4c37-b3fb-cded79fa438f) — Mechanical Technology · Memo · 2024 · Afr
- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2024 (Welding & Metalwork) Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2024-welding-metalwork-afrikaans/aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882) — Mechanical Technology · Memo · 2024 · Afr
- [MECHANICAL TECH (Auto) GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-auto-gr12-memo-sept2024-afrikaans/2f874dd1-8c03-49a9-8c70-41ac528693d0) — Mechanical Technology · Memo · 2024 · Afr
- [MECH TECH GR12 QP SEPT 2020 Fitting Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-qp-sept-2020-fitting-afrikaans/879acc91-51d5-49bf-a934-ae5bf001d3fa) — Mechanical Technology · QP · 2020 · Afr
- [MECHANICAL TECH (Auto) QP SEPT 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-auto-qp-sept-2018-afrikaans/605f9186-b7d4-4097-9164-d0ec93617dc4) — Mechanical Technology · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Mechanical Technology

- [Gr 12 Weld Met ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-weld-met-atp-2023-24/8ecc8de5-c625-4611-9b94-1f3fd325e05d) — ATP
- [Mechanical Technology Nov 2024 (Fitting and Machining) MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2024-fitting-and-machining-mg-eng/ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594) — Memo · 2024 · Eng
- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2023 Welding Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2023-welding-afrikaans/f45c553c-63a1-4e1c-b9c6-d426a3dfef26) — Memo · 2023 · Afr
- [Mechanical Technology May-June 2023 (Welding & Metalwork) Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-may-june-2023-welding-metalwork-eng/c6bfa7b8-3601-4a11-9be4-55ee65e4011f) — QP · 2023 · Eng
- [Mechanical Technology Nov 2023 (Fitting and Machining) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2023-fitting-and-machining-afr/ec5f897b-937f-4bae-aad9-e566a280b360) — QP · 2023 · Afr
- [Mechanical Technology Nov 2023 (Automotive) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2023-automotive-afr/b8922567-d93f-4dcd-9279-3b4c4bd034b9) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
