# Mechanical Technology Grade 12 NSC June 2024 QP (Afr)

> Grade 12 Mechanical Technology question paper from the NSC June Exam 2024 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-mechanical-technology-2024-nsc-june-exam-question-paper-afrikaans/e56208ae-da48-41b0-a212-1df0323bd432
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Mechanical Technology
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: NSC June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mechanical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mechanical-technology) › [Mechanical Technology Grade 12 NSC June 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-mechanical-technology-2024-nsc-june-exam-question-paper-afrikaans/e56208ae-da48-41b0-a212-1df0323bd432)

## About this document

Mechanical Technology · Grade 12 · NSC June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

               MEGANIESE TEGNOLOGIE: MOTORKUNDE

                                 MEI/JUNIE 2024

                                                                         PUNTE: 200

                                                                            TYD: 3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye en 'n 2 bladsy-formuleblad.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Meganiese Tegnologie: Motorkunde               2                           DBE/Mei/Junie 2024
                                        SS/NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.         Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die ruimtes wat op die
           ANTWOORDEBOEK verskaf word.

2.         Lees AL die vrae noukeurig deur.

3.         Beantwoord AL die vrae.

4.         Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
           vraestel gebruik is.

5.         Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

6.         Toon ALLE berekeninge en eenhede. Rond finale antwoorde tot TWEE
           desimale plekke af.

7.         Kandidate mag nieprogrammeerbare wetenskaplike sakrekenaars en
           tekeninstrumente gebruik.

8.         Die waarde van gravitasieversnelling moet as 9,81 m/s2 of 10 m/s2 geneem
           word.

9.         ALLE afmetings is in millimeter, tensy anders in die vraag aangedui.

10.        Skryf netjies en leesbaar.

11.        'n Formuleblad is aan die einde van die vraestel aangeheg.

12.        Gebruik die kriteria hieronder om jou met jou tydsbestuur te help.

                                                                                 TYD IN
  VRAAG                            INHOUD                         PUNTE
                                                                                 MINUTE
                                GENERIES
      1         Meervoudigekeuse-vrae                                6               6
      2         Veiligheid                                           10              10
      3         Materiale                                            14              14
                                SPESIFIEK
      4         Meervoudigekeuse-vrae                                14              10
      5         Gereedskap en Toerusting                             23              20
      6         Enjins                                               28              25
      7         Kragte                                               32              25
      8         Instandhouding                                       23              20
      9         Stelsels en Beheer (Outomatiese Ratkas)              18              20
                Stelsels en Beheer (Asse, Stuurgeometrie en
      10                                                             32              30
                Elektronika)
                                                   TOTAAL           200             180

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 3

Meganiese Tegnologie: Motorkunde             3                          DBE/Mei/Junie 2024
                                      SS/NSS Vertroulik

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (GENERIES)

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.6) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.7 E.

1.1      Watter van die volgende verwys na die Wet op Beroepsgesondheid en
         Veiligheid (BGV), 1993 (Wet 85 van 1993) wanneer MIV/Vigs in die werksplek
         hanteer word?

         A     Dit is die plig van werkgewers om seker te maak dat rubberhandskoene
               en chirurgiese maskers in alle noodhulpkissies beskikbaar is.
         B     Hierdie Wet beklemtoon die werksverhouding tussen werknemers en
               werkgewers.
         C     Dit verduidelik die minimum standaarde wat werknemers en werkgewers
               van mekaar kan verwag in die werkplek.
         D     Die doel van hierdie Wet is om ʹn omgewing van gelykheid in die
               werksplek te skep.                                                                (1)

1.2      Watter EEN van die volgende stellings verwys na prosesuitleg?

         A     Die masjiene word gerangskik in die volgorde waarvolgens
               bedryfshandelinge uitgevoer word.
         B     Die verskillende stadiums van produksie word in verskillende
               departemente uitgevoer.
         C     Die proses is ideaal vir massaproduksie.
         D     Die vervaardigingsiklus-tydperk is korter.                                        (1)

1.3      Wat is die funksie van die drukmeter in 'n hidrouliese pers?

         A     Om die werksdruk waar te neem
         B     Om die klemtoestel op die platform te ondersteun
         C     Om die raam op die steunpenne te stabiliseer
         D     Om die werkstuk in plek te hou                                                    (1)

1.4      Waarom word staal teen ʹn spesifieke                 temperatuur    gedurende
         hittebehandeling deurdrenk/geweek?

         A     Om te verseker dat die buitekant van die staal warmer as die binnekant
               word
         B     Om te verseker dat die binnekant van die staal warmer as die buitekant
               word
         C     Om ʹn verlies van die koolstofinhoud van die staal te voorkom
         D     Om eweredige indringing van hitte te verseker                                     (1)

1.5      Watter EEN van die volgende blusmediums word vir die normalisering van
         staal gebruik?

         A     Olie
         B     Vloeibare soute
         C     Stil lug
         D     Pekelwater                                                                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Meganiese Tegnologie: Motorkunde            4                      DBE/Mei/Junie 2024
                                     SS/NSS Vertroulik

1.6      Die metaal wat die geskikste vir dopverharding is:

         A     Geelkoper
         B     Aluminium
         C     Sagte staal
         D     Gietyster                                                                  (1)
                                                                                          [6]

VRAAG 2: VEILIGHEID (GENERIES)

2.1      Noem TWEE situasies waar basiese noodhulp aan ʹn persoon in die werkplek
         verleen moet word om te help en te ondersteun.                                   (2)

2.2      FIGUUR 2.2 hieronder toon 'n veiligheidsteken by 'n bankslypmasjien.
         Verduidelik wat bedoel word met die tekens wat A–D benoem is.

                             B
                                                              C

                             A                                D

                                          FIGUUR 2.2                                      (4)

2.3      Noem TWEE veiligheidsmaatreëls waaraan voldoen moet word wanneer 'n
         staanboor gebruik word.

         LET WEL: Daar is voorsiening gemaak vir alle PBT ('PPE') en
                  omgewingsfaktore.                                                       (2)

2.4      Noem TWEE veiligheidsmaatreëls waaraan 'n operateur moet voldoen terwyl
         daar op 'n vlakslyper gewerk word.

         LET WEL: Daar is voorsiening gemaak vir alle PBT ('PPE') en
                  omgewingsfaktore.                                                       (2)
                                                                                          [10]   2024

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

Meganiese Tegnologie: Motorkunde                5                           DBE/Mei/Junie 2024
                                         SS/NSS Vertroulik

VRAAG 3: MATERIALE (GENERIES)

3.1      Noem of staal bo of onder die kritiese temperatuur gedurende die volgende
         hittebehandelingsprosesse verhit word:

         3.1.1        Verharding                                                                   (1)

         3.1.2        Tempering                                                                    (1)

         3.1.3        Normalisering                                                                (1)

3.2      Die hardheid van 'n toetswerkstuk word met die gebruik van 'n staanboor
         getoets. Watter TWEE aspekte op die snysels moet waargeneem word?                         (2)

3.3      Buiten die masjineerbaarheidstoets, noem DRIE ander toetse wat gebruik
         word om die verskillende tipes staal te bepaal.                                           (3)

3.4      Noem TWEE blusmetodes wat vir dopverharding gebruik word.                                 (2)

3.5      Hoe kan die temperatuur van                     'n   werkstuk     gedurende     die
         hittebehandelingsproses bepaal word?                                                      (1)

3.6      Noem die DRIE basiese stappe wat volgens die tyd-temperatuursiklus by alle
         hittebehandelingsprosesse betrokke is.                                                    (3)
                                                                                                   [14]

VRAAG 4: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (SPESIFIEK)

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (4.1 tot 4.14) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 4.15 E.

4.1      Wat word tydens ʹn kompressietoets gemeet?

         A       Die kompressiedruk wat in die silinder ontwikkel word
         B       Die hoeveelheid lekkasie uit die silinder in persentasie
         C       Die hoeveelheid uitlaatgas wat die silinder verlaat
         D       Die kompressieverhouding wat op die kompressieslag ontwikkel word                 (1)

4.2      Wanneer wielsporing uitgevoer word, word die draaitafels gebruik om
         die … te meet.

         A       wielvlughoek
         B       naspoorhoek
         C       hoek wat die wiel van links na regs draai
         D       krinkspilhelling                                                                  (1)

4.3      Wat is die funksie van die morssluis op ʹn turboaanjaer?

         A       Om die turboaanjaer se onderdele af te koel
         B       Laat die uitlaatgasse toe om verby die turbine te vloei
         C       Om oormatige spruitstukdruk te verlig
         D       Lei uitlaatgasse na die turbine toe                                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Meganiese Tegnologie: Motorkunde             6                          DBE/Mei/Junie 2024
                                      SS/NSS Vertroulik

4.4      Identifiseer die trillingdemper wat in FIGUUR 4.4 hieronder getoon word..

                                          FIGUUR 4.4

         A     Gekombineerde rubber-en-wrywingskyf
         B     Platbandkatrol
         C     Vliegwielkatrol
         D     Wrywingsvlak                                                                    (1)

4.5      Wanneer 'n krag weerstand oorkom en beweging in 'n reguit lyn veroorsaak,
         staan dit as … bekend.

         A     drywing
         B     wringkrag
         C     arbeid
         D     revolusies                                                                      (1)

4.6      Drywing kan gedefinieer word as die …

         A     tempo waarteen arbeid verrig word.
         B     afstand waaroor arbeid verrig word.
         C     spoed waarteen arbeid verrig word.
         D     vermoë om arbeid te verrig.                                                     (1)

4.7      Watter EEN van die volgende is die rede dat meganiese doeltreffendheid van
         'n enjin altyd minder as 100% is?

         A     'n Foutiewe MLV-sensor
         B     Wrywingsverlies in die enjin
         C     Brandstofoktaan-aanslag wat verkeerd is
         D     'n Foutiewe SAD-sensor                                                          (1)

4.8      Hoe kan die aangeslane druk van die verkoelerdop verkry word?

         A     Lees dit van die verkoelerdop af
         B     Lees dit van die inlaatspruitstuk af
         C     Verkry dit op die klepdeksel
         D     Gaan dit op die druktoetser-spesifikasies na                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Meganiese Tegnologie: Motorkunde              7                       DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

4.9      Uitermatige hoë brandstofdruk voor die brandstofinspuiter word deur …
         veroorsaak.

         A     verstopte brandstoflyne voor die brandstoffilter
         B     'n vuil brandstoffilter
         C     'n foutiewe drukreguleerder
         D     lae spanning na die brandstofpomp                                             (1)

4.10     Identifiseer die annulus wat in FIGUUR 4.10 hieronder getoon word.

                             2

                                                                  3

                              1                                   4

                                          FIGUUR 4.10

         A     1
         B     2
         C     3
         D     4                                                                             (1)

4.11     Watter onderdeel van die koppelomsitter bewerkstellig die turbine-as se
         beweging?

         A     Turbine
         B     Eenrigtingkoppelaar
         C     Pomp
         D     Omhulsel                                                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

Meganiese Tegnologie: Motorkunde            8                         DBE/Mei/Junie 2024
                                     SS/NSS Vertroulik

4.12     Die bandslytasiepatroon wat in FIGUUR 4.12 hieronder getoon word, word
         deur … veroorsaak.

                                    Een kant van loopvlak
                                    uitermate verslyt

                                            FIGUUR 4.12

         A     verkeerde wielvlug
         B     uitermatige wielwanbalans
         C     wiel wat te styf gepomp is
         D     wiel wat te pap is                                                               (1)

4.13     'n Sensor kan as 'n … gedefinieer word.

         A     beheereenheid
         B     inseteenheid
         C     uitseteenheid
         D     drywer                                                                           (1)

4.14     Wat is die funksie van die spruitstuk-absolutedruk(SAD)-sensor?

         A     Meet die enjinlastoestande
         B     Beheer die posisie van die versneller
         C     Dateer die EBE van die enjinspoed op
         D     Meet die luginlaatvolume                                                         (1)
                                                                                                [14]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Meganiese Tegnologie: Motorkunde               9                           DBE/Mei/Junie 2024
                                        SS/NSS Vertroulik

VRAAG 5: GEREEDSKAP EN TOERUSTING (SPESIFIEK)

5.1      FIGUUR 5.1 hieronder toon 'n kompressietoetser. Beantwoord die vrae wat
         volg.

                                                     B
                                                               C

                               A

                                            FIGUUR 5.1

         5.1.1       Noem die funksie van onderdele A, B en C.                                    (3)

         5.1.2       Waarom moet die batteryspanning getoets word voordat 'n
                     kompressietoets uitgevoer word?                                              (2)

         5.1.3       Gee TWEE redes waarom die nat kompressietoets ná die droë
                     kompressietoets uitgevoer word.                                              (2)

5.2      Gee 'n rede waarom ELK van die volgende opstelprosedures gedurende 'n
         silinderlekkasietoets uitgevoer word:

         5.2.1       Kalibreer (zero) die toetser                                                 (1)

         5.2.2       Draai die enjin totdat die suier op BDP op die kompressieslag is             (1)

         5.2.3       Sluit die krukas                                                             (1)

5.3      Noem VIER gasse, stikstofoksied (NOx)               uitgesluit,   wat   deur    ʹn
         uitlaatgasanaliseerder ontleed kan word.                                                 (4)

5.4      'n Voertuig moet geskandeer word met behulp van 'n ABD-II-skandeerder.
         Beantwoord die vrae hieronder.

         5.4.1       Noem TWEE spesifikasies wat benodig              word    voordat    'n
                     ABD-II-skandering uitgevoer kan word                                         (2)

         5.4.2       Noem die TWEE basiese funksies van 'n ABD-II-skandeerder.                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Meganiese Tegnologie: Motorkunde              10                          DBE/Mei/Junie 2024
                                        SS/NSS Vertroulik

5.5      Hoe word dinamiese wielbalansering reggestel nadat die balans op 'n
         wielbalanseerder nagegaan is?                                                              (2)

5.6      FIGUUR 5.6 hieronder toon wielsporingstoerusting. Beantwoord die vrae wat
         volg.

                                            FIGUUR 5.6

         5.6.1       Identifiseer die spesifieke toerusting.                                        (1)

         5.6.2       Noem die funksie van die toerusting.                                           (1)

         5.6.3       Wat is die meeteenheid van die toerusting?                                     (1)
                                                                                                    [23]

VRAAG 6: ENJINS (SPESIFIEK)

6.1      Die volgende vrae is op die krukas van 'n binnebrandenjin gebaseer.

         6.1.1       Watter onderdeel, wat op die neus van die krukas monteer is,
                     verminder vibrasies?                                                           (1)

         6.1.2       Beskryf TWEE maniere om krukasteenwigte te wysig om vibrasies
                     te verminder.                                                                  (2)

         6.1.3       Watter onderdeel word om die grootkoptap vasgebout?                            (1)

         6.1.4       Noem DRIE        oorsake    van    krukas-ineendraaiing    gedurende
                     enjinwerking.                                                                  (3)

6.2      Watter DRIE onderdele is deel van die roterende massa van                         ʹn
         binnebrandenjin?                                                                           (3)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Meganiese Tegnologie: Motorkunde              11                              DBE/Mei/Junie 2024
                                        SS/NSS Vertroulik

6.3      FIGUUR 6.3 hieronder toon enjinsilinderuitlegte. Beantwoord die vrae wat
         volg.

                       A                        B                         C
                                             FIGUUR 6.3

         6.3.1       Identifiseer die verskillende tipes enjinuitlegte.                              (3)

         6.3.2       Noem TWEE voordele van enjinuitleg A in vergelyking met
                     enjinuitleg B.                                                                  (2)

6.4      Noem die grade van krukasrotasie tussen die kragimpulse vir ELK van die
         volgende vierslagenjins:

         6.4.1       Viersilinder                                                                    (1)

         6.4.2       Sessilinder                                                                     (1)

         6.4.3       Agtsilinder                                                                     (1)

6.5      FIGUUR 6.5 hieronder toon 'n turboaanjaer wat op 'n binnebrandenjin
         gemonteer is. Beantwoord die vrae wat volg.

                                                                          D

                                                                          C

                                                            B

                       A

                                             FIGUUR 6.5

         6.5.1       Benoem A–D.                                                                     (4)

         6.5.2       Watter onderdeel in 'n veranderlike geometrie-turboaanjaer help
                     om die rotasie van die turboaanjaer teen lae spoed te verhoog?                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Meganiese Tegnologie: Motorkunde             12                          DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

6.6      Noem DRIE tipes superaanjaers wat op 'n binnebrandenjin gebruik word.                  (3)

6.7      Noem TWEE nadele van superaanjaers wanneer dit met turboaanjaers
         vergelyk word.                                                                         (2)
                                                                                                [28]

VRAAG 7: KRAGTE (SPESIFIEK)

7.1      Definieer die volgende terme:

         7.1.1       Wringkrag                                                                  (2)

         7.1.2       Remdrywing                                                                 (2)

7.2      Verduidelik EEN metode om die slagvolume van 'n binnebrandenjin te
         verhoog.                                                                               (1)

7.3      Die volgende afmetings is van 'n binnebrandenjin verkry:

         Boordiameter:             74 mm
         Slaglengte:               77 mm
         Vry volume:               42 mℓ

         Bereken die volgende:

         7.3.1       Slagvolume                                                                 (3)

         7.3.2       Kompressieverhouding                                                       (4)

         7.3.3       Die nuwe slaglengte in millimeter (mm) indien die
                     kompressieverhouding na 10 : 1 verhoog word. Die vry volume en
                     boordiameter bly onveranderd.                                              (6)

7.4      Die volgende data is op 'n viersilinder-vierslagenjin verkry:

         Gemiddelde effektiewe druk:       950 kPa
         Enjinspoed:                       2 500 r/min
         Boordiameter:                     65 mm
         Slaglengte:                       70 mm
         Remarmlengte:                     0,4 m
         Skaallesing:                      142,5 N

         Bereken die volgende:

         7.4.1       Aangeduide drywing in kW                                                   (7)

         7.4.2       Wringkrag                                                                  (2)

         7.4.3       Remdrywing in kW                                                           (3)

         7.4.4       Meganiese doeltreffendheid                                                 (2)
                                                                                                [32]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Meganiese Tegnologie: Motorkunde               13                             DBE/Mei/Junie 2024
                                         SS/NSS Vertroulik

VRAAG 8: INSTANDHOUDING (SPESIFIEK)

8.1      Beantwoord die           volgende   vrae    oor     die   uitlaatgasanalise    op   'n
         binnebrandenjin:

         8.1.1       Noem TWEE resultate van vakuumlekkasies.                                         (2)

         8.1.2       Noem DRIE moontlike oorsake van 'n hoë stikstofoksied(NOx)-
                     lesing.                                                                          (3)

8.2      TABEL 8.2 hieronder toon die foute, oorsake en regstellende maatreëls van 'n
         droë kompressietoets. Voltooi die tabel deur slegs die vraagnommers
         (8.2.1 tot 8.2.4) en die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK te skryf.

                                                    MOONTLIKE             REGSTELLENDE
                     FOUTE
                                                     OORSAKE               MAATREËLS
         Meter styg in kleiner spronge
                                                      8.2.1                     8.2.2
         en kompressielesing is laag
                      8.2.3                     Nokband wat gly                 8.2.4
                                              TABEL 8.2                                               (4)

8.3      'n Silinderlekkasietoets wys dat lug uit die ontbrandingskamer lek. Noem waar
         die sisgeluide gehoor sou word indien daar lug uit die volgende onderdele
         lek/verby gaan:

         8.3.1       Suierringe                                                                       (1)

         8.3.2       Inlaatklep                                                                       (1)

         8.3.3       Uitlaatklep                                                                      (1)

8.4      Noem DRIE vervaardigerspesifikasies wat benodig word om 'n oliedruktoets
         uit te voer.                                                                                 (3)

8.5      Noem TWEE oorsake van 'n lae brandstofdruklesing op 'n brandstof-
         druktoetser en gee die regstellende maatreël vir ELK van die oorsake.                        (4)

8.6      Verduidelik in VIER stappe hoe om 'n verkoelingstelsel-druktoets uit te voer
         nadat die verkoelerdop verwyder is.                                                          (4)
                                                                                                      [23]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 14

Meganiese Tegnologie: Motorkunde             14                            DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

VRAAG 9: STELSELS EN BEHEER (OUTOMATIESE RATKAS) (SPESIFIEK)

9.1      Noem DRIE voordele van 'n outomatiese ratkas wat met 'n koppelomsitter
         toegerus is.                                                                             (3)

9.2      FIGUUR 9.2 hieronder toon 'n koppelomsitter wat in outomatiese transmissies
         gebruik word. Beantwoord die vrae wat volg.

                                   A                           B

                                                           C

                                                                   D

                                           FIGUUR 9.2

         9.2.1       Benoem A–D.                                                                  (4)

         9.2.2       Definieer die term staakspoed in 'n koppelomsitter.                          (2)

         9.2.3       Verduidelik wat gebeur wanneer 'n koppelomsitter ophou om
                     wringkragvermenigvuldiging te lewer terwyl daar bestuur word.                (2)

9.3      Noem TWEE voordele van 'n transmissiebeheereenheid in 'n outomatiese
         transmissiestelsel.                                                                      (2)

9.4      Beskryf TWEE ingeboude kenmerke wat gebruik word om outomatiese
         transmissievloeistof (OTV) af te koel wat in 'n motorvoertuig se outomatiese
         transmissie gebruik word.                                                                (2)

9.5      Verduidelik, in die KORREKTE volgorde, hoe voorwaartse snelrat in die
         dubbel episikliese ratstelsel verkry word.                                               (3)
                                                                                                  [18]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Meganiese Tegnologie: Motorkunde             15                        DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

VRAAG 10:      STELSELS EN BEHEER                 (ASSE,       STUURGEOMETRIE      EN
               ELEKTRONIKA) (SPESIFIEK)

10.1     Noem TWEE verbeterings wat die resultaat van korrekte wielsporing is.                (2)

10.2     FIGUUR 10.2 hieronder toon 'n onafhanklike voorvering. Beantwoord die vrae
         wat volg.

                                         B

                                   A

                                                           C

                                                                 D

                                           'Offset'

                                       Soos van voor gesien
                                          FIGUUR 10.2

         10.2.1      Benoem A–D.                                                              (4)

         10.2.2      Hoe word die wielvlug op 'n voertuig verstel?                            (1)

         10.2.3      Noem TWEE negatiewe gevolge van oormatige positiewe wielvlug.            (2)

10.3     Noem DRIE voorafkontroles wat op die wiel uitgevoer moet word voor
         dinamiese wielbalansering                                                            (3)

10.4     Noem TWEE funksies van elk van die volgende onderdele in die
         brandstoftoevoerstelsel:

         10.4.1      Drukreguleerder                                                          (2)

         10.4.2      Brandstofpomp                                                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 16

Meganiese Tegnologie: Motorkunde              16                        DBE/Mei/Junie 2024
                                     SS/NSS Vertroulik

10.5     Noem TWEE werkingstoestande wat ontstekingtydreëling affekteer.                     (2)

10.6     FIGUUR 10.6 hieronder toon 'n inspuiting                met   gemeenskaplike
         brandstofleidingstelsel (IGBL). Benoem A–D.

                                                                        D
                                 A             B           C

                                            FIGUUR 10.6                                      (4)

10.7     Noem TWEE vereistes vir 'n katalisator om effektief te kan funksioneer.             (2)

10.8     FIGUUR 10.8 hieronder toon 'n driefase-alternatorkringdiagram. Beantwoord die
         vrae wat volg.

                  A          B               gelykrigter   kapasitor

                                                                 na reguleerder

                                                                             C

                                            FIGUUR 10.8

         10.8.1       Benoem dele A–C.                                                       (3)

         10.8.2       Hoeveel diodes is in hierdie stroombaan?                               (1)

         10.8.3       Noem die funksie van die diodes.                                       (2)

10.9     Noem TWEE metodes om spoedbeheer te deaktiveer terwyl daar bestuur
         word.                                                                               (2)
                                                                                             [32]

                                                                             TOTAAL:         200
Kopiereg voorbehou

### Page 17

Meganiese Tegnologie: Motorkunde                  1                   DBE/Mei/Junie 2024
                                        SS/NSS Vertroulik

          FORMULEBLAD VIR MEGANIESE TEGNOLOGIE: MOTORKUNDE

   1.         F=m×a

              Waar:
                      m = Massa
                      a = Versnelling

   2.         Arbeid verrig = Krag × Verplasing             OF   W=F×s

                          Krag  Verplasing                           Fs
   3.         Drywing =                                     OF   P
                                Tyd                                    t

   4.         Wringkrag = Krag × Radius                     OF   T=F×r

   5.         AD = P × L × A × N × n

              Waar:
                     AD = Aangeduide drywing
                      P = Gemiddelde effektiewe druk
                      L = Slaglengte
                      A = Area van suierkroon
                      N = Aantal kragslae per sekonde
                      n = Aantal silinders

   6.         RD = 2πNT

              Waar:
                     RD = Remdrywing
                      N = Omwentelinge per sekonde
                      T = Wringkrag

   7.          Remdrywing met Prönyrem = 2 × π × N × F × R

              Waar:

                     RD = Remdrywing
                      N = Omwentelinge per sekonde
                      F = Krag
                      R = Remarmlengte

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 18

Meganiese Tegnologie: Motorkunde                2                      DBE/Mei/Junie 2024
                                         SS/NSS Vertroulik

                                                RD
   8.         Meganiese doeltreffendheid =          100%
                                                AD

   9.         Kompressieverhouding = SV  VV
                                           VV
              Waar:
                      SV = Slagvolume
                      VV = Vry volume

                       πD 2
   10.        SV =          L
                        4
              Waar:
                      D = Boordiameter
                      L = Slaglengte

                       SV
   11.        VV =
                      KV-1

                                   Produk van tande op gedrewe ratte
   12.        Ratverhouding =
                                     Produk van tande op dryfratte

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Mechanical Technology May-June 2024 (Fitting and Machining) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-mechanical-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-afrikaans/03c703c8-8125-4d5a-a124-37013b381c7a) — Mechanical Technology · Memo · 2024 · Afr
- [Mechanical Technology May-June 2024 (Welding and Metalwork) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-mechanical-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-afrikaans/552ebeca-d294-4c37-b3fb-cded79fa438f) — Mechanical Technology · Memo · 2024 · Afr
- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2024 (Welding & Metalwork) Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2024-welding-metalwork-afrikaans/aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882) — Mechanical Technology · Memo · 2024 · Afr
- [MECHANICAL TECH (Auto) GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-auto-gr12-memo-sept2024-afrikaans/2f874dd1-8c03-49a9-8c70-41ac528693d0) — Mechanical Technology · Memo · 2024 · Afr
- [MECH TECH GR12 QP SEPT 2020 Fitting Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-qp-sept-2020-fitting-afrikaans/879acc91-51d5-49bf-a934-ae5bf001d3fa) — Mechanical Technology · QP · 2020 · Afr
- [MECHANICAL TECH (Auto) QP SEPT 2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-auto-qp-sept-2018-afrikaans/605f9186-b7d4-4097-9164-d0ec93617dc4) — Mechanical Technology · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Mechanical Technology

- [Gr 12 Weld Met ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-weld-met-atp-2023-24/8ecc8de5-c625-4611-9b94-1f3fd325e05d) — ATP
- [Mechanical Technology Nov 2024 (Fitting and Machining) MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2024-fitting-and-machining-mg-eng/ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594) — Memo · 2024 · Eng
- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2023 Welding Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2023-welding-afrikaans/f45c553c-63a1-4e1c-b9c6-d426a3dfef26) — Memo · 2023 · Afr
- [Mechanical Technology May-June 2023 (Welding & Metalwork) Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-may-june-2023-welding-metalwork-eng/c6bfa7b8-3601-4a11-9be4-55ee65e4011f) — QP · 2023 · Eng
- [Mechanical Technology Nov 2023 (Fitting and Machining) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2023-fitting-and-machining-afr/ec5f897b-937f-4bae-aad9-e566a280b360) — QP · 2023 · Afr
- [Mechanical Technology Nov 2023 (Automotive) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2023-automotive-afr/b8922567-d93f-4dcd-9279-3b4c4bd034b9) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
