# Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2025 QP (Afr)

> Grade 12 Mechanical Technology question paper from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-mechanical-technology-2025-nsc-november-exam-question-paper/60d79abf-2e29-4f0c-bd3a-06fd45e87934
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Mechanical Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mechanical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mechanical-technology) › [Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2025 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-mechanical-technology-2025-nsc-november-exam-question-paper/60d79abf-2e29-4f0c-bd3a-06fd45e87934)

## About this document

Mechanical Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2025. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                               NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

           MEGANIESE TEGNOLOGIE: SWEIS- EN METAALWERK

                                NOVEMBER 2025

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye en 'n 2 bladsy-formuleblad.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk         2                      DBE/November 2025
                                             NSS Vertroulik

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.         Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die ruimtes wat op die
            ANTWOORDEBOEK verskaf word.

 2.         Lees AL die vrae noukeurig deur.

 3.         Beantwoord AL die vrae.

 4.         Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
            vraestel gebruik is.

 5.         Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

 6.         Toon ALLE berekeninge en eenhede. Rond finale antwoorde tot TWEE
            desimale plekke af.

 7.         Kandidate mag nieprogrammeerbare wetenskaplike sakrekenaars en
            tekeninstrumente gebruik.

 8.         Die waarde van gravitasieversnelling moet as 9,81 m/s2 of 10 m/s2 geneem
            word.

 9.         ALLE afmetings is in millimeter, tensy anders in die vraag aangedui.

 10.        Skryf netjies en leesbaar.

 11.        'n Formuleblad is aan die einde van die vraestel aangeheg.

 12.        Gebruik die kriteria hieronder om jou met jou tydsbestuur te help.

 VRAAG                          INHOUD                          PUNTE      TYD IN MINUTE
                               GENERIES
       1       Meervoudigekeuse-vrae                               6                6
       2       Veiligheid                                         10               10
       3       Materiale                                          14               14
                               SPESIFIEK
        4      Meervoudigekeuse-vrae                               14              10
        5      Terminologie (Maatvorms)                            23              20
        6      Gereedskap en Toerusting                            18              10
        7      Kragte                                              45              40
        8      Hegtingsmetodes (Inspeksie van Sweislasse)          23              20
        9      Hegtingsmetodes (Spannings en Vervorming)           18              20
       10      Instandhouding                                       8              10
       11      Terminologie (Ontwikkeling)                         21              20
                                                TOTAAL            200              180

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk         3                      DBE/November 2025
                                             NSS Vertroulik

 VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (GENERIES)                    2025

 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
 antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.6) in die
 ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.7 E.

 1.1      Watter EEN van die volgende verwys na die goeiegebruikskode oor
          MIV/Vigs en indiensneming?

          A     Werkgewers kan eenvoudig 'n persoon wat MIV/Vigs het, afdank.
          B     Dit brei nie uit oor hoe almal die reg op regverdige arbeidspraktyke met
                betrekking tot MIV/Vigs het nie.
          C     Dit bevat die daaglikse werksure van werknemers.
          D     Dit bevat algemene riglyne oor hoe werkgewers, werknemers en
                vakbonde op MIV/Vigs in die werksplek behoort te reageer.                        (1)

 1.2      Wie is verantwoordelik vir die voorsiening van PBT ('PPE') in die werks-
          winkel?

          A     Werknemer
          B     Skoonmakers
          C     Voorman
          D     Werkgewer                                                                        (1)

 1.3      Die funksie van die vingerbeskermer in die kragaangedrewe guillotine is om
          te voorkom dat die operateurs ...

          A     onder die ankerstawe reik.
          B     aan draaiende onderdele raak.
          C     se klere in die masjien vasgevang word.
          D     die werkstuk buig.                                                            (1)

 1.4      FIGUUR 1.4 hieronder toon 'n vonktoets wat uitgevoer word. Identifiseer die
          tipe materiaal met verwysing na die vonkpatroon.

                                                FIGUUR 1.4

          A     Koper
          B     Geelkoper
          C     Hoëkoolstofstaal
          D     Aluminium-allooi                                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk         4                      DBE/November 2025
                                             NSS Vertroulik

 1.5      Die verhardingstemperatuur hang van die ... van die staal af.

          A       koolstofinhoud
          B       smeebaarheid
          C       grootte
          D       gewig                                                                       (1)

 1.6      Wat bepaal die eienskappe van staal gedurende hittebehandeling?

          A       Die smeltpunt
          B       Tipe korrelstruktuur
          C       Die waterinhoud van die metaal
          D       Die gesmelte toestand van die metaal                                        (1)
                                                                                              [6]

 VRAAG 2: VEILIGHEID (GENERIES)

 2.1      Noem TWEE sigbare tekens op 'n beseerde                  persoon     wat    'n
          noodhulpverlener in ag moet neem voor behandeling.                                  (2)

 2.2      Noem TWEE veiligheidsmaatreëls wat in ag geneem moet word VOORDAT
          boogsweiswerk uitgevoer kan word.                                                   (2)

 2.3      Noem TWEE veiligheidsmaatreëls wat nagekom moet word VOORDAT 'n
          draagbare hoekslyper aangeskakel word.

          (LET WEL: Daar is reeds aan alle PBT ('PPE') aandag gegee.)                         (2)

 2.4      Noem TWEE veiligheidsmaatreëls wanneer oksiasetileengassilinders
          hanteer word.                                                                       (2)

 2.5      Noem EEN nadeel van die produkuitleg.                                               (1)

 2.6      Noem EEN algemene plig wat elke werknemer volgens die Wet op Beroeps-
          gesondheid en Veiligheid (BGV), 1993 (Wet 85 van 1993) in die werksplek
          moet nakom.                                                                            (1)
                                                                                                 [10]

 VRAAG 3: MATERIALE (GENERIES)

 3.1      Wat sal die effek op die volgende materiale wees wanneer 'n buigtoets
          uitgeoefen word?

          3.1.1        Sagte staal                                                               (1)

          3.1.2        Hoëkoolstofstaal                                                          (1)

 3.2      Wat is die doel van hittebehandeling van metale?                                       (1)

 3.3      Noem DRIE blusmediums wat in die hittebehandeling van staal gebruik
          word.                                                                                  (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk         5                    DBE/November 2025
                                             NSS Vertroulik

 3.4      Watter TWEE metodes word gebruik om 'n klanktoets uit te voer om metale
          te identifiseer?                                                                      (2)

 3.5      Wat is die doel van dopverharding van staal gedurende hittebehandeling?               (2)

 3.6      Noem TWEE algemene metodes van dopverharding.                                         (2)

 3.7      Verduidelik die rede vir normalisering van staal gedurende hittebehandeling.          (2)
                                                                                                [14]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk         6                    DBE/November 2025
                                             NSS Vertroulik

 VRAAG 4: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (SPESIFIEK)
 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
 antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (4.1 tot 4.14) in die
 ANTWOORDEBOEK neer, bv. 4.15 E.
 4.1      Wanneer word tralielêers gebruik?
          A     In toepassings met 'n lang span
          B     In toepassings met 'n hoek
          C     In toepassings met 'n kort span
          D     In hoë, steil dakke                                                             (1)

 4.2      Wat stel G, in FIGUUR 4.2 hieronder getoon, voor?

                                                       G

                                                FIGUUR 4.2
          A     Smeer
          B     Slyp
          C     Skerm
          D     Snymasjien                                                                      (1)
 4.3      Watter EEN van die volgende word gebruik om die ram in 'n hidrouliese
          drukpers te beweeg?
          A     Lug
          B     Water
          C     Olie
          D     Petrol                                                                      (1)
 4.4      FIGUUR 4.4 hieronder toon 'n seksie van 'n dakkap. Identifiseer
          onderdeel X.

                                                              X

                                                FIGUUR 4.4
          A     Boonste flens
          B     Kaplat
          C     Nokdekking
          D     Knoopplaat                                                                  (1)
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk         7                    DBE/November 2025
                                             NSS Vertroulik

 4.5      Die doel van inerte/trae gas in MIGS/MAGS-sweiswerk is om …

          A     die werkstuk gedurende sweiswerk bymekaar te hou.
          B     die smeltmiddelbedekte-elektrode te beskerm.
          C     'n gesmelte poel vir elektrodetoevoer te skep.
          D     die gesmelte poel teen atmosferiese gasse te beskerm.                          (1)

 4.6      Identifiseer die sweismasjien wat in FIGUUR 4.6 hieronder getoon word.

                                                FIGUUR 4.6

          A     Boogsweismasjien
          B     Puntsweismasjien
          C     Gassweismasjien
          D     MIG-sweismasjien                                                            (1)

 4.7      FIGUUR 4.7 hieronder toon 'n spanning-vormverandering-diagram verkry
          gedurende 'n trektoets op sagte staal. Wat word deur S in die diagram
          aangedui?

                                                              S
                                                Q R

                                 Spanning
                                            P

                                             Vormverandering
                                                FIGUUR 4.7

          A     Maksimum spanning
          B     Breekspanning
          C     Elastisiteitsgrens
          D     Meegeepunt                                                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk         8                   DBE/November 2025
                                             NSS Vertroulik

 4.8      Watter EEN van die volgende bepaal die effek op inkrimping wanneer
          boogsweiswerk uitgevoer word?

          A     Hoeveelheid gas
          B     Oppervlakarea
          C     Tipe elektrode
          D     Tipe vonk                                                                  (1)

 4.9      Watter tipe struktuur vorm onmiddellik ná afkoeling op die buitekant van 'n
          metaal wanneer 'n hoëkoolstofstaal tot sy oustenitiese temperatuur verhit
          word en dan vinnig in koue water afgekoel word?

          A     Ferriet
          B     Perliet
          C     Sementiet
          D     Martensiet                                                                     (1)

 4.10     Watter EEN van die volgende is die KORREKTE beskrywing vir
          oorspronklike lengte?

          A     Verhouding tussen spanning en vervorming
          B     Lengte waardeur 'n voorwerp verkort of verleng word
          C     Lengte van 'n voorwerp voordat 'n eksterne las toegepas word
          D     Lengte van 'n voorwerp nadat 'n eksterne las toegepas is                       (1)

 4.11     Wanneer temperatuur teen 720 °C vir 'n tydperk gedurende weking in die
          hittebehandelingsproses konstant bly, staan dit as die ... bekend.

          A     dekalessensiepunt
          B     smeltpunt
          C     afkoelpunt
          D     verhittingspunt                                                                (1)

 4.12     Identifiseer die toets wat in FIGUUR 4.12 hieronder getoon word.

              Kompressie                                           Kompressie

                                               FIGUUR 4.12

          A     Kerfbreektoets
          B     Vrybuigtoets
          C     X-straaltoets
          D     Ultrasoniese toets                                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk         9                   DBE/November 2025
                                             NSS Vertroulik

 4.13     Wat is die kleur van die asetileengassilinder?

          A     Maroen
          B     Grys
          C     Swart
          D     Groen                                                                      (1)

 4.14     Watter leidingseksie word in FIGUUR 4.14 hieronder getoon?

                                               FIGUUR 4.14

          A     Piramide
          B     Afgeknotte prisma
          C     Transformator
          D     Heksagonale las                                                               (1)
                                                                                              [14]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk        10                   DBE/November 2025
                                             NSS Vertroulik

 VRAAG 5: TERMINOLOGIE (MAATVORMS) (SPESIFIEK)

 5.1      'n Geelkoperring moet met die gebruik van 'n 30 x 30 mm-vierkantstaaf
          vervaardig word. Die ring het 'n binnediameter van 950 mm.

          Bereken die volgende:

          5.1.1       Die gemiddelde diameter van die ring                                 (2)

          5.1.2       Die gemiddelde omtrek van die ring (Rond jou antwoord tot die
                      naaste heelgetal af.)                                                (3)

 5.2      Teken die smeltsweissimbole vir die volgende:

          5.2.1       V-stuik aan die pylkant                                              (2)

          5.2.2       Geronde V aan die ander kant                                         (2)

 5.3      Noem DRIE tipes handmeetgereedskap wat templaatmakers in 'n
          templaatgalery gebruik.                                                          (3)

 5.4      Noem die DRIE tipes template wat op kanaalyster, hoekysters en I-balke
          gebruik word.                                                                    (3)

 5.5      FIGUUR 5.5 hieronder toon 'n tekening met die relevante inligting wat nodig
          is om 'n komponent te vervaardig. Identifiseer A–H.

                                                        D
                                        C
                        B
                  A
                                                        60–120
                                                                            E
                                                  3

                                    H                            F
                                                        G

                                               FIGUUR 5.5                                  (8)
                                                                                           [23]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk        11                              DBE/November 2025
                                             NSS Vertroulik

 VRAAG 6: GEREEDSKAP EN TOERUSTING (SPESIFIEK)

 6.1      FIGUUR 6.1 hieronder toon 'n draagbare hoekslyper. Benoem A–D.

                                                                              B
                          A
                                                                      C

                                                    D

                                                FIGUUR 6.1                                            (4)

 6.2      Noem die verskil tussen die funksies van 'n kragsaag en 'n vertikale
          bandsaag.                                                                                   (2)

 6.3      FIGUUR 6.3 hieronder toon 'n boogsweisopstelling. Beantwoord die vrae
          wat volg.

                                                                          B
                                                              A

                                                                  D
                                                                      C
                                                        E

                                                FIGUUR 6.3

          6.3.1       Benoem A–E.                                                                        (5)

          6.3.2       Noem die funksie van onderdeel D.                                                  (1)

 6.4      Beskryf die werksbeginsel van 'n handguillotine.                                            (3)

 6.5      Waarvoor word die persmasjien in 'n meganiese werkswinkel gebruik?                          (3)
                                                                                                      [18]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 12

Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk        12                      DBE/November 2025
                                             NSS Vertroulik

 VRAAG 7: KRAGTE (SPESIFIEK)

 7.1      'n Trekkrag van 85 kN word op 'n ronde staaf met 'n deursneeoppervlakte
          van 0,0962 m2 uitgeoefen. Die oorspronklike lengte van die ronde staaf is
          2 000 mm.

          Bereken die volgende:

          7.1.1       Die spanning veroorsaak in die materiaal in Pa                             (2)

          7.1.2       Die vervorming veroorsaak as die verandering in lengte van die
                      staaf 0,05 mm is                                                           (2)

 7.2      FIGUUR 7.2 hieronder toon 'n eenvormige balk wat deur twee vertikale
          stutte, RL en RR, ondersteun word. Die balk word aan TWEE puntlaste en
          'n eenvormig verspreide las (EVL) onderwerp.

                             20 N                                  40 N
                                        10 N/m

                      2m               3m                     3m          2m

               RL             A                        B            C            RR

                                                FIGUUR 7.2

          Bereken die volgende:

          7.2.1       Die grootte van die puntlas wat die EVL verteenwoordig                  (2)

          7.2.2       Die reaksies in RL en RR                                                (8)

          7.2.3       Die buigmomente by A, B en C                                            (5)

          7.2.4       Teken die buigmomentdiagram.

                      Gebruik die volgende skale:

                      •   Balklengte: 1 m = 10 mm
                      •   Buigmomentdiagram: 1 Nm = 1 mm                                      (5)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk        13                         DBE/November 2025
                                             NSS Vertroulik

 7.3      FIGUUR 7.3 hieronder toon 'n dakkap vir 'n pakhuis. Bestudeer die diagram
          en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                             20 N

                                                                  B

                                       40 N
                                                              F          C

                                  A
                                         E
                            30°                        30°
                                         D
                                       5 000
                     10 N                                         50 N

                                                FIGUUR 7.3

          7.3.1        Teken die ruimtediagram volgens skaal 1 : 100.                            (6)

          7.3.2        Teken die vektordiagram volgens skaal 1 N = 2 mm.                         (5)

          7.3.3        Bepaal die grootte van die kragte in dele AE, BF, CF, DE en EF.
                       Identifiseer die dele as stutte of binte.                                 (10)
                                                                                                 [45]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 14

Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk        14                   DBE/November 2025
                                             NSS Vertroulik

 VRAAG 8: HEGTINGSMETODES (INSPEKSIE VAN SWEISLASSE) (SPESIFIEK)

 8.1      Noem DRIE metodes om slakinsluiting te voorkom.                                      (3)

 8.2      Noem DRIE verskillende tipes krake in sweislasse.                                    (3)

 8.3      Noem TWEE oorsake van insnyding gedurende boogsweiswerk.                             (2)

 8.4      Noem TWEE faktore wat gedurende 'n masjineerbaarheidstoets op 'n
          sweislas in ag geneem moet word.                                                     (2)

 8.5      Noem TWEE defekte wat ontbloot word nadat 'n kerfbreektoets uitgevoer is.            (2)

 8.6      Noem DRIE oorsake van blaasgate by porositeit.                                       (3)

 8.7      Noem TWEE nadele van kleurstofpenetrasie-toetsing.                                   (2)

 8.8      Verduidelik die prosedure om 'n X-straaltoets uit te voer.                           (6)
                                                                                               [23]

 VRAAG 9: HEGTINGSMETODES (SPANNING EN VERVORMING) (SPESIFIEK)

 9.1      Noem VIER visuele vereistes gedurende die visuele inspeksieproses van
          sweislasse.                                                                          (4)

 9.2      Noem DRIE faktore wat die afkoeltempo ná sweiswerk affekteer.                        (3)

 9.3      Beskryf die verskil tussen koudbewerking en warmbewerking van staal.                 (4)

 9.4      Wat is die funksie van rugsteune?                                                    (1)

 9.5      Watter hittebehandelingsproses word gebruik om metaal te versag?                     (1)

 9.6      Definieer die term elastiese vervorming.                                             (2)

 9.7      Noem DRIE tipes krimping by sweiswerk.                                               (3)
                                                                                               [18]

 VRAAG 10: INSTANDHOUDING (SPESIFIEK)

 10.1     Bespreek TWEE redes vir die uitsluiting van groot masjiene voor
          instandhouding.                                                                  (2)

 10.2     Gee die rede waarom veelvuldige gate op merkplaatjies gevind word.               (2)

 10.3     Noem TWEE potensiële gevolge van 'n gebrek aan instandhouding op 'n
          staanboor.                                                                       (2)

 10.4     Noem TWEE instandhoudingsriglyne vir 'n bankslypmasjien.                         (2)
                                                                                           [8]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk        15                                 DBE/November 2025
                                             NSS Vertroulik

 VRAAG 11: TERMINOLOGIE (ONTWIKKELING) (SPESIFIEK)

 FIGUUR 11.1 hieronder toon 'n geutbak met 'n vertikale hoogte (VH) van
 600 mm. Beantwoord die vrae wat volg.

                                                                            VH 600

                          350                     400             150

                     A                                                  B

                                                                        150
                                  1                           2

                     X            Y                Z
                                                                            300      600

                                  4                           3

                     D                                                  C
                                               900

                                              FIGUUR 11.1

 11.1     Identifiseer die tipe geutbak hierbo.                                                      (2)

 11.2     Bereken die volgende ware lengtes in FIGUUR 11.1:

          11.2.1 A–4                                                                                 (5)

          11.2.2 C–2                                                                                 (5)

          11.2.3 D–3                                                                                 (5)

          11.2.4 X–Y                                                                                 (2)

          11.2.5 X–Z op die basis van die geutbak (planlengte)                                       (2)
                                                                                                     [21]

                                                                                           TOTAAL:   200

Kopiereg voorbehou

### Page 16

Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk               1                             DBE/November 2025
                                                   NSS Vertroulik

                             FORMULEBLAD VIR MEGANIESE TEGNOLOGIE:
                                    SWEIS- EN METAALWERK

 1.       SPANNING EN VORMVERANDERING

                   πd2
 1.1       Aas =
                    4

 1.2       Apyp =
                         (
                     π D2 − d 2      )
                         4

                                         Maksimum spanning / Breekspanning
 1.3      Veiligheidsfaktor =
                                               Veilige werkspanning

                             Krag                                                 F
 1.4      Spanning =                                                OF       σ=
                             Area                                                 A

                              Verandering in lengte                               ΔL
 1.5      Vervorming =                                              OF       ε=
                              Oorspronklike lengte                                oL

                                          Spanning                                 σ
 1.6      Young se modulus =                                        OF       E=
                                         Vervorming                                ε

 2.       PYTHAGORAS SE STELLING EN TRIGONOMETRIE

                                 r
         y

                                            𝜽𝜽
                             x

                     y
 2.1       Sin θ =
                     r

                     x
 2.2      Cos θ =
                     r

                         y
 2.3      Tan θ =
                         x

 2.4       r 2 = x2 + y2                                            OF       a2 = b2 + c2

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 17

Meganiese Tegnologie: Sweis- en Metaalwerk         2                           DBE/November 2025
                                             NSS Vertroulik

 3.       MAATVORMS EN ONTWIKKELINGS

 3.1      Gemiddelde Ø = Buite-Ø – Plaatdikte          OF     Gemiddelde Ø = Binne-Ø + Plaatdikte

 3.2      Gemiddelde omtrek = π x Gemiddelde Ø

          Waar:
                     Ø = Diameter

 4.       SKROEFDRADE

 4.1      Boorgrootte = Buite-Ø – Steek

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Mechanical Technology Nov 2023 (Fitting and Machining) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2023-fitting-and-machining-afr/ec5f897b-937f-4bae-aad9-e566a280b360) — Mechanical Technology · QP · 2023 · Afr
- [Mechanical Technology Nov 2023 (Automotive) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2023-automotive-afr/b8922567-d93f-4dcd-9279-3b4c4bd034b9) — Mechanical Technology · QP · 2023 · Afr
- [Mechanical Technology Nov 2023 (Welding & Metal Work) Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2023-welding-metal-work-eng/b9535038-8936-48a1-afcd-0ab67f8f03aa) — Mechanical Technology · QP · 2023 · Eng
- [Mechanical Technology Nov 2023 (Automotive) Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2023-automotive-eng/5f5706ce-d5c1-4862-ad58-e58260ec3dad) — Mechanical Technology · QP · 2023 · Eng
- [Mechanical Technology Nov 2023 (Welding & Metal Work) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2023-welding-metal-work-afr/cad6695c-dbf0-406d-a72d-78edaf6ce649) — Mechanical Technology · QP · 2023 · Afr
- [Mechanical Technology Nov 2022 (Welding Metalwork) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2022-welding-metalwork-afr/0866c8b7-97a6-4c57-9f66-74ebecc68f37) — Mechanical Technology · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Mechanical Technology

- [Gr 12 Weld Met ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-weld-met-atp-2023-24/8ecc8de5-c625-4611-9b94-1f3fd325e05d) — ATP
- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2024 (Welding & Metalwork) Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2024-welding-metalwork-afrikaans/aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882) — Memo · 2024 · Afr
- [MECHANICAL TECH (Auto) GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-auto-gr12-memo-sept2024-afrikaans/2f874dd1-8c03-49a9-8c70-41ac528693d0) — Memo · 2024 · Afr
- [MECH TECH MEMO GR12 SEPT Fitting English](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-memo-gr12-sept-fitting-english/6c8e4f19-8a49-43c9-a4af-dbf620595837) — Memo · 2024 · Eng
- [Mechanical Technology Nov 2024 (Fitting and Machining) MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2024-fitting-and-machining-mg-eng/ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594) — Memo · 2024 · Eng
- [Mechanical Technology May-June 2024 (Fitting and Machining) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-mechanical-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-afrikaans/03c703c8-8125-4d5a-a124-37013b381c7a) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
