# Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2025 QP (Afr)

> Grade 12 Mechanical Technology question paper from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-mechanical-technology-2025-nsc-november-exam-question-paper/83b038fb-c790-4a24-b987-b6880a071184
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Mechanical Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 23

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mechanical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mechanical-technology) › [Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2025 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-mechanical-technology-2025-nsc-november-exam-question-paper/83b038fb-c790-4a24-b987-b6880a071184)

## About this document

Mechanical Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2025. Question paper, 23 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                               NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

         MEGANIESE TEGNOLOGIE: PASWERK EN MASJINERING

                                NOVEMBER 2025

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye en 'n 5 bladsy-formuleblad.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering     2                         DBE/November 2025
                                           NSS Vertroulik

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.         Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die ruimtes wat op die
            ANTWOORDEBOEK verskaf word.

 2.         Lees AL die vrae noukeurig deur.

 3.         Beantwoord AL die vrae.

 4.         Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
            vraestel gebruik is.

 5.         Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

 6.         Toon ALLE berekeninge en eenhede. Rond finale antwoorde tot TWEE
            desimale plekke af.

 7.         Kandidate mag nieprogrammeerbare wetenskaplike sakrekenaars en
            tekeninstrumente gebruik.

 8.         Die waarde van gravitasieversnelling moet as 9,81 m/s2 of 10 m/s2 geneem
            word.

 9.         ALLE afmetings is in millimeter, tensy anders in die vraag aangedui.

 10.        Skryf netjies en leesbaar.

 11.        'n Formuleblad is aan die einde van die vraestel aangeheg.

 12.        Gebruik die kriteria hieronder om jou met jou tydsbestuur te help.

      VRAAG                        INHOUD                          PUNTE         TYD IN MINUTE
                                  GENERIES
        1        Meervoudigekeuse-vrae                                6                6
        2        Veiligheid                                           10               10
        3        Materiale                                            14               14
                                  SPESIFIEK
        4        Meervoudigekeuse-vrae                               14                 10
        5        Terminologie (Draaibank en Freesmasjien)            18                 20
        6        Terminologie (Indeksering)                          28                 25
        7        Gereedskap en Toerusting                            13                 10
        8        Kragte                                              33                 33
        9        Instandhouding                                      18                 12
       10        Hegtingsmetodes                                     18                 12
       11        Stelsels en Beheer (Aandrywingstelsels)             28                 28
                                                    TOTAAL           200               180

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering     3                        DBE/November 2025
                                           NSS Vertroulik

 VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (GENERIES)                  2025

 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
 antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.6) in die
 ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.7 E.

 1.1      Watter EEN van die volgende verwys na die goeiegebruikskode oor
          MIV/Vigs en indiensneming?

          A     Werkgewers kan eenvoudig 'n persoon wat MIV/Vigs het, afdank.
          B     Dit brei nie uit oor hoe almal die reg op regverdige arbeidspraktyke met
                betrekking tot MIV/Vigs het nie.
          C     Dit bevat die daaglikse werksure van werknemers.
          D     Dit bevat algemene riglyne oor hoe werkgewers, werknemers en
                vakbonde op MIV/Vigs in die werksplek behoort te reageer.                        (1)

 1.2      Wie is verantwoordelik vir die voorsiening van PBT ('PPE') in die werks-
          winkel?

          A     Werknemer
          B     Skoonmakers
          C     Voorman
          D     Werkgewer                                                                        (1)

 1.3      Die funksie van die vingerbeskermer in die kragaangedrewe guillotine is om
          te voorkom dat die operateurs ...

          A     onder die ankerstawe reik.
          B     aan draaiende onderdele raak.
          C     se klere in die masjien vasgevang word.
          D     die werkstuk buig.                                                            (1)

 1.4      FIGUUR 1.4 hieronder toon 'n vonktoets wat uitgevoer word. Identifiseer die
          tipe materiaal met verwysing na die vonkpatroon.

                                              FIGUUR 1.4

          A     Koper
          B     Geelkoper
          C     Hoëkoolstofstaal
          D     Aluminium-allooi                                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering     4                        DBE/November 2025
                                           NSS Vertroulik

 1.5      Die verhardingstemperatuur hang van die ... van die staal af.

          A       koolstofinhoud
          B       smeebaarheid
          C       grootte
          D       gewig                                                                       (1)

 1.6      Wat bepaal die eienskappe van staal gedurende hittebehandeling?

          A       Die smeltpunt
          B       Tipe korrelstruktuur
          C       Die waterinhoud van die metaal
          D       Die gesmelte toestand van die metaal                                        (1)
                                                                                              [6]

 VRAAG 2: VEILIGHEID (GENERIES)

 2.1      Noem TWEE sigbare tekens op 'n beseerde                  persoon     wat    'n
          noodhulpverlener in ag moet neem voor behandeling.                                  (2)

 2.2      Noem TWEE veiligheidsmaatreëls wat in ag geneem moet word VOORDAT
          boogsweiswerk uitgevoer kan word.                                                   (2)

 2.3      Noem TWEE veiligheidsmaatreëls wat nagekom moet word VOORDAT 'n
          draagbare hoekslyper aangeskakel word.

          (LET WEL: Daar is reeds aan alle PBT ('PPE') aandag gegee.)                         (2)

 2.4      Noem TWEE veiligheidsmaatreëls wanneer oksiasetileengassilinders
          hanteer word.                                                                       (2)

 2.5      Noem EEN nadeel van die produkuitleg.                                               (1)

 2.6      Noem EEN algemene plig wat elke werknemer volgens die Wet op Beroeps-
          gesondheid en Veiligheid (BGV), 1993 (Wet 85 van 1993) in die werksplek
          moet nakom.                                                                            (1)
                                                                                                 [10]

 VRAAG 3: MATERIALE (GENERIES)

 3.1      Wat sal die effek op die volgende materiale wees wanneer 'n buigtoets
          uitgeoefen word?

          3.1.1        Sagte staal                                                               (1)

          3.1.2        Hoëkoolstofstaal                                                          (1)

 3.2      Wat is die doel van hittebehandeling van metale?                                       (1)

 3.3      Noem DRIE blusmediums wat in die hittebehandeling van staal gebruik
          word.                                                                                  (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering     5                      DBE/November 2025
                                           NSS Vertroulik

 3.4      Watter TWEE metodes word gebruik om 'n klanktoets uit te voer om metale
          te identifiseer?                                                                      (2)

 3.5      Wat is die doel van dopverharding van staal gedurende hittebehandeling?               (2)

 3.6      Noem TWEE algemene metodes van dopverharding.                                         (2)

 3.7      Verduidelik die rede vir normalisering van staal gedurende hittebehandeling.          (2)
                                                                                                [14]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering     6                      DBE/November 2025
                                           NSS Vertroulik

 VRAAG 4: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (SPESIFIEK)

 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
 antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (4.1 tot 4.14) in die
 ANTWOORDEBOEK neer, bv. 4.15 E.

 4.1      Identifiseer die draaibankprosedure wat in FIGUUR 4.1 hieronder getoon
          word.

                                              FIGUUR 4.1

          A     Boorwerk
          B     Parallelsnywerk
          C     Karteling
          D     Tapssnywerk                                                                     (1)

 4.2      Identifiseer die KORREKTE stelling rakende 'n veiligheidsmaatreël van 'n
          draaibank nadat dit aangeskakel is:

          A     Los die gereedskap op die draaibank.
          B     Maak die loskop teenaan die werkstuk vas.
          C     Verstel die snybeitel in die beitelhouer.
          D     Gee aandag aan snyvloeistofbeheer.                                              (1)

 4.3      Hoeveel asse word op 'n digitale afleesstelsel (DUL) op 'n freesmasjien
          vertoon?

          A     2
          B     3
          C     4
          D     5                                                                           (1)

 4.4      Waar moet 'n tegnikus die inligting in 'n RNB-freesmasjien invoer nadat die
          instruksieprogrammering voltooi is?

          A     Werkskaart
          B     Skootrekenaar
          C     Gelokaliseerde SVE ('CPU')
          D     Tekening                                                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering     7                      DBE/November 2025
                                           NSS Vertroulik

 4.5      Wanneer 'n momenttoetser gebruik word, hoe moet dit versorg word?

          A     Alle moere en boute moet behoorlik vas wees.
          B     Los alle massastukke buite.
          C     Voeg massastukke vinnig by.
          D     Stoor die toerusting in 'n klam area.                                       (1)

 4.6      Identifiseer die tipe instrument wat in FIGUUR 4.6 hieronder getoon word.

                                              FIGUUR 4.6

          A     Skroefdraadmikrometer
          B     Dieptemikrometer
          C     Noniuspasser
          D     Noniushoogtemeter                                                           (1)

 4.7      Watter terminologie word gebruik om die lasdraende kapasiteit van 'n stelsel
          buite die verwagte of werklike laste te beskryf?

          A     Young se modulus
          B     Eweredigheidsgrens
          C     Veiligheidsfaktor
          D     Breekspanning                                                               (1)

 4.8      Vervorming is die verhouding tussen die oorspronklike lengte en die
          verandering in lengte, dus het dit geen … nie.

          A     eenheid
          B     spanning
          C     krag
          D     lengte                                                                      (1)

 4.9      Die wrywingskoëffisiënt tussen twee materiale in relatiewe glywerking kan
          van … afhang.

          A     lugverhouding
          B     die beskikbare spasie
          C     temperatuur
          D     hardheid                                                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering     8                     DBE/November 2025
                                           NSS Vertroulik

 4.10      Wat word gebruik om 'n koolstofveselversterkte plastiek te vorm?

           A     Suur
           B     Grafietghries
           C     Olie
           D     Epoksiehars                                                                   (1)

 4.11      Wat is die ingeslote hoek vir metrieke V-skroefdraad?

           A     55°
           B     60°
           C     65°
           D     70°                                                                           (1)

 4.12      Die helikshoek is die hoek wat die draad met 'n lyn … die as van die
           skroefdraad maak.

           A     onder
           B     bo
           C     parallel met
           D     loodreg met                                                                   (1)

 4.13      Watter komponent sal jy in 'n filter vind?

           A     Sif
           B     Lemme
           C     Klippe
           D     Glas                                                                          (1)

 4.14      Pneumatika is die werksterrein waar ... gebruik word om werk te doen.

           A     stoom
           B     olie
           C     saamgeperste lug
           D     water                                                                         (1)
                                                                                               [14]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering     9                              DBE/November 2025
                                           NSS Vertroulik

 VRAAG 5: TERMINOLOGIE (DRAAIBANK EN FREESMASJIEN) (SPESIFIEK)

 5.1      Noem TWEE nadele van die sny van 'n taps op 'n draaibank met gebruik van
          die loskopoorstellingsmetode.                                                             (2)

 5.2      FIGUUR 5.2 hieronder toon 'n taps met 'n ingeslote hoek van 6° wat tussen
          twee senters gemasjineer moet word.

                                                        510               80

                                     80

                                                         6°
                     Ø102
                                                                                   d

                                                 FIGUUR 5.2

           Bereken die volgende:

          5.2.1             Die klein diameter (d) van die taps                                     (4)

          5.2.2             Die oorstelling van die loskop wat nodig is om die taps te sny          (3)

 5.3      Bereken die volgende afmetings vir 'n parallelspy geskik vir 'n 210 mm
          diameter as wat in 'n masjien gebruik moet word:

          5.3.1             Wydte                                                                   (2)

          5.3.2             Dikte                                                                   (2)

          5.3.3             Lengte                                                                  (2)

 5.4      Noem TWEE gevolge van 'n ongebalanseerde werkstuk op 'n draaibank.                        (2)

 5.5      Noem EEN nadeel van opfreeswerk.                                                          (1)
                                                                                                    [18]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 10

Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering    10                      DBE/November 2025
                                           NSS Vertroulik

 VRAAG 6: TERMINOLOGIE (INDEKSERING) (SPESIFIEK)

 6.1      'n Reguittandrat met 'n steeksirkeldiameter van 240 mm en 'n module van 3
          moet gesny word.

          Bereken die volgende:

          6.1.1         Sirkelsteek                                                            (2)

          6.1.2         Aantal tande                                                           (3)

          6.1.3         Dedendum                                                               (2)

 6.2     FIGUUR 6.2 hieronder toon 'n interne swaelstertonderdeel.

                                                       W

                                   y
                           E             D
                                   60°                                  60°
               h = 35          B
                                                                                    8
                                   α                                     α
                               C         A
                                   x                  250                x      8
                                                       M

                                             FIGUUR 6.2

          Bereken die volgende:

          6.2.1         Maksimum wydte-afstand (W) van die swaelstert                          (6)

          6.2.2         Afstand (M) oor die presisierollers                                    (6)

 6.3      'n Reguittandrat met 97 tande moet vir 'n kliënt vervaardig word.
          Die verdeelkop wat gebruik word, het 'n verhouding van 40 : 1.

          WENK: Gebruik A = 100 verdelings vir die eenvoudige indeksering.

          Bereken die volgende:

          6.3.1         Indeksering wat benodig word                                           (3)

          6.3.2         Wisselratte wat vereis word                                            (5)

 6.4      Watter tipe kode word gedurende RNB-freeswerksaamhede gebruik?                       (1)
                                                                                               [28]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering    11                            DBE/November 2025
                                           NSS Vertroulik

 VRAAG 7: GEREEDSKAP EN TOERUSTING (SPESIFIEK)

 7.1      Noem EEN beginsel om die hardheid van materiale te meet.                                   (1)

 7.2      FIGUUR 7.2 hieronder toon 'n induiking gedurende 'n Brinell-hardheidstoets.
          Benoem A–D.

                                                    C
                                            B
                                        A
                                                                 Diepte

                                                    D

                                              FIGUUR 7.2                                          (4)

 7.3      Bereken die diepte van 'n V-skroefdraad met 'n steek van 2,5 mm.                        (2)

 7.4      FIGUUR 7.4 hieronder toon 'n skroefdraadmikrometer. Benoem A–D.

                                    A

                                                            B
                                                                          C    D

                                              FIGUUR 7.4                                             (4)

 7.5      Bepaal die lesing van die dieptemikrometer in FIGUUR 7.5 hieronder getoon.

                                                            40
                               15             10
                                                            45
                                                            0

                                              FIGUUR 7.5                                             (2)
                                                                                                     [13]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering    12                     DBE/November 2025
                                           NSS Vertroulik

 VRAAG 8: KRAGTE (SPESIFIEK)

 8.1      FIGUUR 8.1 hieronder toon 'n stelsel van kragte met vier trekkragte wat op
          dieselfde punt inwerk.

          WENK: Teken en voltooi die diagram in FIGUUR 8.1. Toon AL die
                horisontale en vertikale komponente voordat jy die berekeninge
                doen.

                                  150 N
                                                            120 N
                                                  60º
                                     60º

                                                            75 N

                                                45 N

                                              FIGUUR 8.1

          Bereken die volgende:

          8.1.1       Som van die horisontale komponente en die som van die vertikale
                      komponente                                                               (8)

          8.1.2       Grootte van die resultant                                                (2)

          8.1.3       Hoek en rigting van die resultant                                        (3)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering    13                            DBE/November 2025
                                           NSS Vertroulik

 8.2      FIGUUR 8.2 hieronder toon 'n eenvormige balk wat deur twee vertikale
          steunpunte, A en B, ondersteun word. TWEE vertikale puntbelastings en
          EEN eenvormig verspreide las (EVL) word op die balk uitgeoefen.

                     155 N                                             90 N
                                                 10,5 m                   1,5 m
                                                14 N/m

                      A                                                        B
                                                 FIGUUR 8.2

          Bereken die volgende:

          8.2.1       Die puntbelasting wat die EVL verteenwoordig                                      (2)

          8.2.2       Die reaksies in steunpunte A en B                                                 (7)

 8.3      FIGUUR 8.3         hieronder      toon    'n    spanning-vormverandering-diagram.
          Benoem A–C.

                                                             C
                                                B
                                            A

                                 Spanning
                                                         Strekgrens/
                                                         Meegeepunt

                                                Vormverandering
                                                 FIGUUR 8.3                                             (3)

 8.4      'n Trekspanning van 28,56 MPa word in 'n 45 mm ronde geelkoperstaaf
          voortgebring. Die oorspronklike lengte van die staaf is 350 mm en Young se
          modulus vir geelkoper is 90 GPa.

          Bereken die volgende:

          8.4.1       Die las wat op die geelkoperstaaf in Newton toegepas word                         (5)

          8.4.2       Die verandering in lengte in millimeter indien die vervorming wat
                      deur die las veroorsaak word 0,0003 is                                            (3)
                                                                                                        [33]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 14

Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering    14                         DBE/November 2025
                                           NSS Vertroulik

 VRAAG 9: INSTANDHOUDING (SPESIFIEK)

 9.1      Voltooi die volgende definisie vir termoplastiek deur die ontbrekende
          woorde neer te skryf. Skryf slegs die woorde langs die vraagnommers
          (9.1.1 tot 9.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.

          Termoplastiek kan (9.1.1) ... word en gevolglik op verskillende maniere
          (9.1.2) ... word. Hierdie tipe plastiek kan (9.1.3) ... word omdat dit sag word
          wanneer dit (9.1.4) ... word en verhard tydens afkoeling.                               (4)

 9.2      Gee die rede vir die uitvoer van verstellings en onderdeelvervanging
          gedurende voorkomende instandhouding.                                                   (1)

 9.3      Noem DRIE tipes termoverhardende samestellings.                                         (3)

 9.4      Noem VIER tipes termoplastiese samestellings.                                           (4)

 9.5      Noem DRIE           voorkomende       instandhoudingsmaatreëls    op   ketting-
          aandrywings.                                                                            (3)

 9.6      Watter tipe samegestelde materiaal word gebruik om die volgende produkte
          te vervaardig?

          9.6.1       Busse                                                                       (1)

          9.6.2       Braaipan-deklae                                                             (1)

          9.6.3       Verdelerrotors                                                              (1)
                                                                                                  [18]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering    15                   DBE/November 2025
                                           NSS Vertroulik

 VRAAG 10: HEGTINGSMETODES (SPESIFIEK)

 10.1     Noem wat die volgende terme in 'n M24 x 2,75-skroefdraad voorstel:

          10.1.1      M                                                                      (1)

          10.1.2      24                                                                     (1)

          10.1.3      2,75                                                                   (1)

 10.2     'n Tweevoudige vierkantskroefdraad moet op 'n draaibank gesny word. Die
          styging van die skroefdraad is 36 mm en die kruindiameter is 70 mm. Die
          vryloophoek moet 3° wees.

          Bereken die volgende:

          10.2.1      Steekdiameter                                                          (5)

          10.2.2      Helikshoek van die skroefdraad                                         (3)

          10.2.3      Ingryphoek                                                             (2)

          10.2.4      Sleephoek                                                              (2)

 10.3     Benoem dele A–C van die V-skroefdraad wat in FIGUUR 10.3 hieronder
          getoon word.

                                                            B
                                               A

                                                                         C

                                             FIGUUR 10.3                                     (3)
                                                                                             [18]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 16

Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering    16                    DBE/November 2025
                                           NSS Vertroulik

 VRAAG 11: STELSELS EN BEHEER (AANDRYWINGSTELSELS) (SPESIFIEK)

 11.1     FIGUUR 11.1 hieronder toon 'n hidrouliese stelsel.

                         220 N

                                                             MASSA

                                PLUNJER
                                d = 25 mm

                                                              RAM     D = 100 mm
                                         VLOEISTOF

                                               FIGUUR 11.1

          Bereken die volgende:

          11.1.1      Die area van die ram                                                    (2)

          11.1.2      Die massa in kg wat deur die hidrouliese hyser (ram) gelig kan
                      word indien die druk in die stelsel 6,36 MPa is                         (5)

 11.2     Noem TWEE komponente behalwe die ram, plunjer en hidrouliese vloeistof
          (olie) wat in 'n hidrouliese stelsel gebruik word.                                  (2)

 11.3     Noem EEN basiese pompontwerp wat in hidrouliese stelsels gebruik word.              (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 17

Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering    17                           DBE/November 2025
                                           NSS Vertroulik

 11.4     Die bandaandryfstelsel van 'n kompressor word in FIGUUR 11.4 hieronder
          getoon. Die trekkrag in die stywe kant van die band is 450 N. Die verhouding
          tussen die trekkrag in die stywe kant en die trekkrag in die slap kant is
          2,5 : 1. (Banddikte kan geïgnoreer word.)

             Elektriese motor                                         Kompressorkatrol

                                                        T1

                                                        T2

                                                                          NGD = ?
                                                                          DGD = 375 mm

                            NDR = 22 r/s
                                                             Spankatrol
                            DDR = 85 mm
                                             FIGUUR 11.4

          Bereken die volgende:

          11.4.1      Die rotasiefrekwensie van die gedrewe katrol op die kompressor
                      in r/s                                                                        (3)

          11.4.2      Die drywing oorgedra in kW                                                    (5)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 18

Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering    18                          DBE/November 2025
                                           NSS Vertroulik

 11.5     FIGUUR 11.5 hieronder toon 'n rataandryfstelsel in 'n ratkas.

                                              TD = 70       TE = 60
                             TA = 30

                Inset-as
             NA = 95 r/min

                                                                           Uitset-as
                             TB = 50         TC = 25
                                                                 NF = ?
                                                                 TF = 85

                                             FIGUUR 11.5

          Bereken die volgende:

          11.5.1      Die rotasiefrekwensie van die uitset-as in r/min                          (4)

          11.5.2      Die spoedverhouding                                                       (3)

 11.6     William pas 'n krag van 750 N op 'n hefboom toe. Die wringkrag is 712,5 Nm
          wat deur dié krag veroorsaak word. Bereken die lengte van die hefboom.                (3)
                                                                                                [28]

                                                                               TOTAAL:          200

Kopiereg voorbehou

### Page 19

Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering     1                            DBE/November 2025
                                           NSS Vertroulik

                        FORMULEBLAD VIR MEGANIESE TEGNOLOGIE:
                               PASWERK EN MASJINERING

 1.        BANDAANDRYWINGS

                          πDN
 1.1       Bandspoed =
                           60

                          π ( D + t )× N
 1.2       Bandspoed =                        (t = banddikte)
                                60

 1.3       Bandmassa = Area × Lengte × Digtheid         (A = dikte × wydte)

                                  Diameter van gedrewe katrol
 1.4       Spoedverhouding =
                                    Diameter van dryfkatrol

 1.5       Bandlengte (plat) = [(D + d) × 1,57] + (2 × senterafstand)

                           π (D + d ) (D + d )
                                                   2
 1.6       Oopbandlengte =           +         + 2c
                               2         4c

                                  π (D + d ) (D + d )
                                                         2
 1.7       Gekruiste bandlengte =           +         + 2c
                                      2         4c

           Drywing (P) =
                           (T1 − T2 ) π D N
 1.8
                                  60

          Waar:
                           T1 =     krag in die stywe kant
                           T2 =     krag in die slap kant
                      T1 – T2 =     effektiewe trekkrag (Te)

                                                             T1
 1.9       Verhouding tussen stywe kant en slap kant =
                                                             T2

                              T1
 1.10      Wydte =
                     Toelaatbare trekkrag

 1.11      NDR × DDR = NGD × DGD

 1.12      Wringkrag = Krag × Radius

 1.13      Drywing (P) = 2 π N T
                             60

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 20

Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering     2                                   DBE/November 2025
                                           NSS Vertroulik

 2.        SPANNING EN VORMVERANDERING

                   πd2
 2.1       Aas =
                    4

 2.2       Apyp =
                      (
                     π D2 − d 2    )
                         4

                                       Maksimum spanning / Breekspanning
 2.3       Veiligheidsfaktor =
                                             Veilige werkspanning

                            Krag                                                F
 2.4       Spanning =                                          OF          σ=
                            Area                                                A

                             Verandering in lengte                              ΔL
 2.5       Vervorming =                                        OF          ε=
                             Oorspronklike lengte                               oL

                                        Spanning                                 σ
 2.6       Young se modulus =                                  OF          E=
                                       Vervorming                                ε

 3.        HIDROULIKA

                     Krag                                                       F
 3.1       Druk =                                              OF          P=
                     Area                                                       A

 3.2       Volume = Area × Slaglengte               (l of s)

 3.3       Arbeid verrig = Krag × Afstand

 3.4       PA = PB

           FA  F
 3.5          = B
           AA  AB

 4.        RATAANDRYWING

 4.1       Drywing (P) = 2 π N T
                                60

                                Produk van tande op gedrewe rat                                     N inset
 4.2       Ratverhouding =                                            OF        Spoedverhouding =
                                  Produk van tande op dryfrat                                       N uitset

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 21

Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering     3                             DBE/November 2025
                                           NSS Vertroulik

           N inset    Produk van tande op gedrewe rat
 4.3                =
           N uitset     Produk van tande op dryfrat

 4.4       NA × T A = NB × T B

 4.5       Wringkrag = Krag × Radius

 4.6       Wringkrag oorgedra = Ratverhouding × Insetwringkrag

                      Steeksirkeldiameter                                 SSD
 4.7       Module =                                             OF   m=
                         Aantal tande                                      T

                                   Sirkelsteek × Aantal tande                  SS × T
 4.8       Steeksirkeldiameter =                                OF     SSD =
                                               π                                 π

 4.9       Buitediameter (BD) = SSD + 2(m)

 4.10      Addendum = Module                                    OF   a=m

 4.11      Dedendum (b) = 1,157 × m                             OF   Dedendum (b) = 1,25 × m

 4.12      Snydiepte (h) = 2,157 × m                            OF   Snydiepte (h) = 2,25 × m

 4.13      Vry ruimte (c) = 0,157 × m                           OF   Vry ruimte (c) = 0,25 × m

 4.14      Sirkelsteek (SS) = m × π

 4.15      Werkdiepte (WD) = 2 × m                              OF   Werkdiepte (WD) = 2 × a

 5.        SPYGLEUWE

 5.1                        D
           Wydte (W) =
                            4

 5.2                    D
           Dikte (T)=
                        6

 5.3       Lengte (L) = 1,5 × D

          Waar:
                        D = Diameter van as

 5.4       Standaardtaps vir tapse spy: 1 in 100 of 1 : 100

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 22

Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering     4                                   DBE/November 2025
                                           NSS Vertroulik

 6.        CINCINNATI-VERDEELKOPTABEL VIR FREESMASJIEN

                                                      Gatsirkels
        Kant 1       24        25        28      30       34        37    38    39    41     42     43
        Kant 2       46        47        49      51       53        54    57    58    59     62     66
                                                      Wisselratte
       Ratte      24 × 2       28        32      40       44        48    56    64    72     86     100

                              40
 6.1       Indeksering =                   (n = aantal indelings)
                              n

            Dr   A − n 40                                                      Dr             40
 6.2           =      ×                                              OF           = (A − n) ×
            Gd    A     1                                                      Gd             A

          Waar:
                     A =       gekose aantal indelings
                     n =       werklike aantal indelings

 7.        SWAELSTERTE

          Waar:
                     R =       Radius van presisieroller
                     y =       Afstand vanaf boonste rand van swaelstert in verhouding met onderste
                               hoek van swaelstert
                     x    =    Afstand vanaf middel van presisieroller tot onderste hoek van swaelstert
                     θ    =    Ingeslote hoek van swaelstert (gewoonlik 60°)
                     h    =    Hoogte van swaelstert
                     w    =    Minimum wydte van swaelstert
                     W    =    Maksimum wydte van swaelstert
                     m    =    Afstand tussen rollers
                     M    =    Afstand oor rollers

 8.        TAPSE

                 θ D-d
 8.1       tan    =                   (l = Tapslengte)
                 2 2×l

                                    L (D - d )
 8.2       Loskopoorstelling =                   (L = Afstand tussen senters)
                                       2×l

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 23

Meganiese Tegnologie: Paswerk en Masjinering     5                          DBE/November 2025
                                           NSS Vertroulik

 9.        SKROEFDRADE

                                                                                        P
 9.1       Gemiddelde diameter = Buitediameter – (½ × Steek)     OF         Dm = BD −
                                                                                        2

 9.2       Effektiewe Diameter (Deff) = Steekdiameter (Dp) = Gemiddelde diameter (Dm)

 9.3       Styging = Steek × Aantal beginne

 9.4       Hoogte van skroefdraad = 0,866 × Steek (P)

 9.5       Diepte van skroefdraad = 0,613 × Steek (P)

 9.6       Helikshoek: Tan θ = Styging
                                     π × Dm

 9.7       Ingryphoek/Voorsnyhoek = 90° ‒ (Helikshoek + Vryloophoek)

 9.8       Sleephoek/Nasnyhoek = 90° + (Helikshoek – Vryloophoek)

 9.9       DP = DN – (0,866 × P)

 10.       PYTHAGORAS SE STELLING EN TRIGONOMETRIE

                                 r
          y

                                     𝜽𝜽
                             x

                     y
 10.1      Sin θ =
                     r

                     x
 10.2      Cos θ =
                     r

                         y
 10.3      Tan θ =
                         x

 10.4      r 2 = x2 + y2

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Mechanical Technology Nov 2023 (Fitting and Machining) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2023-fitting-and-machining-afr/ec5f897b-937f-4bae-aad9-e566a280b360) — Mechanical Technology · QP · 2023 · Afr
- [Mechanical Technology Nov 2023 (Automotive) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2023-automotive-afr/b8922567-d93f-4dcd-9279-3b4c4bd034b9) — Mechanical Technology · QP · 2023 · Afr
- [Mechanical Technology Nov 2023 (Welding & Metal Work) Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2023-welding-metal-work-eng/b9535038-8936-48a1-afcd-0ab67f8f03aa) — Mechanical Technology · QP · 2023 · Eng
- [Mechanical Technology Nov 2023 (Automotive) Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2023-automotive-eng/5f5706ce-d5c1-4862-ad58-e58260ec3dad) — Mechanical Technology · QP · 2023 · Eng
- [Mechanical Technology Nov 2023 (Welding & Metal Work) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2023-welding-metal-work-afr/cad6695c-dbf0-406d-a72d-78edaf6ce649) — Mechanical Technology · QP · 2023 · Afr
- [Mechanical Technology Nov 2022 (Welding Metalwork) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2022-welding-metalwork-afr/0866c8b7-97a6-4c57-9f66-74ebecc68f37) — Mechanical Technology · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Mechanical Technology

- [Gr 12 Weld Met ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-weld-met-atp-2023-24/8ecc8de5-c625-4611-9b94-1f3fd325e05d) — ATP
- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2024 (Welding & Metalwork) Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2024-welding-metalwork-afrikaans/aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882) — Memo · 2024 · Afr
- [MECHANICAL TECH (Auto) GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-auto-gr12-memo-sept2024-afrikaans/2f874dd1-8c03-49a9-8c70-41ac528693d0) — Memo · 2024 · Afr
- [MECH TECH MEMO GR12 SEPT Fitting English](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-memo-gr12-sept-fitting-english/6c8e4f19-8a49-43c9-a4af-dbf620595837) — Memo · 2024 · Eng
- [Mechanical Technology Nov 2024 (Fitting and Machining) MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2024-fitting-and-machining-mg-eng/ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594) — Memo · 2024 · Eng
- [Mechanical Technology May-June 2024 (Fitting and Machining) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-mechanical-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-afrikaans/03c703c8-8125-4d5a-a124-37013b381c7a) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
