# Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2025 QP (Afr)

> Grade 12 Mechanical Technology question paper from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-mechanical-technology-2025-nsc-november-exam-question-paper/c159c41c-3835-4ece-821f-ea36790b1bb1
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Mechanical Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mechanical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mechanical-technology) › [Mechanical Technology Grade 12 NSC November 2025 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-mechanical-technology-2025-nsc-november-exam-question-paper/c159c41c-3835-4ece-821f-ea36790b1bb1)

## About this document

Mechanical Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2025. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                     MEGANIESE TEGNOLOGIE: MOTORKUNDE

                                NOVEMBER 2025

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye en 'n 2 bladsy-formuleblad.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Meganiese Tegnologie: Motorkunde               2                           DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.         Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die ruimtes wat op die
            ANTWOORDEBOEK verskaf word.

 2.         Lees AL die vrae noukeurig deur.

 3.         Beantwoord AL die vrae.

 4.         Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
            vraestel gebruik is.

 5.         Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

 6.         Toon ALLE berekeninge en eenhede. Rond finale antwoorde tot TWEE
            desimale plekke af.

 7.         Kandidate mag nieprogrammeerbare wetenskaplike sakrekenaars en
            tekeninstrumente gebruik.

 8.         Die waarde van gravitasieversnelling moet as 9,81 m/s2 of 10 m/s2 geneem
            word.

 9.         ALLE afmetings is in millimeter, tensy anders in die vraag aangedui.

 10.        Skryf netjies en leesbaar.

 11.        'n Formuleblad is aan die einde van die vraestel aangeheg.

 12.        Gebruik die kriteria hieronder om jou met jou tydsbestuur te help.

      VRAAG                        INHOUD                          PUNTE         TYD IN MINUTE
                                 GENERIES
        1        Meervoudigekeuse-vrae                                6                 6
        2        Veiligheid                                           10                10
        3        Materiale                                            14                14
                                 SPESIFIEK
        4        Meervoudigekeuse-vrae                                14                10
        5        Gereedskap en Toerusting                             23                20
        6        Enjins                                               28                25
        7        Kragte                                               32                25
        8        Instandhouding                                       23                20
        9        Stelsels en Beheer (Outomatiese Ratkas)              18                20
                 Stelsels en Beheer (Asse, Stuurgeometrie en
       10                                                             32                30
                 Elektronika)
                                                    TOTAAL           200               180

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Meganiese Tegnologie: Motorkunde              3                           DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (GENERIES)                 2025

 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
 antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.6) in die
 ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.7 E.

 1.1      Watter EEN van die volgende verwys na die goeiegebruikskode oor
          MIV/Vigs en indiensneming?

          A     Werkgewers kan eenvoudig 'n persoon wat MIV/Vigs het, afdank.
          B     Dit brei nie uit oor hoe almal die reg op regverdige arbeidspraktyke met
                betrekking tot MIV/Vigs het nie.
          C     Dit bevat die daaglikse werksure van werknemers.
          D     Dit bevat algemene riglyne oor hoe werkgewers, werknemers en
                vakbonde op MIV/Vigs in die werksplek behoort te reageer.                        (1)

 1.2      Wie is verantwoordelik vir die voorsiening van PBT ('PPE') in die werks-
          winkel?

          A     Werknemer
          B     Skoonmakers
          C     Voorman
          D     Werkgewer                                                                        (1)

 1.3      Die funksie van die vingerbeskermer in die kragaangedrewe guillotine is om
          te voorkom dat die operateurs ...

          A     onder die ankerstawe reik.
          B     aan draaiende onderdele raak.
          C     se klere in die masjien vasgevang word.
          D     die werkstuk buig.                                                               (1)

 1.4      FIGUUR 1.4 hieronder toon 'n vonktoets wat uitgevoer word. Identifiseer die
          tipe materiaal met verwysing na die vonkpatroon.

                                           FIGUUR 1.4

          A     Koper
          B     Geelkoper
          C     Hoëkoolstofstaal
          D     Aluminium-allooi                                                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Meganiese Tegnologie: Motorkunde                4                         DBE/November 2025
                                          NSS Vertroulik

 1.5      Die verhardingstemperatuur hang van die ... van die staal af.

          A       koolstofinhoud
          B       smeebaarheid
          C       grootte
          D       gewig                                                                         (1)

 1.6      Wat bepaal die eienskappe van staal gedurende hittebehandeling?

          A       Die smeltpunt
          B       Tipe korrelstruktuur
          C       Die waterinhoud van die metaal
          D       Die gesmelte toestand van die metaal                                          (1)
                                                                                                [6]

 VRAAG 2: VEILIGHEID (GENERIES)

 2.1      Noem TWEE sigbare tekens op 'n beseerde                  persoon     wat    'n
          noodhulpverlener in ag moet neem voor behandeling.                                    (2)

 2.2      Noem TWEE veiligheidsmaatreëls wat in ag geneem moet word VOORDAT
          boogsweiswerk uitgevoer kan word.                                                     (2)

 2.3      Noem TWEE veiligheidsmaatreëls wat nagekom moet word VOORDAT 'n
          draagbare hoekslyper aangeskakel word.

          (LET WEL: Daar is reeds aan alle PBT ('PPE') aandag gegee.)                           (2)

 2.4      Noem TWEE veiligheidsmaatreëls wanneer oksiasetileengassilinders
          hanteer word.                                                                         (2)

 2.5      Noem EEN nadeel van die produkuitleg.                                                 (1)

 2.6      Noem EEN algemene plig wat elke werknemer volgens die Wet op Beroeps-
          gesondheid en Veiligheid (BGV), 1993 (Wet 85 van 1993) in die werksplek
          moet nakom.                                                                           (1)
                                                                                                [10]

 VRAAG 3: MATERIALE (GENERIES)

 3.1      Wat sal die effek op die volgende materiale wees wanneer 'n buigtoets
          uitgeoefen word?

          3.1.1        Sagte staal                                                              (1)

          3.1.2        Hoëkoolstofstaal                                                         (1)

 3.2      Wat is die doel van hittebehandeling van metale?                                      (1)

 3.3      Noem DRIE blusmediums wat in die hittebehandeling van staal gebruik
          word.                                                                                 (3)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Meganiese Tegnologie: Motorkunde            5                           DBE/November 2025
                                      NSS Vertroulik

 3.4      Watter TWEE metodes word gebruik om 'n klanktoets uit te voer om metale
          te identifiseer?                                                                     (2)

 3.5      Wat is die doel van dopverharding van staal gedurende hittebehandeling?              (2)

 3.6      Noem TWEE algemene metodes van dopverharding.                                        (2)

 3.7      Verduidelik die rede vir normalisering van staal gedurende hittebehandeling.         (2)
                                                                                               [14]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Meganiese Tegnologie: Motorkunde                6                        DBE/November 2025
                                          NSS Vertroulik

 VRAAG 4: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE (SPESIFIEK)

 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
 antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (4.1 tot 4.14) in die
 ANTWOORDEBOEK neer, bv. 4.15 E.

 4.1      Identifiseer die toets wat in FIGUUR 4.1 hieronder uitgevoer word.

                                                           PERSENTASIE

                                                                Bar

                                                             LUG

                                             FIGUUR 4.1

          A     Kompressietoets
          B     Silinderlekkasietoets
          C     Uitlaatgasanalisetoets
          D     Brandstofdruktoets                                                              (1)

 4.2      Die uitlaatgasanaliseerder moet korrek opgestel word om ... te verseker.

          A     behoorlike ventilasie
          B     akkurate lesings
          C     kleurverandering van die filter
          D     pypblokkasie                                                                    (1)

 4.3      Die ontstekingsorde wat algemeen op sessilinder-vierslagenjins gebruik
          word, is ...

          A     1; 7; 3; 5; 8; 2; 6; 4.
          B     1; 4; 2; 3; 5.
          C     1; 5; 3; 6; 2; 4.
          D     1; 3; 4; 2.                                                                     (1)

 4.4      Waarom moet 'n enjin wat met 'n turboaanjaer toegerus is, vir 'n rukkie luier
          voordat die enjin afgeskakel word?

          A     Om brandstof te bespaar
          B     Om die turboaanjaer te laat afkoel
          C     Om te keer dat die uitlaatgasse die turboaanjaer binnegaan
          D     Om die turboaanjaer 'n mooi klank te gee                                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Meganiese Tegnologie: Motorkunde              7                            DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 4.5      Die definisie van drywing is …

          A     die tempo waarteen arbeid verrig word.
          B     'n krag wat beweging veroorsaak.
          C     die tempo waarteen 'n voorwerp val.
          D     die krag van die enjin.                                                            (1)

 4.6      Die volume wat deur 'n suier verplaas word wanneer dit van ODP na BDP
          beweeg, staan as die ... bekend.

          A     vry volume
          B     kompressievolume
          C     suiervolume
          D     slagvolume                                                                         (1)

 4.7      Watter EEN van die volgende metodes verhoog die kompressieverhouding
          van 'n enjin?

          A     Sit 'n dikker pakstuk tussen die silinderblok en die silinderkop in
          B     Sit suiers met geskikte laer krone in
          C     Sit korter suierstange in
          D     Verhoog die boorgrootte van die silinders                                          (1)

 4.8      Wat is die rede vir 'n hoë koolwaterstoflesing gedurende 'n uitlaatgas-
          analise?

          A     Vakuumlekkasie
          B     Effense arm lug/brandstofverhouding
          C     Vuil of geblokte lugfilter
          D     Geblokte inspuiters                                                                (1)

 4.9      Wat is die rede vir kompressieverlies in 'n binnebrandenjin?

          A     Geblokte silinderkoppakstuk
          B     Lekkende inlaatklep
          C     Foutiewe verkoelerdop
          D     Lekkende uitlaatpyp                                                                (1)

 4.10     Watter ratposisie in 'n outomatiese ratkas skakel 'n sluitstuk in om te
          voorkom dat die kar terugrol?

          A     Vorentoe (D)
          B     Trurat (R)
          C     Neutraal (N)
          D     Parkeer (P)                                                                        (1)

 4.11     Wat is die funksie van die stator in die koppelomsitter?

          A     Pomp die olie deur die ratkas
          B     Skakel wringkrag na drywing om
          C     Verhoog die wringkrag wat deur die enjin gelewer word
          D     Bring die koppelomsitter tot stilstand                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Meganiese Tegnologie: Motorkunde             8                           DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 4.12     Identifiseer die wielsporingshoek 'X' soos in FIGUUR 4.12 hieronder getoon.

                                             X
                      Loodregte lyn                              Krinkspil-
                                                                 middellyn

                                                          Voorkant van voertuig
                Krinkspil

                                                          Padoppervlak

                                         FIGUUR 4.12

          A     Positiewe nasporing
          B     Negatiewe nasporing
          C     Negatiewe wielvlug
          D     Positiewe wielvlug                                                                 (1)

 4.13     'n Funksie van die aanpaspare spoedbeheer is om ...

          A     die voertuig teen 'n konstante spoed te hou.
          B     te verseker dat die wiele bly tol.
          C     te verseker dat die bestuurder wakker bly.
          D     trekkragbeheer te verbeter.                                                        (1)

 4.14     'n Funksie van die krukas-posisioneringsensor (KPS) is om die …

          A     ontstekingsvonk te vervroeg.
          B     krukasposisie na die EBE deur te stuur.
          C     krukas in posisie te hou.
          D     posisie van die kar waar te neem.                                                  (1)
                                                                                                   [14]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Meganiese Tegnologie: Motorkunde             9                           DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 VRAAG 5: GEREEDSKAP EN TOERUSTING (SPESIFIEK)

 5.1      FIGUUR 5.1 hieronder toon 'n kompressietoetser. Benoem A–D.

                                                            B

                                                        C

                                   A              D

                                          FIGUUR 5.1                                            (4)

 5.2      Gee redes waarom ELK van die volgende voorsorgmaatreëls nagekom moet
          word voordat 'n kompressietoets uitgevoer word:

          5.2.1       Gaan na of die enjin teen werkstemperatuur is                             (2)

          5.2.2       Maak rondom die vonkproppe skoon voordat dit verwyder word                (2)

 5.3      Noem die funksie van die silinderlekkasietoets.                                       (2)

 5.4      Verduidelik hoe om die uitlaatgasanaliseerder op 'n voertuig op te stel.              (4)

 5.5      Noem DRIE funksies van 'n aanboord- diagnostiese (ABD) skandeerder.                   (3)

 5.6      Noem DRIE voorafkontroles wat op 'n band uitgevoer word voordat die wiel
          gebalanseer word.                                                                     (3)

 5.7      'n Optiese sporingsmeter word gebruik om wielsporing op 'n voertuig na te
          gaan. Beantwoord die vrae wat volg.

          5.7.1       Noem die deel van die optiese sporingsmeter wat die
                      sporingshoek toon.                                                        (1)

          5.7.2       Noem TWEE voorsorgmaatreëls rakende die plasing van die
                      kontakstawe teen die wiel.                                                (2)
                                                                                                [23]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Meganiese Tegnologie: Motorkunde             10                       DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 VRAAG 6: ENJINS (SPESIFIEK)

 6.1      FIGUUR 6.1 hieronder toon die krukas van 'n viersilinderenjin. Beantwoord
          die vrae wat volg.

                           A

                                                           B
                                                C

                                           FIGUUR 6.1

          6.1.1       Benoem A–C.                                                            (3)

          6.1.2       Wat is die hooffunksie van die krukas?                                 (2)

 6.2      FIGUUR 6.2 hieronder toon 'n onderdeel wat aan die voorkant van die
          krukas in 'n binnebrandenjin aangebring word. Beantwoord die vrae wat
          volg.

                                                               C

                                    B

                                   A

                                                           D

                                           FIGUUR 6.2

          6.2.1       Benoem A–D.                                                            (4)

          6.2.2       Identifiseer die onderdeel getoon.                                     (1)

 6.3      Noem TWEE oorsake van wringtrillings op 'n krukas.                                 (2)

 6.4      Noem die TWEE vuurordes wat op 'n viersilinder-inlynenjin gebruik word.            (2)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Meganiese Tegnologie: Motorkunde             11                            DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 6.5      Identifiseer die tipe silinderuitleg met ELK van die volgende kenmerke:

          6.5.1       Silinders wat almal langs mekaar in 'n ry gerangskik is                    (1)

          6.5.2       Silinders wat in twee spanne aan elke kant van die krukas
                      gerangskik is                                                              (1)

 6.6      Hoeveel kragslae per enjinrewolusie (omwenteling) is daar vir ELK van die
          volgende vierslagenjins?

          6.6.1       V4                                                                         (1)

          6.6.2       V6                                                                         (1)

 6.7      FIGUUR 6.7 hieronder toon hoe 'n turboaanjaer aan 'n binnebrandenjin
          gekoppel is. Beantwoord die vrae wat volg.

                                                B
                                                                       C

                                                                        Turboaanjaer

                                    A

                                        D
                                            FIGUUR 6.7

          6.7.1       Benoem A–D.                                                                (4)

          6.7.2       Noem DRIE voordele van 'n turboaangejaagde enjin in
                      vergelyking met 'n onaangejaagde enjin.                                    (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Meganiese Tegnologie: Motorkunde               12                  DBE/November 2025
                                          NSS Vertroulik

 6.8      FIGUUR 6.8 hieronder toon 'n wiek-tipe superaanjaer. Benoem A–C.

                                                           B
                             Inlaat

                            Hulsel

                                                               C

                                      A

                                             FIGUUR 6.8                                   (3)
                                                                                          [28]

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 13

Meganiese Tegnologie: Motorkunde             13                        DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 VRAAG 7: KRAGTE (SPESIFIEK)

 7.1      Verduidelik die volgende terme ten opsigte van 'n binnebrandenjin:

          7.1.1       Aangeduide drywing                                                      (2)

          7.1.2       Kompressieverhouding                                                    (2)

 7.2      Die boor van 'n enjin is 70 mm en die slaglengte is 80 mm. Die
          kompressieverhouding is 9 : 1.

          Bereken die volgende:

          7.2.1       Die slagvolume in cm3                                                   (3)

          7.2.2       Die vry volume in cm3                                                   (3)

          7.2.3       Die nuwe slagvolume indien die kompressieverhouding na 10 : 1
                      verhoog word                                                            (3)

          7.2.4       Die nuwe diameter van die boor in mm indien die vry volume
                      onveranderd bly                                                         (4)

 7.3      Die volgende data is opgeteken gedurende 'n toets wat op 'n vierslag-
          viersilinderpetrolenjin uitgevoer is:

          Gemiddelde effektiewe druk:     1 800 kPa
          Boordiameter:                   110 mm
          Slaglengte:                     150 mm
          Remarmlengte:                   840 mm
          Skaallesing:                    75 kg
          Enjinspoed gedurende toets:     1 200 r/min

          Bereken die volgende:

          7.3.1       Wringkrag in Nm                                                         (3)

          7.3.2       Aangeduide drywing in kW                                                (7)

          7.3.3       Remdrywing in kW                                                        (3)

          7.3.4       Meganiese doeltreffendheid                                              (2)
                                                                                              [32]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

Meganiese Tegnologie: Motorkunde              14                          DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

 VRAAG 8: INSTANDHOUDING (SPESIFIEK)

 8.1      Benewens koolwaterstof (HC), noem DRIE ander gasse wat deur 'n
          uitlaatgasanaliseerder geanaliseer kan word.                                           (3)

 8.2      TABEL 8.2 hieronder toon die uitslag van 'n silinderlekkasietoets. Voltooi die
          tabel deur slegs die vraagnommers (8.2.1 tot 8.2.5) en die antwoorde in die
          ANTWOORDEBOEK neer te skryf.

                                         MOONTLIKE                  REGSTELLENDE
                     FOUT
                                          OORSAAK                     MAATREËL
         Sisgeluid by
                                            8.2.1                       8.2.2
         luginlaat
                 8.2.3             Lekkende uitlaatklep                   8.2.4
                                   Geblaasde silinderkop-   Skil die silinderkop en
                  8.2.5
                                   pakstuk                  vervang silinderkoppakstuk
                                           TABEL 8.2                                             (5)

 8.3      Na 'n kompressietoets op 'n binnebrandenjin, het die uitslae lae
          kompressiedruk in een van die silinders getoon. Beantwoord die vrae wat
          volg.

          8.3.1        Noem DRIE moontlike oorsake van die lae kompressiedruk.                   (3)

          8.3.2        Verduidelik kortliks hoe die nat kompressietoets uitgevoer word.          (3)

 8.4      Noem DRIE vervaardigerspesifikasies wat benodig word wanneer 'n
          oliedruktoets op 'n enjin uitgevoer word.                                              (3)

 8.5      Noem 'n regstellende maatreël vir ELK van die volgende foute wanneer
          'n brandstofdruktoets uitgevoer word:

          8.5.1        Druk wat brandstofpomp verlaat, is te laag                                (1)

          8.5.2        Te hoë brandstofdruk in die gemeenskaplike leiding                        (1)

 8.6      Noem VIER plekke waar die verkoelmiddel kan lek wanneer 'n
          verkoelingsdruktoets uitgevoer word.                                                   (4)
                                                                                                 [23]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Meganiese Tegnologie: Motorkunde                15                          DBE/November 2025
                                           NSS Vertroulik

 VRAAG 9: STELSELS EN BEHEER (OUTOMATIESE RATKAS) (SPESIFIEK)

 9.1      FIGUUR 9.1 hieronder toon 'n uitskuifaansig van 'n koppelomsitter.
          Beantwoord die vrae wat volg.

                                       A      B             C       D

                                              FIGUUR 9.1

          9.1.1       Benoem A–D.                                                                  (4)

          9.1.2       Noem DRIE funksies van die koppelomsitter in 'n outomatiese
                      ratkas.                                                                      (3)

 9.2      FIGUUR 9.2 hieronder toon 'n enkel episikliese ratstelsel. Beantwoord die
          vrae wat volg.

                            B

                                                                       C
                                   A

                                                                   D

                                              FIGUUR 9.2

          9.2.1       Benoem A–D.                                                                  (4)

          9.2.2       Verduidelik hoe trurat in hierdie ratstelsel verkry word.                    (3)

 9.3      Beskryf TWEE metodes om die outomatiese transmissievloeistof te verkoel.                 (2)

 9.4      Watter TWEE van die volgende rathefboomposisies, P, R, N, D, 1, 2, stel 'n
          enjin in staat om aan te skakel?                                                         (2)
                                                                                                   [18]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

Meganiese Tegnologie: Motorkunde               16                          DBE/November 2025
                                          NSS Vertroulik

 VRAAG 10:      STELSELS EN BEHEER (ASSE,                    STUURGEOMETRIE         EN
                ELEKTRONIKA) (SPESIFIEK)

 10.1     Noem DRIE voorafkontroles wat op die voertuig se vering uitgevoer moet
          word voordat wielsporingverstellings en kontroles uitgevoer kan word. Sluit
          die voorafkontroles op die wiele uit.                                            (3)

 10.2     Teken 'n netjiese, benoemde skets om uitsporing van die voorwiele te
          verduidelik.                                                                     (4)

 10.3     Noem die doel van die volgende wielsporingshoeke:

          10.3.1      Negatiewe wielvlug                                                       (2)

          10.3.2      Uitsporing om draaie                                                     (2)

 10.4     Verduidelik die prosedure om 'n wiel staties te balanseer.                       (5)

 10.5     Noem die funksie van die volgende stelsels wat deur die EBE beheer word:

          10.5.1      Luginduksiestelsel                                                       (2)

          10.5.2      Ontstekingstelsel                                                        (2)

 10.6     Noem TWEE elemente wat gebruik word om die monoliet in die katalitiese
          omsetter te bedek, wat 'n chemiese reaksie met die uitlaatgasse veroorsaak.      (2)

 10.7     Noem die funksies van die volgende komponente in die inspuiting met die
          gemeenskaplike brandstofleiding(IGBL)-stelsel:

          10.7.1      Hoëdrukpomp                                                              (2)

          10.7.2      Elektroniese beheereenheid (EBE)                                         (2)

          10.7.3      Versnellerpedaalsensor                                                   (2)

 10.8     Beantwoord die vrae oor die alternator wat volg.

          10.8.1      Teken 'n netjiese eenvoudige skets van 'n diodesimbool.                  (2)

          10.8.2      Noem EEN funksie van die diode in die laaistelsel.                   (2)
                                                                                           [32]

                                                                              TOTAAL:          200

Kopiereg voorbehou

### Page 17

Meganiese Tegnologie: Motorkunde                    1                      DBE/November 2025
                                              NSS Vertroulik

             FORMULEBLAD VIR MEGANIESE TEGNOLOGIE: MOTORKUNDE

 1.       F=m×a

          Waar:
                      m = Massa
                      a = Versnelling

 2.       Arbeid verrig = Krag × Verplasing                    OF   W=F×s

                          Krag × Verplasing                    OF        F×s
 3.        Drywing =                                                P=
                                Tyd                                       t

 4.       Wringkrag = Krag × Radius                            OF   T=F×r

 5.       AD = P × L × A × N × n

          Waar:
                     AD     =   Aangeduide drywing
                      P     =   Gemiddelde effektiewe druk
                      L     =   Slaglengte
                      A     =   Area van suierkroon
                      N     =   Aantal kragslae per sekonde
                      n     =   Aantal silinders

 6.       RD = 2πNT

          Waar:
                     RD = Remdrywing
                      N = Omwentelinge per sekonde
                      T = Wringkrag

 7.       Remdrywing met Prönyrem = 2 × π × N × F × R

          Waar:
                     RD     =   Remdrywing
                      N     =   Omwentelinge per sekonde
                      F     =   Krag
                      R     =   Remarmlengte

                                              RD
 8.       Meganiese doeltreffendheid =           × 100%
                                              AD

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 18

Meganiese Tegnologie: Motorkunde                2             DBE/November 2025
                                             NSS Vertroulik

                                   SV + VV
 9.       Kompressieverhouding =
                                     VV

          Waar:
                     SV = Slagvolume
                     VV = Vry volume

               πD 2
 10.      SV =      ×L
                4

          Waar:
                     D =      Boordiameter
                     L =      Slaglengte

                  SV
 11.      VV =
                 KV − 1

                            Produk van tande op gedrewe ratte
 12.      Ratverhouding =
                              Produk van tande op dryfratte

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Mechanical Technology Nov 2023 (Fitting and Machining) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2023-fitting-and-machining-afr/ec5f897b-937f-4bae-aad9-e566a280b360) — Mechanical Technology · QP · 2023 · Afr
- [Mechanical Technology Nov 2023 (Automotive) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2023-automotive-afr/b8922567-d93f-4dcd-9279-3b4c4bd034b9) — Mechanical Technology · QP · 2023 · Afr
- [Mechanical Technology Nov 2023 (Welding & Metal Work) Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2023-welding-metal-work-eng/b9535038-8936-48a1-afcd-0ab67f8f03aa) — Mechanical Technology · QP · 2023 · Eng
- [Mechanical Technology Nov 2023 (Automotive) Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2023-automotive-eng/5f5706ce-d5c1-4862-ad58-e58260ec3dad) — Mechanical Technology · QP · 2023 · Eng
- [Mechanical Technology Nov 2023 (Welding & Metal Work) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2023-welding-metal-work-afr/cad6695c-dbf0-406d-a72d-78edaf6ce649) — Mechanical Technology · QP · 2023 · Afr
- [Mechanical Technology Nov 2022 (Welding Metalwork) Afr](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2022-welding-metalwork-afr/0866c8b7-97a6-4c57-9f66-74ebecc68f37) — Mechanical Technology · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Mechanical Technology

- [Gr 12 Weld Met ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-weld-met-atp-2023-24/8ecc8de5-c625-4611-9b94-1f3fd325e05d) — ATP
- [MECH TECH GR12 MEMO SEPT2024 (Welding & Metalwork) Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-gr12-memo-sept2024-welding-metalwork-afrikaans/aadd113c-5a3b-4f4d-a4c4-3a80cd86f882) — Memo · 2024 · Afr
- [MECHANICAL TECH (Auto) GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-tech-auto-gr12-memo-sept2024-afrikaans/2f874dd1-8c03-49a9-8c70-41ac528693d0) — Memo · 2024 · Afr
- [MECH TECH MEMO GR12 SEPT Fitting English](https://www.hlayiso.com/library/mech-tech-memo-gr12-sept-fitting-english/6c8e4f19-8a49-43c9-a4af-dbf620595837) — Memo · 2024 · Eng
- [Mechanical Technology Nov 2024 (Fitting and Machining) MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/mechanical-technology-nov-2024-fitting-and-machining-mg-eng/ed5ab6d3-088f-425c-ade8-86186a031594) — Memo · 2024 · Eng
- [Mechanical Technology May-June 2024 (Fitting and Machining) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-mechanical-technology-2024-nsc-june-exam-memorandum-afrikaans/03c703c8-8125-4d5a-a124-37013b381c7a) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
