# Music Grade 12 Paper 1 Gauteng Mock 2015 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Music Paper 1 memorandum from the Gauteng Mock Exam 2015 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2015-gauteng-mock-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/855935a3-2005-4f39-a550-37ce5a448c12
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Music
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2015
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 20

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Music](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/music) › [Music Grade 12 Paper 1 Gauteng Mock 2015 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2015-gauteng-mock-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/855935a3-2005-4f39-a550-37ce5a448c12)

## About this document

Music · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2015 · Afrikaans. Memorandum, 20 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                        2015
                 MEMORANDUM

VAK:   MUSIEK (10691)

### Page 2

10691/15

INSTRUKSIES EN INLIGTING:
1.   Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings.
2.   Alle kandidate moet AFDELING A (musiekteorie) en AFDELING B (algemene
     musiekkennis) beantwoord.
3.   AFDELING A moet met potlood in die spasies wat voorsien is beantwoord word, en
     AFDELING B met pen in die antwoordboek wat voorsien is.
4.   Kandidate moet dan ÓF AFDELING C (Westerse kunsmusiek) ÓF AFDELING D (Jazz)
     ÓF AFDELING E (Inheemse Afrikamusiek) beantwoord.
5.   Gebruik ŉ pen vir jou antwoord van AFDELING C/D/E in die antwoordboek wat voorsien
     is.
6.   Die laaste bladsy van die vraestel is manuskrippapier en is bedoel vir rofwerk. Dit mag
     deur die kandidaat verwyder word.

                                      NASIENRUBRIEK
                    MAKS         PUNTE      ONDERWYSER             MODERATOR
                         AFDELING A: MUSIEKTEORIE
Vraag 1                20
Vraag 2.1 of 2.2       15
Vraag 3                10
Vraag 4.1 of 4.2       15
SUB-TOTAAL             60
                   AFDELING B: ALGEMENE MUSIEKKENNIS
Vraag 5.1              10
Vraag 5.2              10
SUB-TOTAAL             20
                    AFDELING C: WESTERSE KUNSMUSIEK
Vraag 6                10
Vraag 7                5
Vraag 8                5
Vraag 9                5
Vraag 10               15
SUB-TOTAAL             40
                             AFDELING D: JAZZ
Vraag 11               10
Vraag 12               8
Vraag 13               7
Vraag 14               15
SUB-TOTAAL             40
                   AFDELING E: INHEEMSE AFRIKAMUSIEK
Vraag 15               10
Vraag 16               8
Vraag 17               7
Vraag 18               15
SUB-TOTAAL             40
GROOTTOTAAL            120

                                             2

### Page 3

10691/15

                      AFDELING A: MUSIEKGELETTERDHEID

VERPLIGTE VRAE:           VRAAG 1 EN 3

KEUSEVRAE:                VRAAG 2.1 OF 2.2 EN VRAAG 4.1 OF 4.2

VRAAG 1 (VERPLIGTEND) (20 punte)

Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord al die vrae wat daarop volg:

                                                                B
        A
              A

        A

                C                          D

                                               3

### Page 4

10691/15

1.1         Transponeer die note in die G-sleutel van maat 1 (gemerk A) ŉ majeur                           (3)
            sekunde (2e) hoër. Onthou om die nuwe toonsoortteken in te voeg.

(1 punt vir toonsoortteken, minus ½ per fout tot ŉ maksimum van -2 punte)

1.2         Herskryf die note in die G-sleutel van maat 3 (gemerk B) in die                                (5)
            ooreenstemmende saamgestelde tydmaat. Onthou om die nuwe
            tydmaatteken vooraan te voeg.

(1 punt vir tydmaatteken, 1 punt per polsslag, minus ½ per fout tot ŉ maksimum van -1 punt per polsslag)

1.3         Skryf ŉ opgaande harmoniese mineurtoonleer in dieselfde toonsoort as die                       (3)
            uittreksel. Gebruik ŉ geskikte saamgestelde tydmaat en enige ritmiese
            waardes, korrek gegroepeer.

(1 punt vir die korrekte tydmaatteken, minus ½ per fout tot ŉ maksimum van -2 punte)

1.4         Voeg ŉ noot onder elke * om ŉ Blues toonleer op F te vorm.                                     (1)

                                                       OF

       (½ punt elk)

                                                        4

### Page 5

10691/15

1.5            Identifiseer en benoem die intervalle C en D, bv. Majeur 7e.                                    (2)

        C Mineur 7e

        D Majeur 6e

        (1 punt elk, geen halfpunte)

1.6          Keer die intervalle in Vraag 1.5 om en benoem die omgekeerde intervalle                          (4)
             weer.

                                  C                     D

                                 Majeur 2e             Mineur 3e

(1 punt vir elke korrekte interval, 1 punt vir elke korrekte identifikasie, geen halfpunte. Die interval mag melodies of
harmonies genoteer word)

1.7          Vergelyk maat 1 en 2, Identifiseer EEN ooreenkoms en EEN verskil tussen                          (2)
             hierdie twee mate.

        Ooreenkoms                Melodie en ritme is dieselfde (noem slegs een)

        Verskil                   Toonhoogte verskil – een oktaaf hoër

                                                                                                                     [20]

                                                            5

### Page 6

10691/15

Beantwoord VRAAG 2.1 of VRAAG 2.2

VRAAG 2 (Melodieskryf) (15 punte)

2.1          Voltooi die motief hieronder om ŉ 12-maat melodie met ABA-struktuur vir ŉ                   (15)
             enkellyninstrument te vorm. Onthou om aanwysings vir dinamiek en
             artikulasie by te voeg en dui aan vir watter instrument jy skryf.

INSTRUMENT _________________________________________________

MOONTLIKE ANWOORD:

                                                                          Kadens (onvoltooid/voltooid)

                      A: D majeur

                                                                                 onvoltooide kadens
                                                                                 (imperfect)

                    B: D majeur / b mineur / A majeur

                                                                        Voltooide kadens in D majeur

                    A: D majeur

Die melodie sal volgens hierdie riglyne nagesien word:

                     BESKRYWING                         PUNTETOEWYSING          KANDIDAAT SE PUNTE
 Vorm en kadenspunte                                            6
 Korrekte notasie                                               5
 Voordragaanwysings en artikulasie                              4
 Algemene indruk: vernuwing, kreatiwiteit,                      15
 voordragaanwysings en melodiese kurwe
 TOTAAL                                                       30/2=15

                                                         OF

                                                         6

### Page 7

10691/15

2.2          Voltooi die motief hieronder om die 12-maat melodie met ABA-struktuur vir                 (15)
             ŉ enkellyninstrument te vorm. Onthou om aanwysings vir dinamiek en
             artikulasie by te voeg en dui aan vir instrument jy skryf.

INSTRUMENT ______________________________

MOONTLIKE ANTWOORD:
                                                                        Kadens (onvoltooid/voltooid)

                      A: b mineur

                                                                                Onvoltooide kadens

                     B: b mineur/D majeur/F# majeur

                                                                        Voltooide kadens in b
                                                                        mineur

                      A: b mineur

Die melodie sal volgens hierdie riglyne nagesien word:

                    BESKRYWING                        PUNTE TOEWYSING        KANDIDAAT SE PUNTE
 Vorm en kadenspunte                                          6
 Korrekte notasie                                             5
 Voordragaanwysings en artikulasie                            4
 Algemene indruk: vernuwing, kreatiwiteit,                    15
 voordragaanwysings en melodiese kurwe
 TOTAAL                                                     30/2=15

                                                                                                           [15]

                                                        7

### Page 8

10691/15

VRAAG 3 (Harmoniese Analise) (10 punte)

Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg:

 A
                                       C

                                                                          F

                                      B
                                                                      D

                                                                              G

                                  H

                      E

                                               8

### Page 9

10691/15

3.1       Noem die toonsoorte by A en B, bv. B majeur.                                (2)

      A      D majeur

      B      A majeur

3.2       Identifiseer die toonsoorte en besyfer die akkoorde by C en D, bv. E: IV6   (2)
          OF E: A/C#

      C      D: V7 OF A7

      D      G: I OF D: IV OF G

          Benoem die kadens by E. Skryf die toonsoort, akkoordprogressie en tipe
3.3       neer, bv. E: V - I voltooide kadens.                                        (3)

      E      D: V – vi, onderbroke kadens OF A – Bm, onderbroke kadens

3.4       Identifiseer en benoem die tipe non-akkoordtone by F en G, bv.              (2)
          appoggiatura.

      F      (Onder)hulpnoot / (onder)wisselnoot

      G      Vooruitneming

3.5       Noem die komposisietegniek by H in mate 14 en 15.                           (1)

      H      Herhaling

                                                                                            [10]

                                               9

### Page 10

10691/15

VRAAG 4 (Harmonisering) (15 punte)

Beantwoord VRAAG 4.1 of VRAAG 4.2

4.1         Voltooi die volgende harmonisering deur partye vir alt, tenoor en bas onder       (15)
            die gegewe sopraanlyn te voeg.

MOONTLIKE ANTWOORD:

Die harmonisering sal volgens hierdie riglyne nagesien word:

BESKRYWING                                        PUNTETOEWYSING               KANDIDAAT SE PUNTE
Akkoordprogressie: keuse van akkoorde en non-         12 (12 progressies
akkoordtone                                        uitsluitend die einde van
                                                        die eerste frase)
Korrekte notasie, stemleiding, dubbelspasiëring    13 (13 akkoorde, minus
                                                  ½ punt per fout, nie meer
                                                       as -1 per akkoord)
Algemene indruk: vernuwing, kreatiwiteit, non-               15
akkkoordtone
TOTAAL                                                  30÷2 = 15
                                                                                                     [15]

                                                   10

### Page 11

10691/15

                                                     OF

4.2        Voltooi die volgende stuk deur geskikte harmoniese materiaal in die                  (15)
           bassleutel by die gegewe melodie te voeg. Skryf in die styl wat gegee
           word.

MOONTLIKE ANTWOORD:

Die harmonisering sal volgens hierdie riglyne nagesien word:
BESKRYWING                                           PUNTETOEWYSING              KANDIDAAT SE PUNTE
Akkoordprogressie: keuse van akkoorde en non-         14 (2 per maat, 1 elk in
akkoordtone (tussendominant van V nie verpligtend)        maat 4 and 8)
Stemleiding                                               8 (1 per maat)
Algemene indruk: vernuwing, kreatiwiteit,                        8
karakterisering
TOTAAL                                                     30/2 = 15
                                                                                               [15]

                                                                       TOTAAL AFDELING A: 60
                                                      11

### Page 12

10691/15

AFDELING B - AMK (verpligtend)                                                    20 Punte

Vraag 5.1 (10 punte)

Kies die mees korrekte antwoord uit die opsies A – D as antwoord vir elkeen van vraag 5.1-10.
Skryf slegs die vraagnommer en letter in elke geval neer, bv. 5.11 D.

5.1.1    Watter van die volgende items is nie ŉ basiese musiekelement nie?
         C Perspektief

5.1.2    Watter van die volgende items is nie ŉ groep musiekinstrumente nie?
         B Sousafone

5.1.3    Watter van die volgende items is nie ŉ tegniek waarmee “vorm” in musiek geskep
         word nie?
         D Instrumentasie

5.1.4    Watter van die volgende items is nie tipies aan die basiese formele strukture van
         Afrikamusiek nie?
         A Grondbas

5.1.5    Watter van die volgende items is nie ŉ tempo-aanduiding nie?
         C Mezzo

5.1.6    Watter van die volgende kunstenaars / groepe is nie deel van Rock-musiek in die 20e
         eeu nie?
         B Ravi Shankar

5.1.7    Watter van die volgende items is nie ŉ stylperiode in Westerse kunsmusiek nie?
         C Ragtime

5.1.8    Watter van die volgende items is nie ŉ Jazz-styl nie?
         D Bluegrass

5.1.9    Watter van die volgende items is nie ŉ inheemse Afrika musiekstyl nie?
         A Ipitombi

5.1.10   Watter van die volgende volgorde van tone en halftone vorm ŉ doriese modus?
         D toon, halftoon, toon, toon, toon, halftoon toon

                                                                                      [10]

                                              12

### Page 13

10691/15

Vraag 5.2 (10 punte)
Beantwoord die volgende vrae oor die Suid-Afrikaanse musiekindustrie:

5.2.1    Definieer “musiekplagiaat” in jou eie woorde. (2)
         - Die luisteraar kan duidelik onderskei waar die oorspronklike musiek vandaan kom
           (identifiseer die oorspronklike werk)
         - Dele van die melodie, woorde of lirieke is dieselfde as ŉ bestaande werk

5.2.2    Wie is, volgens kopieregwet, die skrywer van ŉ lied? (1)
         - Dis die persoon wat die melodie en/of die woorde/lirieke skryf

5.2.3    Verduidelik in jou eie woorde hoe kopiereg gedeel word wanneer verskillende lede van
         ŉ groep ŉ lied saam skryf. (2)
         - Melodie en woorde:     50% kopiereg
         - Basspeler, ghitaarspeler en tromspeler wat hulle eie partye skep: 50% kopiereg
         (Ander sinvolle afwykings van hierdie formule mag ook aanvaar word)

5.2.4    Noem DRIE maniere waarop ŉ kunstenaar se musiekbesigheid deur ŉ
         agent/bestuurder ontwikkel kan word. (3)
         - Deur opnames/CD’s/youtube videos te maak
         - Deur openbare optredes te reël
         - Deur die musiek te laat uitsaai (radio/TV)
         - Deur partiture te laat produseer en reproduseer
         - Deur musiek te laat verwerk
          (Enige drie, ook ander sinvolle opsies wat nie hier genoem is nie)
5.2.5    Verduidelik wat “needle-time” tantieme is. (2)
         - “Needle-time” tantieme vergoed kunstenaars en eienaars van klankopnames vir die
           openbare uitsending van hierdie opnames.                                     [10]

                                               13

### Page 14

10691/15

AFDELING – WKM (Keusevraag)                                                       40 punte

Vraag 6 Kortvrae (10 punte)

6.1   Identifiseer die werk waaruit hierdie tema kom. Skryf die titel en komponis neer. (2)
      Titel         Hebrides Overture / Fingal se grot
      Komponis:     (Felix) Mendelssohn

6.2   Noem die genre van die werk in 6.1 en verskaf ŉ definisie van hierdie genre. (3)
      Genre:        Konsertoverture (1)
      Definisie:   Tipe19e-eeuse enkelbeweging orkeswerk (wat programmatiese inhoud
                   mag bevat) (2)

                                                     OF

      Genre        Simfoniese toondig (1)

      Definisie    Tipiese 19e eeuse enkelbeweging orkeswerk wat programmatiese inhoud
                   bevat (2)

6.3   Noem een ooreenkoms en een verskil tussen die uiteensetting en die heruiteensetting in
      sonatevorm. (2)
      Ooreenkoms:           Beide eerste temas is in die tonika toonsoort (1)

      Verskil:     Die tweede tema van die uiteensetting is in ŉ verwante toonsoort, terwyl dit
                   in die tonika toonsoort van die heruiteensetting is (1)

6.4   Noem DRIE beginsels wat deur die Camerata vasgestel is in hulle ontwikkeling van die
      opera. (3)
         Herlewing van die Griekse drama
         Uitvinding van ŉ nuwe musiekstyl in navolging en nabootsing van die antieke Griekse
          drama
         Volg die ritme en steminfleksie van spraak so getrou as moontlik
         Hou begeleiding so eenvoudig as moontlik sodat die teks duidelik is
         Gebruik ŉ homofoniese tekstuur (melodie met begeleiding).

          (Enige 3 feite)

                                                14

### Page 15

10691/15

Vraag 7 (5 punte)
Skryf ŉ paragraaf waarin jy die volgende sub-genres, soos wat dit in ŉ opera aangetref word,
verduidelik:
   – aria (2),
   – resitatief (2)
   – koor (1).

Aria:                Vokale solo wat deur ŉ orkes begelei word (1), dit belig en verduidelik die emosies wat
                     deur ŉ karakter ervaar word (1)
Resitatief:          Musikale weergawe van gesproke teks, word gewoonlik voor die aria aangetref (1). Word
                     deur klawesimbel begelei (recitativo secco) of deur orkes (recitativo stromentato) (enige
                     een vir 1 punt))
Koor:                Musiek wat deur ŉ koor gesing word, gewoonlik aan die einde van \n toneel of bedryf (1)

Vraag 8 (5 punte)
Op watter manier verskil Beethoven se Simfonie No. 6 Op. 68 in F-majeur van die vroeëre
standaard Klassieke simfonieë wat deur sy voorgangers gekomponeer is? Skryf ŉ kort
paragraaf waarin jy 5 van hierdie verskille noem.
        1. Dit is baie langer ten opsigte van voorspeeltyd en het ŉ groter omvang
        2. Dit het 5 bewegings in plaas van die normale 4 (of 3)
        3. Drie van die bewegings volg mekaar sonder onderbreking op (3 na 4 na 5)
        4. Hy gebruik titels om programmatiese inhoud voor te stel
        5. Hy gebruik instrumente op nuwe maniere: 2 trombone, piccolo, timpani
        6. Die vorm word uitgebrei: episodiese vorm vir die 4e beweging; uitgebreide koda vir
           die 5de beweging
           (enige 5)

Vraag 9 (5 punte)
Beskryf ŉ tipiese Klassieke orkes.
Houtblaas:     2 fluite, 2 hobo’s, 2 klarinette, 2 fagotte (2 punte, ½ vir elke instrument/groep)
Koperblaas:    2 Franse horings, 2 trompette
Perkussie:     2 timpani
Strykers:      Eerste en tweede viole, altviole, tjello’s en kontrabas
               ( ½ per instrument, enige 10 instrumente, aantal instrumente hoef nie aangedui
               te word nie)(10÷2=5)

                                                     15

### Page 16

10691/15

Vraag 10 (15 punte)
Die Zauberflöte (Die Towerfluit) is die laaste opera wat deur WA Mozart gekomponeer is.
Gebruik die volgende riglyne om ŉ opstel te skryf waarin jy hierdie monumentale werk beskryf:

     Gee ŉ definisie van die spesifieke genre van Die Zauberflöte (1)
     Noem TWEE sub-genres wat in die opera voorkom en verduidelik elkeen (4)
     Noem DRIE karakters, hulle stemtipes en een solo wat deur elkeen gesing word (9)

Jou logiese aanbieding van inhoud sowel as ŉ goed-gestruktureerde formaat sal met een punt
gekrediteer word. (1)

SINGSPIEL:
   Gebruik uitsluitlik Duits as taal
   Uitgebreide gesproke dialoog
   Plot is gewoonlik komies / romanties / bevat elemente van fantasie
    Magiese kreature is dikwels deel van die verhaal
    Die eienskappe van goed / boos word dikwels komies oordryf
     (Enige 2 vir ½ punt elk = 1)

SUB-GENRES: (Enige 2):
     Libretto (woorde wat deur sangers gepraat en gesing word)
     Aria (vokale solo wat deur orkes begelei word)
     Duet (aria vir twee sangers)
     Recitativo (musikale weergawe van gesproke teks)
     Overture (orkesinleiding)
     Interlude (instrumentale seksie wat tussen twee bedrywe of tonele gespeel word)
      (Enige 2 (2) met verduideliking (2) = 4 punte)

ARIAS en SANGERS (3 punte elk, enige 3):
   Der Vogelfänger bin ich ja (A birdcatcher am I) – Papageno, bariton
   Das Bildnis is bezaubernd schön (This image is enchantingly beautiful) – Tamino, tenoor
   Bei Männern welche Liebe fühlen (With people who feel love) – Duet tussen Pamina en
    Papageno, sopraan (lyrics) en bariton
   O Isis und Osiris – Sarastro, bas
   Alles fühlt der Liebe Freuden (Everyone feels the joy of love) – Monostatos, tenoor
   Der Hölle Rache kocht in meinen Herzen (Hell’s anger boils in me) – Koningin van die
    Nag, sopraan (koloratura)
   In diesem hei’gen Hallen (In these holy halls) – Sarastro, bas
   Ach, ich fühl’s, es ist verschwunden (Ah, I feel it, it has disappeared) – Pamina, sopraan
   Ein Mädchen oder Weibchen (A girl or a little wife) – Papageno, bariton
    (Enige 3 (x3) = 9)
OPSTELFORMAAT 1 punt

                                              16

### Page 17

10691/15

AFDELING D – JAZZ (Keusevraag)                                                 40 punte

Vraag 11 Kortvrae (10 punte)
11.1   Noem VIER instrumente wat die kern van die oorsprong van Kaapse Jazz gevorm
       het. (4)
          Koperblaasinstruments (trompet, kornet, tromboon), Saxofoon, Banjo, Ghitaar,
           Perkussie
           (Enige 4, een punt elk)
11.2   Verduidelik wat ŉ “ghoema-trom” is. (2)
          ŉ Vaatjie-vormige, Asiese styl trom, van hout gemaak en wat met die hande gespeel
           word (2)
11.3   Noem DRIE prominente eksponente van Kaapse Jazz wat betrokke was by die
       oorspronklike opname van Mannenberg in die vroeë 1970s. (3)
          Abdullah Ibrahim (Doller Brand), Basil Coetzee, Robbie Jansen (3)
11.4   Wie is die Jazz-kunstenaar wat bekend is vir The Colours They Bring ? (1)
          Feya Faku (1)

Vraag 12 (8 punte)
Skryf ŉ paragraaf waarin jy die betekenis en eienskappe van Kwela musiek in die konteks van
Suid-Afrikaanse Jazz verduidelik. Noem kunstenaars en groepe as voorbeeld. (8)
   Ontstaan uit Marabi en Amerikaanse vokale Jazz
   Penniefluitjie-musiek van die 1950’s
   Instrumente: Snaar bas, Ghitaar, Tromme, Penniefluitjie
   Dikwels gebaseer op “close-harmony” liedere of liedere van migrante arbeiders
   Word sterk geassosieer met die dansvorm “jive”
   Kwela beteken: “klim in” (Zulu) en is gebruik as waarskuwing dat polisievangwaens (kwela-
    kwela) oppad is
   Dit is ŉ styl uniek aan Johannesburg (Soweto) wat wye populariteit geniet en uitstekende
    kommersiele waarde het
   Kunstenaars: Spokes Mashiyane, Lemmy Mabaso, Elias Lerole
    (Enige 6 feite en 2 kunstenaars = 8 punte)

                                                 17

### Page 18

10691/15

Vraag 13 (7 punte)
“The Soul Brothers” is ŉ groep wat verteenwoordigend is van ŉ tipies Suid-Afrikaanse styl.
Beskryf in ŉ paragraaf waarom hierdie styl tipies Suid-Afrikaans is en noem EEN ander
groep/kunstenaar wat hierdie styl gebruik. (7)

         Die styl is Mbaqanga
         Die Zoeloewoord beteken “gestoomde mieliebrood”, en word tipies in Kwa-Zulu-Natal
          geëet
         Dit is ŉ verdere ontwikkeling van die SA style Marabi en Kwela
         Kunstenaar is multi-etnies en dit verduidelik waarom inheemse style vermeng word
         Instrumente: Elektriese ghitaar, Saksofone, Accordion, Viool en inheemse tromme
         Begin tipies met in ghitaar inleiding, word gevolg deur ŉ basmelodie wat gebaseer is op
          F-C- G7-C akkoordpatroon
         Die sterk voorwaartse dryf van die bas en ritme is kenmerkend
         Kunstenaars: Makgonatsohle, Cool Crooners, Miriam Makeba
          (1 punt vir Mbaqanga, enige 5 feite, 1 ander kunstenaar = 7 punte)

Vraag 14 (15 punte)
Skryf ŉ opstel oor vroeë Marabi musiek. Sluit inligting oor die oorsprong en styleienskappe van
hierdie musiek in (10). Noem ten minste TWEE kunstenaars / groepe en ŉ tipiese lied deur
elkeen. (4)
Jou logiese aanbieding van inhoud in ŉ goed-beplande struktuur sal met een punt gekrediteer
word. (1)
        Eerste township styl om tussen 1920 en 1940 te ontwikkel
        Ontstaan in die “shebeens” rondom Johannesburg
        Ontstaan uit die sosio-ekonomiese omstandighede van die swart werkersklas
        Styl is anti-establishment, rebels en is die musikale uitlaatklep van die arm mense
        Marabi beteken: “om rond te vlieg” soos dansers met die musiek of “ŉ wettelose persoon”
         wat dui op die kunstenaars van die styl
        Instrumente: klavier/orrel, ghitaar, koperblaasinstrumente, sang
        Lirieke is informeel, voordraers tree met oortuiging op en druk dikwels politieke protes uit
        Inheemse harmonieë en Afro-Amerikaanse Ragtime word vermeng
        Eenvoudige akkoordprogressies word oor en oor herhaal
        Dit is musiek wat vir dans bedoel is, dus is daar ŉ duidelike pols, ritme en dansgevoel
        Kunstenaars en liedere: The Jazz Maniacs: Gully Low Blues, The Merry Blackbirds:
         Pesheya’ Kwezo Ntaba, The Manhatten Brothers: Jikela Emaweni, Mahotella Queens:
         Marena
         (Oorsprong 5 punte, Eienskappe 5 punte, Kunstenaars en liedere 4 punte,
         Opstelformaat 1 punt = 15 punte)

                                                   18

### Page 19

10691/15

AFDELING E – IAM (Keusevraag)                                                     40 punte

Vraag 15 Kortvrae (10 punte)
15.1    Noem twee musikante wat instrumenteel was in die vaslegging van die Malombo styl. (2)
           Phillip Tabane, Julian Bahula, Lucky Ranku, Abie Cindi (enige 2 vir 2 punte)
15.2    Wat was Sello Galane se belangrikste doelwit met Free Kiba? (2)
           Hy wou dit wegneem uit die stam-konteks / verwyder van die Pedi/vhaVenda wortels
            sodat dit vir die hele nasie aanvaarbaar sou wees maar nog steeds die siel van die
            musiek sou behou (2)
15.3    Verduidelik die sangstyl van ŉ Isicathamiya-groep. (4)
            Woord beteken ‘om liggies op die tone te loop’
            Fokus op presiese, digte harmonieë
            A capella groep, bestaan uit 4–20 sangers
            Streef na versigtige vermenging van stemme
            Voordrag dikwels in die styl van roep en antwoord deur manlike koorgroepe.
            ŉ Solis lei dikwels die sang
            Gewoonlik SATB
            Krepitasies en ululasies dikwels gebruik in die middel van ŉ lied
            (een feit per punt, enige ander korrekte feit kan aanvaar word)

15.4 Noem twee beroemde liedere / treffers deur Ladysmith Black Mambaso. (2)
           Homeless, Hello My Baby, Unomathemba
            (Enige 2, insluitend beroemde treffers wat nie hier genoem is nie)

Vraag16 (8 punte)
Skryf ŉ paragraaf wat die oorsprong en eienskappe van Maskandi musiek verduidelik. Noem
prominente kunstenaars / groepe as voorbeelde. (8)
      Maskandi is moderne Zoeloe volksmusiek wat uit die Suid-Afrikaanse gemeenskap
       ontstaan het
      Die sanger kan as ŉ moderne troebadoer gesien word – hy neem sy musiek saam op reis
      Die voordrag is feitlik altyd in persoonlike ervaring gewortel
      Word oorspronklik op goedkoop, draagbare instrumente gespeel, maar deesdae word
       elektroniese instrumente wat die oorspronklike klanke namaak gebruik
      Tipies:
       - begin met ŉ instrumentale inleiding (izihlabo)
       - worde gespeel met ŉ ghitaar-pluk styl (ukupika)
       - word gevolg deur ŉ seksie van gesproke prys-sang (izibongo) of storie-vertelling
      Maskandi beteken: “musikante” soos in Afrikaans
      Kunstenaars: iHashi Elimhlophe: Nkiyankiya, Phuzekhemisi: Imbizo
       (Verduideliking 6 punte; kunsenaars 2 punte = 8 punte)

                                                19

### Page 20

10691/15

Vraag 17 (7 punte)
“The Soul Brothers” is ŉ verteenwoordigende groep met ŉ tipies Suid-Afrikaanse styl. Bespreek
in ŉ paragraaf hoekom hierdie styl tipies Suid-Afrikaans is en noem EEN ander groep /
kunstenaar wat hierdie styl gebruik. (7)

   Die styl is Mbaqanga
   In Zoeloe beteken dit “gestoomde mieliebrood”, word gewoonlik in KwaZulu-Natal geëet
   Dit is ŉ verdere ontwikkeling van die SA style Marabi and Kwela
   Voordraers is multi-etnies, wat die verdere vermenging van inheemse style verduidelik
   Instrumente: Elektriese ghitaar, Saxofone, Akkordion, Viool en inheemse tromme
   Begin tipies met ŉ ghitaar inleiding en word gevolg deur ŉ bas melodie wat gebaseer is op
    die F-C- G7-C akkoordpatroon
   ŉ Kenmerk is die sterk voorwaartse dryf van die bas en ritme
   Kunstenaars: Makgonatsohle, Cool Crooners, Miriam Makeba
    (1 punt vir Mbaqanga, enige 5 feite, 1 ander kunstenaar = 7 punte)

Vraag 18 (15 punte)
Skryf ŉ opstel waarin jy die rol van inheemse Afrika musiek in die tradisionele sosiale konteks
bespreek. (15)
Jou logiese aanbieding van inhoud en die beplanning van ŉ goed-gestruktureerde opstel sal
met een punt gekrediteer word.
   Speel ŉ belangrike rol in die gemeenskap omdat almal deelneem (daar is geen toeskouers)
   Vind plaas in ŉ oop area waar al die deelnemers bymekaar kom
   Deelnemers mag tegelykertyd sing, speel, danse of komponeer (improviseer)
   ŉ Voordrag mag kostuums, beelde, kunswerkies en drama insluit – alles verhoog die vlakke
    van deelname
   Musiek is ŉ uitlaatklep vir sosiale interaksie
   Musiek kan
    o Sosiale aktiwiteite ondersteun
    o Vermaak verskaf
    o Boodskappe en emosies kommunikeer
    o Eer betoon aan ŉ individu, godheid of voorvadergeeste
   Musiek word vir spesifieke geleenthede geskep – godsdienstige byeenkomste,
    werksliedere, om by te dans, ens.
   Liedere word vir storievertel gebruik asook om geskiedenis te leer
   Liedere word geassosieer met verskeie seremonies – geboorte, puberteit, huwelike, dood,
    jag, oorlog, werk, ens.
   Die hoofinstrument is die Afrika-trom, maar ŉ verskeidenheid ander instrumente word ook
    gebruik
   Horings, “shakers”, ratels, klokke, boë word ook gebruik.
    Enige 14 feite = 14 punte, 1 punt vir opstelformaat)

                                                    Totaal Afdeling A:                  60 punte
                                                    Totaal Afdeling B:                  20 punte
                                                    Totaal Afdeling E:                  40 punte
                                                    Groottotaal:                     120 punte
.

                                               20

## Related documents

- [MUSIC P1 GR12 SEPT2015 ENG MEMO](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-gr12-sept2015-eng-memo/a4c47eea-5f29-4ec1-b376-673317a97a18) — Music · Memo · 2015 · Eng
- [MUSIC P1 GR12 SEPT2015 AFR MEMO](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-gr12-sept2015-afr-memo/5c4fd9f6-5061-4ee8-957d-9b023cfdab3d) — Music · Memo · 2015 · Afr
- [Music P1 Nov 2015 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2015-memo-afr/802642b0-8021-4448-b7c2-f82d8047d8f7) — Music · Memo · 2015 · Afr
- [Music P1 Feb March 2015 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-feb-march-2015-memo-eng/3871b6f7-a031-4d84-a243-85cafd85c597) — Music · Memo · 2015 · Eng
- [Music P1 Feb March 2015 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-feb-march-2015-memo-afr/b7610fc7-fe7c-407f-a554-a9b9f5aa91b9) — Music · Memo · 2015 · Afr
- [MUSIC P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/51f99515-491a-4362-9497-f4b0bc914a66) — Music · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Music

- [Music P1 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/2519ee7f-bf23-488d-9428-c0bb5ed1bf21) — QP · 2025 · Afr
- [Music P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2024-eng/1ae05b36-0299-4ea5-94a5-02cc439843f0) — QP · 2024 · Eng
- [Music P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2024-afr/89b0158e-2d68-4501-a28a-d92e7592e732) — QP · 2024 · Afr
- [Music P2 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-nov-2024-eng/ae7cdad4-f72c-4e9d-a719-3acb9bb251f2) — QP · 2024 · Eng
- [Music P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-nov-2024-afr/82de016a-5592-4674-bf9d-b63e9a93b27a) — QP · 2024 · Afr
- [Music P1 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2023-afr/c63e8e7c-e873-4829-a88c-b6bca7fa6d10) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
