# Music Grade 12 P1 Gauteng Mock 2015 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Music Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2015 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2015-gauteng-mock-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/ad1ca791-53be-48c1-b15f-7249edf9206b
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Music
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Music](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/music) › [Music Grade 12 P1 Gauteng Mock 2015 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2015-gauteng-mock-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/ad1ca791-53be-48c1-b15f-7249edf9206b)

## About this document

Music · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2015 · Afrikaans. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                   VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                              2015
                              10691
                              MUSIEK

                       EERSTE VRAESTEL
PUNTE:   120
TYD:     3 uur

Bladsye 19

NAAM:        __________________________________

SKOOL: __________________________________

             3

                                                  b.o.

### Page 2

MUSIEK                                         2
                                        (Eerste Vraestel)                 10691/15

                     GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                          VOORBEREIDENDE EKSAMEN – 2015

                                                MUSIEK
                                                (Eerste Vraestel)

                                                TYD: 3 uur

                                                PUNTE: 120

INSTRUKSIES EN INLIGTING:
1.   Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings.
2.   Alle kandidate moet AFDELING A (musiekteorie) en AFDELING B (algemene
     musiekkennis) beantwoord.
3.   AFDELING A moet met potlood in die spasies wat voorsien is beantwoord word, en
     AFDELING B met pen in die antwoordboek wat voorsien is.
4.   Kandidate moet dan ÓF AFDELING C (Westerse kunsmusiek) ÓF AFDELING D (Jazz)
     ÓF AFDELING E (Inheemse Afrikamusiek) beantwoord.
5.   Gebruik ŉ pen vir jou antwoord van AFDELING C/D/E in die antwoordboek wat voorsien
     is.
6.   Die laaste bladsy van die vraestel is manuskrippapier en is bedoel vir rofwerk. Dit mag
     deur die kandidaat verwyder word.

                                                                                           b.o.

### Page 3

MUSIEK                               3
                                     (Eerste Vraestel)         10691/15

                                  NASIENRUBRIEK
                    MAKS          PUNTE       ONDERWYSER   MODERATOR
                          AFDELING A: MUSIEKTEORIE
Vraag 1               20
Vraag 2.1 of 2.2      15
Vraag 3               10
Vraag 4.1 of 4.2      15
SUB-TOTAAL            60
                   AFDELING B: ALGEMENE MUSIEKKENNIS
Vraag 5.1             10
Vraag 5.2             10
SUB-TOTAAL            20
                   AFDELING C: WESTERSE KUNSMUSIEK
Vraag 6               10
Vraag 7               5
Vraag 8               5
Vraag 9               5
Vraag 10              15
SUB-TOTAAL            40
                              AFDELING D: JAZZ
Vraag 11              10
Vraag 12              8
Vraag 13              7
Vraag 14              15
SUB-TOTAAL            40
                   AFDELING E: INHEEMSE AFRIKAMUSIEK
Vraag 15              10
Vraag 16              8
Vraag 17              7
Vraag 18              15
SUB-TOTAAL            40
GROOTTOTAAL           120

                                                                              b.o.

### Page 4

MUSIEK                                            4
                                         (Eerste Vraestel)                      10691/15

                      AFDELING A: MUSIEKGELETTERDHEID

VERPLIGTE VRAE:                  VRAAG 1 EN 3

KEUSEVRAE:                       VRAAG 2.1 OF 2.2 EN VRAAG 4.1 OF 4.2

VRAAG 1 (VERPLIGTEND) (20 punte)

Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord al die vrae wat daarop volg:

                            ALL THE THINGS YOU ARE
                                       JEROME KERN

                    Freely with rubato
                                                                     B
   A

            C                               D
                                                                                               b.o.

### Page 5

MUSIEK                                              5
                                     (Eerste Vraestel)                  10691/15

1.1   Transponeer die note in die G-sleutel van maat 1 (gemerk A) ŉ majeur         (3)
      sekunde (2e) hoër. Onthou om die nuwe toonsoortteken in te voeg.

1.2   Herskryf die note in die G-sleutel van maat 3 (gemerk B) in die              (5)
      ooreenstemmende saamgestelde tydmaat. Onthou om die nuwe
      tydmaatteken vooraan te voeg.

1.3   Skryf ŉ opgaande harmoniese mineurtoonleer in dieselfde toonsoort as die     (3)
      uittreksel. Gebruik ŉ geskikte saamgestelde tydmaat en enige ritmiese
      waardes, korrek gegroepeer.

1.4   Voeg ŉ noot onder elke * om ŉ Blues toonleer op F te vorm.                   (1)

                            *         *

1.5    Identifiseer en benoem die intervalle C en D, bv. Majeur 7e.                (2)
       C _____________________________________

       D _____________________________________

                                                                                             b.o.

### Page 6

MUSIEK                                             6
                                        (Eerste Vraestel)                 10691/15

1.6      Keer die intervalle in Vraag 1.5 om en benoem die omgekeerde intervalle     (4)
         weer.

                         C                          D

                   ________________           ________________

1.7   Vergelyk maat 1 en 2. Identifiseer EEN ooreenkoms en EEN verskil tussen hierdie      (2)
      twee mate.

      Ooreenkoms________________________________________________________

      Verskil_______________________________________________________

                                                                                           [20]

                                                                                               b.o.

### Page 7

MUSIEK                                          7
                                             (Eerste Vraestel)                 10691/15

Beantwoord VRAAG 2.1 of VRAAG 2.2

VRAAG 2 (Melodieskryf) (15 punte)

2.1          Voltooi die motief hieronder om ŉ 12-maat melodie met ABA-struktuur vir ŉ    (15)
             enkellyninstrument te vorm. Onthou om aanwysings vir dinamiek en
             artikulasie by te voeg en dui aan vir watter instrument jy skryf.

INSTRUMENT _________________________________________________

Die melodie sal volgens hierdie riglyne nagesien word:

                    BESKRYWING                 PUNTETOEWYSING       KANDIDAAT SE PUNTE
 Vorm en kadenspunte                                   6
 Korrekte notasie                                      5
 Voordragaanwysings en artikulasie                     4
 Algemene indruk: vernuwing, kreatiwiteit,             15
 voordragaanwysings en melodiese kurwe
 TOTAAL                                              30/2=15

                                                OF

                                                                                                 b.o.

### Page 8

MUSIEK                                       8
                                             (Eerste Vraestel)               10691/15

2.2          Voltooi die motief hieronder om die 12-maat melodie met ABA-struktuur vir (15)
             ŉ enkellyninstrument te vorm. Onthou om aanwysings vir dinamiek en
             artikulasie by te voeg en dui aan vir instrument jy skryf.

INSTRUMENT ______________________________

Die melodie sal volgens hierdie riglyne nagesien word:

                    BESKRYWING                 PUNTE TOEWYSING    KANDIDAAT SE PUNTE
 Vorm en kadenspunte                                   6
 Korrekte notasie                                      5
 Voordragaanwysings en artikulasie                     4
 Algemene indruk: vernuwing, kreatiwiteit,            15
 voordragaanwysings en melodiese kurwe
 TOTAAL                                             30/2=15

                                                                                          [15]

                                                                                              b.o.

### Page 9

MUSIEK                                          9
                                           (Eerste Vraestel)                   10691/15

VRAAG 3 (Harmoniese Analise) (10 punte)

Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg:

                                 Bist du bei mir                        J S Bach
                                 uit die Anna Magdalena Bach Notaboek

    A                                         C

                                                                                       F

                                          B                                        D

                                                                                           G

                                    H

                       E
                                                                                               b.o.

### Page 10

MUSIEK                                                10
                                      (Eerste Vraestel)                    10691/15

3.1   Noem die toonsoorte by A en B, bv. B majeur.                                    (2)

      A: _________________________________

      B: _________________________________

3.2   Identifiseer die toonsoorte en besyfer die akkoorde by C en D, bv. E: IV6 of    (2)
      E: A/C#

      C: __________________________________

      D: __________________________________

      Benoem die kadens by E. Skryf die toonsoort, akkoordprogressie en tipe
3.3   neer, bv. E: V – I, voltooide kadens.                                           (3)

      ___________________________________________________________

3.4   Identifiseer en benoem die tipe non-akkoordtone by F en G, bv.                 (2)
      appoggiatura.

      F: ________________________________

      G: ________________________________

3.5   Noem die komposisietegniek by H in mate 14 en 15.                               (1)

      ____________________________________________________________

                                                                                            [10]

                                                                                             b.o.

### Page 11

MUSIEK                                     11
                                                  (Eerste Vraestel)            10691/15

VRAAG 4 (Harmonisering) (15 punte)

Beantwoord VRAAG 4.1 or VRAAG 4.2

4.1         Voltooi die volgende harmonisering deur partye vir alt, tenoor en bas onder   (15)
            die gegewe sopraanlyn te voeg.

Die harmonisering sal volgens hierdie riglyne nagesien word:

BESKRYWING                                            PUNTETOEWYSING   KANDIDAAT SE PUNTE
Akkoordprogressie: keuse van akkoorde en non-                 12
akkoordtone
Korrektheid: notasie, stemleiding, dubbelspasiëring           13

Algemene indruk: vernuwing, kreatiwiteit, non-                15
akkoordtone

TOTAAL                                                     30÷2 = 15

                                                                                                 [15]

                                                      OF
                                                                                                 b.o.

### Page 12

MUSIEK                                         12
                                                (Eerste Vraestel)                10691/15

4.2           Voltooi die volgende stuk deur geskikte harmoniese materiaal in die           (15)
              bassleutel by die gegewe melodie te voeg. Skryf in die styl wat gegee
              word.

Die harmonisering sal volgens hierdie riglyne nagesien word:
BESKRYWING                                           PUNTETOEWYSING     KANDIDAAT SE PUNTE
Akkoordprogressie: keuse van akkoorde en non-               14
akkoordtone (tussendominant van V nie verpligtend)
Stemleiding                                                  8
Algemene indruk: vernuwing, kreatiwiteit,                    8
karakterisering

TOTAAL                                                   30÷2 = 15

                                                                                        [15]

                                                                       TOTAAL AFDELING A: 60

                                                                                                   b.o.

### Page 13

MUSIEK                                            13
                                          (Eerste Vraestel)                   10691/15

AFDELING B - AMK (verpligtend)                                                   20 Punte

Vraag 5.1 (10 punte)

Kies die mees korrekte antwoord uit die opsies A – D as antwoord vir elkeen van vraag 5.1-10.
Skryf slegs die vraagnommer en letter in elke geval neer, bv. 5.11 D.

5.1.1   Watter van die volgende items is nie ŉ basiese musiekelement nie?
        A Timbre
        B Volume
        C Perspektief
        D Struktuur

5.1.2   Watter van die volgende items is nie ŉ groep musiekinstrumente nie?

        A Aerofone
        B Sousafone
        C Ideofone
        D Elektrofone

5.1.3   Watter van die volgende items is nie ŉ tegniek waarmee “vorm” in musiek geskep word
        nie?

        A Herhaling
        B Variasie
        C Kontras
        D Instrumentasie

5.1.4   Watter van die volgende items is nie tipies aan die basiese formele strukture van
        Afrikamusiek nie?

        A Grondbas
        B Roep en antwoord
        C Oorvleuelende frases
        D Gemengde strukture

                                                                                             b.o.

### Page 14

MUSIEK                                         14
                                          (Eerste Vraestel)                  10691/15

5.1.5 Watter van die volgende items is nie ŉ tempo-aanduiding nie?

        A Largetto
        B Lento
        C Mezzo
        D Rallentando

5.1.6   Watter van die volgende kunstenaars / groepe is nie deel van Rock-musiek in die 20e
        eeu nie?

        A Jimi Hendrix
        B Ravi Shankar
        C Elvis Presley
        D The Beatles

5.1.7   Watter van die volgende items is nie ŉ stylperiode in Westerse kunsmusiek nie?

        A Klassiek
        B Renaissance
        C Ragtime
        D Barok

5.1.8   Watter van die volgende items is nie ŉ Jazz-styl nie?

        A Blues
        B Bebop
        C Dixieland
        D Bluegrass

5.1.9   Watter van die volgende items is nie ŉ inheemse Afrika musiekstyl nie?

        A Ipitombi
        B Kwela
        C Mbaqanga
        D Mbube

                                                                                          b.o.

### Page 15

MUSIEK                                          15
                                           (Eerste Vraestel)                10691/15

5.1.10 Watter van die volgende volgorde van tone en halftone vorm ŉ doriese modus?

        A toon, toon, toon, halftoon, toon, halftoon, toon
        B toon, toon, halftoon, toon, toon, toon, halftoon
        C toon, halftoon, toon, halftoon, toon, toon, toon
        D toon, halftoon, toon, toon, toon, halftoon toon

                                                                                    [10]

Vraag 5.2 (10 punte)

Beantwoord die volgende vrae oor die Suid-Afrikaanse musiekindustrie:
5.2.1   Definieer “musiekplagiaat” in jou eie woorde. (2)

5.2.2   Wie is, volgens kopieregwet, die skrywer van ŉ lied? (1)

5.2.3   Verduidelik in jou eie woorde hoe kopiereg gedeel word wanneer verskillende lede van
        ŉ groep ŉ lied saam skryf. (2)

5.2.4   Noem DRIE maniere waarop ŉ kunstenaar se musiekbesigheid deur ŉ agent/bestuurder
        ontwikkel kan word. (3)

5.2.5   Verduidelik wat “needle-time” tantieme is. (2)
                                                                                           [10]

                                                                                            b.o.

### Page 16

MUSIEK                                              16
                                          (Eerste Vraestel)                    10691/15

AFDELING C – WKM (Keusevraag)                                                     40 punte

Vraag 6 Kortvrae (10 punte)

6.1   Identifiseer die werk waaruit hierdie tema kom. Skryf die titel en komponis neer. (2)
6.2   Noem die genre van die werk in 6.1 en verskaf ŉ definisie van hierdie genre. (3)
6.3   Noem een ooreenkoms en een verskil tussen die uiteensetting en die heruiteensetting in
      sonatevorm. (2)
6.4   Noem DRIE beginsels wat deur die Camerata vasgestel is in hulle ontwikkeling van die
      opera: (3)

Vraag 7 (5 punte)
Skryf ŉ paragraaf waarin jy die volgende sub-genres, soos wat dit in ŉ opera aangetref word,
verduidelik:
   – aria (2)
   – resitatief (2)
   – koor (1).

Vraag 8 (5 punte)
Op watter manier verskil Beethoven se Simfonie No. 6 Op. 68 in Fmajeur van die vroeëre
standaard Klassieke simfonieë wat deur sy voorgangers gekomponeer is? Skryf ŉ kort
paragraaf waarin jy 5 van hierdie verskille noem.

Vraag 9 (5 punte)
Beskryf ŉ tipiese Klassieke orkes.

                                                                                               b.o.

### Page 17

MUSIEK                                             17
                                          (Eerste Vraestel)                   10691/15

Vraag 10 (15 punte)

Die Zauberflöte (Die Towerfluit) is die laaste opera wat deur WA Mozart gekomponeer is.
Gebruik die volgende riglyne om ŉ opstel te skryf waarin jy hierdie monumentale werk beskryf.

          Gee ŉ definisie van die spesifieke genre van Die Zauberflöte (1)
          Noem TWEE sub-genres wat in die opera voorkom en verduidelik elkeen (4)
          Noem DRIE karakters, hulle stemtipes en een solo wat deur elkeen gesing word (9)

Jou logiese aanbieding van inhoud sowel as ŉ goed-gestruktureerde formaat sal met een punt
gekrediteer word. (1)
                                               OF

AFDELING D – JAZZ (Keusevraag)                                                         40 punte

Vraag 11 Kortvrae (10 punte)
11.1   Noem VIER instrumente wat die kern van die oorsprong van Kaapse Jazz gevorm
       het. (4)
11.2   Verduidelik wat ŉ “ghoema-trom” is. (2)
11.3   Noem DRIE prominente eksponente van Kaapse Jazz wat betrokke was by die
       oorspronklike opname van Mannenberg in die vroeë 1970s. (3)
11.4   Wie is die Jazz-kunstenaar wat bekend is vir The Colours They Bring? (1)

Vraag 12 (8 punte)
Skryf ŉ paragraaf waarin jy die betekenis en eienskappe van Kwela musiek in die konteks van
Suid-Afrikaanse Jazz verduidelik. Noem kunstenaars en groepe as voorbeeld. (8)

Vraag 13 (7 punte)
“The Soul Brothers” is ŉ groep wat verteenwoordigend is van ŉ tipies Suid-Afrikaanse styl.
Beskryf in ŉ paragraaf waarom hierdie style tipies Suid-Afrikaans is en noem EEN ander
groep/kunstenaar wat hierdie styl gebruik. (7)

Vraag 14 (15 punte)
Skryf ŉ opstel oor vroeë Marabi musiek. Sluit inligting oor die oorsprong en styleienskappe van
hierdie musiek in (10). Noem ten minste TWEE kunstenaars / groepe en ŉ tipiese lied deur
elkeen. (4)
Jou logiese aanbieding van inhoud in ŉ goed-beplande struktuur sal met een punt gekrediteer
word.
                                                 OF

                                                                                              b.o.

### Page 18

MUSIEK                                            18
                                           (Eerste Vraestel)                   10691/15

AFDELING E – IAM (Keusevraag)                                                     40 punte

Vraag 15 Kortvrae (10 punte)
15.1   Noem twee musikante wat instrumenteel was in die vaslegging van die Malombo styl. (2)
15.2   Wat was Sello Galane se belangrikste doelwit met Free Kiba? (2)
15.3   Verduidelik die sangstyl van ŉ Isicathamiya-groep. (4)
15.4   Noem twee beroemde liedere / treffers deur Ladysmith Black Mambaso. (2)

Vraag 16 (8 punte)
Skryf ŉ paragraaf wat die oorsprong en eienskappe van Maskandi musiek verduidelik. Noem
prominente kunstenaars / groepe as voorbeelde. (8)

Vraag 17 (7 punte)
“The Soul Brothers” is ŉ verteenwoordigende groep met ŉ tipies Suid-Afrikaanse styl. Bespreek
in ŉ paragraaf hoekom hierdie styl tipies Suid-Afrikaans is en noem EEN ander groep /
kunstenaar wat hierdie styl gebruik. (7)

Vraag 18 (15 punte)
Skryf ŉ opstel waarin jy die rol van inheemse Afrika musiek in die tradisionele sosiale konteks
bespreek. (15)
Jou logiese aanbieding van inhoud en die beplanning van ŉ goed-gestruktureerde opstel sal
met een punt gekrediteer word.

       Totaal Afdeling A:                                                               60 punte
       Totaal Afdeling B:                                                               20 punte
       Totaal Afdeling E:                                                               40 punte

                                             EINDE

### Page 19

MUSIEK                                            19
                                   (Eerste Vraestel)                  10691/15

Manuscipt paper for candidate’s own use / Manuskrippapier vir kandidaat se gebruik

## Related documents

- [MUSIC P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/51f99515-491a-4362-9497-f4b0bc914a66) — Music · QP · 2017 · Afr
- [MUSIC P1 GR12 SEPT2015 ENG QP](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-gr12-sept2015-eng-qp/5152ca77-6f18-4345-9883-b2973de8c282) — Music · QP · 2015 · Eng
- [Music P1 Nov 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2015-eng/77a70d28-53e8-4461-97ac-7193930f4114) — Music · QP · 2015 · Eng
- [Music P1 Nov 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2015-afr/551d5795-200c-4734-aba1-a92ad1e53f76) — Music · QP · 2015 · Afr
- [Music P1 Feb March 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-feb-march-2015-afr/5a89915e-da79-4464-abcc-9952616b2278) — Music · QP · 2015 · Afr
- [Music P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2025-mg-afr/155cdf2c-8d24-49d5-a9c3-f2ed3b02cd76) — Music · Memo · 2025 · Afr

## More from Grade 12 Music

- [Music P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-may-june-2025-mg-afr/10442153-8862-4dfd-a017-2e2ac2cc4494) — Memo · 2025 · Afr
- [Music P2 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-2/06853820-e71f-432a-9f3c-2d3bd761ddbc) — Memo · 2025 · Eng
- [Music P1 Nov 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2024-mg-eng/bd66a143-7b60-4c1f-91b2-0b55a7fc25e1) — Memo · 2024 · Eng
- [Music P2 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-may-june-2023-eng/4df209f3-4274-40b6-b0dc-1f68418e566a) — QP · 2023 · Eng
- [Music P2 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-nov-2023-eng/fc3a9ec3-c93e-47fa-8160-0927b63d7e5e) — QP · 2023 · Eng
- [Music P1 May June 2022 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2022-mg-afr/c41229fd-d079-4d2e-9458-58f3b07bf59e) — Memo · 2022 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
