# Music Grade 12 P1 NSC June 2024 Question Paper (Afrikaans)

> Grade 12 Music Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2024 (Afrikaans), 26 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/f564bc86-ad44-49e9-94d3-c7a5bdc05e0c
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Music
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 26

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Music](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/music) › [Music Grade 12 P1 NSC June 2024 Question Paper (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/f564bc86-ad44-49e9-94d3-c7a5bdc05e0c)

## About this document

Music · Grade 12 · NSC June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 26 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                   MUSIEK V1

                                MEI/JUNIE 2024

                                                                        PUNTE: 120

                                                                          TYD: 3 uur

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

          Hierdie vraestel bestaan uit 25 bladsye en 1 vel manuskrippapier.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Musiek/V1                                       2                       DBE/Mei/Junie 2024
                                         SS/NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.          Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings, naamlik AFDELING A, B, C, D
            en E.

2.          AFDELING A en B is VERPLIGTEND.

3.          AFDELING C: Inheemse Afrika-musiek (IAM), AFDELING D: Jazz en
            AFDELING E: Westerse Kunsmusiek (WKM) is keusevrae. Beantwoord slegs
            EEN van hierdie afdelings (AFDELING C OF D OF E).

4.          Skryf AL die musieknotasie in AFDELING A met potlood en al die geskrewe
            teks met blou of swart ink op hierdie vraestel.

5.          Beantwoord AFDELING B en AFDELING C OF D OF E met blou of swart ink
            in die ANTWOORDEBOEK wat verskaf is.

6.          Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
            vraestel gebruik is.

7.          Die laaste bladsy van hierdie vraestel is manuskrippapier wat vir rofwerk
            bedoel is. Kandidate mag NIE hierdie bladsy verwyder NIE.

8.          Kandidate mag vir die duur van hierdie eksamen NIE toegang tot enige
            musiekinstrument hê NIE.

9.          Kandidate moet let op die puntetoekenning van elke vraag om genoeg
            inligting in hulle antwoorde te gee.

10.         Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Musiek/V1                             3                        DBE/Mei/Junie 2024
                               SS/NSS Vertroulik

NASIENROOSTER

        AFDELING         VRAAG           PUNTE     NASIENER   MODERATOR
 A: MUSIEKTEORIE           1               15
    (VERPLIGTEND)
                           2               15
                           3               15
                           4               15
                       SUBTOTAAL           60
                                    EN
 B: ALGEMENE
    MUSIEKKENNIS           5               10
    (VERPLIGTEND)
                       SUBTOTAAL           10
                                    EN
 C: IAM                    6               20
                           7               5
                           8               5
                           9               5
                          10               15
                       SUBTOTAAL           50
                                    OF
 D: JAZZ                  11               20
                          12               5
                          13               5
                          14               5
                          15               15
                       SUBTOTAAL           50
                                    OF
 E: WKM                   16               20
                          17               5
                          18               5
                          19               5
                          20               15
                       SUBTOTAAL           50

                     GROOTTOTAAL          120

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Musiek/V1                                   4                            DBE/Mei/Junie 2024
                                     SS/NSS Vertroulik

AFDELING A: MUSIEKTEORIE (VERPLIGTEND)                                    (90 minute)

Beantwoord AFDELING A op die VRAESTEL.

Beantwoord VRAAG 1
EN VRAAG 2.1 OF 2.2
EN VRAAG 3.1 OF 3.2
EN VRAAG 4.1 OF 4.2.

VRAAG 1                                                                   (25 minute)

1.1    Voeg die korrekte tydmaattekenverandering in onder elke asterisk (*).

                                                                                                (2)

1.2    Skryf die enharmoniese ekwivalent van die gegewe toonsoortteken hieronder.

        Antwoord:

                                                                                                (1)

1.3    Skryf die vergrote drieklank wat diatonies in die harmoniese mineur met die
       gegewe toonsoortteken aangetref word. Skryf die drieklank in eerste omkering.

                                                                                                (1)

1.4    Skryf die mineur drieklank wat in 'n G majeur pentatoniese toonleer aangetref
       word.

                                                                                                (1)
                                                                                                  2024

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Musiek/V1                                    5                            DBE/Mei/Junie 2024
                                      SS/NSS Vertroulik

1.5    Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

       1.5.1    Skryf die omkering van die interval by (M) sonder toonsoortteken.

                                                                                                  (1)

       1.5.2    Verander die interval by (N) na 'n saamgestelde vergrote 2de.

                                                                                                  (1)

       1.5.3    Noem die ritmiese middel wat in maat 1 en 2 gebruik word.

                                                                                                  (1)

       1.5.4    Noem die artikulasieteken wat op die laaste noot gebruik word.

                                                                                                  (1)

1.6    Skryf die volgende toonlere volgens die gegewe instruksies.

       1.6.1    'n Opgaande heeltoon-toonleer wat op die gegewe noot begin

                                                                                                  (2)

       1.6.2    'n Afgaande Eoliese modus wat op F begin

                                                                                                  (2)

       1.6.3    'n Opgaande harmoniese mineurtoonleer waarin die gegewe tritonus
                (vergrote 4de) aangetref word

                                                                                                  (2)
                                                                                                  [15]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Musiek/V1                                   6                          DBE/Mei/Junie 2024
                                     SS/NSS Vertroulik

VRAAG 2                                                                    (25 minute)

Beantwoord VRAAG 2.1 OF VRAAG 2.2.

2.1    Voltooi die aanvang hieronder in solfanotasie OF in balknotasie om 'n
       twaalfmaat-melodie in drieledige vorm vir stem te vorm. Voeg dinamiek-
       aanduidings op geskikte plekke by. Moet NIE lirieke byvoeg NIE. Gebruik slegs
       EEN notasiesisteem.

Die melodie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.

                          BESKRYWING                                 MAKS.     PUNT
 Vorm en kadenspunte                                                   3
 Notasie
 Solfanotasie: ritme- en toonhoogte-aanduidings
                                                                       2
 Balknotasie: polsslae per maat, nootstele, groepering, spasiëring
 en skuiftekens
 Kwaliteit
                                                                      10
 Toepaslikheid van omvang, voordragaanwysings en musikaliteit
 TOTAAL                                                               15                        [15]

                                           OF

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Musiek/V1                                   7                            DBE/Mei/Junie 2024
                                     SS/NSS Vertroulik

2.2    Skryf 'n oorspronklike twaalfmaat-melodie in drieledige vorm vir enige enkellyn-
       melodiese instrument of stemtipe van jou keuse. Noem die instrument of
       stemtipe en verskaf 'n geskikte tempo-aanduiding. Voeg voordragaanduidings
       op geskikte plekke by.
       Gebruik die volgende om 'n samehangende melodie te skep:
        Diskant- OF bassleutel
        G majeur toonsoortteken
        Balknotasie OF solfanotasie (Moet NIE lirieke byvoeg NIE.)
        Ritmiese motief:

Instrument/Stemtipe:       __________________________

Tempo:        __________________________

Die melodie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.

                          BESKRYWING                                  MAKS.     PUNT
 Vorm en kadenspunte                                                    3
 Notasie
 Solfanotasie: ritme- en toonhoogte-aanduidings
                                                                        2
 Balknotasie: polsslae per maat, nootstele, groepering, spasiëring
 en skuiftekens
 Kwaliteit
 Toepaslikheid van omvang, voordragaanwysings, gebruik van             10
 gegewe ritmiese motief en musikaliteit
 TOTAAL                                                                15                        [15]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Musiek/V1                                   8                       DBE/Mei/Junie 2024
                                     SS/NSS Vertroulik

VRAAG 3                                                              (10 minute)

Beantwoord VRAAG 3.1 OF VRAAG 3.2.

3.1    Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

       3.1.1    Besyfer die akkoorde by (a) tot (g) met Romeinse syfers op die
                partituur, bv. viio6/viiob.                                                (7)

       3.1.2    Noem die kadens wat by (Z) gevorm word en besyfer die akkoorde op
                die partituur.

                                                                                           (3)

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 9

Musiek/V1                                    9                             DBE/Mei/Junie 2024
                                      SS/NSS Vertroulik

       3.1.3    Lewer kommentaar op die gebruik van toonsoort(e) in maat 9 tot 12.

                                                                                                  (1)

       3.1.4    Noem die tipe nie-harmoniese note by (i) en (ii).

                (i)

                (ii)                                                                              (2)

       3.1.5    Skryf die volgende nie-harmoniese note by (iii) en (iv) op die partituur.
                Gebruik 'n agstenootwaarde vir jou antwoord.

                (iii) Bo-wisselnoot

                (iv) Vooruitneming                                                                (2)
                                                                                                  [15]

                                            OF

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Musiek/V1                                   10                             DBE/Mei/Junie 2024
                                      SS/NSS Vertroulik

3.2    Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

       3.2.1    Identifiseer die akkoorde by (a) tot (g). Skryf die akkoordsimbole in die
                ruimtes wat bokant die notebalke verskaf is, bv. G/B.                             (7)

       3.2.2    Noem die kadens wat by (Z) gevorm word en besyfer die akkoorde by
                (m) en (n).

                                                                                                  (3)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Musiek/V1                                   11                             DBE/Mei/Junie 2024
                                      SS/NSS Vertroulik

       3.2.3    Lewer kommentaar op die Eb-noot in maat 8.

                                                                                                  (1)

       3.2.4    Noem die tipe nie-harmoniese note by (i) en (ii).

                (i)

                (ii)                                                                              (2)

       3.2.5    Skryf die volgende nie-harmoniese note by (iii) en (iv) op die partituur.
                Gebruik 'n agstenootwaarde vir jou antwoord.

                (iii) Terughouding

                (iv) Deurgangsnoot                                                                (2)
                                                                                                  [15]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Musiek/V1                                   12                           DBE/Mei/Junie 2024
                                      SS/NSS Vertroulik

VRAAG 4                                                                   (30 minute)

Beantwoord VRAAG 4.1 OF VRAAG 4.2.

4.1    Voltooi die vokale vierstemmige harmonisasie hieronder deur die alt-, tenoor- en
       baspartye by te voeg. Sluit die volgende by jou harmonisasie in:

           Kadensiële tweede omkering ( ) progressie                                           (2)
           Dominantsewende-akkoord                                                             (1)
           Harmoniese realisering van die besyfering gegee                                     (1)

Die harmonisasie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.

        BESKRYWING                 MAKS.           PUNT
 Akkoordkeuse                         15
 Notasie en stemvoering               8
 Kwaliteit                            7
                                   (30 ÷ 2)
 TOTAAL
                                     = 15                                                       [15]

                                              OF

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Musiek/V1                                   13                           DBE/Mei/Junie 2024
                                      SS/NSS Vertroulik

4.2    Voltooi die agtmaatstuk hieronder deur toepaslike harmoniese materiaal in
       halfnootwaardes by te voeg. Gaan voort in die styl wat deur die
       aanvangsakkoord in maat 1 voorgestel word en gee aandag aan stemvoering.
       Sluit die volgende in:

           Harmoniese realisering van die gegewe akkoordsimbole                               (2)
           ii – V – I-progressie                                                              (3)
           Ten minste EEN 'sus-akkoord' (akkoord met 'n terughouding)                         (1)
           'n 11de-akkoord by die asterisk (*)                                                (1)

Die antwoord sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.

        BESKRYWING                 MAKS.          PUNT
 Akkoordkeuse                         15
 Notasie en stemvoering                8
 Kwaliteit                             7
                                   (30 ÷ 2)
 TOTAAL
                                     = 15                                                      [15]
                                                                 TOTAAL AFDELING A:            60

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Musiek/V1                                   14                             DBE/Mei/Junie 2024
                                      SS/NSS Vertroulik

AFDELING B, C, D, E: ALGEMENE MUSIEKKENNIS                                  (90 minute)

Beantwoord AFDELING B, C, D en E in die ANTWOORDEBOEK.

AFDELING B: MUSIEKBEDRYF (VERPLIGTEND)

VRAAG 5

5.1     Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
        Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (5.1.1 tot 5.1.4) neer,
        bv. 5.1.5 E.

        5.1.1   SAMRO samel uitvoertantième in wanneer 'n musiekwerk …

                A    oor televisie of radio uitgesaai word.
                B    in 'n film gesinchroniseer word.
                C    in die openbaar uitgevoer word.
                D    Al die bogenoemde                                                           (1)

        5.1.2   Kopiereg word geskend wanneer …

                A    iemand 'n album wat deur 'n vriend gekoop is, kopieer.
                B    musiek by 'n private huispartytjie gespeel word.
                C    'n restaurant vir 'n lisensie betaal om agtergondmusiek te speel.
                D    Geeneen van die bogenoemde nie                                              (1)

        5.1.3   Watter EEN van die volgende maak 'n musiekwerk geskik vir kopiereg
                in Suid-Afrika?

                A    Dit moet oorspronklik wees en 'n wesenlike hoeveelheid lirieke of
                     musiek insluit.
                B    Die werk moet neergeskryf of opgeneem wees.
                C    Die skepper van die werk moet 'n burger of inwoner van die
                     Republiek van Suid-Afrika wees.
                D    Al die bogenoemde                                                           (1)

        5.1.4   Watter EEN van die volgende is NIE 'n funksie van 'n platemaatskappy
                NIE?

                A    Verskaf die finansiering om 'n album te maak
                B    Maak klankopnames
                C    Bring komponiste en liriekskrywers bymekaar om 'n kommersiële
                     produk te skep
                D    Bemark beide die opname en handelsmerk van die kunstenaar                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Musiek/V1                                    15                                DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

5.2     Gee     EEN     woord     of    term     vir       elke   beskrywing     hieronder,
        bv. 5.2.4 Musiekbedryf.

        5.2.1   Die proses waardeur 'n musiekwerk ontwikkel met die betrokkenheid
                van verskeie rolspelers om uiteindelik vrylik beskikbaar te raak                     (1)

        5.2.2   Wanneer musiek op 'n mobiele toestel teruggespeel word deur middel
                van digitale oordrag van klank en video                                              (1)

        5.2.3   Wanneer 'n musiekwerk met              kopiereg verkoop    word      sonder
                toestemming van die eienaar                                                          (1)

5.3     Wie word deur naaldtydregte bevoordeel en wanneer word dit in werking
        gestel?                                                                                      (2)

5.4     Watter reg sal 'n eienaar van 'n musiekwerk in staat stel om tantième te
        ontvang wanneer iemand anders 'n gedeelte daarvan gebruik deur middel van
        monstersameling ('sampling')?                                                                (1)

                                                                  TOTAAL AFDELING B:                 10

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 16

Musiek/V1                                   16                           DBE/Mei/Junie 2024
                                      SS/NSS Vertroulik

Beantwoord AFDELING C (IAM)
OF AFDELING D (JAZZ)
OF AFDELING E (WKM) in die ANTWOORDEBOEK.

AFDELING C: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM)

VRAAG 6

6.1     Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
        Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (6.1.1 tot 6.1.5) neer,
        bv. 6.1.6 E.

        6.1.1   Ukucothoza is 'n …

                A    harde, voet-stampende indlamu-dans.
                B    sagte kat-agtige dans.
                C    slangagtige vhaVenda-dans/Domba.
                D    Geeneen van die bogenoemde nie                                              (1)

        6.1.2   Watter feit is WAAR oor die lied Melodi Yalla Pitseng?

                A    Dit word deurgaans a cappella gesing.
                B    Dit begin met slegs stemme.
                C    Dit gebruik die I–V–IV–I-akkoordprogressie.
                D    Orrelklank speel 'n belangrike rol.                                         (1)

        6.1.3   Watter van die volgende sou jy in 'n uitvoering van Afrika-musiek
                verwag?

                A    Herhaling
                B    Poliritmes
                C    Improvisasie
                D    Al die bogenoemde                                                           (1)

        6.1.4   Watter EEN van die volgende instrumente is 'n chordofoon?

                A    Mbira
                B    Moropa
                C    Lesiba
                D    Umakhweyana                                                                 (1)

        6.1.5   G Eoliese modus staan ook as … bekend.

                A    G Miksolidiese modus
                B    G Doriese modus
                C    G natuurlike mineur toonleer
                D    G multi-modale toonleer                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Musiek/V1                                       17                              DBE/Mei/Junie 2024
                                          SS/NSS Vertroulik

6.2     Kies VIER items in KOLOM A en pas ELKEEN by 'n stelling in KOLOM B.
        Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers (6.2.1 tot 6.2.5) neer,
        bv. 6.2.6 H.

                        KOLOM A                                   KOLOM B
            6.2.1      Melodi Yalla Pitseng       A      'n dans en styl van kitaar stem

            6.2.2      Roep en antwoord           B      kwêla sikliese progressie

            6.2.3      Kitaar                     C      vorm in isicathamiya

            6.2.4      Krepitasie                 D      Soul Brothers

            6.2.5      Isishameni                 E      leierinstrument in maskanda

                                                  F      vokale effekte wat gebruik word
                                                         om opwinding te skep of
                                                         goedkeuring in 'n uitvoering te toon

                                                  G      Simon 'Mahlathini' and the
                                                         Mahotella Queens
                                                                                       (4 x 1)        (4)

6.3     Beskryf die lied Wamuhle.                                                                     (3)

6.4     Verduidelik hoe die volgende terme in isicathamiya gebruik word:

        6.4.1       Ukwakha                                                                           (1)

        6.4.2       Ivulindlela                                                                       (1)

        6.4.3       Izigqi                                                                            (1)

        6.4.4       Ukubasa                                                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 18

Musiek/V1                                    18                               DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

6.5     Watter groep instrumente sou jy tipies in die volgende style verwag? Skryf die
        groepnommer langs die vraagnommers (6.5.1 en 6.5.2) neer, bv. 6.5.3 Groep 4.

        6.5.1   Mbaqanga

                        GROEP 1                 GROEP 2                    GROEP 3
                         Tromstel                Tromstel                   Tromstel
                          Kitaar                  Tjello                     Uhadi
                           Orrel                   Orrel                      Orrel
                        Saksofoon               Saksofoon                  Saksofoon                (1)

        6.5.2   Kwêla

                        GROEP 1                 GROEP 2                 GROEP 3
                          Kitaar                  Kitaar                  Kitaar
                          Orrel                Penniefluitjie          Penniefluitjie
                        Saksofoon               Saksofoon                Trompet
                         Djembe                  Tromstel               Tromstel                    (1)

6.6     Identifiseer die kunstenaar/groep van die uittreksel hieronder.

                                                                                                    (1)

6.7     Identifiseer die lied waaruit die volgende uittreksel geneem is.

                                                                                                    (1)
                                                                                                    [20]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 19

Musiek/V1                                    19                         DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

VRAAG 7

7.1    Beskryf die kwêla-musiekstyl.                                                          (4)

7.2    Verduidelik EEN manier waarop die woord 'kwêla' in die verlede gebruik kon
       gewees het.                                                                            (1)
                                                                                              [5]

VRAAG 8

Motiveer waarom die lied Umama 'n tipiese voorbeeld van maskanda is.                          [5]

VRAAG 9

Bespreek die rol van die meester-tromspeler tydens 'n tromuitvoering.                         [5]

VRAAG 10

Philip Tabane het die inheemse rituele malombo tot 'n gewilde musikale domein
aangepas.

Brei op hierdie stelling uit deur Philip Tabane se kontemporêre malombostyl te
bespreek. Verwys na konteks, instrumentasie, vokale styl, tegnieke en lofdigte.

Jy sal krediet ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van jou
opstel.

Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.

                         KRITERIA                              PUNTETOEKENNING
 Konteks                                                              2
 Instrumentasie                                                       6
 Vokale style, tegnieke en lofdigte                                   4
 Logiese aanbieding en struktuur van die opstel                       3
 TOTAAL                                                               15                      [15]

                                                               TOTAAL AFDELING C:             50

                                             OF

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 20

Musiek/V1                                    20                            DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

AFDELING D: JAZZ

VRAAG 11

11.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
       Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (11.1.1 tot 11.1.5) in die
       ANTWOORDEBOEK neer, bv. 11.1.6 E.

       11.1.1    Watter instrument hoort NIE by die ritme-seksie van 'n tipiese big
                 band NIE?

                 A    Bongotromme
                 B    Baritonsaksofoon
                 C    Elektriese tromstel
                 D    Akoestiese bas                                                              (1)

       11.1.2    'n Toonleer sonder enige halftone is 'n …

                 A    sigeunertoonleer.
                 B    pentatoniese toonleer.
                 C    bebop-toonleer.
                 D    Geeneen van die bogenoemde nie                                              (1)

       11.1.3    Watter van die volgende style word met Afrika-jazz geassosieer?

                 A    Ghoema
                 B    Kwêla
                 C    Marabi
                 D    Al die bogenoemde                                                           (1)

       11.1.4    Zim Ngqawana se musiek …

                 A    vermeng amaZulu- en amaXhosa-musiekelemente met moderne
                      jazz.
                 B    het dikwels 'n atonale en vrye tonaliteit.
                 C    bevat invloede van funk, samba en Noorweegse volksmusiek.
                 D    Al die bogenoemde                                                           (1)

       11.1.5    'n Suid-Afrikaanse jazz-styl wat uit ragtime ontstaan het, is …

                 A    bebop.
                 B    Cape jazz.
                 C    marabi.
                 D    mbaqanga.                                                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 21

Musiek/V1                                      21                              DBE/Mei/Junie 2024
                                         SS/NSS Vertroulik

11.2   Kies VYF items in KOLOM A en pas ELKEEN by die korrekte item in KOLOM B.
       Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers (11.2.1 tot 11.2.5) neer,
       bv. 11.2.6 H.

                            KOLOM A                                   KOLOM B
            11.2.1   Herhalende motief                       A   I–IV–I64 –V
            11.2.2   Nuwe materiaal teenoor 'n               B   riff
                     vasgestelde progressie
                                                             C   AABA
            11.2.3   Herhalende progressie
                                                             D   improvisasie
            11.2.4   Liedvorm
                                                             E   ii–V–I
            11.2.5   Kadensiële progressie
                                                             F   ABACA
                                                             G   sekwens
                                                                                       (5 x 1)       (5)
11.3   Motiveer waarom Chris McGregor se musiek as progressiewe jazz beskou
       kan word.                                                                                     (2)
11.4   Beskryf die musiekstyl van The Flying Jazz Queens.                                            (2)

11.5   Noem EEN kunstenaar wat 'n tipiese Cape jazz-klank ontwikkel het deur die
       Kaapse Klopse-saksofoonklank na te boots.                                                     (1)
11.6   Identifiseer TWEE melodie-kenmerke in tipiese Cape jazz-musiek.                               (2)
11.7   Watter groep instrumente sou jy verwag om in Cape jazz te vind? Skryf die
       groepnommer langs die vraagnommer neer, bv. 11.7 Groep 4.

                 GROEP 1                     GROEP 2                      GROEP 3
                  Tromstel                    Tromstel                     Tromstel
                    Bas                        Tjello                        Bas
                   Klavier                      Orrel                     Klawerbord
                 Saksofoon                   Saksofoon                    Tromboon                   (1)

11.8   Identifiseer die liedjie waaruit die volgende uittreksel geneem is.

                                                                                                     (1)

11.9   Identifiseer die orkes waarmee jy die uittreksel hieronder assosieer.

                                                                                                     (1)
                                                                                                     [20]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 22

Musiek/V1                                   22                             DBE/Mei/Junie 2024
                                      SS/NSS Vertroulik

VRAAG 12

The Jazz Epistles het gedurende die 1950's 'n belangrike bydrae tot die Suid-
Afrikaanse jazz-veld gelewer. Beskryf die eienskappe van hulle styl. Noem EEN
album/liedjie en EEN lid van die groep.                                                           [5]

VRAAG 13

Bespreek Feya Faku se agtergrond en die eienskappe van sy musiek. Sluit die titel van
EEN album/liedjie in.                                                                             [5]

VRAAG 14

Bespreek die oorsprong en die instrumentasie van mbaqanga. Verwys na Umjomela
deur Makgonatsohle Band in jou antwoord.                                                          [5]

VRAAG 15

Kwêla is 'n musiekstyl wat in die 1950's ontwikkel het met sy wortels in verskeie style.

Brei op hierdie stelling uit deur die tipiese kenmerke van kwêla te bespreek. Verwys na
Banana ba Rustenburg deur Spokes Mashiyane in jou bespreking.

Jy sal krediet ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van jou
opstel.

Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.

                     KRITERIA                                  PUNTETOEKENNING
 Eienskappe van kwêla                                                 6
 Verwysing na Banana ba Rustenburg                                    6
 Logiese aanbieding en struktuur van die opstel                       3
 TOTAAL                                                               15                          [15]

                                                                 TOTAAL AFDELING D:               50

                                            OF

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 23

Musiek/V1                                  23                          DBE/Mei/Junie 2024
                                     SS/NSS Vertroulik

AFDELING E: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM)

VRAAG 16

16.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
        Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (16.1.1 tot 16.1.5) neer,
        bv. 16.1.6 E.

        16.1.1 Rondo is 'n stuk …

                 A    in drie seksies waarvan die eerste seksie aan die einde
                      terugkeer.
                 B    met 'n refrein wat ná elke kontrasterende seksie terugkeer.
                 C    waar al die seksies in dieselfde toonsoort is.
                 D    wat 'n soortgelyke struktuur as 'n minuet and trio het.                   (1)

        16.1.2 Watter inligting is NIE waar oor Beethoven se Pastorale Simfonie NIE?

                 A    Die eerste beweging is op 'n motiwiese tema gebou.
                 B    Simfonie Nr. 6 in F majeur Op. 86.
                 C    Die tweede beweging is in sonatevorm.
                 D    Die laaste beweging is in sonate-rondovorm.                               (1)

        16.1.3 Fermata is 'n musiekterm wat vir ... gebruik word.

                 A    tempo
                 B    dinamiek
                 C    tekstuur
                 D    Geeneen van die bogenoemde nie                                            (1)

        16.1.4 Houtblasers is instrumente wat klank deur middel van … produseer.

                 A   'n vibrerende membraan
                 B   vibrerende snare
                 C   kleppe
                 D   'n vibrerende lugkolom                                                     (1)

        16.1.5    Minuet en trio word dikwels in die … beweging van 'n Klassieke
                 simfonie aangetref.

                 A   eerste
                 B   tweede
                 C   derde
                 D   Geeneen van die bogenoemde nie                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 24

Musiek/V1                                     24                            DBE/Mei/Junie 2024
                                        SS/NSS Vertroulik

16.2   Kies VYF items oor vorm in KOLOM A en pas ELKEEN by die korrekte term
       in KOLOM B. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers
       (16.2.1 tot 16.2.5) neer, bv. 16.2.6 H.

                               KOLOM A                              KOLOM B
            16.2.1   'n Afsluitingseksie in sonatevorm      A   motief

            16.2.2   Die einde van 'n frase                 B   koda

            16.2.3   Die kleinste komposisie-eenheid        C   inleiding

            16.2.4   Openingseksie voordat die              D   kadens
                     hoofmelodie verskyn
                                                            E   brug
            16.2.5   'n Passasie wat een tema met ŉ
                     ander een verbind                      F   maat

                                                            G   ontwikkeling
                                                                                     (5 x 1)        (5)

16.3    Beantwoord die volgende vrae oor Die Towerfluit.

        16.3.1 Wat is die funksie van 'n koor in 'n opera?                                          (1)

        16.3.2 Noem die titel van die aria wat 'n koorgedeelte bevat en die karakter
               wat hierdie aria sing.                                                               (2)

16.4    Definieer die term programmusiek.                                                           (2)

16.5    Verduidelik TWEE wyses waarop Beethoven programmatiese elemente in sy
        Pastorale Simfonie gebruik het.                                                             (2)

16.6    Noem EEN houtblaasinstrument wat in 'n Klassieke orkes maar NIE in 'n
        Barokorkes aangetref word NIE.                                                              (1)

16.7    Gee die vormtipe en toonsoort van Die Hebrides deur Mendelssohn.                            (2)
                                                                                                    [20]

VRAAG 17

Beskryf die uiteensetting soos wat dit in sonatevorm gebruik word.                                  [5]

VRAAG 18

18.1    Beskryf die struktuur van Beethoven se Pastorale Simfonie.                                  (4)

18.2    Wat is die tempo-aanduiding van die laaste beweging van Beethoven se
        Simfonie Nr. 6 in F majeur?                                                                 (1)
                                                                                                    [5]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 25

Musiek/V1                                    25                            DBE/Mei/Junie 2024
                                       SS/NSS Vertroulik

VRAAG 19

Mendelssohn word as 'n Klassiek-Romantiese komponis beskou wie se styl elemente
van formele balans en beeldskepping bevat.

Bespreek hoe hierdie elemente in Die Hebrides geïllustreer word deur te verwys na die
instrumentasie en hoe die atmosfeer oorgedra word.                                              [5]

VRAAG 20

Die Towerfluit deur Mozart is 'n opera in tipiese Klassieke styl.

Brei op hierdie stelling uit deur die operatipe sowel as die Klassieke eienskappe van
hierdie opera te bespreek, soos in die aria Der Vogelfänger bin ich ja aangetref.

Jy sal krediet ontvang vir die logiese uiteensetting van feite en die struktuur van jou
opstel.

Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.

                          KRITERIA                                  PUNTETOEKENNING
 Operatipe                                                                 5
 Klassieke eienskappe in Der Vogelfänger bin ich ja                        7
 Logiese aanbieding en struktuur van die opstel                            3
 TOTAAL                                                                    15                   [15]

                                                                    TOTAAL AFDELING E:           50
                                                                        GROOTTOTAAL:            120

Kopiereg voorbehou

### Page 26

Musiek/V1                                DBE/Mei/Junie 2024
                     SS/NSS Vertroulik

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Music P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2025-mg-afr/155cdf2c-8d24-49d5-a9c3-f2ed3b02cd76) — Music · Memo · 2025 · Afr
- [MUSIC P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/51f99515-491a-4362-9497-f4b0bc914a66) — Music · QP · 2017 · Afr
- [Music P1 May June 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2019-afr/13558f2f-fa60-484b-930b-7f5557bb22dc) — Music · QP · 2019 · Afr
- [Music P1 May June 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2019-eng/c969e7f9-4077-4bd4-b656-d159ca2ee3b8) — Music · QP · 2019 · Eng
- [Music P1 May June 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2018-afr/b1ddc72e-e5b9-44f4-ba22-47c08b53fb6b) — Music · QP · 2018 · Afr
- [Music P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-may-june-2025-mg-afr/10442153-8862-4dfd-a017-2e2ac2cc4494) — Music · Memo · 2025 · Afr

## More from Grade 12 Music

- [Music P2 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-2/06853820-e71f-432a-9f3c-2d3bd761ddbc) — Memo · 2025 · Eng
- [Music P1 Nov 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2024-mg-eng/bd66a143-7b60-4c1f-91b2-0b55a7fc25e1) — Memo · 2024 · Eng
- [Music P2 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-may-june-2023-eng/4df209f3-4274-40b6-b0dc-1f68418e566a) — QP · 2023 · Eng
- [Music P2 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-nov-2023-eng/fc3a9ec3-c93e-47fa-8160-0927b63d7e5e) — QP · 2023 · Eng
- [Music P1 May June 2022 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2022-mg-afr/c41229fd-d079-4d2e-9458-58f3b07bf59e) — Memo · 2022 · Afr
- [Music P2 May June 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-may-june-2022-eng/4ac9e2aa-5736-4fa9-9bf7-d5bccad2d8fb) — QP · 2022 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
