# Music Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Music Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 42 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/d55332ad-567b-4b8e-8a16-9c92fe3398f2
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Music
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2025
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 42

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Music](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/music) › [Music Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/d55332ad-567b-4b8e-8a16-9c92fe3398f2)

## About this document

Music · Grade 12 · NSC November Exam · 2025. Memorandum, 42 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

GRAAD 12

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT
                                 CERTIFICATE

                                    GRAAD 12

                                     MUSIEK V1

                                  NOVEMBER 2025

                                  NASIENRIGLYNE

PUNTE: 120

                     Hierdie nasienriglyne bestaan uit 42 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Musiek/V1                                   2                           DBE/November 2025
                                    NSS – Nasienriglyne

 AFDELING A: MUSIEKTEORIE (VERPLIGTEND)                                    (90 minute)

 Beantwoord AFDELING A op die VRAESTEL.

 Beantwoord VRAAG 1
 EN VRAAG 2.1 OF 2.2
 EN VRAAG 3.1 OF 3.2
 EN VRAAG 4.1 OF 4.2.

 VRAAG 1                                                                   (25 minute)

 1.1    Toon die korrekte tydmaattekenverandering op die balk onder elke asterisk (*).

        Antwoord:

                                                                                  2x1         (2)

 1.2    Herskryf die volgende maat deur die nootwaardes te verdubbel.

        Antwoord:

                                                                              1 punt
                                                                        Geen ½ punte          (1)

 1.3    Skryf die mineur drieklank wat in die Eb majeur pentatoniese toonleer aangetref
        word. Skryf die drieklank in grondposisie.

        Antwoord:

                                  OF

                                                                               1 punt
                                                                        Geen ½ punte
                                                      Enige nootwaarde is aanvaarbaar         (1)

 1.4    Skryf die vergrote drieklank wat diatonies in G harmoniese mineur voorkom.
        Skryf die drieklank in eerste omkering.

        Antwoord:

                                  OF

                                                         Minus ½ punt vir grondposisie
                                                      Enige nootwaarde is aanvaarbaar         (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Musiek/V1                                     3                           DBE/November 2025
                                      NSS – Nasienriglyne

 1.5    Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

        1.5.1    Verander die boonste noot by (M) om 'n interval van 'n verminderde 6de
                 te vorm. Noteer die interval hieronder.

                 Antwoord:
                                                                                 1 punt
                                                                          Geen ½ punte
                                                        Enige nootwaarde is aanvaarbaar          (1)

        1.5.2    Noteer die omkering van die interval by (N) sonder toonsoortteken.

                 Antwoord:
                                 OF
                                                                                 1 punt
                                                                          Geen ½ punte
                                                        Enige nootwaarde is aanvaarbaar          (1)

        1.5.3    Skryf die enharmoniese ekwivalent van die noot by (i).

                 Antwoord:

                                                                                 1 punt
                                                        Enige nootwaarde is aanvaarbaar          (1)

        1.5.4    Hoe moet hierdie melodie uitgevoer word? Maak 'n kruisie (X) in die
                 toepaslike blokkie.

                     Grasieus            Presies            Vrolik            Kragtig
                                                                                   1 punt        (1)

 1.6    Identifiseer die toonlere/modusse wat in die volgende melodieë gebruik word.

        1.6.1    Neem slegs die gegewe note in ag wanneer hierdie toonleer
                 geïdentifiseer word.

                 Antwoord: B (majeur) pentatonies                                  1 punt        (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Musiek/V1                                    4                           DBE/November 2025
                                     NSS – Nasienriglyne

        1.6.2    Identifiseer die modus gebou op F in hierdie melodie.

                 Antwoord:          (F) Doriese modus                             1 punt        (1)

 1.7    Skryf die toonlere hieronder volgens die gegewe instruksies.

        1.7.1    Die afgaande blues-toonleer wat op die gegewe noot begin

                 Antwoord:

                                                    OF

                                    Minus ½ punt per fout tot 'n maksimum van 2 punte           (2)

        1.7.2    Die opgaande harmoniese mineur toonleer van die verwante mineur van
                 Gb majeur

                 Antwoord:

                                                    OF

                                    Minus ½ punt per fout tot 'n maksimum van 2 punte
                                            Kandidate hoef nie halftone aan te dui nie           (2)
                                                                                                [15]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Musiek/V1                                  5                        DBE/November 2025
                                   NSS – Nasienriglyne

 VRAAG 2                                                                (25 minute)

 Beantwoord VRAAG 2.1 OF VRAAG 2.2.

 2.1    Gebruik die opening hieronder om 'n twaalfmaat-melodie in drieledige vorm te
        skep. Skryf in balknotasie OF in solfanotasie.

 Konsep-antwoord:

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 6

Musiek/V1                                      6                                 DBE/November 2025
                                       NSS – Nasienriglyne

 Die melodie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.

      BESKRYWING                                  PUNTETOEKENNING
  Vorm en kadenspunte          1 punt per frase x 3                                             3
  Notasie
  Balknotasie: polsslae per
  maat, nootstele,
  groepering en skuiftekens    Minus ½ punt per fout tot 'n maksimum van 2 punte                2
  Solfanotasie: polsslae per
  maat, ritme- en
  toonhoogte-aanduidings
                                       Uitstekend
                                       Samehangend en musikaal; frases definieer vorm
                                       verbeeldingryk; aanvangsmotief innoverend voortgesit;
                               9–10    suksesvolle gebruik van toonsoort; melodiese kontoer
                                       meesterlik hanteer; kreatiewe benadering tot keuse van
                                       toonhoogtes en ritme
                                       Goed
                                       Korrek en musikaal; frases dui die vorm duidelik aan;
  Kwaliteit                    7–8½    aanvangsmotief sinvol voortgesit; stabiele toonsoort;
  Musikaliteit (omvang,                melodiese kontoer bevredigend; keuse van toonhoogtes
                                       en ritme akkuraat                                        10
  kontoer, geïmpliseerde
  harmonie)                            Gemiddeld
                                       Musikaal nie oortuigend; nie alle frases duidelik;
                               4–6½    aanvangsmotief nie goed gebruik; toonsoort onstabiel;
                                       melodiese kontoer onoortuigend; keuse van
                                       toonhoogtes en ritme verbeeldingloos
                                       Onaanvaarbaar
                                       Maak geen musikale sin; frases maak nie sin nie;
                               0–3½    aanvangsmotief geïgnoreer; geen sin vir toonsoort;
                                       geen melodiese kontoer; toonhoogtes en ritme lukraak
  TOTAAL                                 Nasieners mag ½ punte gebruik                          15       [15]

                                               OF

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 7

Musiek/V1                                   7                          DBE/November 2025
                                    NSS – Nasienriglyne

 2.2    Skryf 'n oorspronklike twaalf-maat melodie in drieledige vorm in balknotasie OF
        solfanotasie. Skryf vir enige enkellyn- melodiese instrument OF stemtipe van jou
        keuse. Noem die instrument OF stemtipe.
        Gebruik die volgende elemente:
        • Ritmiese motief:
        Balknotasie:
        • Toonsoort: D mineur – dui die toonsoortteken aan
        Solfanotasie:
        • La is D

 Konsep-antwoord:
 Instrument/Stemtipe:
 • Sopraansleutel: Saksofoon/Klarinet/Fluit/Trompet/Viool/Sopraan/Alt/Tenoor/, ens.
 • Bassleutel: Kontrabas/Tjello/Fagot/Tromboon/Eufonium/Bariton, ens.
 • Altsleutel: Altviool

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Musiek/V1                                      8                                  DBE/November 2025
                                       NSS – Nasienriglyne

 Die melodie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.

      BESKRYWING                                  PUNTETOEKENNING
  Vorm en kadenspunte          1 punt per frase x 3                                              3
  Notasie
  Balknotasie: polsslae per
  maat, nootstele,
  groepering, skuiftekens,
  aanduiding van sleutel en    Minus ½ punt per fout tot 'n maksimum van 2 punte                 2
  toonsoortteken
  Solfanotasie: polsslae per
  maat, ritme- en
  toonhoogte-aanduidings
                                       Uitstekend
                                       Samehangend en musikaal; frases definieer vorm
                                       verbeeldingryk; aanvangsmotief innoverend voortgesit;
                               9–10    suksesvolle gebruik van toonsoort; melodiese kontoer
                                       meesterlik hanteer; kreatiewe benadering tot die keuse
  Kwaliteit                            van toonhoogtes en ritme
  Toepaslikheid vir                    Goed
  instrument of stem                   Korrek en musikaal; frases dui die vorm duidelik aan;
  (omvang), gebruik van        7–8½    aanvangsmotief sinvol voortgesit; stabiele toonsoort;
                                       melodiese kontoer bevredigend; keuse van toonhoogtes
  gegewe ritmiese motief,              en ritme akkuraat                                        10
  musikaliteit                         Gemiddeld
  (omvang, kontoer,                    Musikaal nie oortuigend; nie alle frases duidelik;
  geïmpliseerde                4–6½    aanvangsmotief nie goed gebruik; toonsoort onstabiel;
  harmonie)                            melodiese kontoer onoortuigend; keuse van
                                       toonhoogtes en ritme verbeeldingloos
                                       Onaanvaarbaar
                                       Maak geen musikale sin; frases maak nie sin nie;
                               0–3½    aanvangsmotief geïgnoreer; geen sin vir toonsoort;
                                       geen melodiese kontoer; toonhoogtes en ritme lukraak
  TOTAAL                                 Nasieners mag ½ punte gebruik                          15        [15]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 9

Musiek/V1                                   9                        DBE/November 2025
                                    NSS – Nasienriglyne

 VRAAG 3                                                                 (10 minute)

 Beantwoord VRAAG 3.1 OF VRAAG 3.2.

 3.1    Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.
        Antwoord:

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 10

Musiek/V1                                    10                           DBE/November 2025
                                      NSS – Nasienriglyne

        3.1.1    Besyfer die akkoorde by (a) tot (g) met Romeinse syfers op die
                 partituur, bv. iii6/iiib.

                 Antwoord: Sien partituur

                                                         1 punt per akkoord = 7 punte
                             Minus ½ punt indien omkering of 7de weggelaat of foutief is         (7)

        3.1.2    Besyfer die akkoorde by (X) en benoem die kadens op die partituur.

                 Antwoord: Sien partituur                          Akkoorde = 2 punte
                                                                    Kadens = 1 punt              (3)

        3.1.3    Lewer kommentaar op die D# in the bassleutel in maat 11.

                 Antwoord:
                 • Dit skep 'n (harmoniese) sekwens van maat 9.
                 • Dit is 'n chromatiese deurgangsnoot tussen die D in maat 102 en E
                    in maat 121.
                 • Dit skep 'n sekondêre (tussen-) dominant in eerste omkering.
                 • Dit is die leitoon van E mineur in die twee-maat sekwens (maat 11-
                    12) op maat 9-10.
                 • Dit skep ‘n majeur akkoord op die submediant (VI).
                                                                               1 punt            (1)

        3.1.4    Noem die tipe nie-harmonienote by (i) en (ii).

                 Antwoord:
                 (i) Deurgangsnoot
                 (ii) (Onder) Hulpnoot/Wisselnoot                                    2x1         (2)

        3.1.5    Noteer die volgende nie-harmonienote by (iii) en (iv) op die partituur.
                 Gebruik 'n agstenootwaarde vir die antwoord.

                 Antwoord: Sien partituur
                 (iii) Terughouding
                 (iv) Vooruitneming                                                  2x1         (2)
                                                                                                 [15]

                                             OF

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Musiek/V1                                  11                        DBE/November 2025
                                    NSS – Nasienriglyne

 3.2    Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

        Antwoord:

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 12

Musiek/V1                                   12                           DBE/November 2025
                                     NSS – Nasienriglyne

        3.2.1    Identifiseer die akkoorde by (a) tot (g). Skryf die akkoordsimbole in die
                 spasies wat bokant die notebalke verskaf is, bv. G/B.

                 Antwoord: Sien partituur
                                                        1 punt per akkoord = 7 punte
             Minus ½ punt indien omkering of akkoorduitbreiding weggelaat of foutief is         (7)

        3.2.2    Skryf die akkoordsimbole by (m) en (n) en benoem die kadens by (X)
                 op die partituur.
                 Antwoord: Sien partituur                        Akkoorde = 2 punte
                                                                   Kadens = 1 punt
                                                       Minus ½ punt as 7de weggelaat is         (3)

        3.2.3    Lewer kommentaar op die Bb in die bassleutel in maat 11.

                 Antwoord:
                 • Dit is die grondnoot van Bb7 wat na A7 oplos.
                 • Dit is die verlaagde submediant in D majeur.
                 • Dit skep 'n chromatiese harmoniese progressie met sewende-
                    akkoorde.
                                                                       1 punt                   (1)

        3.2.4    Noem die tipe nie-harmonienote by (i) en (ii).

                 Antwoord:
                 (i) Deurgangsnoot
                 (ii) Vooruitneming                                                 2x1         (2)

        3.2.5    Noteer die volgende nie-harmonienote by (iii) en (iv) op die partituur.
                 Gebruik 'n kwartnootwaarde vir jou antwoord.
                 Antwoord: Sien partituur
                 (iii) Terughouding
                 (iv) Onderste hulpnoot/wisselnoot                                  2x1         (2)
                                                                                                [15]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Musiek/V1                                   13                         DBE/November 2025
                                     NSS – Nasienriglyne

 VRAAG 4                                                                    (30 minute)

 Beantwoord VRAAG 4.1 OF VRAAG 4.2.

 4.1    Voltooi die vierstemmige vokale harmonisasie hieronder deur die alt-, tenoor- en
        baspartye by te voeg. Sluit die volgende by jou harmonisasie in:

        •   Deurgangsprogressie met die gegewe viio6 -akkoord

        •   Onderbroke kadens met 'n dominantsewende-akkoord in maat 3–4

        •   Harmoniese realisering van die gegewe iii6 – I-akkoordprogressie.

 Konsep-antwoord:

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Musiek/V1                                      14                                    DBE/November 2025
                                        NSS – Nasienriglyne

 Die harmonisasie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.

   BESKRYWING                                    PUNTETOEKENNING
  Akkoordkeuse        Sluit aangeduide akkoorde in                                                 14
  Notasie en
                      8 – (aantal foute ÷ 4)                                                        8
  stemvoering
                                Uitstekend
                                Uitmuntende begrip vir koraalstyl; gevorderde akkoordkeuse;
                                gebruik van omkerings bewerkstellig uitstekende progressie;
                       6½–8     kreatiewe melodiese baslyn; alt en tenoor meestal
                                trapsgewys; verbeeldingryke gebruik van nie-harmoniese
                                note; gladde, akkurate of verbeeldingryke stemvoering
                                Goed
                                Aanvaarbare begrip vir koraalstyl; akkoordkeuse sluit
                                sekondêre akkoorde en omkerings in; baslyn toon goeie
                       5½–6     balans tussen trapsgewyse beweging en aanvaarbare
                                spronge; alt en tenoor speel 'n bindende rol binne ŉ
                                kompakte omvang; meestal gladde en korrekte stemvoering
  Kwaliteit                                                                                         8
                                Gemiddeld
                                'n Beperkte begrip vir koraalstyl; akkoordkeuse meestal
                       3½–5     grondposisie van primêre akkoorde; baslyn onsamehangend,
                                nie duidelik beplan nie; alt and tenoor toon lukrake beweging;
                                stemvoering lukraak met tipiese foute
                                Swak
                                Geen begrip vir koraalstyl; onsamehangende akkoordkeuse;
                                stemme is slegs 'ingevul'; geen onderskeibare stemvoering
                        0–3     tussen akkoorde nie; onsamehangende of geen baslyn; geen
                                sin vir progressie; substansiële aantal foute; feitlik geen
                                poging om die vraag te beantwoord nie; akkoorde losweg of
                                slegs note neergeskryf
                                                                                                 (30 ÷ 2)
  TOTAAL                                                                                           15        [15]

  Kandidate moet krediet kry vir 'n ander/kreatiewe en korrekte harmonisasie wat nie in hierdie
  nasienriglyne vervat is nie. Geen punte word vir besyfering van akkoorde toegeken nie.

                                                 OF

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 15

Musiek/V1                                       15                    DBE/November 2025
                                         NSS – Nasienriglyne

 4.2    Harmoniseer die gegewe melodie hieronder deur ten minste drie note in
        halfnootwaardes vir elke akkoord in te voeg, soos wat in maat 1 voorgestel word.
        Sluit die volgende in:
        •   Harmoniese realisering van die gegewe akkoordsimbole

        •   ii – V – I-progressie in G

        •   Plagale kadens aan die einde

 Konsep-antwoord:

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 16

Musiek/V1                                      16                                    DBE/November 2025
                                        NSS – Nasienriglyne

 Die harmonisasie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.

  BESKRYWING                                    PUNTETOEKENNING
 Akkoordkeuse         Sluit aangeduide akkoorde in                                                 14
 Notasie en
                      8 – (aantal foute ÷ 4)                                                        8
 stemvoering
                               Uitstekend
                               Uitmuntende begrip vir die voorgestelde jazz-styl; gevorderde
                      6½–8     akkoordkeuse; gebruik van uitgebreide akkoorde en
                               stemvoering ('voicing') bewerkstellig uitstekende vloei
                               Goed
                               Aanvaarbare begrip vir die voorgestelde jazz-styl;
                      5½–6     akkoordkeuse sluit uitgebreide akkoorde, sekondêre akkoorde
                               en omkerings in; die gebruik van uitgebreide akkoorde en
                               stemvoering bewerkstellig goeie vloei
 Kwaliteit                     Gemiddeld                                                            8
                               'n Beperkte begrip vir die voorgestelde jazz-styl; akkoordkeuse
                      3½–5     meestal grondposisie van primêre drieklanke; gebruik van
                               akkoorde en stemvoering bewerkstellig aanvaarbare vloei
                               Swak
                               Geen begrip vir die voorgestelde jazz-styl; onsamehangende
                               akkoorde; geen ware progressie en stemvoering; lukrake
                       0–3     akkoorde; 'n substansiële aantal foute; feitlik geen poging om
                               die vraag te beantwoord nie; akkoorde en note losweg
                               neergeskryf
                                                                                                 (30 ÷ 2)
 TOTAAL                                                                                            15        [15]

 Kandidate moet krediet kry vir 'n ander/kreatiewe en korrekte harmonisasie wat nie in hierdie
 nasienriglyne vervat is nie. Geen punte word vir akkoordsimbole toegeken nie.

                                                                           TOTAAL AFDELING A:                  60

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 17

Musiek/V1                                     17                            DBE/November 2025
                                       NSS – Nasienriglyne

 AFDELING B, C, D, E: ALGEMENE MUSIEKKENNIS                                     (90 minute)

 Beantwoord AFDELING B, C, D en E in die ANTWOORDEBOEK.

 AFDELING B: MUSIEKINDUSTRIE (VERPLIGTEND)

 Nota aan nasiener: Een punt word vir elke korrekte feit toegeken. Kandidate moet gekrediteer
 word vir enige korrekte antwoord wat nie in hierdie nasienriglyne gegee word nie.

 VRAAG 5

 5.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Skryf
        slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (5.1.1 tot 5.1.4) neer, bv. 5.1.5 E.

        5.1.1   Musiekskeppers is geregtig op tantième elke keer wanneer hulle musiek
                …

                Antwoord:       D (Al die bogenoemde)

        5.1.2   Vervaardigers van dokumentêre films wat van musiek gebruik maak,
                moet aansoek doen vir …
                Antwoord:       D   (Geeneen van die bogenoemde nie)

        5.1.3   Watter EEN van die volgende groepe baat by sinchronisasieregte?

                Antwoord:       C   ('n Opnamekunstenaar, sessiemusikant en
                                    komponis)

        5.1.4   Watter EEN van die volgende verduidelik die term openbare domein?
                Antwoord:       D   (Die ruimte waarbinne komposisies, onbeperk deur
                                    kopiereg, vrylik beskikbaar is)
                                                                                       (4 x 1)      (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 18

Musiek/V1                                      18                            DBE/November 2025
                                        NSS – Nasienriglyne

 5.2    Voltooi die tabel hieronder deur elke kollekteeragentskap met die
        ooreenstemmende regte te verbind. Skryf slegs die letter (A–E) langs die
        vraagnommers (5.2.1 tot 5.2.3) neer, bv. 5.2.4 F.

            KOLLEKTEERAGENTSKAP                               REGTE
            5.2.1 SAMRO                     A     meganiese regte namens voordraers en
                                                  komponiste
            5.2.2   SAMPRA
                                            B     grafiese regte namens
            5.2.3   CAPASSO                       opnamekunsenaars

                                            C     naaldtydregte namens
                                                  opnamekunstenaars

                                            D     sinchronisasieregte namens
                                                  klankingenieurs

                                            E     voordragregte namens komponiste en
                                                  uitgewers

        Antwoord:
            5.2.1   E
            5.2.2   C
            5.2.3   A                                                                  (3 x 1)      (3)

 5.3    Beantwoord die volgende vrae oor SAMRO musieklisensies:

        5.3.1       Wie moet aansoek doen?

                    Antwoord:
                    Enige musiekgebruiker, bv. restourante, tronke, skole,
                    inkopiesentrums, gimnasiums, ens.                                               (1)

        5.3.2       Wat word deur die lisensie toegelaat?

                    Antwoord:
                    • Die lisensie laat toe dat musiek in die openbaar uitgesaai (radio,
                       televisie, internet) kan word.
                    • Dit laat toe dat musiek lewendig in die openbaar gespeel kan word,
                       bv. sogenaamde 'covers' van bekende komposisies.
                    • Dit laat toe dat musiek in publieke venues as agtergrondmusiek
                       gespeel kan word.                                          (2 x 1)           (2)

                                                                   TOTAAL AFDELING B:               10

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 19

Musiek/V1                                    19                            DBE/November 2025
                                      NSS – Nasienriglyne

 Beantwoord AFDELING C (IAM)
 OF AFDELING D (JAZZ)
 OF AFDELING E (WKM) in die ANTWOORDEBOEK.

 AFDELING C: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM)

 VRAAG 6
 6.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Skryf
        slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (6.1.1 tot 6.1.4) neer,
        bv. 6.1.5 E.

        6.1.1    Watter element verwys na die toonkwaliteit van 'n instrument?
                 Antwoord:     D    (Timbre)

        6.1.2    Watter van die volgende kan in tradisionele Afrika-musiek gevind word?
                 Antwoord:     D    (Al die bogenoemde)

        6.1.3    Watter ander naam word vir mbaqanga gebruik?
                 Antwoord:     C    (Umgqashiyo)

        6.1.4    Noem die tradisionele danstipe wat die dryfkrag vir mbaqanga is:
                 Antwoord:     D    (Indlamu)                                         (4 x 1)      (4)

 6.2    Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs 'waar' of
        'onwaar' langs die vraagnommers (6.2.1 tot 6.2.4) neer, bv. 6.2.5 Onwaar.

        6.2.1    Liedere en danse word spesifiek gebruik om tydens verskeie seremonies
                 met die voorvaders te kommunikeer.
                 Antwoord:     Waar

        6.2.2    In Afrika-godsdienste is dit moontlik dat alle liedere en danse 'n staat van
                 vervoering teweeg kan bring.

                 Antwoord:     Onwaar

        6.2.3    Tradisionele genesers mag persoonlike liedere hê wat hulle aan hulle
                 voorvaders verbind.

                 Antwoord:     Waar

        6.2.4    Die tempo van dans word deur die polsslag van die trom bepaal.

                 Antwoord:     Waar                                                   (4 x 1)      (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 20

Musiek/V1                                     20                       DBE/November 2025
                                       NSS – Nasienriglyne

 6.3    Definieer die volgende terme:

        Antwoord:
        6.3.1 Oorvleueling
              Wanneer die antwoord op die roep begin voordat die roep klaarmaak

        6.3.2    Krepitasie
                 Spontane geluide wat gebruik word om opwinding of instemming te wys

        6.3.3    Ukupika
                 Kitaarspel in 'n plukstyl

        6.3.4    Isicathamiya
                 Tradisionele a cappella musiek vir TTBB in 'n roep en antwoord-styl wat
                 ukucothoza (om stadig te loop) insluit
                                                                                 (4 x 1)       (4)

 6.4    Definieer die woord roep in roep en antwoord.

        Antwoord:
        'n Roep is 'n melodiese of ritmiese fragment wat deur 'n solis gesing/gespeel
        word, wat deur 'n musikale antwoord/antwoordfrase deur 'n koor/groep opgevolg
        word.
                                                                              1 punt           (1)

 6.5    Beantwoord die volgende vrae oor malombo-musiek.

        6.5.1    Noem die TWEE Suid-Afrikaanse kulture wat deur Philip Tabane in
                 malombo-musiek saamgesmelt is.

                 Antwoord:      Bapedi en vhaVenda

        6.5.2    Hoe het hierdie twee kulture malombo se gewildheid beïnvloed?

                 Antwoord:
                 • Hierdie kulture het malombo aan 'n groter verskeidenheid van bronne
                    blootgestel:
                    o die tromme en fluite van die Bapedi
                    o die malombo- en murundzi-tromme van die vhaVenda
                 • Die gebruik van twee aparte tale (Sepedi en Tshivenda) het beteken
                    dat meer mense hierdie musiek kon verstaan.
                                                                                (2 x 2)        (4)

 6.6    Noem die instrument wat die penniefluitjie in mbaqanga-musiek vervang het.

        Antwoord: Saksofoon                                                     1 punt         (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 21

Musiek/V1                                  21                          DBE/November 2025
                                    NSS – Nasienriglyne

 6.7    Beskryf die rol van izihlabo in maskanda.

        Antwoord:
        • Dit stel die individuele voordraer (kitaarspeler/konsertinaspeler) en sy
           speeltegniek voor.
        • Dit dien as inleiding vir die lied voordat die groep begin saamspeel.
        • Dit word gebruik om die klank en stemming van die solis se kitaar te
           kontroleer.
                                                                                (2 x 1)        (2)
                                                                                               [20]

 VRAAG 7

 Beskryf hoe maskanda-musiek 'n gewilde genre geword het.

 Antwoord:
 • Die ryk Zulu-erfenis en die betekenis daarvan vir die Zulu-bevolking het maskanda
    hoofsaaklik in KwaZulu-Natal gewild gemaak.
 • Maskanda het na ander streke van die land versprei toe inwoners vanaf die platteland
    na groter stede getrek het om 'n beter lewenskwaliteit te vind.
 • Maskanda was 'n gewilde vorm van straatmusiek in Durban en het groot skares
    getrek.
 • Maskanda is gewild gemaak deur John Bhengu, wat bekend was vir sy
    straatoptredes in die laat 1940's.
 • Die akoestiese kitaar is in die 1970's vervang deur elektriese kitare, en dit het die
    klank van moderne maskanda geskep.
 • Die bekende en gewilde klank van maskanda soos ons dit ken, is geskep deur die
    kombinasie van tradisionele maskanda met die swaar baslyne van mbaqanga.
 • Gewildheid is ook aangehelp deur die kompeterende aard van maskanda-feeste wat
    by hostelle en stadiums dwarsoor die land en veral in KwaZulu-Natal en
    Johannesburg gehou is.
 • Gewildheid is verder aangehelp deur radio-uitsendings, wat hierdie genre aan 'n wyer
    gehoor bekendgestel het.
                                                                                 (5 x 1)       [5]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 22

Musiek/V1                                     22                             DBE/November 2025
                                       NSS – Nasienriglyne

 VRAAG 8

 Voltooi die tabel hieronder deur die ontbrekende inligting in te vul. Skryf slegs die
 antwoord langs die vraagnommers (8.1 tot 8.5) neer, bv. 8.6 Antwoord.

          ITEM                       KWÊLA                            MBAQANGA
     Invloede                          8.1                   Marabi en kwêla
                        Vierakkoord sikliese harmonie
     Harmonie           met primêre drieklanke:                          8.2
                        I – IV – V – I OF I – IV – I 4 – V
                                                    6

     Melodieë           Kort herhalende melodieë                         8.3
     Instrumentasie                    8.4                 Kitaar-/Orrelgedrewe
     Vokaal of
                                       8.5                   Gebruik lirieke in Afrika-tale
     instrumentaal

 Antwoord:
 8.1   Marabi en inheemse penniefluitjie musiek

 8.2        Vierakkoord sikliese harmonie met primêre drieklanke:
            I – IV – V – V/I OF I – IV – I64 – V

 8.3        Mbaqanga melodieë is herhalend van aard en bestaan uit verskillende lae.

 8.4        Penniefluitjie-/Saksofoon-/Kitaargedrewe

 8.5        Instrumentale musiek met lirieke bygevoeg in die meer moderne kwêla-styl.
                                                                                  (5 x 1)            [5]

 VRAAG 9

 Verduidelik hoe musiek in inheemse Afrika-inisiasierituele gebruik word. Verwys na die
 volgende fases van inisiasie:

 •     Voorbereiding van nuwelinge                                                          (1)
 •     Besnydenis                                                                       (2 x 1)
 •     Terugkeer van nuwelinge                                                          (2 x 1)

 Antwoord:
 Voorbereiding van die nuwelinge
 • 'n Seremonie word gehou waartydens na die voorvaders geroep word om die
    nuwelinge tydens die proses van inisiasie te beskerm.
    o Lofsang word gebruik om die teenwoordigheid van die voorvaders te versoek met
        die gebruik van hulle stamname wanneer die nuwelinge na die inisiasiegebied
        vertrek.
 • In sommige kulture sing die nuwelinge liedere aan die gemeenskap om die inwoners
    te laat weet dat hulle na die inisiasieskool vertrek.
                                                                             1 punt                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 23

Musiek/V1                                   23                           DBE/November 2025
                                     NSS – Nasienriglyne

 Inisiasie-area
 • Inisiasieliedere varieër in verskillende kulture, bv. domba (vhaVenda) en umtshilo
     (amaXhosa).
     o Liedere word gebruik om die voorvaders te ontbied voordat die nuwelinge die
         proses van inisiasie by die berg ondergaan.
     o Ander liedere word gedurende inisiasie onderrig sodat die nuwelinge verskillende
         menslike kwaliteite en kulturele waardes deur lirieke kan aanleer.
 • Musiekinstrumente word dikwels gedurende inisiasie gebruik om geeste te
     beliggaam en diere na te boots.
 • In sommige kulture skep die nuwelinge klein modelle van diere en komponeer liedere
     oor hierdie modelle, bv. 'n luislang in die vhaVenda-kultuur wat 'n simbool van
     vroulike fertiliteit is. Daarom demonstreer die uitvoer van die luislangdans gedurende
     domba die vrugbaarheid van die nuwelinge en dat hulle gereed is om met 'n gesin te
     begin.
 • Gedurende die inisiasieproses sing hulle liedere soos mokorotlo (Basotho) of
     somagwaza (amaXhosa) om hulle manlikheid te bevestig en pyn te verminder.
                                                                                      2x1        (2)
 Terugkeer van die nuwelinge
 • Wanneer hulle terugkeer, was die nuwelinge hulself in die rivier (waar geglo word dat
     die voorvaders bly) terwyl hulle liedere, bv. izidlalo (Amampondo), sing en dans.
 • 'n Seremonie word by die nuwelinge se tuistes gehou om die voorvaders vir veilige
     terugkeer te erken.
     o In sommige Xhosa-kulture sing die mans somagwaza en die kinders feestelike
         liedere gedurende die terugkeer van die nuwelinge.
 • In sommige kulture moet die nuwelinge sing of dans om te wys dat hulle teruggekeer
     het en dat die ritueel afgehandel is.
 • Tipes liedere, bv. mangae (baPedi), word gesing en gedans as deel van die
     afhandeling van hierdie ritueel.
                                                                                      2x1        (2)
                                                                                                 [5]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 24

Musiek/V1                                   24                                  DBE/November 2025
                                     NSS – Nasienriglyne

 VRAAG 10

 Bestudeer die skets hieronder.

                                            [Bron: Eksaminators se eie skets]

 Hierdie skets hierbo beeld 'n inheemse gemeenskapsaktiwiteit uit.
 Skryf 'n opstel waarin jy bespreek hoe isicathamiya in 'n moderne styl ontwikkel het en
 hoe die komposisiemetodes verbind is aan die gemeenskapsaktiwiteit wat in die skets
 hierbo uitgebeeld word.

 Jy sal krediet ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van die
 opstel.

 Antwoord:
 Voorbeeld van 'n inleiding
 Isicathamiya is tradisioneel beïnvloed deur die kulturele Zulu-geloof in die
 samehorigheid van die gemeenskap. Die bou van 'n hut is 'n gemeenskapsaktiwiteit
 vanaf begin tot voltooiing. Dit is 'n kreatiewe proses wat ooreenkomste toon met die
 komponeer van 'n lied of die ontwikkeling van 'n musiekstyl.

 Ontwikkeling van die styl
 • Isicathamiya is gewortel in die gemeenskapdogma van die Zulu-kultuur, 'Umntu
   ngumntu ngabantu'.
 • Verstedeliking het migrasies na stede tot gevolg gehad omdat die mense werk
   probeer vind het.
 • Om die eensaamheid te verdryf, het die mans wat in hostelle gewoon het hulself
   vermaak deur tradisionele liedere en kerkliedere te sing.
 • In die hostelle is verskeie kulture vermeng en kultuurgroepe het mekaar se
   musiekmaak beïnvloed.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 25

Musiek/V1                                   25                           DBE/November 2025
                                     NSS – Nasienriglyne

 • Vanuit hierdie integrasie het imbube-koormusiek en kompetisies ontwikkel.
 • Hostelle was digbevolk en knap gebou, dus het die harde mbube nagtelike
   kompetisies probleme veroorsaak. Daarom het groepe sagter begin sing en op tone
   begin dans (ukucothoza) in plaas daarvan om voete te stamp.
   o 'n Nuwe weergawe van imbube ontwikkel en word isicathamiya genoem,
       gebaseer op ukucothoza.
 • Een van die prominente groepe in hierdie kompetisies was 'Ezimnyama' (die swartes)
   wat later Ladysmith Black Mambazo geword het en in 1960 deur Joseph Shabalala
   gestig is.
 • Hulle het internasionaal saamgewerk, opnames gemaak en getoer met bekende
   kunstenaars soos Paul Simon op sy Graceland-album en -toer, en Michael Jackson.
 • Deur met ander kunstenaars saam te werk het hulle musiekinstrumente begin
   inkorporeer in 'n styl wat tradisioneel a cappella was.
 • Ladysmith Black Mambazo het met ander bekende Suid-Afrikaanse groepe
   saamgewerk, bv. die Soweto Strykkwartet.
 • Hulle het Engels in die lirieke ingesluit om die styl meer toeganklik te maak.
 • Meer moderne isicathamiya-groepe het uit die moderne isicathamiya wat deur
   Ladysmith Black Mambazo gevestig het ontwikkel, bv. Thee Legacy.
                                                                                   7x1
 Komposisiemetodes
 • In isicathamiya word die skep van liedere beskou as 'ukwakha' (om 'n huis te bou),
   wat as 'n gemeenskapsprojek eerder as 'n individuele onderneming aangepak word.
 • Om 'n lied te komponeer is 'n gedeelde taak soos waar take gedeel word wanneer 'n
   hut gebou word.
 • Die meesterbouer lei die bouproses terwyl die res van die groep aan die verskillende
   dele van die hut werk. Dis dieselfde manier waarop 'n komposisie 'gebou' word:
   o Die komponis (gewoonlik die leier) onderrig slegs sy indlela (pad/gedeelte) van
       die komposisie.
   o Die leier as die ivulindlela (padvinder) laat sy izigqi (voetspore) op die pad,
       naamlik sy styl van komposisie.
   o Die res van die groep volg met hulle eie persoonlike voetspore terwyl hulle die
       inmekaarsluitende ritmes en harmoniese rigting wat deur die leier verskaf is, volg.
 • Daar word gesamentlik besluit oor harmonisering deur die loop van hierdie proses.
 • Deur die loop van die samewerking staan die ivulindlela (leier) in die middel en die
   groepslede staan rondom hom.
 • Samewerking vind ook plaas wanneer die toonsoort van die lied deur die groepslede
   bepaal word.
                                                                                   6x1

 Voorbeeld van 'n slot
 Die ontwikkeling van isicathamiya is beïnvloed deur die geloof in die gemeenskap, of
 Umntu ngumntu ngabantu, ' 'n mens is 'n mens as gevolg van ander mense'. In die Zulu-
 kultuur is die sin vir die gemeenskap 'n waarde wat die identiteit van die volk aanspreek.
 Dit verduidelik hulle gemeenskaplike benadering tot komposisie. Ladysmith Black
 Mambazo het hierdie unieke genre toeganklik gemaak vir 'n wyer gehoor.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 26

Musiek/V1                                    26                               DBE/November 2025
                                      NSS – Nasienriglyne

 Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.

        KRITERIA                                  PUNTETOEKENNING
  Ontwikkeling van die styl                                                                   7
  Komposisiemetodes                                                                           6
                              Uitstekend
                              • 'n Inleiding, slot en substansiële argument
                                 in die middeldeel van die opstel              = 1 punt
                              •  Geen opskrifte of puntsgewyse sinne
                              •  Verbeeldingryke gebruik van volsinne
                              Gemiddeld
                              Gedeeltelike nakoming van opstelformaat, bv.
                              • Inleiding maar geen slot
                              • Slot maar geen inleiding
                              • Gebruik van opskrifte in 'n opstel wat     = ½ punt
  Opstelformaat                  andersins voldoen aan opstelformaat                          1
                              • Gebruik van puntsgewyse sinne wanneer
                                 items gelys word
                              • 'n Konsekwente gebruik van volsinne
                              Nie aanvaarbaar
                              • Geen poging om 'n opstel te skryf nie,
                                 slegs 'n enkele paragraaf
                              • Puntsgewyse skryfwyse en/of opskrifte          = 0 punte
                                 deurgaans
                              • Geen inleiding of slot
                              • Gebruik van volsinne is beperk
                              Uitstekend
                              • Logiese argument wat deurgaans                 = 1 punt
                                  toepaslik tot die onderwerp bly
                              Gemiddeld
                              • Argument is meestal logies maar met
  Relevansie van                  sommige misplaaste en/of irrelevante
                                  stellings
                                                                               = ½ punt       1
  argument
                              • Slotparagraaf/inleiding is nie relevant tot
                                  die middeldeel van die argument
                              Nie aanvaarbaar
                              • Die opstel hou nie verband met die             = 0 punte
                                  onderwerp nie
  TOTAAL                                                                                     15      [15]

                                                                    TOTAAL AFDELING C:               50

                                             OF

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 27

Musiek/V1                                     27                     DBE/November 2025
                                       NSS – Nasienriglyne

 AFDELING D: JAZZ

 VRAAG 11

 11.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Skryf
        slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (11.1.1 tot 11.1.5) neer,
        bv. 11.1.6 E.

        11.1.1 Watter tipe vorm is ook bekend as AABA-vorm?

                 Antwoord:    B    (32-maat vorm)

        11.1.2 A saksofoon is 'n ...

                 Antwoord:    B    (enkelriet-blaasinstrument)

        11.1.3 'n Jazz-styl met 'n gesinkopeerde melodie en 'n stabiele nie-
               gesinkopeerde ritmiese begeleiding:

                 Antwoord:    C    (Ragtime)

        11.1.4 'n Gliss of glissando is …

                 Antwoord:    A    ('n ononderbroke opwaartse of afwaartse gly tussen
                                   note)

        11.1.5 Watter element verwys na die toonkwaliteit van 'n instrument?

                 Antwoord:    D    (Timbre)                                     (5 x 1)      (5)

 11.2   Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs 'waar' of
        'onwaar' langs die vraagnommers (11.2.1 tot 11.2.4) neer, bv. 11.2.5 Onwaar.

        11.2.1 Blues is 'n musiekstyl wat die gewildste tussen 1910 en 1940 was en dit
               beïnvloed steeds komposisies wat deesdae geskryf word.
                 Antwoord:    Waar
        11.2.2 Roep en antwoord is 'n sangstyl waarin 'n groep gewoonlik 'n frase sing
               waarop ‘n solis met 'n beantwoordende frase reageer.

                 Antwoord:    Onwaar

        11.2.3 Swing jazz is oorwegend as dansmusiek bedoel.

                 Antwoord:     Waar

        11.2.4 'Comping' is akkoorde, ritme en teenmelodieë wat die ritmeseksie
               gebruik om 'n sololyn te ondersteun.
                 Antwoord:     Waar                                             (4 x 1)      (4)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 28

Musiek/V1                                     28                             DBE/November 2025
                                       NSS – Nasienriglyne

 11.3   Definieer die volgende terme:

        Antwoord:
        11.3.1 Koor
               • 'n Gedeelte van 'n lied wat na elke vers herhaal word
               • 'n Volledige siklus deur die vorm van die liedjie/melodie
               • 'n Klankeffek wat op 'n pedaal/versterker/klawerbord beskikbaar is
               • 'n Werk wat deur 'n groot groep/ensemble op 'n verhoog gesing word

        11.3.2 Vamp
               • 'n Aaneenlopende herhalende baslyn waaroor 'n solo gespeel word
               • 'n Kort aansteeklike motief wat soveel kere as wat nodig is herhaal
                 word

        11.3.3 Sinkopasie
               'n Aksentuering van swak polsslae

        11.3.4 Uitbreiding
               Die byvoeg van note om 'n akkoord uit te brei, bv. 'n negende, elfde of
               dertiende.
                                                                               (4 x 1)               (4)

 11.4   Beskryf hoe agstenote in 'n swing-ritme uitgevoer word.

        Antwoord:
        • Reëlmatige agstenote word met 'n triool-agtige gevoel gespeel.

        •   Vinnige swing skep 'n geaksentueerde gevoel op die tweede agstenoot
            (sinkopasie).
                                                                        1 punt                       (1)

 11.5   Beskryf die 12-maat-blues-progressie.
        Antwoord:
        • Die 12-maat-blues-progressie is 'n herhalende/sikliese harmoniese
           progressie.
        • Daar is drie 4-maat frases wat soos volg gestruktureer is:
           o Maat 1 tot 4: I – I – I – I (jazz-blues gebruik I – IV – I – V of I – ii – I – V),
           o Maat 5 tot 8: IV – IV – I – I,
           o Maat 9 tot 12: V – IV – I – I/V (terugkeer-herhaling)
                                                                                         (3 x 1)     (3)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 29

Musiek/V1                                    29                           DBE/November 2025
                                      NSS – Nasienriglyne

 11.6   Kies die instrument in KOLOM B wat by die kunstenaar in KOLOM A pas. Skryf
        slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (11.6.1 tot 11.6.3) neer, bv.
        11.6.4 F.

                        KOLOM A                                 KOLOM B
            11.6.1   Feya Faku           A     klavier

            11.6.2   Zim Ngqawana        B     saksofoon

            11.6.3   Chris McGregor      C     penniefluitjie

                                         D     trompet

                                         E     tromstel

        Antwoord:
         11.6.1   D
         11.6.2   B
         11.6.3   A                                                                 (3 x 1)      (3)
                                                                                                 [20]

 VRAAG 12

 Verduidelik hoekom die bydrae van die Jazz Epistles vir Suid-Afrikaanse jazz belangrik
 is.

 Antwoord:
 • Die Jazz Epistles was Suid-Afrika se eerste bekende bebop-groep in die 1950's.
 • Hulle invloed en nalatenskap lê daarin dat hulle hard bop met die ontwikkelende
    Afrika jazz-kultuur gekombineer het.
 • In 1959 word hulle album Jazz Epistle, Verse 1 die eerste album wat deur 'n swart
    Suid-Afrikaanse groep vrygestel word.
 • Al die lede van die Jazz Epistles het hulle eie oorspronklike material gekomponeer,
    en sodoende is 'n groot hoeveelheid werk geskep.
 • Die groep bestaan uit Dollar Brand (later Abdullah Ibrahim) op klavier, Kippie
    Moeketsi op altsaksofoon, Jonas Gwangwa op tromboon, Hugh Masekela op
    trompet, Johnny Gertze op bas, Early Mabuza of Makaya Ntshoko op tromstel (almal
    het later Suid-Afrikaanse jazz-ikone in eie reg geword).
 • Die Jazz Epistles het 'n spesifieke Suid-Afrikaanse klank begin skep en dit is verder
    deur latere kunstenaars oor die daaropvolgende dekades ontwikkel.
 • Hierdie komposisies het die kultuur en tradisies van hulle Afrika-erfenis bevestig.
 • Baie van hierdie musikante het verkies om in ballingskap te bly en het hulle styl
    verder ontwikkel deur blootstelling aan Europese musikante. Die groeplede was,
    onder andere, betrokke by die gewilde jazz-musiekblyspel, King Kong, wat oorsee
    getoer het.
 • Hulle het hulle nuutgevonde kennis en vaardighede teruggeploeg in die Suid-
    Afrikaanse konteks met hulle terugkeer.                                        (5 x 1)       [5]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 30

Musiek/V1                                    30                           DBE/November 2025
                                      NSS – Nasienriglyne

 VRAAG 13

 Beskryf die rol van die baskitaar in Ujomela. Verwys na die ritmiese en harmoniese
 ondersteuning en die interaksie met ander instrumente.

 Antwoord:
 Ritme
 • Die baskitaar voorsien 'n ritmiese basis saam met die tromstel om 'n soliede gevoel
    te skep.
 • Dit help om die tempo en voortstuwing van die liedjie te vestig.

 Harmoniese ondersteuning
 • Die baskitaar versterk/ondersteun die harmoniese struktuur (I – IV – V) deurdat die
    akkoordprogressies omlyn word, dikwels deur die grondnote van die akkoorde te
    speel en diepte aan die klank as 'n geheel te verleen.

 Interaksie met ander instrumente
 • Die baskitaar tree in noue wisselwerking met die tromme op en skep sodoende 'n
     soliede ritmeseksie.
 • Die baskitaarspeler werk ook nou saam met die kitaar en voorsien 'n brug tussen die
     harmoniese en ritmiese elemente om seker te maak dat alle instrumente naatloos
     saamvloei.
 • Die baskitaar antwoord ook op die roep van die leierkitaar.
 • Die baskitaar speel 'n belangrike rol om die 'gevoel' van die liedjie en die invloede op
     die oorkoepelende energie en 'vibe' van die voordrag vas te stel.
                              Ten minste EEN ritme, EEN harmoniese ondersteuning
                                              en EEN interaksie met ander instrumente
                                                                                     (5 x 1)      [5]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 31

Musiek/V1                                       31                             DBE/November 2025
                                         NSS – Nasienriglyne

 VRAAG 14

 Voltooi die tabel hieronder deur die ontbrekende inligting in te vul. Skryf slegs die
 antwoord langs die vraagnommers (14.1 tot 14.5) neer, bv. 14.6 Antwoord.

        ITEM                          KWÊLA                                MARABI
                                                               Ontwikkel uit Amerikaanse jazz
  Oorsprong                            14.1
                                                               en tradisionele Afrika-liedere
  Instrumentaal                        14.2                    Beide vokaal en instrumentaal
  of vokaal
                         Liedere begin gewoonlik met 'n
  Inleiding                                                                  14.3
                         penniefluitjie-inleiding
  Ritmiese               Ritmiese invloede van marabi                        14.4
  invloede

  Melodie                              14.5                    Klavier het 'n melodiese rol

 Antwoord:
 14.1 Dit ontwikkel uit marabi.

 14.2       Kwêla is instrumentaal.

 14.3       Liedere begin dikwels met 'n kort inleiding wat die klavier/klawerbord voorop
            stel.

 14.4       Ritmiese invloede van ragtime

 14.5       Penniefluitjie of saksofoon het 'n melodiese rol.                               (5 x 1)      [5]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Music P1 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/2519ee7f-bf23-488d-9428-c0bb5ed1bf21) — Music · QP · 2025 · Afr
- [Music P1 Nov 2019 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2019-memo-eng/d690c522-e0fe-4fdf-b630-a36ff389966e) — Music · Memo · 2019 · Eng
- [Music P1 Nov 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2019-memo-afr/6032f3b8-8f53-4474-b4fa-647f0029bbb9) — Music · Memo · 2019 · Afr
- [Music P1 Nov 2018 FINAL Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2018-final-memo-afr/dc78da88-f718-4288-96ae-eff8f272b86b) — Music · Memo · 2018 · Afr
- [Music P1 Nov 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2017-memo-eng/fe43edfa-7033-4f1b-b8a9-474f7af96383) — Music · Memo · 2017 · Eng
- [Music P1 Nov 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2016-memo-eng/a6caab8b-dd62-4dec-96d5-8b526e1a28a1) — Music · Memo · 2016 · Eng

## More from Grade 12 Music

- [Music P1 May-June 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2025-eng/a93b74de-03f7-4627-866d-40f73fc5580d) — QP · 2025 · Eng
- [Music P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2024-eng/1ae05b36-0299-4ea5-94a5-02cc439843f0) — QP · 2024 · Eng
- [Music P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2024-afr/89b0158e-2d68-4501-a28a-d92e7592e732) — QP · 2024 · Afr
- [Music P2 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-nov-2024-eng/ae7cdad4-f72c-4e9d-a719-3acb9bb251f2) — QP · 2024 · Eng
- [Music P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-nov-2024-afr/82de016a-5592-4674-bf9d-b63e9a93b27a) — QP · 2024 · Afr
- [Music P2 May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-english/320cff32-a6ad-424f-ba3b-75bdc6fb1ccb) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
