# Music Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Music Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 26 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/2519ee7f-bf23-488d-9428-c0bb5ed1bf21
- Updated: 2026-09-28
- Subject: Music
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 26

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Music](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/music) › [Music Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/2519ee7f-bf23-488d-9428-c0bb5ed1bf21)

## About this document

Music · Grade 12 · NSC November Exam · 2025. Question paper, 26 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                                    MUSIEK V1

                                 NOVEMBER 2025

PUNTE: 120

TYD: 3 uur

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

.

          Hierdie vraestel bestaan uit 25 bladsye en 1 vel manuskrippapier.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Musiek/V1                 2           DBE/November 2025
                     NSS Vertroulik

            HOU HIERDIE BLADSY OOP.

Kopiereg voorbehou                      Blaai om asseblief

### Page 3

Musiek/V1                                     3                             DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

 INSTRUKSIES EN INLIGTING         2025

 1.         Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings, naamlik AFDELING A, B, C, D
            en E.

 2.         AFDELING A en B is VERPLIGTEND.

 3.         AFDELING C: Inheemse Afrika-musiek (IAM), AFDELING D: Jazz en
            AFDELING E: Westerse Kunsmusiek (WKM) is keusevrae. Beantwoord slegs
            EEN van hierdie afdelings (AFDELING C OF D OF E).

 4.         Skryf AL die musieknotasie in AFDELING A met potlood en AL die geskrewe
            teks met blou of swart ink op hierdie vraestel.

 5.         Beantwoord AFDELING B en AFDELING C OF D OF E met blou of swart ink
            in die ANTWOORDEBOEK wat verskaf is.

 6.         Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
            vraestel gebruik is.

 7.         Die laaste bladsy van hierdie vraestel is manuskrippapier wat vir rofwerk bedoel
            is. Kandidate mag NIE hierdie bladsy verwyder NIE.

 8.         Kandidate mag vir die duur van hierdie eksamen NIE toegang tot enige
            musiekinstrument hê NIE.

 9.         Kandidate moet let op die puntetoekenning van elke vraag om genoeg inligting
            in hulle antwoorde te gee.

 10.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Musiek/V1                                     4                            DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

 AFDELING A: MUSIEKTEORIE (VERPLIGTEND)                                       (90 minute)

 Beantwoord AFDELING A op die VRAESTEL.

 Beantwoord VRAAG 1
 EN VRAAG 2.1 OF 2.2
 EN VRAAG 3.1 OF 3.2
 EN VRAAG 4.1 OF 4.2.

 VRAAG 1                                                                      (25 minute)

 1.1        Toon die korrekte tydmaattekenverandering op die balk onder elke asterisk (*).

                                                                                                  (2)

 1.2        Herskryf die volgende maat deur die nootwaardes te verdubbel.

            Antwoord:

                                                                                                  (1)

 1.3        Skryf die mineur drieklank wat in die Eb majeur pentatoniese toonleer aangetref
            word. Skryf die drieklank in grondposisie.

                                                                                                  (1)

 1.4        Skryf die vergrote drieklank wat diatonies in G harmoniese mineur voorkom.
            Skryf die drieklank in eerste omkering.

                                                                                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Musiek/V1                                    5                            DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 1.5        Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

            1.5.1     Verander die boonste noot by (M) om 'n interval van 'n verminderde
                      6de te vorm. Noteer die interval hieronder.

                                                                                                 (1)

            1.5.2     Noteer die omkering van die interval by (N) sonder toonsoortteken.

                                                                                                 (1)

            1.5.3     Skryf die enharmoniese ekwivalent van die noot by (i).

                                                                                                 (1)

            1.5.4     Hoe moet hierdie melodie uitgevoer word? Maak 'n kruisie (X) in die
                      toepaslike blokkie.

                          Grasieus          Presies          Vrolik            Kragtig           (1)

 1.6        Identifiseer die toonlere/modusse wat in die volgende melodieë gebruik word.

            1.6.1     Neem slegs die gegewe note in ag wanneer hierdie toonleer
                      geïdentifiseer word.

                                                                                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Musiek/V1                                     6                            DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

            1.6.2     Identifiseer die modus gebou op F in hierdie melodie.

                                                                                                     (1)

 1.7        Skryf die toonlere hieronder volgens die gegewe instruksies.

            1.7.1     Die afgaande blues-toonleer wat op die gegewe noot begin

                                                                                                   (2)

            1.7.2     Die opgaande harmoniese mineur toonleer van die verwante mineur
                      van Gb majeur

                                                                                                   (2)
                                                                                                   [15]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Musiek/V1                                    7                             DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 VRAAG 2                                                                     (25 minute)

 Beantwoord VRAAG 2.1 OF VRAAG 2.2.

 2.1        Gebruik die opening hieronder om 'n twaalfmaat-melodie in drieledige vorm te
            skep. Skryf in balknotasie OF in solfanotasie.

 Die melodie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.

                         BESKRYWING                                MAKS.         PUNT
  Vorm en kadenspunte                                                3
  Notasie
  Balknotasie: polsslae per maat, nootstele, groepering en
  skuiftekens                                                         2
  Solfanotasie: polsslae per maat, ritme- en toonhoogte-
  aanduidings
  Kwaliteit
                                                                      10
  Musikaliteit (omvang, kontoer, geïmpliseerde harmonie)
  TOTAAL                                                              15                         [15]

                                            OF

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Musiek/V1                                    8                            DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 2.2        Skryf 'n oorspronklike twaalfmaat-melodie in drieledige vorm in balknotasie OF
            solfanotasie. Skryf vir enige enkellyn- melodiese instrument OF stemtipe van
            jou keuse. Noem die instrument OF stemtipe.

            Gebruik die volgende elemente:
            • Ritmiese motief:
            Balknotasie:
            • Toonsoort: D mineur – dui die toonsoortteken aan
            Solfanotasie:
            • La is D

 Instrument/Stemtipe: ______________________________

 Die melodie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.

                             BESKRYWING                                   MAKS.       PUNT
  Vorm en kadenspunte                                                       3
  Notasie
  Balknotasie: polsslae per maat, nootstele, groepering, skuiftekens,
                                                                             2
  aanduiding van sleutel en toonsoortteken
  Solfanotasie: polsslae per maat, ritme- en toonhoogte-aanduidings
  Kwaliteit
  Toepaslikheid vir instrument of stem (omvang), gebruik van
                                                                            10
  gegewe ritmiese motief, musikaliteit (omvang, kontoer,
  geïmpliseerde harmonie)
  TOTAAL                                                                    15                   [15]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Musiek/V1                                    9                           DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 VRAAG 3                                                                   (10 minute)
 Beantwoord VRAAG 3.1 OF VRAAG 3.2.
 3.1        Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Musiek/V1                                    10                             DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

            3.1.1    Besyfer die akkoorde by (a) tot (g) met Romeinse syfers op die
                     partituur, bv. iii6/iiib.                                                    (7)

            3.1.2    Besyfer die akkoorde by (X) en benoem die kadens op die partituur.           (3)

            3.1.3    Lewer kommentaar op die D# in die bassleutel in maat 11.

                                                                                                    (1)

            3.1.4    Noem die tipe nie-harmonienote by (i) en (ii).

                     (i)

                     (ii)                                                                           (2)

            3.1.5    Noteer die volgende nie-harmonienote by (iii) en (iv) op die partituur.
                     Gebruik 'n agstenootwaarde vir die antwoord.

                     (iii) Terughouding

                     (iv) Vooruitneming                                                           (2)
                                                                                                  [15]

                                            OF

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Musiek/V1                                    11                          DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 3.2        Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Musiek/V1                                    12                             DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

            3.2.1    Identifiseer die akkoorde by (a) tot (g). Skryf die akkoordsimbole in
                     die spasies wat bokant die notebalke verskaf is, bv. G/B.                    (7)

            3.2.2    Skryf die akkoordsimbole by (m) en (n) en benoem die kadens by
                     (X) op die partituur.                                                        (3)

            3.2.3    Lewer kommentaar op die Bb in die bassleutel in maat 11.

                                                                                                  (1)

            3.2.4    Noem die tipe nie-harmonienote by (i) en (ii).

                     (i)

                     (ii)                                                                         (2)

            3.2.5    Noteer die volgende nie-harmonienote by (iii) en (iv) op die partituur.
                     Gebruik 'n kwartnootwaarde vir jou antwoord.

                     (iii)   Terughouding

                     (iv) Onderste hulpnoot/wisselnoot                                            (2)
                                                                                                  [15]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Musiek/V1                                     13                          DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

 VRAAG 4                                                                     (30 minute)
 Beantwoord VRAAG 4.1 OF VRAAG 4.2.
 4.1        Voltooi die vierstemmige vokale harmonisasie hieronder deur die alt-, tenoor-
            en baspartye by te voeg. Sluit die volgende by jou harmonisasie in:

            •   Deurgangsprogressie met die gegewe viio6 -akkoord
            •   Onderbroke kadens met 'n dominantsewende-akkoord in maat 3–4
            •   Harmoniese realisering van die gegewe iii6 – I-akkoordprogressie

 Die harmonisasie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.

         BESKRYWING                    MAKS.              PUNT
  Akkoordkeuse                            14
  Notasie en stemvoering                  8
  Kwaliteit                               8
                                       (30 ÷ 2)
  TOTAAL
                                         = 15
                                                                                                 [15]

                                             OF

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Musiek/V1                                   14                         DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 4.2        Harmoniseer die gegewe melodie hieronder deur ten minste drie note in
            halfnootwaardes vir elke akkoord in te voeg, soos wat in maat 1 voorgestel
            word. Sluit die volgende in:
            •   Harmoniese realisering van die gegewe akkoordsimbole
            •   ii – V – I-progressie in G
            •   Plagale kadens aan die einde

 Die harmonisasie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.

         BESKRYWING                  MAKS.              PUNT
  Akkoordkeuse                          14
  Notasie en stemvoering                8
  Kwaliteit                             8
                                     (30 ÷ 2)
  TOTAAL
                                       = 15                                                   [15]
                                                               TOTAAL AFDELING A:             60

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 15

Musiek/V1                                    15                          DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 AFDELING B, C, D, E: ALGEMENE MUSIEKKENNIS                                 (90 minute)

 Beantwoord AFDELING B, C, D en E in die ANTWOORDEBOEK.

 AFDELING B: MUSIEKBEDRYF (VERPLIGTEND)

 VRAAG 5

 5.1        Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
            Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (5.1.1 tot 5.1.4) neer,
            bv. 5.1.5 E.

            5.1.1     Musiekskeppers is geregtig op tantième elke keer wanneer hulle
                      musiek …

                      A   in die openbaar uitgevoer word.
                      B   afgelaai word.
                      C   in 'n dokumentêre film gebruik word.
                      D   Al die bogenoemde

            5.1.2     Vervaardigers van dokumentêre films wat van musiek gebruik maak,
                      moet aansoek doen vir …

                      A   meganiese regte.
                      B   menseregte.
                      C   naaldtydregte.
                      D   Geeneen van die bogenoemde nie

            5.1.3     Watter EEN van die volgende groepe baat by sinchronisasieregte?

                      A   'n Klankingenieur, voordraer en komponis
                      B   Agtergrondsangers, 'n musiekverspreider en SAMRO
                      C   'n Opnamekunstenaar, sessiemusikant en komponis
                      D   CAPASSO, 'n verwerker en 'n filmregisseur

            5.1.4     Watter EEN van die volgende verduidelik die term openbare
                      domein?

                      A   Om musiek onderhewig aan kopiereg vir 'n openbare konsert te
                          kopieer
                      B   Om in die openbaar op te tree
                      C   Om in 'n lokaal wat aan 'n gemeenskap behoort, op te tree
                      D   Die spasie waarbinne komposisies, onbeperk deur kopiereg,
                          vrylik beskikbaar is                                    (4 x 1)       (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Musiek/V1                                   16                           DBE/November 2025
                                       NSS Vertroulik

 5.2        Voltooi die tabel hieronder deur elke kollekteeragentskap met die
            ooreenstemmende regte te verbind. Skryf slegs die letter (A–E) langs die
            vraagnommers (5.2.1 to 5.2.3) neer, bv. 5.2.4 F.

            KOLLEKTEERAGENTSKAP                             REGTE
            5.2.1  SAMRO                  A      meganiese regte namens voordraers
                                                 en komponiste
            5.2.2    SAMPRA
                                          B      grafiese regte namens
            5.2.3    CAPASSO                     opnamekunstenaars

                                          C      naaldtydregte namens
                                                 opnamekunstenaars

                                          D      sinchronisasieregte namens
                                                 klankingenieurs

                                          E      voordragregte namens komponiste en
                                                 uitgewers
                                                                               (3 x 1)         (3)

 5.3        Beantwoord die volgende vrae oor SAMRO-musieklisensies:

            5.3.1    Wie moet aansoek doen?                                                    (1)

            5.3.2    Wat word deur die lisensie toegelaat?                        (2 x 1)      (2)

                                                               TOTAAL AFDELING B:              10

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

Musiek/V1                                      17                            DBE/November 2025
                                          NSS Vertroulik

 Beantwoord AFDELING C (IAM)
 OF AFDELING D (JAZZ)
 OF AFDELING E (WKM) in die ANTWOORDEBOEK.
 AFDELING C: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM)

 VRAAG 6
 6.1        Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
            Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (6.1.1 tot 6.1.4) neer,
            bv. 6.1.5 E.
            6.1.1     Watter element verwys na die toonkwaliteit van 'n instrument?
                      A   Dinamiek
                      B   Vorm
                      C   Tekstuur
                      D   Timbre
            6.1.2     Watter van die volgende kan in tradisionele Afrika-musiek gevind
                      word?
                      A   Pentatoniese toonleer
                      B   Poliritme
                      C   A cappella
                      D   Al die bogenoemde
            6.1.3     Watter ander naam word vir mbaqanga gebruik?
                      A   Marabi
                      B   Kwêla
                      C   Umgqashiyo
                      D   Geeneen van die bogenoemde nie
            6.1.4     Noem die tradisionele danstipe wat die dryfkrag vir mbaqanga is:
                      A   Borankana
                      B   Isibhaca
                      C   Isitshikitsha
                      D   Indlamu                                                      (4 x 1)      (4)

 6.2        Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs 'waar' of
            'onwaar' langs die vraagnommers (6.2.1 tot 6.2.4) neer, bv. 6.2.5 Onwaar.
            6.2.1     Liedere en danse word spesifiek gebruik om tydens verskeie
                      seremonies met die voorvaders te kommunikeer.
            6.2.2     In Afrika-godsdienste is dit moontlik dat alle liedere en danse 'n staat
                      van vervoering teweeg kan bring.
            6.2.3     Tradisionele genesers mag persoonlike liedere hê wat hulle aan
                      hulle voorvaders verbind.
            6.2.4     Die tempo van dans word deur die polsslag van die trom bepaal.
                                                                                (4 x 1)             (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 18

Musiek/V1                                     18                             DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

 6.3        Definieer die volgende terme:

            6.3.1     Oorvleueling

            6.3.2     Krepitasie

            6.3.3     Ukupika

            6.3.4     Isicathamiya                                                    (4 x 1)      (4)

 6.4        Definieer die woord roep in roep en antwoord.                                          (1)

 6.5        Beantwoord die volgende vrae oor malombo-musiek.

            6.5.1     Noem die TWEE Suid-Afrikaanse kulture wat deur Philip Tabane in
                      malombo-musiek saamgesmelt is.

            6.5.2     Hoe het hierdie twee kulture malombo se gewildheid beïnvloed?
                                                                                 (2 x 2)           (4)

 6.6        Noem die instrument wat die penniefluitjie in mbaqanga-musiek vervang het.             (1)

 6.7        Beskryf die rol van izihlabo in maskanda.                                 (2 x 1)      (2)
                                                                                                   [20]

 VRAAG 7

 Beskryf hoe maskanda-musiek 'n gewilde genre geword het.                             (5 x 1)      [5]

 VRAAG 8

 Voltooi die tabel hieronder deur die ontbrekende inligting in te vul. Skryf slegs die
 antwoord langs die vraagnommers (8.1 tot 8.5) neer, bv. 8.6 Antwoord.

         ITEM                        KWÊLA                          MBAQANGA
  Invloede                             8.1                  Marabi en kwêla
                        Vierakkoord sikliese harmonie
  Harmonie              van primêre drieklanke:                           8.2
                         I – IV – V – I OF I – IV – I64 – V
  Melodieë              Kort herhalende melodieë                          8.3
  Instrumentasie                        8.4                 Kitaar-/Orrelgedrewe
  Vokaal of
                                       8.5                  Gebruik lirieke in Afrika-tale
  instrumentaal
                                                                                      (5 x 1)      [5]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 19

Musiek/V1                                     19                               DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

 VRAAG 9
 Verduidelik hoe musiek in inheemse Afrika-inisiasierituele gebruik word. Verwys na die
 volgende fases van inisiasie:

 •     Voorbereiding van nuwelinge                                                                   (1)
 •     Besnydenis                                                                       (2 x 1)      (2)
 •     Terugkeer van nuwelinge                                                          (2 x 1)      (2)
                                                                                                     [5]
 VRAAG 10
 Bestudeer die skets hieronder.

                                           [Bron: Eksaminators se eie skets]

 Die skets hierbo beeld 'n inheemse gemeenskapsaktiwiteit uit.

 Skryf 'n opstel waarin jy bespreek hoe isicathamiya in 'n moderne styl ontwikkel het en
 hoe die komposisiemetodes verbind is aan die gemeenskapsaktiwiteit wat in die skets
 hierbo uitgebeeld word.

 Jy sal krediet ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van die opstel.

 Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.

                            KRITERIA                               PUNTETOEKENNING
     Ontwikkeling van die styl                                            7
     Komposisiemetodes                                                    6
     Opstelformaat                                                        1
     Relevansie van argument                                              1
     TOTAAL                                                               15

                                                                     TOTAAL AFDELING C:              50

                                             OF

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 20

Musiek/V1                                      20                         DBE/November 2025
                                          NSS Vertroulik

 AFDELING D: JAZZ

 VRAAG 11

 11.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
            Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (11.1.1 tot 11.1.5) neer,
            bv. 11.1.6 E.

            11.1.1    Watter tipe vorm is ook bekend as AABA-vorm?

                      A   Strofiese vorm
                      B   32-maat-vorm
                      C   12-maat-blues
                      D   Vers-refrein-vorm

            11.1.2    'n Saksofoon is 'n ...

                      A   transponerende koperblaasinstrument.
                      B   enkelriet-blaasinstrument.
                      C   nie-transponerende instrument.
                      D   Geeneen van die bogenoemde nie

            11.1.3    'n Jazz-styl met 'n gesinkopeerde melodie en 'n stabiele
                      nie-gesinkopeerde ritmiese begeleiding:

                      A   Blues
                      B   Swing
                      C   Ragtime
                      D   Bebop

            11.1.4    'n Gliss of glissando is …

                      A   'n ononderbroke opwaartse of afwaartse gly tussen note.
                      B   'n deurlopend herhalende musikale frase of ritme.
                      C   'n lang, vibrerende, hoë vokale klank.
                      D   Geeneen van die bogenoemde nie

            11.1.5    Watter element verwys na die toonkwaliteit van 'n instrument?

                      A   Dinamiek
                      B   Vorm
                      C   Tekstuur
                      D   Timbre                                                    (5 x 1)     (5)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 21

Musiek/V1                                    21                          DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 11.2       Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs 'waar' of
            'onwaar' langs die vraagnommers (11.2.1 tot 11.2.4) neer, bv. 11.2.5 Onwaar.

            11.2.1    Blues is 'n musiekstyl wat die gewildste tussen 1910 en 1940 was
                      en dit beïnvloed steeds komposisies wat deesdae geskryf word.

            11.2.2    Roep en antwoord is 'n sangstyl waarin 'n groep gewoonlik 'n frase
                      sing waarop 'n solis met 'n beantwoordende frase reageer.

            11.2.3    Swing jazz is oorwegend as dansmusiek bedoel.

            11.2.4    'Comping' is akkoorde, ritme en teenmelodieë wat die ritmeseksie
                      gebruik om 'n sololyn te ondersteun.                      (4 x 1)        (4)

 11.3       Definieer die volgende terme:

            11.3.1    Koor

            11.3.2    Vamp

            11.3.3    Sinkopasie

            11.3.4    Uitbreiding                                                 (4 x 1)      (4)

 11.4       Beskryf hoe agstenote in 'n swing-ritme uitgevoer word.                            (1)

 11.5       Beskryf die 12-maat-blues-progressie.                                 (3 x 1)      (3)

 11.6       Kies die instrument in KOLOM B wat by die kunstenaar in KOLOM A pas. Skryf
            slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (11.6.1 tot 11.6.3) neer,
            bv. 11.6.4 F.

                       KOLOM A                                 KOLOM B
            11.6.1     Feya Faku                  A klavier

            11.6.2     Zim Ngqawana               B saksofoon

            11.6.3     Chris McGregor             C penniefluitjie

                                                  D trompet

                                                  E tromstel
                                                                                   (3 x 1)     (3)
                                                                                               [20]

 VRAAG 12

 Verduidelik hoekom die bydrae van die Jazz Epistles vir Suid-Afrikaanse jazz belangrik
 is.                                                                            (5 x 1)        [5]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 22

Musiek/V1                                     22                               DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

 VRAAG 13

 Beskryf die rol van die baskitaar in Ujomela. Verwys na die ritmiese en harmoniese
 ondersteuning en die interaksie met ander instrumente.                      (5 x 1)                 [5]

 VRAAG 14

 Voltooi die tabel hieronder deur die ontbrekende inligting in te vul. Skryf slegs die
 antwoord langs die vraagnommers (14.1 tot 14.5) neer, bv. 14.6 Antwoord.

        ITEM                      KWÊLA                               MARABI
                                                          Ontwikkel uit Amerikaanse jazz
  Oorsprong                         14.1
                                                          en tradisionele Afrika-liedere
  Instrumentaal
                                    14.2                  Beide vokaal en instrumentaal
  of vokaal
                      Liedere begin gewoonlik met
  Inleiding                                                             14.3
                      'n penniefluitjie-inleiding
  Ritmiese
                      Ritmiese invloede van marabi                      14.4
  invloede
  Melodie                           14.5                  Klavier het 'n melodiese rol
                                                                                         (5 x 1)     [5]

 VRAAG 15

 Miriam Makeba was 'n Suid-Afrikaanse sangeres en menseregte-aktivis wat Afrika-
 musiek regoor die wêreld gewild gemaak het.

 Skryf 'n opstel waarin jy beskryf hoe Miriam Makeba 'n wêreldbekende kunstenaar
 geword het. Sluit haar nasionale en internasionale suksesse en haar politieke aktivisme
 by jou bespreking in.

 Jy sal krediet ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van die opstel.

 Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.

                          KRITERIA                                PUNTETOEKENNING
  Nasionale suksesse                                                     4
  Internasionale suksesse                                                5
  Politieke aktivisme                                                    4
  Opstelformaat                                                          1
  Relevansie van argument                                                1
  TOTAAL                                                                 15                          [15]

                                                                   TOTAAL AFDELING D:                50

                                             OF

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 23

Musiek/V1                                    23                            DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 AFDELING E: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM)

 VRAAG 16

 16.1       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
            Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (16.1.1 tot 16.1.4) neer,
            bv. 16.1.5 E.

            16.1.1    In rondovorm word die tema ook … genoem.

                      A   ABACA
                      B   'n episode
                      C   'n refrein
                      D   'n codetta

            16.1.2    'n Brug word gewoonlik … van sonatevorm gevind.

                      A   in die ontwikkelingseksie
                      B   tussen die eerste en tweede temas
                      C   tussen die uiteensetting en ontwikkeling
                      D   ná die heruiteensetting

            16.1.3    Watter EEN van die volgende            is   'n   voorbeeld   van    'n
                      nie-transponerende instrument?

                      A   Klarinet
                      B   Altviool
                      C   Kontrabas
                      D   Horing

            16.1.4    Watter EEN van die volgende verwys NIE na tempo NIE?

                      A   Bewegt
                      B   Rubato
                      C   Senza
                      D   Langsam                                                    (4 x 1)      (4)

 16.2       Definieer die volgende terme:

            16.2.1    Tutti

            16.2.2    Ostinato

            16.2.3    Koor                                                           (3 x 1)      (3)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 24

Musiek/V1                                    24                             DBE/November 2025
                                        NSS Vertroulik

 16.3       Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs 'waar' of
            'onwaar' langs die vraagnommers (16.3.1 tot 16.3.4) neer, bv. 16.3.5 Onwaar.

            16.3.1    'n Ander term vir sonatevorm is eerstebeweging-vorm.

            16.3.2    Sonate-rondo-vorm word gewoonlik in die derde beweging van die
                      Klassieke simfonie aangetref.

            16.3.3    Die simfoniese toondig en konsert-ouverture is onafhanklike,
                      enkelbeweging-werke vir orkes.

            16.3.4    Die A-seksie van       drieledige   vorm   eindig   meestal in die
                      tonika-toonsoort.                                            (4 x 1)        (4)

 16.4       Beantwoord die volgende vrae oor Beethoven se Simfonie Nr. 6 in F majeur
            Op. 68:

            16.4.1    Skryf die titel en tempo-aanduiding van die vierde beweging neer.
                                                                                  (2 x 1)         (2)

            16.4.2    Noem TWEE blaasinstrumente wat die jodeltema aan die begin van
                      die vyfde beweging speel.                              (2 x ½)              (1)

            16.4.3    Noem die vormtipe van die derde beweging.                                   (1)

            16.4.4    Gee TWEE voordrag- of speeltegnieke van die Mannheimskool.
                                                                             (2 x 1)              (2)

 16.5       Skryf EEN woord of term vir ELK van die volgende beskrywings:

            16.5.1    Die groep musici, digters en intellektuele in die laat-Renaissance
                      wat met die oorsprong van opera vereenselwig word

            16.5.2    Die stemtipe van Papagena in Die Towerfluit

            16.5.3    'n Nie-transponerende koperblaasinstrument wat die bassleutel
                      gebruik                                               (3 x 1)               (3)
                                                                                                  [20]

 VRAAG 17

 Skryf 'n paragraaf oor die inleiding (2 punte) en uiteensetting (3 punte) van die ouverture
 tot Die Towerfluit deur Mozart.                                                                  [5]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 25

Musiek/V1                                     25                           DBE/November 2025
                                         NSS Vertroulik

 VRAAG 18

 Voltooi die tabel hieronder oor die uiteensetting van Mendelssohn se Hebrides
 Ouverture. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommers (18.1 tot 18.5) neer,
 bv. 18.6 Antwoord.

       ELEMENT               EERSTE TEMA                  TWEEDE TEMA
  Toonsoort                      18.1                         18.2
  Instrumentasie                 18.3                         18.4
  Tempo-aanduiding                                18.5
                                                                                      (5 x 1)   [5]

 VRAAG 19

 Skryf 'n paragraaf waarin jy die verskille tussen 'n tipiese Klassieke simfonie en
 Beethoven se Simfonie Nr. 6 in F majeur Op.68 bespreek.                     (5 x 1)            [5]

 VRAAG 20

 Baie van Mozart se operas is in die genre van opera seria geskryf, maar hy word vandag
 oorwegend vir sy opera buffa en die Singspiel hoog geag.

 Skryf 'n opstel waarin jy hierdie DRIE operatipes kortliks beskryf en aandui hoe die
 elemente van elke operatipe in Mozart se Die Towerfluit neerslag vind.

 Jy sal krediet ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van die opstel.

 Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.

                          KRITERIA                                PUNTETOEKENNING
  Opera seria                                                            2
  Opera buffa                                                            2
  Singspiel                                                              2
  Die Towerfluit                                                         7
  Opstelformaat                                                          1
  Relevansie van argument                                                1
  TOTAAL                                                                 15                     [15]

                                                                   TOTAAL AFDELING E:           50
                                                                       GROOTTOTAAL:             120

Kopiereg voorbehou

### Page 26

Musiek/V1                             DBE/November 2025
                     NSS Vertroulik

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Music P1 Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2021-eng/9516b474-9a42-4e04-859a-93e4d6245ec7) — Music · QP · 2021 · Eng
- [Music P1 Nov 2020 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2020-afr/ec9bdd7b-236a-4771-88cd-7b834197b65d) — Music · QP · 2020 · Afr
- [Music P1 Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2018-eng/c2dd58b5-46d3-453e-9cba-001c07f400d4) — Music · QP · 2018 · Eng
- [Music P1 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2018-afr/fee83adc-0be8-4a60-b20a-59c78b3a5707) — Music · QP · 2018 · Afr
- [Music P1 Nov 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2017-eng/44e7edc8-85db-465c-8c33-44dce5a59204) — Music · QP · 2017 · Eng
- [Music P1 Nov 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2017-afr/41a9ba84-5d21-481f-9ef9-eaf43762ca64) — Music · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Music

- [Music P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2025-mg-afr/155cdf2c-8d24-49d5-a9c3-f2ed3b02cd76) — Memo · 2025 · Afr
- [Music P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p2-may-june-2025-mg-afr/10442153-8862-4dfd-a017-2e2ac2cc4494) — Memo · 2025 · Afr
- [Music P2 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-2/06853820-e71f-432a-9f3c-2d3bd761ddbc) — Memo · 2025 · Eng
- [Music P1 Nov 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-nov-2024-mg-eng/bd66a143-7b60-4c1f-91b2-0b55a7fc25e1) — Memo · 2024 · Eng
- [Music P1 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-music-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-english/1e8a41db-4f78-4243-a8c6-a6e30009ff1b) — Memo · 2024 · Eng
- [Music P1 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/music-p1-may-june-2023-afr/c63e8e7c-e873-4829-a88c-b6bca7fa6d10) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
