# Business Studies Grade 12 Gauteng Mock 2016 QP (Afr)

> Grade 12 Business Studies question paper from the Gauteng Mock Exam 2016 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-10720-business-studies-afrikaans-question-paper/295c56c3-0fa5-4d0f-b345-ee5dee59380e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/business-studies) › [Business Studies Grade 12 Gauteng Mock 2016 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-10720-business-studies-afrikaans-question-paper/295c56c3-0fa5-4d0f-b345-ee5dee59380e)

## About this document

Business Studies · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2016 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

         GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
               VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                        2016

                        10720

                   BESIGHEIDSTUDIES

TYD: 3 uur

PUNTE: 300

17 bladsye

    3

                                              b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                               BESIGHEIDSTUDIES                               2
                                                                            10720/16

                     GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                              VOORBEREIDENDE EKSAMEN

                                                      BESIGHEIDSTUDIES

                                                      TYD: 3 uur

                                                      PUNTE: 300

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies noukeurig voordat die vrae beantwoord word.

1     Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdeling en handel oor al die
      hoofonderwerpe.

      AFDELING A:      VERPLIGTEND
      AFDELING B:      Bestaan uit VYF vrae.
                       Beantwoord enige DRIE van die vyf vrae uit hierdie afdeling.
      AFDELING C:      Bestaan uit VIER vrae.
                       Beantwoord enige TWEE van die vier vrae uit hierdie afdeling.

2     Lees die instruksies by elke vraag deeglik en maak seker van wat gevra is.

3     Nommer vrae in ooreenstemming met die nommeringstelsel op die vraestel.
      Geen punte sal toegeken word vir vrae wat foutief genommer is nie.

4     Tensy anders vermeld moet antwoorde in volsinne beantwoord word.

5     Gebruik die totaal van die punte wat toegeken word by ŉ vraag as ŉ aanduiding
      van die lengte en diepte van die antwoord.

                                                                                       b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                              BESIGHEIDSTUDIES                             3
                                                                         10720/16

6    Gebruik die onderstaande vraag as ̍n aanduiding van die tyd wat aan elke
     vraag bestee moet word.

              AFDELING                VRAAG          PUNTE               TYD
      A:     Verpligtend                 1               40          30 minute
             Opjektiewe vrae oor
             alle werk

      B:     VYF direkte /               2                60          30 minute
             indirekte tipe vrae.        3                60          30 minute
             (Kies DRIE vrae uit         4                60          30 minute
             hierdie afdeling.)          5                60          30 minute
                                         6                60          30 minute
      C:     VIER langvrae.              7                40          30 minute
             (Kies TWEE vrae             8                40          30 minute
             uit hierdie afdeling.)      9                40          30 minute
                                        10                40         30 minute
                                                         300        180 minute

7   Begin die antwoord vir elke vraag op ŉ NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe
    bladsy; VRAAG 2 nuwe bladsy, ens.

8   Nie-programeerbare sakrekenaars mag gebruik word.

9   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                    b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                               BESIGHEIDSTUDIES                                  4
                                                                               10720/16

AFDELING A: (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
      die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer
      (1.1.1 – 1.1.10) in jou ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.11 B.

      1.1.1   Hierdie wet reguleer die voorwaardes van krediet tussen die besigheid
              en verbruikers.

              A      Breed Gebasseerde Swart Ekonomiese Bemagtigingswet, 2003.
                     (Wet 53 van 2003)
              B      Wet op Basiese diensvoorwaardes, 1997 (Wet 75 van 1997)
              C      Diensbillikheidswet, 1998 (Wet 55 van 1998)
              D      Nasionale Kredietwet, 2005 (Wet 34 van 2005)

      1.1.2   Visserye is deel van die … sektor.

              A      sekondêre
              B      primêre
              C      tersiêre
              D      informele

      1.1.3   Hierdie instellings is verantwoordelik vir die ontwikkeling en
              implementering van sektorale vaardigheidsplanne.

              A      SOOS’s
              B      Banke
              C      Johannesburgse Sekuriteitebeurs
              D      Vakbonde

      1.1.4   Hierdie vorm van eienaarskap word gestig deur ŉ groep wat instem om
              saam te werk, hulle bates saam te verpoel sodat hulle ekonomies meer
              effektief is.

              A      Nie-winsgewende maatskappy
              B      Koöperasie
              C      Beslote Korporasie
              D      Publieke maatskappy

                                                                                          b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                        BESIGHEIDSTUDIES                                5
                                                                      10720/16

1.1.5    Henry belê sy jaarlikse bonus van R25 000 in ŉ vaste deposito-
         rekening vir 3 jaar. Indien hy 11% saamgestelde rente per jaar verdien,
         hoeveel rente sal hy in 3 jaar verdien?

         A       R 34 190,78
         B       R 33 250
         C       R 9 190,78
         D       R 8 250

1.1.6    Die volgende visuele hulpmiddel is nie geskik vir groot groepe nie.

         A      PowerPoint
         B      Tru-projektor
         C      Plakkate
         D      Interaktiewe witbord

1.1.7    Watter EEN van die volgende is ŉ voorbeeld van etiese gedrag?

         A       Dra vanpaste klere tydens ŉ raadsvergadering
         B       Betaal werknemers billike lone
         C       Stel familie aan in bevorderingsposte
         D       Vermy die betaling van BTW en belasting

1.1.8    Tydens die toepassing van hierdie kreatiewe denkmetode word
         voorstelle gegee sonder om enige idee te kritiseer.

         A      Delphi tegniek
         B      Dinkskrum
         C      Nominale groep-tegniek
         D      Laterale denke

1.1.9    ŉ Dispuut tussen ŉ werkgewer en werknemer word opgelos deur
         voorstelle te maak vir ŉ moontlike oplossing.

         A     Mediasie
         B     Arbitrasie
         C     Werksplekforum
         D     Gemenereg-aksie

1.1.10   Inligting wat akkuraat, volledig, betekenisvol en maklik is om te gebruik
         is ŉ kwaliteitsaanwyser van die … funksie.

         A     administrasie
         B     produksie
         C     finansiële
         D     menslike hulpbron
                                                                           (10x2) (20)

                                                                                 b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                               BESIGHEIDSTUDIES                               6
                                                                            10720/16

1.2   Kies die korrekte woord(e) / afkorting in hakies vir die beskrywing. Skryf slegs die
      woord(e) / afkorting(s) langs die vraagnommer neer (1.2.1 – 1.2.5) in jou
      ANTWOORDBOEK.

      1.2.1    ŉ Aksieplan om die besigheid se doelwitte te bereik (Taktiek / Strategie)

      1.2.2    Een van die beginsels van versekering is (Sekuriteit / Subrogasie)

      1.2.3    ŉ Dokument wat deur die maatskappy gegee word aan persone wat aan
               die maatskappy geld leen en dit teen spesifieke paaiemente terug te
               betaal (Prospektus / Skuldbrief)

      1.2.4    ŉ Verskil tussen twee partye in die werkplek (Konflik / Grief)

      1.2.5    ŉ Instelling wat standaarde in Suid-Afrika reguleer (SABS / SARS)
                                                                                     (5x2) (10)

1.3   Kies die beskrywing uit KOLOM B om te pas by die term in KOLOM A. Skryf
      slegs die letter (A – I) langs die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.5) in jou
      ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6. H

                    KOLOM A                                    KOLOM B
      1.3.1    Ontbondeling                    A ŉ Styging in brandstofpryse
      1.3.2    Kwaliteitsirkel                 B ŉ Nuwe mededinger in die mark
      1.3.3    Makro-omgewingsuitdaging        C Die proses om ŉ nuwe werknemer
      1.3.4    Inklusiwiteit                     vertroud te maak met die werkplek
      1.3.5    Roofwerwing                     D Om die regte persoon te soek vir ŉ
                                                 spesifieke pos
                                               E ŉ Groep persone wat poog om
                                                 kwaliteit te verhoog in die werksplek
                                               F ŉ Voorbeeld van eksterne werwing
                                               G Gee senior poste aan manlike
                                                 personeel
                                               H Om aan almal gelyke geleenthede te
                                                  gee sonder diskriminasie
                                               I Verkoop ŉ gedeelte van die
                                                 besigheid se bates om die krediteure
                                                 te betaal
                                                                                  (5x2)           (10)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:                40

                                                                                       b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                BESIGHEIDSTUDIES                                 7
                                                                             10720/16

AFDELING B

Beantwoord ENIGE DRIE vrae uit hierdie afdeling.

VRAAG 2

BESIGHEIDSOMGEWING

2.1    Identifiseer die magte van Porter se model in elk van die volgende stellings.
       2.1.1    Ravi se tuindienste koop al hulle benodigdhede van Gert BK, wat die
                enigste besigheid is wat tuingereedskap en toerusting verkoop.
       2.1.2    Tshidi se landskapdienste bied goedkoper dienste aan as John se
                landskapdienste.
       2.1.3    Alhoewel Ravi se pryse hoog is, het hy baie klante, want hy bied hoë
                kwaliteitdiens aan sy klante.
       2.1.4    Dit was nie maklik vir Sam om ̍n besigheid te begin nie, want hy moes ŉ
                handelslisensie bekom.
       2.1.5    Sommige klante verkies om hulle eie tuinwerk te doen.
                                                                                       (5x2)         (10)
2.2    Lees die onderstaande scenario en beantwoord dan die vrae wat volg.

                          Ekasi-Sporttoerustingvervaardiger (Edms) Bpk.

               Wesley is die eienaar van Ekasi-Sporttoerustingvervaardiger wat geleë is
               in Midrand. Sy besigheid verkoop sportdrag en toerusting aan verskeie
               gholf- en tennisklubs. Wesley het ŉ meestersgraad in Bemarking en
               Entrepreneurskap by Unisa verwerf. Onlangs het die aanvraag na
               sportdrag en toerusting sodanig gegroei dat hy nog ŉ tak geopen het in
               Braamfontein. Wesley het aansoek gedoen vir ̍n lening by NFB bank om
               sy nuwe winkel te open. Die bank het die rentekoers verhoog tot 15%.

               Wesley het vir Clara aangestel as verkoopsdame by die Braamfonteintak.
               Sy tree onprofessioneel op teenoor die klante en weet ook nie hoe om met
               die kasregister te werk nie. Die Johannesburgse munisipaliteit het die
               water- en elektrisiteittariewe verhoog.

       2.2.1    Noem die sektor waarbinne Ekasi-Sporttoerusting funksioneer.                          (2)

       2.2.2    Identifiseer die uitdagings waarmee Ekasi-Sporttoerusting gekonfronteer
                word.                                                                                 (4)

       2.2.3    Meld die wet wat van toepassing is as Wesley aansoek doen vir die
                lening van NFB bank.                                                                  (2)

       2.2.4    Maak voorstelle hoe Wesley se besigheid kan voldoen aan die vereistes
                van die wet genoem in Vraag 2.2.3.                                                    (8)

                                                                                          b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                             BESIGHEIDSTUDIES                                8
                                                                          10720/16

2.3   Bespreek die negatiewe impak wat die Vaardigheidsontwikkelingswet het op die
      besigheid.                                                                                  (8)

2.4   Beskryf VIER regte van verbruikers soos beskryf in die verbruikersbeskermings-
      wet, 2008 (Wet 68 van 2008).                                                               (12)

2.5   Lees die onderstaande scenario en beantwoord dan die vrae wat volg.

      Mnr Gerry is die eienaar van ŉ melkplaas in Limpopo wat melk verkoop aan
      klein- en medium entrepreneurs. Hy dink daaraa̍n om sy dienste te diversifiseer
      deur ook ŉ opleidingsentrum vir jong boere, ŉ slaghuis en ŉ karwas vir plaaslike
      taxibestuurders te open.

      2.5.1    Noem die diversifikasiestrategie wat van toepassing is op Mnr Gerry.               (2)

      2.5.2    Evalueer die negatiewe impak van die diversifikasiestrategie waarna
               daar verwys word in Vraag 2.5.1.                                                   (8)

2.6   Onderskei tussen produkontwikkeling en markontwikkeling.                                    (4)
                                                                                                 [60]

                                                                                      b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                              BESIGHEIDSTUDIES                             9
                                                                        10720/16

VRAAG 3

BESIGHEIDSGELEENTHEDE

3.1   Definieer die term RSA kleinhandelstaatseffekte.                                         (2)

3.2   RSA kleinhandelstaatseffekte bied aan die belegger DRIE beleggingstermyne.
      Noem TWEE beleggingstermyne van RSA kleinhandelstaatseffekte.                            (2)

3.3   Lees die onderstaande scenario deur en beantwoord dan die vrae wat volg.

                                      VERSEKERING

      Rex Duke het besluit om sy bates te verseker. Indien daar ŉ onverwagte
      gebeurtenis sou plaasvind, wil hy in dieselfde posisie gelaat word as voor die
      verlies op skade. Hy het sy huis verseker vir R1 000 000, maar sy huis is in
      werklikheid R1 200 000 werd. Daar word ook elke maand geld afgetrek vanaf sy
      salaris en oorbetaal aan die Werkloosheid-versekeringsfonds WVF. Rex het
      ook ŉ lewenspolis uitgeneem wat na sy dood ̍n kapitaalbedrag sal uitbetaal aan
      sy naasbestaandes om in hulle behoeftes te voorsien en sy skuld te betaal. Hy
      het ook versekering op sy motor uitgeneem.

      Haal gedeeltes uit die bostaande scenario aan om elk van die volgende
      versekeringsterme te illustreer.

      3.3.1   Verpligte versekering

      3.3.2   Nie-verpligte versekering

      3.3.3   Awery-klousule

      3.3.4   Skadeloosstelling

      3.3.5   Langtermynversekering
                                                                                 (5x1)         (5)

3.4   Bespreek die voorsiening wat die WVF maak.                                               (4)

3.5   Noem EEN tipe voorkeuraandeel.                                                           (1)

3.6   Ontleed gewone aandele met verwysing na die volgende:

      3.6.1   Regte                                                                            (4)

      3.6.2   Beperkings                                                                       (2)

3.7   Tabuleer die verskille tussen versekering en assuransie.                                 (4)

                                                                                    b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                                            BESIGHEIDSTUDIES                            10
                                                                                                      10720/16

3.8    Verduidelik wat die belangrikheid is van versekering vir Rex Duke se besigheid.                                       (4)

3.9    Lees die onderstaande scenario en beantwoord dan die vrae wat volg.

       Faruk Abdul het as ŉ restaurantbestuurder gewerk in Irene Mall vir 10 jaar. Hy
       en sy broer Janez, wat ŉ rekenmeester is, wil hulle eie tak koop van Super Star
       restaurant-groep vir R 400 000. Hy en sy broer wil̍ ŉ besigheid begin waar hulle
       vaardighede en geld kan bydra en saam verantwoordelik is vir die skuld van die
       onderneming.

       3.9.1                            Identifiser die ondernemingsvorm in die bostaande scenario.                          (2)

       3.9.2                            Beskryf hoe die volgende faktore kan bydrae tot die sukses of
                                        mislukking van die ondernemingvorm in Vraag 3.9.1.

                                        (a)    Kapasiteit                                                                    (4)
                                        (b)    Bestuur                                                                       (4)
                                        (c)    Kapitaal                                                                      (4)

3.10   Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg.
       (Nota: 1ste kwartaal = Januarie tot Maart; 2de kwartaal = April tot Junie;
       3de kwartaal = Julie tot September; 4de kwartaal = Oktober tot Desember.)

                                               BURGER SE ELEKTRONIKA

         VERKOPE VAN SAMSUNG TABLETTE

                                         1ste kwartaal   2de kwartaal   3de kwartaal   4de kwartaal

       3.10.1                           Noem die tipe grafiek wat gebruik word in die bostaande uitbeelding.                 (2)

       3.10.2                           Waarom is die 4de kwartaal se verkope die hoogste?                                   (2)

3.11   Fikile is ŉ bemarkingsbestuurder by Burger’s Elektronika. Sy sukkel om ŉ
       multimediavoorlegging voor te berei.

       3.11.1                           Gee Fikile raad hoe om ŉ multimediavoorlegging met visuele
                                        hulpbronne voor te berei.                                                            (6)

       3.11.2                           Evalueer die effektiwiteit van ŉ PowerPoint voorlegging.                          (8)
                                                                                                                         [60]

                                                                                                                 b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                              BESIGHEIDSTUDIES                                11
                                                                            10720/16

VRAAG 4

BESIGHEIDSROLLE

4.1   Definieer die begrip Korporatiewe Sosiale Investering.                                       (2)

4.2   Meld VIER fokusareas van Korporatiewe Sosiale Verantwoordelikheid (KSV) vir
      die besigheid.                                                                               (4)

4.3   Brei uit op die verband tussen drievoudige basislyn en sosiale
      verantwoordelikheid van die besigheid.                                                       (9)

4.4   Lees die onderstaande stelling en beantwoord dan die vrae wat volg.

      Die Grondwet bevat die Handves van menseregte wat duidelikheid gee oor hoe
      om op te tree teenoor ongelykheid, respek en waardigheid. Volgens die
      Handves van menseregte het werkers ekonomiese, sosiale en kulturele regte.

      4.4.1    Noem DRIE ekonomiese regte van werkers.                                             (3)

      4.4.2    Maak voorstelle vir strategieë wat die besigheid kan gebruik om
               kulturele regte in die werkplek te bevorder.                                        (6)

4.5   Identifiseer die verskillende stadiums van spanontwikkeling in die onderstaande
      scenarios.

      4.5.1    Spanning / argumente kom voor en dit ontstel die spanlede.

      4.5.2    Spanlede streef almal daarna om die span se doelwitte suksesvol te
               bereik.

      4.5.3    Die spanlede is nou almal bevoeg en gewillig on die besluitnemings-
               proses sonder toesig suksesvol af te handel.

      4.5.4    Individue versamel inligting en vorm menings oor mekaar, oor die taak
               wat hulle moet verrig asook hoe om dit te benader.
                                                                                (4x2)              (8)

                                                                                       b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                               BESIGHEIDSTUDIES                              12
                                                                           10720/16

4.6    Lees die onderstaande stelling en beantwoord die vraag wat volg.

       Die Wet vir Beroepsgesondheid en Veiligheid van 1993 in verhouding met die
       Wet op Beroepsbeserings en Siektes voorsien dat daar voorsiening gemaak
       moet word vir die gesondheid en veiligheid van werkers in verhouding met die
       gebruik van masjienerie asook die dra van beskermende klere.

       Bespreek die rol van gesondheids- en veiligheidsverteenwoordigers in die
       werkplek.                                                                                  (6)

4.7    Maak aanbevelings hoe die besigheid ŉ omgewing kan skep in die werkplek wat
       bevorderlik is vir kreatiwiteit.                                                           (8)

4.8    Stel wyses voor hoe ŉ span hulself kan assesseer deur die kriteria van
       kommunikasie te gebruik.                                                                   (4)

4.9    Verduidelik hoe die besigheid kan bydra tot die welstand van sy werkers.                   (4)

4.10   Bespreek die korrekte prosedure om met griewe in die werksplek te handel.               (6)
                                                                                              [60]

VRAAG 5

BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

5.1    Definieer die term werknemerskontrak.                                                      (2)

5.2    Beskryf die wetlike vereistes van ̍n werknemerskontrak.                                    (4)

5.3    Die Arbeidsverhoudingewet reguleer die verhouding tussen die werkgewer en
       die werknemer. Bespreek die implikasies van die Arbeidsverhoudingewet vir die
       Menslike hulpbronbestuurder.                                                           (10)

5.4    Evalueer die impak van byvoordele op die besigheid.                                        (8)

5.5    Lees die onderstaande stelling en beantwoord dan die vraag wat volg.

       Die Menslikehulpbron-behoefte van ŉ besigheid moet bepaal word voordat
       werwing gedoen kan word. Hierdie proses vind plaas deur taakanalise wat dan
       uitvloei in taakbeskrywing en taakspesifikasie.

       Onderskei tussen taakbeskrywing en taakspesifikasie.                                       (4)

                                                                                      b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                              BESIGHEIDSTUDIES                                  13
                                                                            10720/16

5.6   Lees die onderstaande scenario en beantwoord dan die vrae wat volg.

                                     Bright Spark Bpk.

      Bright Spark is ŉ groot maatskappy wat gloeilampe en ligtoebehore vervaardig.
      Onlangs het hulle heelwat klagtes van klante begin kry. Heelwat bestellings is
      laat gelewer en klante het ook foutiewe ligtoebehore kom teruggee. Hulle het
      geen kwaliteitsbeheermaatreëls in plek nie en die maatskappy gebruik
      verouderde prosesbeheerstelsels en afleweringstelsels. Daar word ook nie ŉ
      vaardigheidsoudit met die werkers gedoen om te bepaal of hulle oor die nodige
      kwalifikasies en vaardighede beskik nie. Die direkteure het bepaal dat die fout
      van swak kwaliteit toegeskryf kan word aan die Algemene bestuurs- en
      Aankoopfunksies.

      5.6.1    Haal TWEE elemente aan van Totale Gehaltebestuur (TGB) en
               motiveer jou antwoord uit die bostaande scenario.                                     (6)

      5.6.2    Bespreek die elemente van TGB waarna jy in Vraag 5.6.1 verwys het.                    (6)

      5.6.3    Verduidelik die verskil tussen kwaliteitversekering en kwaliteitbeheer.               (4)

5.7   Adviseer die raad van direkteure van Bright Spark Bpk hoe hulle die kwaliteit
      van die Algemene bestuursfunksie kan verbeter.                                             (10)

5.8   Analiseer die impak van Totale Gehaltebeheer (TGB) op Bright Spark Bpk.                     (6)
                                                                                                 [60]

                                                                                         b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                             BESIGHEIDSTUDIES                              14
                                                                         10720/16

VRAAG 6

ALGEMEEN

BESIGHEIDSOMGEWING

6.1   Identifiseer die PESTWO-elemente in elke van die volgende stellings.

      6.1.1   Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het besluit om die repokoers
              onveranderd te laat.

      6.1.2   Die regering het ŉ regstellende aksiebeleid ingestel om ongelykhede
              van die verlede reg te stel.

      6.1.3   Daar word regeringsaansporings gegee aan besighede wat
              natuurbewarings projekte borg.

      6.1.4   Besighede skakel oor na aanlynhandel om sodoende papierwerk te
              verminder.

      6.1.5   Die aanvaarding van die Verbruikersbeskermingswet, 2008 (Wet 68 van
              2008) elimineer die uitbuiting van die verbruiker deur besighede.
                                                                                            (10)

6.2   Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg:

                         Palesa padverf en onderhoudsprojekte

      George is aangestel as ̍n instandhoudings werker van Palesa se projekte. Sy
      taak behels verfwerk asook verskeie ander take. George is baie versigtig as hy
      werk. Hy dra beskermende klere en kom ook die veiligheidsregulasies getrou
      na. Op ̍n dag terwyl hy besig was met verfwerk, het hy geval en sy arm
      gebreek. Hy het dit dadelik aangemeld by die veiligheidsverteenwoordiger wat
      dit op sy beurt by die baas aangemeld het.

      6.2.1   Noem die wet wat van toepassing is op George se situasie by die werk.             (2)

      6.2.2   Haal TWEE redes uit die scenario aan wat George se eis ondersteun vir
              die beserings wat hy by die werk opgedoen het.                                    (2)

                                                                                    b.o.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                               BESIGHEIDSTUDIES                              15
                                                                           10720/16

6.3   BESIGHEIDSGELEENTHEDE

      Trek ̍n soortgelyke tabel in jou ANTWOORDBOEK. Voltooi die tabel om die
      verskille aan te toon tussen die verskillende tipes verpligte versekering.

          Versekering           Hoe word dit   Een voordeel vir die    Positiewe impak
                                 befonds?       publiek / werkers      op die besigheid
      Padongelukkefonds

      Vergoeding vir
      beroepsbeserings en
      –siektes
                                                                                              (10)

6.4   Rex koop 10 000 aandele teen ŉ koste van 1200c (R12) per aandeel. Die
      dividend beloop 60c / aandeel. Die huidige rentekoers by die bank beloop 7%
      op ŉ belegging van R100 000 of meer. Evalueer of die belegging in aandele ŉ
      goeie belegging is of nie.                                                                  (8)

BESIGHEIDSROLLE

6.5   Identifiseer die volgende leierskapstyle. Skryf slegs die nommer en die styl
      neer.

      6.5.1    Hierdie tipe leier maak hoofsaaklik staat op reëls en beleide. Hy volg
               die reëls en sorg dat die werkers ook streng daarby hou om die taak af
               te handel.                                                                         (2)

      6.5.2    Hierdie tipe leier verduidelik aan die werkers wat die taak behels, maar
               is nie voorskriftelik oor die uitvoering daarvan nie.                              (2)

6.6   Die King-Kode bevat die beginsels vir etiese sakebestuur. Verduidelik hoe die
      besigheid dit moet toepas t.o.v. dissipline in die onderneming.                             (6)

6.7   Bespreek hoe die volgende teorieë ŉ spanleier kan help om sy span ten volle te
      laat presteer:

      6.7.1    Belbin se teorie                                                                   (2)

      6.7.2    Jung se teorie                                                                     (2)

BESIGHEIDSOPERASIES

6.8   Noem VIER aspekte wat ingesluit moet word in ŉ werknemerskontrak.                           (4)

6.9   Verduidelik watter voordele goeie kwaliteitbestuur vir die aankoopfunksie inhou.        (10)
                                                                                              [60]

                                                                                      b.o.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                                BESIGHEIDSTUDIES                                16
                                                                             10720/16

AFDELING C

Beantwoord enige TWEE lang vrae uit hierdie afdeling. Dui die vraagnommer wat jy
kies duidelik aan. Die antwoord vir elke vraag moet op ŉ nuwe bladsy begin, bv.
VRAAG 7 op ŉ NUWE bladsy, VRAAG 8 op ŉ nuwe bladsy, ens.

VRAAG 7

BESIGHEIDSOMGEWINGS (WETGEWING)

Swart ekonomiese bemagtiging was gekritiseer om verskeie redes. As teenvoeter
daarvoor het die regering die Breedgebasseerde Swart Ekonomiese Bemagtigingswet,
2003 (Wet 53 van 2003) ingestel. Dit moet Suid-Afrikaanse besighede transformeer en
deelname van benadeelde swart persone in ekonomiese bedrywighede bevorder.

     Verduidelik wat is die verskil tussen Swart Ekonomiese bemagtiging en die
      BBSEB-wet.
     Regverdig die instelling van BBSEB in verhouding met die SEB.
     Evalueer die effektiwiteit van BBSEB vir die besigheid.
     Ontleed die implikasies van VYF pilare van die BBSEB-wet op die besigheid.                 (40)

VRAAG 8

BESIGHEIDSGELEENTHEDE (TEORIEË VAN LEIERSKAP, BESTUUR EN DIE
GESINDHEID VAN DIE LEIER)

Kurt Lewin het in die 1930’s drie leierskapstyle geïdentifiseer. Sedertdien was daar baie
ontwikkeling op die gebied van leierskapstyle en teorieë in ̍n poging om die eienskappe
van ŉ goeie leier te bepaal.

     Bespreek DRIE verskillende leierskap teorieë: situasionele; transformerende en
      oordragteorieë.
     Onderskei tussen ŉ leier en ŉ navolger.
     Evalueer die rol van die leier
     Evalueer die rol van die persoonlike ingesteldheid van die leier / bestuurder op
      die sukses van die besigheid.
     Maak voorstelle oor situasies wanneer die outokratiese leierskapstyl effektief
      gebruik kan word.                                                                          (40)

                                                                                         b.o.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                       BESIGHEIDSTUDIES                           17
                                                                     10720/16

VRAAG 9

BESIGHEIDSROLLE (PROBLEEMOPLOSSING)

Sue Williams is die eienares van ŉ wassery in Edenvale. Sy het vier werkers in
diens geneem. Onlangs het sy ontdek dat een van die werkers van die wassery se
seeppoeier vir haar eie gebruik huistoe neem. Een van die ander dames kom
gereeld laat en maak ook lang oproepe met haar selfoon in werkstyd. Die huidige
toedrag van sake veroorsaak spanning tussen die werkers. Sue moet die
verskillende probleem-oplossingstegnieke oorweeg om haar probleme op te los.

    Bespreek die Delphi, Kragveldanalise en die Nominale groeptegnieke deur
     aandag te gee aan die volgende aspekte:
     -    beskrywing van die tegniek,
     -    die praktiese toepassing van die tegniek, en
     -    aan te toon wat die impak is van elke tegniek op die besigheid.
    Adviseer Sue hoe sy met behulp van die probleemoplossingsiklus haar
     uitdagings te bowe kan kom.                                                  (40)

VRAAG 10

BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (MENSLIKE HULPBRONNE)

Petra Skoenvervaardigers (Edms) Bpk. is ŉ skoenmaatskappy in Gauteng. Die
maatskappy stel jou aan as hulle menslike hulpbronbestuurder. Die maatskappy
se kwaliteitskontroleur het onlangs bedank. Daar word van jou verwag om ŉ nuwe
kwaliteitskontroleur aan te stel.

Met inagneming van die bostaande scenario, skryf ŉ opstel oor die indiensneming
van die kwaliteitskontroleur en neem die volgende subopskrifte in ag:

    Verduidelik wat is die doel van ŉ onderhoud.
    Regverdig waarom dit nodig sal wees om die nuwe kwaliteitskontroleur te
     onderwerp aan ŉ weeklange induksieprogram.
    Analiseer die impak van eksterne werwing op Petra Skoenvervaardiger
     (Edms) Bpk.
    Brei uit oor omstandighede wanneer ŉ dienskontrak beeïndig sal word.         (40)

                                                         TOTAAL AFDELING C:            80

                                                                       TOTAAL:     300

                                        EINDE

## Related documents

- [Grade 12 NSC Business Studies P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-business-studies-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/f8c01536-6bfb-46a9-a239-5be24871bd21) — Business Studies · QP · 2020 · Afr
- [Grade 12 NSC Business Studies P1 (Afrikaans) 2020 Preparatory Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-business-studies-p1-afrikaans-2020-preparatory-possible-answers/48729a29-53d6-4800-bf7a-8ddb1d000fc1) — Business Studies · Memo · 2020 · Afr
- [Grade 12 NSC Business Studies Afrikaans 2018 Prepartory Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-business-studies-afrikaans-2018-prepartory-possible-answer/39290679-cd48-4295-b23b-0cf3da345556) — Business Studies · Memo · 2018 · Afr
- [BUSINESS STUDIES P1 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr12-qp-sept2022-afrikaans/be8e7318-8cb4-4d1b-b83a-12d6a4b7bc75) — Business Studies · QP · 2022 · Afr
- [BUSINESS STUDIES P1 GR 12 QP SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr-12-qp-sept2020-afrikaans/50169ce2-9771-46af-b24f-b674c07df269) — Business Studies · QP · 2020 · Afr
- [BUSINESS STUDIES GR12 QP SEPT2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-gr12-qp-sept2019-afrikaans-final/4a530a84-5542-494f-9b6a-9af852411134) — Business Studies · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Business Studies

- [Business Studies P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85) — Memo · 2025 · Afr
- [Business Studies Grade 12 NSC MEMO March 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-memo-march-2025-kzn/265a7b30-6354-430a-8f92-943232e91956) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-kzn/50092793-d71b-4715-8f5c-e6fbd536870d) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-mpumalanga/542d7502-5f88-419f-a9da-da529a7d163f) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-mpumalanga/c4a1c821-283b-4e67-953b-7523f8a29517) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-north-west/ebfb4a83-3104-4f58-b833-85dbe10fab18) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
