# Accounting Grade 12 Gauteng Mock 2015 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Accounting question paper from the Gauteng Mock Exam 2015 (Afrikaans), 21 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-accounting-afrikaans-2015-preparatory-examination-question-paper/07064678-c88e-472f-bc1e-e911358dd693
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 21

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 Gauteng Mock 2015 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-accounting-afrikaans-2015-preparatory-examination-question-paper/07064678-c88e-472f-bc1e-e911358dd693)

## About this document

Accounting · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2015 · Afrikaans. Question paper, 21 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                   VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                            2015
                            10710
                         REKENINGKUNDE

PUNTE:   300
TYD:     3 uur

Bladsye 21

             4

                                                  b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                          REKENINGKUNDE                                2
                                                                            10710/15

                      GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                                VOORBEREIDENDE EKSAMEN

                                                   REKENINGKUNDE

                                                   TYD: 3 uur

                                                   PUNTE: 300

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur en volg dit noukeurig.

1.   Jy word voorsien van ŉ vraestel en ŉ ANTWOORDBOEK waarin AL die vrae beantwoord
     moet word.

2.   Hierdie vraestel bestaan uit SES verpligte vrae.
     Beantwoord AL die vrae.

3.   Gebruik die formaat wat in die antwoordboek verskaf word om jou antwoorde weer te gee.

4.   Waar van toepassing toon bewerkings om deelpunte te verdien.

5.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.   Jy mag ŉ donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.

                                                                                           b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                           REKENINGKUNDE                                          3
                                                                                   10710/15

Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ŉ gids wanneer jy die vraestel beantwoord.
Probeer om NIE hiervan af te wyk NIE.

                                VRAAG 1: 35 punte; 20 minute
Onderwerp van die vraag           Hierdie vraag integreer:
                                  Finansiële rekeningkunde
Bank en krediteureversoening en   Versoening en vertolking van versoenings
vertolking                        Bestuur van hulpbronne
                                  Interne kontrole

                                  VRAAG 2: 45 punte; 25 minute
Onderwerp van die vraag             Hierdie vraag integreer:
                                    Bestuursrekeningkunde
                                    Direkte grondstofkoste
                                    Fabrieksbokoste
Vervaardiging                       Produksiekostestaat
                                    Ontleding en vertolking van eenheidskoste en gelykbreekpunt
                                    Bestuur van hulpbronne
                                    Interne kontrole

                                 VRAAG 3: 65 punte; 40 minute
Onderwerp van die vraag             Hierdie vraag integreer:
                                    Finansiële rekeningkunde
Maatskappy Finansiële State
                                    Balansstaat en ouditverslag

                                 VRAAG 4: 70 punte; 45 minute
Onderwerp van die vraag             Hierdie vraag integreer:
                                    Finansiële rekeningkunde
Kontantvloei en Vertolking van      Kontantvloeistaat
inligting                           Berekeninge en Finansiële aanwysers
                                    Ontleding en Vertolking

                                 VRAAG 5: 50 punte; 30 minute
Onderwerp van die vraag             Hierdie vraag integreer:
                                    Bestuursrekeningkunde
                                    Ontleed en vertolk ŉ kontantbegroting
Kontantbegroting
                                    Bestuur van hulpbronne
                                    Interne kontrole en interne oudit

                                 VRAAG 6: 35 punte; 20 minute
Onderwerp van die vraag             Hierdie vraag integreer:
                                    Bestuur van hulpbronne
Voorraadwaardasie                   Voorraadwaardasie: EIEU en interne kontrole-
                                    probleemoplossing

                                                                                                      b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                         REKENINGKUNDE                                     4
                                                                              10710/15

VRAAG 1: VERSOENINGS                                                   (35 punte; 20 minute)

1.1   BANKVERSOENING

      Jy word voorsien van inligting uit die rekeningkundige rekords van Kin Handelaars.

      GEVRA:

      1.1.1   Gee TWEE redes vir die voorbereiding van die Bankversoeningstaat as ŉ
              interne kontroleproses.                                                      (2)

      1.1.2   Noem die aansuiwering wat aan die syfers op die finansiële state
              op 30 Junie 2015 aangebring moet word met betrekking tot die
              vooruitgedateerde tjeks uitgereik. Verwys na die Bankversoeningstaat vir
              Junie 2015. Toon werklike syfers in jou antwoord.                            (4)

      1.1.3   Bestudeer die gegewe items. Dui aan of hierdie items opgeteken sal
              word in die
                  Kontantontvangstejoernaal
                  Kontantbetalingsjoernaal
                  En of geen inskrywing in die joernale gemaak word nie. Plaas ŉ X
                     in die kolom om dit aan te dui.
              Toon die bedrag wat in die joernaal opgeteken word waar van toepassing.
              (Die eerste item is vir jou gedoen.)                                         (9)

      1.1.4   Stel die Bankversoeningstaat op 31 Julie 2015, op.                           (7)

      1.1.5   In Augustus 2015 ontdek die interne ouditeur dat die uitstaande deposito
              van R20 500 op die bankversoeningstaat op 31 Julie 2015 as R5 500 op
              die Bankstaat verskyn. (Item 3) Die bedrag op die Bankstaat is korrek.
              Noem EEN bekommernis wat jy as interne ouditeur sal hê. Gee EEN
              gepaste kontrolemaatreël om ŉ soortgelyke voorval in die toekoms te
              voorkom. Verduidelik volledig.                                               (3)

      INLIGTING:

      A.      Bankversoeningstaat van Kin Handelaars op 30 Junie 2015.

               Dt Saldo van Bankstaat                                 3 700
               Dt Saldo van Bankrekening                              2 000
               Uitsta nde deposito (30 Junie 2015)                   18 200
               Uitstaande tjeks
                     Nr 1329 (gedateer 12 Januarie 2015)              2 100
                     Nr 1596 (gedateer 16 Augustus 2015)              7 000
                     Nr 1632 (gedateer 31 Julie 2015)                 3 400

                                                                                               b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                REKENINGKUNDE                                    5
                                                                   10710/15

B.   Na    ŉ    vergelyking     van die   Julie    bankstaat     met     die
     Kontantontvangstejoernaal en Kontantbetalingsjoernaal vir Julie, is die
     volgende verskille ontdek:

     Item 1   Die bankstaat toon ŉ gunstige saldo van R21 370 op
              31 Julie 2015.

     Item 2   ŉ Deposito van R18 200 verskyn op die bankstaat op
              1 Julie 2015, maar nie in die joernale vir Julie 2015 nie.

     Item 3   ŉ Deposito van R20 500, gedateer 10 Julie verskyn in die
              Kontantontvangstejoernaal vir Julie 2015, maar nie in die
              bankstaat vir Julie 2015 nie.

     Item 4   ŉ EFO van R5 300 vir huur ontvang van T Mbutu verskyn slegs
              op die bankstaat.

     Item 5   Bankkoste van R1 450 verskyn op die bankstaat, maar nie in die
              joernale vir Julie 2015 nie.

     Item 6   Die bankstaat toon ŉ gedishonoreerde tjek van R720. Die tjek
              was ontvang van ŉ debiteur ter vereffening van sy skuld van
              R770.

     Item 7   Tjek nr. 1329 uitgereik as ŉ donasie aan Stateside Kleuterskool
              is vervang met tjek nr. 1640 op 25 Julie 2015. Die donasie is
              vermeerder met R400. Die tjek is by die kleuterskool afgelewer
              op 1 Augustus 2015. Geen inskrywings is gemaak nie.

     Item 8   Tjek nr. 1632, gedateer 31 Julie 2015, verskyn op die bankstaat,
              maar nie in die joernale vir Julie 2015 nie.

     Item 9   Tjek nr. 1690 vir R6 100, gedateer 28 Julie 2015, verskyn in die
              Kontantbetalingsjoernaal, maar nie op die bankstaat nie.

                                                                                     b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                         REKENINGKUNDE                                    6
                                                                             10710/15

1.2   KREDITEUREVERSOENING

      Die volgende inligting is geneem uit die boeke van Bapedi Handelaars. Die
      Krediteurskontrolerekening en die Krediteurelys van Bapedi Handelaars is
      voorberei deur ŉ onervare boekhouer.

      GEVRA:

      1.2.1 Waarom moet die saldo van die Krediteurskontrolerekening ooreenstem
            met die totaal van die Krediteurelys?                                         (2)

      1.2.2 Bereken die korrekte saldo’s van die Krediteurskontrolerekening en die
            Krediteurelys.                                                                (8)

      INLIGTING:

      ŉ Ondersoek van die inligting aan die einde van Julie 2015, toon die volgende:

      (a)    Saldo van die Krediteurskontrole, R49 560
             Totaal van die Krediteurelys, R36 410

      (b)    As gevolg van ŉ optelfout is die Krediteurelys met R520 te veel opgetel.

      (c)    ŉ Faktuur vir verbruiksgoedere gekoop vir R3 160 van Madiba Handelaars
             is nie in die joernale opgeteken nie.

      (d)    Handelsvoorraad teruggestuur aan Sam Bpk. vir R690 is korrek in die
             Krediteursafslagjoernaal opgeteken.   Die bedrag was verkeerdelik
             oorgeboek na die rekening van Sam Bpk. as R960.

      (e)    Die totaal van die Krediteurskontrolekolom in die Kontantbetalingsjoernaal
             (KBJ) is R6 700. Die boekhouer het dit verkeerdelik oorgeboek na die
             kredietkant van die Krediteurskontrolerekening.
                                                                                          35

                                                                                              b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                           REKENINGKUNDE                                    7
                                                                                 10710/15

VRAAG 2: VERVAARDIGING                                                  (45 punte ; 25 minute)

Waste Handelaars vervaardig sake van organiese, herwinde materiaal. Waste
Handelaars gebruik die Periodieke voorraad-stelsel en ŉ winsopslag van 100% op
kosprys.

GEVRA:

2.1   Pas die beskrywing in KOLOM B by die begrip in KOLOM A. Skryf slegs die
      letter (A–E) langs die vraagnommer (2.1.1–2.1.4) in die ANTWOORDBOEK neer.

                KOLOM A                                KOLOM B

       2.1.1 Fabrieksbokoste           A   Grondstof uitgereik aan die fabriek
                                       B   Pensioenbydrae van die sekretaris
       2.1.2 Direkte arbeidskoste
                                       C   Lone van werknemers betrokke by
       2.1.3 Verkoops- en
                                           die produksieproses
             verspreidingskoste
                                       D   Oninbare skuld
       2.1.4 Administrasiekoste
                                       E   Die salaris van die fabrieksvoorman
                                                                                            (4)

2.2   Bereken die korrekte Fabrieksbokoste.                                                 (10)

2.3   Stel die Produksiekostestaat vir die jaar geëindig 30 Junie 2015, op.                 (12)

2.4   Bereken die volgende:

      2.4.1   Verkoopprys per eenheid                                                       (3)
      2.4.2   Koste van verkope                                                             (3)
      2.4.3   Veranderlike koste per eenheid                                                (3)
      2.4.4   Gelykbreekpunt                                                                (4)

2.5   Waste Handelaars verwag dat die aanvraag in die volgende finansiële jaar met
      600 000 eenhede sal toeneem. Hulle beplan om meer eenhede te produseer om
      in die aanvraag te voorsien. Hulle verwag dat vaste koste onveranderd sal bly.

      2.5.1   Verduidelik wat jy verstaan van die begrip “gelykbreekpunt”.                  (2)

      2.5.2   Verduidelik wat die uitwerking van bogenoemde besluit op die vaste
              koste per eenheid en die gelykbreekpunt sal wees.                             (4)

                                                                                                b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                REKENINGKUNDE                                    8
                                                                     10710/15

INLIGTING:

A.     Saldo’s / totale op 30 Junie               2015          2014
       Grondstofvoorraad                          92 400        78 900
       Goedere-in-bewerking-voorraad                   ?       175 000
       Klaarproduktevoorraad                    759 000        542 000
       Fabrieksbokoste                          362 790
       Produksielone                            990 000

B.    Grondstofvoorraad-aankope van R553 500 sluit vraggeld op aankope van
      R40 000 in.

C.    Produksielone ten bedrae van R90 000 is nie opgeteken nie.

D.    Fabrieksbokoste is foutiewelik bereken. Die volgende aansuiwerings
      moet nog in berekening gebring word.
       Waardeveremindering op Fabrieksaanleg en Toerusting ten bedrae
          van R84 030, was uitgelaat.
       Indirekte grondstof sluit R3 500 se grondsstof in wat aangekoop is vir
          die volgende finansiële jaar.
       Advertensiekoste van R17 320 was ingesluit as R12 790.
       Die verbruiksgoedere se bedrag in die Fabrieksbokosterekening van
          R10 290 is verdeel in die verhouding 2:1:1 tussen die fabriek en
          ander afdelings onderskeidelik. Dit moes gewees het in die
          verhouding 4:2:1.

E.     EENHEDE GEPRODUSEER EN
       VERKOOP                                        Waarde       Eenhede
       Koste van Klaarprodukte geproduseer        R1 872 000       374 400
       Verkope (winsopslag = 100% op kosprys)     R3 564 000       396 000

F.
       KOSTE EN GELYKBREEKPUNT
       Vaste koste                                R682 500
       Veranderlike koste                       R2 059 200
       Administratiewe koste                      R250 500
       Verkoops- en verspreidingskoste                     ?
       Gelykbreekpunt                                      ?

                                                                                 45

                                                                                     b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                         REKENINGKUNDE                                   9
                                                                              10710/15

VRAAG 3: MAATSKAPPY FINANSIËLE STATE                                   (65 punte; 40 minute)
 Jy word voorsien van inligting rakende King Beperk. Die maatskappy verkoop klerasie
 en maak uitrustings vir hul kliënte. Die finansiële jaar eindig op 30 Junie elke jaar.
 GEVRA:
 3.1 Bereken die volgende
      3.1.1 Kosprys van voertuie verkoop.                                                 (2)
      3.1.2 Opgehoopte waardevermindering op voertuie verkoop.                            (4)
      3.1.3 Drawaarde van voertuie verkoop.                                               (3)
 3.2 Stel die Inkomstestaat vir die jaar geëindig 30 Junie 2015, op.                     (35)
 3.3 Stel die volgende notas tot die finansiële state op 30 Junie 2015, op.
      3.3.1 Vaste/tasbare Bates                                                           (7)
      3.3.2 Gewone Aandelekapitaal                                                        (7)
      3.3.3 Behoue Inkomste                                                               (7)
 INLIGTING:
  1. Uittreksel uit die Vooraansuiweringsproefbalans op 30 Junie 2015
  Balansstaatrekeninge-afdeling
  Gewone aandelekapitaal                                    R 3 600 000
  Behoue inkomste                                               255 274
  Grond en geboue                                            10 200 000
  Voertuie                                                      810 000
  Opgehoopte waardevermindering op voertuie                     387 600
  Verbandlening van Keli Bank                                   652 000
  Handelsvoorraad                                               325 000
  Debiteurskontrole                                              39 090
  Nominale rekeninge-afdeling
  Verkope                                                     2 892 200
  Koste van verkope                                           1 492 200
  Debiteursafslag                                                52 000
  Fooi-inkomste (maak-loon)                                     145 235
  Huurinkomste                                                  172 500
  Rente inkomste                                                  3 500
  Salarisse en lone                                             288 090
  Ouditfooie                                                     52 000
  Direkteursfooie                                               375 000
  Verbruiksgoedere                                              104 100
  Waardevermindering                                                  ?
  Bankkoste                                                       6 740
  Gewone aandele dividende                                       45 000
  Wins met bateverkope                                                ?
                                                                                             b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                        REKENINGKUNDE                                 10
                                                                          10710/15

2.   Aansuiwerings en addisionele inligting:

A.   Na voltooiing van die oudit is ŉ verdere R23 000 aan die ouditeure verskuldig.

B.   ŉ Kredietnota van R900, gedateer 28 Junie 2015, is uitgereik aan ŉ debiteur,
     C. Plain vir onbevredigende stikwerk op ŉ baadjie. Die transaksie is nie
     opgeteken nie.

C.   Die fisiese voorraadopname op 30 Junie 2015 toon die volgende op hande:
         Handelsvoorraad, R315 000
         Verbruiksgoedere, R4 000

D.   ŉ Afgetrede werknemer was per abuis ingesluit in die Salarisjoernaal vir
     Junie 2015. Die inligting op sy betaalstrokie is:

         Netto salaris                                     18 375
         LBS aftrekking                                     4 500
         Pensioenaftrekking                                 1 875
         WVF aftrekking                                       250

     Die onderneming se bydrae was:

          Pensioenfonds: 10,5% van bruto salaris
          WVF: Rand-vir-rand basis

     Nota: Alle bydraes word teen die salaris-en-lonerekening gedebiteer.

E.   Die leningstaat ontvang van Keli Bank op 30 Junie 2015 toon die volgende:

         Leningstaat van Keli Bank op 30 Junie 2015
         Saldo op 1 Julie 2014                          R665 600
         Totale betalings gedurende die jaar            R103 200
         Saldo op 30 Junie 2015                         R652 000
          Die rente vir die jaar word gekapitaliseer.
          ŉ Kapitale bedrag van R50 000 sal in die volgende finansiële jaar op die
           lening afbetaal word.

F.   Die huurder skuld die huur vir Junie 2015. Die huur is met R1 500 per maand
     verhoog op 1 Januarie 2015.

                                                                                       b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                      REKENINGKUNDE                                  11
                                                                          10710/15

G.   Vaste/Tasbare Bates

      Saldo’s op 1 Julie 2014:
        Grond en geboue                                         11 000 000
        Voertuie                                                   900 000
        Opgehoopte waardevermindering op voertuie                  390 000

      ŉ Voertuig, gekoop op 1 Julie 2013, was kontant verkoop op
       31 Desember 2014 teen ŉ wins van R5 000.
      ŉ Nuwe voertuig van R200 000 is op 30 Junie 2015 gekoop.
      Waardevermindering op voertuie word afgeskryf teen 20% op die
       verminderdesaldo-metode.

H.   Inkomstebelasting vir die jaar is bereken teen 30% van die netto wins.

I.   Gewone Aandele

        Die maatskappy is gemagtig om 1 000 000 aandele te verkoop.
        Daar was 550 000 aandele in uitreik op 1 Julie 2014, R3 025 000.
        ŉ Verdere 50 000 aandele is uitgereik teen R11,50 gedurende Maart 2015.
        Die raad van direkteure koop 40 000 aandele teen R8,50 uit die boedel
         van ŉ aandeelhouer terug gedurende Junie 2015. Hierdie aandele is
         geregtig op ŉ finale dividend.

J.   ŉ Finale dividend van 35c per aandeel is verklaar.

                                                                                     65

                                                                                      b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                         REKENINGKUNDE                                    12
                                                                            10710/15

VRAAG 4: KONTANTVLOEI EN VERTOLKING VAN INLIGTING
                                                                        (70 punte; 45 minute)

4.1   Kies een woord/begrip uit die volgende om die onderstaande sinne te voltooi.

        Ongekwalifiseerde, gekwalifiseerde, beperkte aanspreeklikheid, onbeperkte
        aanspreeklikheid, rente, direkteure, aandeelhouers, afhanklik, onafhanklik,
                                         dividende

      4.1.1 Die feit dat aandeelhouers slegs die kapitaal wat hulle belê het kan
            verloor, word ... genoem.
      4.1.2 Die … stel eksterne ouditeure aan.
      4.1.3 Die eksterne ouditeure moet … wees van die entiteit wat geoudit word.
      4.1.4 Die ouditverslag meld: “Met die uitsondering van ŉ paar aspekte kan
            aandeelhouers die syfers in die finansiële state vertrou”. Dit word beskou
            as ŉ … verslag.                                                               (4)

4.2   XOLISE HANDELAARS BEPERK

      Die inligting was geneem uit die rekeningkundige rekords van Xolise Handelaars
      Beperk. Die finansiële jaar eindig jaarliks op 28 Februarie. Die maatskappy is
      geregistreer met ŉ aandelekapitaal van 600 000 gewone aandele.

      GEVRA:

      4.2.1    Voltooi die Versoening van Netto wins voor Belasting en Kontant
              gegenereer uit Bedryfsaktiwiteite op 28 Februarie 2015.                     (12)

      4.2.2 Bereken die tasbare/vaste bates aangekoop gedurende 2015.                     (5)

      4.2.3 Voltooi die Kontantvloeistaat op 28 Februarie 2015.                           (12)

      4.2.4 Bereken die volgende op 28 Februarie 2015:
                Verdienste per aandeel                                                   (3)
                Dividend per aandeel                                                     (4)
                Netto Batewaarde per aandeel                                             (3)
                Opbrengs op gemiddelde kapitaal aangewend                                (8)
                Die skuld-ekwiteitsverhouding                                            (3)

      4.2.5 Lewer kortliks kommentaar oor die likiditeit van die maatskappy. Haal
            TWEE         finansiële    aanwysers         aan     (met     werklike
            syfers/verhoudings/persentasies) om jou kommentaar te ondersteun.             (4)

      4.2.6 Watter belangrike besluite van die direkteure word in die Kontantvloeistaat
            weergegee? Noem TWEE besluite en haal relevante syfers aan.
            Verduidelik ook hoe ELKEEN van hierdie besluite die maatskappy in die
            toekoms sal bevoordeel.                                                       (6)

      4.2.7 Die maatskappy betaal die lening stadig terug. Verduidelik hoekom dit ŉ
            goeie besluit is. Haal TWEE finansiële aanwysers aan om jou antwoord
            te ondersteun.                                                                (6)
                                                                                           b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                     REKENINGKUNDE                                 13
                                                                        10710/15

INLIGTING:

1. Uittreksel uit die Inkomstestaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2015
Netto wins voor belasting                                            1 283 100
Netto wins na belasting                                                987 000
Waardevermindering op tasbare/vaste bates                               65 000
Rente betaal                                                            42 600

2. Uittreksel uit die Balansstaat op 28 Februarie        2015         2014

Tasbare (Vaste) bates teen drawaarde                   3 002 000    2 330 200

Bedryfsbates                                           1 347 400    1 289 600
Handelsvoorraad                                          850 400      710 800
Handels- en ander ontvangbares                           489 000      540 200
Kontant en kontantekwivalente                              8 000       38 600

Gewone aandeelhouersbelang                             3 534 000    2 880 000
Gewone aandelekapitaal                                 3 111 400    2 551 400
Behoue inkomste                                          422 600      328 600

Lening: Bid Bank (17% p.j.)                              340 000      370 000

Bedryfslaste                                             475 400      369 800
Handels- en ander betaalbares                            429 400      369 800
Oortrokke bank                                            46 000           -

3. Handels- en ander ontvangbares                        489 000      540 200
Handelsdebiteure                                         475 000      530 000
Vooruitbetaalde uitgawes                                  14 000        8 000
SAID (Inkomstebelasting)                                      -         2 200

4. Handels- en ander betaalbares                         429 400      369 800
Handelskrediteure                                         89 500       81 700
Opgelope uitgawes                                          7 300        9 100
SAID (Inkomstebelasting)                                   3 600           -
Aandeelhouers vir dividende                              329 000      279 000

                                                                                    b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                       REKENINGKUNDE                                  14
                                                                         10710/15

5.   Tasbare/vaste bates bestaan uit Grond en geboue, Voertuie en Toerusting.
     Toerusting en Grond en geboue is gedurende die jaar aangekoop. ŉ Voertuig,
     kosprys R170 000, is verkoop teen boekwaarde.             Die opgehoopte
     waardevermindering op die verkoopte voertuig was R67 000.

6.   Geen tussentydse dividend was verklaar gedurende die 2014 finansiële jaar nie.
     Tussentydse dividend betaal gedurende die 2015 finansiële jaar beloop
     R564 000.

7.   Op 1 Maart 2014 was daar 400 000 gewone aandele geregistreer op die JEB. Op
     1 Maart 2014 het hulle ŉ verdere 70 000 aandele uitgereik.

     8. Finansiële aanwysers                             2015           2014
     Bedryfskapitaalverhouding                         2,83 : 1       3,48 : 1
     Vuurproefverhouding                               1,04 : 1       1,56 : 1
     Omsetsnelheid van voorraad                         5 keer         3 keer
     Verdienste per aandeel                                ?          158 sent
     Dividend per aandeel                                  ?           70 sent
     Opbrengs op totale kapitaal aangewend                 ?           25,4%
     Skuld-ekwiteitsverhouding                             ?          0,12 : 1
     Netto batewaarde per aandeel                          ?          720 sent
     Markwaarde van ŉ aandeel                          758 sent       620 sent
                                                                                      65

                                                                                       b.o.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                        REKENINGKUNDE                                   15
                                                                            10710/15

VRAAG 5: KONTANTBEGROTINGS                                           (50 punte; 30 minute)

5.1   VARIA HANDELAARS

      Jy word voorsien van inligting uit die boeke van Varia Handelaars.        Hulle
      finansiële jaar eindig op 31 Desember elke jaar.

      GEVRA:

      5.1.1 Waarom is dit nodig om ŉ Kontantbegroting op te stel?                       (1)

      5.1.2 Waarom verskyn waardevermindering en wins met bateverkope nie in die
            Kontantbegroting nie?                                                       (1)

      5.1.3 Noem TWEE items buiten waardevermindering en wins met
            bateverkope wat in die Geprojekteerde Inkomstestaat sal verskyn, maar
            wat nie in die Kontantbegroting ingesluit sal word nie.                     (2)

      5.1.4 Voltooi die Debiteursinvorderingskedule vir Februarie 2015.                 (8)

      5.1.5 Voltooi die Kontantbegroting vir Januarie en Februarie 2015.                (20)

      INLIGTING:
      A.   KONTANTBEGROTING VIR JANUARIE EN FEBRUARIE 2015
      KONTANTONTVANGSTE                               JANUARIE             FEBRUARIE
      Kontantverkope                                      168 000
      Kontant ontvang van debiteure                        52 400
      Huurinkomste
      TOTALE ONTVANGSTE
      KONTANTBETALINGS
      Betalings aan krediteure                                                 81 000
      Diverse uitgawes
      Nuwe bates aangekoop                                 25 315
      Salarisse en lone                                    61 600
      TOTALE BETALINGS
      KONTANTSURPLUS (TEKORT)
      Bank (beginsaldo)                                  (19 000)
      Bank (eindsaldo)

                                                                                         b.o.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                  REKENINGKUNDE                                  16
                                                                      10710/15

B.   Saldo’s op 31 Desember 2014:
     Vaste Deposito: Kuba Bank                                   120 000
     Krediteurskontrole                                           70 000
     Inkomste vooruit ontvang (Huurinkomste)                      12 000
     Opgelope uitgawes                                            17 700

C.   Verkope en Aankope
         Werklike en Geprojekteerde Kredietverkope
                                                                Krediet
         (Kredietverkope is 25% van totale verkope)
                                                               Aankope
           Maand                Kredietverkope
      November 2014                   57 000
      Desember 2014                   57 500                      70 000
      Januarie 2015                   56 000                      81 000
      Februarie 2015                  54 600                      74 000

D.   Daar word van debiteure verwag om as volg te betaal:
      50% in die transaksiemaand, onderhewig aan 5% korting
      30% in die maand wat op die transaksiemaand volg
      15% in die tweede maand na die transaksiemaand
      5% sal as oninbare skuld afgeskryf word na die derde maand.

E.   Alle goedere word op krediet gekoop. Krediteure word een maand na die
     maand van aankope betaal.

F.   Die maandelikse Huurinkomste van R25 000 sal met 10% toeneem op
     1 Januarie 2015.

G.   Die verwagting is dat diverse uitgawes met R700 per maand sal styg op
     1 Januarie 2015. Diverse uitgawes word na een maand betaal.

H.   Twee voltydse werknemers verdien elk R30 800 per maand.         Op
     1 Februarie 2015 sal ŉ ekstra persoon in diens geneem word teen die
     helfte van die koste van die ander werknemers.

I.   Die vaste deposito verval op 1 Februarie 2015. Die bedrag van R123 600
     is ontvangbaar op die vervaldatum.

J.   Rente op die bankrekening word elke maand betaal of ontvang en word as
     volg bereken op die saldo soos op die 1ste dag van elke maand:

           18% per jaar op die ongunstige saldo (oortrokke)
           6% per jaar op die gunstige saldo.

                                                                                  b.o.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                          REKENINGKUNDE                                      17
                                                                              10710/15

5.2   CAT HANDELAARS

      Jy word voorsien van inligting aangaande Cat Handelaars. Die finansiële jaar
      eindig op 30 Junie 2015. Lu Cat, die eienaar, het Gary Cooper aangestel as die
      nuwe kredietkontroleerder op 1 Julie 2014.

      5.2.1   Verduidelik kortliks hoe die opstel van ŉ Debiteure-invorderingskedule en
              ŉ Debiteure-ouderdomsanalise vir Gary kan help om beheer uit te oefen
              oor die rekeninge van debiteure.                                               (4)

      5.2.2   Die saldo van die Debiteurskontrolerekening was R38 900 op
              1 Julie 2014, die begin van die finansiële jaar en R71 100 op
              30 Junie 2015, die einde van die finansiële jaar.

              (i)    Bereken die gemiddelde Debiteure-invorderingstydperk (in dae) vir
                     die finansiële jaar geëindig 30 Junie 2015.                             (4)

              (ii)   Verduidelik kortliks of Lu tevrede moet wees              met     die
                     invorderingstydperk. Gee ŉ rede vir jou antwoord.                       (2)

      5.2.3   Verwys na inligting C en D hieronder.
              Uit die inligting, identifiseer EEN probleem waarmee die eienaar te kampe
              het    uit     die    Debiteure-ouderdomsanalise   en     EEN     uit  die
              Debiteurskontrolerekening. Haal inligting en syfers aan om jou antwoord
              te ondersteun. Verskaf EEN oplossing vir elk van die probleme.                 (8)

      INLIGTING:

      A.      Kredietterme en kredietperke
              Dit is die beleid van die onderneming om die kredietperk vir alle debiteure
              op R12 000 te hou. Daar word verwag dat debiteure hulle rekeninge
              binne 30 dae sal vereffen.

      B.      Verkope vir die finansiële jaar geëindig 30 Junie 2015
                  Totale verkope vir die jaar, R640 000.
                  25% van die totale verkope is vir kontant, die res is op krediet.

      C.       DEBITEURE-OUDERDOMSANALISE OP 30 JUNIE 2015
                   Kredietperk op alle debiteure se rekeninge is R12 000
                   Kredietterme is 30 dae
               Naam      Totaal Huidig         30 dae     60 dae     60 dae+
               R Ramba 12 000        12 000
               L Meebos 28 000       11 000      3 000       1 000     13 000
               B Balula    7 700                             7 700
               P Pieters   9 600      8 200      1 400
               N Ntombi 13 800        6 800      4 500       2 500
                          71 100     38 000      8 900     11 200      13 000

                                                                                              b.o.

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                              REKENINGKUNDE                            18
                                                            10710/15

D.                  Algemene Grootboek van Cat Handelaars
                              Debiteurskontrole
     2015                           2015    Bank &
     Junie 1   Saldo a/b    85 800 Junie 30 korting           58 500
     Junie                                  Debiteurs-
     30        Verkope      49 500          afslag             8 000
                                            Diveres
                                            (oninbare
               Bank          6 700          skuld)             4 900
               Diverse         500          Saldo o/b         71 100
                           142 500                           142 500
     Julie 1   Saldo a/b    71 100

                                                                       50

                                                                        b.o.

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
                                               REKENINGKUNDE                                  19
                                                                                   10710/15

VRAAG 6:      VOORRAADSTELSELS                                                (35 punte; 20 minute)

6.1   SLEGS LEER

      Jy word voorsien van inligting rakende Slegs Leer. Die onderneming word besit
      en bestuur deur die eienaar I Velle. Velle koop en verkoop leerbaadjies en
      eksklusiewe handsakke.

      GEVRA:

      6.1.1   Bereken die waarde van die slotvoorraad as volg:

                  Leerbaadjies (gebruik die geweegde gemiddelde metode)                       (5)
                  Handsakke (gebruik die EIEU-metode)                                         (5)

      6.1.2   Bereken vir die handsakke die volgende:

                  Koste van verkope                                                           (7)
                  Bruto wins                                                                  (3)
                  % Winsopslag behaal                                                         (3)

      6.1.3   Velle vermoed dat ŉ aantal handsakke gesteel is. Bereken die aantal              (3)
              handsakke wat gesteel is.

      INLIGTING:

      A.      Die leerbaadjies word by ŉ Suid-Afrikaanse verskaffer gekoop en die
              handsakke word ingevoer uit die VSA.

      B.      Die leerbaadjies word waardeer volgens die Geweegde Gemiddelde
              metode en die handsakke word waardeer volgens die Eerste-in-Eerste-uit
              metode (EIEU).

      C.      Die voorraad is as volg waardeer aan die begin en aan die einde van die
              finansiële jaar.

                            Leerbaadjies                          Handsakke
                              Per                  Getal   Per                  TOTAAL
                    Getal             TOTAAL                        Wissel-     (Insluitend
                    een-      een-   (Insluitend   een-    een-
                    hede              vraggeld)
                                                                    koers         aankoop
                              heid                 hede    heid                  uitgawes)
           1 Mrt                                                    R11,50=
                     80       R550    R44 000      100     $45                   R51 750
           2014                                                       $1
            28
           Feb       200        ?          ?       240      ?                       ?
           2015

                                                                                               b.o.

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
                                       REKENINGKUNDE                                      20
                                                                            10710/15

D.      Aankope gedurende die finansiële jaar

                       Leerbaadjies                             Handsakke
                                 TOTALE                                        TOTALE
                 Getal   Per      KOSTE          Getal   Per                   KOSTE
                                                                  Wissel-
                 een-    een-    (vervoer-       een-    een-               (aankoop-
                                                                  koers
                 hede    heid      koste         hede    heid                uitgawes
                                  uitgesluit)                               uitgesluit)
 07/03/2014      200     R560     R112 000         80    $50    R11,00=$1    R44 000
 25/06/2014      250     R620     R155 000        220    $50    R11,50=$1   R126 500
 02/02/2015      150     R700     R105 000        100    $55    R11,90=$1    R65 450
     TOTAAL      600              R372 000        400                       R235 950

E.      Aankoop-uitgawes:
             Vraggeld op aankope vir die leerbaadjies was R13 000 en handsakke is
              ingevoer teen vraggeld van R20 per handsak.
             Doeane- en invoerbelasting betaal op handsakke gedurende die
              rekeningkunde periode, R12 000.

F.      Gedurende die finansiële jaar is die volgende verkoop:
        Leerbaadjies:           480 eenhede teen R1 000 elk = R480 000
        Handsakke:              235 eenhede teen R900 elk = R211 500

G.      Velle het begin deur die volgende inligting beskikbaar te stel:

                                                Leerbaadjies       Handsakke
            Verkope                              R480 000           R211 500
            Koste van verkope                    R321 750               ?
            Bruto wins                           R158 250               ?
            Winsopslag % op kosprys               49,18%                ?

                                                                                           b.o.

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
                                        REKENINGKUNDE                                   21
                                                                           10710/15

6.2   VERSPIED HANDELAARS

      Verspied Handelaars verkoop een model kamera. Die eienaar, Mev K Kyk, het drie
      takke geleë in Soweto, Kagiso en Hillbrow. Die drie takke word bestuur deur
      Thembi, Diane en Karabo onderskeidelik.

      Mev K Kyk het die jaarlikse syfers/bedrae van die drie takke vir die finansiële
      tydperk geëindig 28 Februarie 2015, bekom.

      GEVRA:

      Identifiseer EEN probleem ten opsigte van elke tak. Haal syfers/bedrae aan om
      jou antwoord te staaf. Gee in elke geval advies aan die eienaar om die probleem
      op te los.                                                                         (9)

      Let wel: Alle kameras word kontant verkoop.

          INLIGTING
                                         SOWETO           KAGISO       HILLBROW
                  KAMERAS
                                         (Thembi)         (Diane)       (Karabo)
          Kameras beskikbaar om te
                                               1 960           1 600         1 160
          verkoop
          Kameras gedurende die
                                               1 560            300          1 000
          jaar verkoop
          Kameras gedurende die
                                                     20          20             0
          jaar teruggestuur
          Voorraad op
                                                    340        1 280          160
          28 Februarie 2015
          Totale kontantverkope         R18 720 000       R3 600 000   R11 360 000
          Kosprys per kamera                  R8 000         R8 000        R8 000
          Verkoopprys per kamera             R12 000        R12 000       R12 000
          Advertensiekoste per jaar          R40 000        R40 000       R40 000
          Salaris van bestuurder per
                                             R25 000        R25 000       R25 000
          maand

                                                                                         35

                                                                       TOTAAL: 300 PUNTE

                                          EINDE

## Related documents

- [Grade 12 NSC Accounting P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-accounting-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/813d0ccb-dfb0-4caa-917e-f4fad84da119) — Accounting · QP · 2020 · Afr
- [Gr12 Accounting P2 (Afrikaans) SEP 2022 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr12-accounting-p2-afrikaans-sep-2022-answer-book/d433311b-2ab8-4c86-90d3-42fe3c2ac6c3) — Accounting · Addendum · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC Accounting X10 Afrikaans 2018 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-accounting-x10-afrikaans-2018-answer-book/69e260ea-abfd-4631-a19b-66d4d2e224a7) — Accounting · Addendum · 2018 · Afr
- [ACCOUNTING GR12 AB SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-gr12-ab-sept2018-afrikaans/bb8fabf9-7043-4ec6-9cf8-5476cecd6602) — Accounting · QP · 2018 · Afr
- [ACCN GR12 SEPT2015 AFR QP](https://www.hlayiso.com/library/accn-gr12-sept2015-afr-qp/474e07e7-269a-4133-a6c2-a0e495bd44fb) — Accounting · QP · 2015 · Afr
- [ACCN GR12 SEPT2015 ENG QP Final](https://www.hlayiso.com/library/accn-gr12-sept2015-eng-qp-final/7ea6c66d-caa7-4ad7-aea0-96b8aafe0188) — Accounting · QP · 2015 · Eng

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Memo · 2025 · Afr
- [Accounting Grade 12 NSC ANSWER BOOK P2 May June 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-answer-book-p2-may-june-2025-kzn/b9529d65-7fc3-420f-8a91-05ec30b0d61b) — Addendum · 2025
- [Accounting Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/4bc5dfae-35c0-4acd-83c3-4b53266a3680) — Memo · 2025
- [Accounting P1 May-June 2025 Answer Book Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-answer-book-afr/7207c401-3dce-40c5-bd09-39c9787e0729) — Addendum · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
