# Accounting Grade 12 Gauteng Mock 2017 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Accounting question paper from the Gauteng Mock Exam 2017 (Afrikaans), 21 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-accounting-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/271a408d-2520-4918-8fe9-b71b6cb57eae
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 21

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 Gauteng Mock 2017 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-accounting-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/271a408d-2520-4918-8fe9-b71b6cb57eae)

## About this document

Accounting · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2017 · Afrikaans. Question paper, 21 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                     VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                              2017
                              10710
                          REKENINGKUNDE

TYD:       3 uur

PUNTE: 300

21 bladsye

       3

                                                  b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                  REKENINGKUNDE                         2
                                                                           10710 / 17

                       GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                            VOORBEREIDENDE EKSAMEN – 2017

                                                              REKENINGKUNDE

                                                              TYD: 3 uur

                                                              PUNTE: 300

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur en volg dit noukeurig.

1.     Beantwoord AL die vrae.

2.     ŉ Spesiale ANTWOORDBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet beantwoord.

3.     Toon ALLE bewerkings om deelpunte te verdien.

4.     Jy mag ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

5.     Jy mag ŉ donker potlood of blou / swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.

6.     Waar van toepassing, moet berekeninge tot EEN desimale punt getoon word.

7.     Skryf netjies en leesbaar .

                                                                                        b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                    REKENINGKUNDE                               3
                                                                                   10710 / 17

8.     Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ŉ gids wanneer jy die vraestel
       beantwoord. Probeer om NIE hiervan af te wyk NIE.

VRAAG 1: 35 punte; 20 minute
Onderwerp van die vraag:   Hierdie vraag integreer:
                           Finansiële Rekeningkunde
                           Bank en Debiteure Rekonsiliasie
Versoening                 Bestuurshulpbronne
                           Interne kontrole prosesse
                           Etiek

VRAAG 2: 40 punte; 25 minute
Onderwerp van die vraag:    Hierdie vraag integreer:
                            Bestuursrekeningkunde
Vervaardiging               Konsepte
                            Produksiekostestaat
                            Gelykbreekpunt

VRAAG 3: 65 punte; 40 minute
Onderwerp van die vraag:    Hierdie vraag integreer:
                            Finansiële Rekeningkunde
                            Konsepte
Maatskappy Finansiële State Inkomstestaat
en Ouditverslag             Balansstaat
                            Bestuursrekeningkunde
                            Vaste deposito’s

VRAAG 4: 70 punte; 45 minute
Onderwerp van die vraag:    Hierdie vraag integreer:
                            Finansiële Rekeningkunde
                            Konsepte
Kontantvloeistaat en
                            Kontantvloeistaat
Vertolking van inligting
                            Ontleding en vertolking van finansieringsaktiwiteite
                            Bestuur van hulpbronne
                            Interne Kontrole

VRAAG 5: 45 punte; 25 minute
Onderwerp van die vraag:    Hierdie vraag integreer:
                            Finansiële Rekeningkunde
                            BTW
Voorraadwaardasie
                            Bestuur van Hulpbronne
                            Voorraadwaardasie
                            Interne Kontrole

VRAAG 6: 45 punte; 25 minute
Onderwerp van die vraag:    Hierdie vraag integreer:
                            Bestuursrekeningkunde
                            Kontantbegroting
BTW en Begrotings
                            Berekeninge
                            Bestuur van Hulpbronne
                            Internebeheer-prosesse en etiek

                                                                                                b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                  REKENINGKUNDE                            4
                                                                             10710 / 17

VRAAG 1: VERSOENING                                               (35 punte; 20 minute)

Zoxolo Handelaars doen rekonsiliasie elke maand as deel van die interne beheer
proses.

GEVRA:
1.1 BANKVERSOENING
      1.1.1   Verskaf EEN rede waarom Bankversoening belangrik is vir ŉ besigheid.        (2)
      1.1.2   Verwys na Inligting A.
              •   Watter tjek is verkeerdelik in die Bankversoeningstaat van Augustus
                  2017 opgeteken? Gee EEN rede vir jou keuse.                            (2)
              •   Wys die regstelling van die fout deur die tabel in die antwoordboek te
                  voltooi. Hierdie tjek is aan ŉ krediteur uitgereik.                    (4)
              •   Bereken die korrekte saldo volgens die Bankrekening in die Algemene
                  Grootboek nadat die bostaande fout in aanmerking geneem is. Dui
                  aan of die saldo gunstig of ongunstig is.                              (7)

1.2   DEBITEUREVERSOENING EN OUDERDOMSANALISE
      Verwys na Inligting B, C EN D.

      1.2.1   Toon die veranderinge wat gemaak moet word aan die Debiteurekontrole
              rekening en aan die Debiteurelys om die verskille wat gekry word reg te
              stel.                                                                   (7)
      1.2.2   Zoxolo voel dat die debiteure nie effektief beheer word nie.

              •   Verskaf EEN rede hoekom jy dink hy voel so. Doen ŉ berekening om
                  jou antwoord te staaf.                                           (5)
              •   Noem TWEE aksies wat Zoxolo Handelaars kan neem om debiteure
                  aan te moedig om hul rekeninge volgens die terme te vereffen.    (2)

1.3   ETIEK EN INTERNEKONTROLE

      Jy word van inligting voorsien oor die volgende fakture:

      (a)     Faktuur BT101 was vir goedere wat een van die werkers bestel het
              vir persoonlike gebruik. Die goedere is met ŉ besigheidstjek betaal.

      (b)     Faktuur BT109 was vir goedere wat bestel is namens die eienaar vir
              eie gebruik.

      1.3.1   Verduidelik EEN maatreël wat die besigheid in plek moet stel om die
              onetiese praktyk wat in Faktuur BT 101 voorkom, stop te sit.        (2)

      1.3.2   Verwys na Faktuur BT109. Gee EEN geval waar hierdie transaksie eties
              sal wees en een waar dit oneties sal wees.                                  (4)

                                                                                            b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                  REKENINGKUNDE                         5
                                                                           10710 / 17

INLIGTING:
A.
      BANKVERSOENING OP 31 AUGUSTUS 2017
                                                                      R
      Gunstige Saldo volgens die Bankstaat                            12 000
      Uitstaande deposito’s                                            7 300
      Bedrag verkeerdelik gedebiteer deur bank                         1 400
      Uitstaande tjeks:
             Nr: 900 (gedateer 7 Februarie 2017)                       1 980
             Nr: 1421 (gedateer 28 Augustus 2017)                     10 200
             Nr: 1425 (gedateer 10 September 2017)                     7 354
      Saldo’s volgens Bankrekening in die Algemene                         ?
      Grootboek

B.
      INLIGTING VOORDAT DIE VERSKILLE IN AANMERKING GEMEEN
      IS OP 31 AUGUSTUS 2017
                                                      R
      Saldo volgens Debiteurekontrole-rekening        83 750
      Saldo volgens Debiteure Grootboek:              88 550
          Dali – kredietlimiet R15 000                23 250
          Derek – kredietlimiet R35 000               33 700
          Divya – kredietlimiet R40 000               31 600
      Verskil                                              ?

C.   ADDISIONELE INLIGTING
     Die Versoening tussen die Debiteurekontrole rekening en die Debiteurelys het die
     volgende verskille aan die lig gebring:
     (i)     ŉ Afslag op beskadigde goedere aan Derek vir R2 400, was aan die
             verkeerde kant van sy rekening aangeteken.
     (ii)    Rente van R150, was gehef op die agterstallige rekening van Divya.
     (iii)   ŉ Tjek vir R10 000 wat ontvang is van Dali is deur die bank teruggestuur
             weens onvoldoende fondse. Geen inskrywings is gemaak nie.

D.   DEBITEUERE-OUDERDOMSANALISE

     Debiteure-ouderdomsontleding skedule vir Augustus 2017 nadat die bogenoemde
     transaksies in ag geneem is.

             TOTAAL       HUIDIGE       30 DAE       60 DAE       90 DAE
             R98 750      R16 850       R18 150      R36 300      R27 450
     Debiteure Krediettermyn: 30 dae.
                                                                                        35

                                                                                        b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                 REKENINGKUNDE                             6
                                                                            10710 / 17

VRAAG 2: VERVAARDIGING                                             (40 punte 25 minute)

KONSEPTE

GEVRA:

2.1   Kies ŉ Kosterekening uit die lys verskaf vir elk van die volgende kostes
      hieronder. Skryf net jou antwoord langs die vraagnommer (2.1.1 – 2.1.4) in die
      ANTWOORDBOEK.

              Fabrieksbokoste; Administratiewe koste; Direkte Arbeidskoste;
                 Direkte materiaalkoste; Verkoops- en verspreidingskoste

      2.1.1 Lone betaal aan werkers in die produksieproses

      2.1.2 Die lone betaal aan personeel vir die skoonmaak van die fabriek

      2.1.3 Die telefoon en faks wat gebruik word in die kantoor

      2.1.4 Vervoerkoste van grondstowwe gelewer aan die fabriek                          (4)

2.2   DIE NUTTY DELIGHT FABRIEKSWINKEL

      Die Nutty Delight Fabriekswinkel vervaardig neutlekkers. Die besigheid word
      besit en bestuur deur Romi Goni.

      GEVRA:

      2.2.1    Bereken die waarde van die direkte materiaal wat aan die fabriek
               uitgereik is vir die jaar eindigend 30 Junie 2017.                         (9)

      2.2.2    Stel die Produksiekostestaat vir die jaar geëindig 30 Junie 2017 op.       (14)

      2.2.3    Nutty Delight Fabriekswinkel koop hoofsaaklik vanaf oorsese
               verskaffers. Na ŉ ondersoek is dit bevind dat die meeste van die neute
               wat gebruik word, vanaf plaaslike verskaffers gekoop kan word.
               Verduidelik EEN moontlike rede hoekom ŉ plaaslike verskaffer gebruik
               moet word.                                                                 (2)

      2.2.4    Romi Goni beplan om meer wins te maak deur koste te besnoei. Romi is
               van plan om die duur neute te vervang met goedkoper grondboontjies
               maar nog steeds die lekkergoed teen R40 per eenheid te verkoop. Moet
               Romi hierdie plan implementeer? Verskaf en verduidelik EEN geldige
               rede vir jou besluit.                                                (3)

                                                                                            b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                   REKENINGKUNDE                              7
                                                                                 10710 / 17

INLIGTING:

A.   Saldo

                                                 30 Junie 2017      30 Junie 2016
         Direktemateriaal-voorraad                 R310 000           R325 000
         Goedere-in-bewerking-voorraad              R94 000               ?
         Klaarprodukte                             R201 000           R285 000

B.   Eenheidskoste vir die jaar

                                                         2017             2016
         Kosprys van elke klaarproduk
                                                        R21,25
         geproduseer gedurende die jaar
         Aantal eenhede geproduseer en verkoop          80 000           60 000

C.   Die volgende totale verskyn in die Algemene Grootboek:

     •    Fabrieksbokoste, R280 750

     •    Administratiewe koste, R296 000

     •    Verkoops- en verspreidingskoste, R280 000

     •    Verkope, R3 200 000

D.   Direkte Materiaal
     Grondstowwe is gedurende die jaar op krediet vir R1 093 400 gekoop.

     Kasjoeneute word ingevoer. ŉ Faktuur vir die aankoop van kasjoeneute is nie
     aangeteken nie. Die besonderhede is soos volg:

          •   Kosprys van kasjoeneute is $1 375. Een Amerikaanse dollar is gelyk aan
              R16,00.

          •   Invoerbelasting is 10 %.

          •   Vervoerkoste betaal, R7 400

E.   Salarisse en Lone
     Salarisse en lone beloop R400 000 vir die finansiële jaar. 65% hiervan is vir lone
     betaal aan werknemers wat direk met die vervaardiging van die neutelekkergoed
     werk.

F.   Elektrisiteit
     Betalings vir elektrisiteit, R50 000, is verdeel tussen die fabriek, administrasie, en
     die verkope en verspreidingsdepartemente in die verhouding van 5 : 1 : 2. Die
     bedrag toegeken aan elektrisiteit is nog nie aangeteken nie.
                                                                                              b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                REKENINGKUNDE                           8
                                                                          10710 / 17

2.3   JADEN WINKELS

      Jaden Winkels vervaardig en verpak geskenkpakke. Die finansiële jaar eindig op
      28 Februarie.

      GEVRA:

      2.3.1   Bereken die gelykbreekpunt vir 2017.                                     (5)

      2.3.2   Verduidelik of die eienaar bekommerd moet wees. Verskaf syfers.          (3)

      INLIGTING:

A.    Die besigheid het 4 600 geskenkpakke gedurende die jaar vervaardig en verkoop.

B.    Die verkoopprys van elke geskenkpak is R693,00

C.    Die volgende koste is geïdentifiseer gedurende 2017:

              Koste                                   Totaal         Eenheidsprys
                                                        R                  R
              Primêre koste                          3 726 000           207,00
              Direktemateriaalkoste                  2 214 000           123,00
              Direkte arbeidskoste                   1 512 000           84,00
              Fabrieksbokoste                        1 026 000           57,00
              Verkoops en verspreidingskoste         1 733 400           96,30
              Administrasiekoste                     594 000             49,50

                                                                                        40

                                                                                         b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                    REKENINGKUNDE                             9
                                                                               10710 / 17

VRAAG 3: MAATSKAPPY FINANSIËLE STATE EN OUDITVERSLAG
                                                (65 punte; 40 minute)

3.1   MAATSKAPPYKONSEPTE

      Kies ŉ verduideliking in KOLOM B om by ŉ begrip in KOLOM A te pas. Skryf
      net die letter (A – E) langs die vraagnommer (3.1.1 – 3.1.5) in die
      ANTWOORDBOEK.

                    KOLOM A                                  KOLOM B
                                            Dit is ŉ jaarlikse dokument wat die prestasie
        3.1.1       Inkomstestaat       A   van die maatskappy en die belangrike
                                            besluite wat geneem word, verduidelik.
                                            Dit weerspieël die fondse wat in ŉ
                                            maatskappy ingekom het, deur middel van
        3.1.2       Balansstaat         B
                                            sy bedryfsaktiwiteite, beleggings of
                                            finansieringsaktiwiteite (of benut word).
                                            Dit weerspieël die wins of verlies verdien as
        3.1.3       Kontantvloeistaat   C   gevolg van die bedrywighede van die
                                            maatskappy vir ŉ jaar.
                                            Dit is ŉ mening wat gelig word dat daar op
                    Direkteurs-
        3.1.4                           D   die finansiële state staatgemaak kan word
                    Verslag
                                            of nie.
                    Onafhanklike            Dit reflekteer die bates, laste en ekwiteite
        3.1.5                           E
                    Ouditeursverslag        van ŉ maatskappy.
                                                                                             (5)

3.2   AMARA BEPERK

      Die volgende inligting hou verband met Amara Beperk. Die finansiële jaar eindig
      op 28 Februarie 2017.

      GEVRA:

      3.2.1     Verwys na inligting B.
                Bereken die Netto Wins ná Belasting.                                         (10)

      3.2.2     Stel die volgende notas tot die Balansstaat (Staat van Finansiële posisie)
                vir die jaar geëindig 28 Februarie 2017 op.

                •   Gewone Aandelekapitaal                                                   (9)
                •   Behoue Inkomste                                                          (10)

      3.2.3     Stel die Balansstaat (Staat van Finansiële Posisie) op vir die jaar geëindig
                28 Februarie 2017.                                                           (31)

                                                                                               b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                 REKENINGKUNDE                           10
                                                                            10710 / 17

INLIGTING:

A.    Uittreksel van ŉ lys van Saldo’s/Totale op 28 Februarie 2017

       Balansstaatrekeninge-afdeling                                           R
       Gewone Aandelekapitaal                                                       ?
       Behoue Inkomste (1 Maart 2016)                                         540 000
       Grond en Geboue                                                      6 002 000
       Toerusting (1 Maart 2016)                                              700 000
       Opgelope Waardevermindering op Toerusting (1 Maart 2016)               263 750
       Vaste Deposito: GP Bank                                                260 000
       Handels en ander ontvangbares                                          696 000
       Wisselgeld                                                              12 000
       Lening: GP Bank                                                      1 140 000
       Krediteure-Kontrole                                                    294 600
       Oortrokke Bank                                                          52 000
       SAID: Inkomstebelasting                                                300 000
       Nominale Rekening-Afdeling
       Huurinkomste                                                           177 600
       Dividende op gewone aandele                                             96 000

B.    Netto wins vir die jaar

      Die Interne Ouditeur het bevind dat die volgende aansuiwerings nie in
      berekening gebring is toe die Netto Wins voor Belasting van R1 024 400
      bereken was nie.

             •   Die telefoonrekening van R3 000 vir Februarie is nog nie betaal nie.

             •   ŉ Versekeringsbedrag van R4 500 is vooruitbetaal.

             •   Huurinkomste vir Maart en April 2017 was alreeds ontvang. Die huur
                 is op 1 September 2016 verhoog met 10% . Die Huurinkomste-
                 rekening het ŉ bedrag van R177 600 getoon in die Algemene
                 Grootboek.

             •   Skryfbehoeftes van R500 was op 28 Februarie 2017 voorhande.

      Die Inkomstebelasting word bereken op 28% op die netto wins voor belasting.

                                                                                         b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                 REKENINGKUNDE                           11
                                                                          10710 / 17

C.   Aandele en dividende

      (i)    Gemagtigde aandelekapitaal bestaan uit 400 000 gewone aandele.

      (ii)   Op 1 Maart 2016: Was 160 000 aandele uitgereik ten waarde van
             R4 000 000.

     (iii)   On 31 Augustus 2016: Die direkteure besluit om 50 000 aandele terug te
             koop van die familie van ŉ afgestorwe aandeelhouer, teen R30 per
             aandeel. Die aandele is NIE geregtig op die finale dividend NIE.

     (iv)    On 1 Januarie 2017: 100 000 aandele uitgereik teen R17,50 elk.

     (v)     Die direkteure het op 28 Februarie 2017 ŉ finale dividend van 80 sent per
             aandeel verklaar.

D.   Vaste Bates

      (i)    Toerusting is vir R250 000 gekoop op 1 Desember 2016. Geen toerusting
             is gedurende die jaar verkoop nie.

      (ii)   Die waardevermindering rekening was met ŉ totale bedrag van
             R76 250 gedebiteer vir die jaar.

E.   Niebedryfslaste

     Die leningstaat van GP Bank reflekteer die volgende:

              Saldo aan die begin van die finansiële jaar       R1 500 000
              Terugbetalings gedurende die jaar                         R?
              Rente gekapitaliseer                               R157 500
              Saldo aan einde van finansiële jaar               R1 140 000

     Die kapitale terugbetaling van die lening vir die volgende finansiële jaar bly
     dieselfde as die huidige finansiële jaar.
                                                                                         65

                                                                                         b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                  REKENINGKUNDE                             12
                                                                             10710 / 17

VRAAG 4: KONTANTVLOEISTAAT EN VERTOLKING VAN INLIGTING
                                                 (70 punte; 45 minute)

4.1   KONSEPTE

      Kies die korrekte antwoord uit die opsies gegee om die stellings te voltooi. Skryf
      slegs die antwoord neer langs die vraagnommer (4.1.1 – 4.1.3) in die
      ANTWOORDBOEK.

           Solvensie;     Hefboom;          Likiditeit;      Winsgewendheid

      4.1.1   Die vermoë van die onderneming om sy korttermyn verpligtinge na te
              kom (Skuld)                                                        (1)

      4.1.2   Totale bates : Totale laste                                                  (1)

      4.1.3   Die mate waartoe die besigheid gebruik maak van lenings (geleende
              kapitaal)                                                                    (1)

                                                                                             b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                     REKENINGKUNDE                           13
                                                                               10710 / 17

4.2        NKOSI BEPERK

           Nkosi Beperk voorsien jou met uittreksels van hul finansiële state vir die jaar
           geëindig 28 Februarie 2017.

           GEVRA:
           Berei die Kontantvloeistaat voor vir die jaar geëindig op 28 Februarie 2017.
           (Waar van toepassing, wys die berekenings in hakkies vir gedeelte punte.)    (32)

      INLIGTING:

      A.      Uittreksel uit die Inkomstestaat

                                                                                 R
                Waardevermindering                                               19 974
                Inkomstebelasting                                              198 240

      B.      Uittreksel uit die Balansstaat (Staat van Finansiële Posisie) op
              28 Februarie 2017

                                                     28 Feb 2017       29 Feb 2016
                 BATES
                 Nie Bedryfsbates                        1 331 328        1 205 760
                 Vaste/Tasbare Bates                     1 175 328          977 760
                 Finansiële Bates                          156 000          228 000
                 Kontant en kontantekwivalente             985 390               30
                 Ekwiteit en Laste
                 Aandeelhouersbelang                     2 999 880        1 302 120
                 Gewone-Aandelekapitaal                  2 850 000        1 200 000
                 Behoue Inkomste                           149 880          102 120
                 Niebedryfslaste                           420 000        1 284 000
                 Oortrokke Bankrekening                          0           80 130
                 Aandeelhouers vir dividende               312 000           16 800
                 SAID Inkomstebelasting                     12 450            4 800

      C.      Lening en rente op lening

                 Die leningstaat van Invest Bank op 28 Februarie 2017 reflekteer die
                 volgende:
                  Saldo aan die begin van die finansiële jaar            R 1 284 000
                  Terugbetaling gedurende die jaar (rente ingesluit)       1 008 000
                  Rente gekapitaliseer                                             ?
                  Saldo aan die einde van die finansiële jaar                420 000

                                                                                             b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                                 REKENINGKUNDE                            14
                                                                             10710 / 17

D.   Aandelekapitaal en Dividende

     •    Op 1 Maart 2016 het die besigheid 100 000 aandele uitgereik teen ŉ
          gemiddelde prys van R12 per aandeel.

     •    Die besigheid het ŉ interim dividend van 120 sent per aandeel op
          31 Mei 2016 betaal.

     •    Op 1 September 2016 het die besigheid nuwe aandele uitgereik.

     •    Op 28 Februarie 2017 het die besigheid 10 000 aandele teen R23 per
          aandeel teruggekoop. Dit is R3 meer as die gemiddelde prys.

     •    ŉ Finale dividend is verklaar op 28 Februarie 2017.

E.   Vaste Bates

     •    Toerusting is teen drawaarde verkoop. Die inligting vir hierdie toerusting is
          soos volg:
         Kosprys                                                             48 000
         Opgehoopte waardevermindering tot datum van verkope               R24 684
         Datum verkoop                                                 1 April 2016
         Verkoopsprys                                                             ?

                                                                                          b.o.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                                 REKENINGKUNDE                            15
                                                                            10710 / 17

4.3   FINANSIËLE AANWYSERS VAN TWEE MAATSKAPPYE

      Jou vriend is ŉ bestaande aandeelhouer in twee maatskappye wat selfone en
      data verkoop. Sy voorsien jou van inligting oor albei maatskappye.

      GEVRA:

      4.3.1   Bereken die volgende finansiële aanwysers:

              •   Netto batewaarde van Talk Bpk.                                         (3)
              •   Skuld- Ekwiteit-Verhouding van Data Bpk.                               (3)

      4.3.2   Jou vriend is van mening dat die likiditeitsposisie van Talk Bpk. beter is
              as die van Data Bpk. Haal TWEE finansiële aanwysers aan (met syfers)
              om haar mening te verduidelik.                                             (6)

      4.3.3   Data Bpk. betaal ŉ groot gedeelte van hul lening af gedurende die
              finansiële jaar. Haal TWEE finansiële aanwysers met relevante syfers
              aan om te motiveer waarom dit nie ŉ goeie besluit deur die direkteure
              was nie.                                                              (7)

      4.3.4   Sal die aandeelhouers tevrede wees met die prys waarteen die aandele
              uitgereik is aan beide maatskappye? Verduidelik deur relevante
              finansiële aanwysers en syfers vir elke maatskappy aan te haal.            (6)

      4.3.5   Jou vriend besit 30 000 aandele in elkeen van die maatskappye.

              •   Bereken hoeveel dividende sy verdien van elke maatskappy.              (2)

              •   Vergelyk en lewer kommentaar op die dividend uitbetalingsbeleid
                  van die twee maatskappye. Voorsien berekeninge in jou
                  verduideliking.                                                        (4)

              •   Verduidelik EEN rede vir die dividend uitbetalings van elke
                  maatskappy.                                                            (4)

                                                                                           b.o.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                                REKENINGKUNDE                          16
                                                                          10710 / 17

     INLIGTING:

A.   Uittreksel uit die Balansstaat (Staat van Finansiële Posisie) op
     28 Februarie 2017

                                                DATA BPK.        TALK BPK.
             Aandeelhouersekwiteit                1 011 150        2 116 800
             Gewone Aandele kapitaal                808 000        1 593 000
             Behoue inkomste                        203 150          523 800
             Nie-Bedryfslaste                       202 230         1270 080

B.   Finansiële aanwysers

                                                    DATA BPK.      TALK BPK.
         Bedryfskapitaalverhouding                    3,6 : 1        2,4 : 1
         Vuurproefverhouding                          0,6 : 1        1,2 : 1
         Handelsvoorraadomsetsnelheid                 4 keer         8 keer
         Skuld-ekwiteitsverhouding                       ?           0,6 : 1
         % opbrengs op gewone-aandelebelang           25,4%          14,5%
         % opbrengs op kapitaal aangewend             18,4%          10,2%
         % rentekoers op lening                       10,5%          10,5%
         Markprys per aandeel op die JEB             710 sent       910 sent
         Netto batewaarde per aandeel                535 sent           ?
         Dividende per aandeel                       230 sent       245 sent
         Verdienste per aandeel                      350 sent       285 sent

C.   Beide maatskappye het dieselfde aantal aandele wat uitgereik is aan die einde
     van die huidige finansiële jaar; 189 000 aandele.

D.   Addisionele inligting
     •    Data Bpk. het ekstra aandele teen 450 sent per aandeel uitgereik.

     •    Talk Bpk. het ekstra aandele teen 1 200 sent per aandeel uitgereik.

                                                                                       70

                                                                                       b.o.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                              REKENINGKUNDE                             17
                                                                          10710 / 17

VRAAG 5: VOORRAADWAARDASIE EN PROBLEEMOPLOSSING
                                            (45 punte; 25 minute)

5.1   HOED BYKOMSTIGHEDE

      Hoed Bykomstighede verkoop modehoede.

      GEVRA:

      5.1.1   Bereken die aantal hoede voorhande op 28 Februarie 2017, die einde
              van die finansiële jaar.                                           (3)

      5.1.2   Bereken die volgende met behulp van die geweegde gemiddelde
              metode:

              • Waarde van die finale voorraad voorhande op 28 Februarie 2017          (7)
              • Bruto wins                                                             (5)

      5.1.3   Die eienaar wil wissel tussen die geweegde gemiddelde metode en die
              eerste-in-eerste-uit metode (EIEU) van voorraadwaardasie,
              afhangende van die een wat die hoogste wins sal hê.

              •   Bereken die volgende deur die EIEU metode te gebruik:

                   Waarde van die slotvoorraad voorhande op 28 Februarie 2017         (5)
                   Bruto wins persentasie op koste van verkope                        (6)

              •   Verskaf TWEE redes waarom die afwisseling tussen die twee
                  metodes van waardering van voorraad nie voldoen aan die
                  vereistes van die Internasionale Finansiële Verslagdoening-
                  standaarde (IFRS) nie.                                               (4)

                                                                                         b.o.

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                                        REKENINGKUNDE                          18
                                                                                 10710 / 17

      INLIGTING:

      A.                           Voorraad op hande en
               Besonderhede                                       Verkope vir die jaar
                                    Aankope vir die jaar
                                           Een-                         Een-
                                  Aantal           Totaal     Aantal               Totaal
                                          heids-                        heids
                                  Items               R       Items                  R
                                           prys                         Prys
             Begin voorraad
             1 Maart 2016          100        R40     4 000    100       R150      15 000
             Aankope               500               38 000    410                 61 500
             April 2016            100        R50     5 000    100       R150      15 000
             Julie 2016            150        R60     9 000    150       R150      22 500
             November 2016         200        R90    18 000    160       R150      24 000
             Februarie 2017         50        R120    6 000     0        R150        0

      B.    Die bestelling van hoede wat in Maart 2017 ontvang gaan word is 250 hoede
            teen R140 elk. Die besigheid is van plan om al die hoede teen R200 elk te
            verkoop.

5.2        GYM TRIM

           Gym Trim is ŉ tak van Vitality Sportsgroothandelaars. Voorraad word waardeer
           volgens die EIEU-metode. Die volgende syfers is aan die eienaar van Gym Trim
           gegee maar hy is nie gelukkig nie omdat die werklike syfers volgens die
           voorraadopname en die syfers wat in die Handelsvoorraadrekords in die boeke
           verskyn, nie ooreenstem nie.

           GEVRA:

           5.2.1    Bereken die aantal dae vir voorraad voorhande vir Gymsakke.
                    Gymsakke word verkoop teen ŉ winsgrens van 25% op kosprys. Die
                    gemiddelde voorraad is R153 600.                                          (6)

           5.2.2    Identifiseer EEN ander probleem oor die manier hoe die produk bestuur
                    word. Haal syfers aan om jou antwoord te staaf. In elk van die gevalle
                    gee praktiese advies.                                                  (9)

                   VOORRAADITEMS                 Sweetbande    Handdoeke        Gymsakke
            Beginvoorraad per eenheid                120           80              150
            Aankope in eenhede                      5 600         960             1 200
            Verkope in eenhede vir die jaar         4 800         840              930
            Eindvoorraad in eenhede                  810          200              420
            Verkoopsprys per eenhede                 R45          R125            R350
            Periodieke voorraad voorhande          50 dae        70 dae             ?
            Kontant gedurende die jaar            R216 000      100 000         R325 500
            gedeponeer
                                                                                               45

                                                                                                b.o.

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
                                               REKENINGKUNDE                             19
                                                                          10710 / 17

VRAAG 6: BTW EN BEGROTINGS                                    (45 punte; 25 minute)

6.1   BTW

      Voltooi die volgende sinne deur met die ontbrekende woorde of syfers langs die
      vraagnommer (6.1.1 – 6.1.4) in die ANTWOORDBOEK neer te skryf.

      6.1.1   Die BTW wat gehef word deur die besigheid wanneer dit goedere
              verkoop of dienste lewer staan bekend as ... belasting.                   (1)

      6.1.2   ŉ Kredietsaldo in die BTW Kontrolerekening dui aan dat BTW is ...
              SAID deur die besigheid.                                          (1)

      6.1.3   Goedere word gekoop vir R36 900, BTW uitgesluit. Die bedrag vir BTW
              op hierdie goedere is R... .                                        (2)

      6.1.4   Goedere word verkoop vir R7 410 BTW ingesluit. Die bedrag vir BTW
              ingesluit in die verkoopprys van hierdie goedere is R... .                (2)

6.2   KONTANTBEGROTING

      Jy word voorsien van ŉ onvoltooide Kontantbegroting en addisionele inligting in
      verband met Soweto Handelaars. Die finansiële jaar eindig op 31 Desember.

      GEVRA:

      6.2.1   Voorsien EEN rede waarom dit belangrik is vir ŉ besigheid om ŉ
              Kontantbegroting op te stel.                                   (2)

      6.2.2   Voltooi die Debiteure-invorderingskedule.                                 (7)

      6.2.3   Bereken die ontbrekende syfers vir kontantoorskot / tekort en bank
              saldo’s (A – E) op die Kontantbegroting.                                  (16)

      6.2.4   •   Lewer kortliks kommentaar op die bank saldo’s. Haal syfers aan.

              •   Verduidelik TWEE merkwaardige maatreëls wat hulle gebruik het
                  om die kontantvloei te verbeter. Haal syfers aan.             (8)

      6.2.5   Verwys na inligting F.

              Die eienaar voel dat daar ŉ probleem is rakende sommige van die
              inkomste- en uitgawe-items. Stel in elke geval voor hoe om die interne
              beheer van die betrokke items te verbeter .                            (6)

                                                                                          b.o.

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
                                               REKENINGKUNDE                          20
                                                                         10710 / 17

INLIGTING:

A.   Debiteure en verkope

     •   Die eienaar het besluit om goedere op krediet te verkoop van 1 November
         2017 af.
     •   40% van totale verkope sal na verwagting kredietverkope wees.
     •   Daar word verwag dat debiteure soos volg sal betaal:

            o 25% van debiteure sal in dieselfde maand as verkope, onderhewig aan
              ŉ 5% korting, betaal.
            o 68% van debiteure sal in die maand wat op die maand van verkope
              volg, betaal.
            o 7% van die skuld word na verwagting afgeskryf.

B.   Aankoop van voorraad en winsopslag

     •   Alle goedere word verkoop teen ŉ winsopslag van 50% op kosprys.
     •   Goedere word maandeliks vervang om ŉ vastevoorraad-basis te handhaaf.
     •   Goedere word soos volg aangekoop: 25% vir kontant en 75% op krediet.
     •   Krediteure word ten volle betaal in die maand wat op die maand van aankope
         volg.

C.   Salarisse

     Maandelikse salarisse vir al 11 werknemers sal verhoog word met effek vanaf
     1 November 2017. Die verhoging is soos volg:

     •   Die bestuurder sal ŉ verhoging van 35% op sy huidige maandelikse salaris
         van R12 000 ontvang vanaf 1 November 2017.
     •   Die tien winkelassistente wat ŉ gelyke salaris verdien, sal elk op die
         1 November 2017 ŉ verhoging van R520 per maand ontvang.
     •   ŉ Addisionele winkelassistent gaan vanaf 1 Desember 2017 in diens geneem
         word teen dieselfde verhoogde salaris as die ander winkelassistente.

D.   Lening en Rente

     •   ŉ Korttermynlening van R800 000 is op 31 Augustus 2017 aangegaan.
     •   Dit moet terugbetaal word in vier gelyke paaiemente elke drie maande. Die
         eerste betaling moet op 30 November 2017 gemaak word.
     •   Rente teen (15% p.j.) word maandeliks per tjek betaal.

                                                                                      b.o.

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
                                           REKENINGKUNDE                      21
                                                                 10710 / 17

E.                      KONTANTBEGROTING VIR DIE TYDPERK
                        1 OKTOBER 2017 TO 31 DESEMBER 2017
                                           OKT        NOV         DES
     ONTVANGSTE                                    R         R          R
     Kontantverkope                          288 000   216 000    252 000
     Kontant ontvang van Debiteure                 0    34 200          ?
     Huurinkomste                              8 400    10 080          0
     Verkope van gedeelte van                        1 000 000
     winkelperseel
     Kapitaalbydrae                          370 000
     TOTALE ONTVANGSTE                       666 400 1 260 280           ?
     BETALINGS
     Betaling aan Krediteure                 135 000    A         180 000
     Kontantaankope                           48 000    60 000     70 000
     Salarisse                                64 000    B          79 120
     Onttrekkings                             40 000    60 000     60 000
     Advertensie                               2 880     3 600      8 400
     Water-en-elektrisiteit                   15 000    15 000     15 000
     Telkom en selfoonkoste                   26 000    28 000     30 000
     Voertuig terugbetalingspaaiement                  100 000     15 000
     Betaling van lening                               200 000
     Rente op lening                          10 000    10 000     C
     Afleweringsvoertuig-uitgawes              8 940     9 208       9 484
     Diverse Bedryfsuitgawes                  40 000    40 000      40 000
     TOTALE BETALINGS                        389 820   743 208           ?
     Kontantsurplus (Tekort)                 276 500   517 072   (124 684)
     Bank : Beginsaldo                     (195 308)    81 192     D
     Bank: Eindsaldo                          81 192   598 264     E

F.
     OKTOBER 2017                      BEGROOT      WERKLIK
     Kontantverkope                       288 000      260 000
     Huurinkomste                           8 400        2 000
     Aflewerings voertuig uitgawes          8 940       17 600

                                                                              45

                                                                    TOTAAL: 300

                                      EINDE

## Related documents

- [Grade 12 NSC Accounting P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-accounting-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/813d0ccb-dfb0-4caa-917e-f4fad84da119) — Accounting · QP · 2020 · Afr
- [Grade 12 NSC Accounting Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-accounting-preparatory-2017-question-paper/135a4f47-f617-4ff6-a737-9714bac9f481) — Accounting · QP · 2017
- [Gr12 Accounting P2 (Afrikaans) SEP 2022 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr12-accounting-p2-afrikaans-sep-2022-answer-book/d433311b-2ab8-4c86-90d3-42fe3c2ac6c3) — Accounting · Addendum · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC Accounting X10 Afrikaans 2018 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-accounting-x10-afrikaans-2018-answer-book/69e260ea-abfd-4631-a19b-66d4d2e224a7) — Accounting · Addendum · 2018 · Afr
- [ACCOUNTING GR12 AB SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-gr12-ab-sept2018-afrikaans/bb8fabf9-7043-4ec6-9cf8-5476cecd6602) — Accounting · QP · 2018 · Afr
- [Accn Qp Eng](https://www.hlayiso.com/library/accn-qp-eng/265bc973-172b-49fd-b391-a52424963bfe) — Accounting · QP · 2017 · Eng

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Memo · 2025 · Afr
- [Accounting Grade 12 NSC ANSWER BOOK P2 May June 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-answer-book-p2-may-june-2025-kzn/b9529d65-7fc3-420f-8a91-05ec30b0d61b) — Addendum · 2025
- [Accounting Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/4bc5dfae-35c0-4acd-83c3-4b53266a3680) — Memo · 2025
- [Accounting P1 May-June 2025 Answer Book Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-answer-book-afr/7207c401-3dce-40c5-bd09-39c9787e0729) — Addendum · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
