# Accounting Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 QP (Afr)

> Grade 12 Accounting Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2020 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-accounting-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/813d0ccb-dfb0-4caa-917e-f4fad84da119
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-accounting-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/813d0ccb-dfb0-4caa-917e-f4fad84da119)

## About this document

Accounting · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

           GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                      VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                                 2020
                                 10712
                             REKENINGKUNDE
                                   V2

TYD:     2 uur

PUNTE: 150

14 bladsye + ŉ formuleblad

                                                b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                         REKENINGKUNDE                                2
                                         (Vraestel 2)                   10712/20

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die onderstaande instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig na.

1.     Beantwoord AL die vrae.

2.     ŉ Spesiale ANTWOORDBOEK word voorsien waarin AL die vrae beantwoord moet
       word.

3.     Toon ALLE bewerkings om deelpunte te verdien.

4.     Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

5.     Jy mag ŉ donker potlood of blou/swart ink gebruik om jou vrae te beantwoord.

6.     Waar van toepassing, toon alle berekeninge tot EEN desimale punt.

7.     Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                          b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                       REKENINGKUNDE                          3
                                       (Vraestel 2)               10712/20

8.      Gebruik die inligting in die onderstaande tabel as ŉ gids om die vraestel te
        beantwoord. Probeer om NIE hiervan af te wyk nie.

                              VRAAG 1: 35 punte; 30 minute
     Onderwerp:              Hierdie vraag integreer:
                             Finansiële Rekeningkunde
                             Bankversoening
     Versoening en BTW       BTW
                             Bestuur van hulpbronne
                             Internekontrole
                             Etiek

                              VRAAG 2: 40 punte; 30 minute
     Onderwerp:               Hierdie vraag integreer:
                              Bestuursrekeningkunde
     Vervaardiging            Konsepte
                              Produksiekostestaat
                              Gelykbreekpuntontleding

                               VRAAG 3: 45 punte; 35 minute
     Onderwerp:               Hierdie vraag integreer:
                              Finansiële Rekeningkunde
     Vaste Bates en           Vaste Bates
     Voorraadwaardasie        Bestuur van hulpbronne
                              Voorraadwaardasie
                              Internekontrole

                               VRAAG 4: 30 punte; 25 minute
     Onderwerp:               Hierdie vraag integreer:
                              Bestuursrekeningkunde
                              Kontantbegroting
     Begroting                Berekeninge
                              Bestuur van hulpbronne
                              Internekontrole

                                                                                  b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                           REKENINGKUNDE                                4
                                           (Vraestel 2)                    10712/20

VRAAG 1: VERSOENING EN BTW                                              (35 punte; 30 minute)

1.1   BANKVERSOENING

      Die volgende inligting rakende Woodmead Handelaars word aan jou
      voorgehou. Hulle benodig jou hulp met die opstelling van die
      Bankversoeningstaat vir Junie 2020. Die finansiële jaar eindig jaarliks op
      30 Junie 2020.

      GEVRA:

      1.1.1    Identifiseer die items wat in die KOJ aangeteken moet word.                  (4)

      1.1.2    Identifiseer die items wat in die KBJ aangeteken moet word.                  (3)

      1.1.3    Voltooi die Bankversoeningstaat op 30 Junie 2020.                            (7)

      1.1.4    Verduidelik hoe die onderneming item 9 moes hanteer het.                     (2)

      1.1.5    Was dit volgens jou ŉ goeie besluit deur Woodmead Handelaars om ŉ
               vaste deposito ten bedrae van R100 000 op 15 Junie 2020 aan te
               gaan? Verduidelik jou antwoord. Haal syfers of bewyse uit die vraag
               aan om jou antwoord te staaf.                                                (3)

      INLIGTING:

      Die Bankversoeningstaat op 31 Mei 2020 toon die volgende:

      Gunstige saldo volgens Bankstaat                                        R44 000
      Uitstaande deposito (gedateer 31 Mei 2020)                              R55 200
      Uitstaande tjeks:
      Nr. 7155 (gedateer 15 Desember 2019)                                     R5 000
      Nr. 7710 (gedateer 20 Mei 2020)                                         R22 800
      Nr. 7747 (gedateer 31 Julie 2020)                                      R136 000
      Ongunstige saldo volgens Bankrekening                                   R64 600

      Nadat die Bankstaat van Stander Bank met die Kontantontvangstejoernaal
      (KOJ) en Kontantbetalingsjoernaal (KBJ) vergelyk is, het die volgende verskille
      aan die lig gekom:

      Item 1       ŉ Deposito van R55 200 verskyn slegs op die Bankstaat van
                   1 Junie 2020 en nie in die Junie joernale nie.

      Item 2       ŉ Deposito van R37 200 verskyn in die KOJ op 29 Junie 2020,
                   maar nie in die Junie Bankstaat nie.

      Item 3       ŉ Direkte deposito vir R10 000 is deur Oxford Produkte in die
                   bankrekening van Woodmead Handelaars gemaak. Dit was ten
                   opsigte van kommissie-inkomste. Die bedrag verskyn op die
                   Bankstaat, maar nie in die hulpjoernale nie.
                                                                                             b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                 REKENINGKUNDE                                 5
                                 (Vraestel 2)                    10712/20

Item 4    Bankkoste van R1 070 kom voor op die Bankstaat, maar nie in die
          hulpjoernale nie.

Item 5    ŉ Bedrag van R410 is op die Bankstaat gekrediteer vir rente. Die
          bedrag is nog nie in die joernale aangeteken nie.

Item 6    Die Bankstaat toon ŉ geweierde tjek van R3 800. Die tjek is
          oorspronklik ontvang van M McGee ter vereffening van sy skuld
          van R4 500. Hierdie tjek is op 5 Junie 2020 in die KOJ
          aangeteken.

Item 7    Op 15 Junie 2020 toon die Bankstaat ŉ gunstige saldo van
          R120 000. Woodmead Handelaars doen ŉ direkte oorplasing van
          R100 000 op dieselfde dag na Maxima Bank, om sodoende ŉ
          hoër opbrengs op ŉ vaste deposito vir 6 maande te verkry. Die
          transaksie verskyn wel in die joernale, maar nog nie op die
          Bankstaat nie.

Item 8    Tjek nr. 7155 is verouderd en moet gekanselleer word. Die tjek is
          oorspronklik uitgereik as ŉ donasie ten bate van die
          Renosterbewaringstrust, maar het in die pos verlore geraak. Daar
          is besluit om die donasie te verhoog en ŉ EFO (elektroniese fonds
          oorplasing) vir R6 000 is aan die Renosterbewaringstrust gemaak.
          Geen inskrywings is al gedoen nie.

Item 9    Op 30 Junie 2020 het ŉ debiteur J Collins ŉ tjek gedateer 30 Julie
          2020, ter vereffening van sy skuld van R12 200 as betaling
          aangebied.

Item 10   Tjek nr. 7710 vir R22 800 verskyn op die Bankstaat van Junie,
          maar nie in Junie se joernale nie.

Item 11   ŉ EFO (elektroniese fonds oorplasing) van R15 400 verskyn in die
          KBJ op 30 Junie 2020. Op die Bankstaat gedateer 29 Junie 2020
          is dit uitstaande.

Item 12   Op die Bankstaat verskyn daar ŉ inskrywing vir R44 op 16 Junie
          2020, met die opmerking “diverse”. Hierdie onregmatige
          inskrywing is deur ŉ bankamptenaar gedoen en is bedrog. Die
          bedrag van R44 verskyn ook op die Bankstate van 16 April 2020
          en 16 Mei 2020. Woodmead Handelaars het hierdie transaksies
          as ‘bankkoste’ aangeteken in die KBJ’s van April en Mei maand.
          Stander Bank het ingestem om al drie hierdie bedrae dadelik
          terug te skryf.

                                                                                   19

                                                                                        b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                             REKENINGKUNDE                                      6
                                             (Vraestel 2)                           10712/20

1.2 BTW
    EKUDIBENG HANDELAARS

   Die volgende inligting is verkry uit die rekeningkundige rekords van
   Ekudibeng Handelaars. Die finansiële jaar eindig op 29 Februarie 2020.
   Alle goedere aangekoop en verkoop is onderhewig aan 15% BTW.

   GEVRA:

   Gebruik die onderstaande inligting om die volgende vrae te beantwoord.

   1.2.1       Bereken die ontbrekende bedrae aangedui deur (A) tot (C).                            (7)

   1.2.2       Bereken die bedrag BTW betaalbaar aan of ontvangbaar van
               SAID op 29 Februarie 2020. Dui aan of die bedrag onder
               bedryfsbates of bedryfslaste in die Balansstaat aangeteken sal
               word.                                                                                (7)

   1.2.3       Gee TWEE moontlike redes vir die inskrywing van R576 aan die
               debietkant van die rekening.                                                         (2)

   INLIGTING:

    A. Die volgende Algemene Grootboekrekening toon die konsolidering
       van die BTW Inset en BTW Uitset rekeninge:

                                    BTW- KONTROLEREKENING
           2020       Debiteure-                   2020
           Feb
                29                    AJ    576 Feb       29   Bank           KOJ   15 360
                      kontrole
                      Debiteure-                               Debiteure-
                                     DAJ   2 304                              DJ    23 040
                      kontrole                                 kontrole
                      Krediteure-     KJ   (A)                 Onttrekkings   AJ     (C)
                      kontrole
                                                               Krediteure-
                      Bank           KBJ   (B)                                KAJ    1 800
                                                               kontrole

    B. Addisionele Inligting:

              •      Die totale krediet aankope vir Februarie 2020 is R138 000
                     (BTW ingesluit).

              •      25% van alle goedere word vir kontant aangekoop.

              •      Die eienaar het handelsvoorraad met ŉ kosprys van R6 000
                     (BTW uitgesluit) vir persoonlike gebruik geneem. Die
                     onderneming handhaaf ŉ winsopslag persentasie van 60% op
                     kosprys.

                                                                                               16

                                                                                                     b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                           REKENINGKUNDE                                 7
                                           (Vraestel 2)                    10712/20

VRAAG 2: VERVAARDIGING                                           (40 punte; 30 minute)

2.1   MANGA VERVAARDIGERS

      Die volgende inligting is verkry uit die rekeningkundige rekords van Manga
      Vervaardigers vir die finansiële jaar geëindig 30 September 2020. Die
      onderneming vervaardig etniese komberse.

      GEVRA:

      2.1.1 Bereken die waarde van die slotvoorraad van grondstofvoorraad.                (5)

      2.1.2 Bereken die waarde van die direkte materiaalkoste uitgereik vir
            produksie.                                                                    (4)

      2.1.3 Bereken die direkte arbeidskoste.                                             (8)

      2.1.4 Voltooi die produksiekostestaat vir die jaar geëindig
            30 September 2020.                                                           (11)

      INLIGTING:

      A.    Grondstofvoorraad (Materiaal):

            Die onderneming gebruik die EIEU metode van voorraadwaardering.
            Manga Vervaardigers het 16 160 komberse vervaardig vir die jaar
            geëindig 30 September 2020.

                                        Aantal       Prys per       Totale
                                        meter         meter         Bedrag
                                                                      (R)
              Aanvangsvoorraad               2 400        R162       388 800
              Slotvoorraad                   6 800           ?

      B.    Aankope en terugsendings van grondstofvoorraad.

                                        Aantal       Prys per        Totale
                                        meter         meter         Bedrag
                                                                       (R)
              Oktober 2019                11 000          R162      1 782 000
              aankope
              November 2019               16 000          R173      2 768 000
              aankope
              Maart 2020 aankope             4 000        R168       672 000
              Maart 2020                     (400)        R168       (67 200)
              terugsendings
                                          30 600                    5 154 800

                                                                                                b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                        REKENINGKUNDE                                 8
                                        (Vraestel 2)                      10712/20

   C.    Arbeidskoste:

         • Daar is tien fabriekswerkers en elkeen het 1 920 uur per jaar, teen ŉ
           tarief van R25 per uur gewerk. Gesamentlik het hul 560 uur oortyd,
           teen twee keer die normale tarief per uur gewerk.

         • Die fabrieksassistent word R80 000 vir die jaar betaal. Sy spandeer
           75% van haar tyd om die fabriek skoon te maak en 25% van haar tyd
           om etikette op die komberse te stik.

         • Die onderneming dra 1% by tot die WVF vir al hul werkers.

   D.    Ander koste vir die finansiële jaar (na al die aansuiwerings):

                                                              2020           2019
                                                               (R)            (R)
          Totale vaste koste per eenheid                          252           227
             • Fabrieksbokoste per eenheid                          ?           206
             • Administratiewe koste per eenheid                   22            21

   E.    Voorraad saldo’s wat voorgekom het in die boeke van Manga
         Vervaardigers:

                                                 2020            2019
                                                  (R)             (R)
          Werk in proses voorraad                  20 000           60 000
          Klaarproduktevoorraad                         ?          520 000

         Daar was 840 voltooide komberse voorhande aan die einde van die jaar.

2.2 MISCHKA MAGIC

   Die inligting is aangaande Mischka Magic, ŉ onderneming wat malvalekkers
   vervaardig. Die finansiële jaar eindig op 31 Augustus 2020.

   GEVRA:

   2.2.1 Verduidelik waarom dit noodsaaklik is om jaarliks die gelykbreekpunt te
         bereken. Verskaf TWEE redes.                                                 (4)

   2.2.2 Verskaf ŉ berekening om die gelykbreekpunt van 3 998 eenhede te
         bewys.                                                                       (4)

   2.2.3 Behoort Mischka bekommerd te wees oor die gelykbreekpunt van
         2020?                                                                        (4)

                                                                                            b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                REKENINGKUNDE                            9
                                (Vraestel 2)                  10712/20

INLIGTING:

                                        2020                 2109
                             TOTALE               PER
                                                          PER EENHEID
                              KOSTE             EENHEID
       Totale vaste koste    R109 945            R54,97     R52,50
       Totale veranderlike
       koste                 R120 000           R60,00      R25,00
       Verkoopprys per
       houer                        R87,50                  R70,00
       Aantal houers
       vervaardig en
       verkoop                          2 000                1 500
       Gelykbreekpunt                   3 998                1 750

                                                                         40

                                                                              b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                         REKENINGKUNDE                                 10
                                         (Vraestel 2)                      10712/20

VRAAG 3: VASTE BATES EN VOORRAADWAARDASIE                     (45 punte; 35 minute)

3.1 TALLIES BPK

   Die volgende inligting rakende Tallies Bpk vir die finansiële jaar geëindig
   29 Februarie 2020, word aan jou voorgehou.

   GEVRA:

   Verwys na Inligting A.

   Bereken die ontbrekende syfers aangedui deur (A) tot (C) in die Vaste Bate
   Nota.                                                                              (12)

   INLIGTING:

   A.    Onvoltooide Vaste Bate nota:

                                            VOERTUIE         TOERUSTING
        Drawaarde (01/03/ 2019)
        Kosprys                               500 000          1 200 000
        Opgehoopte
                                             (480 000)         (350 000)
        waardevermindering
        Bewegings:
        Toevoegings                           460 000              0
        Bateverkope                              ?                (C)
        Waardevermindering                      (A)               (B)
        Drawaarde (29/02/2020)                                  600 000
        Koste                                 460 000
        Opgehoopte
        waardevermindering

          •   ŉ Nuwe voertuig is op 1 Junie 2019 aangekoop.

          •   Op 1 Oktober 2019 is die onderneming se ou voertuig met ŉ
              kosprys van R500 000, aan die plaaslike kinderhuis geskenk. Die
              opgehoopte waardevermindering op die voertuig was R480 000 op
              1 Maart 2019.

          •   Verouderde toerusting is op 29 Februarie 2020 teen drawaarde
              afgeskryf.

          •   Waardevermindering word as volg bereken:
              Voertuie teen 15% op die kosprys
              Toerusting teen 20% op die drawaarde metode

                                                                                             b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                       REKENINGKUNDE                               11
                                       (Vraestel 2)                   10712/20

3.2 VOORRAADWAARDASIE

   Die volgende inligting is verkry uit die rekords van Sak en Pak vir die 2020
   finansiële jaar. Die onderneming verkoop handsakke en reistasse. Die syfers
   aan jou voorgehou is ten opsigte van die Iccug handsak. Die onderneming
   gebruik die periodieke voorraadopnamestelsel en die geweegde gemiddelde
   metode vir voorraadwaardasie.

   GEVRA:

   3.2.1 Bereken die waarde van die slotvoorraad op 29 Februarie 2020.            (10)

   3.2.2 Bereken die volgende vir die jaar geëindig 29 Februarie 2020:
         • Koste van Verkope                                                       (3)
         • Brutowins                                                               (3)
         • Gemiddelde voorraadhoudingstydperk (in dae)                             (5)

   3.2.3 Behoort die eienaar tevrede te wees met die voorraadhoudings-
         tydperk hierbo bereken? Verduidelik. Haal syfers aan om jou antwoord      (3)
         te staaf.

         LET WEL: Die voorraadhoudingstydperk vir 2019 was 65 dae.

   INLIGTING:

   A.     Voorraadsaldo’s:

                                                         TOTAAL
                DATUM              EENHEDE             (insluitende
                                                         vraggeld)
         1 Maart 2019                  90                 R25 640
         29 Februarie 2020            194                    ?

   B.    Aankope:

                                             KOSPRYS
                                                PER
               DATUM          EENHEDE        EENHEID          TOTAAL
                                             (vraggeld
                                             uitgesluit)
         15 Maart 2019              350         R280          R 98 000
         20 Julie 2019              624         R310          R193 440
         9 September 2019         1 095         R290          R317 550
         10 Februarie 2020          515         R300          R154 500
         TOTAAL                   2 584                       R763 490

                                                                                         b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                        REKENINGKUNDE                                12
                                        (Vraestel 2)                     10712/20

    C.    Vraggeld op aankope:

          Spottie Aflewerings vervoer die handsakke na die onderneming teen ŉ
          vaste bedrag van R20 per handsak. Hierdie bedrag het onveranderd
          gebly.

    D.    Terugsendings:

          60 van die handsakke wat op 9 September 2019 aangekoop is, is aan
          die verskaffer teruggestuur. Die verskaffer het die onderneming met die
          kosprys per item gekrediteer, maar geen krediet is op die vraggeld van
          hierdie terugsendings toegestaan nie.

    E.    Verkope: 2 420 eenhede teen R450 elk

3.3 FRIS & FIKS

    Fris & Fiks is ŉ afdeling van Sports Groothandelaars. Voorraad word waardeer
    deur die EIEU metode te gebruik. Die eienaar is nie tevrede nie, aangesien die
    werklike syfers volgens die fisiese voorraadopname nie met die syfers volgens
    die Handelsvoorraad in die rekeningkundige rekords ooreenstem nie.

    GEVRA:

    Identifiseer EEN probleem in terme van hoe elke produk bestuur is ( drie
    verskillende probleme). Haal syfers aan om jou antwoord te staaf. Gee raad
    hoe elk van die probleme prakties aangespreek kan word.                               (9)

                                  Gimnasium       Gholf        T-hemde
                                  handdoeke      hoedjies
    Aanvangsvoorraad                 120           80            150
    in eenhede
    Aankope in eenhede               5 600          960         1 200
    Aantal verkope vir die jaar      4 800          840          930
    in eenhede
    Slotvoorraad in eenhede          810             200         420
    Verkoopprys per eenheid          R45            R125        R350
    Tydperk van voorraad            50 dae         70 dae      215 dae
    voorhande
    Kontant gedeponeer vir die     R216 000      R100 000     R325 500
    jaar

                                                                                      45

                                                                                           b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                            REKENINGKUNDE                                 13
                                            (Vraestel 2)                      10712/20

VRAAG 4: BEGROTING                                                (30 punte; 25 minute)

Die inligting aan jou verskaf is ten opsigte van QwaQwa Suiwelprodukte. Die
onderneming verkoop suiwelprodukte met ŉ rakleeftyd van twee maande. Die finansiële
jaar eindig op 31 Mei 2020. Die onervare boekhouer lê die Kontantbegroting voor vir die
drie maande geëindig 31 Augustus 2020. ŉ Aantal foute het in die begroting voorgekom.

GEVRA:

4.1   Identifiseer TWEE items wat nie in hierdie kontantbegroting hoort nie.                   (2)

4.2   Voltooi die debiteure-invorderingskedule vir Julie en Augustus 2020.                     (4)

4.3   Die eienaar wil beter beheer oor debiteure verkry. Kredietterme is 30 dae.

      4.3.1      Verduidelik waarom die eienaar bekommerd is. Gee TWEE redes met
                 syfers om jou mening te staaf.                                                (4)

      4.3.2      Gee EEN voorstel wat hy kan implementeer om die situasie te
                 verbeter.                                                                     (2)

4.4   Bereken die volgende:

      4.4.1      Die uitstaande syfers gemerk deur (a) tot (c).                                (8)

      4.4.2      Die verwagte rente op lening wat in Augustus 2020 betaal moet word.           (4)

      4.4.3      Winsopslag persentasie behaal vir die jaar geëindig 31 Mei 2020.              (3)

4.5   Lewer kommentaar of die verandering in winspersentasie ŉ goeie besluit was
      al dan nie. Toon relevante syfers om jou antwoord te staaf.                              (3)

INLIGTING:

A.    Die volgende inligting is verkry van die finansiële state op 31 Mei 2020
      en 2019.

                                              2019                  2020
          Verkope                               ?                 1 875 000
          Koste van Verkope                  900 000              1 250 000
          Winsgrens                           70%                     ?

B.    Na verwagting sal debiteure hul rekeninge as volg vereffen:

      •     30% in dieselfde maand van verkope
      •     40% in die daaropvolgende maand
      •     25% in die tweede maand na verkope
      •     Die res sal as oninbaar afgeskryf word in die derde maand.

                                                                                                b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                           REKENINGKUNDE                                    14
                                           (Vraestel 2)                     10712/20

C.   Die onderneming het drie werknemers wat dieselfde salaris verdien. Hulle sal ŉ
     verhoging van R900 vanaf 30 Junie 2020 ontvang. Een werker sê sy kind het siek
     geword en gevolglik het hy glad nie in Junie vir werk opgedaag nie. Hy het ook
     glad nie sy bestuurder gekontak om die situasie te verduidelik nie.

     NB: Beleid van QwaQwa Suiwelprodukte is geen werk geen betaling.

D.   Munisipaledienste sal na verwagting met 10% daal in Augustus as gevolg van
     beurtkrag en wateronderbrekings.

E.   Die eienaar, Me Padi beplan om saam met haar familie met vakansie te gaan
     gedurende Augustus. Sy sal gevolglik een derde meer as haar gewone
     onttrekkings neem.

F.   ŉ Lening is op 29 Februarie 2020 ontvang. Die paaiement en rente teen 12% per
     jaar sal op 31 Augustus 2020 betaal word.

G.   Uittreksel van die Kontantbegroting vir die drie maande geëindig
     31 Augustus 2020:

                                       JUNIE        JULIE AUGUSTUS
     Ontvangstes                  BEGROOT WERKLIK BEGROOT BEGROOT
     Kontantverkope
     Kontant ontvang van                 57 200    52 500       73 850                 ?
     debiteure
     Korting ontvang                      2 300       2 400         2 500          2 500
     Huurinkomste                         5 000       5 000         5 200          5 200
     Betalings
     Totale koste van verkope        200 000      210 000      190 000         180 000

     Krediet aankope van             145 000      153 000      148 000         137 000
     voorraad
     Verlies met verkoop van                  -            -        1 900               -
     bate
     Salaris                             23 700          (a)    23 700            23 700
     Munisipaledienste                    4 000       4 800      4 000                (b)
     Waardevermindering                   7 500       7 800      7 500             7 500
     Lening terugbetaling
     (insluitende rente)                      -         -            -            26 500
     Onttrekkings (Kontant)              27 000    27 000       27 000                (c)
H.   Debiteure-ouderdomsanalise op 30 Junie 2020

     KREDIETTERME: 30 dae

      Bedrag uitstaande         30 dae       60 dae        90 dae       120 dae
          121 500               47 385       38 880        21 870        13 365
                                 39%          32%           18%           11%
                                                                                                 30
                                                                               TOTAAL: 150
                                                                                                  b.o.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                                        REKENINGKUNDE                                    15
                                                        (Vraestel 2)                    10712/20

GRAAD 12 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS

          Bruto wins                     x       100            Bruto wins            x   100
           Verkope                                1         Koste van Verkope              1

 Netto wins voor belasting           x       100            Netto wins na belasting       x       100
         Verkope                              1                    Verkope                         1

        Bedryfsuitgawes                  x       100             Bedryfswins          x   100
           Verkope                                1               Verkope                  1

         Totale bates : Totale laste                             Bedryfsbates : Bedryfslaste

 (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste                  Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang

 (Handel & ander ontvangbare bedrae + Kontant & kontantekwivalente) : Bedryfslaste

Gemiddelde handelsvoorraad                   x    365                 Koste van Verkope
    Koste van Verkope                              1             Gemiddelde handelsvoorraad

 Gemiddelde debiteure        x       365                  Gemiddelde krediteure       x   365
   Kredietverkope                     1                    Koste van verkope               1

    Netto wins na belasting    x 100                         Netto wins na belasting          x    100
Gemiddelde aandeelhouersbelang    1                         Getal uitgereikte aandele               1
                                                                                 (* Sien nota hieronder)

            Netto wins voor belasting + Rente op lenings                              x 100
   Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste                           1

  Aandeelhouersbelang                x       100          Dividende vir die jaar      x   100
 Getal uitgereikte aandele                    1          Getal uitgereikte aandele         1

 Tussentydse dividende           x       100                 Finale dividende         x   100
Getal uitgereikte aandele                 1              Getal uitgereikte aandele         1

 Dividende per aandeel       x       100                     Dividende vir die jaar       x       100
 Verdienste per aandeel               1                   Netto inkomste na belasting              1

                                  Totale vaste koste
               Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid

Nota:
* In hierdie geval, indien daar ŉ verandering in die aantal uitgereikte aandele
  gedurende ŉ finansiële jaar is, word die geweegdegemiddelde-getal aandele in die
  praktyk gebruik.

                                                         EINDE

## Related documents

- [Gr12 Accounting P2 (Afrikaans) SEP 2022 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr12-accounting-p2-afrikaans-sep-2022-answer-book/d433311b-2ab8-4c86-90d3-42fe3c2ac6c3) — Accounting · Addendum · 2022 · Afr
- [2020 FS Prelim P2 QP](https://www.hlayiso.com/library/2020-fs-prelim-p2-qp/f66a906e-8a2e-4240-912b-36ffdeca9056) — Accounting · QP · 2020
- [KZN 2020 June P2 QP](https://www.hlayiso.com/library/kzn-2020-june-p2-qp/aebab627-a5be-4328-8b2b-aee3f80cce83) — Accounting · QP · 2020
- [Grade 12 NSC Accounting X10 Afrikaans 2018 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-accounting-x10-afrikaans-2018-answer-book/69e260ea-abfd-4631-a19b-66d4d2e224a7) — Accounting · Addendum · 2018 · Afr
- [Accounting P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-may-june-2025-mg-afr/62bf3c7c-f1bc-4bd9-878f-67ec5a7a2c38) — Accounting · Memo · 2025 · Afr
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr12-june-2024-afrikaans/15cfc713-ee34-47b1-9c9c-29299ee143c2) — Accounting · Memo · 2024 · Afr

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Memo · 2025 · Afr
- [Accounting Grade 12 NSC ANSWER BOOK P2 May June 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-answer-book-p2-may-june-2025-kzn/b9529d65-7fc3-420f-8a91-05ec30b0d61b) — Addendum · 2025
- [Accounting Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/4bc5dfae-35c0-4acd-83c3-4b53266a3680) — Memo · 2025
- [Accounting P1 May-June 2025 Answer Book Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-answer-book-afr/7207c401-3dce-40c5-bd09-39c9787e0729) — Addendum · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
