# Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Mock 2018 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2018, 40 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-afrikaans-fal-p2-x05-preparatory-2018-question-paper/eb35e939-d086-45fa-b8d9-5d908dba80c0
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 40

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Mock 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-afrikaans-fal-p2-x05-preparatory-2018-question-paper/eb35e939-d086-45fa-b8d9-5d908dba80c0)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2018 · Afrikaans. Question paper, 40 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Grade 12 NSC Afrikaans P2 (FAL) Preparatory 2018 Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-afrikaans-p2-fal-preparatory-2018-possible-answer/335e772e-6d01-458c-88e8-5035047c88d9) — Memo · 2018 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                     VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                               2018
                               10022
                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

                            VRAESTEL 2

TYD:     2 uur

PUNTE: 70

40 bladsye

                                                     b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                   AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                    2
                                   (Vraestel 2)                   10022 / 18

                      GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                               VOORBEREIDENDE EKSAMEN

                                                     AFRIKAANS
                                                     (Eerste Addisionele Taal)
                                                     Tweede Vraestel

                                                     TYD: 2 uur

                                                     PUNTE: 70

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.    MOENIE die hele vraestel deurlees NIE.

2.    Gebruik die inhoudsopgawe op bladsy 5 om jou met jou keuses te help.

3.    Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:

      AFDELING A: Roman            (35)
      AFDELING B: Drama            (35)
      AFDELING C: Kortverhale      (35)
      AFDELING D: Gedigte          (35)

4.    Beantwoord TWEE vrae: EEN vraag uit elkeen van die TWEE afdelings wat jy
      bestudeer het.

      AFDELING A: ROMAN
      Beantwoord die vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

      AFDELING B: DRAMA
      Beantwoord die vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

      AFDELING C: KORTVERHALE
      Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale.

      AFDELING D: GEDIGTE
      Beantwoord die vrae oor AL TWEE gedigte.

5.    Dui die vraagnommers van die TWEE letterkundetekste wat julle hierdie jaar
      bestudeer het, op die kontrolelys aan. Lees dan die vrae oor hierdie TWEE tekste.

6.    Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

                                                                                          b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                   AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)              3
                                   (Vraestel 2)                   10022 / 18

7.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

8.    Laat ŉ reël oop na elke antwoord.

9.    Vrae moet in Standaardafrikaans beantwoord word en nie in ŉ ander taal nie.

10.   Voorgestelde tydsindeling: Ongeveer 60 minute per afdeling.

11.   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                    b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                  AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                4
                                  (Vraestel 2)                   10022 / 18

 KONTROLELYS

 Gebruik die kontrolelys om te verseker dat jy die vereiste getal vrae beantwoord.

AFDELING                  VRAAGNOMMERS         AANTAL VRAE                  DUI
                                               BEANTWOORD                   AAN
                                                                            ()
A: Roman                  1–4                  1

B: Drama                  5–7                  1

C: Kortverhale            8                    1 (2 kortverhale)

D: Gedigte                9                    1 (2 gedigte)

LET WEL: Maak seker dat jy vrae oor slegs TWEE afdelings beantwoord het.

                                                                                     b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                     AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                  5
                                     (Vraestel 2)                   10022 / 18

INHOUDSOPGAWE

Kies TWEE afdelings.

AFDELING A: ROMAN

Beantwoord slegs EEN vraag.

        VRAAGNOMMER                                   PUNTE    BLADSYNOMMER
1.    Kringe in ŉ bos                                   35                6

2.    Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom        35               10

3.    Meeulanders                                       –                13
                                                                Word nie geasseseer nie

4.    Lien se lankstaanskoene                           35               14

AFDELING B: DRAMA

Beantwoord slegs EEN vraag.

5.    Poppie – die drama                                35               18

6.    Paljas                                            35               22

7.    Fiela se kind – die drama                         35               26

AFDELING C: KORTVERHALE

Beantwoord die vrae oor AL TWEE die kortverhale.

8.    “Roep van die vleikuiken”                         17               31

8.    “Die Ballade van Robbie de Wee”                   18               33

AFDELING D: GEDIGTE

Beantwoord die vrae oor AL TWEE die gedigte.

9.1   “Pryslied”                                        17               35

9.2   “By die robot in Eerstelaan”                      18               38

                                                                                          b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                   AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                      6
                                   (Vraestel 2)                   10022 / 18

AFDELING A: ROMAN

VRAAG 1: KRINGE IN ʼN BOS – Dalene Matthee

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS A

En hier sit hý in die boom en die kwartponder lê onder in die onderbos, dink Saul
wrang. Is die mens moedswillig? Is hy só domslim dat hy dit nie weet nie? Maak
dit werklik saak wie Oupoot skiet? Ja, dit maak saak. Dis net ironies dat dit hy
moet wees wat ná al die jare en al die ander gewere wat al vir Oupoot gelaai was,
dit moet doen. Dié keer gaan Oupoot se sluheid en slimheid hom nie weer red            5
nie …
   Êrens in hierdie bos treur Jozef vannag oor sy seun. Die lewe het hulle sulke
ompaaie om mekaar laat leef dat hy nie vandag sy hand na Jozef kan uitsteek nie
en sê: Ek is jammer oor wat met jou kind gebeur het. Nee! keer hy homself, soos
wat sy vinger sonder gevoel die sneller moet trek, só moet sy gedagtes sonder          10
gevoel vir Jozef bly. Van kleins af het hulle by mekaar verbygedink. Vir Jozef het
die bloubokkie se gal nog altyd in sy kop gesit. Vir Jozef is hy, Saul, verraaier en
klaar!
   “Jozef,” het hy eendag vir hom probeer sê wat in sy hart is, “die Bos is besig
om dood te gaan. Oral slaan die seerplekke soos pokke uit en dit word nie weer         15
gesond nie.”
   “Begin jy al weer met Harison se stories?”
   “Maar kan jy dit dan nie self sién nie? Kan jy dan nie sien dat ons die Bos
doodmaak en die Bos óns doodmaak nie?”
   “Ons is honderde teen jou en Harison se ouvroupraatjies, nie een van julle          20
gaan ons hier uitkry nie!”

1.1    Waarom treur Jozef oor sy seun?                                                      (1)

1.2    Hoe het Joram die kwartponder in die hande gekry?                                    (1)

1.3    Waarom wou Joram ŉ geweer besit?                                                     (1)

1.4    Hoe het Saul gevoel toe hy uitgevind het dat sy pa-hulle ook olifante geskiet
       het?                                                                                 (1)

1.5    Saul is eenkeer in die Bos deur iemand met ŉ geweer gedreig.

       1.5.1      Wie het ŉ geweer op Saul gerig?                                           (1)

       1.5.2      Waarom het hierdie persoon in VRAAG 1.5.1 Saul gedreig?                   (1)

       1.5.3      Wat het hierdie persoon in VRAAG 1.5.1 in die Bos gesoek?                 (1)

                                                                                             b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                      AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                      7
                                      (Vraestel 2)                   10022 / 18

    1.6   Waarom was dit ironies dat Saul Oupoot moes skiet? (Reël 3–5)                        (1)

    1.7   Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
          vraagnommer (1.7) en die letter neer, byvoorbeeld 1.7 E.

          “Van kleins af het hulle by mekaar verbygedink.” (Reël 11) beteken dat Jozef
          en Saul ...

          A   ŉ goeie verhouding gehad het.
          B   altyd oor dinge saamgestem het.
          C   geen liefde vir mekaar gehad het nie.
          D   mekaar nie as broers verstaan het nie.                                           (1)

    1.8   Jozef het Saul as ŉ verraaier geoordeel. (Reël 12–13)

          Was Jozef regverdig teenoor Saul? Motiveer jou antwoord.                             (1)

    1.9   Noem EEN insident om te wys hoe Jozef en Saul van mekaar verskil het.                (2)

    1.10 Kies die karakter in KOLOM B wat by die inligting in KOLOM A pas. Skryf
         slegs die letter (A – E) langs die vraagnommer (1.10.1 – 1.10.4) neer.

                           KOLOM A                                    KOLOM B
          1.10.1   Het in ŉ perdeskoen getrap            A    Maria

          1.10.2   Het masels gehad                      B    Joram

          1.10.3   Het Oupoot geskiet                    C    MacDonald

          1.10.4   ŉ Boom het op die persoon geval       D    Arend

                                                         E    Stopforth
                                                                                       (4 x 1) (4)

    1.11 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
         vraagnommer (1.11) en die antwoord neer.

          Wanneer ŉ olifant jou aanval, is die goue reël van die Bos om (die naaste,
          hoogste boom te klim / nie ŉ olifant te onderskat nie).                              (1)

    1.12 Motiveer waarom die stelling hieronder ONWAAR is.

          Saul het sy eie geweer besit.                                                        (1)
.
                                                EN

                                                                                                b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                  AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)            8
                                  (Vraestel 2)                   10022 / 18

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS B

   “As jy vandag hier afgaat, loop soek jy jou eie dood, baas Saul! Die
koeie moes hom gehoor het en hulle gaat kom moor vandag! Luister na
my, dis verby, daar’s niks wat dit kan doodvee nie. Hy’s af. Al my waak van
al die jare is verneuk. Hulle had lank hulle oë op hom, hulle het lank
gesweer hulle gaat hom nog kry en nou het hulle dit gedoen. Dis verby. Ek   5
gaat op my knieë voor jou, baas Saul, moenie hier afgaat nie!”
   “Ek het vyf dae deur hierdie bos geloop, Maska, met spoke vir
skaduwees – om teen die einde uit te vind dat ek nie die moed sou hê, wou
hê, om die sneller te trek nie. Ek sou my lewe tussen hom en die koeëls van
my broer se vonnis gewaag het, en nou het ander hom geskiet. Wat het dit    10
alles gebaat, Maska? Wat het enigiets my ooit gebaat?” Dit voel of na-skok
hom inhaal en aan sy laaste krag kom knaag. Net sy verstand is soos ŉ
helder lig in hom wat die woede hoër en hoër laat brand.
   Toe hy omdraai en teen die skuinste begin afstap, haal Maska hom
vreesbevange in en gryp sy baadjie van agter vas. “Baas Saul, moenie dit    15
doen nie!”

1.13   Noem DRIE kere wat Oupoot aan Saul verskyn het terwyl Saul saam met
       iemand anders was.                                                        (3)

1.14   Waarom was Kate die dag van Oupoot se dood in Meulbos?                    (1)

1.15   “Ek sou my lewe tussen hom en die koeëls van my broer se vonnis gewaag
       het, ...” (Reël 9–10)

       1.15.1    Wie is die “hom”?                                               (1)

       1.15.2    Dink jy Saul sou Oupoot geskiet het? Motiveer jou antwoord.     (1)

       1.15.3    Watter besluit sou jy geneem het as jy soos Saul met ŉ geweer
                 voor Oupoot gestaan het?                                        (1)

                                                                                  b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                  AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)          9
                                  (Vraestel 2)                   10022 / 18

1.16   “Baas Saul, moenie dit doen nie!” (Reël 15–16)

       1.16.1    Hoekom spreek Maska vir Saul aan as Baas?                     (1)

       1.16.2    Watter belangrike rol speel Maska in Saul se lewe?

                 Noem DRIE feite.                                              (3)

       1.16.3    Wat het Maska met die woord “dit” bedoel?                     (1)

1.17   Noem TWEE plekke op Oupoot se liggaam waar hy al voorheen gewond was.   (2)

1.18   Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf die
       vraagnommer (1.18) en die letter (A – D) neer, byvoorbeeld 1.18 E.

       ŉ Positiewe gevolg wat Oupoot op Saul se lewe gehad het was dat ...

       A   dit Saul en Kate bymekaargebring het.
       B   Saul vrede met Jozef kom maak het.
       C   Saul weer in die bos kon rondloop.
       D   Saul vir Maska kon sien.                                            (1)

1.19   Hoe kan die titel van die roman in Saul se lewe toegepas word?          (1)

1.20   Watter les leer jy oor die verhouding tussen mens en dier?              (1)
                                                                               [35]

                                                                                b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                     AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                10
                                     (Vraestel 2)                   10022 / 18

VRAAG 2:      DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM –
              Marita van der Vyver

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS C

   Die tandarts se huis is deur die stad se beste argitek ontwerp. Elke venster
pas by elke ander venster en die dak pas perfek by al die mure. Die huis is
modern en vol lig en glinsterend skoon. Amper soos ŉ tandarts se
spreekkamer. Met groot bosse blomme wat die ma met die groen vingers elke
oggend in die tuin pluk en in swaar glasvase rangskik. Dis die huis waar           5
Fabienne en Camille gebore is. Natuurlik nie in die huis nie, hulle is soos
normale babas in ŉ hospitaal gebore, maar dis die huis waarheen die ma met
die groen vingers hulle gebring het toe hulle ŉ paar dae oud was. En Fabienne
het gewéét, van sy haar verstand gekry het, dat sy in hierdie huis hoort. Dat sy
by die regte ma en pa beland het.                                                  10
   Of miskien sal ek haar soms, net so nou en dan, laat wonder of haar ma nie
eerder ŉ mallerige kunstenares moes gewees het nie. Net om haar bietjie
interessanter te maak. Tot dusver klink sy darem te veel soos ŉ drip. So kom
ons maak vir Fabienne kunstig. Besonder kunstig. Maar sonder ŉ kunstenaar
se morsige persoonlikheid.                                                         15
   Op die ouderdom van twee teken sy ŉ volmaakte stokmannetjie.

2.1     Wie is die verteller in hierdie uittreksel?                                     (1)

2.2     Wie is Fabienne?                                                                (1)

2.3     Watter eienaardige droom is vir Fabienne ŉ nagmerrie?                           (1)

2.4     Waarom word Mana die “verfkwasvrou” genoem?                                     (1)

2.5     Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
        vraagnommer (2.5) en die letter (A – D) neer, byvoorbeeld. 2.5 E.

        “... net so nou en dan, laat wonder of haar ma nie eerder ŉ mallerige
        kunstenares moes gewees het nie.” (Reël 11–12)

        Hierdie stelling dui daarop dat Fabienne se ma … is.

        A      dramaties
        B      snaaks
        C      uniek
        D      anders                                                                   (1)

                                                                                         b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                  AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)               11
                                  (Vraestel 2)                   10022 / 18

2.6    “En Fabienne het gewéét, van sy haar verstand gekry het, dat sy in hierdie
       huis hoort. Dat sy by die regte pa en ma beland het.” (Reël 8–10)

       Waarom is hierdie aanhaling ironies ten opsigte van Hanna?                   (2)

2.7    Kies die naam in KOLOM B wat by die aanhaling in KOLOM A pas. Skryf
       slegs die letter (A – E) langs die vraagnommer (2.7.1 – 2.7.4) neer.

                             KOLOM A                                   KOLOM B
        2.7.1   “Ek hou van ŉ kortverhaal wat as ŉ ‘slice of     A         Yann
                life’ aangebied word.”                           B         Hanna
        2.7.2   “Hoe gaan ek ooit enigiets hoor oor my pa?”      C         Beyers
        2.7.3   “Jy lyk nie soos die vader van enige iets nie,   D         Margot
                Gavin.”
                                                                 E         Tibo
        2.7.4   “Hoekom moet ek help afstof?”
                                                                           (4 x 1) (4)
2.8    Noem EEN ding wat Mana gedoen het wat bewys dat die stelling hieronder
       ONWAAR is.

       Mana is ŉ konserwatiewe ma.                                                  (1)

2.9    Watter rol het elk van die volgende persone in Hanna se lewe gespeel?

       2.9.1    Beyers                                                              (1)

       2.9.2    Gavin                                                               (1)

2.10   “Maar sonder ŉ kunstenaar se morsige persoonlikheid.” (Reël 14–15)

       2.10.1   Is morsige persoonlikheid letterlik of figuurlik bedoel?            (1)

       2.10.2   Motiveer jou antwoord in VRAAG 2.10.1.                              (1)

2.11   Waarom, dink jy, het Hanna gereeld sulke avonture geskep?                    (1)

2.12   Wat is die tydsverloop in hierdie verhaal?                                   (1)

                                              EN

                                                                                     b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                    AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)              12
                                    (Vraestel 2)                   10022 / 18

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS D

   Liewe leser, jy kan nie anders as om so iemand te bewonder nie. Al is hy nie
juis ŉ voorbeeldige pa nie.
   En terwyl ek hom so dophou, begin ŉ idee in my kop kook. Eintlik het ek mos
al vroeër langs die helikopter die eerste borrels in my maag gevoel. Waar al my
beste idees altyd begin.                                                        5
   Ek gaan daardie roman skryf wat ek vir die koningin belowe het. Maar ek
gaan nie oor ŉ fabelagtige skepsel soos Fabienne skryf nie. Ek het so ŉ gevoel
ek is vir altyd klaar met Fabienne en haar fantastiese tande. (Ek het ook so ŉ
gevoel juffrou Liebenberg sal vreeslik verlig wees om dit te hoor.) Ek gaan ŉ
storie skryf oor ŉ gemiddelde vaal meisiekind met ŉ onwaarskynlike ma en ŉ      10
selfs meer onwaarskynlike pa.
   Ek sal sorg dat daar vir Margot Jordan ook ŉ rol is om te speel. ŉ
Fassinerende moederfiguur. Iets tussen ŉ bose heks en ŉ goeie fee. En vir my
beeldskone beste vriendin.

2.13   “Ek gaan daardie roman skryf wat ek vir die koningin belowe het.” (Reël 6)

       2.13.1     Wie is die koningin?                                               (1)

       2.13.2     Die woord “koningin” het gewoonik ŉ positiewe betekenis.

                  Verduidelik waarom hierdie bynaam ŉ negatiewe beeld van die
                  persoon kon gee.                                                   (1)

       2.13.3     Hoe het Yann se optrede teenoor die koningin verskil van Amos se
                  optrede?                                                           (2)

2.14   Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
       vraagnommer (2.14) en die letter (A – D) neer, byvoorbeeld 2.14 E.

       Margot en Hanna was in een opsig eintlik dieselfde, omdat albei van hulle …

       A        uitspattig en volgens die nuutste modes wou aantrek.
       B        baie graag beroemde aktrises in Hollywood wou wees.
       C        die hele tyd op dieet was en geoefen het om maer te bly.
       D        gesukkel het om hulleself te aanvaar net soos wat hulle is.          (1)

                                                                                      b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                  AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)               13
                                  (Vraestel 2)                   10022 / 18

2.15   “Ek gaan ŉ storie skryf oor ŉ gemiddelde vaal meisiekind met ŉ
       onwaarskynlike ma en ŉ selfs meer onwaarskynlike pa.” (Reël 9–11)

       2.15.1   Hanna het haarself as ŉ gemiddelde vaal meisiekind beskou.

                Noem TWEE dinge van Hanna se voorkoms waarvan sy nie gehou
                het nie.                                                            (2)

       2.15.2   Wat was dit omtrent Hanna se ma se kleredrag wat haar ma
                “onwaarskynlik” gemaak het?                                         (2)

       2.15.3   Watter lewenstyl van Hanna se pa het hom nog meer
                onwaarskynlik gemaak?                                               (1)

2.16   Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
       vraagnommer (2.16) en die antwoord neer.

       (Camille / Sharon) was Hanna se beeldskone beste vriendin.                   (1)

2.17   Hanna se gesin het gedurende die vakansie in die berghuis baie dinge saam
       gedoen.

       Noem DRIE dinge wat Hanna se gesin saam gedoen het.                          (3)

2.18   Dink jy Hanna se houding teenoor haar biologiese pa het verander teen die
       einde van die verhaal? Motiveer waarom jy so dink.                           (1)

2.19   Skryf in EEN volsin watter belangrike lewenswaarheid die verteller aan die
       leser oordra.                                                                (1)

2.20   Skryf kortliks met watter aspek in Hanna se lewe jy kan identifiseer.        (1)
                                                                                    [35]

VRAAG 3: MEEULANDERS – Esta Steyn
Word NIE in Gauteng geassesseer NIE

                                                                                     b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                   AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)               14
                                   (Vraestel 2)                   10022 / 18

VRAAG 4: LIEN SE LANKSTAANSKOENE – Derick van der Walt

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS G

   Sy ken die ritueel. Yskas se deur oop. “Tjorrr” word die wyn in die glas
geskink. Yskas se deur toe. Vrieskas se deur oop. Ysbak kraak. “Ploinks” val
die ysblokkie in die wyn. “Ploinks”, nog een. Vrieskas se deur toe.
Stilte. Slukkie. Behaaglike sug ...
   Lien kyk na Braam. Hy kyk nie terug nie, sit net die televisie harder.       5
   Sy ruik iets brand in die kombuis: roereier en roosterbrood. Sy moet seker
gaan help, maar sy wil nie.
   “Kos op die tafel,” roep ŉ stem loom vanuit die kombuis.
   Braam sit die televisie weer sagter en staan op. Lien weet hy is gewoonlik
teen dié tyd rasend van die honger. Sy volg traag.                              10
   Die pan roereier staan in die middel van die eetblad. Langsaan is ŉ hopie
halfverbrande roosterbrood en die oopgesnyde blik boontjies in tamatiesous
wat hulle gisteraand net halfpad geëet het. Braam trek ŉ kroegstoeltjie nader
en val gulsig weg.
   Hulle ma leun met haar neus teen die venster en staar deur die kantgordyn    15
na die paar liggies onder in die dal wat hulle skrams deur die woonstel se
kombuisvenster kan sien.
   “Het ons nie ŉ wonderlike view nie?” sug haar ma geel en gelukkig.

4.1   Wie is die “sy” in reël 1?                                                     (1)

4.2   Watter probleem het hierdie persoon in VRAAG 4.1 gehad?                        (1)

4.3   Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
      vraagnommer (4.3) en die antwoord neer.

      Lien ken die ritueel in die kombuis omdat sy (weet wat haar ma doen / sien
      hoe haar ma kosmaak).                                                          (1)

4.4   Braam steur hom glad nie aan die gebeure rondom hom nie.

      4.4.1     Waarom steur Braam hom nie aan die gebeure rondom hom nie?           (1)

      4.4.2     Dink jy dat Braam die situasie reg hanteer het? Motiveer jou
                antwoord.                                                            (1)

4.5   Noem TWEE redes waarom Lien haar ma nie regtig in die kombuis wou gaan
      help nie.                                                                      (2)

4.6   Waaraan sou Lien se ma moontlik dink toe sy by die venster uitgestaar het?
      (Reël 15–16)                                                                   (1)

                                                                                      b.o.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                   AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)             15
                                   (Vraestel 2)                   10022 / 18

4.7    Watter uitwerking het Christien se probleem op die kinders se lewe gehad?   (1)

4.8    Hoe weet die leser dat die gesin op emosionele vlak sukkel?                 (1)

4.9    Noem TWEE maniere waarop Lien probeer het om alles in die huishouding te
       betaal.                                                                     (2)

4.10   Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
       vraagnommer (4.10) en die letter (A – D) neer, byvoorbeeld 4.10 E.

       Braam trek ŉ kroegstoeltjie nader en val gulsig weg. (Reël 13–14)

       Dit beteken dat Braam ...

       A       ŉ seun is wat hou van eet.
       B       nie weet wanneer hy weer gaan eet nie.
       C       al vreeslik honger is en dadelik wil begin eet.
       D       al te veel geëet het, maar nie sy ma wou sleg laat voel nie.        (1)

4.11   Hoe verskil Braam en Lien se reaksie op hulle ma wat drink?                 (2)

4.12   Hoe sou jy gevoel het as jy in Lien se skoene was? Gee TWEE gevoelens
       en motiveer jou antwoorde.                                                  (2)

4.13   Dink jy dit is regverdig dat ŉ kind soveel verantwoordelikheid moet hê?
       Motiveer jou antwoord.                                                      (1)

                                            EN

                                                                                    b.o.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                   AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                 16
                                   (Vraestel 2)                   10022 / 18

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS H

   “En ...?”
   “En wat?”
   “Wat sê Ma, jou idioot?”
   “Sy kom dalk einde van die week huis toe. Tannie Bets sal haar bring.”
   Kan dit al vier weke wees? dink Lien benoud. Sy weet nie wat om te voel        5
nie. Sy weet nie wat om te verwag nie. Sy wou nog . . . Sou haar ma regtig nie
meer . . .?

Tibbey is reg oor die winter. Dis beter op straat as tydens die warm
somermaande. Sy vermoed dis koud soggens, maar wanneer sy net ná twee
by haar hoek inval, is dit lekker warm. Sy moes al selfs haar trui ŉ paar keer    10
uittrek omdat dit te warm geword het. Dis net Roos wat aanhoudend oor die
koue kla. Al het sy ŉ paar baie dik pantyhose aan en ŉ dik pienk trui met ŉ dik
pienk gebreide wolmus oor haar stywe kapsel, kla sy elke tea break oor die
koue.
   “You’re getting an old tannie, Roos,” spot Tibbey. “You must take a bietjie    15
sjerrie soos ou Johnny. Dit sal jou bene warm maak.”
   Roos strip haar en gee ŉ snork. “Ek wil niks van daai mens hoor nie en ek
suip nie!”
   Lien is bly vir Roos se onthalwe toe die lente aanbreek.

4.14   Waar is Christien Jooste op hierdie oomblik?                                    (1)

4.15   Waarom het Lien skuldig gevoel toe sy gehoor het dat haar ma weer huis toe
       kom?                                                                            (1)

4.16   Wat is die groot vraag wat Lien oor haar ma het?                                (1)

4.17   Wat is die funksie van die oop spasie in die uittreksel? (Reël 6–7).            (1)

4.18   Bewys waarom die stelling hieronder ONWAAR is.

       Tibbey was niemand se pel nie.                                                  (1)

                                                                                        b.o.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                   AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                   17
                                   (Vraestel 2)                   10022 / 18

4.19   Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
       vraagnommer (4.19) en die letter (A – D) neer, byvoorbeeld 4.19 E.

       Dit is net Roos wat aanhoudend oor die koue kla. (Reël 11–12)

       Roos het aanhoudend oor die koue gekla omdat sy ...

       A        al ouer is as Lien en Tibbey en makliker koud kry.
       B        nie meer so lank soos Lien en Tibbey kan staan nie.
       C        gewoond daaraan is om baie warm in die somer te kry.
       D        nie warm klere het wat haar teen die koue beskerm nie.                   (1)

4.20   Waarom sou Roos niks van Johnny wou hoor nie?                                     (1)

4.21   Kies die karakter in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
       slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer (4.21.1 – 4.21.4) neer.

                            KOLOM A                                  KOLOM B
       4.21.1   Hierdie karakter leer Lien van die lewe op     A   Lien
                die straat
                                                               B   Tannie Bets
       4.21.2   Hierdie karakter probeer om te sorg vir kos
                in die huis                                    C   Roos

       4.21.3   Hierdie karakter is onverantwoordelik          D   Christien

       4.21.4   Hierdie karakter is bekommerd oor die          E   Wouter
                kinders

                                                                               (4 x 1)   (4)

4.22   Dink jy Tibbey het goeie raad teen die koue gehad? Motiveer jou antwoord.         (1)

4.23   Noem DRIE moontlikhede wat Lien en Braam kon doen om hulle situasie te
       verbeter.                                                                         (3)

4.24   Lien se houding het aan die einde van die verhaal verander.

       4.24.1    Waarom het Lien se houding verander?                                    (1)

       4.24.2    Hoe het Lien se houding verander?                                       (1)
                                                                                         [35]
                                                              TOTAAL AFDELING A:         35

                                                                                          b.o.

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                  AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                 18
                                  (Vraestel 2)                   10022 / 18

AFDELING B: DRAMA

VRAAG 5: POPPIE – DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS I

PLANK. Ek is mos nou ŉ man. Moenie lat dit jou bodder lat ons by die stiefpa
   moet bly nie. Ek kry my eie huis in die fabriek se barrakse en julle kom die
   lot by my bly.
MOSIE. En Poppie het vir hulle gesôre, en ma Lena se kinders opgepas, totdat
   ouma Hannie siek geword en afgesterwe het ...                                5

Ouma Hannie sit eenkant op trommel. Poppie en Mosie draai na haar.

OUMA HANNIE. (probeer orent kom). Daar’s ŉ hoë boom. ŉ Boom sonder end,
   dit groei op en op in die hemel in op. Die boom buig af en kom af na my,
   die takke van die boom kom en sê vir my: jou tyd is nie meer ver nie.
POPPIE. Stil, Ouma, Ouma moet nou rus ...                                   10
OUMA HANNIE. Sing vir my. Sing “Guide me, o thy great Jehovah.”

Hulle begin sing. Ouma Hannie lê terug. Lig doof uit op haar. Singend beweeg
ander af. Poppie bly agter.

POPPIE. Ná my ouma Hannie dood is, het ons aangebly in Plank se huis. Ek
   en Hoedjie en Mosie en Plank. En Mama het bedags die kinders vir my           15
   gebring om op te pas terwyl sy in die fabriek gewerk het. Veleli, Katie, en
   die laasgeborene, Eric wat ons Jakkalsie genoem het, of sommer Jakkie,
   en vir hom was ek die liefste.

5.1    Wat was die familieverband tussen Poppie en ouma Hannie?                       (1)

5.2    Waarom was Poppie en haar broers meer geheg aan ouma Hannie as aan
       ma Lena?                                                                       (1)

5.3    Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
       vraagnommer (5.3) en die antwoord neer.

       Poppie se stryd teen die paswet maak haar die (protagonis / antagonis).        (1)

5.4    Noem DRIE redes waarom ouma Hannie die boom (reël 7–9) sien.                   (3)

                                                                                       b.o.

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
                                   AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                         19
                                   (Vraestel 2)                   10022 / 18

5.5    Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
       vraagnommer (5.5) en die letter (A – D) neer, byvoorbeeld 5.5 E.

       Ouma Hannie was lief vir Poppie en het haar groot gemaak, want Poppie ...

       A        se ma was ŉ streng vrou.
       B        se pa het nie vir hulle gesorg nie.
       C        was nie ŉ kind met selfvertroue nie.
       D        was Ouma Hannie se gunsteling kleinkind.                                   (1)

5.6    “Ek kry my eie huis in die fabriek se barrakse en julle kom die lot by my bly.”
       (Reël 2–3)

       Watter rol vertolk Plank hier?                                                      (1)

5.7    Dink jy dat dit ŉ goeie idee is dat ŉ minderjarige kind moet werk? Motiveer jou
       antwoord.                                                                           (2)

5.8    “Ek is mos nou ŉ man.” (Reël 1)

       Verduidelik in jou eie woorde wat Plank hiermee bedoel.                             (1)

5.9    “En Mama het bedags die kinders vir my gebring ...” (Reël 15–16)

       5.9.1      Verduidelik wat Poppie gedurende die dag gedoen het.                     (1)

       5.9.2      Waarom het Mama die kinders na Poppie geneem?                            (1)

5.10   Dink jy dat Poppie en ma Lena se lot amper dieselfde was? Motiveer jou
       antwoord deur hulle gesinslewe te vergelyk.                                         (1)

5.11   Kies ŉ karakter in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
       slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer (5.11.1 – 5.11.4) neer.

                            KOLOM A                                KOLOM B
       5.11.1      Plaatjie se vrou met ŉ hoë stamneus     A     Poppie

       5.11.2      Moes op negejarige ouderdom skool       B     Ouma Kappie
                   verlaat
                                                           C     Ma Lena
       5.11.3      Sy het haar kleinkinders grootgemaak
                                                           D     Mamdungwana
       5.11.4      Moes haar hele lewe werk om haar
                   kinders te versorg                      E     Ouma Hannie
                                                                                 (4 x 1) (4)

                                             EN

                                                                                               b.o.

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
                                      AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)               20
                                      (Vraestel 2)                   10022 / 18

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS J

POPPIE. Bonsile, Nomvula, Thandi. Fezi, my skapies, my lammetjies, my
   verlore, arme skapies, wat ek sonder ŉ mama moes los, het dit julle
   ingehaal? Wat het ek gesondig? Ek wat gedink het: julle is daaruit, julle is
   uit die moeilikheid, lat die ander mamas se kinders maar swaar kry, lat
   hulle hier in die stede brand maak en klip gooi en geskiet en geslaan           5
   worde, julle is daaruit. Vir julle het ek swaar gekry sodat julle in vrede kon
   lewe en skoolgaan, weg uit die moeilikheid uit. En nou het dit julle ook
   ingehaal. Nou het die dag van moelikheid oor ons almal toegesak, soos
   Jakkie gesê het, lat die dak van die jail oor die lokasie kom, lat die hele
   lokasie ŉ jail word, cause why, we’re born to die. Lat julle almal in die selle 10
   kom, Bonsile, my kind met sterk hande wat so sag soos sy tata sŉ streel
   oor die baard van die mielie wat ryp word. Nomvula met die sagte vol lyf,
   met soet sang wat uit haar keel kom soos sy in die skoolkore staan en die
   Here verheerlik, en Thandi, wat neurie oor die vuurtjie, wat oor die heuwels
   van die land loop en sing.                                                      15
   (Dan skrik sy.) Fezi ... Fezi ... in die naam van die Here, Mosie, is Fezi ook
   in Herschel? Is hy ook gevang?

5.12   Hoekom het Poppie verkies om haar kinders na Herschel te neem?                   (1)

5.13   Wat het gebeur wat Poppie laat besef dat haar kinders nie meer veilig in
       Herschel is nie?                                                                 (1)

5.14   Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
       vraagnommer (5.14) en die antwoord neer.

       "... julle is uit die moeilikheid, ... " (Reël 3–4)

       Moeilikheid verwys hier na (die onluste / ŉ bakleiery met die bure).             (1)

5.15   "Vir julle het ek swaar gekry ..." (Reël 6)

       5.15.1    Na wie verwys die “julle”?                                             (1)

       5.15.2    Waarom is Poppie se woorde ironies?                                    (2)

5.16   Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
       vraagnommer (5.16) en die antwoord neer.

       Poppie het haar kinders (by haar ma gelos / weggestuur dorp toe) om hulle te
       beskerm                                                                          (1)

5.17   Waarom kan ons sê dat Poppie ŉ verskrikte moeder was? Gee TWEE feite.            (2)

                                                                                         b.o.

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
                                     AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                     21
                                     (Vraestel 2)                   10022 / 18

5.18   “Ek wat gedink het: julle is daaruit, julle is uit die moeilikheid, ...” (Reël 3–4)

       Wat impliseer Poppie met die woord moeilikheid?                                       (1)

5.19   Gee TWEE redes waarom die paswet Poppie se huwelik en gesinslewe
       beïnvloed het.                                                                        (2)

5.20   Gee EEN rede waarom die stelling hieronder ONWAAR is.

       Poppie het haar kinders by haar ma in Herschel gelos.                                 (1)

5.21   “... is Fezi ook in Herschel? Is hy ook gevang?” (Reël 16–17)

       5.21.1    Wie van Poppie se seuns het die polisie in hegtenis geneem?                 (1)

       5.21.2    Dink jy dit was regverdig dat die polisie Poppie se kind arresteer in
                 plaas van die skuldige persoon? Motiveer jou antwoord met TWEE
                 feite.                                                                      (2)

5.22   Hoe sal jy reageer as die regering jou na ŉ afgeleë landelike gebied verskuif?
       Motiveer jou antwoord.                                                                (1)
                                                                                             [35]

                                                                                              b.o.

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
                                      AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                22
                                      (Vraestel 2)                   10022 / 18

VRAAG 6: PALJAS – Chris Barnard

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS K

 53. Dis Vrydagmiddag. Hendrik, Nollie, Katrien en Willem op die stoep
 bymekaar. Hulle speel plate. Hendrik skink twee doppies en maak uit die
 plastiekgieter vol. Willem staan in die middel van die stoep met ŉ sakdoek.

 HENDRIK (baie in sy skik, tot Willem): Waar leer jy die goed? Leer jy dit by die
 skool of wat? (Willem skud sy kop.) Hier, Nollie. (Hy gee Nollie se dop aan.)      5
 Vat so. Ons drink op hierdie klein toornaar! (En weer tot Willem) Doen dit weer,
 ek sien.
 KATRIEN: Maar stadig hierdie keer. Ons wil sien hoe doen jy dit. (Willem haal
 ŉ muntstuk uit sy sak, sit dit op sy sakdoek en bind dit toe. Almal kyk. Ook
 Emma, wat intussen met ŉ skinkbord koffie uitgekom het.) Stadig nou. Ons wil       10
 mooi sien.

      Willem swaai die sakdoek ŉ paar keer in die rondte.
      Dan knoop hy dit oop. Die muntstuk is weg.
      Almal bars uit van die lag en maak ŉ bohaai.

 HENDRIK: Hierdie kind, ek sê jou, sy kop is nie plat nie. Hy gaan nog              15
 president word.
 EMMA: Hy moet eers weer leer praat. Koffie, iemand?
 KATRIEN: Emma, los dit.
 HENDRIK (tot Emma): Praat sal hy nog praat. Wag maar. Pleks jy liewerster
 leer vry. Vra vir Nollie. Hy sal jou leer.                                         20

6.1       Hoe weet ons dat Hendrik baie lief vir musiek is?                              (1)

6.2       By wie het Willem die toertjies geleer?                                        (1)

6.3       Die McDonald-gesin ontspan op hierdie Vrydagmiddag buite op die stoep
          terwyl hulle na musiek luister.

          6.3.1    By wie het Hendrik van die plate waarna hy so graag luister, gekry?   (1)

          6.3.2    Noem TWEE sangers van wie Hendrik baie gehou het.                     (2)

6.4       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
          vraagnommer (6.4) en die antwoord neer.

          Die toertjies help Willem om meer (selfvertroue / wantroue) in sy eie
          vermoëns te kry.                                                               (1)

                                                                                          b.o.

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
                                    AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                          23
                                    (Vraestel 2)                   10022 / 18

6.5    “Vat so. Ons drink op hierdie klein toornaar.” (Reël 6)
       Noem DRIE ander toertjies waarmee Willem sy gesin ook vermaak het.                        (3)

6.6    “Almal bars uit van die lag en maak ŉ bohaai.” (Reël 14)
       Noem EEN ander geleentheid waartydens die gesin ook baie gelukkig was
       en gelag het.                                                                             (1)

6.7    Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
       vraagnommer (6.7) en die letter (A – D) neer, byvoorbeeld 6.7 E.
       “EMMA: Hy moet eers weer leer praat.” (Reël 17)
       Die toon van Emma se aanmerking klink ...

       A       sarkasties.
       B       liefdevol.
       C       aggressief.
       D       hartseer.                                                                         (1)

6.8    Kies die handeling in KOLOM A wat by die karakter in KOLOM B pas. Skryf
       slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer (6.8.1 – 6.8.4) neer.

                             KOLOM A                                      KOLOM B
       6.8.1     Speel somtyds op die konsertina                      A    Dominee

       6.8.2     Was gereeld die vadoeke                              B     Manuel

       6.8.3     Werk gereeld aan die motor                           C     Katrien

       6.8.4     Beskuldig die McDonalds dat hulle met                D     Hendrik
                 duiwelskuns deurmekaar is
                                                                      E     Emma
                                                                                       (4 x 1)   (4)

6.9    “Pleks jy liewerster leer vry. Vra vir Nollie. Hy sal jou leer.” (Reël 19–20)

       Verduidelik hoe Emma gereageer het nadat Hendrik hierdie opmerking
       gemaak het.                                                                               (1)

6.10   Verduidelik waarom die stelling hieronder ONWAAR is.

       Katrien het Hendrik ondersteun nadat hy hierdie aanmerking gemaak het.
       (Reël 19–20)                                                                              (1)

6.11   Dink jy ouers het die reg om in te meng met hul kinders se keuses van
       vriende? Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                                     (1)

                                               EN

                                                                                                  b.o.

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
                                  AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                 24
                                  (Vraestel 2)                   10022 / 18

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS L

143. Nollie en Emma is alleen in die eetkamer. Langsaan in die voorkamer is ŉ
gedruis van stemme, musiek en gelag. Emma staan langs ŉ stoel met haar
hand op die leuning. Nollie sit sy hand op hare neer. Sy kyk vir hom. En albei
weet: dit gaan nou gebeur. Uiteindelik. Sy gesig kom baie stadig nader na hare
toe, en haar mond wag onseker vir syne.                                          5
  Die middeldeur vlieg oop en Willem kom binne.
  Nollie en Emma ruk van mekaar af weg.
  En Willem steek vas. Hy het ŉ eier in sy een hand en die konsertina in sy
ander hand. Hy steek die eier in sy hempsak.

EMMA: Kan jy nie klop nie? (Hy staar net terug.)                                 10
NOLLIE: Waarheen gaan jy met daardie eier?
EMMA: Gaan jy al weer met jou trieks begin?
WILLEM: Pa sê ek moet. (Hy gaan op die stoep uit. Daar steek ŉ string
sakdoeke agter onder sy hemp uit.)

144. Die McDonald-huis se stoep is vol mense wat lag en lawaai. ŉ Mens           15
hoor Hendrik se musiek bokant die rumoer.
  Hendrik skink met sy tuingietertjie bietjie dam by iemand se dop.

6.12   Dit is duidelik dat daar ŉ partytjie by die McDonalds se huis is.

       6.12.1 By watter sosiale geleentheid was al die mense vroeër die aand?         (1)

       6.12.2 Waarom het die dorpenaars na die McDonalds se huis gekom?               (1)

6.13   Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
       vraagnommer (6.13) en die antwoord neer.

       In reël 4 het Nollie en Emma geweet “dit gaan nou gebeur”. Dit beteken dat
       (Emma bewus geraak het van Nollie / Nollie sy liefde teenoor Emma gaan
       verklaar).                                                                     (1)

6.14   “EMMA: Gaan jy al weer met jou trieks begin?” (Reël 12)

       6.14.1 Waarom het Emma gedink dat Willem toertjies gaan doen?                  (1)

       6.14.2 Hoe kan ons aflei dat Emma en Nollie nie toe na Willem se toertjies
              wou kyk nie?                                                            (1)

       6.14.3 Waarom was dit ŉ goeie idee dat Willem die kuiermense met sy
              toertjies vermaak het?                                                  (1)

                                                                                       b.o.

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
                                  AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)              25
                                  (Vraestel 2)                   10022 / 18

6.15   “Die McDonald-huis is vol mense wat lag en lawaai. ŉ Mens hoor Hendrik se
       musiek bokant die rumoer. (Reël 15–16)

       6.15.1 Wie was in die verlede die enigste persoon wat gereeld by die
              McDonald-gesin gekuier het?                                          (1)

       6.15.2 Waarom het hierdie persoon so graag daar gekuier?                    (1)

6.16   Hoekom, dink jy, is dit belangrik dat die dorpsmense die McDonalds begin
       aanvaar?                                                                    (1)

6.17   “Hendrik skink met sy tuingietertjie bietjie dam by iemand se dop.”
       (Reël 17)

       6.17.1 Waarna verwys dam in dié stelling?                                   (1)

       6.17.2 Wat lei jy af van Hendrik se karakter?                               (1)

6.18   Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
       vraagnommer (6.18) en die letter (A – D) neer, byvoorbeeld 6.18 E.

       Die krisis wat die McDonald-gesin gedwing het om werklik met mekaar te
       begin praat, was toe ...

       A      die motor langs die pad gebreek het.
       B      Emma beweer het dat sy nooit gaan trou nie.
       C      Willem die hele nag op die stoep geslaap het.
       D      die mans die McDonalds van die Volstruisdans weggejaag het.          (1)

6.19   “Die McDonald-huis se stoep is vol mense wat lag en lawaai.” (Reël 15)

       Waarom het die mense gelag en ŉ lawaai gemaak?                              (1)

6.20   Hoe het Willem se optrede verander vandat hy weer begin praat het? Gee
       EEN voorbeeld.                                                              (1)

6.21   Hoe weet ons dat Manuel se Paljas ook die gemeenskap gehelp het?            (1)

6.22   Noem nog ŉ ander geleentheid wat die McDonald’s óók ŉ vreemdeling in
       hulle huis verwelkom en gehelp het.                                         (1)

6.23   Wat leer hierdie drama die leser oor vergifnis?                             (1)
                                                                                   [35]

                                                                                    b.o.

### Page 26

Downloaded from hlayiso.com
                                   AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                    26
                                   (Vraestel 2)                   10022 / 18

VRAAG 7: FIELA SE KIND – DIE DRAMA – Dalene Matthee

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS M

BENJAMIN: Ma, ek is bang.
FIELA: Jaag weg die bang. En onthou om nie vir die magistraat baas te sê nie.
    Jy sê vir hom: my heer.
BENJAMIN: Is hy die Here?
FIELA: Moenie jou aspris onnooslik hou nie, Benjamin! Hy’s die magistraat, die       5
    grootman van die wet. Die een wat voor hom loop staan en lieg, sit
    sommer met sy gat binne-in die tronk.
BENJAMIN: Ma moet saamgaan.
FIELA: Daar’s nie plek op die kar nie.
BENJAMIN: Eina! Ma was my ore van my kop af.                                         10
FIELA: Sit stil! Sê vir Ma, hoe het Ma gesê moet jy sê as die magistraat vra wat
    jou naam is?
BENJAMIN: Benjamin Komoetie.
FIELA: Wie’s jou ma?
BENJAMIN: Fiela Komoetie.                                                            15
FIELA: Wie’s jou pa?
BENJAMIN: Selling Komoetie.
FIELA: Waar woon jy?
BENJAMIN: Wolwekraal in die Lange Kloof. Ons eie grond.
FIELA: Hoe’t jy ma se kind gekom?                                                    20
BENJAMIN: Hoe’t Ma nou weer gesê moet ek sê?
FIELA: Die Here het jou aan Ma toebetrou.
BENJAMIN: Die Here het my aan Ma toebetrou.
FIELA: As hy jou laat skryf, dan skryf jy op jou mooiste. As hy jou laat lees, dan
    lees jy op jou mooiste, soos jy altyd vir Ma die Bybel lees. Oor die somme       25
    is Ma nie bekommerd nie.

7.1    Wat is Fiela besig om in hierdie toneel te doen?                                   (1)

7.2    “FIELA: Jaag weg die bang. En onthou om nie vir die magistraat baas te sê
       nie. Jy sê vir hom: my heer.” (Reël 2–3)

       Hoekom, dink jy, was Fiela bekommerd dat Benjamin die magistraat “baas”
       sou noem?                                                                          (1)

7.3    Noem TWEE redes waarom Benjamin bang is.                                           (2)

                                                                                           b.o.

### Page 27

Downloaded from hlayiso.com
                                   AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                       27
                                   (Vraestel 2)                   10022 / 18

7.4    Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die antwoord
       langs die vraagnommer (7.4) en die antwoord neer.

       Fiela waarsku in reël 6 en 7 vir Benjamin om nie vir die magistraat te lieg nie,
       maar die persoon wat uiteindelik gelieg het, was (Fiela / Barta).                     (1)

7.5    Verduidelik waarom die stelling hieronder ONWAAR is.

       Benjamin Komoetie het in ŉ liefdelose huis onder moeilike omstandighede
       grootgeword.                                                                          (1)

7.6    Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies. Skryf slegs die
       vraagnommer (7.6) en die antwoord neer.

       Die dramaturg berei ons voor op die naderende tragedie wanneer Fiela praat
       van (die valk wat haar mooiste kuiken gevang het / die volstruiswyfie wat hulle
       gekoop het).                                                                          (1)

7.7    Fiela en Selling Komoetie het op Wolwekraal in die Lange Kloof gebly.

       Noem DRIE dinge waarmee hulle ŉ lewe gemaak het.                                      (3)

7.8    Verduidelik waarom Fiela in hierdie uittreksel so kwaai en ongeduldig met
       Benjamin praat.                                                                       (1)

7.9    Kies die karakter in KOLOM B wat by die stelling in KOLOM A pas. Skryf
       slegs die letter (A – E) langs die vraagnommer (7.9.1 – 7.9.4) neer.

                                 KOLOM A                                    KOLOM B
       7.9.1   Hy moes dorp toe gaan om die skaapvelle en               A     Benjamin
               karwatse te ruil vir ŉ hemp en skoene vir Benjamin.
                                                                        B     Selling
       7.9.2   Hy is baie lief daarvoor om skuite te maak en
               daarmee op die water te speel.                           C     Dawid

       7.9.3   Hy is wys, maar sieklik en totaal afhanklik van Fiela.   D     Tollie

       7.9.4   Hy is in die tronk, omdat hy mes gesteek het.            E     Elias
                                                                                   (4 x 1)   (4)

7.10   Watter innerlike konflik ondervind Fiela nadat Benjamin weggeneem is dorp
       toe?                                                                                  (1)
7.11   “Oor die somme is Ma nie bekommerd nie.” (Reël 25–26)

       Verduidelik waaroor Fiela eintlik bekommerd is.                                       (1)
7.12   Dink jy die twee mans wat vir Benjamin kom haal het, het die situasie reg
       hanteer? Verduidelik jou antwoord.                                                    (1)
                                             EN
                                                                                              b.o.

### Page 28

Downloaded from hlayiso.com
                                   AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                 28
                                   (Vraestel 2)                   10022 / 18

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS N

SELLING: Fiela ... daar kom iemand in die onderste pad aan. Hy’t ver geloop,
    mens kan sien.
FIELA: Ja, Selling. Kyk maar dat jy aan die loop bly.
    (SELLING loop af.) Arme Selling. (Roep.) Lig op jou voete, Selling! Kittie,
    kyk na die kos en ruik die pampoen. (Pouse.) Here? (Pouse.) Here? (Op         5
    band.) Here, dis ŉ droom; ek gaan val en ek gaan wakker word. Dis nie
    waar nie. Moenie dat ek ŉ ding sien wat nie waar is nie. (SELLING en
    LUKAS op.) Maar toe staan hy daar. Treë van my af. Benjamin. ŉ Lange
    mooie man in vuil flenterklere, maar met ŉ fierheid in sy bloue oë. En dis
    nie Benjamin my hanskind nie, dis ŉ man. ŉ Wit man. En my hande wil na        10
    hom uitgaan, maar hulle bly langs my sye hang. Nooit het ek aan hom as
    wit gedink nie; aan groot, maar nie as wit nie. En nou, Here?
LUKAS: Groet Ma my nie?
FIELA (op band) Hy’t my Má genoem? Loof die Here, o my siel. Here, hou my
    bene styf sodat ek hierdie hemel regop beleef vandag.                         15
LUKAS: Moenie so huil nie, Ma. Ek het gekom. In die sak is ŉ vis. As ek reg
    onthou, het iemand destyds gesê ek moet ŉ vis saam terugbring. Moenie
    huil nie, kyk, ek het die vyf sjielings ook nog.

7.13   Sewe jaar gelede was dit ook Selling wat eerste die twee mans wat by die
       Komoetie-huis besoek afgelê het, raakgesien het.

       Wat het die twee mans gedoen?                                                   (1)

7.14   “Here?” (Pouse.) Here? (Op band.) Here, dis ŉ droom; ... ” (Reël 5–6)

       Wat kon ŉ mens aflei van Fiela se gemoedstoestand uit die herhaling van die
       woord “Here”?                                                                   (1)

7.15   Lukas is terug in die Lange Kloof.

       Waarom het hy teruggegaan?                                                      (1)

7.16   Lukas het vir Nina gesê dat hy vir twee weke wou teruggaan na die Lange
       Kloof, maar hy het uiteindelik baie langer gebly.

       Hoe lank het hy hierdie keer in die Lange Kloof gebly?                          (1)

                                                                                        b.o.

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Gr12 Afrikaans P2 (FAL) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-afrikaans-p2-fal-sep-2022-question-paper/80eb0dce-35fb-474b-aba8-bf1e19091f30) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC Afrikaans P2 (FAL) X05 2019 Preparatory Exam Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-afrikaans-p2-fal-x05-2019-preparatory-exam-question-paper/906cc756-3a62-49c6-ab4b-4f9bc8e7ad0f) — Afrikaans FAL · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Afrikaans P2 10022 (FAL) Preperatory 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-afrikaans-p2-10022-fal-preperatory-2016-question-paper/8e1b7b9d-a93b-4720-8047-a1dcf1a8ab8c) — Afrikaans FAL · QP · 2016 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May June 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2018-memo/5bdc6331-2a66-457f-8772-f20b9b827079) — Afrikaans FAL · Memo · 2018 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Feb March 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-feb-march-2018-memo/fcf01538-02a0-42bb-8b84-d2282d258d65) — Afrikaans FAL · Memo · 2018 · Afr
- [Grade 12 NSC Afrikaans (FAL) P2 2019 Preparatory Examination Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-afrikaans-fal-p2-2019-preparatory-examination-possible-answers/c0454537-68b2-4da8-a0f2-a21657a69233) — Afrikaans FAL · Memo · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
