# Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Mock 2016 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2016, 35 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-afrikaans-p2-10022-fal-preperatory-2016-question-paper/8e1b7b9d-a93b-4720-8047-a1dcf1a8ab8c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 35

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Mock 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-afrikaans-p2-10022-fal-preperatory-2016-question-paper/8e1b7b9d-a93b-4720-8047-a1dcf1a8ab8c)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2016 · Afrikaans. Question paper, 35 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Grade 12 NSC Afrikaans P2 (FAL) Preperatory 2016 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-afrikaans-p2-fal-preperatory-2016-possible-answers/8a0e8deb-d01b-4d06-9dab-00baf1786d51) — Memo · 2016 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                     VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                               2016
                               10022
                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

                         TWEEDE VRAESTEL

PUNTE: 70

TYD:     2 uur

35 bladsye

        3

                                                     b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                     AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)             2
                                     (Tweede Vraestel)              10022 / 16

                       GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                                VOORBEREIDENDE EKSAMEN

                                                   AFRIKAANS
                                                   (Eerste Addisionele Taal)
                                                   Tweede Vraestel

                                                   TYD: 2 uur

                                                   PUNTE: 70

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.      Moenie die hele vraestel deurlees nie.

2.      Gebruik die inhoudsopgawe om jou met jou keuses te help.

3.      Die vraestel bestaan uit VIER afdelings:

        AFDELING A: Roman                   (35)
        AFDELING B: Drama                   (35)
        AFDELING C: Kortverhale             (35)
        AFDELING D: Gedigte                 (35)

4.      Beantwoord TWEE vrae: EEN vraag uit elkeen van die TWEE afdelings wat
        jy behandel het.

5.      Lees die inhoudsopgawe op Bladsy 3 en dui die vraagnommers van die
        TWEE letterkundetekste wat jy in die klas behandel het op die kontrolelys,
        aan.

6.      Lees dan die vrae oor hierdie TWEE tekste wat jy behandel het.

7.      Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

8.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

9.      Laat ŉ reël oop na elke antwoord.

10.     Voorgestelde tydsindeling: Ongeveer 60 minute per afdeling / vraag.

11.     Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                         b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                 AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)         3
                                 (Tweede Vraestel)              10022 / 16

INHOUDSOPGAWE

Kies TWEE afdelings.

AFDELING A: ROMAN

Beantwoord slegs EEN vraag.

                VRAAGNOMMER                     PUNTE      BLADSYNOMMER
1. Kringe in ŉ bos                                35             5

2. Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom     35               9

3. Meeulanders                                    35              13

AFDELING B: DRAMA

Beantwoord slegs EEN vraag.

4. Poppie – die drama                             35               17

5. Paljas                                         35               21

AFDELING C: KORTVERHALE

Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale.

6. "Op soek na Kid Khumalo"                       18               26
                                        EN
   "Die pakkie"                                   17               28

 AFDELING D: GEDIGTE

 Beantwoord die vrae oor AL TWEE gedigte.

7. "Die hanswors"                                 18               31
                                         EN
   "Brief"                                        17               33

                                                                                 b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                  AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                4
                                  (Tweede Vraestel)              10022 / 16

 KONTROLELYS

 Gebruik die kontrolelys om te verseker dat jy die vereiste getal vrae beantwoord.

                                                                              DUI
                                                      GETAL VRAE
       AFDELING            VRAAGNOMMERS                                       AAN
                                                     BEANTWOORD
                                                                              ()
A: Roman                          1–3

B: Drama                          4–5

C: Kortverhale                     6

D: Gedigte                         7

LET WEL: Maak seker dat jy vrae oor slegs TWEE afdelings beantwoord het.

                                                                                         b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                     AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                        5
                                     (Tweede Vraestel)              10022 / 16

AFDELING A: ROMAN

VRAAG 1: KRINGE IN ʼN BOS – Dalene Matthee

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS A

1             "Dis Saul, hy is verjaar vandag," het sy pa op die ou Bosmanier teen die
2        voordag onder die skerm aangekondig.
3             "Geluk, Saul," het oom Anneries krakerig omgedraai.
4             "Is ek nou veertien, Pa?" wou hy net seker maak.
5             "Ja. En geluk van my ook. As ŉ man eers veertien is, begin jy vleis aan jou
6        bene kry en bas aan jou vel en kan jy uitkyk na die dag wat jy jou eie byl kan
7        swaai – jy moet kom begin uitkap aan die kwaallatte later vandag. Ons is
8        amper reg vir uitsleep."
9             Dit was ŉ vreemde gevoel. Die veertien-gevoel. So asof jy in twee bome
10       gelyk staan.
11            As een van hulle verjaar het, het sy ma altyd vir ŉ vleiskossie gesorg. Hy het
12       die keer onthou toe sy pa verjaar het en die wildekat die oggend die laaste
13       hoender gevang het. Sy ma het die hele dag met ŉ wip gesukkel, maar toe sy
14       pa-hulle teen skemer uit die Bos kom, was daar ŉ fisant vir die pot.
15            Maar al sou sy ma nog geleef het, sou sy nie op die dag van sy verjaardag
16       vir vleiskos kon sorg nie; hulle het te ver van die huis af gekap. Hulle sou ook nie
17       kon huis toe gaan nie, want die houtkoper op die dorp was haastig vir die hout.
18       Sy pa het gesê die man sê die hele land wag vir waens; die mense trek van oral
19       af agter diamante aan in die land op en die wamakers wag vir hout! Omtrent al
20       wat hout is vir alles kom uit hierdie bos.

1.1      By wie het Saul geleer lees en skryf?                                                  (1)

1.2      Saul het by sy pa geleer hoe om houtmeubels te maak.

         Verduidelik hoekom hierdie stelling ONWAAR is.                                         (1)

1.3      Saul het vandat hy veertien was gesien dat die natuurlewe in die Bos in
         gevaar is.

         Noem TWEE dinge wat Saul raakgesien het.                                               (2)

1.4      Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die antwoord langs
         die vraagnommer (1.4) neer.

         Op Saul se verjaardag het hy die eerste keer (bloubokkievleis geëet / vir
         Oupoot gesien).                                                                        (1)

                                                                                                    b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                    AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                     6
                                    (Tweede Vraestel)              10022 / 16

1.5     "Die veertien gevoel. So asof jy in twee bome gelyk staan." (Reël 9 – 10)

        Verduidelik wat die verteller met hierdie stelling bedoel het. Gee TWEE feite.      (2)

1.6    Kies elke keer die inligting uit KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas.
       Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraagnommer (1.6.1 – 1.6.4) neer,
       byvoorbeeld 1.6.5 F.

                 KOLOM A                                 KOLOM B
        1.6.1    Anneries              A       Saul se pa

        1.6.2    Jozef                 B       Die hoofkarakter van die verhaal

        1.6.3    Joram                 C       Saul se broer

        1.6.4    Saul                  D       Een van die houtkappers

                                       E       ŉ Ou kleurling
                                                                                    (4x1)   (4)

1.7     "Maar al sou sy ma nog geleef het, sou sy nie op die dag van sy verjaardag
        vir vleiskos kon sorg nie ... " (Reël 15 – 16)

        Waaraan is Saul se ma dood?                                                         (1)

1.8     Hoe het Jozef sy gevoelens oor hulle ma se dood vir Saul weggesteek toe
        hulle die nuus oor haar dood moes gaan oordra?                                      (1)

1.9     Saul het besluit om vir sy eie verjaardagvleis ŉ plan te maak.

        1.9.1     Wat het Saul gevang om te eet?                                            (1)

        1.9.2     Wat was die gevolge van hierdie plan wat Saul gemaak het? Noem
                  TWEE gevolge.                                                             (2)

1.10    In hierdie roman is ŉ derdepersoonsverteller aan die woord.

        Wat is die funksie van ŉ derdepersoonsverteller?                                    (1)

1.11    Sou jy tevrede wees om op jou verjaardag ver van jou ouerhuis af te wees?
        Motiveer jou antwoord.                                                              (1)

                                              EN

                                                                                                b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                     AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                      7
                                     (Tweede Vraestel)              10022 / 16

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS B

1            Maska, ek is tot sterwens toe gedaan, ek weet nie wat om te sê nie. Laat my
2        net ŉ rukkie alleen met miss Kate." Maar die oue bly vasgekeer staan in sy nood
3        en steek sy hande met ŉ gebaar van desperaatheid na Saul uit. "Moenie dit vir
4        my nog swaarder maak nie, Maska! Asseblief nie."
5            "Saul", sê Kate stilweg agter hom, "ek het Thompson se hoekerf gekoop."
6            Hy hoor haar dit sê, hy hoor die woorde, maar dit tuimel sinloos deur sy
7        moeë brein en vind geen vasslaanplek nie, totdat hy omdraai en die vasberade
8        trek op haar gesig sien.
9            "Wat het jy gesê?"
10           "Ek wou jou vertel het van my plan, maar toe sê jy vir Beth jy wil my nie sien
11       nie. Toe koop ek nog steeds die erf en wou jou so van die skip af kry, toe hoor
12       ek jy het Oupoot kom skiet en ek verstaan dit nie. Hans Oukas kom sê my toe
13       wat gebeur het en ... "
14           "Thompson se hoekerf?" Sy moegheid versper nog steeds die volle
15       implikasie van haar woorde.
16           "Vir sestig pond. Dis ŉ groot erf, Saul," sê sy en hy sien die onsekerheid in
17       haar kom. "Thompson het geld dringend nodig, hyʼt swaar verloor by die goud.
18       Ek moet hom Maandag die geld gee en ek het dit nie," bieg sy tot by die
19       waarheid en haar vrees.

1.12     Kies die KORREKTE woord tussen hakies. Skryf slegs die antwoord langs die
         vraagnommer (1.12) neer.

         Volgens Maska wou Oupoot Saul tot in (Streepbos / Meulbos) kry sodat Saul
         kon sien wat van alles geword het.                                                   (1)

1.13     Verduidelik watter rol Maska in Saul se lewe gespeel het. Gee DRIE feite.            (3)

1.14     "Moenie dit vir my nog swaarder maak nie, Maska! Asseblief nie." (Reël 3 – 4)

         1.14.1   Wat het Saul met die woord "dit" bedoel?                                    (1)

         1.14.2   Wat het Saul diep in die Bos gesien waar Oupoot geskiet is?                 (1)

1.15     "Saul," sê Kate stilweg agter hom, "ek het Thompson se hoekerf gekoop."
         (Reël 5)

         1.15.1   Wat het Kate se woorde vir Saul beteken?                                    (1)

         1.15.2   Hoekom kan jy saamstem dat Kate ŉ belangrike rol in Saul se lewe
                  gespeel het?                                                                (1)

         1.15.3   Watter positiewe gevolg het dit vir Saul ingehou dat Kate Thompson
                  se hoekerf wou koop?                                                        (1)

                                                                                                  b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                     AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)             8
                                     (Tweede Vraestel)              10022 / 16

1.16   "Wat het jy gesê?" (Reël 9)

       Waarom was Saul verbaas oor Kate se opmerking? Gee TWEE redes.                (2)

1.17   Waarom was Saul só moeg dat hy Kate se woorde nie mooi verstaan het nie?      (1)

1.18   "Dis ŉ groot erf, Saul," (Reël 16)

       Wat, dink jy, het Kate met hierdie woorde geïmpliseer?                        (1)

1.19   Waarom is dit realisties om te glo dat Kate en Saul saam ŉ toekoms van hier
       af sou bou?                                                                   (1)

1.20   Dink jy Saul sou Oupoot werklik geskiet het? Verduidelik jou antwoord.        (1)

1.21   Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
       letter (A – D) langs die vraagnommer (1.21) neer, byvoorbeeld 1.21 E.

       Jozef het nooit geweet dat Saul by MacDonald gewerk het om ... nie.

       A         hulle blyplek te betaal
       B         hulle skuld af te betaal
       C         koffie en suiker te koop
       D         gereedskap vir houtkap te koop                                      (1)

1.22   Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
       letter (A – D) langs die vraagnommer (1.22) neer, byvoorbeeld 1.22 E.

       Die tydsverloop in die verhaal is ...

       A         toekomende tyd.
       B         achronologies.
       C         chronologies.
       D         verlede tyd.                                                        (1)
                                                                                     [35]

                                            OF

                                                                                         b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                     AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                        9
                                     (Tweede Vraestel)              10022 / 16

VRAAG 2: DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM –
         Marita van der Vyver

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS A

1           Nee, dink ek terwyl ons ŉ halfuur later deur die fynbos ploeter, dis nie moontlik
2        nie. Yann het sy Walkman se oorfone oor sy kop gedruk om hom van alles en
3        almal af te sluit. Hy hoor nie die gekwetter van voëls nie en hy sien nie die dou op
4        die struike langs die voetpaadjie nie. Hy stap soos ŉ soldaat wat nie ŉ keuse het
5        nie. Dis hoe hy die volgende drie weke gaan oorleef. Deur bevele te gehoorsaam
6        en hom met musiek te verdoof. Die lááste ding wat hy gaan opmerk, is ŉ oulike
7        jonger sussie.
8           Tibo en Amos draf ŉ ent voor ons uit saam met die twee honde. Hulle is ewe
9        oud, maar Tibo is omtrent ŉ kop kleiner as Amos, en baie skraler. Die honde se
10       sterte wapper soos vlae. Hulle is gewoond aan ŉ tuintjie vol onkruid in ŉ
11       voorstedelike doodloopstraat. Hierdie wye oopte moet vir hulle soos die hemel
12       voel.
13          Vir my voel dit ook of ek onverwags in die hemel beland het. ŉ Ent onder my
14       hang ŉ digte misbank oor die vallei. Asof ek in ŉ vliegtuig sit. Hoër as die wolke.
15       Sowaar.
16          "Dis ŉ toneel wat geverf moet word!" sê Mana uitgelate.
17          "Ag nee," kreun Beyers.
18          "My vingers jeuk, Bey." Sy gaan staan stil om asem te skep. Draai stadig in die
19       rondte, oopmond van verwondering. "Jy weet wat dit beteken."

2.1      Kies die KORREKTE woord tussen hakies. Skryf slegs die woord langs die
         vraagnommer (2.1) neer.

         Die gesin het vakansie op (Botterberg / Bitterberg) gehou.                             (1)

2.2      "Hy stap soos ŉ soldaat wat nie ŉ keuse het nie." (Reël 4 – 5)

         Hierdie reël suggereer Yann se houding teenoor die vakansie.

         Wat was Yann se houding?                                                               (1)

2.3      Lees Reël 2 – 6.

         Met watter EEN WOORD kan ons Yann se karakter hier beskryf?                            (1)

2.4      Daar was een dag tydens die vakansie wat Yann vir 24 uur sonder sy oorfone
         geloop het. Wat was die rede daarvoor?                                                 (1)

2.5      Noem TWEE geleenthede waaruit ons kon aflei dat Yann wel vir Hanna
         omgegee het.                                                                           (2)

                                                                                                    b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                  AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)            10
                                  (Tweede Vraestel)              10022 / 16

2.6    Hoekom is dit ŉ verrassing dat Hanna skielik die mooi natuur om haar
       raakgesien het? (Reël 13 – 15)                                            (1)

2.7    "Dis ŉ toneel wat geverf moet word!" sê Mana uitgelate.
       "Ag nee," kreun Beyers. (Reël 16 – 17)

       Hoe kon Beyers Mana verhoed om tydens die vakansie te verf?               (1)

2.8    Mana het gesê dat die gesin tydens dié vakansie alles saam moes doen.

       Stem jy saam dat ŉ mens tydens ŉ vakansie alles saam met jou gesin moet
       doen? Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                        (1)

2.9    Hoe het Mana haar Muse tydens die vakansie gelukkig gehou?                (1)

2.10   Hoekom het Hanna gedink haar ma was kleurblind?                           (1)

2.11   Hanna sou nie omgee as haar ma voor Sharon rondloop sonder om haar
       hare te kam of haar gesig te was nie.

       Verduidelik hoekom hierdie stelling ONWAAR is.                            (1)

2.12   Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
       letter (A – D) langs die vraagnommer (2.12) neer, byvoorbeeld 2.12 E.

       Hanna se ma het ŉ vreemde haarstyl gehad omdat sy soms ... in haar hare
       gedra het.

       A    rekkies
       B    knippies
       C    verfkwaste
       D    kammetjies                                                           (1)

2.13   Kies die KORREKTE woord tussen hakies. Skryf slegs die woord langs die
       vraagnommer (2.13) neer.

       Hanna se ma het soms na (sop / paraffien) geruik.                         (1)

2.14   Gee TWEE redes hoekom Mana nog nooit voorheen op ŉ wittebrood was
       nie.                                                                      (2)

2.15   Hoekom het Hanna haar gesin met bywoners vergelyk toe Sharon op die
       berg aangekom het? Gee TWEE redes.                                        (2)

                                           EN

                                                                                   b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                     AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                     11
                                     (Tweede Vraestel)              10022 / 16

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS B

1           Mana het ons probeer opbeur deur pasta pleks van sop te kook, maar
2        niemand lyk juis opgebeur nie. Selfs Gavin lyk of sy mond teen dié tyd moeg
3        geglimlag is. Dis net Margot wat steeds vasklou aan die simpel kaarte se belofte
4        dat sy môre gaan wegkom. Sharon gluur onderlangs na Yann, wat haar
5        heeltemal ignoreer vandat hy vanmiddag so verontwaardig uit die kamer gestorm
6        het. Verleë oor hy hom so kinderagtig gedra het, maar hopeloos te trots om dit te
7        erken.
8           Mana is bleek van moegheid ná sy soos ŉ besetene gewerk het om die huis
9        skoon te kry. Sy het die vloer met koerantpapier bedek om te keer dat ons dit
10       weer vol modder trap. Beyers het ŉ paar keer gemompel hy wens sy wil eerder
11       weer begin verf. Nou staar sy nikssiende voor haar uit, haar bord pasta amper
12       onaangeraak, en frons kort-kort asof ŉ onaangename gedagte haar pla. Skielik
13       vertrek haar gesig en sy sak vooroor met haar hande om haar maag gevou.
14          "Ek dink dis my kraampyne wat begin," steun sy.
15          "Dis dié dat jy so nes geskrop het!" gil Margot. "Ek onthou die dag voor Amos
16       se geboorte het ek al die kaste in die huis reggepak!"
17          Die res van ons is te geskok om ŉ woord uit te kry.

2.16     Verduidelik hoekom Gavin, Margot en Sharon saam met die gesin op die berg
         vakansie gehou het.                                                                 (3)

2.17     Gee EEN rede hoekom Mana hierdie groepie mense aan tafel probeer opbeur
         het? (Reël 1)                                                                       (1)

2.18     Gavin is ook nie meer lus om te glimlag nie.

         Wat kan jy aflei oor Gavin se gevoel oor hulle situasie op die berg?                (1)

2.19     Dis net Margot wat steeds vasklou aan die simpel kaarte se belofte dat sy môre
         gaan wegkom." (Reël 3 – 4)

         Hoe is Margot se kaarte reg bewys?                                                  (1)

2.20     Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
         (A – D) langs die vraagnommer (2.20) neer, byvoorbeeld 2.20 E.

         Yann se kinderagtige optrede (Reël 5 – 7) was omdat die kaarte ... voorspel
         het.

         A     die weggaan van sy ma
         B     die geboorte van ŉ baba
         C     liefde tussen hom en Hanna
         D     konflik tussen hom en Sharon                                                  (1)

                                                                                              b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                   AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                  12
                                   (Tweede Vraestel)              10022 / 16

2.21   Lees Reël 4 – 7.

       Dink jy Yann was reg om Sharon te ignoreer na sy kinderagtige optrede? Gee
       ŉ rede vir jou antwoord.                                                         (1)

2.22   Yann was te trots om te erken dat hy daardie middag kinderagtig was.

       Op watter ander manier kon Yann die situasie hanteer het?                        (1)

2.23   Beyers het ŉ paar keer gemompel hy wens Mana wil eerder weer begin verf.
       (Reël 10 – 11)

       Verduidelik die ironie van Beyers se woorde.                                     (2)

2.24   Kies elke keer die karakter uit KOLOM B wat by die aanhaling in KOLOM A
       pas. Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraagnommer (2.24.1 – 2.24.4)
       neer, byvoorbeeld 2.24.5 F.

                          KOLOM A                                   KOLOM B
       2.24.1   "Wie wil nou ŉ 14-jarige skrywer se      A          Sharon
                storie lees?"
       2.24.2   "Tensy jy ook ŉ heks is, ou Hanna        B          Yann
                heks."

       2.24.3   "Vir my sal jy altyd my liefste ou       C          Margot
                Hanna Hoekom bly."

       2.24.4   "Opskud met daardie roman, hoor.         D          Tibo
                Onthou, ek word nie jonger nie."
                                                         E          Mana
                                                                                (4x1)   (4)

2.25   "Dis dié dat jy so nes geskrop het!" gil Margot. (Reël 15)

       Waarom kan ons sê dat Margot se woorde stereotipies is?                          (1)

2.26   In hierdie twee uittreksels kon ons konflik tussen die gesinslede waarneem.

       Hoe het die verhouding tussen die gesinslede aan die einde van die roman
       verbeter?                                                                         (1)
                                                                                        [35]

                                          OF

                                                                                         b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                     AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                       13
                                     (Tweede Vraestel)              10022 / 16

VRAAG 3: MEEULANDERS – Esta Steyn

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS A

1           Fred vererg hom vir die swaaiende voete wat teen die lessenaar kap. "Daar is
2        ŉ stoel, dêmmit, man."
3           "Okay, okay, sorry," sê Skalla en sy oë gaan oor die deftige kantoor met die
4        swaar swarthoutmeubels en ŉ Claerhout teen die muur. Hy trek die stoel oorkant
5        die lessenaar uit maar gaan nie sit nie.
6           "So wat is jou probleem?" meet Fred hom. Hy het nog nooit van Skalla se slap
7        lyf en skrefies-oë gehou nie. Die olierige blonde hare is agtertoe gekam. Hy kon
8        eintlik ŉ aantreklike man gewees het, as hy net die moeite wil doen om beter vir
9        homself te sorg. Die T-hemp is sweerlik ŉ maand laas gewas.
10          "Nee," sê Skalla, "ek het nie ŉ probleem nie. Jy het."
11          Hy kyk vol bravade na Fred, ŉ ou taktiek van hom om eers met sy prooi te
12       speel tot hy halfdood lê. "Ek weet hoekom Sheila selfmoord gepleeg het."
13          Fred sit ŉ lang ruk doodstil. Dan staan hy op en gaan na die kas teen die muur.
14       Hy haal twee glase en ŉ bottel whisky uit. Hy voel hoe die lewe uit sy gesig sypel.
15       Hy voel hoedat Skalla hom met sy skrefies-oë sit en deurkyk terwyl hy die klein
16       yskas oopmaak en ys uithaal. Eers toe hy Skalla se glas vir hom aangee en weer
17       gaan sit, besef hy dat daar ŉ straal sweet teen sy rug afloop.
18          "Ek was die middag van die verkiesing daar bo by die huis," sê Skalla.

3.1      Wie was Skalla?                                                                       (1)

3.2      Waarom het Fred nie van Skalla gehou nie? Gee TWEE redes.                             (2)

3.3      "Ek weet hoekom Sheila selfmoord gepleeg het." (Reël 12)

         3.3.1     Wie was Sheila?                                                             (1)

         3.3.2     Hoe het Sheila selfmoord gepleeg?                                           (1)

3.4      Wat het daartoe aanleiding gegee dat Sheila selfmoord gepleeg het? Gee
         TWEE feite.                                                                           (2)

3.5      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
         antwoord langs die vraagnommer (3.5) neer.

         Sheila was in die studeerkamer waar sy (alleen was / met iemand gesels het)
         terwyl Skalla die middag van die verkiesing by die huis was.                          (1)

3.6      Skalla het Sheila se dood gebruik om twee dinge van Fred te eis.

         Noem die TWEE dinge wat Skalla geëis het.                                             (2)

                                                                                                b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                  AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                    14
                                  (Tweede Vraestel)              10022 / 16

3.7.   Het jy simpatie met Fred? Gee ŉ rede vir jou antwoord.                            (1)

3.8    Kies elke keer die inligting uit KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas.
       Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraagnommer (3.8.1 – 3.8.4) neer,
       byvoorbeeld 3.8.5 F.

               KOLOM A                               KOLOM B
       3.8.1    Elsabet           A   ŉ Goeie besigheidsman

       3.8.2    Matthys           B   Reggie se vrou

       3.8.3    Ryna              C   Skelm en slinks

       3.8.4    Fred              D   Het die eiland en die voëls gehaat

                                  E   Die voëlvrou
                                                                                 (4x1)   (4)

3.9    "Ek was die middag van die verkiesing daar bo by die huis," sê Skalla."
       (Reël 19)

       3.9.1     Watter verkiesing is gehou?                                             (1)

       3.9.2     Stemdag was vir Fred traumaties.

                 Is dit ŉ feit of ŉ mening? Motiveer jou antwoord.                       (1)

       3.9.3     Dink jy Sheila het genoeg rede gehad om selfmoord te pleeg?
                 Motiveer jou antwoord.                                                  (1)

3.10   Watter karaktereienskap van Skalla het na vore gekom toe hy vir Fred wou
       afpers?                                                                           (1)

                                            EN

                                                                                          b.o.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                     AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                       15
                                     (Tweede Vraestel)              10022 / 16

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS B

1        In die werkskamer is Attie besig om sy rooi Kersvaderpak aan te trek. Die
2        Meeuland Express, vol geskenkies gelaai, staan gereed.
3           Daar het ŉ stilte oor hom gekom sedert Twilight se heengaan: die band
4        tussen Jacob en Ryna het vir hom in fokus gekom. Hy het haar ontferming oor
5        Jacob gesien en met ŉ vreemde gelatenheid besef dat hy besig is om twee
6        mense wat vir mekaar bedoel is, van mekaar af weg te hou. Hulle sou nooit
7        bymekaar kon uitkom terwyl hy in die omtrek is nie.
8           Jacob verdien haar. Wat ŉ Meeulander het sy nie geword nie!
9           Sy ma het jare gelede, toe hy Meeuland toe gekom het, voorspel dat hy gaan
10       seerkry. En al die tyd het hy die oomblik van afskeid uitgestel. Hy het bly glo dat
11       Ryna tog eendag, eendag, vir hom sou leer liefkry. Sy het nie; sy sal nooit. Daar
12       was wel tye dat sy naby hom gekom het en wat die hoop in hom opgevlam het.
13       En tog het sy die afstand behou en was die geslotenheid van haar verlede ŉ
14       muur waardeur hy nooit kon dring nie.
15          Nou, hier in die skemer werkskamer, is sy vir hom mooier as ooit. Sy lag
16       saggies naby sy gesig toe sy die rooi kep met die tossel op sy kop sit.

3.11     Wat was die Meeuland Express?                                                         (1)

3.12     Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
         letter (A – D) langs die vraagnommer (3.12) neer, byvoorbeeld 3.12 E.

         "Daar het ŉ stilte oor hom gekom sedert Twilight se heengaan" (Reël 3)
         verwys na ...

         A    Elsabet wat die eiland verlaat het.
         B    Ryna wat die eiland verlaat het.
         C    Elsabet se dood.
         D    Ryna se dood.                                                                    (1)

3.13     "Daar was wel tye dat sy naby hom gekom het en wat die hoop in hom
         opgevlam het." (Reël 12 – 13)

         3.13.1     Na wie verwys die "sy" in die aanhaling?                                   (1)

         3.13.2     Watter verwagtinge het die goeie tye by Attie geskep?                      (1)

         3.13.3     Dink jy die "sy" het reg opgetree deur vir Attie hoop te gee?
                    Motiveer jou antwoord.                                                     (1)

3.14     Watter karaktereienskap kon jy van Attie uit die teks aflei?                          (1)

3.15     Waarom dink jy word die woord "eendag" in Reël 11 herhaal?                            (1)

                                                                                                 b.o.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                   AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)               16
                                   (Tweede Vraestel)              10022 / 16

3.16   "Hy het haar ontferming oor Jacob gesien en met ŉ vreemde gelatenheid
       besef dat hy besig is om twee mense wat vir mekaar bedoel is, van mekaar af
       weg te hou." (Reël 4 – 6)

       Hoe sou jy die situasie hanteer het indien jy Attie was?                      (1)

3.17   Daardie aand het noodlottige gevolge vir Janka en Jacob ingehou.

       Verduidelik waarom hierdie stelling WAAR is.                                  (1)

3.18   "Wat ŉ Meeulander het sy nie geword nie!" (Reël 8)

       Verduidelik wat Attie met hierdie woorde bedoel het.                          (1)

3.19   Attie verwys na Ryna se verlede as ŉ geslote muur.

       Hoekom was dit verkeerd van Ryna om so geslote teenoor Attie op te tree?
       Gee TWEE redes.                                                               (2)

3.20   Verduidelik die positiewe rol wat Meeuland in Janka, Jannerik en Attie
       se lewens gespeel het.                                                        (3)

3.21   Hoekom sal dit vir Attie beter wees om in Namibië te gaan werk?               (1)
                                                                                     [35]

                                                              TOTAAL AFDELING A:     35

                                                                                       b.o.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                     AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                  17
                                     (Tweede Vraestel)              10022 / 16

AFDELING B: DRAMA

VRAAG 4: POPPIE – DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS A

1       EERSTE TONEEL

2       Ligte aan in ouditorium en op verhoog. ŉ Speler stap tydsaam op. Hy speel
3       "Nkosi sikelelʹ iAfrika" op penniefluit. Terwyl hy opstap, doof ligte in
4       ouditorium. Sodra hy gaan sit, begin ander spelers dieselfde deuntjie neurie.
5       Hulle kom opgestap; dra trommels, blikke. (Vrouens dra blikke op hulle
6       koppe.) Sodra Poppie haar blik neersit, is die ligte op verhoog vol aan –
7       helder, vrolike lig.

8       POPPIE (aan gehoor). Ons is Gordonia-boorlinge. My mama het ons vertel
9          van onse grootouma Kappie, ŉ ryk ou vrou wat met haar bokke geboer het
10         in die rantjies anderkant Carnarvon. Haar van was Plaatjies en sy het die
11         hoë stamneus gehad wat onse oompie Pengi van haar geërwe het.
12      MOSIE. Grootouma Kappie het net een meisiekind gehad, onse ouma
13        Hannie. Hannie het getrou met George Williams, ŉ skaapskeerder wat op
14        die veeplase gebly het. Hy is gebore op Beaufort-Wes en sy grootvan was
15        Mgwevu en hy het afgesterwe met die Groot Griep van 1918.
16      POPPIE. Die isibetho.
17      MOSIE. Ehwe. Die plaag wat die Here na ons gestuur het.
18      HOEDJIE. Die mense was mos net drie dae siek, dan sterwe hulle af.
19      POPPIE. Nou toe onse ouma Hannie se man afgesterwe het, toe het hulle
20        van die Koegas ...
21      PLANK. Daarso – net buitekant Prieska.
22      POPPIE (knik). Nou toe trek hulle na Vaalkoppies, want ouma Hannie het te
23      swaar gekry met die kinders en hulle bly toe by die lande by Louisvale se plek.

4.1     Wie is die hoofkarakter in hierdie drama?                                         (1)

4.2     Kies die KORREKTE woord tussen hakies. Skryf slegs die woord langs die
        vraagnommer (4.2) neer.

        Ouma Hannie het altyd die gewoonte gehad om haar kleinkinders
        (byname / doopname) te gee.                                                       (1)

                                                                                            b.o.

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                   AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                18
                                   (Tweede Vraestel)              10022 / 16

4.3    Lees weer Reël 2 – 7.

       Wat is die funksie van die woorde in skuinsdruk?                               (1)

4.4    Waarom is dit doeltreffend dat die dramaturg inligting oor Poppie se
       geskiedenis vertel het?                                                        (1)

4.5    Kies die KORREKTE woord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
       (A – D) langs die vraagnommer (4.5) neer, byvoorbeeld 4.5 E.

       Ma Lena se man het by ... op die see kom werk.

       A        Lüderitzbucht
       B        Vaalkoppies
       C        Upington
       D        Prieska                                                               (1)

4.6    Verduidelik hoekom Poppie en haar broers die naaste aan hulle ouma se hart
       was.                                                                           (1)

4.7    Hoekom dink jy Poppie het ŉ gelukkige kindertyd by Ouma Hannie gehad?          (1)

4.8    Watter taal wou ouma Hannie hê, moes Poppie en haar broers praat?              (1)

4.9    "POPPIE (knik). Nou toe trek hulle na Vaalkoppies, want ouma Hannie het te
       swaar gekry met die kinders en hulle bly toe by die lande by Louisvale se
       plek." (Reël 22 – 23)

       4.9.1   Waarheen het Ouma Hannie van Vaalkoppies af weggetrek?                 (1)

       4.9.2   Gee TWEE redes waarom Ouma Hannie van Vaalkoppies af moes
               wegtrek.                                                               (2)

4.10   Poppie se Xhosa-naam was Ntombizodumo.

       Hoekom, dink jy, het Ouma Hannie haar Poppie genoem?                           (1)

4.11   Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
       (A – D) langs die vraagnommer (4.11) neer, byvoorbeeld 4.11 E.

       Ouma Hannie het vir Poppie ...

       A       geleer om Afrikaans te praat.
       B       ou bekende kinderliedjies geleer.
       C       aangemoedig om hard op skool te werk.
       D       al die dinge van die Xhosa-geloof geleer.                              (1)

                                                                                        b.o.

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
                                     AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                       19
                                     (Tweede Vraestel)              10022 / 16

4.12     Kies elke keer ŉ karakter uit KOLOM B wat by die stelling in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraagnommer (4.12.1 – 4.12.4) neer,
         byvoorbeeld 4.12.5 E.

                             KOLOM A                                 KOLOM B
         4.12.1   ŉ Netjiese persoon, met ŉ mooi lyfie en   A     Poppie
                  het so smart aangetrek

         4.12.2   Het Bonsile se pa tata-ka-Bonsile         B     Mrs Swanepoel
                  genoem

         4.12.3   Het Poppie se papiere reggemaak           C     Stone

         4.12.4   Se ma is gearresteer sodat hulle die      D     Mrs Retief
                  persoon in die hande kan kry
                                                            E     Jakkie
                                                                                        (4x1) (4)

                                                EN

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS B

1      POPPIE (skreeu). Jou duiwelskind! Jou satanskind! Los jou bhuti!
2      JAKKIE (lag terwyl hy nog vashou). Poppie, ons help my bhuti. Van die
3         drank is hy nog sy lewe lank aan die slaap.
4      KIND 1. Ons wil hom wakker maak.
5      MOSIE (aan Poppie, wat toekyk en huil). Moenie lat dit jou maak huil nie,
6         Poppie. Moenie dit vir Jakkie kwalik neem nie. Miskien los bhuti Plank
7         nog die wyn.
8      POPPIE. Hoe sal ek nie huil nie? Eers het die wit poeliesse hom oor die
9         paste by die hoenderhok geslaan, nouʹs dit weer sy eie broertjie.
10     MAMA. God het die ouers se gebede verhoor. Dis die Here wat deur die
11        kinders praat. Die Here sê: Die drank het julle uitgeroei, julle moet dit
12        laat staan.
13     POPPIE (nadenkend). My kinders is nie hier nie. As hulle hier was, was
14        hulle seker ook teen die wet en teen die drank. Maar deur my swaarkry,
15        is hulle nou uit die ding. (Praat met Mosie en Mama.) Ek is nou eerlik.
16        As ek die krag gehad het, sou ek ook iets gedoen het, maar nou het ek
17        nie die krag nie, nou is ek tevrede met die wêreld soos dit nou is. Wat
18        verby is, is verby. Ek is moeg, Mama. Daar moet nou rus kom.
19     JAKKIE. Ek is nog nie moeg nie. Dis hoekom daar nog nie rus moet kom
20        nie. Julle is moeg; ons nie. Dis vir jou wat ek baklei, Sisi.

                                                                                                b.o.

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
                                      AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                   20
                                      (Tweede Vraestel)              10022 / 16

4.13   "POPPIE (skreeu). Jou duiwelskind! Jou satanskind! Los jou bhuti!" (Reël 1)

       Waarom het Poppie vir Jakkie ŉ duiwelskind genoem?                                   (1)

4.14   Die kinders in Nyanga was baie ongelukkig oor hulle ouers se drankmisbruik.

       Wat was volgens die kinders die gevolge van hulle drankmisbruik? Noem TWEE
       gevolge.                                                                             (2)

4.15   Hoe kan jy aflei dat die kinders hulle ouers se drankmisbuik nie net aanvaar het
       nie? Gee TWEE bewyse.                                                                (2)

4.16   "POPPIE (nadenkend). My kinders is nie hier nie." (Reël 13)

       4.16.1   In watter dorp het Poppie se dogters gebly?                                 (1)

       4.16.2   Hoekom kan ŉ mens met Poppie simpatiseer as jy aan haar kinders
                dink?                                                                       (1)

4.17   Kies die KORREKTE woord tussen hakies. Skryf slegs die woord langs die
       vraagnommer (4.17) neer.

       Die polisie het Jakkie gevang omdat hy die leier van die (Comrades / migrants)
       was.                                                                                 (1)

4.18   Noem TWEE dinge wat Jakkie-hulle gedoen het waarmee Poppie nie
       saamgestem het nie.                                                                  (2)

4.19   Poppie was nog altyd ŉ goeie ma vir haar kinders.

       Gee DRIE redes waarom jy met hierdie stelling kan saamstem.                          (3)

4.20   Verduidelik hoekom dit ironies is dat Poppie gedink het dis beter vir haar kinders
       om in die Ciskei te bly.                                                             (2)

4.21   Dit is nie die eerste keer wat Plank deur die kinders verneder is nie.

       Gee ŉ rede waarom hierdie stelling WAAR is.                                          (1)

4.22   Hoe sou jy voel as jou vriende jou ouers slaan omdat hulle onverantwoordelik
       is?                                                                                  (1)

4.23   Hoekom is die taalgebruik in die drama aanvaarbaar?                                  (1)
                                                                                            [35]
                                           OF

                                                                                              b.o.

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
                                     AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                  21
                                     (Tweede Vraestel)              10022 / 16

VRAAG 5: PALJAS – Chris Barnard

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS A

1        Willem (beduie): Hnnn-hnnnn-hhn-hhn-hnnnnnn! (Almal. Gery.)
2        NAR: Hulleʹs weg? (Willem knik ja.) Ek weet. (Willem beduie reguit na die
3        nar toe. Wat van jou?) Ek? Nee, ek bly hier. (Willem beduie iets
4        onverstaanbaars.) Ek is klaar met die sirkus. (Willem staan hom ŉ rukkie
5        ondersoekend en bekyk. Dan glimlag Willem. En die glimlag word ŉ laggie.)
6        Kom, ek leer jou. Eers net een bal. Gooi hom. En dan vang jy hom. Toe,
7        probeer. Eers net een. Probeer. (Willem vat die balletjie. Gooi hom. Vang
8        hom.) Dis reg!

9        52. Willem en die nar: op verskillende dae, in verskillende monderings, op
10       verskillende plekke. Soms in die skuur, soms in die veld, bo-op ŉ windpomp,
11       weer op die kafbale. Soms het die nar gewone klere aan, soms sy pak, soms
12       met grimering en soms nie. Altyd net hy en Willem.
13          Die nar haal ŉ eier uit sy mond uit, toor ŉ muntstuk uit sy sakdoek weg,
14       speel op ŉ konsertina, maak of hy ŉ hoender is, ŉ pou, ŉ eend. Hulle dans
15       op die bale, hardloop in die veld; Willem bring kos skuur toe, hulle eet.
16       Willem teken teen die mure. Hulle hardloop op die horison teen die groot
17       volmaan terwyl die nar eentonig twee note, net die twee note, soos ŉ
18       inkantasie op sy konsertina speel.

5.1      "Willem (beduie): Hnnn-hnnnn-hhn-hhn-hnnnnnn!" (Reël 1)

         Waarom het Willem hierdie geluide gemaak terwyl hy vir die nar verduidelik
         het die sirkus was weg?                                                          (1)

5.2      Hoekom kan ŉ mens saamstem dat die manier waarop Willem die nar
         ontmoet het, vreemd was?                                                         (1)

5.3      Hoe het die sirkustrein op Hendrik McDonald se stasie beland?                    (1)

5.4      Kies die KORREKTE woord tussen hakies. Skryf slegs die antwoord langs
         vraagnommer (5.4) neer.

         Toe Willem besef het dat die sirkus vertrek het, het hy met sy fiets agter die
         (stoomtrein / kombi-en-woonwa) aangejaag.                                        (1)

5.5      "Willem (beduie): Hnnn-hnnnn-hhn-hhn-hnnnnnn! (Almal. Gery.)
         NAR: Hulleʹs weg? (Willem knik ja.) Ek weet. (Willem beduie reguit na die nar
         toe. Wat van jou?)" (Reël 2 – 3)

         Wat is die funksie van die woorde tussen hakies?                                 (1)

                                                                                            b.o.

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
                                    AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                 22
                                    (Tweede Vraestel)              10022 / 16

5.6    Die nar het Willem in die drama vermaak deur met balle te goël.

       5.6.1        Hoekom het die nar Willem met toertjies vermaak?                    (1)

       5.6.2        Op watter TWEE maniere het Willem hierdie toertjies deel van sy
                    lewe gemaak?                                                        (2)

5.7    Kies die KORREKTE woord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
       (A – D) langs die vraagnommer (5.7) neer, byvoorbeeld 5.7 E.

       Die nar is die ... in hierdie drama.

       A       derdepersoonsverteller
       B       ek-verteller
       C       protagonis
       D       antagonis                                                                (1)

5.8    Kies elke keer die karakter uit KOLOM B wat by die stelling in KOLOM A pas.
       Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraagnommer (5.8.1 – 5.8.4) neer,
       byvoorbeeld 5.8.5 F.

                               KOLOM A                                 KOLOM B
       5.8.1      Dring daarop aan om oor alles te praat          A      Jan Mol

       5.8.2      Begin praat oor belangrike dinge in die lewe    B       Emma

       5.8.3      Verkondig skinderstories                        C       Hendrik

       5.8.4      Kommunikeer deur te skryf                       D       Nollie

                                                                  E       Willem
                                                                                (4x1)   (4)

5.9    Verduidelik waarom dit vir Willem lekkerder was om by die nar te wees as by
       sy ouers. Gee DRIE feite.                                                        (3)

5.10   Lees die montage in Reël 9 – 10.

       Watter afleiding kan jy oor die tydsverloop maak?                                (1)

5.11   Willem het gedink dat die nar saam met die sirkus weggegaan het.

       Hoe sou jy voel as ŉ goeie vriend van jou skielik weggaan?                       (1)

                                         EN

                                                                                          b.o.

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
                                     AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)           23
                                     (Tweede Vraestel)              10022 / 16

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS B

1        110. Dis Emma wat speel. Nollie sit op die vensterbank sy bene en swaai
2        terwyl hy haar dophou. Sy en haar musiek het sy volledige aandag en
3        waardering. Sy speel nou sonder foute.

4        111. Hendrik lȇ op sy rug op sy bed. Ook hy luister na die klavier.
5           Die deur gaan oop en Katrien kom binne.

6        KATRIEN: Slaap jy?
7        HENDRIK: Hu-uh.
8        KATRIEN: Jyʹt nie dalk vir Boetie gewaar nie? Ek kry hom nȇrens.
9        HENDRIK: Hyʹs seker die veld in.
10       KATRIEN: Daardie kind is nooit meer by die huis nie.
11       HENDRIK: Los hom, man. Hyʹs gelukkig. Kom lê liewer bietjie by my.

12            Sy kom sit op die kant van Hendrik se enkelbed.

13       KATRIEN (sonder om vir hom te kyk): En dan?
14       HENDRIK: Dan hou ek jou bietjie vas.
15       KATRIEN: Ek moet gaan brood knie.
16       HENDRIK: Dis Sondag, Katrina. Kom tot rus. Toe, net vyf minute.
17          Sy kyk ŉ oomblik na hom, ŉ bietjie geamuseerd. En hy wys met sy
18          kop: kom.
19          Sy sak agteroor langs hom en tel haar voete op die bed.

20       HENDRIK: So ja.

21          Hulle lê en luister na musiek.

22       KATRIEN: Sy speel elke dag beter.
23       HENDRIK: Ja.

24          Hulle lê roerloos. Dan kyk hy vir haar.

25       HENDRIK: Jy gee seker nie om as ek jou skelmpies op jou wang soen nie,
26       nè?

27          Sy skud haar kop.
28          Hy soen haar op haar wang.
29          En sy vat sy hand en hou dit vas.

                                                                                    b.o.

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
                                   AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                  24
                                   (Tweede Vraestel)              10022 / 16

5.12   Uit Reël 1 en 2 is dit duidelik dat Nollie en Emma se verhouding verbeter het.

       5.12.1   Na watter sosiale geleentheid het Emma ingestem om Nollie te
                vergesel?                                                               (1)

       5.12.2   Verduidelik hoe Nollie dit reggekry het om Emma na hierdie
                geleentheid in Vraag 5.12.1 te vat. Gee TWEE feite.                     (2)

5.13   Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die antwoord langs
       die vraagnommer (5.13) neer.

       Emma het weer begin klavier speel omdat (Willem haar gevra het om te
       speel / sy Nollie se aandag wou trek).                                           (1)

5.14   "110. Dis Emma wat speel." (Reël 1)

       5.14.1    Wie van die McDonald-gesin het ook klavier gespeel?                    (1)

       5.14.2    Hoe kan ons aflei dat Hendrik van musiek gehou het?                    (1)

       5.14.3    Waarvan was Emma se mooi klavierspel aan die einde van die
                 drama ŉ simbool?                                                       (1)

5.15   "KATRIEN: Daardie kind is nooit meer by die huis nie." (Reël 10)

       5.15.1    By wie was Willem dat hy nooit meer by die huis was nie?               (1)

       5.15.2    Hoekom was dit verkeerd van Willem om nie vir sy ouers te sê
                 waarheen hy gaan nie?                                                  (1)

5.16   Hoekom dink jy was Katrien se optrede daardie Sondagmiddag teenoor
       Hendrik anders as wat dit aan die begin van die drama was?                       (1)

5.17   "HENDRIK: Dis Sondag, Katrina. Kom tot rus. Toe, net vyf minute." (Reël 16)

       5.17.1   Watter geluid het Hendrik en Katrien se rustige Sondagmiddag
                binne ŉ oomblik verander?                                               (1)

       5.17.2   Verduidelik waarom die dorpsmense se optrede teenoor die
                McDonalds daardie Sondagmiddag nie deur vandag se samelewing
                aanvaar sal word nie?                                                   (1)

                                                                                          b.o.

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
                                   AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                25
                                   (Tweede Vraestel)              10022 / 16

5.18   Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
       (A – D) langs die vraagnommer (5.18) neer, byvoorbeeld 5.18 E.

       Die krisis wat Willem gedwing het om weer te begin praat, was toe ...

       A       Willem kos vir die nar gevat het.
       B       Willem die nar nie kon opspoor nie.
       C       Hendrik en Katrien nie na Willem geluister het nie.
       D       Emma en Nollie na die perdeblomme gaan kyk het.                        (1)

5.19   Nollie het Willem bygestaan as Willem se ouers baklei het.

       Gee ŉ rede waarom hierdie stelling WAAR is.                                    (1)

5.20   Die dorpsmense se optrede daardie Sondagmiddag was nie die enigste keer
       waar hulle onregverdig teenoor die McDonalds opgetree het nie.

       Noem TWEE ander voorbeelde waar die dorpsmense die McDonalds
       onregverdig behandel het.                                                      (2)

5.21   Watter vooroordeel kom in die drama, Paljas, voor?                             (1)
                                                                                      [35]

                                                             TOTAAL AFDELING B:       35

                                                                                        b.o.

### Page 26

Downloaded from hlayiso.com
                                     AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                26
                                     (Tweede Vraestel)              10022 / 16

AFDELING C: KORTVERHALE

STORIEJOERNAAL

Beantwoord die vrae oor AL TWEE die volgende kortverhale.

VRAAG 6

"OP SOEK NA KID KHUMALO" – Dolf Van Niekerk

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1       Haar bril met die dik raam bly van haar gesig afgly. Die bril én die lense is
2       lankal ondoeltreffend. Sy vee die sweet van haar gesig af. Haar been pyn van
3       al die beweging en ronddra van die paar meubelstukke. Haar werkgewers van
4       dertien jaar het haar blypek laat vergroot toe sy op ŉ hartseerdag daarvan
5       praat om by haar seun Kid in Soshanguve te gaan woon. Kid se broer
6       Thomas is met ŉ prokureur getroud, maar dié wil niemand anders in hulle
7       huis hȇ nie. Kid het jare lank van die een werk na die ander geswerf, en baie
8       nagte het hy nie ŉ slaapplek gehad nie. Die familie het met klikkende tonge
9       vertel hoe Kid dikwels op treine en in motorwrakke geslaap het. Toe kry hy
10      werk by die Kalafong-hospitaal. Hy was nog op skool toe sy kind gebore is.
11      Sy het die seun nog maar ŉ paar keer gesien – hy bly by sy ma en ouma in
12      Mamelodi, maar Kid moet natuurlik onderhoud betaal. Twee jaar gelede wou
13      die ma hom laat arresteer omdat hy agter geraak het. Thomas se vrou wil nie
14      kinders hê nie. Party dae verlang sy verskriklik na Kid en sy kind. Hy het ŉ
15      groot man geword. Ná ŉ paar jaar by die hospitaal het hy ŉ huislening gekry.
16      Sy was nog te siek om te gaan kyk, maar haar niggie Katrien sê die huis is
17      goed en mooi.

6.1     Watter soort werk het Johanna gedoen?                                           (1)

6.2     "Die bril én die lense is lankal ondoeltreffend." (Reël 1 – 2)

        Hoekom dink jy het Johanna nog nie vir haar ŉ nuwe bril gekry nie?              (1)

6.3     Waar het Johanna se familie gebly by wie sy miskien eendag kon gaan rus?        (1)

6.4     Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die antwoord langs
        die vraagnommer (6.4) neer.

        Johanna het (probleme met haar hart gehad / aan suikersiekte gely), daarom
        wou die wond aan haar been nie genees nie.                                      (1)

6.5     Johanna se werkgewers, die Therons, was suinig met hulle geld.

        Verduidelik waarom hierdie stelling WAAR is.                                    (1)

                                                                                          b.o.

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Gr12 Afrikaans P2 (FAL) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-afrikaans-p2-fal-sep-2022-question-paper/80eb0dce-35fb-474b-aba8-bf1e19091f30) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC Afrikaans P2 (FAL) X05 2019 Preparatory Exam Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-afrikaans-p2-fal-x05-2019-preparatory-exam-question-paper/906cc756-3a62-49c6-ab4b-4f9bc8e7ad0f) — Afrikaans FAL · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Afrikaans (FAL) P2 X05 Preparatory 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-afrikaans-fal-p2-x05-preparatory-2018-question-paper/eb35e939-d086-45fa-b8d9-5d908dba80c0) — Afrikaans FAL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May June 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2016-memo/fec783b3-523c-4938-a821-ce695c069ffb) — Afrikaans FAL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Feb March 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-feb-march-2016-memo/f7d4f2d7-2166-49b3-9594-dd3f4a610f61) — Afrikaans FAL · Memo · 2016 · Afr
- [Grade 12 NSC Afrikaans (FAL) P2 2019 Preparatory Examination Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-afrikaans-fal-p2-2019-preparatory-examination-possible-answers/c0454537-68b2-4da8-a0f2-a21657a69233) — Afrikaans FAL · Memo · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
