# Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2020, 39 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-afrikaans-p2-fal-2020-preparatory-question-paper/1eeb9a37-fd8b-4315-81db-b1969d2c5476
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 39

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-afrikaans-p2-fal-2020-preparatory-question-paper/1eeb9a37-fd8b-4315-81db-b1969d2c5476)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 39 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                   VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                             2020
                             10022
                          AFRIKAANS
                    EERSTE ADDISIONELE TAAL

                          VRAESTEL 2

TYD:     2 uur

PUNTE: 70

39 bladsye

                                                  b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                   AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                     2
                                   (Vraestel 2)                   10022/20

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.    MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die
      INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommer van die
      tekste wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vrae aandagtig deur en kies
      die vrae wat jy wil beantwoord.

2.    Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:

      AFDELING A: Roman            (35)
      AFDELING B: Drama            (35)
      AFDELING C: Kortverhale      (35)
      AFDELING D: Gedigte          (35)
3.    Beantwoord vrae in TWEE afdelings, soos volg:

      AFDELING A: ROMAN
      Beantwoord die vraag oor die roman wat jy bestudeer het.
      AFDELING B: DRAMA
      Beantwoord die vraag oor die drama wat jy bestudeer het.
      AFDELING C: KORTVERHALE
      Beantwoord die vrae oor TWEE kortverhale wat jy bestudeer het.
      AFDELING D: GEDIGTE
      Beantwoord die vrae oor TWEE gedigte wat jy bestudeer het.

4.    Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig.

5.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

6.    Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

7.    Bestee ongeveer 60 minute aan elke afdeling.

8.    Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                               b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                    AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)             3
                                    (Vraestel 2)                   10022/20

INHOUDSOPGAWE
Kies TWEE afdelings.

AFDELING A: ROMAN
Beantwoord slegs EEN vraag.

                   VRAAGNOMMER                        PUNTE     BLADSYNOMMER
1.   Kringe in ŉ Bos                                    35            5
2.   Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom         35            9
3.   Meeulanders                                        35     Nie getoets in Gauteng nie
4.   Lien se lankstaanskoene                            35                13

AFDELING B: DRAMA
Beantwoord slegs EEN vraag.

                    VRAAGNOMMER                       PUNTE     BLADSYNOMMER
5.   Poppie – Die Drama                                 35            17
6.   Paljas                                             35            21
7.   Fiela se kind – Die Drama                          35            26

AFDELING C: KORTVERHALE
Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale.

                  VRAAGNOMMER                         PUNTE     BLADSYNOMMER
8.1 “Veertig sinkplate teen die suidewind”              17            31
                                                       EN
8.2 “Rot in ŉ val”                                      18                33

AFDELING D: GEDIGTE
Beantwoord die vrae oor AL TWEE gedigte.

                     VRAAGNOMMER                      PUNTE     BLADSYNOMMER
9.1 “Rondom my”                                         17            35
                                                       EN
9.2 “By die robot in Eerste Laan”                       18                37

                                                                                        b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                 AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                4
                                 (Vraestel 2)                   10022/20

KONTROLELYS

Gebruik die kontrolelys om te verseker dat jy die vereiste getal vrae beantwoord.

     AFDELING            VRAAGNOMMERS              GETAL VRAE               DUI AAN
                                                  BEANTWOORD                  ()
A:   Roman                      1–4                    1

B:   Drama                      5–7                       1

C:   Kortverhale                 8                 1 (2 kortverhale)

D: Gedigte                       9                 1 (2 gedigte)
LET WEL: Maak seker dat jy vrae oor slegs TWEE afdelings beantwoord het.

                                                                                        b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                    AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                 5
                                    (Vraestel 2)                   10022/20

AFDELING A: ROMAN

Beantwoord slegs EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

VRAAG 1: KRINGE IN ’N BOS – Dalene Matthee

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS A

               “Hoe oud is jy?”
   “Veertien gewees, mister.” Wat wil almal skielik weet hoe oud hy is?
   “Mm … jy is groot vir veertien. Is jy seker jy is nie dalk sestien nie? Ek is
nie so seker dat julle altyd weet hoe oud julle is nie.”

                                        ***
    Êrens in hierdie bos treur Jozef vannag oor sy seun. Die lewe het hulle 5
sulke ompaaie om mekaar laat leef dat hy nie vandag sy hand na Jozef kan
uitsteek nie en sê: Ek is jammer oor wat met jou kind gebeur het. Nee! keer
hy homself, soos wat sy vinger sonder gevoel die sneller moet trek, só moet
sy gedagtes sonder gevoel vir Jozef bly. Van kleins af het hulle bymekaar
verbygedink. Vir Jozef het die bloubokkie se gal nog altyd in sy kop gesit. Vir 10
Jozef is hy, Saul, verraaier en klaar!
    “Jozef,” het hy eendag vir hom probeer sê wat in sy hart is, “die Bos is
besig om dood te gaan. Oral slaan die seerplekke soos pokke uit en dit word
nie weer gesond nie.”
    “Begin jy alweer met Harison se stories?”                                   15
    “Maar kan jy dit dan nie self sien nie? Kan jy dan nie sien dat ons die Bos
doodmaak en die Bos óns doodmaak nie?”
    “Ons is honderde teen jou en Harison se ouvroupraatjies, nie een van
julle gaan ons hier uitkry nie!”

1.1     Saul het as veertienjarige die Bos verlaat en op die dorp gaan werk.

        1.1.1    Beskryf die gebeure wat daartoe gelei het dat Saul die Bos verlaat
                 het.

                 Gee TWEE feite.                                                      (2)

        1.1.2    By wie het Saul gaan werk?                                           (1)

        1.1.3    Watter vergoeding het Saul ontvang vir die werk wat hy gedoen
                 het?

                 Noem TWEE dinge.                                                     (2)

1.2     Wie was Jozef? (Reël 5)                                                       (1)

                                                                                            b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                   AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                 6
                                   (Vraestel 2)                   10022/20

1.3    Jozef se seun is dood.

       Wat het gebeur?                                                               (1)

1.4    Hoe het Jozef se seun se dood bygedra tot die situasie waarin Saul nou
       is?

       Gee TWEE feite.                                                               (2)

1.5    “Vir Jozef het die bloubokkie se gal nog altyd in sy kop gesit.” (Reël 10)

       Wat is die konnotatiewe betekenis van die aanhaling?                          (1)

1.6    Kies die KORREKTE antwoord. Skryf slegs die letter (A – D) langs die
       vraagnommer (1.6) neer.

       Waarom moet Saul die sneller “sonder gevoel” (reël 8) trek?

       A       Saul se teiken is nie onbekend nie.
       B       Saul het geen gevoel vir sy teiken nie.
       C       Saul is ŉ ervare jagter en weet dat gevoelens nie ŉ plek in die Bos
               het nie.
       D       Saul kan dit nie bekostig om emosioneel betrokke te raak by sy
               teiken nie.                                                           (1)

1.7    Voltooi die volgende sin deur die KORREKTE antwoord in te vul. Skryf
       slegs die antwoord langs die vraagnommer (1.7) neer.

       Alhoewel Saul Oupoot gevolg het om hom te skiet, het Saul nog altyd groot
       (1.7 …) vir die olifante in die Bos gehad.                                    (1)

1.8    Waarna verwys “die seerplekke”? (Reël 13)                                     (1)

1.9    Voltooi die volgende sin deur die KORREKTE antwoord in te vul. Skryf
       slegs die antwoord langs die vraagnommer (1.9.1 tot 1.9.2) neer.

       Saul was baie (1.9.1 …) oor die toekoms van die Bos en dit het Saul
       gedurig met sy familie laat (1.9.2 ...).                                      (2)

1.10   “Maar kan jy dit dan nie self sien nie?” (Reël 16)

       Wat kan ons hieruit aflei omtrent Saul se gevoel teenoor Jozef?               (1)

1.11   Waarom, dink jy, was dit so maklik vir Jozef en baie ander Bosmense om
       te glo dat Saul ŉ verraaier was?

       Gee TWEE feite.                                                               (2)

                                            EN

                                                                                           b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                   AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                   7
                                   (Vraestel 2)                   10022/20

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS B

Dit was ŉ kwaai winter daardie eerste jaar. Meulbosstroom se water het
soos smeltwater geword; ŉ uur daarin en jou bene was koud. Jou hande
ook. Dan moes jy eers weer vuur toe om die bloed warm te kry.
   Maar die trog het gewerk! Aan die begin het hy gesukkel om die val reg te
kry sodat die water nie met die gruis deurhardloop nie; hy moes eers 5
agterkom dat jy die water met dieselfde snelheid waarmee dit in die stroom
afkom, oor die trog moet laat loop. Die gruis moet oor die lap rol sodat jy
elke klip as’t ware kan hoor. Die geluid moet ook net reg wees.
   Hy moes twee keer dorp toe om kos te koop en nog ferweel. By Gouna
het hy vir ŉ pennie ŉ beeshoring by ŉ man gekoop. Hy was onrustig oor die 10
ander delwers in die Bos. As hy net kon weet hoeveel daar van hulle was …
   Die tweede keer dat hy moes dorp toe, het hy ou Anneries gekry. Die
speke was baie duidelik klaar verkwansel en die ou was goed gedop.
   “Nee, dit gaan goed, Saul. En met jou? Het jy darem al iets uitgegrou?”

1.12   Waarvoor het Saul in Meulbos gedelf?                                            (1)

1.13   “Maar die trog het gewerk!” (Reël 4)

       1.13.1 Aan wie het die trog behoort voordat dit aan Saul behoort het?           (1)

       1.13.2 Dink jy dat Saul die trog op ŉ eerlike manier gekry het?

                Verduidelik jou antwoord.                                              (1)

1.14   Op watter manier het die beeshoring (reël 10) Saul gehelp?                      (1)

1.15   Verskillende karakters het ŉ rol in Saul se lewe gespeel.

       Kies die karakter uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.
       Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraagnommers (1.15.1 tot 1.15.4)
       neer.

                              KOLOM A                                 KOLOM B
       1.15.1 Het vir Saul ŉ kwartponder geleen                     A  Crompton

       1.15.2 Het vir Saul ŉ boek geleen wat vir hom baie           B    Maska
              beteken het
                                                                    C    Anneries
       1.15.3 Het vriende met Saul geword en was ŉ Australiër
                                                                    D    Kate
       1.15.4 Het die Bos probeer bewaar
                                                                    E    Harison
                                                                             (4 × 1)   (4)

                                                                                             b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                   AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                8
                                   (Vraestel 2)                   10022/20

1.16   Die houtkappers mag nie delf nie.

       Sê waarom hierdie stelling WAAR is.                                          (1)

1.17   “As hy net kon weet hoeveel daar van hulle was …” (Reël 11)

       Wat is die funksie van die ellips aan die einde van hierdie sin?             (1)

1.18   Kate was baie belangrik vir Saul. Haar pa was bewus daarvan en hy het uit
       sy pad gegaan om Kate en Saul uitmekaar te hou.

       Noem DRIE maniere waarop Kate se pa dit gedoen het.                          (3)

1.19   Waarom kan ons sê dat Saul innerlike konflik ten opsigte van Oupoot se lot
       beleef het?                                                                  (1)

1.20   Na Saul se tyd in Meulbos het hy Swellendam toe gegaan.

       Watter vaardigheid het hy daar aangeleer?                                    (1)

1.21   Saul se tyd in die Bos het hom laat besef dat die lewe ŉ skewe sirkel is.

       Noem EEN voorbeeld van ŉ skewe sirkel wat in ons gemeenskap vandag
       nog sigbaar is.                                                              (1)

1.22   Waarom kan ons sê dat Saul se verhouding met die Bos bittersoet was?         (1)
                                                                                    [35]

                                                                                          b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                       AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                     9
                                       (Vraestel 2)                   10022/20

VRAAG 2: DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM –
         Marita van der Vyver

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS C

    ........................Juffrou Liebenberg is my Afrikaans-onderwyseres. Sy’s erg
opgetrek met die opstelle wat ek inlewer. Wonderlike verbeelding! skryf sy in
die kantlyn. Ek wil nou nie ondankbaar klink nie, maar ek sou meer gehou
het van: Wonderlike skryfkuns!
                                               ***
    Die ander ding wat my onderskei, natuurlik, is my ingewikkelde                      5
gesinslewe. En dit steek ek meestal ook maar weg. Die kinders wat wel
daarvan weet, soos Sharon, dink dit moet fantasties wees om so ŉ
buitengewone gesin te hê.
                                               ***
    Maar ek hét darem nog ŉ pa. Een wat van bloed en bene gemaak is. Dink
hoe moet die arme Tibo voel.                                                            10
                                               ***
...................Wel, dis die storie wat sy vir Tibo vertel het toe hy nog simpel
genoeg was om dit te glo.
    Interessant, nè? Ek is geskep, hy is vervaardig. Ek voel soos ŉ skildery
(soms ŉ middelmatige skildery, soms ŉ mislukking, nooit juis soos ŉ
kunswerk nie) en hy klink soos iets wat uit ŉ fabriek kom. ŉ Onderdeel van ŉ            15
masjien.
                                               ***
    En nuwe huis is nie heeltemal die regte beskrywing vir hierdie
dubbelverdiepinghool aan die gatkant van Tafelberg nie. Toe Mana en
Beyers teen die einde van laas jaar trou, moes ons ŉ groter huis vir die hele
spul van ons soek. En soos ek reeds laat glip het, rol ons nie juis rond in die         20
rande nie. Probeer jy nou ŉ huis met minstens vyf slaapkamers soek, en
boonop ŉ garage of ŉ buitekamer of ŉ plek wat Mana as ateljee kan gebruik,
teen ŉ prys wat twee mense sonder ŉ vaste inkomste kan bekostig.
                                               ***
    Dis hoe hulle verhouding begin het. En dis hoe hulle waarskynlik vir altyd
en altyd bymekaar gaan bly.                                                             25

2.1     “Wonderlike verbeelding! skryf sy in die kantlyn.” (Reël 2 – 3)

        2.1.1     Wie is aan die woord in hierdie uittreksel?                                (1)

        2.1.2     Hierdie spreker het ŉ vrugbare verbeelding gehad.

                  Gee TWEE voorbeelde uit die roman om te bewys dat hierdie
                  stelling WAAR is.                                                          (2)

                                                                                                   b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                   AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                  10
                                   (Vraestel 2)                   10022/20

      2.1.3   Aan die einde van die verhaal het die spreker besluit om ŉ ware
              verhaal te skryf.

              Watter titel wou die spreker hierdie verhaal gee?                       (1)

2.2   Die spreker het ’n “ingewikkelde gesinslewe” (reël 5 – 6) gehad.

      Verduidelik hierdie stelling deur te verwys na die spreker se ma en haar eie
      pa.                                                                             (2)

2.3   Die spreker se ma en stiefpa het mekaar op ’n snaakse manier ontmoet.

      2.3.1   Hoe het hulle mekaar ontmoet?

              Noem TWEE feite.                                                        (2)

      2.3.2   Waarom het die spreker gedink dat sy/haar ma en stiefpa se
              huwelik vir “altyd en altyd” (reël 24 – 25) gaan hou?                   (1)

      2.3.3   Die spreker en sy/haar stiefpa het ŉ goeie verhouding gehad.

              Gee TWEE redes om hierdie stelling te motiveer.                         (2)

2.4   Verskillende karakters het ŉ rol in die spreker se lewe gespeel.

      Kies die beskrywing uit KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas.
      Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraagnommers (2.4.1 tot 2.4.4) neer.

            KOLOM A                                KOLOM B
      2.4.1  Tibo              A     Het ŉ obsessie met TV gehad

      2.4.2   Yann             B     Was mal oor towenaars en toorkuns

      2.4.3   Amos             C     Het alles van moderne musiek geweet

      2.4.4   Beyers           D     Het alles van skilderye en skilders geweet

                               E     Het alles van teater en toneelstukke geweet
                                                                           (4 × 1)    (4)

2.5   “Ek is geskep, hy is vervaardig.” (Reël 13)

      Waarom sê die spreker dat Tibo “vervaardig” is?                                 (1)

2.6   “Ek voel soos ŉ skildery (soms ŉ middelmatige skildery, soms ŉ
      mislukking, nooit juis soos ŉ kunswerk nie ...)” (Reël 13 – 15)

      Dink jy die spreker het rede gehad om so te voel?

      Motiveer jou antwoord.                                                          (1)

                                                                                            b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                    AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                  11
                                    (Vraestel 2)                   10022/20

2.7     Waarom het die spreker na hulle nuwe huis as ŉ dubbelverdiepinghool
        verwys? (Reël 18)                                                              (1)

                                             EN

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS D

                        14. Nog ŉ onverwagse gas                                  1

   Ons is ŉ taamlik bedrukte spulletjie wat die aand aan tafel sit.
                                        ***
                                            Mana het ons probeer opbeur deur
pasta pleks van sop te kook, maar niemand lyk juis opgebeur nie.
                                        ***
   “Maar dis nie ... dit kan tog nie ... dis mos heeltemal te vroeg?” stotter     5
Beyers, sy gesig doodsbleek.
   “Hanna is ook ŉ paar weke vroeg gebore,” sê Mana terwyl sy weer stadig
regop sit.
   “As ek dít geweet het,” roep Beyers uit, “het ek nóóit hier op die berg kom
vakansie hou nie!”                                                                10
                                        ***
   “En nou?” Beyers hap na lug soos een wat besig is om te verdrink. Ek het
hom nog nooit so paniekerig sien lyk nie. “Wat nóú?”
   “Wel, dit lyk nie of hierdie babatjie in ŉ hospitaal gebore gaan word nie,”
sê my ma met ŉ dapper glimlag.
   “Maar waar ... wat gaan ons ... wat gaan gebeur?” stotter Tibo, amper so       15
bleek soos Beyers.
   “Dis te vroeg!” kerm Beyers.
   “Hanna was ŉ gesonde baba, Bey, al het sy te vroeg opgedaag. Ek weet
nie, miskien het ek my misgis met die datum. Jy weet hoe sleg is ek met
datums ...”                                                                       20
   Beyers staar na haar met verwilderde oë.
   “Ek sal jou help, Mana,” sê Margot en staan op om my ma se skouers te
kom masseer.

2.8     “14. Nog ŉ onverwagse gas” (Reël 1)

        Wie was die onverwagse gas wat opgedaag het?                                   (1)

2.9     “Ons is ŉ taamlik bedrukte spulletjie wat die aand aan tafel sit.” (Reël 2)

        Waarom was almal so bedruk?                                                    (1)

                                                                                             b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                    AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                12
                                    (Vraestel 2)                   10022/20

2.10   “Maar dis nie ... dit kan tog nie ... dis mos heeltemal te vroeg?” (Reël 5)

       2.10.1 Wat het, volgens Beyers, heeltemal te vroeg gebeur?                    (1)

       2.10.2 Hoe het die omstandighede van hierdie gebeurtenis verskil van die
              geboorte van Hanna? Onthou om beide kante te noem.                     (2)

2.11   “As ek dít geweet het,” roep Beyers uit, “het ek nóóit hier op die berg kom
       vakansie hou nie!” (Reël 9 – 10)

       2.11.1 Mana noem hierdie vakansie op die berg ŉ “wittebrood”.

                Dink jy hierdie vakansie was ŉ wittebrood? Motiveer jou antwoord.    (1)

       2.11.2 Die wittebrood was uiteindelik voordelig vir die gesin.

                Gee TWEE redes waarom hierdie stelling WAAR is.                      (2)

2.12   Hanna het saam met haar uitgebreide gesin in ’n huis op die berg gaan
       vakansie hou.

       Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE
       neer.

       A        Die gesin hou ŉ koolstoofkonsert.
       B        Die gesin eet Gavin se afskeidsmaal.
       C        Margot knip haar lang, rooi naels kort.
       D        Margot lees haar Tarot-kaarte vir die kinders.                       (4)

2.13   Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
       letter (A – D) langs die vraagnommer (2.13) neer.

       Margot het die situasie tydens die baba se geboorte baie goed hanteer as
       gevolg van haar …

       A        vroulike intuïsie.
       B        verpleegondervinding.
       C        ondervinding as ouer.
       D        ondervinding as aktrise.                                             (1)

2.14   Voltooi die volgende sin deur die KORREKTE antwoorde in te vul.

       Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommers (2.14.1 tot 2.14.2) neer.

       Tydens die baba se geboorte het (2.14.1 …) aanhoudend in Mana se oor
       gefluister terwyl (2.14.2 …) hom soos ŉ senuweeagtige pa in ŉ outydse
       fliek gedra het.                                                              (2)

                                                                                           b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                    AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                  13
                                    (Vraestel 2)                   10022/20

2.15    Gavin was nie altyd ŉ voorbeeldige ouer nie.

        Dink jy ouers móét altyd voorbeeldig wees? Motiveer jou antwoord.              (1)

2.16    Watter volwassene in hierdie verhaal was, volgens jou, die beste voorbeeld
        vir kinders?

        Motiveer jou antwoord.                                                         (1)
                                                                                       [35]

VRAAG 3: MEEULANDERS – Esta Steyn

HIERDIE ROMAN WORD NIE IN GAUTENG GETOETS NIE

VRAAG 4: LIEN SE LANKSTAANSKOENE – Derick van der Walt

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS G

   Sy wens half Wouter wil ŉ draai maak, maar sy dink nie hy sal kom ná
haar tantrum by die skoolhek nie. Sy loop ingedagte kombuis toe met ŉ
skinkbord vol leë koppies en bordjies. Toe sy die swaaideur oopstoot, kom
Agnes met ŉ vaart uit die kombuis met ŉ vol gelaaide skinkbord wat sy soos
gewoonlik op haar hand hoog in die lug balanseer. Hulle tref mekaar met ŉ         5
vaart en breekgoed en stukke koek spat in alle rigtings. Dis vir ŉ oomblik stil
in die coffee shop. Mense sit skeef gedraai in hulle stoele om die petalje te
bekyk.
   Lien en Agnes maak verbouereerd glasstukke bymekaar.
   “O vrek,” sê Agnes angstig. “Nou gaan die hel losbreek ... ”                   10
   Lien sien onderlangs dat tant Malie besig is om ŉ vrou by die kasregister
te help. Hulle staan vir Lien en Agnes en kyk.
   “Oeps,” hoor sy tant Malie sê. Daar is ŉ glimlaggie om haar mond wat ŉ
paar grade kouer is as die ysblokkies in haar stem.
                                      ***
Haar ma se deur is toegetrek toe sy by die huis kom. Dit beteken sy lê en         15
slaap en sy moet geel van die werk af gekom het. Hoe dit werk, kon Lien
nog nie uitgewerk kry nie.
                                      ***
   Sy nooi hom langtand in, voel half verspot in haar ou rooi sweetpak wat
saam met Jan van Riebeeck in die Kaap aangekom het. Braam lê op sy
gunstelingplek.                                                                   20
   “Sit die blerrie ding af,” sis Lien. Braam kom vinnig regop, groet die
predikant en skakel die TV alles in een beweging af.

4.1     Noem EEN rede waarom Lien van Wouter (reël 1) gehou het.                       (1)

                                                                                             b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                  AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)             14
                                  (Vraestel 2)                   10022/20

4.2   “Sy loop ingedagte kombuis toe met ŉ skinkbord vol leë koppies en
      bordjies.” (Reël 2 – 3)

      4.2.1   Wat lei jy van Lien se gemoedstoestand af?                        (1)

      4.2.2   Wie het vir Lien gehelp om die werk by die koffiewinkel te kry?   (1)

      4.2.3   Waarvoor wou Lien geld spaar?                                     (1)

4.3   “Oeps,” hoor sy Tant Malie sê. (Reël 13)

      4.3.1   Wat is ironies omtrent Tant Malie se opmerking?                   (1)

      4.3.2   Lien het geweier om die skade te betaal.

              Stem jy saam met Lien se besluit?

              Motiveer jou antwoord.                                            (1)

4.4   Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
      letter (A – D) langs die vraagnommer (4.4) neer.

      Uit hierdie teks kan ons aflei dat Agnes baie ... vir Tant Malie was.

      A       skaam
      B       bang
      C       kwaad
      D       vies                                                              (1)

4.5   Christien, die spreker se ma, was altyd “geel.” (Reël 16)

      Verduidelik die figuurlike betekenis van “geel”.                          (1)

4.6   Wat het die predikant later gedoen om die Jooste-gesin te help?
      Noem TWEE dinge.                                                          (2)

4.7   Braam (reël 19) was ŉ baie hardwerkende tiener.

      Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is.                                     (1)

                                                                                      b.o.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                      AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                     15
                                      (Vraestel 2)                   10022/20

4.8     Kies die karakter uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.
        Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraagnommers (4.8.1 tot 4.8.4) neer.

                              KOLOM A                                     KOLOM B
        4.8.1    Lien moet weer vir hierdie persoon gaan werk.          A   Agnes

        4.8.2    Een van Lien se vriende wat saam gebedel het.          B     Sue-Ellen

        4.8.3    Lien gaan met hierdie vriend matriekdans toe.          C     Donovan

        4.8.4    Lien het tydelik in dié persoon se plek gewerk.        D     Hein

                                                                        E     Tibbey
                                                                                  (4 × 1)   (4)

4.9     Het jy enige simpatie met Lien se ma?

        Motiveer jou antwoord.                                                              (1)

4.10    Noem enige TWEE morele lesse wat Lien se karakter ons leer.                         (2)

                                               EN

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS H

   Daar is nie baie mense in die Wimpy nie en hulle gaan sit by ŉ tafeltjie in
die hoek. ŉ Vriendelike kelner gee vir elkeen ŉ spyskaart. Lien se mond
water. Sy wonder vir hoe duur sy mag eet. Alles lyk vir haar lekker. Sy
besluit om te wag tot Miemie bestel.
   Miemie bestel steak en tjips. Lien kan nie onthou wanneer laas sy ŉ                5
behoorlike stuk steak geëet het nie. Sy bestel dieselfde. Sy ruik knoffel en
haar maag maak krampe van die honger.
   Sy weet nie wat om met Miemie te gesels nie.
   “Gaan julle vanaand jou verjaarsdag vier?” vra sy ná ŉ rukkie.
“Ons celebrate mos nou. En nee, my pa-hulle wil my vanaand vir ete vat,               10
maar ek eet sommer nou. Dit gaan my nie vanaand pas nie,” sê Miemie.
“Daar is iets wat ek op televisie wil kyk,” voeg sy bietjie geïrriteerd by. Dit lyk
asof sy nie oor haar mense by die huis wil praat nie.
   Lien besluit om oor die toneelstuk te gesels. Miemie se gesig verhelder.
Sy vertel van haar planne om haar rol ŉ bietjie op te tert.                           15
   “Ek kan nog nie besluit of ek met ŉ gewone, outydse besem gaan vee of
nie. Ek dink ek moet ŉ statement of some sort maak. Dalk net ŉ fluorescent
besemstok sonder ŉ veegedeelte, of ŉ besem met ŉ ketting aan, of so iets –
in elk geval iets wat kommentaar op die vrou se rol in die samelewing lewer,”
sê sy ingedagte ...                                                                   20

                                                                                                  b.o.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                    AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)               16
                                    (Vraestel 2)                   10022/20

4.11   Waarom, dink jy, het Lien moeilik vriende gemaak?                            (1)

4.12   “Lien se mond water. Sy wonder vir hoe duur sy mag eet. Alles lyk vir haar
       lekker.” (Reël 2 – 3)

       Wat kan ons aflei uit Lien se woorde en reaksie?                             (1)

4.13   Miemie is die eerste skoolmaat wat vir Lien na die Wimpy uitgenooi het.

       Motiveer waarom hierdie stelling ONWAAR is.                                  (1)

4.14   “Gaan julle vanaand jou verjaarsdag vier?” (Reël 9)

       Hoe oud het Miemie geword?                                                   (1)

4.15   “Lien besluit om oor die toneelstuk te gesels.” (Reël 14)

       Watter rol het Lien in die toneelstuk gekry?                                 (1)

4.16   Skryf die volgende vier gebeure in Lien se lewe onder mekaar in die
       korrekte VOLGORDE neer.

       A        Lien bedel by die verkeersligte om ekstra geld te verdien.
       B        Lien kry ŉ tydelike werk by Tant Malie.
       C        Lien begin haar nuwe skooljaar by Hoërskool Voortrekker.
       D        Lien kry ŉ tydelike werk by Millennium Creations.                   (4)

4.17   Tannie Bets was baie liefdevol teenoor Lien en Braam.

       Noem enige TWEE dinge om te bewys dat hierdie stelling WAAR is.              (2)

4.18   Noem enige TWEE karaktereienskappe wat Lien openbaar het nadat
       Tibbey deur ŉ motor gestamp is.                                              (2)

4.19   Sal jy vir ŉ bedelaar geld gee?

       Motiveer jou antwoord.                                                       (1)

4.20   Noem TWEE dinge wat Lien kan doen om al haar uitdagings reg te
       hanteer.                                                                     (2)

4.21   Verduidelik die figuurlike betekenis van die titel, “Lien se
       Lankstaanskoene.”                                                            (1)
                                                                                    [35]

                                                             TOTAAL AFDELING A:     35

                                                                                          b.o.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                    AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                  17
                                    (Vraestel 2)                   10022/20

AFDELING B: DRAMA

Beantwoord slegs EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

VRAAG 5: POPPIE – DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS I

HOEDJIE. Die skoonmense was tevrede met Poppie … en Stone was
  tevrede.
STONE. (kniel langs Poppie, neem haar hande). Poppie … as jy eendag
  kinders kry, dan moet jy jou meisiekinders grootmaak net soos jou ouma
  vir jou grootgemaak het …                                                       5
PLANK. En Poppie het nou nie meer vir hom Stone gesê nie, maar Bhuti-
  ka-nombi …
                                    ***
POPPIE. Molo. (Sy gee vir hom hand.)
STONE. Molo.
POPPIE (terwyl hulle begin loop). Bly jy goed waar jy nou is?                     10
STONE. Hulle is goed vir my.
POPPIE. En hoe gaan dit met Mama en bhuti Plank en buthi Hoedjie?
STONE. Hulle het eers rondgebly, maar toe het hulle maar weer ingetrek by
  ou Makhulu, in ons huis. Sy kyk goed na hulle.
POPPIE. En buthi Mosie?                                                           15
STONE. Hy het twee jaar gewag en toe sy eie huis gekry.
POPPIE. (met bitterheid). Dit gaan goed met almal. Almal het huise. En ons
  dan? Ek wat hier ver by die vreemde mense moet bly? Almal kom klaar
  sonder my.
HOEDJIE. Maar tata-ka-Bonsile was tevrede met die huis en die mielies wat         20
  Poppie geplant het. Die kinders het goed gedoen in die skool, dis net
  Bonsile wat nog steeds sy eie pad geloop het, vir wie Poppie snags
  wakker gelê het, lê en wag het dat hy moet inkom.
PLANK. Ná twee weke is Stone weer huis toe.
JAKKIE. Kort daarna het moeilikheid by Poppie se deur kom aanklop.                25

5.1      Voltooi die volgende sin deur die KORREKTE antwoord in te vul. Skryf
         slegs die antwoord langs die vraagnommer (5.1) neer.

         Stone en Poppie het mekaar (reël 8 en 9) gegroet omdat Stone by Poppie
         in (5.1 …) kom kuier het.                                                     (1)

5.2      Poppie en Stone was getroud, maar het nie in dieselfde huis gebly nie.

         5.2.1   Gee TWEE redes waarom hulle nie in dieselfde huis gebly het nie.      (2)

         5.2.2   Op watter manier was Stone ŉ goeie man vir Poppie al het hulle
                 nie in dieselfde huis gebly nie?                                      (1)

                                                                                             b.o.

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                 AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)               18
                                 (Vraestel 2)                   10022/20

5.3   “JAKKIE. Kort daarna het moeilikheid by Poppie se deur kom aanklop.”
      (Reël 25)

      5.3.1   Wat was die “moeilikheid” waarna Jakkie verwys?                    (1)

      5.3.2   Die mans wat die nuus van die “moeilikheid” gebring het, wou
              vergoeding hê.

              Watter vergoeding het die mans gevra?                              (1)

5.4   Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
      letter (A – D) langs die vraagnommer (5.4) neer.

      Poppie noem Stone “tata-ka-Bonsile” as ŉ teken van …

      A       liefde.
      B       respek.
      C       tradisie.
      D       vertroue.                                                          (1)

5.5   Poppie se kinders was in die skool en kennis en opvoeding was vir Poppie
      belangrik.

      Noem TWEE feite uit die drama wat bewys dat kennis en opvoeding vir
      Poppie belangrik was.                                                      (2)

5.6   “Ná twee weke is Stone weer huis toe.” (Reël 24)

      5.6.1   Watter ontstellende nuus kry Poppie ŉ paar weke later per
              telegram?                                                          (1)

      5.6.2   Bespreek die rol wat die “iggira” in die situasie in VRAAG 5.6.1
              gespeel het.                                                       (2)

5.7   Poppie het besluit om die kans te waag om sonder ŉ pas in die Kaap werk
      te soek.

      5.7.1   Waar het Poppie se dogters gaan bly terwyl sy in die Kaap werk?    (1)

      5.7.2   Wat het Poppie van Bonsile verwag terwyl sy in die Kaap is?        (1)

5.8   Hoewel Stone en Vukile mekaar nie geken het nie, was daar in Poppie se
      gedagtes ŉ spesiale band tussen die twee mense.

      Wat was die spesiale band?                                                 (1)

                                                                                       b.o.

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
                                      AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                   19
                                      (Vraestel 2)                   10022/20

5.9      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
         letter (A – D) langs die vraagnommer (5.9) neer.

         POPPIE (met bitterheid). ... En ons dan? Ek wat hier ver by die vreemde
         mense moet bly? (Reël 17 – 18)

         Die doel van Poppie se retoriese vrae is om haar …

         A       woede uit te druk.
         B       frustrasie met die situasie uit te druk.
         C       begeerte na antwoorde te beklemtoon.
         D       onsekerheid oor die toekoms te beklemtoon.                               (1)

5.10     Waarom was Jakkie kwaad toe Poppie se nuwe werkgewer,
         Mrs Swanepoel, vir haar ŉ sesmaandelikse pas laat regmaak?                       (1)

                                               EN

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS J

POPPIE. Dit was in ’76 toe die moeilikheid van Soweto Kaap toe kom.
                                        ***
MAMA (praat oor “telefoon”; klink asof sy haar eie woorde nie glo nie). Dit
  lyk baie sleg by die lokasie, Poppie. Maar ons is almal in die lewe.
  Poppie, ons het getel daar staan tien nylons uitgebrand voor die
  paskantoor. En die skollies het die KTC-basaar in Guguletu uitgerob. ...           5
                                        ***
MOSIE. .............. Toe die migrants nie na die kinders luister nie, gaan al die
  lokasie se kinders na die special quarters waar die migrants bly. Daar
  beginne hulle breek vensters, en bottels wat hulle uithaal, het hulle breek
  gegooi. Die city-borners sê toe: ons baklei nou same met onse kinders
  teen die migrant werkers van die homelands.                                        10
HOEDJIE. Die migrants dink nie verder as hulle drank nie.
                                        ***
MOSIE. Toe is dit Kersdag 1976.
MAMA (aan Poppie). Die kinders sê dis ŉ tyd van rou, Poppie. Niks
  trimmings nie, niks paarties nie. Jy moet niks Krismisklere koop nie. Niks
  skape soos die mense gewoond is om te doen nie. Die mense moet try                 15
  om te rou vir dié wat doodgeskiet is. Niks klere, nie ŉ skoen, niks wat
  nuut is nie.
POPPIE. Ja, ek het gehoor, Mama. Maar moet ons nou bang wees vir die
  kinders, Mama?
MAMA. Dit kom van Jakkie, Poppie. As die kinders iets sê, moet die mense             20
  luister, sê hy.
POPPIE. Jakkie mors sy lewe met die kinders saam. ...

                                                                                                b.o.

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
                                   AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)             20
                                   (Vraestel 2)                   10022/20

5.11   “Dit was in ’76 toe die moeilikheid van Soweto Kaap toe kom.” (Reël 1)

       Waarna verwys “die moeilikheid”?                                          (1)

5.12   Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

       En die skollies het die KTC-basaar in Guguletu uitgerob. (Reël 5)

       Die woord skollies is ŉ voorbeeld van (eufemisme / slengtaal).            (1)

5.13   Die kinders het die aksies van die leiers ondersteun.

       Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is.                                     (1)

5.14   “Die city-borners sê toe: ons baklei nou same met onse kinders teen die
       migrant werkers van die homelands.” (Reël 9 – 10)

       5.14.1 Na wie het die “city-borners” verwys?                              (1)

       5.14.2 Na wie het die “migrant werkers” verwys?                           (1)

5.15   Die migrants dink nie verder as hulle drank nie. (Reël 11)

       Wat impliseer hierdie aanhaling?                                          (1)

5.16   Die polisie het betrokke geraak by die aksies.

       Waarom kan ons sê dat die polisie verkeerd opgetree het?                  (1)

5.17   Die volgende gebeure is deel van Poppie se lewe as jong meisie voor
       enige “moeilikheid” oor haar pad gekom het.

       Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die korrekte VOLGORDE
       neer:

       A       Poppie werk by ŉ visfabriek in Lambertsbaai.
       B       Poppie verlaat die skool om haar jonger broers op te pas.
       C       Poppie kry ŉ nuwe naam, Nonkosiathi.
       D       Poppie ontmoet die 23-jarige Stone Nongwena.                      (4)

                                                                                       b.o.

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
                                                AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                                21
                                                (Vraestel 2)                   10022/20

5.18      Kies die karakter uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.
          Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraagnommers (5.18.1 tot 5.18.4)
          neer.

                              KOLOM A                                                       KOLOM B
          5.18.1 Hierdie karakter het Poppie se noemnaam                             A      Vukile
                 gegee.
                                                                                     B       Mama
          5.18.2 Poppie was die liefste vir hierdie stiefbroer.
                                                                                     C       Ouma Hannie
          5.18.3 Hierdie karakter het vir Poppie vertel dat die
                 kinders hulleself “comrades” noem.                                  D       Stone

          5.18.4 Hierdie karakter het die plek van tata-ka-                          E       Jakkie
                 Bonsile ingeneem.
                                                                                                       (4 × 1)   (4)

5.19      Hoe sal jy vir Poppie as ŉ persoon beskryf?

          Gee TWEE beskrywings.                                                                                  (2)

5.20      Hoekom, dink jy, kon Poppie se kinders trots op haar wees?                                             (1)
                                                                                                                 [35]

VRAAG 6: PALJAS – Chris Barnard

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS K

   ............................................................................ Katrien se silhoeët word
sigbaar waar sy vinnig voor die oop venster orent sit in haar bed.
   Die leeu brul weer. En Hendrik se katel kraak.

KATRIEN: Hendrik? Hoor jy dit?
HENDRIK: Dit klink kompleet nes ŉ leeu!                                                                    5

       ŉ Vuurhoutjie kras en Hendrik steek ŉ kers op. Die leeu brul weer.

HENDRIK (kyk verbysterd op na Katrien toe): Dis God weet ŉ leeu!

26. Dis vroegdag. Die stasie en die werf is net-net lig. Hendrik, in sy
nagklere en spoorwegstewels, haelgeweer in die hande, kom onseker
aangestap. Katrien, in haar nagkabaai, reg agter hom. Klein Willem drie tree 10
agter haar. Emma tien tree agter Willem.
                                     ***
   Oplaas word dit duidelik wat die vier sien: ŉ trein. Die trein staan op die
syspoor. ŉ Goederetrein. Vol dierehokke. Hokke met olifante, perde – en
leeus!
                                     ***

                                                                                                                       b.o.

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
                                     AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                22
                                     (Vraestel 2)                   10022/20

HENDRIK: Wie’s julle, as ek mag vra.                                           15
SAMBO: Wie’s jy?
HENDRIK: Ek is Hendrik McDonald en dis my stasie hierdie.

      Die mans kyk om hulle rond.

SOLLIE (bo-op die trok): Moerse ou stasietjie.
                                    ***
SOLLIE: Foeter jy al klaar weer met die vroumense?                             20

      Hendrik kom om die trok – en steek vas.

HENDRIK: Wat gaan hier aan?
BERTIE: Ek wou net hello sê.

    Hendrik kom staan voor Bertie en pomp met sy vinger onder Bertie se
neus in.                                                                25

HENDRIK: Vat net aan my dogter, knapie, en jy vat aan my. Verstaan?
                                     ***
  Klein Willem staan vir die aankomende prosessie en kyk.
  Die nar stap reg op Willempie af. En kom staan voor hom.

NAR: Hello. (Die kind antwoord nie.) Wat is jou naam? (Niks.) Is jy skaam?

6.1     “Dis vroegdag. Die stasie en die werf is net-net lig.” (Reël 8)

        6.1.1    Teen watter agtergrond staan hierdie stasie?                         (1)

        6.1.2    Waarom, het Hendrik vir Katrien gesê, is hy gelukkig op hierdie
                 stasie?                                                              (1)

6.2     “Katrien se silhoeët word sigbaar waar sy vinnig voor die oop venster orent
        sit in haar bed.” (Reël 1 – 2)

        Hendrik en Katrien het elkeen in hulle eie bed geslaap.

        Wat kan die leser hieruit aflei?                                              (1)

6.3     “Oplaas word dit duidelik wat die vier sien: ŉ trein.” (Reël 12)

        Gee TWEE bewyse dat Hendrik ongelukkig was oor die trein wat op die
        stasie arriveer.                                                              (2)

                                                                                            b.o.

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
                                 AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)              23
                                 (Vraestel 2)                   10022/20

6.4   Sollie spot Hendrik met sy opmerking “Moerse ou stasietjie”. (Reël 19)

      Verduidelik waarom hierdie opmerking satiries is. Onthou om beide kante
      te stel.                                                                  (2)

6.5   “Vat net aan my dogter, knapie, en jy vat aan my. Verstaan?” (Reël 26)

      6.5.1   Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

              Nollie het Emma teen Bertie (beskerm / gewaarsku), want Bertie
              wou haar misbruik.                                                (1)

      6.5.2   Watter een groot probleem het Nollie met Hendrik gehad?           (1)

      6.5.3   Waarom, dink jy, het Emma nie aan die begin van die drama in
              Nollie belanggestel nie?                                          (1)

6.6   Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
      letter (A – D) langs die vraagnommer (6.6) neer.

      Emma het vir die eerste keer grimering gedra nadat …

      A       die sirkustrein op die stasie verskyn.
      B       Willempie sy nargesig inkleur.
      C       Nollie aan haar aandag gee.
      D       Hendrik dit opmerk.                                               (1)

6.7   Hello. (Die kind antwoord nie.) Wat is jou naam? (Niks.) Is jy skaam?
      (Reël 29)

      6.7.1   Willem is met ŉ spraakgebrek gebore.

              Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is.                             (1)

      6.7.2   Wat was die eerste geluid wat die nar Willem gekry het om te
              maak?                                                             (1)

      6.7.3   Waarom, dink jy, het Willem begin praat.                          (1)

                                                                                      b.o.

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
                                    AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                      24
                                    (Vraestel 2)                   10022/20

6.8     Kies die karakter of die sin uit KOLOM B wat by die literêre term in
        KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraagnommers
        (6.8.1 tot 6.8.4) neer.

                 KOLOM A                                  KOLOM B
        6.8.1   Protagonis            A    “Jy’t nie eintlik baie om vir mens te
                                           vertel nie, het jy Hendrik?”
        6.8.2   Dramatiese ironie
                                      B    Manuel
        6.8.3   Motoriese moment
                                      C    Die gesin word met eiers en tamaties
        6.8.4   Konflik                    gegooi.

                                      D    ŉ Sirkustrein het by die stasie stilgehou.

                                      E    Frans
                                                                                 (4 × 1)   (4)

                                             EN

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS L

      Op daardie oomblik tref iets Katrien teen die hals. Dis iets soos ŉ
      oorryp tamatie wat uitmekaar spat. Sy steek geskok vas, en vat aan die
      gemors en kyk daarna.
      Dan tref ŉ eier Hendrik teen die kop. En nog een tref Emma voor op
      haar rok.                                                                      5
      Mense begin lag. Dan reën die eiers en tamaties op Hendrik-hulle.
      Nollie gaan staan voor Emma om te keer dat sy raak gegooi word. Hy
      probeer haar en Katrien terug kry in die motor. Willem staan doodstil,
      heeltemal versteen, terwyl party van die tamaties en eiers oor hom
      verbyvlieg en ander hom tref.                                                 10
      Maar Hendrik vlieg tussen die spul in. Hy soek waar kom die tamaties
      en eiers vandaan. In die gedruis van stemme en gelag en die
      orkesmusiek in die skuur kan ŉ mens nie hoor wat hy sê nie.
      Twee, drie mans probeer keer. Hulle hou Hendrik vas.
      Maar terselfdertyd kan ŉ mens sien hoe hulle die tamatie-gooiers              15
      probeer oorreed om op te hou met die gooiery. Die manne kry Hendrik
      tot by die motor, en dwing hom by ŉ agterdeur in. Katrien-hulle klim aan
      die ander kant in. Die motor kom aan die
      gang en trek ruk-ruk weg. Met Nollie agter die stuur.
      Jan Mol en ŉ paar jong knape hardloop agterna en gooi klippe na die           20
      motor.
                                       ***

                                                                                                 b.o.

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
                                    AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                  25
                                    (Vraestel 2)                   10022/20

Wat, wil jy weer op ŉ hoop sit?
                                     ***
  Willem vat die konsertina en begin speel met sy oor teen die instrument. ŉ
Eenvoudige wysie. Vier of vyf note oor en oor.

6.9     Tydens watter seremonie het die gebeure in hierdie teks plaasgevind?           (1)

6.10    Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

        Die atmosfeer terwyl die gesin vir die seremonie gereedgemaak het, was
        (vrolik / hartseer).                                                           (1)

6.11    “Dan reën die eiers en tamaties op Hendrik-hulle.” (Reël 6)

        6.11.1   Noem TWEE karakters wat oor hierdie gebeure om verskoning
                 gaan vra het.                                                         (2)

        6.11.2   Waarom, dink jy, het die mense wat by die McDonalds se huis
                 bymekaarkom, ongemaklik gelyk toe hulle uit hulle motors klim?        (1)

        6.11.3   Wat is ironies van die eier- en tamatiegooiery wat by die
                 seremonie plaasgevind het?                                            (1)

6.12    “Wat, wil jy weer op ŉ hoop sit?” (Reël 22)

        6.12.1   Wat het Hendrik vir Emma met hierdie woorde probeer sê?               (1)

        6.12.2   Wat het Emma, volgens Hendrik, gedoen as daar ŉ probleem is?          (1)

6.13    Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
        letter (A – D) langs die vraagnommer (6.13) neer.

        Na hierdie seremonie was daar in die McDonalds se huis …

        A        baie dinge wat hulle negatief verander het.
        B        baie dinge wat die gesin gepla het.
        C        motors op Hendrik hulle se werf.
        D        baie vrolikheid op die stoep.                                         (1)

6.14    Dink jy Willem kon konsertina speel?

        Motiveer jou antwoord.                                                         (1)

6.15    “Hy probeer haar en Katrien terug kry in die motor.” (Reël 7 – 8)

        6.15.1   Watter karaktereienskap is tydens die konflik by die dans in Nollie
                 se optrede duidelik?                                                  (1)

                                                                                             b.o.

### Page 26

Downloaded from hlayiso.com
                                     AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)               26
                                     (Vraestel 2)                   10022/20

        6.15.2   Waarom probeer Nollie Emma en Katrien in die motor terugkry?        (1)

6.16    Bespreek die progressie in die volgende karakters se verhouding:

        6.16.1   Hendrik en sy seun, Willem                                          (1)

        6.16.2   Emma en Nollie                                                      (1)

6.17    Die mense het almal teen die einde ritmies hande geklap terwyl Hendrik en
        Emma dans.

        Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is.                                        (1)

6.18    Beskryf in een sin wat die hooftema van die drama is.                        (1)

6.19    Sou jy die soort mense wat die McDonald-gesin met eiers en tamaties
        gegooi het, by julle huis innooi?

        Motiveer jou antwoord.                                                       (1)
                                                                                     [35]

VRAAG 7: FIELA SE KIND – DIE DRAMA – Dalene Matthee

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS M

ELIAS: Jy vra nog? Hulle het my op ŉ haar na fyn getrap gehad.
    (Verbitterd.) Maar ek sal hulle kry, sê ek julle. Elias van Rooyen sal
    hulle kry! (Op band.) Ek het hulle dae lank ingewag. Het die boom so
    gekap dat as hulle daarteen aandruk, dan val hulle by die afgrond af en
    dan het ek daardie dik, geelwit tande. Drie mooies het aangestap            5
    gekom, maar iets het hulle gekeer. Die volgende dag loop ek in hulle
    vas en met godsgenade het ek weggekom.

WILLEM: Moes Pa neergooi?

ELIAS: Die laaste ding. Die handbyl, die kortsaag, die osrieme, alles. Jy
    moet môre loop kyk of jy nie iets kry nie. Boggers.                         10

BARTA: Wat van die kombers, Elias?

ELIAS: As die grootvoete jou skraap, kies jy nie wat jy wil los en wat jy wil
    hou nie, vrou!

BARTA: Dis net dat ons so kort van komberse is, Elias.

                                                                                           b.o.

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [AFRIKAANS FAL P2 QP GR12 SEPT2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-qp-gr12-sept2020/491ea036-8e84-408b-84cd-4a6a4a771160) — Afrikaans FAL · QP · 2020 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2020/f4a85505-bf3c-4d21-9f1a-4ba27be67400) — Afrikaans FAL · QP · 2020 · Afr
- [Gr12 Afrikaans P2 (FAL) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-afrikaans-p2-fal-sep-2022-question-paper/80eb0dce-35fb-474b-aba8-bf1e19091f30) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC Afrikaans P2 (FAL) X05 2019 Preparatory Exam Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-afrikaans-p2-fal-x05-2019-preparatory-exam-question-paper/906cc756-3a62-49c6-ab4b-4f9bc8e7ad0f) — Afrikaans FAL · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Afrikaans (FAL) P2 X05 Preparatory 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-afrikaans-fal-p2-x05-preparatory-2018-question-paper/eb35e939-d086-45fa-b8d9-5d908dba80c0) — Afrikaans FAL · QP · 2018 · Afr
- [Grade 12 NSC Afrikaans P2 10022 (FAL) Preperatory 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-afrikaans-p2-10022-fal-preperatory-2016-question-paper/8e1b7b9d-a93b-4720-8047-a1dcf1a8ab8c) — Afrikaans FAL · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
