# Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Mock 2017 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2017, 41 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-afrikaans-p2-fal-prepartory-2017-question-paper/72ca6ef0-b864-4b57-bc66-a8a5293271c1
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 41

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Mock 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-afrikaans-p2-fal-prepartory-2017-question-paper/72ca6ef0-b864-4b57-bc66-a8a5293271c1)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2017 · Afrikaans. Question paper, 41 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Grade 12 NSC Afrikaans P2 (FAL) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-afrikaans-p2-fal-preparatory-2017-possible-answers/bf0daa72-09c7-4331-a42b-cbca949675db) — Memo · 2017 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                       VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                                 2017
                                 10022
                   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

                           TWEEDE VRAESTEL

TYD:       2 uur

PUNTE: 70

41 bladsye

       3

                                                       b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                     AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)               2
                                     (Tweede Vraestel)              10022 / 17

                       GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                                VOORBEREIDENDE EKSAMEN

                                                   AFRIKAANS
                                                   (Eerste Addisionele Taal)
                                                   Tweede Vraestel

                                                   TYD: 2 uur

                                                   PUNTE: 70

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.      Moenie die hele vraestel deurlees nie.

2.      Gebruik die inhoudsopgawe om jou met jou keuses te help.

3.      Die vraestel bestaan uit VIER afdelings:

        AFDELING A: Roman                   (35)
        AFDELING B: Drama                   (35)
        AFDELING C: Kortverhale             (35)
        AFDELING D: Gedigte                 (35)

4.      Beantwoord TWEE vrae: EEN vraag uit elkeen van die TWEE afdelings wat
                              julle behandel het.

5.      Lees die inhoudsopgawe op bladsy 3 en dui die vraagnommers van die
        TWEE letterkundetekste wat julle in die klas behandel het op die kontrolelys
        aan.

6.      Lees dan die vrae oor hierdie TWEE tekste wat julle behandel het.

7.      Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

8.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

9.      Laat ŉ reël oop na elke antwoord.

10.     Voorgestelde tydsindeling: ongeveer 60 minute per afdeling/vraag.

11.     Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                       b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                      AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)         3
                                      (Tweede Vraestel)              10022 / 17

INHOUDSOPGAWE

Kies TWEE afdelings.

AFDELING A: ROMAN

Beantwoord slegs EEN vraag.

                VRAAGNOMMER                          PUNTE      BLADSYNOMMER
1. Kringe in ŉ bos                                     35             5

2. Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom             35            9

3. Meeulanders                                            35           13

4. Lien se lankstaanskoene                                35           17

AFDELING B: DRAMA

Beantwoord slegs EEN vraag.

5. Poppie – die drama                                35               21

6. Paljas                                            35               25

7. Fiela se kind                                     35               29

AFDELING C: KORTVERHALE

Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale.

8. "Rot in ŉ val"                                    18               34
                                            EN
   "Oom Dries se sorge met Jantjie"                  17               36

 AFDELING D: GEDIGTE

 Beantwoord die vrae oor AL TWEE gedigte.

9. "Huiskat"                                         18               38
                                            EN
   "Die nuwe kind"                                   17               40

                                                                                  b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                  AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                4
                                  (Tweede Vraestel)              10022 / 17

 KONTROLELYS

 Gebruik die kontrolelys om te verseker dat jy die vereiste getal vrae beantwoord.

       AFDELING            VRAAGNOMMERS               GETAL VRAE              DUI
                                                     BEANTWOORD               AAN
                                                                              (✓)
A: Roman                          1–4

B: Drama                          5–7

C: Kortverhale                     8

D: Gedigte                         9

LET WEL: Maak seker dat jy vrae oor slegs TWEE afdelings beantwoord het.

                                                                                     b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                  AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                    5
                                  (Tweede Vraestel)              10022 / 17

AFDELING A: ROMAN

VRAAG 1: KRINGE IN ʼN BOS – Dalene Matthee

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS A

1     Hy het Patterson se pan onder die notsung gaan uithaal en blindelings koers
2     gekry die dikbos in en tot donker toe geloop, totdat die lewe weer stadig in hom
3     teruggekom het, totdat omgee en hoop weer in hom kom roer het.
4        Die volgende oggend, toe hy onder in die diep kloof wakker word, het hy van
5     Kate se boek onthou: David Copperfield wat hy onder die sakke in die skuur
6     vergeet het. Esau kan dit maar vir hom vat as hy dit eendag daar kry, het hy
7     besluit en sy half verkluimde lyf uit die douklam onderbos gelig.
8        Toe die son opkom, was hy met sy bondel en sy pan die eerste kloof deur.
9        Kate.
10       Sy was ŉ droom. ŉ Kind wat met haar kop in storieboeke geleef het, met haar
11    verbeelding vir haar mense uit die stories gehaal en hulle met vlees en bloed
12    aangetrek het. Soos hy. Oor ŉ jaar of twee, wanneer sy groot is, sal sy haar
13    storieboekmense afsterf en sal sy agter kanthandskoentjies saam met die ander
14    van haar soort giggel as die boswaens die dorp inkom. Maar Saul Barnard sal
15    nie op die wa wees nie. Dit sweer hy.

                                             ***
16      "Sanna het gesê Pa-hulle kap hierdie kant toe."
17      "Ja. Ons gaat saans huis toe."
18      Jozef en Izak het by die staankuil gesaag en die tweemansaag het net ŉ
19    oomblik vasgesteek toe hulle hom groet. Ou Anneries het darem met die hand
20    kom groet.

1.1   Wat wou Saul met die pan gaan doen het? (Reël 1)                                   (1)

1.2   Saul was ongelukkig om terug te keer bos toe.

      Verduidelik waarom hierdie stelling ONWAAR is.                                     (1)

1.3   Wanneer het Saul die boek, David Copperfield gelees?                               (1)

1.4   Volgens Saul was Kate ŉ droom.

      Noem TWEE dinge wat verduidelik waarom Kate vir Saul ŉ droom was.                  (2)

1.5   Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die antwoord langs
      die vraagnommer (1.5) neer.

      Saul se beskrywing van Kate wat storieboekmense met vlees en bloed
      aangetrek (reël 11–12) het, vertel die leser dat Kate die karakters
      (onrealisties/realisties) voorgestel het.                                          (1)

                                                                                          b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                       AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                    6
                                       (Tweede Vraestel)              10022 / 17

    1.6    "... en sal sy agter kanthandskoentjies saam met die ander van haar soort
           giggel ..." (Reël 13–14)

           Verduidelik wat die verteller met hierdie stelling bedoel het. Gee TWEE feite.     (2)

    1.7    Kies elke keer die inligting uit KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A pas.
           Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommer (1.7.1–1.7.4) neer,
           byvoorbeeld 1.7.5 F.

                    KOLOM A                                KOLOM B
           1.7.1    Izak                 A        Een van die bosvrouens

           1.7.2    Sanna                B        Die hoofkarakter

           1.7.3    Saul                 C        Saul se broer

           1.7.4    Anneries             D        ŉ Ou delwer

                                         E        Een van die houtkappers
                                                                                    (4 x 1)   (4)

    1.8    "Maar Saul Barnard sal nie op die wa wees nie." (Reël 14–15)

           Waarom sou Saul nie op die wa wees nie?                                            (1)

    1.9    "Ja. Ons gaat saans huis toe." (Reël 17)

           1.9.1     Waar het Saul se pa-hulle gewoon?                                        (1)

           1.9.2     Waarom het hulle saans huis toe gegaan?                                  (1)

    1.10   In hierdie roman is ŉ derdepersoonsverteller aan die woord.

           Wat is die funksie van ŉ derdepersoonsverteller?                                   (1)

    1.11   Sou jy tevrede wees as jou broers jou nie met die hand groet nie? Motiveer
           jou antwoord.                                                                      (1)
.
                                                  EN

                                                                                               b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                   AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                    7
                                   (Tweede Vraestel)              10022 / 17

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS B

1         Die hele dag deur die Bos moes hy homself maan om voor sy voete te dink
2      en nie agter sy rug nie. Dit was deurmekaar in hom, maar dit sou aan die kant
3      kom as hy eers terug is in Meulbos, het hy geglo. Maar voor Meulbos het Groot
4      Eiland gelê en daar moes hy nog een keer langs.
5         Hulle het hom soos verskrikte goed ontvang.
6         "Jy sê nie jy is Joram Barnard se seun nie!" Sy pa was vreesbevange. Saul
7      het geskrik.
8         "Waarvan praat Pa?"
9         "Ek het Maska Meulbos toe gestuur om jou te loop soek en jou te sê."
10        "Wat te loop sê?" Selfs Jozef en ou Anneries het in ŉ hoek ingekruip gestaan.
11        "Lat jy nie moet sê jy is Joram Barnard se seun nie."

                                              ***
12       Dit was een van die slimste stories wat ooit die Bos ingegooi is: Die
13     houtkapper, of een van sy span, wat byl neerlê en loop goud vat, se houtliksens
14     sal afgeneem word. Dis die Goewerment se goud en dit lê onder die Wet in die
15     Bos. Sodra dit uitgemaak is of daar regtig goud is, sal die Goewerment sy eie
16     mense stuur om die penne in te slaan en te laat delf.
17       Hy kon hulle op geen manier gerusstel nie. Hulle was bang.
18       Die laaste ent Meulbos toe was soos die losbreek van alles wat agter gelê
19     het.

1.12   Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die antwoord langs
       die vraagnommer (1.12) neer.

       Op pad uit Knysna terug Meulbos toe het (Kate/Jane) vir Saul gewaarsku dat
       Esau en Tanda hom inwag by die melkhoutbome.                                       (1)

1.13   "Jy sê nie jy is Joram Barnard se seun nie!" (Reël 6)

       1.13.1    Hoe, dink jy, het Saul ná hierdie woorde van sy pa gevoel?               (1)

       1.13.2    Wat sou die gevolg wees as Joram nie meer ŉ liksens gehad het
                 nie?                                                                     (1)

1.14   Dink jy Joram het ŉ rede gehad om so bang vir die boswagters te wees?
       Motiveer jou antwoord.                                                             (1)

1.15   "Ek het Maska Meulbos toe gestuur om jou te loop soek en jou te sê."
       (Reël 9)

       Verduidelik watter rol Maska in Saul se lewe gespeel het. Gee DRIE feite.          (3)

                                                                                           b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                    AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                    8
                                    (Tweede Vraestel)              10022 / 17

1.16   "Dit was een van die slimste stories wat ooit die Bos ingegooi is: ..." (Reël 12)

       Waarom het Saul só reageer op die Goewerment se storie?                             (1)

1.17   Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
       letter (A–D) langs die vraagnommer (1.17) neer, byvoorbeeld 1.17 E.

       Dis die Goewerment se goud en dit lê onder die Wet in die Bos (reël 14–15)
       beteken dat die regering ...

       A       hulle eie wette oor gouddelwery kon maak.
       B       wetgewing gehad het oor goud wat gedelf is.
       C       nie omgegee het as die mense goud gedelf het nie.
       D       die eienaar van die goud was en die wette neergelê het.                     (1)

1.18   Waarom wou die houtkopers nie hê dat die houtkappers goud moet delf nie?
       Gee TWEE redes.                                                                     (2)

1.19   "Hy kon hulle op geen manier gerusstel nie." (Reël 17)

       Waaroor kon Saul nie sy pa-hulle gerusgestel het nie?                               (1)

1.20   Dink jy Saul sou Joram-hulle verraai het? Verduidelik jou antwoord.                 (1)

1.21   Waarom was die laaste ent Meulbos toe die losbreek van alles? (Reël 18–19)          (1)

1.22   Noem TWEE maniere waarop Saul die delwers weg van sy gebied in
       Meulbos gehou het.                                                                  (2)

1.23   Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
       letter (A–D) langs die vraagnommer (1.23) neer, byvoorbeeld 1.23 E.

       Die tydsverloop in die verhaal is ...

       A       teenwoordige tyd.
       B       achronologies.
       C       chronologies.
       D       verlede tyd.                                                                (1)

1.24   Daar was ŉ misverstand tussen Saul en sy familie.

       Watter les kan jy by Saul oor die oplossing van ŉ misverstand in jou familie
       leer?                                                                               (1)
                                                                                           [35]

                                                                                            b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                  AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                     9
                                  (Tweede Vraestel)              10022 / 17

VRAAG 2:       DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM –
               Marita van der Vyver

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS C

1       Ek was nog nooit so dankbaar dat ek in die een-en-twintigste eeu lewe nie. Ná ŉ
2       enkele aand sonder elektrisiteit, almal van ons koulik saamgekoek om die
3       koolstoof in die kombuis, wéét ek dat ek enige vorige eeu sou gehaat het. Gʹn
4       wonder die meisies het aanmekaar flou geval of waansinnig geword nie. Wat
5       anders was daar om te doen?
6          Ons was gisteraand uitgelewer aan mekaar se geselskap. Sonder televisie,
7       rekenaar, telefoon of enige van die ander moderne masjiene wat ons gewoonlik
8       so wonderlik teen mekaar beskerm. Ons was so verveeld dat ons ŉ vasvra-
9       speletjie begin speel het. ŉ Skielike floute of ŉ vinnige vlaag waansin sou ŉ
10      welkome afwisseling gewees het.
11         Die vasvraery het glad nie gewerk nie. Die punt van so ŉ speletjie is tog om
12      mekaar se algemene kennis te toets, maar nie een van ons se kennis is juis
13      algemeen nie. Beyers weet alles van teater, van Shakespeare tot die nuutste
14      toneelstukke op Broadway, en Mana weet alles van elke skildery op aarde, waar
15      die skilder gebore is en watse kos hy graag geëet het. Yann kan ure lank
16      praat oor moderne musiek en ek kan amper net so lank praat oor boeke.

                                                ***
17        Liewe leser, ek weet nie of ek hierdie vakansie gaan oorleef nie.

2.1    Wie is die hoofkarakter van die roman?                                             (1)

2.2    Die vakansie was op ŉ plek sonder elektrisiteit.

       2.2.1     Op watter plek het die gesin die vakansie gaan hou?                      (1)

       2.2.2     Hoekom het die gesin spesifiek op hierdie plek in VRAAG 2.2.1
                 gaan vakansie hou?                                                       (1)

2.3    "Wat anders was daar om te doen?" (Reël 4–5)

       Wat lei jy uit hierdie woorde van Hanna af oor haar gevoel oor die vakansie?       (1)

2.4    Kies die KORREKTE woord tussen hakies. Skryf slegs die antwoord langs
       die vraagnommer (2.4) neer.

       Yann het die vakansie as ŉ strafkamp beskryf waaruit die leser kan aflei dat
       hy (positief / negatief) oor die vakansie was.                                     (1)

                                                                                           b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                  AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)               10
                                  (Tweede Vraestel)              10022 / 17

2.5    "Sonder televisie, rekenaar, telefoon of enige van die ander moderne
       masjiene wat ons gewoonlik so wonderlik teen mekaar beskerm."
       (Reël 6–8)

       Op watter manier, dink jy, het die moderne masjiene Hanna teen haar gesin
       beskerm?                                                                     (1)

2.6    Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
       letter (A – D) langs die vraagnommer (2.6) neer, byvoorbeeld 2.6 E.

       Die familie se algemene kennis was nie baie goed nie omdat hulle ...

         A      in spesifieke dinge geïnteresseerd was.
         B      verveeld met mekaar was.
         C      nie baie gelees het nie.
         D      nie intelligent was nie.                                            (1)

2.7    Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
       letter (A–D) langs die vraagnommer (2.7) neer, byvoorbeeld 2.7 E.

       Hanna wou eerder ... as om saam met haar gesin te wees.

         A      om die koolstoof sit
         B      in haar kamer sit
         C      op die tafel dans
         D      boek lees                                                           (1)

2.8    Waarom het Sharon gevra om saam met Hanna se gesin met vakansie te
       gaan?                                                                        (1)

2.9    Verduidelik waarom Hanna gedink het dat sy die vakansie meer sou geniet
       as Sharon daar was.                                                          (1)

2.10   Noem ŉ verskil tussen Hanna en Sharon se gesinne. Verwys in jou
       antwoord na Hanna én Sharon.                                                 (2)

2.11   Hoe het Sharon in die roman gehelp om realiteit in Hanna se lewe te bring?   (1)

2.12   Hanna is die verteller in hierdie roman.

       2.12.1    Watter soort verteller is Hanna?                                   (1)

       2.12.2    Wat is die funksie van Hanna as verteller?                         (1)

                                             EN

                                                                                     b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                  AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                   11
                                  (Tweede Vraestel)              10022 / 17

TEKS D

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1         "Wat eet ons?" het hy met ŉ lieftallige glimlaggie vir Mana gevra. "Sop?"
2         "Nie sop nie," het Mana gelag. "Nie op Hanna se verjaardag nie."
3         My verjaardagete was ŉ Chinese roerbraai, stukkies groente en hoender
4      saam met noedels, waaraan almal gesmul het. Ja, selfs Margot. Daarna het
5      ek al vyftien kersies op ŉ sjokoladekoek met een asem doodgeblaas en toe
6      verslind ons die koek tot daar net ŉ paar krummels oorbly. Nee, nie Margot
7      nie.
8         Toe stel Beyers voor dat ons ŉ speletjie speel en Gavin slaan sy hande
9      saam in vervoering (ek dog eers hy spot weer) en vra wat van charades?
10        "Ek het skoon vergeet van charades," sê Beyers met ŉ ingenome glimlag.
11        Hy is ŉ akteur, onthou. Vir my het so ŉ konsertspeletjie glad nie aanloklik
12     geklink nie. Maar nou ja, met twee professionele akteurs in die geselskap,
13     en my peroksiedpa wat in elk geval aanmekaar konsert hou, en my ma wat
14     ook maar ŉ drama queen kan wees as sy die dag wil, en Tibo wat dink
15     Hollywood is net een trappie onder die hemel, en Sharon Bester wat pas
16     gehoor het sy kan vir Julia Roberts gaan onttroon ... Ek het nie eens ŉ kans
17     gekry om beswaar aan te teken nie.

2.13   "Wat eet ons?" het hy met ŉ lieftallige glimlaggie vir Mana gevra. "Sop?"        (1)
       (Reël 1)

       Wat kan die leser omtrent Mana aflei uit Gavin se vrae?

2.14   Mana het sop gemaak, want dis vinnig en maklik.

       Verduidelik waarom hierdie stelling ONWAAR is.                                   (1)

2.15   Beyers was ŉ akteur (reël 11) en het soms verhoogwerk gedoen.

       Wat anders het Beyers vir ŉ loopbaan gedoen? Gee DRIE feite.                     (3)

                                                                                         b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                 AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                   12
                                 (Tweede Vraestel)              10022 / 17

2.16   Kies elke keer die karakter uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A
       pas. Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraagnommer (2.16.1 – 2.16.4)
       neer, byvoorbeeld 2.16.5 F.

                          KOLOM A                                KOLOM B
       2.16.1    Die karakter het Hanna ondersteun in      A     Luke
                 haar droom om te skryf.
                                                           B     Yann
       2.16.2    Die karakter het gevoel dat hy Hanna
                 in die steek gelaat het.                  C     Beyers

       2.16.3    Die karakter het gelag toe hy van         D     Tibo
                 Hanna se lewensverhaal gehoor het.
                                                           E     Gavin
       2.16.4    Die karakter het Hanna se gedig
                 sonder toestemming gelees.
                                                                             (4 x 1)   (4)

2.17   Waarom wou Hanna graag vir Gavin bel voordat hy by hulle opgedaag het?          (1)

2.18   Waarom het Hanna gedink Gavin was nie baie beïndruk met haar as dogter
       nie? Noem TWEE feite.                                                           (2)

2.19   Wat het aan die einde van die roman veroorsaak dat Hanna besef het dat
       Gavin wel baie lief vir haar was?                                               (1)

2.20   Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die antwoord
       langs die vraagnommer (2.20) neer.

       Margot se (sterk karakter/min selfvertroue) kom later na vore toe die baba
       gebore is.                                                                      (1)

2.21   Waarom was dit vir Hanna so vreemd dat selfs Margot van die Chinese
       roerbraai geëet het?                                                            (1)

2.22   Margot was bekend as ŉ aktrise.

       Verduidelik waarom hierdie stelling ONWAAR is.                                  (1)

2.23   Hoe was Hanna se vyftiende verjaarsdag anders as haar vorige
       verjaarsdae? Gee TWEE feite.                                                    (2)

2.24   Watter belangrike les het jy aan die einde van die roman by Hanna geleer
       oor gesinslewe?                                                                 (1)

2.25   Dink jy dit was reg van Margo om haar kinders te los vir ŉ oorsese werk?
       Motiveer jou antwoord.                                                          (1)
                                                                                       [35]

                                                                                        b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                  AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                   13
                                  (Tweede Vraestel)              10022 / 17

VRAAG 3: MEEULANDERS – Esta Steyn

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS E

1     MEEULAND. SATERDAG, 23 SEPTEMBER 1978

2     My eerste twee brode het nie reg uitgekom nie. Jannerik sê die stoof was te
3     koud. Ek het dit vir die meeue gekrummel en gekyk hoe hulle in swerms op
4     my afpyl. Ek was weer by die malgaswyfie met die twee kuikens en het lank
5     vir hulle gesit en kyk. Sy weet nie haar een kind is ŉ duikertjie nie. Maar die
6     klein malgassie lyk vir my swak. Die mannetjie het kos gebring en die
7     duikertjie het hom dik geëet. Ek wil die wyfie teken.

                                             ***
8        Hy moes wal toe.
9        Toe hy die volgende dag die katrol draai sodat die jettietrap kan sak, is sy
10    gesig stroef. Hy dra sy enigste pak klere, reeds dun geskuur om die elmboë,
11    en ŉ jas oor die arm. "Jy kan nie langer as vier dae kry nie, Jannerik," sê
12    Jacob en help hom om die Sterretjie, wat opgehys is, te laat sak. "Jou verlof
13    is reeds opgebruik. Twilight moet Vrydag ingaan dokter toe, dan kan jy saam
14    terugkom. Vieruur."
15       "Is reg, kaptein."
16       "En julle moet onthou om die nuwe lem vir die windlaaier saam te bring.
17    Voor die battery pap is. Hulle het gesê Vrydag."
18       "Janne-ri-ik, Janne-ri-ik!" kom Ryna met ŉ vaart oor die jettie aange-
19    hardloop. Sy het twee warm brode, in waspapier toegedraai, in haar hande.
20    "Janne-ri-ik!"

3.1   Lees weer die skuinsgedrukte deel in die uittreksel.

      3.1.1      Waarna verwys die skuinsgedrukte deel in die uittreksel?               (1)

      3.1.2      Watter soort verteller word in die skuinsgedrukte deel gebruik?        (1)

3.2   Volgens Jannerik was die stoof te koud toe die brode platgeval het.

      Watter ander rede was daar dat Ryna se brode platgeval het?                       (1)

3.3   "Ek wil die wyfie teken." (Reël 7)

      Waarom pas dit Ryna se persoonlikheid dat sy juis hierdie wyfie wou teken?        (1)

3.4   Watter slegte nuus het Ousanna na Jannerik gestuur?                               (1)

3.5   Verduidelik hoe Ousanna die slegte tyding by Jannerik gekry het. Gee DRIE
      feite.                                                                            (3)

                                                                                         b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                   AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                   14
                                   (Tweede Vraestel)              10022 / 17

3.6    Dink jy Ryna kon met Jannerik se pyn identifiseer? Gee ŉ rede vir jou
       antwoord.                                                                         (1)

3.7    Wat was Kinnie se regte naam?                                                     (1)

3.8    Kies elke keer die inligting uit KOLOM B wat by die karakter in KOLOM A
       pas. Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraagnommer (3.8.1 – 3.8.4) neer,
       byvoorbeeld. 3.8.5 F.

               KOLOM A                                  KOLOM B
       3.8.1    Elsabet            A   ... is Jakob se pa.

       3.8.2    Matthys            B   ... is Jakob se vrou.

       3.8.3    Jannerik           C   ... is Jannerik se suster.

       3.8.4    Ousanna            D   ... help vir Jacob op Meeuland.

                                   E   ... word die voëlvrou genoem.
                                                                               (4 x 1)   (4)

3.9    Watter karaktereienskap van Jacob kom na vore toe hy vir Jannerik gesê het
       dat hy nie meer verlof kon neem nie?                                              (1)

3.10   Twilight moes die Vrydag ingaan dokter toe.

       Watter slegte nuus het die dokter aan Twilight meegedeel?                         (1)

3.11   Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die antwoord langs
       die vraagnommer (3.11) neer.

       Ryna se volgende baksel brood was suksesvol. Dit was simbolies van
       (Meeuland se probleme / Ryna en Jannerik se seer wat sou regkom).                 (1)

                                             EN

                                                                                          b.o.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                   AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                    15
                                   (Tweede Vraestel)              10022 / 17

TEKS F

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1                       "Ek besef dat u baie angstig is. ŉ Mens moet positief bly, maar
2      ek wil u ook nie vals hoop gee nie. Tot dusver kon ons nie vasstel of daar
3      gevoel in haar bene is nie."
4         "Kan ons haar sien, dokter?" vra Jacob.
5         "Sekerlik. Vir ŉ rukkie. Sy lê in die hoësorg-eenheid. Suster Jacobs sal u
6      soontoe neem."
7         ŉ Nagliggie brand bokant die bed en skyn oor ŉ monitor wat eentonig biep-
8      biep-biep. ŉ Verpleegster beweeg geruisloos en gaan die drup na en vul ŉ
9      kaart in. Dis Janka wat hier lê, sê Ryna vir haarself. Janka wat altyd kaalvoet
10     oor Meeuland se rotse spring. Sy maak haar handsak oop en haal vir Pikkie-
11     Dikkie daaruit en lê dit in die buiging van die kaal armpie neer.
12        "Pikkewyntjie?" sê-vra Jacob. "Ons is hier by jou."
13        Die ogies gaan traag oop en weer toe.
14        Toe hulle later in die gange verby ŉ telefoon stap, bel hulle vir Hansie, wat
15     sê dat sy en Matthys later die oggend saam met die Blanckenbergs deurkom.
16     Dan skakel Ryna ook Prof. van Keulen se nommer. Toe sy haar ná ŉ rukkie
17     by Jacob aansluit waar hy vir haar staan en wag, glimlag sy fyn: "Die Kaapse
18     kêrel het ons genooi vir ŉ Kersontbyt. Wil jy?"
19     "Graag."

3.12   Wat het met Janka gebeur?                                                          (1)

3.13   Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
       letter (A – D) langs die vraagnommer (3.13) neer, byvoorbeeld 3.13 E.

       Pikkie-Dikkie is die ...

       A        hasie wat Janka getroetel het.
       B        teddiebeer wat Janka getroetel het.
       C        pikkewyn wat Ryna grootgemaak het.
       D        pikkewyn wat Ryna vir Janka van lap gemaak het.                           (1)

3.14   Waarom, dink jy, was Pikkie-Dikkie so spesiaal vir Janka?                          (1)

3.15   "Die Kaapse kêrel het ons genooi vir ŉ Kersontbyt." (Reël 17–18)

       3.15.1      Hoe het Jakob en hierdie Kaapse kêrel oor die weg gekom?               (1)

       3.15.2      Watter belangrike rol het die Kaapse kêrel in Ryna se lewe
                   gespeel?                                                               (1)

3.16   Watter belangrike inligting omtrent Ryna het die Kaapse kêrel aan Jacob
       vertel? Gee TWEE feite.                                                            (2)

                                                                                           b.o.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                   AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)            16
                                   (Tweede Vraestel)              10022 / 17

3.17   Hoe het Jacob uiteindelik vir Skalla Blanckenberg laat boet vir Janka se
       skietvoorval?                                                              (1)

3.18   Een van die Blanckenbergs het Jacob ondersteun.

       3.18.1    Watter Blanckenberg het Jacob ondersteun?                        (1)

       3.18.2    Hoe het die persoon in VRAAG 3.18.1 Jacob ondersteun?            (1)

3.19   Fred het persoonlike belang in Janka gehad.

       Verduidelik waarom hierdie stelling WAAR is.                               (1)

3.20   Waarom kan ŉ mens saamstem dat Jacob se lewe daardie Kersaand              (1)
       verander het?

3.21   Waarom het Ryna so verantwoordelik vir Janka gevoel?                       (1)

3.22   Skalla het baie foute gemaak.

       3.22.1    Op watter TWEE maniere het Skalla Fred op sy foute gewys?        (2)

       3.22.2    Watter positiewe invloed het Janka se ongeluk op Skalla gehad?   (1)

3.23   Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die antwoord langs
       die vraagnommer (3.23) neer.

       Die feit dat prof. Van Keulen gesorg het dat Ryna van Kaapstad af kon
       wegkom, suggereer sy (besorgdheid vir / onbetrokkenheid by) Ryna.          (1)

3.24   Watter lewensles oor genesing het Ryna op Meeuland geleer?                 (1)
                                                                                  [35]

                                                                                   b.o.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                  AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                    17
                                  (Tweede Vraestel)              10022 / 17

VRAAG 4: LIEN SE LANKSTAANSKOENE – Derick van der Walt

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS G

1        "Ek wou al lankal bietjie met jou praat." Sy sit weer haar brilletjie op.
2     "Waarom is jy so kwaad vir ons?" vra sy ernstig.
3        Die wind is heeltemal uit Lien se seile gehaal. "Juffrou?" vra sy verbaas.
4        "Ek ken nie jou agtergrond nie en ek weet ook nie wat by julle huis gebeur
5     nie, maar dit is vir my duidelik dat jy vir iets of iemand baie kwaad is. En dis
6     nie regverdig dat jy dit op ons uithaal nie. Jy is nou meer as ŉ jaar hier en
7     steeds maak jy nie vriende nie. Dis asof jy nie wíl nie. Jy ontwyk alle
8     buitemuurse aktiwiteite en as jy aan iets móét deelneem, is dit duidelik ŉ
9     halfhartige poging. Ek weet nie wat in jou lewe verkeerd geloop het nie, maar
10    is dit reg dat jy onskuldige mense daarvoor blameer?"
11       Lien is sprakeloos.
12       Die juffrou skep asem.
13       "Jy is slim, al wys jou punte dit nie. Ek dink jy het baie potensiaal, maar
14    dan sal jy moet ophou om so stilletjies onder die radar deur te oorleef. Jy
15    gaan nooit jou volle potensiaal bereik as jy nie jou probleme uitpluis en die
16    wêreld in die oë kyk nie. Dit sal dalk help as jy met iemand praat oor wat jou
17    pla. My deur staan ook vir jou oop," sê die juffrou sagter.
18       Lien is steeds sprakeloos.

4.1   Wie is die hoofkarakter in hierdie roman?                                          (1)

4.2   Kies die KORREKTE woord tussen hakies. Skryf slegs die woord langs die
      vraagnommer (4.2) neer.

      Juffrou Breytenbach was die (Afrikaansonderwyseres/Engelsonderwyseres)
      by Hoërskool Jakaranda.                                                            (1)

4.3   Juffrou Breytenbach het vir Lien skool gehou.

      4.3.1     Watter ander belangstelling het Lien en Juffrou Breytenbach
                gedeel?                                                                  (1)

      4.3.2     Dink jy dat Lien rede gehad het om vir almal by die skool kwaad te
                wees? Motiveer jou antwoord.                                             (1)

4.4   Op watter manier het juffrou Breytenbach ŉ positiewe rol in Lien se
      uiteindelike loopbaankeuse gespeel?                                                (1)

4.5   Lien het nie vriende by die skool gehad nie.

      Verduidelik waarom hierdie stelling ONWAAR is.                                     (1)

                                                                                          b.o.

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                   AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                 18
                                   (Tweede Vraestel)              10022 / 17

4.6    Waarom, dink jy, het Lien nie regtig deel van die groep by die skool geword
       nie?                                                                            (1)

4.7    Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
       letter (A–D) langs die vraagnommer (4.7) neer, byvoorbeeld 4.7 E.

       Lien het verkies om onder die radar te bly, omdat sy ...

       A    nie van die skatryk Miemie gehou het nie.
       B    nie meer huiswerk by die skool wou kry nie.
       C    bang was dat sy die skoolbiblioteek belet sou word.
       D    bang was dat mense die waarheid oor haar gesin sou uitvind.                (1)

4.8    Lien het eers in die Wiskundeklas besef dat sy eintlik baie kwaad vir juffrou
       Breytenbach was.

       Waarom was Lien so kwaad vir juffrou Breytenbach?                               (1)

4.9    Hoekom was dit belangrik dat Lien vir juffrou Breytenbach met sensitiewe
       inligting kon vertrou?                                                          (1)

4.10   Watter sosio-ekonomiese probleem het die Jooste-gesin gehad?                    (1)

4.11   Waar het Christien Jooste gewerk?                                               (1)

4.12   Lien was bang die mense by haar ma se werk sou van haar probleem uitvind.

       Waarom was Lien bang dat hulle die waarheid sou uitvind?                        (1)

4.13   Verduidelik wat daartoe aanleiding gegee het dat Lien by die restaurant
       bedank het. Gee TWEE feite.                                                     (2)

4.14   Toe Lien die middag by die huis kom, het sy gesien haar ma se kamerdeur is
       toegetrek en sy het geweet dat haar ma "geel" van die werk af gekom het.

       4.14.1   Word die woord "geel" letterlik of figuurlik bedoel?                   (1)

       4.14.2   Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.14.1 deur te verduidelik wat die
                aangehaalde woord beteken.                                             (1)

                                         EN

                                                                                        b.o.

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
                                   AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                  19
                                   (Tweede Vraestel)              10022 / 17

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS H

1         "Hoe op aarde gaan hy regkom?" vra Lien moedeloos toe hulle by die
2      hek uitry.
3         "Hy sal moet leer. Hy sal," sê Hein terwyl hy na tweede rat oorskakel.
4      Sy sit op ŉ vreemde bus en kyk deur die venster na vreemde huise en
5      vreemde tuine en vreemde honde. Sy dink aan Tibbey en sy lelike karretjie
6      en wat van hom gaan word. En sy dink aan Braam en sy dink aan hóm. En
7      sy dink aan haar ma en die twee jaar wat verby is en hulle almal se lewens
8      wat so verskriklik verander het. Sy voel partymaal ... sy weet nie eintlik hóé
9      nie. So asof sy iemand anders is.
10        Sy klim by die straathoek ŉ paar blokke duskant die kliniek af. Sy stap
11     stadig. Dis ŉ boomryke straat. Gewone huise waar gewone mense bly met
12     gewone goed wat hulle elke dag doen, en saans sit hulle voor die televisie
13     en naweke kyk hulle rugby of sokker of tennis en dan braai hulle en
14     Maandag begin alles weer van voor af. Werk dinge in London ook só?
15     Sekerlik nie in Tibet nie en definitief nie in Japan nie.
16        Sy sien die baksteengebou met die groot heining van ver af. Sy weet dit
17     moet die kliniek wees. Haar maag trek op ŉ knop. Die groot hek is gesluit,
18     maar daar is ŉ klein hekkie met ŉ interkomknoppie waar ŉ mens kan in.

4.15   "Hoe op aarde gaan hy regkom?" (Reël 1)

       4.15.1   Wie is die "hy" van wie Lien gepraat het?                               (1)

       4.15.2   Verduidelik wat met die "hy" gebeur het. Gee DRIE feite.                (3)

4.16   "En sy dink aan Braam en sy dink aan hóm." (Reël 6)

       4.16.1   Wie is die "hóm" aan wie Lien gedink het?                               (1)

       4.16.2   Waar was die persoon in VRAAG 4.16.1 op daardie oomblik?                (1)

                                                                                         b.o.

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
                                   AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                   20
                                   (Tweede Vraestel)              10022 / 17

4.17   Kies die KORREKTE naam tussen hakies. Skryf slegs die antwoord langs
       die vraagnommer (4.17) neer.
       Lien het vir (Hein / Wouter) gevra om haar te help om ŉ karretjie vir Tibbey te
       maak.                                                                             (1)

4.18   Lien het gereël dat Tibbey ŉ ander karretjie kry.

       Op watter TWEE ander maniere het Lien vir Tibbey gehelp?                          (2)

4.19   Lien het ver na die kliniek toe gery.

       Waarom wou Lien nie by die kliniek se hek ingaan nie?                             (1)

4.20   Kies elke keer die karakter uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A
       pas. Skryf slegs die letter (A – E) langs vraagnommer (4.20.1 – 4.20.4) neer,
       byvoorbeeld 4.20.5 E.
                            KOLOM A                                KOLOM B
       4.20.1     Hierdie karakter het vir Lien en Braam     A     Wouter
                  gesorg terwyl hulle ma weg was.
                                                             B     Roos
       4.20.2     Hierdie karakter het Lien raad gegee oor
                  hoe om te bedel.                           C     Tannie Bets

       4.20.3     Hierdie karakter het Johnny gereeld van D        Gerhard
                  die ander mense se hoeke af weggejaag.
                                                          E        Tibbey
       4.20.4     Hierdie karakter het ook sonder ŉ pa se
                  leiding grootgeword.
                                                                             (4 x 1)     (4)
4.21   Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
       letter (A – D) langs die vraagnommer (4.21) neer, byvoorbeeld 4.21 E.

       Lien se ma het begin drink omdat sy ...

       A        nie meer wou werk nie.
       B        alleen en eensaam was.
       C        op die straathoek staan en bedel het.
       D        gesukkel het om haar nuwe leefstyl te verwerk.                           (1)

4.22   Waaruit kan jy aflei dat Lien aan die einde van die verhaal vrede gemaak het
       met alles wat met haar gebeur het?                                                (1)

4.23   Hoe sou jy voel as een van jou vriende in dieselfde posisie is as wat Lien was?   (1)

4.24   Elke hoofstuk in die roman het ŉ titel.

       Waarom is dit funksioneel in hierdie roman?                                       (1)
                                                                                         [35]
                                                             TOTAAL AFDELING A:          35

                                                                                          b.o.

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
                                     AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)              21
                                     (Tweede Vraestel)              10022 / 17

AFDELING B: DRAMA

VRAAG 5: POPPIE – DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS I

1     Poppie sit op blik, skryf aan tata-ka-Bonsile. Lees hardop.

2     POPPIE. Op Saterdag het twee manne na ons huis gekom. Hulle sȇ: Iets het
3       verkeerd gegaan by ons plek en die spoor loop na jou huis toe. Die
4       moeilikheid is met ons meisiekind.

5     Aan die ander kant van die verhoog ontvang en lees Stone die brief.

6     STONE. Hulle vra damage-geld, soveel soos jy kan stuur. Die meisie is ŉ
7       weeskind. Sy gaan saam met Bonsile skool, sy is saam met hom in st. 8.
8       Die mense wat die geld vra, sȇ hulle het haar grootgemaak en nou is sy
9       pregnant deur hom. Bonsile het haar geleerdheid bederf.
10    MOSIE. Tata-ka-Bonsile het veertig rand gestuur en die mense was tevrede.
11      Maar daar het hierdie tyd ŉ groot eensaamheid en verlange in Poppie se
12      hart gekom. Sy het gevoel: ek is ver van my mense af. Ek moet omsien na
13      my kinders en ek is alleen. Wat gaan van my en my kinders word?
14    JAKKIE. Sy besluit om werk te soek in Oos-Londen as char, om te help betaal
15      vir die kinders se skoolgeld. Maar voordat sy begin werk soek het, kry sy ŉ
16      telegram.
17    POPPIE (skrik; lees telegram). "Jou man is baie siek, verwag geld. Mama."
18      (Na gehoor.) Toe skrik ek, want ek weet as hulle sê verwag geld, is daar
19      moeilikheid.

5.1      Wie was tata-ka-Bonsile? (Reël 1)                                            (1)

5.2      Bonsile wou nie in Mdantsane bly nie.

         5.2.1    Gee TWEE redes waarom Bonsile nie in Mdantsane wou bly nie.         (2)

         5.2.2    Hoekom wou Poppie hê dat Bonsile in Mdantsane bly?                  (1)

5.3      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
         letter (A – D) langs die vraagnommer (5.3) neer, byvoorbeeld 5.3 E.

         Die leser kan uit die uittreksel aflei dat Poppie ... haar kinders was.

         A       bekommerd oor
         B       gelukkig met
         C       tevrede met
         D       trots op                                                             (1)

                                                                                       b.o.

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
                                   AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                    22
                                   (Tweede Vraestel)              10022 / 17

5.4    Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die antwoord
       langs die vraagnommer (5.4) neer.

       Poppie het nie (alleen by haar huis gebly/baie vriende in Mdantsane gehad)
       nie.                                                                               (1)

5.5    Stone het raad by ŉ kruiedokter gevra.

       Dink jy dat die kruiedokter se medisyne Stone se dood veroorsaak het?
       Motiveer jou antwoord.                                                             (1)

5.6    Waaruit kon Poppie aflei dat Stone nie klere vir homself gekoop het nie?           (1)

5.7    Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
       letter (A – D) langs die vraagnommer (5.7) neer, byvoorbeeld 5.7 E.

       Die leser kan aflei dat Stone ...

       A       sy geld roekeloos gebruik het.
       B       sy geld aan sy ma gestuur het.
       C       al sy geld in die bank gesit het.
       D       al sy geld op sy familie spandeer het.                                     (1)

5.8    Kies elke keer die karakter uit KOLOM B wat by die stelling in KOLOM A
       pas. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (5.8.1–5.8.4) neer,
       byvoorbeeld 5.8.5 F.

                           KOLOM A                                 KOLOM B
       5.8.1     Hierdie karakter het pasprobleme         A    Stone
                 gehad.
       5.8.2     Hierdie karakter het ŉ polisieman        B    Pasbeampte
                 geskiet.
       5.8.3     Hierdie karakter se kind het by Poppie   C    Jakkie
                 gaan bly.
       5.8.4     Hierdie karakter het geweier om          D    Poppie
                 Poppie se papiere te hernu.
                                                          E    Bonsile
                                                                                  (4 x 1) (4)

5.9    Poppie het haarself in ŉ krisis bevind na Stone se dood.
       5.9.1     In watter krisis was Poppie?                                             (1)
       5.9.2     Verduidelik wat Poppie gedoen het om hierdie krisis op te los.           (1)
5.10   Dink jy dat dit regverdig was om Poppie se verblyfprobleme aan haar
       huwelik met Stone te koppel? Motiveer jou antwoord.                                (1)

                                                                                           b.o.

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
                                   AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                 23
                                   (Tweede Vraestel)              10022 / 17

5.11     Wat is die funksie van die kursiefgedrukte gedeeltes in die drama?            (1)

                                               EN

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS J

1      MOSIE. Toe skrywe die kinders groot notices, en plak hulle by die
2        busstoppe vir migrant werkers wat nie wil ophou wyn verkoop nie. Toe
3        die migrants nie na die kinders luister nie, gaan al die lokasie se kinders
4        na die special quaters waar die migrants bly. Daar beginne breek hulle
5        vensters, en bottels wat hulle uithaal, het hulle breek gegooi. Die city-
6        borners sȇ toe: ons baklei nou same met onse kinders teen die migrant
7        werkers van die homelands.
8      HOEDJIE. Die migrants dink nie verder as hulle drank nie. En die poeliesse
9        sê vir die migrants: donder julle maar die kinders vir ons part ook op.
10     MAMA. Dis ŉ jammerlike ding, want ons is almal AmaXhosa en die kinders
11       soek om ŉ slegte ding reg te maak. Hulle sê nie die special quarters se
12       mense moet die wyn aflos en die lokasie se mense mag wyn verkoop
13       nie. Hulle soek om almal te help.
14     PLANK. Maar die migrants sê: Ons laat ons nie rule deur die amathole
15       bonomokhwe nie.
                                            ***
16     MOSIE. Toe is dit Kersdag 1976.
17     MAMA. (aan Poppie). Die kinders sê dis ŉ tyd van rou, Poppie. Niks
18       trimmings nie, niks paarties nie. Jy moet niks Krimisklere koop nie. Niks
19       skape soos die mense gewoond is om te doen nie. Die mense moet try
20       om te rou vir dié wat doodgeskiet is.

5.12   Wie was een van die leiers tydens die kinders se opstand?                       (1)

5.13   Waarom, dink jy, het die polisie die migrants beskerm?                          (1)

5.14   Verduidelik waarom Mama die kinders se bakleiery teen die migrants
       ondersteun het.                                                                 (1)

5.15   Wat het die kinders hulleself begin noem?                                       (1)

                                                                                        b.o.

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
                                   AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                   24
                                   (Tweede Vraestel)              10022 / 17

5.16   Die enigste rede waarom die kinders in opstand gekom het, was Afrikaans as
       taal in die skole.

       Verduidelik waarom hierdie stelling ONWAAR is.                                    (1)

5.17   "... ons baklei nou same met onse kinders ..." (Reël 6)

       Watter afleiding kan jy maak oor die grootmense se gevoel teenoor die
       migrant werkers?                                                                  (1)

5.18   Poppie en Jakkie het die stryd teen Apartheid op verskillende maniere
       hanteer.

       Vergelyk Poppie en Jakkie se hantering in die stryd teen Apartheid. Verwys in
       jou antwoord na Poppie én Jakkie.                                                 (2)

5.19   Hoe het die sosio-ekonomiese omstandighede Jakkie se gedrag beїnvloed?            (1)

5.20   Noem DRIE aspekte van die 1960-opstande wat dit anders as die
       1976-opstande gemaak het.                                                         (3)

5.21   Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die antwoord langs
       die vraagnommer (5.21) neer.

       Die kinders wat op die strate rondgelê het, het veroorsaak dat die kinders (nie
       geweet het wat om met hulle tyd te doen nie/nie die ouer mense
       gerespekteer het nie).                                                            (1)

5.22   Dink jy die kinders het verstaan waarom Poppie nie vir hulle Kersgeskenke
       gekoop het nie? Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                      (1)

5.23   Kersdag was ŉ hartseerdag met die opstande in Nyanga.

       5.23.1   Hoe kan jy aflei dat Poppie tydens die opstande op Kersdag gelowig
                gebly het?                                                               (1)

       5.23.2   Watter persoon se dood het later ook vir Poppie laat rou?                (1)

5.24   Watter gevolgtrekking het Poppie aan die einde van die drama gemaak?              (1)

5.25   Op watter manier slaag die skrywer daarin om die taalgebruik vir die leser
       verstaanbaar te maak?                                                             (1)
                                                                                         [35]

                                                                                          b.o.

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
                                    AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                    25
                                    (Tweede Vraestel)              10022 / 17

VRAAG 6: PALJAS – Chris Barnard

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS K

1      34. ŉ Leë stuk Karoolandskap met die horison hier naby. Net ŉ bossiebult.
2      Dan verskyn die kop en rug van ŉ olifant oor die horison. En eers wanneer hy
3      halfpad oor die bult is, word die nar sigbaar wat voor hom stap; ŉ nar in volle
4      mondering, wat hom aan ŉ tou lei. Die olifant hou die tou met sy slurp vas.
5      Klein Willem staan vir die aankomende prosessie en kyk.
6      Die nar stap reg op Willempie af. En kom staan voor hom.

7      NAR: Hello. (Die kind antwoord nie.) Wat is jou naam? (Niks.) Is jy skaam?
8      (Nog geen reaksie nie. Willempie kyk net vir die olifant.) Dè. (Hy druk die tou
9      in die kind se hand.) Loop bietjie met hom. (Die kind staan net met die tou.)
10     Trek hom. Jy sal sien. Hy sal loop as jy trek. (Willempie staan net. En die nar
11     begin aanstap. Hy stap weg van hulle af. Tien tree weg kyk hy om.) Bring
12     hom! Trek; hy sal kom. (En Willempie kyk vir die olifant. En trek. En die olifant
13     kom.) Jy sien?

14     35. ŉ Montage van die olifant wat al agter Willempie aanstap. Eers met die
15     nar naby hulle. Dan met die nar op die agtergrond. Daarna net Willempie en
16     die olifant. Oor ŉ bult, deur ŉ land vol koringbale, deur ŉ stroom water, oor ŉ
17     brug, deur ŉ bos.

6.1    Waarom is die beskrywing van die ruimte belangrik in hierdie uittreksel?            (1)

6.2    Waarom het Willem nie geantwoord toe die nar hom gevra het wat sy naam
       was nie?                                                                            (1)

6.3    Daar word deurgaans in hierdie gedeelte na die seun as "Willempie"
       verwys.

       Watter indruk van Willem word deur die verkleiningsvorm by die leser
       geskep?                                                                             (1)

6.4    Kies die KORREKTE pleknaam tussen hakies. Skryf slegs die antwoord
       langs die vraagnommer (6.4) neer.

       Die sirkustrein het verkeerdelik op Toorwater beland. Die trein was
       eintlik op pad na (Oudtshoorn / Uniondale).                                         (1)

6.5    "Hello. (Die kind antwoord nie.) Wat is jou naam? (Niks.) Is jy skaam?"
       (Reël 7)

       Wat was, volgens Oudokter, die redes waarom Willem nie gepraat het nie?
       Noem DRIE feite.                                                                    (3)

                                                                                            b.o.

### Page 26

Downloaded from hlayiso.com
                                     AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                     26
                                     (Tweede Vraestel)              10022 / 17

6.6    Die nar het Willem op baie verskillende maniere in die drama probeer
       vermaak.

       6.6.1     Waarom, dink jy, het die nar Willem aangemoedig om alleen met die
                 olifant te gaan stap?                                                       (1)

       6.6.2     Noem TWEE ander aktiwiteite wat die nar en Willem later saam
                 geniet het.                                                                 (2)

6.7    Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
       letter (A – D) langs die vraagnommer (6.7) neer, byvoorbeeld 6.7 E.

       Die montage in reël 14–17 dui ŉ ... aan.

       A       krisis
       B       verandering
       C       tydsverloop
       D       motoriese moment                                                              (1)

6.8    Kies elke keer die plek uit KOLOM B wat by die stelling in KOLOM A pas.
       Skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer (6.8.1 – 6.8.4) neer,
       byvoorbeeld 6.8.5 F.

                               KOLOM A                                  KOLOM B
       6.8.1      Mense staar openlik na die McDonalds.            A     Skuur

       6.8.2      Hendrik en Nollie luister na ou plate.           B     Kerk

       6.8.3      Dié plek het lank leeg gestaan.                  C     Dorp

       6.8.4      Manuel word gevra om dié plek te verlaat.        D     Stoep

                                                                   E     Werf
                                                                                   (4 x 1)   (4)

6.9    Verduidelik waarom Willem nie aan die begin vir sy ouers van die nar vertel
       het nie.                                                                              (1)

6.10   Die nar het nie druk op Willem geplaas om te praat nie.

       Verduidelik waarom hierdie stelling WAAR is.                                          (1)

6.11   Daar was ook ander diere wat saam met die sirkus gekom het, byvoorbeeld ŉ
       leeu en perde.

       Dink jy dit is reg dat diere in sirkusse gebruik word? Gee ŉ rede vir jou
       antwoord.                                                                             (1)

                                           EN

                                                                                              b.o.

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans FAL P2 Nov 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2017/ee064d8b-979d-4573-8a64-e27394400145) — Afrikaans FAL · QP · 2017 · Afr
- [Gr12 Afrikaans P2 (FAL) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-afrikaans-p2-fal-sep-2022-question-paper/80eb0dce-35fb-474b-aba8-bf1e19091f30) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC Afrikaans P2 (FAL) X05 2019 Preparatory Exam Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-afrikaans-p2-fal-x05-2019-preparatory-exam-question-paper/906cc756-3a62-49c6-ab4b-4f9bc8e7ad0f) — Afrikaans FAL · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Afrikaans (FAL) P2 X05 Preparatory 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-afrikaans-fal-p2-x05-preparatory-2018-question-paper/eb35e939-d086-45fa-b8d9-5d908dba80c0) — Afrikaans FAL · QP · 2018 · Afr
- [Grade 12 NSC Afrikaans P2 10022 (FAL) Preperatory 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-afrikaans-p2-10022-fal-preperatory-2016-question-paper/8e1b7b9d-a93b-4720-8047-a1dcf1a8ab8c) — Afrikaans FAL · QP · 2016 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May June 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2017-memo/4d4c9c87-bf05-4564-a79c-d7c2c8e5e4d4) — Afrikaans FAL · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
