# Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2019, 36 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-afrikaans-p2-fal-x10-2019-preparatory-examination-question-paper/316e53ac-15d6-4084-8cd9-b1a388bd4115
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 36

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-afrikaans-p2-fal-x10-2019-preparatory-examination-question-paper/316e53ac-15d6-4084-8cd9-b1a388bd4115)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2019 · Afrikaans. Question paper, 36 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Grade 12 NSC Afrikaans (FAL) P2 2019 Preparatory Examination Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-afrikaans-fal-p2-2019-preparatory-examination-possible-answers/c0454537-68b2-4da8-a0f2-a21657a69233) — Memo · 2019 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
     VOORBEREIDENDE EKSAMEN
               2019
               10022
            AFRIKAANS
      EERSTE ADDISIONELE TAAL

            VRAESTEL 2

                                TYD:     2 uur

                                PUNTE: 70

                                36 bladsye

                                                 b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                   AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                     2
                                   (Vraestel 2)                   10022 / 19

                      GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                               VOORBEREIDENDE EKSAMEN

                                                     AFRIKAANS
                                                     (Eerste Addisionele Taal)
                                                     Vraestel 2

                                                     TYD: 2 uur

                                                     PUNTE: 70

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.    MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die
      INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommer van die
      tekste wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vrae aandagtig deur en kies
      die vrae wat jy wil beantwoord.

2.    Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:

      AFDELING A: Roman            (35)
      AFDELING B: Drama            (35)
      AFDELING C: Kortverhale      (35)
      AFDELING D: Gedigte          (35)
3.    Beantwoord vrae in TWEE afdelings, soos volg:

      AFDELING A: ROMAN
      Beantwoord die vraag oor die roman wat jy bestudeer het.
      AFDELING B: DRAMA
      Beantwoord die vraag oor die drama wat jy bestudeer het.
      AFDELING C: KORTVERHALE
      Beantwoord die vrae oor TWEE kortverhale wat jy bestudeer het.
      AFDELING D: GEDIGTE
      Beantwoord die vrae oor TWEE gedigte wat jy bestudeer het.

4.    Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig.

5.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

6.    Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

7.    Bestee ongeveer 60 minute aan elke afdeling.

8.    Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                               b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                    AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)              3
                                    (Vraestel 2)                   10022 / 19

INHOUDSOPGAWE
Kies TWEE afdelings.
AFDELING A: ROMAN
Beantwoord slegs EEN vraag.

                  VRAAGNOMMER                        PUNTE       BLADSYNOMMER
1.   Kringe in ŉ bos                                   35              4
2.   Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom        35              8
3.   Meeulanders                                       35     Nie getoets in Gauteng nie
4.   Lien se lankstaanskoene                           35                  12

                                            OF
AFDELING B: DRAMA
Beantwoord slegs EEN vraag.

                  VRAAGNOMMER                        PUNTE       BLADSYNOMMER
5.   Poppie – die drama                                35              16
6.   Paljas                                            35              20
7.   Fiela se kind – die drama                         35              24

                                            OF
AFDELING C: KORTVERHALE
Beantwoord ALBEI vrae.

               VRAAGNOMMER                           PUNTE      BLADSYNOMMER
8.1 “Die weldoener”                                    18             29
                                                      EN
8.2 “Van Precious: ŉ Buisie salf”                      17                 31

                                            OF
AFDELING D: GEDIGTE
Beantwoord ALBEI vrae.

                  VRAAGNOMMER                        PUNTE       BLADSYNOMMER
9.1 “Palimpses”                                        18              33
                                                      EN
9.2 “Boekmerk”                                         17                  35

                                                                                         b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                       AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                      4
                                       (Vraestel 2)                   10022 / 19

AFDELING A: ROMAN

Beantwoord slegs EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

VRAAG 1: KRINGE IN 'N BOS – Dalene Matthee

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS A

         “Maar ek het net twee koeëls!” skiet hoop die ou man binne. “En niemand
  in hierdie bos sal vir jou ŉ enkelte koeël bysit nie, hulle sal jou nie help nie, baas
  Saul.”
         “Twee koeëls is genoeg. Het jy kruit?”
         “Dit lyk vir my die rykmanslewe het jou kop saf gemaak!” … “Lyk vir my jy         5
  vergeet lat Oupoot Oupoot is! Lat al die slim van al die olifante …” Hy bly stil en
  staan ŉ oomblik verbyster.
                                           ***
         “Gaan baas Saul met hierdie skip saam weg?” Dit was ŉ versigtige,
  agterdogtige vraag.
         “Ja.”                                                                             10
         “Ver?”
         “Baie ver.” Hy het sy oë oorkant die meer teen die swart-groen koppe
  gehou. Die inkomende gety het ŉ swerm modderlopers uit ŉ sandbaaitjie
  opgejaag … Maar hy sou nie omdraai voordat hy nie elke moontlike teken van
  emosie onder beheer had nie.                                                             15
         “Hulle sê dis Oupoot wat dit gedoen het.”
         Dit was of ŉ tweede hou hom tref. Sy eerste gedagte was dat dit ŉ slim
  set van die ou man was en hy het die waarheid in sy oë gesoek toe hy omdraai.

1.1      “Maar ek het net twee koeëls!” (Reël 1)

         1.1.1   Wie is die ‘ek’ in die aanhaling?                                                   (1)

         1.1.2   Waarom het die ou man Saul as ‘baas’ aangespreek?                                   (1)

         1.1.3   Waarom het die ou man gesê dat hy net twee koeëls het?                              (1)

1.2      Waarom wou Saul ŉ geweer by die ou man leen?                                                (1)

1.3      “Dit lyk vir my die rykmanslewe het jou kop saf gemaak!” (Reël 5)

         Watter werk het Saul ryk gemaak?                                                            (1)

                                                                                                    b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                     AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                    5
                                     (Vraestel 2)                   10022 / 19

1.4    “Lat al die slim van al die olifante …” Hy bly stil en staan ŉ oomblik verbyster.”
       (Reël 6 – 7)

       1.4.1   Waarom het die spreker stilgestaan en waarom was hy verbyster?                    (2)

       1.4.2   Watter woord het die bosmense gebruik wanneer hulle van die olifante
               praat?                                                                            (1)

1.5    Waarom wou Saul Oupoot gaan skiet?                                                        (1)

1.6    Daar was ŉ goeie verhouding tussen Saul en die bosmense.

       Motiveer uit die roman waarom hierdie stelling ONWAAR is.                                 (1)

1.7    Gee TWEE feite uit die roman wat die bosmense se verhouding met Saul
       beskryf.                                                                                  (2)

1.8    “Gaan baas Saul met hierdie skip saam weg?” (Reël 8)

       Op watter skip was Saul hier?                                                             (1)

1.9    Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
       (A – D) langs die vraagnommer (1.9) neer.

       “Maar hy sou nie omdraai voordat hy nie elke moontlike teken van emosie
       onder beheer had nie.” (Reël 14 – 15)

       Ons kan dit ŉ ... noem.

       A       woedeuitbarsing
       B       liefdesverklaring
       C       ontkenningsmetode
       D       verdedigingsmeganisme                                                             (1)

1.10   “Dit was of ŉ tweede hou hom tref.” (Reël 17)

       1.10.1 Wat was die eerste hou wat Saul getref het?                                        (1)

       1.10.2 Die ou man het met ŉ derde hou gekom.

               Wat was hierdie troefkaart?                                                       (1)

1.11   Waarom glo Saul dat Oupoot nooit vir die seun se dood verantwoordelik kon
       wees nie?                                                                                 (1)

                                                                                                b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                      AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                    6
                                      (Vraestel 2)                   10022 / 19

1.12     Dink jy dis moontlik dat ŉ mens ŉ ‘dier-broer’ kan hê?

         Motiveer jou antwoord.                                                                   (1)
                                                                                                 [18]

                                                EN

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS B

         Daar was ŉ tyd toe hy wou glo dat daar tussen hom en Oupoot ŉ
  vreemde band lê. Intussen het hy die ding met homself uitgemaak … Om jou
  verbeelding toe te laat om in daardie wêreld in te loop, is wegskram van
  werklikhede af, en voor jy weet waar jy is, sit jy vasgegroei in liegte. Soos die
  houtkappers ...                                                                       5
         Nee, nie soos Oupoot nie. Oupoot het sy eie wette. Boswet. Die wet wat
  neergelê is deur dieselfde hand wat die dag ná die nag laat breek …
         Net die mens het wetteloos hier kom intrek. Net die mens het skynbaar
  reg om te maak soos hy wil, te vernietig soos hy wil ... Liegte te glo soos hy wil.
         En weer moet die Bos die hoogste prys betaal; hierdie keer met sy              10
  koning-olifant. Die leier van die leiers!
                                          ***
         “Jou pa. Hy is nie meer op die aarde nie.”
         Die woorde het hulleself in sy kop herhaal voordat die werklikheid hom
  getref het. Joram Barnard dood? Die Bos sonder Joram Barnard? Hy het die
  eienaardige gevoel gekry dat een van die groot kalanders in die Bos omgekap           15
  was en dat daar êrens ŉ groot oopte oorbly ...

1.13     Lees reël 1 – 5.

         1.13.1 Watter TWEE kontrasterende wêrelde word in hierdie reëls teenoor
                mekaar gestel?                                                                    (2)

         1.13.2 Wat het die bosmense geglo oor die bloubokkie?                                    (1)

1.14     Na wie verwys “dieselfde hand” in reël 7?                                                (1)

1.15     Op watter TWEE maniere word daar beklemtoon dat Oupoot uitsonderlik is?                  (2)

1.16     Dink jy dis belangrik dat ŉ mens die natuur se wette gehoorsaam?

         Motiveer jou antwoord.                                                                   (1)

                                                                                                 b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                   AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                     7
                                   (Vraestel 2)                   10022 / 19

  1.17     Kies die karakter uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.
    Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraagnommers (1.17.1 – 1.17.4) neer.

                        KOLOM A                                     KOLOM B
       1.17.1 Saul se jonger broer                         A   Izak Barnard

       1.17.2 Meubelmaker van Swellendam                   B   Jozef Barnard

       1.17.3 Bestuurder van die mynmaatskappy             C   Abraham Steyn

       1.17.4 Kaptein van die boot waarmee Saul wil        D   Frank Jefferson
              wegvaar
                                                           E   James Stopforth
                                                                                 (4 x 1)        (4)

1.18   Kies die korrekte antwoord uit dié tussen hakies.

       “Hy is nie meer op die aarde nie.” (reël 12) is ŉ voorbeeld van (eufemisme /
       hiperbool).                                                                              (1)

1.19   “Joram Barnard dood?” (Reël 14)

       1.19.1 Waarmee het Saul sy pa vergelyk?                                                  (1)

       1.19.2 Hoe is Joram dood?                                                                (1)

       1.19.3 Waarom het Saul gehuil?                                                           (1)

1.20   Saul het dikwels in opstand gekom teen sy pa.

       Gee TWEE voorbeelde uit die roman van waar Saul teen sy pa gerebelleer het.              (2)
                                                                                               [17]
                                                                                               [35]

                                                                                               b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                       AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                       8
                                       (Vraestel 2)                   10022 / 19

VRAAG 2: DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita
         van der Vyver

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS C

          Toe sy laas jaar met Beyers getrou het, het dit gelyk of sy wéér nie ŉ
  wittebrood gaan hê nie. Daar was nie geld nie, nie met die groter huis wat gekoop
  moes word nie, en selfs as hulle dalk nog iewers geld in die hande kon kry, sou
  hulle nie weet wat om met al die kinders te maak nie. Toe bied ŉ vriend van Beyers
  vir hulle die huis op die berg aan, heeltemal verniet, vir so lank as wat hulle dit wil   5
  hê. Vir omtrent ŉ minuut, een van die langste minute in my lewe, dog ek hulle wil
  hê ons moet vir altyd daar gaan woon.
          Beyers het die nuus vir ons aan tafel meegedeel (die slegste nuus in hierdie
  huis word altyd aan tafel meegedeel, gewoonlik terwyl ons sop eet) en toe begin
  almal gelyk gil en skreeu.                                                                10
          Ek wil nie soos Josef op ŉ berg gaan sit nie! Dit was Moses wat op die berg
  gesit het! Ek sal ŉ eetstaking hou! Ha-ha, jy kla elke halfuur jy’s honger! Nou maar
  dan kan jy ŉ eetstaking hou! Ek wil nie ŉ eetstaking hou nie! Ek wil nie na ŉ ander
  skool toe gaan nie! Ek dog jy haat jou skool! Ek haat my skool maar ek sal enige
  ander skool nog méér haat! Ons sal almal saam ŉ eetstaking hou! Ek wil nie ŉ              15
  eetstaking hou nie!

2.1    “Toe sy laas jaar met Beyers getrou het, het dit gelyk of sy wéér nie ŉ wittebrood
       gaan hê nie.” (Reël 1 – 2)

       2.1.1     Wie is die verteller in hierdie uittreksel?                                          (1)

       2.1.2     Wie is verlede jaar met Beyers getroud?                                              (1)

       2.1.3     Wat is die familieverband tussen die verteller en die persoon in
                 Vraag 2.1.2?                                                                         (1)

2.2    Die beklemtoning van “wéér” (reël 1) impliseer dat hierdie persoon al voorheen
       getroud was.

       Verduidelik waarom die wittebrood by die vorige TWEE geleenthede nie
       plaasgevind het nie.                                                                           (2)

2.3    Die wittebroodsvakansie gaan hulle ŉ paar rand kos.

       Motiveer uit die roman waarom hierdie stelling ONWAAR is.                                      (1)

                                                                                                     b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                     AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                    9
                                     (Vraestel 2)                   10022 / 19

2.4   “Daar was nie geld nie, nie met die groter huis wat gekoop moes word nie, …”
      (Reël 2 – 3)

      Waarom moes die gesin ŉ groter huis gekoop het? Gee TWEE feite.                            (2)

2.5   Voltooi die paragraaf hieronder deur die ONTBREKENDE WOORDE in te vul.
      Skryf slegs EEN woord langs die vraagnommer (2.5.1 – 2.5.4) neer.

      Hulle het uiteindelik ŉ huis gekry, maar nie een van hulle het baie van die huis
      gehou nie. Die huis lyk soos ŉ (2.5.1) … wat te groot vir sy skoene geword het. Die
      onderste verdieping het (2.5.2) … en growwe baksteenmure. Daar was selfs ŉ
      tuinhuis wat die ma as ŉ (2.5.3) … kon gebruik. Die tuin was vol (2.5.4) … en
      deurmekaar.                                                                                (4)

2.6   Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
      (A – D) langs die vraagnommer (2.6) neer.

      Beyers en sy vrou het besluit dat die hele gesin saam na die berghuis moes gaan
      omdat …

      A       hulle mekaar beter moes leer ken.
      B       dit normaal was om so iets te doen.
      C       hulle te veel na hulle kinders sou verlang.
      D       die kinders graag in die berghuis wou gaan bly.                                    (1)

2.7   Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

      Die gesin se rit na die berghuis was ŉ (droomrit / nagmerrierit).                          (1)

2.8   “(die slegste nuus in hierdie huis word altyd aan tafel meegedeel, gewoonlik terwyl
      ons sop eet)” (Reël 8 – 9)

      Wat is die funksie van hierdie parentese of ekstra inligting tussen hakies? Gee
      TWEE feite.                                                                                (2)

2.9   Beyers is die verteller se stiefpa.

      2.9.1     Wie was die verteller se biologiese pa?                                          (1)

      2.9.2     Watter beroep het die verteller se biologiese pa gehad?                          (1)
                                                                                                [18]

                                               EN

                                                                                                b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                     AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                         10
                                     (Vraestel 2)                   10022 / 19

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS D

         Toe ons eindelik in die bed klim, lank ná middernag, vra Sharon of ek
  darem my verjaardag geniet het.
         “Hmm,” antwoord ek ongeërg. “Dit was nie sleg nie.”
         Ek wil nou ook nie niksgewoond klink nie, nè? Maar ek glimlag so breed
  dat sy sweerlik my tande in die donker kan sien blink.                                 5
                                          ***
  Liewe leser, daar het so baie dinge gebeur die afgelope paar dae dat ek amper
  van Fabienne vergeet het. Die koms van die reën, die koms van die eerste
  queen, die koms van die tweede queen. Die reën wat nie wil ophou nie. Steeds
  nie. En my verjaardag, natuurlik.
         Maar dis nou nie asof my lewe skielik in ŉ sprokie verander het nie. Ek is      10
  steeds vasgekeer in ŉ huis met ŉ lekkende dak op ŉ verlate berg … En ek is
  steeds geïrriteer deur Margot wat nie rooivleis of koek wil eet nie, nie koffie of
  tee of enigiets behalwe kookwater wil drink nie, en aanmekaar kla oor hoe haar
  hare lyk. En oor sy nie oefening kry nie.
         Vanoggend het sy darem nie weer probeer draf nie. Sy het nog een               15
  van haar glimmende eenstukpakke aangetrek, dié keer skokpienk met turkoois
  strepe, en ŉ aërobiese klas op die sitkamervloer begin gee.

2.10   “Toe ons eindelik in die bed klim, ... vra Sharon of ek darem my verjaardag geniet
       het.” (Reël 1 – 2)

       2.10.1   Hoe oud het Hanna by die berghuis geword?                                             (1)

       2.10.2   Waarom glimlag Hanna so breed oor haar verjaardag? (Reël 4)                           (1)

       2.10.3   Hoeveel van Hanna se vorige verjaardae het haar biologiese pa
                bygewoon?                                                                             (1)

2.11   Tydens Hanna se verjaardag op die berg het sy geskenke van die uitgebreide
       familie ontvang.
       Kies die karakter uit KOLOM B wat by die beskrywing van die geskenk in KOLOM A
       pas. Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraagnommers (2.11.1 – 2.11.4) neer.
                            KOLOM A                                     KOLOM B
       2.11.1   ŉ Grimeerstel                                    A       Yann

       2.11.2   ŉ Bundel met Shakespeare-sonette                 B       Mana

       2.11.3   ŉ Pen met ŉ tiervelpatroon op die doppie         C       Gavin

       2.11.4   ŉ Grys trui met GAP voorop in oranje letters     D       Sharon

                                                                 E       Beyers
                                                                                       (4 x 1)        (4)

                                                                                                  b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                    AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                    11
                                    (Vraestel 2)                   10022 / 19

2.12   Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
       (A – D) langs die vraagnommer (2.12) neer.

       Aan die begin van die verhaal noem Hanna die berg Bitterberg in plaas van
       Botterberg. Dit is omdat sy ...

       A     nie die naam reg gehoor het nie.
       B     niks van die vakansieplek geweet het nie.
       C     geweet het dat sy en haar broers net in die pad sou wees.
       D     gedink het dat dit ŉ baie onaangename vakansie sou wees.                           (1)

2.13   Dink jy Beyers en sy vrou se plan om die gesin saam op wittebrood te neem, was ŉ
       sukses?

       Motiveer jou antwoord.                                                                   (1)

2.14   Waarom het Hanna se ma vir haar die bynaam Hanna Hoekom gegee?                           (1)

2.15   Hoofstuk 10 begin met die woorde “Liewe leser, daar het so baie dinge gebeur die
       afgelope paar dae …” (Reël 6)

       Waarom is die titel van hoofstuk 10 “Die lewe is ŉ verhoog”?                             (1)

2.16   Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

       In die aanhaling, “... die koms van die tweede queen.” (reël 8) verwys die tweede
       queen na (Gavin / Margot).                                                               (1)

2.17   Waarom word die woord “steeds” (reël 11 – 12) herhaal?                                   (1)

2.18   Dink jy Hanna se ma het haar tog onvoorwaardelik liefgehad?

       Motiveer jou antwoord.                                                                   (1)

2.19   Hanna se ma was ŉ kunstenaar, maar sy was ook ŉ goeie ma.

       Noem TWEE dinge wat bewys dat Hanna se ma wel goed vir haar gesin gesorg
       het.                                                                                     (2)

2.20   Watter belangrike les kan jy uit Hanna se lewensverhaal leer?                         (1)
                                                                                            [17]
                                                                                            [35]

                                                                                            b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                    AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                      12
                                    (Vraestel 2)                   10022 / 19

VRAAG 3: MEEULANDERS – Esta Steyn

HIERDIE ROMAN WORD NIE IN GAUTENG GETOETS NIE.

VRAAG 4: LIEN SE LANKSTAANSKOENE – Derick van der Walt

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS E

          Toe Lien amper by die deur is, roep juffrou Breytenbach haar terug.
  “Lien, het jy ŉ minuut?” Sy beduie met haar hand dat Lien moet sit.
          Lien verstyf. Haar eerste reaksie is om te maak dat sy wegkom. Sy kan
  nie dink wat tot dié onverwagse oudiënsie aanleiding gegee het nie. Haar punte
  is nie wonderlik nie, maar sy kom tog deur. Sy gaan sit ongemaklik by een van         5
  die voorste banke, maar ŉ hele entjie weg van die juffrou.
          Juffrou Breytenbach pak ŉ paar dokumente op ŉ hoop. Dit lyk asof sy na
  woorde soek. Sy haal haar John Lennon-brilletjie af en sit dit op die hopie
  dokumente voor haar op die lessenaar neer. Sy vou haar hande en kyk reguit
  na Lien.                                                                              10
          “Ek wou al lankal bietjie met jou praat.” Sy sit weer haar brilletjie op.
  ‟Waarom is jy so kwaad vir ons?” vra sy ernstig.
          Die wind is heeltemal uit Lien se seile gehaal. “Juffrou?” vra sy verbaas.
          “Ek ken nie jou agtergrond nie en ek weet ook nie wat by julle huis
  gebeur nie, maar dit is vir my duidelik dat jy vir iets of iemand baie kwaad is. En   15
  dis nie regverdig dat jy dit op ons uithaal nie. Jy is nou meer as ŉ jaar hier en
  steeds maak jy nie vriende nie. Dis asof jy nie wíl nie. Jy ontwyk alle
  buitemuurse aktiwiteite en as jy aan iets móét deelneem, is dit duidelik ŉ
  halfhartige poging.”

4.1    Waarom het juffrou Breytenbach se vraag Lien verras? (Reël 11 – 13)                        (1)

4.2    Lien het geen vriende nie.

       Motiveer uit die roman waarom die stelling ONWAAR is.                                      (1)

4.3    Wie is die persoon wat na die gesin omsien en ook vir Lien werk kry?                       (1)

4.4    Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
       letter (A – D) langs die vraagnommer (4.4) neer.

       Lien het hierdie dag na skool koers oor die besige straat gevat omdat …

       A      sy vinnig by die huis wou kom.
       B      sy net van Wouter af wou wegkom.
       C      Wouter gesê het dat sy Lientjie Lieflik is.
       D      juffrou Breytenbach met haar gepraat het.                                           (1)

                                                                                              b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                    AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                     13
                                    (Vraestel 2)                   10022 / 19

4.5    Kies elke keer die naam uit KOLOM B wat by die aanhaling in KOLOM A pas.
       Skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer (4.5.1 – 4.5.4) neer.

                           KOLOM A                                 KOLOM B
       4.5.1 “Village Idiot”                              A   Braam
                                                          B   Wouter
       4.5.2 Die “Garden of Evil”
                                                          C   Christiaan
       4.5.3 “Afrika is wreed, hier’s leeus!”
                                                          D   Lien se ma
       4.5.4 Het deesdae gereeld ŉ “runny tummy”          E   Malie se koffiewinkel
                                                                                      (4 x 1)    (4)
4.6    Lien probeer oplossings vind om die gesin te onderhou.

       4.6.1   Waar kry Lien die eerste keer werk?                                               (1)

       4.6.2   Waarom kon Lien se ma die gesin nie werklik onderhou nie?                         (1)

4.7    Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

       Lien het besluit om na die oudisie toe te gaan omdat sy Wouter wou (beïndruk /
       uitdaag).                                                                                 (1)

4.8    Waarom, dink jy, was juffrou Breytenbach ongemaklik om met Lien te praat?                 (1)

4.9    Voltooi die sin hieronder deur die ONTBREKENDE WOORDE in te vul. Skryf slegs
       EEN woord langs die vraagnommers (4.9.1 – 4.9.2) neer.

       Lien se ma kan moontlik haar werk (4.9.1) … as gevolg van haar probleem met
       (4.9.2) …                                                                                 (2)

4.10   Braam was lui en het nie vir Lien gehelp met die huishouding nie.

       Gee TWEE feite om bogenoemde stelling te bewys.                                           (2)

4.11   Tannie Bets het ŉ belangrike rol in die gesin se lewe gespeel.

       Noem EEN ding wat sy vir die gesin gedoen het.                                            (1)
                                                                                                [17]

                                                EN

                                                                                                b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                     AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                        14
                                     (Vraestel 2)                   10022 / 19

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS F

  Die bus stop voor ŉ vreemde, kleinerige sentrum wat sy nie ken nie. Hulle het al
  hier verbygery, maar sy was nog nooit binne nie. Sy klim huiwerig af, oorweeg
  dit om terug te klim en verder te ry totdat die bus weer voor die bekende
  sentrum naby hulle huis stop. Sy staan ŉ rukkie met haar een voet in die bus en
  een buite die bus.                                                                       5
         “Wil jy af of nie?” vra die vrou wat die bus bestuur, nie onvriendelik nie,
  net bietjie ongeduldig.
         Lien huiwer. Sy kan nog omdraai …
         Sy klim af.
         Stadig stap sy in die rigting van die besige kruising oorkant die sentrum.        10
  Sy kyk na die onvriendelike mense wat vinnig by haar verbyjaag sonder om in
  haar rigting te kyk. Haastig. Doelgerig op pad. Almal lyk so onvriendelik, scary,
  in control, nie tyd vir onnodige dingetjies nie. Sy voel skielik bang vir al die
  vreemde gesigte.
         Die besige kruising kom nader. Dit voel asof die hele wêreld vir haar kyk.        15
  Die pruik laat haar kopvel jeuk en die brilletjie wil kort-kort afval. Dis omdat sy so
  sweet, hoekom weet sy nie, want dit is nie eintlik warm nie. Sy gaan staan op
  die sypaadjie, ŉ tree van die verkeerslig af, so na as moontlik aan die straat.
                                        ***
  … ŉ Krom vroutjie met baie plooie, bruin gebrand deur die son, kom vinnig oor
  die kruising op haar afgestap.                                                           20

4.12     Waarom kies Lien ŉ vreemde, kleinerige sentrum om van die bus af te klim?                   (1)

4.13     “Wil jy af of nie?” vra die vrou wat die bus bestuur ...” (Reël 6)

         Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

         Uit hierdie aanhaling kan ŉ mens aflei dat Lien (verward / ywerig) is oor dit wat
         sy gaan doen.                                                                               (1)

4.14     Na watter TWEE afhanklikes verwys Lien op haar plakkaat?                                    (2)

4.15     “ ŉ Krom vroutjie met baie plooie, bruin gebrand deur die son, kom vinnig oor
         die kruising op haar afgestap.” (Reël 19 – 20)

         4.15.1    Waarom baklei hierdie vroutjie met Lien?                                          (1)

         4.15.2    Wat is die vroutjie se naam?                                                      (1)

         4.15.3    Waar moes Lien volgens die vroutjie gaan staan?                                   (1)

                                                                                                 b.o.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                     AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                 15
                                     (Vraestel 2)                   10022 / 19

4.16   Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
       (A – D) langs die vraagnommer (4.16) neer.

       Die ding wat die meeste ongemak gedurende die eerste dag vir Lien
       veroorsaak het, was die …

       A        warm pruik en die rok.
       B        skoene wat sy aangehad het.
       C        mense saam met wie sy bedel.
       D        geld wat sy van die mense vat.                                                (1)

4.17   Watter ironie vind ons in die optrede van die ou vroutjie teenoor Lien?                (1)

4.18   Waarom het Tibbey ŉ bloubulvlag en bloubulpetjie?                                      (1)

4.19   Noem TWEE dinge waarvoor Lien haar geld, waarvoor sy gebedel het, wou
       gebruik.                                                                               (2)

4.20   Dink jy dat Lien se plan om geld te bedel, suksesvol kan wees?

       Motiveer jou antwoord.                                                                 (1)

4.21   Verduidelik waarom die volgende karakters die hoofoorsaak van Lien se
       probleme is.

       4.21.1     Christien Jooste                                                            (1)

       4.21.2     Anton Jooste                                                                (1)

4.22   Watter talent het Christien Jooste gehad wat moontlik die gesin sou kon red uit
       hul situasie?                                                                          (1)

4.23   Aan die einde van die roman is dit duidelik dat Lien TWEE groepe vriende
       gehad het.

       Gebruik die opskrifte VORIGE LEWE en HUIDIGE LEWE om Lien se twee
       groepe vriende te beskryf.                                                          (2)
                                                                                          [18]
                                                                                          [35]

                                                               TOTAAL AFDELING A:             35

                                                                                          b.o.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                     AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                       16
                                     (Vraestel 2)                   10022 / 19

AFDELING B: DRAMA

Beantwoord slegs EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

VRAAG 5: POPPIE – DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS G

  POPPIE (aan Mama). En Ouma ... en my kindjie se graftes? Wie sal vir hulle
    sorg?
  MAMA. Waar gaan ons huis kry? (Ad lib.)

  Almal “vries”. Luister na stem oor megafoon.

  STEM. Die mans kan aanbly, maar die vrouens en kinders wat leeglê, moet                 5
    weggaan na waarvandaan hulle gekom het of by ander plekke gaan werk
    soek.
  HOEDJIE. Toe word die huise aan die brand gesteek deur die munisipaliteit. Die
    poeliesse het eers die goed uit die huis uit gedra. Dan gee hulle die deur so
    ŉ skop na binnetoe en dan word die mêtjie getrek.                                     10
  MOSIE. Die kinders en almal staan kyk na die goed wat uitgedra is en na die
    huis wat brand. (Die hele groep kyk na ŉ huis wat brand.)
  POPPIE. Toe die wet nou sterk word dat die Xhosa-mense moet uitgeroei word
    uit die dorpe uit, toe hulle nou baie gebrand het daar by Lambertsbaai, toe
    het ons ook maar begin dink aan weggaan.                                              15
  STEM. Daar word op die vlakte by die Kaap ŉ spesiale dorp vir die Bantoe-
    mense gebou, wat hulle Nyanga roep. Daarnatoe moet julle gaan.
  STONE. Poppie se mama en bhuti Mbatane en Hoedjie en Plank en Mosie het
    in 1955 weggegaan.

  Die familie draai na Poppie en Stone. Hulle waai, beweeg stadig na agter toe.           20
  Gaan staan met rûe na gehoor. Poppie en Stone bly voor.

5.1      “Die mans kan aanbly, maar die vrouens en kinders wat leeglê, moet weggaan
         na waarvandaan hulle gekom het of by ander plekke gaan werk soek.”
         (Reёl 5 – 7)

         Watter advies sou jy die regering kon gee om ŉ beter manier te gebruik wat die
         familieband kon behou?                                                                     (1)

5.2      Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

         “Die kinders en almal staan kyk na die goed wat uitgedra is en na die huis wat
         brand.” (Reёl 11 – 12)

         Uit bostaande stelling kan die leser aflei dat die kinders en almal (angstig /
         moedeloos) kyk na hulle brandende huise.                                                   (1)

                                                                                                b.o.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                 AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                     17
                                 (Vraestel 2)                   10022 / 19

5.3   Verduidelik hoekom dit noodsaaklik was dat die mense moes deelneem aan die
      1960-staking. Gee TWEE feite.                                                           (2)

5.4   Bhuti Mbatane is Poppie se biologiese pa.

      Motiveer waarom hierdie stelling ONWAAR is.                                             (1)

5.5   “Die familie draai na Poppie en Stone. Hulle waai, beweeg stadig na agter toe.
      Gaan staan met rûe na gehoor. Poppie en Stone bly voor.” (Reёl 20 – 21)

      5.5.1     Hoekom het Poppie besluit om agter te bly en nie saam met haar ma-
                hulle te gaan nie?                                                            (1)

      5.5.2     Noem DRIE redes hoekom Poppie gedink het dat Stone aantreklik
                was.                                                                          (3)

5.6   Pas die rolspeler uit KOLOM B by elkeen se rol in KOLOM A. Skryf slegs die
      letter (A – D) langs die vraagnommer (5.6.1 – 5.6.4) neer.

                    KOLOM A                                   KOLOM B
       5.6.1   Antagonis                      A     Jakkie

       5.6.2   Tritagonis                     B     Poppie

       5.6.3   Protagonis                     C     Hoedjie

       5.6.4   Newekarakter                   D     Mbatane

                                              E     Regering
                                                                               (4 x 1)        (4)

5.7   “Toe die wet nou sterk word …” (Reёl 13)

      Na watter wet verwys Poppie?                                                            (1)

5.8   Wie sou jy kies as jy tussen jou familie en jou man of vrou moes kies?

      Motiveer jou antwoord.                                                                  (1)

5.9   Vergelyk die verskillende redes waarom die mense se huise aan die brand
      gesteek is.

      5.9.1    Waarom het die munisipaliteit die huise afgebrand? (Reël 8)                    (1)

      5.9.2    Waarom het die kinders teen die einde van die drama die huise aan
               die brand gesteek?                                                          (1)
                                                                                          [17]

                                            EN

                                                                                          b.o.

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                    AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                       18
                                    (Vraestel 2)                   10022 / 19

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS H

  STONE. Ek gaan saam met haar terug. Eers met die bus van Nyanga na
    Claremont, dan met die trein na Wynberg, dan met die bus na Constansie.
    Ons wag ieder keer lank, maar dit gee ons kans om te praat met mekaar,
    soos ons nie by die huis kon praat nie. (Aan Poppie.) Jy moet nou stilbly. Ek
    het my permit gekry.                                                                  5
  POPPIE. Hoe’t jy dit gekry?
  STONE. Ek het kontrak gevat.
  POPPIE. Ja, ek weet. Die dairies in Philippi. Dis die kontrak wat jy vat as jy niks
    anders kan kry nie. Maar die werk is swaar. Hoe gaan jy dit hou? Die mense
    sê dat hulle vingers seer word en opswel en die kliere onder die arms swel.         10
  STONE. Maar dis naby die huis. Ek kan met die voet loop. Ons begin vieruur in
    die oggend melk, en ons melk tot twee-uur. As die melkkanne terugkom,
    begin ons die kanne was. Maar ek is vyfuur terug by die huis. (Hy was nors,
    nou word hy aggressief.) Dis vroeёr as wat jy klaarkry.
  POPPIE. Ja, maar jy begin vieruur in die oggend.                                      15
  STONE. En jy dan?
  POPPIE. Sesuur.
  STONE. Tot neёnuur in die aand!
  POPPIE. Dis nie dieselfde ding nie. (Skud haar kop.)
  STONE. Daar was nie ander werk nie. Omdat ek die kontrak gevat het, sal ek ŉ          20
    erf kry en vir ons ŉ huis daarop bou.
  POPPIE. En hoe lank sal dit nog vat …
  STONE. Hoe lank sal dit vat as ek nie kontrak gevat het nie?

5.10     “... dit gee ons kans om te praat met mekaar, ...” (Reёl 3)

         Hoekom het Stone dié tyd saam met Poppie waardeer?                                        (1)

5.11     Sou jy, soos Stone, die werk by die dairies aanvaar het?

         Motiveer jou antwoord.                                                                    (1)

5.12     Verduidelik die ironie met betrekking tot Stone se kontrakwerk by die dairies.            (2)

5.13     Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
         (A – D) langs die vraagnommer (5.13) neer.

         Die positiewe uitkoms van Stone se kontrak was dat Stone …

         A    langer ure gewerk het.
         B    blyplek by die dairies sou kry.
         C    sy gesondheid in gevaar kon stel.
         D    se werkloosheidsprobleem opgelos was.                                                (1)

                                                                                               b.o.

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
                                  AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                          19
                                  (Vraestel 2)                   10022 / 19

5.14   Pas die karakter uit KOLOM B by die aanhaling in KOLOM A. Skryf slegs die
       letter (A – D) langs die vraagnommer (5.14.1 – 5.14.4) neer.

                          KOLOM A                                    KOLOM B
       5.14.1 “Jy moet papiere kry, Sisi.”                     A    Mama

       5.14.2 “Ons sal in vrede saamleef, Mama.”               B    Stone

       5.14.3 “Enige oomblik kan die poeliesse my              C    Hoedjie
              voorkeer.”
                                                               D    Poppie
       5.14.4 “Hy wag al vir jou vandat hy uit die werk
              gekom het.”                                      E    Pasbeampte
                                                                                     (4 x 1)        (4)

5.15   Voltooi die paragraaf hieronder deur die ONTBREKENDE WOORDE in te vul.
       Skryf slegs EEN woord langs die vraagnommer (5.15.1 – 5.15.3) neer.

       Na Stone se afsterwe het Poppie tot die Here gebid dat Hy Stone 5.15.1 ...,
       want hy het na die 5.15.2 ... toe gegaan, daarom is hy dood. Stone se afsterwe
       was ŉ 5.15.3 ... vir Poppie.                                                                 (3)

5.16   Die paswet en permit het net die vrouens geaffekteer.

       Gee ŉ rede waarom hierdie stelling ONWAAR is.                                                (1)

5.17   “Ek het kontrak gevat.” (Reël 7)

       5.17.1   Na watter kontrak word daar verwys?                                                 (1)

       5.17.2   Was Stone tevrede met die kontrak wat hy gevat het?

                Motiveer jou antwoord.                                                              (2)

5.18   Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

       Poppie was (verlig / ontsteld) dat Stone die werk by die dairies gevat het.                  (1)

5.19   Hoe het die paswet Stone en Poppie se huwelik geaffekteer?                                (1)
                                                                                                [18]
                                                                                                [35]

                                                                                                b.o.

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
                                     AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                    20
                                     (Vraestel 2)                   10022 / 19

VRAAG 6: PALJAS – Chris Barnard

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS I

  EMMA: Wat is dit, Willem? (Katrien frons vir Emma. Maar nou is Emma se oë
  vasgenael op Willem – nie verwytend nie, eerder vraend. Dis of sy nou iets van
  sy kant af aanvoel.) Jy kan maar sê …
  KATRIEN: Toe nou, julle twee.

         Willem stoot sy stoel terug; hy staan op en loop om die tafel; hy gaan        5
         staan naby Emma met ŉ vae, effense selfbewuste glimlag.

  EMMA: Ja? (Hy loop tot by die klavier, lig die deksel op, haal die lappie af en
  draai dan om na Emma toe.) Wat, Willem?
  WILLEM: … Speel.

         Hendrik, sy hand halfpad na sy mond toe met ŉ sny brood, laat die brood       10
         sak.
         Katrien sit die bord neer wat sy pas opgetel het.
         Nollie kyk vir Emma, vir Willem, vir Emma.
         Emma sit net lam vir Willem en kyk.
         Willem kom terug na haar toe en vat haar hand. Sy staan op en loop agter      15
         hom aan tot by die klavier. Sy gaan sit. Kyk net vir die klawers.

  EMMA (ná ŉ rukkie): Ek kan nie. (Sy kyk vir Willem wat amper teen haar staan.)
  Ek … kan nie meer nie.

         Willem lig sy hand stadig op en bring dit tot by ŉ klawer. En druk dit baie
         versigtig. Die noot hang huiwerig in die vertrek.                             20
         Ná ŉ rukkie lig Emma haar hand op en druk ŉ ander noot. Sy kyk vir hom,
         en hy knik en glimlag.

  WILLEM: Speel, Emma.

6.1      Wie het vir Emma leer klavier speel?                                                    (1)

6.2      Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
         (A – D) langs die vraagnommer (6.2) neer.

         “Katrien frons vir Emma.” (Reël 1)

         Uit Katrien se optrede kan ŉ mens aflei dat sy nie …

         A     wou hê dat die gesin in stilte moes eet nie.
         B     gewoond daaraan was dat Emma praat nie.
         C     oor Willem se vreemde gedrag wou praat nie.
         D     wou hê dat Emma en Willem moes baklei nie.                                        (1)

                                                                                             b.o.

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
                                   AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                        21
                                   (Vraestel 2)                   10022 / 19

6.3    “Dis of sy nou iets van sy kant af aanvoel.” (Reël 2 – 3)

       6.3.1    Waarom was Willem vroeër daardie dag baie ontsteld?                                (1)

       6.3.2    Hoe moes die gesin, volgens Katrien, optree toe Willem by die
                etenstafel kom sit?                                                                (1)

6.4    In hierdie uittreksel praat Willem vir die eerste keer in byna twee jaar.

       Motiveer waarom hierdie stelling ONWAAR is.                                                 (1)

6.5    Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

       Wanneer Emma weer begin klavier speel, is dit ŉ aanduiding dat die gesin
       begin (ontspan / kommunikeer).                                                              (1)

6.6    “Hendrik, sy hand halfpad na sy mond toe met ŉ sny brood, laat die brood sak.”
       (Reël 10 – 11)

       Noem DRIE maniere waarop Hendrik probeer het om Willem te laat praat.                       (3)

6.7    Waarom, dink jy, het Willem ophou praat?                                                    (1)

6.8    Die dorpsmense het baie skinderstories oor Willem vertel. Dink jy die stories
       was waar?

       Motiveer jou antwoord.                                                                      (1)

6.9    Wat was die naam van die persoon wat met die stories oor Willem begin het?                  (1)

6.10   Ná hierdie insident het omstandighede vir die McDonalds begin verander.

       Kies die karakter uit KOLOM B om by die stelling in KOLOM A te pas. Skryf
       slegs die antwoord (A – E) langs die vraagnommers (6.10.1 – 6.10.4) neer.

                                KOLOM A                                   KOLOM B
       6.10.1    Hierdie karakter se selfvertroue het verbeter.         A   Katrien

       6.10.2    Hierdie karakter het weer naaldwerk begin doen.        B     Willem

       6.10.3    Hierdie karakter se verhouding met Emma het            C     Manuel
                 verbeter.
                                                                        D     Hendrik
       6.10.4    Hierdie karakter het begin om dinge by die huis
                 reg te maak.                                           E     Nollie
                                                                                    (4 x 1)        (4)

                                                                                               b.o.

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
                                    AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                     22
                                    (Vraestel 2)                   10022 / 19

6.11     “Speel, Emma.” (Reël 23)

         6.11.1   Wat het die gesin gedoen toe Emma begin klavier speel?                         (1)

         6.11.2   Hierdie optrede van die gesin reflekteer hoe die verhouding tussen
                  die McDonald-gesin begin verander het.

                  Hoe het die verhouding tussen die McDonald-gesin begin verander?            (1)
                                                                                             [18]

                                                    EN

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS J

  120. Die jagters bars by die huis se agterdeur in. In ŉ montage sien ŉ mens
  hoe hulle van vertrek tot vertrek beweeg, kaste ooppluk en deure oopstamp
  en soek, woordeloos en natgesweet en verbete.
    Emma staan vreesbevange langs die klavier en wag vir die lawaai wat al
  nader kom. Twee, drie van die mans kom binne en steek vas wanneer hulle              5
  haar sien.
    Dis Thys Briekman wat praat.

  THYS: Waar’s hy? (Sy is te verskrik om ŉ woord uit te kry.) Ek vra jou!
  EMMA: Wie?
  THYS: Die clown. (Sy weet nie waarvan hy praat nie. Hy druk sy gesig teen            10
  hare.) Is jou tong ook afgesny?

       Hy stamp haar dat sy op die klawers gaan sit. Hulle gaan uit die vertrek.
       Die natrilling van dertig note wat gelyk gedruk is bly hang in die vertrek.

  121. Willem klim uit ŉ ou motorwrak en hardloop oor ŉ oop stuk veld.

  122. Vier of wat van die ander jagters hardloop almal na ŉ bakkie toe en             15
  spring in en ry. Op die agtergrond hardloop die nar met die fiets. Hy sien hulle
  pyl met mening op hom af; hy gooi die fiets weg, swaai om en hardloop in ŉ
  ander rigting.

  123. Willem hardloop koes-koes tussen die bome. En dit lyk soos dieselfde
  stuk veld.                                                                           20

  124. Die bakkie rem woes; almal spring uit en lê aan met die gewere.
    ŉ Paar skote klap gelyk.

  PIETA: Vuilgoed!
  JAN MOL: Ek het hom!
  PIETA: As jy my vra, was dit ŉ kopskoot.                                             25
  JAN MOL: Toe maar, ons het Dominee aan ons kant.

                                                                                             b.o.

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
                                  AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                  23
                                  (Vraestel 2)                   10022 / 19

6.12   “Die jagters bars by die huis se agterdeur in.” (Reël 1)

       Gee TWEE redes waarom die jagters se gedrag onaanvaarbaar was.                       (2)

6.13   Die klimaks van hierdie drama is wanneer Jan Mol vir Manuel skiet.

       Voltooi die paragraaf hieronder deur die ONTBREKENDE WOORDE in te vul.
       Skryf slegs EEN woord langs die vraagnommers (6.13.1 – 6.13.4) neer.

       Nadat (6.13.1) … by die McDonalds huisbesoek kom doen het om oor
       (6.13.2) … se vreemde gedrag te kom praat, het (6.13.3) … besluit om kerk toe
       te gaan. Daardie middag het die (6.13.4) … onverwags by die McDonalds se
       huis opgedaag.                                                                       (4)

6.14   Hoe weet ons dat die jagters gekom het met die doel om die “clown” (reël 10)
       te skiet?                                                                            (1)

6.15   Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

       “Willem klim uit ŉ ou motorwrak en hardloop oor ŉ oop stuk veld.” (Reël 14)

       Die jagters kon daardie middag per ongeluk vir Willem geskiet het, omdat hy
       (dieselfde narrepak as Manuel aangehad het / in hulle pad was).                      (1)

6.16   Hoekom het die nar ŉ “fiets” (reël 16 – 17) by hom gehad?                            (1)

6.17   “As jy my vra, was dit ŉ kopskoot.” (Reël 25)

       Noem die TWEE plekke waar Manuel as gevolg van die skietery gewond was.              (2)

6.18   Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
       (A – D) langs die vraagnommer (6.18) neer.

       “Toe maar, ons het Dominee aan ons kant.” (Reël 26)

       Hierdie woorde beklemtoon die groot ... van die kerk.

       A    invloed
       B    vertroue
       C    opoffering
       D    versoening                                                                      (1)

6.19   Die dorpsmense se houding teenoor die McDonalds verskil in hierdie uittreksel
       van hulle houding teenoor die McDonalds aan die einde van die drama.

       Dui die verskil aan.                                                                 (2)

6.20   ŉ Mens kan sê dat Manuel ook die gemeenskap positief beïnvloed het.

       Hoe sluit hierdie stelling by die titel van die drama aan?                           (1)

                                                                                        b.o.

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
                                   AFRIKAANS (EERSTE ADDISIONELE TAAL)                   24
                                   (Vraestel 2)                   10022 / 19

6.21     Waarom, dink jy, het Manuel besluit om terug te gaan sirkus toe?                     (1)

6.22     As Willem jóú jonger broer was, watter raad sou jy hom gegee het oor hoe om
         vriende by die skool te maak?                                                     (1)
                                                                                          [17]
                                                                                          [35]

VRAAG 7: FIELA SE KIND – DIE DRAMA – Dalene Matthee
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.
TEKS K
  LUKAS: Sal jy my wys om daar te kom?

  NINA: Die geheim wat ek jou wil wys, is op pad daarheen. Miskien kan ons tot in
     Kom-se-bos se sleeppad hardloop. Om van daar af by die hardepad by
     Diepwalle te kom sonder verdwaal, is niks.

  LUKAS: Waar is die olifante?                                                      5

  NINA: Ek weet nie. Kom!

  LUKAS: Sal hulle ons nie jaag nie?

  NINA: Sorg net dat jy ŉ dik boom kies om te klim.

  LUKAS (op band as volwassene): Ek het haar nie vertrou nie. Sy’t my
     slaaphemp as ŉ rok gedra. Dit was bondels te groot vir haar en het tot onder   10
     haar knieë gehang. Haar voete was so rats soos ŉ klipbok sŉ. Sy het al
     vinniger geloop.

  NINA: Trap kant langs, dis glad tot onder.

  LUKAS: Waarheen gaan ons?

  NINA: Onder na die bosspruit toe.                                                 15

  LUKAS: Hoe ver is ons van die pad wat Lange Kloof toe gaan?

  NINA: Ver. Kom!

       NINA gly en val. Hemp vol modder.

  LUKAS: Kyk hoe lyk my slaaphemp nou! Hoe dink jy moet my ma weer die
     hemp skoon kry?                                                                20

  NINA: Ma sal hom maklik skoon kry.

  LUKAS: Ek praat van my ma.

                                                                                          b.o.

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Grade 12 NSC Afrikaans P2 (FAL) X05 2019 Preparatory Exam Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-afrikaans-p2-fal-x05-2019-preparatory-exam-question-paper/906cc756-3a62-49c6-ab4b-4f9bc8e7ad0f) — Afrikaans FAL · QP · 2019 · Afr
- [Gr12 Afrikaans P2 (FAL) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-afrikaans-p2-fal-sep-2022-question-paper/80eb0dce-35fb-474b-aba8-bf1e19091f30) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC Afrikaans (FAL) P2 X05 Preparatory 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-afrikaans-fal-p2-x05-preparatory-2018-question-paper/eb35e939-d086-45fa-b8d9-5d908dba80c0) — Afrikaans FAL · QP · 2018 · Afr
- [Grade 12 NSC Afrikaans P2 10022 (FAL) Preperatory 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-afrikaans-p2-10022-fal-preperatory-2016-question-paper/8e1b7b9d-a93b-4720-8047-a1dcf1a8ab8c) — Afrikaans FAL · QP · 2016 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May June 2019 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2019-memo/28a2ecdb-7ac4-4b54-bb43-f4f5692a41ac) — Afrikaans FAL · Memo · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Afrikaans P2 (FAL) Preparatory 2018 Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-afrikaans-p2-fal-preparatory-2018-possible-answer/335e772e-6d01-458c-88e8-5035047c88d9) — Afrikaans FAL · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
