# Business Studies Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 QP (Afr)

> Grade 12 Business Studies Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2020 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-business-studies-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/f8c01536-6bfb-46a9-a239-5be24871bd21
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/business-studies) › [Business Studies Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-business-studies-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/f8c01536-6bfb-46a9-a239-5be24871bd21)

## About this document

Business Studies · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

         GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
               VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                         2020

                        10722

                   BESIGHEIDSTUDIES
                      VRAESTEL 2

TYD: 2 uur
PUNTE: 150

10 bladsye

                                              b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                         BESIGHEIDSTUDIES                                   2
                                         (Vraestel 2)                        10722/20

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.    Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE hoofonderwerpe.

      AFDELING A:       VERPLIGTEND
      AFDELING B:       Bestaan uit DRIE vrae.
                        Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
      AFDELING C:       Bestaan uit TWEE vrae.
                        Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.

2.    Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat
      vereis word.

      Let wel dat SLEGS die eerste TWEE vrae wat in AFDELING B beantwoord is en
      die EERSTE vraag wat in AFDELING C beantwoord is, sal gemerk word.

3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd
      genommer is NIE.

4.    Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.

5.    Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van
      ŉ antwoord te bepaal.

6.    Gebruik die tabel hieronder as ŉ riglyn vir punte- en tydtoekenning wanneer jy elke
      vraag beantwoord.

                  AFDELING                       VRAAG          PUNTE        Tyd (min.)
      A: Objektiewe tipe vrae
                                                     1            30             20
         VERPLIGTEND

      B: DRIE direkte/indirekte tipe vrae            2            40             35
         KEUSE:                                      3            40             35
         Beantwoord enige TWEE.                      4            40             35

      C: TWEE opsteltipe vrae                        5            40             30
         KEUSE:
                                                     6            40             30
         Beantwoord enige EEN.

                     TOTAAL                                       150       120 minute

7.    Begin die antwoord vir ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe
      bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy, ens.

8.    Jy mag ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

9.    Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                            b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                         BESIGHEIDSTUDIES                                   3
                                         (Vraestel 2)                         10722/20

AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1

1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
      Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers
      (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.6 D.

      1.1.1    Lewensversekering vorm deel van … versekering.

               A.    nie-verpligte
               B.    verpligte
               C.    brand
               D.    nie- en verpligte versekering

      1.1.2    Piet het die … leierskapstyl toegepas deur sy werknemers aan
               besluitneming te laat deelneem.

               A.    transaksionele
               B.    demokratiese
               C.    outokraties
               D.    laissez-faire-/vryeteuels

      1.1.3    … fokus op die instandhouding van die besigheid se reputasie.

               A.    Etiese gedrag
               B.    Korporatiewe bestuur
               C.    Dissiplinêre aksie
               D.    Professionalisme

      1.1.4    Watter van die volgende stellings is nie ŉ strategie om moeilike
               werkers te hanteer nie?

               A.    Vra iemand met gesag vir hul insette in die situasie.
               B.    Moenie die persoon oordeel nie.
               C.    Instruksies moet gegee word.
               D.    Hanteer mense met respek.

      1.1.5    Gelyke betaling vir werk van gelyke waarde is ŉ voorbeeld van
               die … regte van werknemers.
               A.   kulturele
               B.   sosiale
               C.   mense
               D.   ekonomiese

                                                                             (5 x 2) (10)

                                                                                            b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                        BESIGHEIDSTUDIES                                   4
                                        (Vraestel 2)                         10722/20

1.2   Voltooi die volgende stellings deur die woorde in die lys hieronder te
      gebruik. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5)
      in die ANTWOORDBOEK neer.

       vaste deposito’s; belasting ontduiking; besluitneming; Johannesburgse
            sekuriteitebeurs; prospektus; skuldbrief; belasting vermyding;
      probleemoplossing; Nasionale Tesourie van Suid-Afrika; aftree annuïteite

      1.2.1   Die … gee klein beleggers ŉ kans om deel te wees van die land se
              ekonomie.

      1.2.2   Maatskappye leen kapitaal van die publiek deur ŉ … uit te reik.

      1.2.3   ŉ Belegger kan slegs geld onttrek uit ŉ … as hy/sy ŉ sekere
              ouderdom bereik het.

      1.2.4   Besighede wat nie al hul inkomste aan die SAID verklaar nie, met
              die doel om minder belasting te betaal, kan beboet word vir …

      1.2.5   ŉ Senior bestuurder oorweeg bestaande alternatiewe en besluit op
              die beste oplossing. Dit is ŉ voorbeeld van …

                                                                            (5 x 2) (10)

                                                                                           b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                         BESIGHEIDSTUDIES                                  5
                                         (Vraestel 2)                      10722/20

1.3   Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ term in KOLOM A pas. Skryf slegs die
      letter (A – j) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDBOEK
      neer, bv. 1.3.6 K.

                   KOLOM A                                 KOLOM B
      1.3.1   Staafgrafiek          A.    Besighede moet omsien na die welstand van
                                          die werkers.

      1.3.2   Herinbesitstelling    B.    Aandeelhouers ontvang ekstra dividende vir
                                          die maatskappy se goeie prestasie.

      1.3.3   Stigtersaandele       C.    ŉ Stel data wat sistematies voorgestel word,
                                          veral in kolomme.

      1.3.4   Verantwoordelikheid   D.    Vergoedingswaarde sal hoër wees as die
                                          markwaarde van ŉ bate wanneer ŉ eis
                                          ingestel word.

      1.3.5   Inklusiwiteit         E.    Aandeelhouers word vergoed vir die stigting
                                          van die maatskappy.

                                    F.    ŉ Stel verkoopsdata wat voorgestel word as
                                          ŉ reeks reghoeke

                                    G.    Vergoedingswaarde sal nie hoër wees as die
                                          markwaarde van ŉ bate wanneer ŉ eis
                                          ingestel word.

                                    H.    Besighede moet programme ontwikkel wat
                                          daarop gerig is om gemeenskappe te
                                          beskerm.

                                    I.    Gelyke werksgeleenthede word aan almal
                                          gegee ongeag ras, geslag, geloof, ens.

                                    J.    Voorheen benadeelde persone ontvang
                                          voorkeurbehandeling as hulle aansoek doen
                                          vir werk.

                                                                          (5 x 2)   (10)
                                                        TOTAAL AFDELING A:           30

                                                                                           b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                           BESIGHEIDSTUDIES                                 6
                                           (Vraestel 2)                        10722/20

AFDELING B
Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.
LET WEL:       Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
               antwoord op ELKE vraag moet op ŉ NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 2
               op ŉ NUWE bladsy, VRAAG 3 op ŉ NUWE bladsy.

VRAAG 2: BESIGHEIDSGELEENTHEDE

2.1    Brei uit oor die betekenis van versekering.                                         (4)

2.2    Identifiseer die leierskapstyl wat deur Vusi Handelaars in ELKE geval
       hieronder toegepas word.

       2.2.1     Vusi Handelaars laat hulle werknemers besluite neem oor hulle eie
                 werks-metodes aangesien die werkers kundiges is.

       2.2.2     Belonings word gegee aan werkers wat hulle teikens bereik.                (4)

2.3    Bespreek die situasionele leierskapsteorie.                                         (4)

2.4    Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

       Peter het R50 000 gespaar oor ŉ tydperk van vyf jaar. Hy wil hierdie bedrag
       in ŉ veilige, lae-risiko beleggingsopsie belê met ŉ gewaarborgde opbrengs
       waar geen koste, fooie of kommissie betaalbaar is nie.

       2.4.1     Identifiseer die soort belegging wat aan Peter se beleggingsvereistes
                 sal voldoen.                                                              (2)

       2.4.2     Analiseer die impak van die soort belegging wat in VRAAG 2.4.1
                 geïdentifiseer is op beleggers.                                           (6)

2.5    Verduidelik die verskille tussen ŉ privaat maatskappy en ŉ publieke
       maatskappy.                                                                         (8)

2.6    Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

       Thandi het R7 000 in ŉ fleksie-depositorekening by ŉ bank vir twee jaar belê
       teen 9% rente, jaarliks saamgestel.

       Bereken die rentebedrag wat Thandi na 2 jaar sal ontvang.
       Toon al jou berekeninge.                                                            (4)

2.7    Bespreek die volgende faktore wat oorweeg moet word wanneer
       beleggingsbesluite geneem word.

       2.7.1     Opbrengs op belegging                                                     (4)

       2.7.2     Inflasiekoers                                                             (4)
                                                                                          [40]
                                                                                            b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                        BESIGHEIDSTUDIES                               7
                                        (Vraestel 2)                       10722/20

VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE

3.1   Noem enige TWEE menseregte in die werkplek.                                     (2)

3.2   Identifiseer die stadiums van spanontwikkeling wat in ELKE stelling hieronder
      van toepassing is.

      3.2.1   Individue versamel inligting oor die omvang van die taak en hoe om
              die taak te benader.

      3.2.2   Spanlede kom tot ŉ ooreenkoms en bereik konsensus.

      3.2.3   Alle take moet afgehandel word voordat die span finaal ontbind.         (6)

3.3   Verduidelik die oorsake van konflik in die werkplek.                            (6)

3.4   Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                         CLEARVIEW VERVAARDIGERS (CV)

      Clearview Vervaardigers produseer persoonlike beskermingstoerusting vir
      klein besighede. CV ondervind ŉ daling in verkope as gevolg van ŉ gebrek
      aan toewyding van die werkers om gehalte produkte te produseer. CV het ŉ
      paneel kundiges genader om hulle probleem op te los.

      3.4.1   Noem die probleemoplossingstegniek wat CV in die bostaande
              scenario gebruik het.                                                   (2)

      3.4.2   Bespreek die voordele van die probleemoplossingstegniek soos
              geïdentifiseer in VRAAG 3.4.1.                                          (4)

3.5   Onderskei tussen korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid (KMV/KSV)
      en korporatiewe maatskaplike investering (KMI/KSI).                             (8)

                                                                                       b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                       BESIGHEIDSTUDIES                                 8
                                       (Vraestel 2)                        10722/20

3.6   Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                   EASY SKRYFBEHOEFTE VERSKAFFERS (ESV)

      Easy Skryfbehoefte Verskaffers het Edith en Zama as toesighouers in
      verskillende departemente aangestel. Edith weier om instruksies van senior
      bestuur te aanvaar aangesien sy voel dat sy genoeg ervaring het en weet wat
      van haar verwag word. Zama maak altyd beloftes wat sy nie kan nakom nie.

      Identifiseer die tipes moeilike persoonlikhede wat deur Edith en Zama getoon
      word. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal.

      Gebruik die tabel hieronder as ŉ riglyn om VRAAG 3.6. te beantwoord.

      WERKNEMERS TIPE MOEILIKE PERSOONLIKHEID                   MOTIVERING
      Edith
      Zama
                                                                                       (6)

3.7   Stel DRIE maniere voor waarop besighede tot die welstand van werkers kan
      bydra.                                                                           (6)
                                                                                      [40]

                                                                                        b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                        BESIGHEIDSTUDIES                                     9
                                        (Vraestel 2)                            10722/20

VRAAG 4: DIVERSE/ALLERLEI ONDERWERPE

BESIGHEIDSGELEENTHEDE

4.1   Lys DRIE tipes voordele wat deur die Werkloosheidsversekeringsfonds
      (WVF) aangebied word.                                                                 (3)

4.2   Bespreek in breë trekke enige TWEE faktore wat oorweeg moet word deur ŉ
      aanbieder vir sy/haar volgende aanbieding .                                           (4)

4.3   Verduidelik sekuriteitstelling/sekerheid as ŉ beginsel van versekering.               (4)

4.4   Verduidelik die voordele van ŉ Maatskappy in Staatsbesit (MSB).                       (4)

4.5   Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                              MANANA GASTEHUIS (MG)
      Musa, die eienaar van Manana Gastehuis het ŉ positiewe gesindheid. Hy
      weet ook dat daar altyd nog iets is om te leer.

      4.5.1   Haal EEN rol van persoonlike ingesteldheid in suksesvolle leierskap
              aan wat deur Musa getoon word.                                                (1)

      4.5.2   Adviseer Musa oor enige TWEE ander rolle van persoonlike
              ingesteldheid in suksesvolle leierskap.                                       (4)

BESIGHEIDSROLLE

4.6   Identifiseer die tipes onetiese en onprofessionele besigheidspraktyke wat
      deur Manchester Matte gepleeg word in ELK van die stellings hieronder.

      4.6.1   Werknemers laai musiek en films af op die onderneming se internet.

      4.6.2   Alex, die bestuurder, belowe Elsie, een van die werknemers, ŉ
              verhoging as sy instem om ŉ intieme verhouding met hom te hê.

      4.6.3   Die besigheid bemark die verkoop van matte met skoonmaakmiddels.
              Hierdie skoonmaakmiddels word dan uitgesluit wanneer klante die
              matte koop.                                                                   (6)

4.7   Verduidelik hoe die King-Kode-beginsel van verantwoordbaarheid/
      aanspreeklikheid deur besighede toegepas behoort te word om goeie
      korporatiewe bestuur te verseker.                                                     (4)

4.8   Beskryf die voordele van kreatiewe denke in die werkplek.                             (4)

4.9   Bespreek die korrekte prosedure om griewe in die werkplek te hanteer.                 (6)
                                                                                           [40]
                                                             TOTAAL AFDELING B              80

                                                                                             b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                          BESIGHEIDSTUDIES                                10
                                          (Vraestel 2)                        10722/20

AFDELING C
Beantwoord EEN vraag in hierdie afdeling.

LET WEL:     Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
             antwoord op DIE vraag moet op ŉ NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 5 op
             ’n NUWE bladsy OF VRAAG 6 op ’n NUWE bladsy.

VRAAG 5: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (AANBIEDING EN DATA-RESPONS)

Sam, die eienaar van SS Konsultasie, wil ŉ aanbieding maak van sy onderneming se
finansiële state vir potensiële beleggers. Sam het ŉ multimedia aanbieding ontwerp
deur van ŉ ‘PowerPoint’-skyfievertoning gebruik te maak en sal ook uitdeelstukke
beskikbaar stel aan die einde van sy aanbieding. Sam kon nie professioneel op vrae
reageer aan die einde van sy aanbieding nie.

Skryf ŉ opstel oor aanbieding en data-respons waarin jy die volgende aspekte insluit:
•   Beskryf in breë trekke die aspekte wat Sam moet oorweeg wanneer ŉ multimedia-
    aanbieding ontwerp word.
•   Verduidelik die faktore wat Sam gedurende sy aanbieding in gedagte moet hou.
•   Evalueer die impak van ‘PowerPoint’-aanbiedings en uitdeelstukke as tipes
    visuele hulpmiddele.
•   Gee advies aan Sam hoe om vrae op ŉ professionele en nie-aggressiewe manier
    te beantwoord.                                                                       [40]

VRAAG 6: BESIGHEIDSROLLE (DIVERSITEIT EN OMGEWINGSKWESSIES)

Baie ondernemings bestaan uit ŉ diverse arbeidsmag, wat vereis dat daar strategieë
ontwikkel moet word om verskillende diversiteitskwessies te hanteer. As hierdie
kwessies reg hanteer word kan besighede die voordele van ŉ diverse arbeidsmag
benut. Besighede wys gesondheids- en veiligheidsverteenwoordigers aan om die
omgewing en menslike gesondheid in die werkplek te beskerm.

Skryf ŉ opstel oor diversiteit en omgewingskwessies waarin die volgende aspekte
ingesluit word:

•   Beskryf in breë trekke die voordele van diversiteit in die werkplek.
•   Verduidelik hoe besighede die volgende diversiteitskwessies in die werkplek kan
    hanteer.
     o Ras
     o Taal
     o Ouderdom
•   Beskryf maniere waarop ondernemings die omgewing kan beskerm en menslike
    gesondheid kan bevorder.
•   Adviseer ondernemings oor die rol van die gesondheids- en
    veiligheidsverteenwoordigers om die werksomgewing te beskerm.                        [40]
                                                             TOTAAL AFDELING C:           40
                                                                            TOTAAL:      150

                                            EINDE

## Related documents

- [Grade 12 NSC Business Studies P1 (Afrikaans) 2020 Preparatory Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-business-studies-p1-afrikaans-2020-preparatory-possible-answers/48729a29-53d6-4800-bf7a-8ddb1d000fc1) — Business Studies · Memo · 2020 · Afr
- [Grade 12 NSC Business Studies Afrikaans 2018 Prepartory Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-business-studies-afrikaans-2018-prepartory-possible-answer/39290679-cd48-4295-b23b-0cf3da345556) — Business Studies · Memo · 2018 · Afr
- [BUSINESS STUDIES P1 GR 12 QP SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr-12-qp-sept2020-afrikaans/50169ce2-9771-46af-b24f-b674c07df269) — Business Studies · QP · 2020 · Afr
- [Business Studies P2 NSC Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-nsc-nov-2020-eng-2/10a36d86-fe0f-4bff-a3ec-ec22a272ef6c) — Business Studies · QP · 2020 · Eng
- [2020 KZN Prelim P2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/2020-kzn-prelim-p2-memo/afc52c94-5780-4df4-95a1-6694e046efe9) — Business Studies · Memo · 2020
- [BUSINESS STUDIES P1 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr12-qp-sept2022-afrikaans/be8e7318-8cb4-4d1b-b83a-12d6a4b7bc75) — Business Studies · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Business Studies

- [Business Studies P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85) — Memo · 2025 · Afr
- [Business Studies Grade 12 NSC MEMO March 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-memo-march-2025-kzn/265a7b30-6354-430a-8f92-943232e91956) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-kzn/50092793-d71b-4715-8f5c-e6fbd536870d) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-mpumalanga/542d7502-5f88-419f-a9da-da529a7d163f) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-mpumalanga/c4a1c821-283b-4e67-953b-7523f8a29517) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-north-west/ebfb4a83-3104-4f58-b833-85dbe10fab18) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
