# Business Studies Grade 12 P2 Gauteng Mock 2018 QP (Afr)

> Grade 12 Business Studies Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2018 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-business-studies-x5-afrikaans-preparatory-question-paper-2018/d4976143-6d44-4cd3-98f8-0e41560dc66c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/business-studies) › [Business Studies Grade 12 P2 Gauteng Mock 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-business-studies-x5-afrikaans-preparatory-question-paper-2018/d4976143-6d44-4cd3-98f8-0e41560dc66c)

## About this document

Business Studies · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2018 · Afrikaans. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Grade 12 NSC Business Studies Afrikaans 2018 Prepartory Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-business-studies-afrikaans-2018-prepartory-possible-answer/39290679-cd48-4295-b23b-0cf3da345556) — Memo · 2018 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

         GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
               VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                        2018

                         10720

                   BESIGHEIDSTUDIES

TYD: 3 uur

PUNTE: 300

19 bladsye

                                              b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                        BESIGHEIDSTUDIES                               2
                                                                         10720/18

                     GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                              VOORBEREIDENDE EKSAMEN

                                                      TYD: 3 uur

                                                      PUNTE: 300

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies noukeurig voordat die vrae beantwoord word.

1.    Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en handel oor al die
      hoofonderwerpe.

      AFDELING A:      VERPLIGTEND
      AFDELING B:      Bestaan uit VYF vrae.
                       Beantwoord enige DRIE van die vyf vrae uit hierdie afdeling.
      AFDELING C:      Bestaan uit VIER vrae.
                       Beantwoord enige TWEE van die vier vrae uit hierdie afdeling.

2.    Lees die instruksies by elke vraag deeglik en maak seker van wat gevra is.

3.    Nommer vrae korrek in ooreenstemming met die nommeringstelsel wat in
      hierdie vraestel gebruik word. Geen punte sal toegeken word vir vrae wat
      foutief genommer is nie.

4.    Tensy anders vermeld, moet antwoorde in volsinne beantwoord word.

5.    Gebruik die totaal van die punte wat by ŉ vraag toegeken word as ŉ aanduiding
      van die lengte van die antwoord.

                                                                                       b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                         BESIGHEIDSTUDIES                               3
                                                                       10720/18

 6.    Gebruik die onderstaande tabel as ̍n aanduiding van die tyd- en punte-indeling
       wat aan elke vraag bestee moet word.

                AFDELING                VRAAG           PUNTE                TYD
        A:     Verpligte objektiewe
               vrae oor alle werk           1                40          30 minute

        B:     VYF direkte /                2                60         30 minute
               indirekte tipe vrae          3                60         30 minute
               (Kies DRIE vrae uit          4                60         30 minute
               hierdie afdeling.)           5                60         30 minute
                                            6                60         30 minute
        C:     VIER langvrae                7                40         30 minute
               (Kies TWEE vrae              8                40         30 minute
               uit hierdie afdeling.)       9                40         30 minute
                                           10                40         30 minute
                                                            300        180 minute

7.    Begin die antwoord vir elke vraag op ŉ NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe
      bladsy; VRAAG 2 – nuwe bladsy, ens.

8.    Nie-programmeerbare sakrekenaars mag gebruik word.

9.    Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                        b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                       BESIGHEIDSTUDIES                          4
                                                                     10720/18

AFDELING A: (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1   Verskeie opsies word gegee as moontlike antwoorde vir die volgende vrae.
      Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) in jou ANTWOORDBOEK
      neer, langs die vraagnommer (1.1.1 – 1.1.10) byvoorbeeld 1.1.11 E.

      1.1.1   Hierdie wet verhoed dat lenings roekeloos aan verbruikers gegee
              word.

              A      Verbruikersbeskermingswet, 2008 (Wet 68 van 2008)
              B      Breed Gebaseerde Swart Ekonomiese Bemagtigingswet,
                     2003 (Wet 53 van 2003)
              C      Nasionale Kredietwet, 2005 (Wet 34 van 2005)
              D      Wet op Gelyke Indiensneming, 1998 (Wet 55 van 1998)

      1.1.2   Die funksies van SOOS’s is om …

              A     werkers op te lei.
              B     opleiding van vaardigheidsontwikkelings-fasiliteerders.
              C     om bestuursplanne te ontwikkel.
              D     leerderskapprogramme te registreer.

      1.1.3   ŉ Aksieplan om ŉ spesifieke doel te bereik:

              A      Monitering
              B      Strategie
              C      Strategiese bestuursplan
              D      Strategiese evaluering

      1.1.4   Watter een van die volgende is ŉ voorbeeld van verpligte
              versekering?

              A      Mediese fonds
              B      Pensioenfonds
              C      Padongelukkefonds
              D      Lewensversekering

      1.1.5   Die prosedure wanneer CV’s wat ontvang is gemeet word teen
              vooraf vasgestelde kriteria:

              A      Seleksie
              B      Opleiding
              C      Plasing
              D      Werwing

                                                                                 b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                BESIGHEIDSTUDIES                               5
                                                                 10720/18

1.1.6    Een van die sosiale regte van werkers is die reg om …

         A    tradisionele drag werk toe te dra op erfenisdag.
         B    by ŉ vakbond van sy / haar keuse aan te sluit.
         C    mediese sorg en toegang tot mediese sorg te kry.
         D    billike lone te kry.

1.1.7    Watter een van die volgende is NIE ŉ beginsel van die King-kode
         NIE?

         A    Deursigtigheid
         B    Verantwoordelikheid
         C    Aanspreeklikheid
         D    Winsgewendheid

1.1.8    In hierdie stadium van spanvorming begin lede mekaar se idees en
         menings bevraagteken.

         A    Vorm
         B    Storm
         C    Norm
         D    Prestasie

1.1.9    Die proses om nuwe gekwalifiseerde werkers te kry om aansoek te
         doen vir ŉ vakante betrekking.

         A    werwing
         B    seleksie
         C    onderhoude
         D    plasing

1.1.10   Elmar Busdienste spesialiseer in die vervoer van toeriste van en na
         die lughawe. Hulle funksioneer in die … sektor

         A    publieke
         B    primêre
         C    sekondêre
         D    tersiêre
                                                                      (10x2)   (20)

                                                                               b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                       BESIGHEIDSTUDIES                            6
                                                                       10720/18

1.2   Voltooi die volgende stellings deur die onderstaande woord(e) te gebruik.
      Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.5) in jou
      ANTWOORDBOEK neer.

      besluitneming; STRATE; Menslike Hulpbron Ontwikkelingstrategie; tien
      probleemoplossing; staatsbeheerde maatskappy; SENS; publieke
      maatskappy; Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie; drie.

      1.2.1    ESKOM is ŉ ... omdat die regering die meerheid aandele besit.

      1.2.2    ŉ Persoon / besigheid kan aandele elektronies op die JSE via …
               koop.

      1.2.3    ŉ Senior bestuurder oorweeg verskillende alternatiewe en kies dan
               die beste oplossing. Dit is ŉ voorbeeld van …

      1.2.4    Die … moedig kwaliteit opleiding in die werkplek aan.

      1.2.5    Werknemers mag ŉ maksimum van ... ure oortyd per week werk.
                                                                       (5x2) (10)

                                                                                   b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                     BESIGHEIDSTUDIES                          7
                                                                 10720/18

1.3   Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B om te pas by die term in KOLOM A. Skryf
      slegs die letter (A – J) neer in jou ANTWOORDBOEK langs die
      vraagnommer (1.3.1 – 1.3.5), byvoorbeeld 1.3.6 K

                   KOLOM A                                KOLOM B
       1.3.1   RSA                         A Verskil tussen twee werknemers by
               kleinhandelstaatseffekte      die werkplek
                                           B Dit word uitgereik aan aandeelhouers
       1.3.2   Grief                         as vergoeding in die plek van
                                             dividende.
       1.3.3   Bonus-aandele               C Inspeksie van die finale produk om te
                                             verseker dat dit voldoen aan die
       1.3.4   Stukvergoeding                gestelde standaarde
                                           D Dit vereis ŉ minimum beleggings-
       1.3.5   Kwaliteitsbeheer              bedrag van R500.
                                           E Die situasie wanneer ŉ werknemer
                                              ongelukkig is oor iets by die werkplek
                                           F Word uitgevoer tydens en na die
                                              produksieproses om te verseker dat
                                              produksiestandaarde bereik is tydens
                                              elke fase van produksie
                                           G Werkers word betaal vir die aantal
                                             eenhede wat hulle geproduseer het.
                                           H Dit word uitgereik aan die stigters van
                                             ŉ maatskappy.
                                           I Dit vereis ŉ minimum beleggings-
                                             bedrag van R1 000.
                                           J Werknemers word vergoed vir die tyd
                                             wat spandeer is om ŉ taak af te
                                             handel of item te voltooi.
                                                                          (5x2) (10)

                                                      TOTAAL AFDELING A:           40

                                                                                b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                          BESIGHEIDSTUDIES                              8
                                                                        10720/18

AFDELING B

Beantwoord ENIGE DRIE vrae in hierdie afdeling.

LET WEL:        Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
                antwoord op ELKE vraag moet op ŉ NUWE bladsy begin word,
                byvoorbeeld VRAAG 2 op ŉ NUWE bladsy, VRAAG 3 op ŉ NUWE
                bladsy, ensovoorts.

VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS

2.1     Noem enige VYF komponente van die PESTWO-analise.                                   (5)

2.2     Identifiseer telkens die pilaar van die Breed Gebaseerde Swart Ekonomiese
        Bemagtigingswet (BGSEB), 2003 (Wet 53 van 2003) in elk van die volgende
        stellings.

        2.2.1     Die maatskappy het onlangs vier swart vroue aangestel as senior
                  bestuurders van verskillende afdelings.

        2.2.2     Die maatskappy maak gebruik van die dienste van swart verskaffers
                  wat voldoen aan BGSEB voorskrifte.

        2.2.3     Die werknemers word uitgenooi om aandele in die maatskappy te
                  koop.

        2.2.4     Werknemers word aangestel vanuit uiteenlopende agtergronde.

        2.2.5     Werknemers word gestuur vir opleiding om hulle kennis en
                  vaardigheid te verbeter.                                              (10)

2.3     Bespreek die strategiese bestuursproses.                                            (6)

2.4     Lees die onderstaande scenario en beantwoord dan die vrae wat volg.

                         THEMBI KLEREVERVAARDIGERS (TKV)

      Thembi klerevervaardigers spesialiseer in die vervaardiging van winterbaadjies.
      TKV koop voorrade by Piet tekstiele wat gereeld nie voorraad het nie. Personeel
      van TKV is dikwels afwesig van die werk. TKV het ŉ lening teen ŉ hoë
      rentekoers bekom by Mzansi Bank om die besigheid te finansier.

        2.4.1     Noem die sakesektor waarbinne TKV funksioneer. Haal aan uit die
                  scenario om jou antwoord te motiveer.                                     (3)

                                                                                        b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                       BESIGHEIDSTUDIES                          9
                                                                      10720/18

      Gebruik die onderstaande tabel om die volgende vrae te beantwoord.

              UITDAGING          SAKEOMGEWING           MATE VAN BEHEER
                 2.4.2                2.4.3                   2.4.4

      2.4.2   Haal DRIE uitdagings vir TKV uit die scenario aan.                     (3)

      2.4.3   Klassifiseer TKV se uitdagings in ooreenstemming met die DRIE
              sakeomgewings.                                                         (3)

      2.4.4   Noem die mate van beheer wat TKV in elke omgewing het soos
              geïdentifiseer in VRAAG 2.4.2.                                         (3)

2.5   Beskryf DRIE tipes defensiewe strategieë.                                      (9)

2.6   Verduidelik hoe besighede die volgende kragte van Porter se VYF kragte
      model kan toepas.

      2.6.1   Mag van die verskaffer                                                 (4)

      2.6.2   Bedingingsmag / Kopersmag                                              (4)

      2.6.3   Bedreigings / Hindernisse vir nuwe toetreders tot die mark             (4)

2.7   Lees die onderstaande stelling en beantwoord dan die vrae wat volg.

                          THEMBA BOUKONTRUKSIE (TBK)

      Die werknemers van TBK herinner mekaar gereeld aan veiligheid in die
      werkplek om sodoende onnodige ongelukke te vermy.

      2.7.1   Noem die Wet wat van toepassing is op die bogenoemde stelling.         (2)

      2.7.2   Beveel maniere aan waarop TBK kan voldoen aan die wet genoem
              in VRAAG 2.7.1.                                                     (4)
                                                                                 [60]

                                                                                 b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                         BESIGHEIDSTUDIES                           10
                                                                         10720/18

VRAAG 3

BESIGHEIDSONDERNEMINGS

3.1   Identifiseer die tipe belegging wat in elk van die volgende stellings
      voorgestel word.

      3.1.1   MMM Bpk. het die publiek genooi om geld in die maatskappy te
              belê.

      3.1.2   Peter Zama het sy geld belê by TAX Bank vir 3 jaar teen ŉ koers
              van 6% p.j.

      3.1.3   Sizwe Handelaars leen geld by Floyd Peterson teen 7% p.j. wat na 5
              jaar terugbetaalbaar is.

      3.1.4   Patrick Shoba betaal maandeliks R200 aan Sunland wat ŉ
              fondsbestuurder sal aanwys om dit kollektief vir hom in veilige
              aandele te belê.
                                                                                     (8)

3.2   Onderskei tussen saamgestelde en enkelvoudige rente.                           (8)

3.3   Lees die onderstaande scenario en beantwoord dan die vrae wat volg.

      Samson het besigheidseiendom ter waarde van R5 000 000. Hy het die
      eiendom verseker vir R 4 000 000. Tydens ŉ brand is skade van R 100 000
      aan die eiendom aangerig.

      3.3.1   Identifiseer die klousule wat die assessor sal gebruik om te bepaal
              hoeveel hulle aan Samson moet betaal.                                  (2)

      3.3.2   Bereken die bedrag wat aan Samson uitbetaal moet word.                 (4)

3.4   Lees die onderstaande scenario en beantwoord dan die vrae wat volg.

                                 JANE SE AANBIEDING

      Jane is die finansiële bestuurder van Jewels Bpk. Sy moet ŉ aanbieding
      maak aan die aandeelhouers tydens die algemene jaarvergadering. Sy het
      besluit om gebruik te maak van uitdeelstukke sowel as ŉ “PowerPoint”
      aanbieding.

      3.4.1   Identifiseer TWEE visuele hulpmiddele uit die scenario hierbo.         (2)

      3.4.2   Evalueer die positiewe impak van EEN van die visuele hulpmiddels
              soos geïdentifiseer in VRAAG 3.4.1                                     (8)

                                                                                    b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                        BESIGHEIDSTUDIES                             11
                                                                       10720/18

3.5   Lees die onderstaande scenario en beantwoord dan die vrae wat volg.

                             MATATO SAKEKAMER (MSK)

      MSK het besigheidseienaars na hulle jaareindfunksie genooi. Die volgende
      besigheidseienaars deel hulle leierskapstyle met die ander:

         •    Richard laat nie toe dat sy werkers enige bydraes lewer tydens
              besluitneming nie.
         •    Paul laat sy werkers toe om self alle besluite te neem op voorwaarde
              dat dit nie in stryd is met maatskappybeleide nie.
         •    Themba beloon sy werkers as hulle die gestelde doelwitte behaal.

      3.5.1    Identifiseer die leierskapstyle van Richard, Paul en Themba.           (6)

      3.5.2    Stel DRIE moontlike situasies voor waar Richard se styl toegepas
               word.                                                                  (6)

3.6   Bespreek die volgende leierskapteorieë:

      3.6.1 Situasionele leierskap                                                    (4)

      3.6.2 Transformerende leierskap                                                 (4)

3.7   Gee advies aan ŉ aanbieder oor aspekte wat hy / sy in ag moet neem
      tydens ŉ aanbieding.                                                            (8)
                                                                                     [60]

                                                                                     b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                       BESIGHEIDSTUDIES                             12
                                                                      10720/18

VRAAG 4

BESIGHEIDSROLLE

4.1   Big Bus BK wil graag bydraes lewer in hul gemeenskap.

      4.1.1   Noem VYF komponente van Korporatiewe Sosiale
              Verantwoordelikheid wat Big Bus BK kan oorweeg.                        (5)

      4.1.2   Verduidelik die verwantskap tussen die drievoudige basislyn (triple
              bottom line) en die sosiale verantwoordelikheid.                       (9)

4.2   Bespreek DRIE kriteria om suksesvolle spanne se werksaamhede te
      assesseer.                                                                     (9)

4.3   Lees die onderstaande scenario en beantwoord dan die vrae wat volg.

                             BEN KOMMUNIKASIE (BK)

      Andrew is ŉ bestuurder by Ben Kommunikasie. Hy wil ŉ intieme verhouding
      met Sue hê in ruil vir bevordering. Andrew gebruik ook die besigheid se
      petrolkaart vir persoonlike ritte. Andrew se senior bestuurder het ook
      opgemerk dat hy baie lank wegbly na etenstye.

      Gebruik die onderstaande tabel om die volgende vrae te beantwoord

       ONETIESE PRAKTYK                 TIPE               AANBEVELING
             4.3.1                      4.3.2                  4.3.3

      4.3.1   Haal DRIE onetiese praktyke uit die scenario aan.                      (3)

      4.3.2   Identifiseer die tipe onetiese besigheidspraktyk vir ELKEEN soos
              uitgewys in VRAAG 4.3.1.                                               (6)

      4.3.3   Beveel EEN strategie aan hoe BK die onetiese praktyk van
              VRAAG 4.3.2 kan hanteer.                                               (6)

4.4   Stel wyses voor waarop die volgende moeilike persoonlikheidstipes hanteer
      kan word in die werkplek.

      4.4.1   Klaer                                                                  (2)

      4.4.2   Deskundige                                                             (2)

      4.4.3   Agressiewe persoon                                                     (2)

                                                                                    b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                           BESIGHEIDSTUDIES                               13
                                                                           10720/18

4.5     Lees die onderstaande scenario en beantwoord dan die vrae wat volg.

                                   PETS DELIGHT (PD)

      Melville is die eienaar van ŉ klein troeteldierwinkel in Krugersdorp. Een van sy
      werkers het ŉ tydjie gelede ŉ fout begaan deur per ongeluk 300 voëlkoutjies te
      bestel. Sedert dit afgelewer is, het hulle slegs 2 koutjies verkoop. Hierdie fout
      skep ernstige kontantvloeiprobleme vir Melville en hy het besluit om kreatiewe
      denke in te span om sy besigheid se probleem op te los.

        4.5.1    Noem VIER kreatiewe denke-oplossingstegnieke wat die bestuur
                 van PD kan gebruik (behalwe SCAMPER), om die uitdaging te
                 oorbrug.                                                                  (4)

        4.5.2    Gee advies aan Pets Delight hoe SCAMPER gebruik kan word om
                 hulle probleem op te los.                                                 (6)

4.6     Brei uit oor die korrekte prosedure om griewe in die werkplek te hanteer.          (6)
                                                                                          [60]

VRAAG 5

BESIGHEIDSGELEENTHEDE

5.1     Benadruk die doel van ’n onderhoud as ŉ menslike hulpbronfunksie
        aktiwiteit.                                                                        (6)

5.2     Verduidelik die betekenis van taakspesifikasie.                                    (4)

5.3     Lees die scenario hieronder en antwoord dan die vrae wat volg.

                               LETHABO HANDELAARS (LH)

        Lethabo Handelaars het onlangs vir Maria in diens geneem. Die bestuur van
        LH het Maria aan die senior bestuurspan en haar kollegas voorgestel. Hulle
        het ook aan Maria die geleentheid gegee om opleidingsessies by te woon
        om meer te leer van die maatskappy se prosesse en prosedures.

        5.3.1    Identifiseer die menslike hulpbronaktiwiteit in die bogenoemde
                 scenario. Haal aan uit die scenario om jou antwoord te motiveer.          (3)

        5.3.2    Beskryf die plasingsprosedure wat LH moet volg.                           (6)

        5.3.3    Adviseer LH oor die verskillende aspekte wat die menslike
                 hulpbronbestuurder moet insluit in die aktiwiteit soos geïdentifiseer
                 in VRAAG 5.3.1.                                                           (6)

                                                                                          b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                        BESIGHEIDSTUDIES                               14
                                                                        10720/18

5.4   Bespreek die implikasie van die Vaardigheidsontwikkelingswet op die
      menslike hulpbronfunksie.                                                         (8)

5.5   Identiseer die besigheidsfunksie wat in elk van die volgende stellings
      verantwoordelik is vir die verbetering van die kwaliteit van prestasie.

      5.5.1   Die bestuur van Marula Lodge gebruik verouderde inligting om
              strategiese besluite te neem.                                             (2)

      5.5.2   Baba Skoenfabriek koop grondstowwe by Bibi verskaffers wat nie
              betyds aflewer nie.                                                       (2)

      5.5.3   Zazi Vervaardigers produseer swak kwaliteit produkte.                     (2)

5.6   Verduidelik die impak van totale kwaliteitsbestuur (TKB) op die vermindering
      van die koste van kwaliteit.                                                      (6)

5.7                          TSHEPO KONSTRUKSIE (TK)

      Tifo is die direkteur van Tshepo Konstruksie en hy is bekommerd oor die
      kwaliteit van hulle produkte. Hy versoek spesialiste uit elke afdeling om
      saam ’n span te vorm. Hulle word versoek om voorstelle te maak om die
      probleem op te los.

      5.7.1   Identifiseer die span wat verantwooordelik is om die kwaliteit van die
              produkte in die besigheid te verbeter.                                    (2)

      5.7.2   Bespreek die belangrikheid van die span, genoem in VRAAG 5.7.1,
              wat verantwoordelik is vir die verbetering van die kwaliteit van
              produkte.                                                                 (7)

5.8   Gee advies aan die besigheid oor hoe om die BDKH-model / siklus toe te
      pas om die kwaliteit van produkte te verbeter.                                    (6)
                                                                                       [60]

                                                                                       b.o.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                        BESIGHEIDSTUDIES                            15
                                                                      10720/18

VRAAG 6

ALGEMENE ONDERWERPE

BESIGHEIDSOMGEWINGS

6.1    Noem enige SEWE voorsienings van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes
       (WBDV), 1997 (Wet 75 van 1997).                                               (7)

6.2    Lees die onderstaande scenario en antwoord dan die vrae wat volg.

                            GERT ALARMSISTEME (GAS)

      GAS spesialiseer in die installasie van CCTV en alarmsisteme. GAS het vir
      Mpho aangestel as ŉ gekwalifiseerde tegnikus. Hulle het voldoende fondse
      om die nuutste toerusting aan te skaf. Kate, die nuwe werknemer het nie
      ervaring in die hantering van afsprake vir nuwe installasies nie. Die
      besigheid gebruik tans ŉ verouderde toetsmasjien wat onakkurate inligting
      verskaf.
      Daar is ŉ groot aanvraag vir GAS se dienste in ŉ nuut ontwikkelde area. Die
      besigheid is geleë in ŉ gebied waar baie misdaad voorkom.
      ŉ Nuwe mededinger beplan om ook in dié area in te beweeg. GAS het
      getender om die kontrak te kry om alarms te installeer in die nuwe hotel.

       6.2.1   Stel ŉ SSGB-analise vir GAS op.                                       (4)

       6.2.2   Stel EEN strategie voor hoe om die swakpunte en bedreigings soos
               geïdentifiseer in VRAAG 6.2.1 te oorkom.                              (4)

BESIGHEIDSGELEENTHEDE

6.3    Noem DRIE tipes aandele.                                                      (3)

6.4    Bespreek kortliks die volgende konsepte:

       6.4.1   Skadeloosstelling                                                     (2)

       6.4.2   Aftree-annuïteit                                                      (2)

6.5    Gee advies aan ŉ aanbieder oor hoe sy / hy die volgende aanbieding kan
       verbeter.                                                                     (8)

                                                                                    b.o.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                         BESIGHEIDSTUDIES                           16
                                                                        10720/18

BESIGHEIDSROLLE

6.6     Bespreek die negatiewe impak van Korporatiewe Sosiale Investering op
        gemeenskappe.                                                                (8)

6.7     Stel maniere voor waarop die besigheid ŉ omgewing kan skep wat
        bevorderlik is vir kreatiewe denke.                                          (6)

BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

6.8     Definieer die term werknemerskontrak.                                        (2)

6.9     Noem VYF voorbeelde van byvoordele.                                          (5)

6.10    Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg.

                            HOUSE & HOME DEKOR (HHD)

       HHD wat spesialiseer in binnenshuise versiering, is op soek na ŉ grafiese
       ontwerper. Hulle het die vakante betrekking in ŉ koerant geadverteer.

        6.10.1   Identifiseer die tipe werwing wat HHD gebruik. Motiveer jou
                 antwoord deur aan te haal uit die scenario.                         (3)

        6.10.2   Gee advies aan HHD oor die positiewe impak van dié tipe werwing
                 wat deur hulle gebruik word soos geïdentifiseer in VRAAG 6.10.1.    (6)
                                                                                    [60]

                                                            TOTAAL AFDELING B:       180

                                                                                    b.o.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                         BESIGHEIDSTUDIES                           17
                                                                         10720/18

AFDELING C

Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling. Dui die VRAAGNOMMER van
elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet bo-aan ŉ
NUWE bladsy begin, byvoorbeeld VRAAG 7 op ŉ NUWE bladsy, VRAAG 8 op ŉ
NUWE bladsy, ensovoorts.

VRAAG 7

BESIGHEIDSOMGEWINGS (WETGEWING)

          Die verhouding tussen werkgewers en werknemers word bestuur deur die
          Arbeisverhoudingewet(AVW), 1995 (Wet 66 van1995). Besighede wat nie
          gehoor gee aan hierdie wet nie, mag beboet word.

Voorsien ŉ gedetailleerde verslag oor die volgende aspekte van die Arbeidsverhou-
dingewet:

•     Lig die regte uit van beide die werkgewer en werknemer volgens die AVW.
•     Bespreek die doel van die Arbeidsverhoudingewet.
•     Evalueer die impak van hierdie Wet op besighede.
•     Stel wyses voor hoe besighede kan voldoen aan AVW.                            [40]

VRAAG 8

BESIGHEIDSGELEENTHEDE (ONDERNEMINGSVORME EN LEIERSKAP)

       Mpho en Andrew is aptekers wat ŉ nuwe apteek in Benoni wil oopmaak.
       Hulle moet kies tussen ŉ vennootskap en ŉ privaat maatskappy. Hulle het
       ooreengekom om die demokratiese leierskapstyl in die nuwe apteek te
       gebruik.

Gee advies aan Mpho en Andrew oor die volgende aspekte:

•     Onderskei tussen ŉ vennootskap en ŉ privaat maatskappy.
•     Verduidelik hoe die volgende kriteria kan bydra tot die sukses en / of
      mislukking van ŉ vennootskap:

      -     Kapasiteit
      -     Bestuur
      -     Kapitaal

•     Bespreek die rol van persoonlike gesindheid tot suksesvolle leierskap.
•     Gee advies aan Mpho en Andrew oor situasies waartydens die demokratiese
      leierskapstyl gebruik kan word in die besigheid.                              [40]

                                                                                    b.o.

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                           BESIGHEIDSTUDIES                        18
                                                                        10720/18

VRAAG 9

BESIGHEIDSROLLE (DIVERSITEIT EN OMGEWINGSAKE)

          Daar word van besighede verwag om mense uit diverse agtergronde in
          diens te neem en die wat dit nie doen nie, kry altyd negatiewe verslae
          in die media. In hierdie verslae word daar gefokus op diversiteit en
          veiligheid in die werkplek. Sommige besighede het gesondheids- en
          veiligheidsverteenwoordigers aangestel om te verseker dat
          veiligheidsmaatreëls in die werkplek ingestel en nagekom word.

Skryf ŉ opstel oor die volgende aspekte:

•    Bespreek die voordele van diversiteit in die werkplek.
•    Verduidelik die rol van gesondheids- en veiligheidsverteenwoordigers in die
     werkplek.
•    Gee advies aan die besigheid oor hoe hulle die volgende diversiteitsaspekte
     moet hanteer:

      -    Geslag
      -    Taal
      -    Ouderdom

•    Maak aanbevelings oor die wyse waarop die besigheid die omgewing en
     menslike gesondheid kan beskerm.                                              [40]

                                                                                   b.o.

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
                                            BESIGHEIDSTUDIES                               19
                                                                              10720/18

VRAAG 10

BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (KWALITEIT VAN PRESTASIE)

                     INZO SKOENVERVAARDIGER BPK (ISV)

     Inzo Skoenvervaardigers is ŉ groot maatskappy wat skoene verkoop
     aan kleinhandelaars. ISV het besef dat alle besigheidsfunksies
     verantwoordelikheid moet neem vir die effektiewe implementering van
     totale kwaliteit bestuur (TKB). Dit sal lei tot ŉ verbetering in die kwaliteit
     van produkte.

Jy moet as kwaliteitsversekeraar, ŉ opstel skryf oor die volgende aspekte:

•     Onderskei tussen kwaliteitprestasie en kwaliteitsbeheer.
•     Bespreek die positiewe impak van die volgende elemente van (TKB) op ISV
      as ŉ groot besighede:

       -      Totale klantetevredenheid
       -      Deurlopende verbetering van prosesse en stelsels.

•     Brei uit oor die impak as TKB swak geïmplementeer word.
•     Verduidelik wat die gehalte-aanwysers van die volgende besigheidsfunksies
      is:

      – Finansiële
      – Bemarking                                                                          [40]

                                                                 TOTAAL AFDELING C:             80

                                                                                 TOTAAL:    300

                                            EINDE

## Related documents

- [Grade 12 NSC Business Studies P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-business-studies-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/f8c01536-6bfb-46a9-a239-5be24871bd21) — Business Studies · QP · 2020 · Afr
- [BUSINESS STUDIES GR12 MEMO SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-gr12-memo-sept2018-afrikaans/46acac40-0106-4611-ada9-80a9818cd49a) — Business Studies · Memo · 2018 · Afr
- [Grade 12 NSC Business Studies P1 (Afrikaans) 2020 Preparatory Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-business-studies-p1-afrikaans-2020-preparatory-possible-answers/48729a29-53d6-4800-bf7a-8ddb1d000fc1) — Business Studies · Memo · 2020 · Afr
- [BUSINESS STUDIES P1 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr12-qp-sept2022-afrikaans/be8e7318-8cb4-4d1b-b83a-12d6a4b7bc75) — Business Studies · QP · 2022 · Afr
- [BUSINESS STUDIES P1 GR 12 QP SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr-12-qp-sept2020-afrikaans/50169ce2-9771-46af-b24f-b674c07df269) — Business Studies · QP · 2020 · Afr
- [BUSINESS STUDIES GR12 QP SEPT2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-gr12-qp-sept2019-afrikaans-final/4a530a84-5542-494f-9b6a-9af852411134) — Business Studies · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Business Studies

- [Business Studies P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85) — Memo · 2025 · Afr
- [Business Studies Grade 12 NSC MEMO March 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-memo-march-2025-kzn/265a7b30-6354-430a-8f92-943232e91956) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-kzn/50092793-d71b-4715-8f5c-e6fbd536870d) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-mpumalanga/542d7502-5f88-419f-a9da-da529a7d163f) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-mpumalanga/c4a1c821-283b-4e67-953b-7523f8a29517) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-north-west/ebfb4a83-3104-4f58-b833-85dbe10fab18) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
