# Design Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Design Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2019 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-design-p2-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/1824f556-8e5a-4311-a91a-40026085eb29
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Design
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Design](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/design) › [Design Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-design-p2-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/1824f556-8e5a-4311-a91a-40026085eb29)

## About this document

Design · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2019 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    NASIONALE
                                SENIOR SERTIFIKAAT

                                        GRAAD 12

                                      ONTWERP V2

                                       (PRAKTIES)

                             15 JULIE–18 OKTOBER 2019

 PUNTE: 100

 TYD: ONDERWERP 1:            Praktiese proses/voorbereiding gedurende die 3de kwartaal
                              by die skool en/of tuis [50]
        ONDERWERP 2:          Finale Praktiese produk gedoen onder gekontroleerde
                              omstandighede SLEGS by die skool: 'n maksimum van
                              24 uur gedurende die 4de kwartaal [50]

                     Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye en 1 bylae.
                       Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                                 2                     DBE/November 2019
                                          NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:

         ONDERWERP 1: Die eksamenbronboek/-werkboek        (50 punte)
         ONDERWERP 2: Die finale praktiese eksamenproduk   (50 punte)

         TOTAAL: 100 punte

2.       Die vraestel het TWEE opdragte/temas. Kies EEN van die twee opsies.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                                   3                         DBE/November 2019
                                            NSS

 OPDRAG/TEMA 1: INDUSTRIËLE REWOLUSIE 4.0

DIE OPDRAG:
Industriële rewolusies het deur die geskiedenis heen óf die lewe verbeter óf meer
probleme vir die mensdom geskep. Ons ervaar tans die uitwerking van die Vierde
Industriële Rewolusie.
Industriële Rewolusie 4.0 bestaan uit die saamvoeg van gevorderde navorsing in biologie,
tegnologie en industriële outomatisasie om sodoende ons huidige manier van lewe te
verbeter. Soos ander vorige industriële rewolusies skep die Vierde Industriële Rewolusie ook
probleme wat mense se lewens beïnvloed.
Hieronder is 'n lys met 'n paar van die probleme wat met die Vierde Industriële Rewolusie
geassosieer word:
    Werksverlies waar tradisionele vakmanskap deur robotika en kunsmatige intelligensie
     vervang word
    Obsessie met sosiale media wat lei tot vetsug weens onaktiwiteit
    Verlies aan privaatheid
    Afbreek van inheemse kennisstelsels weens globalisasie
    Die verlies aan sosiale kontak wat tot siektes, soos depressie, lei
Een voorbeeld van 'n ontwerpoplossing wat met die lys hierbo verband hou:
    Veranderinge in privaatheid: Die verlies aan privaatheid kan tot kuberafknouery lei.
     Een ontwerpoplossing kan daartoe lei dat ontwerpers 'n advertensieveldtog skep wat
     kuberafknouery ontmoedig.
Die grafiese illustrasie hieronder toon die vooruitgang van industriële rewolusies in die
geskiedenis van die moderne mens.

          1ste                  2de                   3de                    4de
    Meganisasie, stoom    Massaproduksie,          Rekenaar en      Kuberfisiese stelsels,
      en waterkrag         monteerbane,           outomatisasie    netwerke en kunsmatige
                            elektrisiteit                              intelligensie (KI)
Skep 'n ontwerpoplossing wat EEN probleem wat met die Vierde Industriële Rewolusie
geassosieer word, ondersoek.

Gebruik een of meer van die ontwerpkategorieë hieronder vir jou ontwerpoplossing:
      Visuele Kommunikasie/Inligtingsontwerp en/of Digitale Ontwerp
      Oppervlakontwerp en Tweedimensionele Kunshandvlytontwerp
      Produkontwerp en Driedimensionele Kunshandvlytontwerp
      Omgewingsontwerp
Daar word van die kandidate verwag om navorsing te doen om die impak van al vier
Industriële Rewolusies op die ontwerpwêreld te verstaan.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                           4                      DBE/November 2019
                                    NSS

Hieronder verskyn nog voorbeelde. MOENIE die voorbeelde wat verskaf word,
kopieer NIE.
VISUELE KOMMUNIKASIE/INLIGTINGSONTWERP EN/OF DIGITALE ONTWERP

Kopiereg voorbehou                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                        5            DBE/November 2019
                                 NSS

OPPERVLAKONTWERP EN TWEEDIMENSIONELE KUNSHANDVLYTONTWERP

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                        6            DBE/November 2019
                                 NSS

PRODUKONTWERP EN DRIEDIMENSIONELE KUNSHANDVLYTONTWERP

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
    Ontwerp/V2                                7                         DBE/November 2019
                                             NSS

    OPDRAG/TEMA 2: ONGEHOORSAME ESTETIKA

DIE OPDRAG:
Die Design Indaba, wat jaarliks in Kaapstad gehou word, stel die beste kontemporêre
ontwerpoplossings wat in Suid-Afrika gemaak is, bekend. Die tema vir 2020 is
Ongehoorsame Estetika. Jy is gekies om 'n innoverende, funksionele
ontwerpoplossing, gebaseer op Ongehoorsame Estetika, uit te stal.
Definisie van Ongehoorsame Estetika
Estetika is gemoeid met die waardering van skoonheid. Ongehoorsame estetika gaan teen
die konvensionele norm van lyn, simmetrie, komposisie, vorm en balans in.
Estetiese ongehoorsaamheid is dieselfde as burgelike ongehoorsaamheid wat die kreatiewe
oortreding van reëls en vryheid van beperkings ondersteun. Weggooimateriaal, wat as lelik
beskou word, kry op unieke wyses kreatiewe uitdrukking omdat dit ontwerpoplossings insluit.

    OORTREDER                         Dubbelsinnig POSTMODERNE
    ANTI-ONTWERP Verontagsaam                        ALTERNATIEF

     REWOLUSIONÊR                         INNOVEREND
                 INKLUSIEF
           ANTI-SOSIALE KONSEPTE
        BAANBREKERS
                    DEKONSTRUKSIE
Gebruik een of meer van die ontwerpkategorieë hieronder vir jou ontwerpoplossing:
       Visuele Kommunikasie/Inligtingsontwerp en/of Digitale Ontwerp
       Oppervlakontwerp en Tweedimensionele Kunshandvlytontwerp
       Produkontwerp en Driedimensionele Kunshandvlytontwerp
       Omgewingsontwerp
Daar word van kandidate verwag om navorsing te doen oor die Design Indaba om die tipe
ontwerpprodukte wat voorheen uitgestal is, beter te verstaan. Die ontwerpoplossing moet
onbekende estetiese instellings/persepsies insluit en/of ondersoek.

    Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
 Ontwerp/V2                             8                        DBE/November 2019
                                       NSS

Die visuele beelde hieronder is voorbeelde van ongehoorsame estetika in verskillende
ontwerpkategorieë. MOENIE die voorbeelde wat verskaf word, kopieer NIE.

VISUELE KOMMUNIKASIE/INLIGTINGSONTWERP EN/OF DIGITALE ONTWERP

 Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                        9            DBE/November 2019
                                 NSS

PRODUKONTWERP EN DRIEDIMENSIONELE KUNSHANDVLYTONTWERP

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                        10          DBE/November 2019
                                 NSS

OMGEWINGSONTWERP

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
    Ontwerp/V2                                   11                          DBE/November 2019
                                                NSS

    VEREISTES

    AFDELING A

    ONDERWERP 1: DIE ONTWERPPROSES [50]

    1.       Alle proses-/voorbereidingswerk vir jou ontwerp moet in 'n bronboek/
             werkboek getoon word.

    2.       Dit sal die prosesse vanaf konseptualisering tot realisering behels.

    3.       Deeglike ondersoek van probleme wat deur die ontwerpopdrag gestel word,
             moet getoon word.

    4.       Die bronboek/werkboek moet in die vorm van 'n album aangebied word
             (dit wil sê in boekvorm).

    5.       Dit moet maklik kan oopmaak en moet bladsye hê wat maklik kan omblaai.

    6.       Die bronboek/werkboek moet van ligte materiaal gemaak word sodat dit
             maklik na 'n sentrale plek waar werk gemodereer word, vervoer kan word.

    7.       Maak seker dat die bronboek/werkboek professioneel aangebied word.

    LET WEL:

         Aangesien ONDERWERP 1 (voorbereiding) dieselfde puntetoekenning as
          ONDERWERP 2 (die finale produk) het, moet genoeg tyd daarvoor toegelaat
          word sodat die belangrikheid daarvan erken sal word.
         Jou onderwyser mag by hierdie voorafgaande voorbereidingsessie (slegs
          ONDERWERP 1) betrokke wees.
         Jy mag tuis werk.

    KRITERIA VIR DIE ONTWERPPROSES (ONDERWERP 1)

    Jy moet die volgende aanbied (verwys na die NSS Ontwerp-eksamenriglyne)

        Uitdrukking van intensie/bedoeling en beredenering                                         (10)
        Bewyse van navorsing, eksperimentering en besinning                                        (10)
        Bewyse van gedetailleerde beplanning                                                       (10)
        Bewyse van ontwikkeling en besinning/nadenke                                               (10)
        Aanbieding wat met die finale konsep verband hou                                           (10)
                                                                                                   [50]

    Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                                 12                        DBE/November 2019
                                          NSS

AFDELING B

ONDERWERP 2: DIE FINALE PRODUK [50]

Alhoewel daar aanbeveel word dat 'n tweedimensionele ontwerp NIE groter as
A2-grootte moet wees NIE, word kandidate se werk NIE TEN OPSIGTE VAN
GROOTTE BEPERK NIE.

Die grootte van 'n driedimensionele ontwerp sal afhang van die funksie van die
voorwerp wat gemaak word. Hou in gedagte dat die finale produk moontlik na 'n
sentrale nasiensentrum vervoer sal moet word, en jy dus aan moontlike probleme
tydens vervoer moet dink.

LET WEL:

   Jou onderwyser mag jou glad NIE gedurende die finale vervaardiging van die
    ontwerp help NIE.
   ALLE werk moet onder toesig van die onderwyser en aangestelde toesighouer by
    jou skool gedoen word.
   Enige vorm van direkte kopiëring/plagiaat of werk wat nie jou oorspronklike werk
    is nie, sal streng gepenaliseer word.
   'n Verklaring van egtheid (BYLAE A) moet deur jou en die hooftoesighouer/
    onderwyser voltooi word.
   Werk moet op 'n deurlopende basis gedoen word, byvoorbeeld oor drie
    agtereenvolgende dae onder gekontroleerde omstandighede.

KRITERIA VIR DIE ONTWERPPRODUK (ONDERWERP 2)

Jy moet die volgende kriteria gebruik (verwys na die NSS Ontwerp-eksamenriglyne):

   Kreatiwiteit/Oorspronklikheid/Vertolking ten opsigte van die konsep en oplossings
    wat op die opdrag van toepassing is                                                      (10)
   Bewyse van ontwerpbetrokkenheid: die gepaste gebruik van ontwerpelemente en
    beginsels                                                                                (10)
   Tegniek/Vakmanskap/Metode                                                                (10)
   Die ontwerpoplossing met bewyse van 'n maksimum van 24 uur se werk onder
    gekontroleerde omstandighede                                                             (10)
   Professionele aanbieding en funksionaliteit van die ontwerpoplossing                     (10)
                                                                                             [50]

                             TOTAAL: ONDERWERP 1 (50) + ONDERWERP 2 (50)                     100

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                                 13                         DBE/November 2019
                                          NSS

INSTRUKSIES AAN DIE ONDERWYSER
PRAKTIESE EKSAMEN: ONDERWERP 1 (50 PUNTE) EN ONDERWERP 2
(50 PUNTE) – TAAK 7
1.      Hierdie praktiese eksamen bestaan uit EEN vraestel. Die vraestel bestaan uit
        TWEE dele: ONDERWERP 1 (die eksamenbronboek/-werkboek) en
        ONDERWERP 2 (die finale praktiese eksamenproduk).
2.      Hierdie praktiese vraestel moet op Maandag 15 Julie 2019 aan die kandidate
        gegee word. Vrydag 18 Oktober 2019 sal die finale inleweringsdatum wees.
3.      ONDERWERP 1 (ontwerpproses) het dieselfde gewigswaarde as
        ONDERWERP 2 (die finale produk) en daarom moet genoeg tyd daaraan
        bestee word sodat die belangrikheid daarvan erken sal word.
4.      Kandidate moet dus genoeg tyd hê om hulle ONDERWERP 1
        (voorbereiding/ontwerpproses) te doen. Die onderwyser mag slegs by hierdie
        voorafgaande voorbereidingsessie betrokke wees en nie by ONDERWERP 2
        nie. As gevolg van die voorbereidende aard van ONDERWERP 1 word
        kandidate toegelaat om by die huis te werk.
5.      Kandidate moet die ONDERWERP 1-bronboek/-werkboek as verwysingspunt
        gedurende hulle ONDERWERP 2-eksamen gebruik. Beide ONDERWERP 1-
        en    ONDERWERP 2-eksamenwerk     moet    na   voltooiing   van    die
        ONDERWERP 2-eksamen onmiddellik by die onderwyser/toesighouer ingedien
        word.
6.      Die onderwyser mag glad NIE die kandidaat op enige wyse tydens die finale
        vervaardiging van die ontwerpproduk (ONDERWERP 2) help NIE.
7.      Enige vorm van direkte kopiëring/plagiaat of werk wat nie die kandidaat se
        oorspronklike werk is nie, sal streng gepenaliseer word.
8.      ONDERWERP 2 moet op 'n deurlopende basis tydens kontaktyd gedoen
        word, byvoorbeeld in drie agtereenvolgende dae onder gekontroleerde
        omstandighede.
9.      ONDERWERP 2 moet by die kandidaat se eksamensentrum onder toesig van
        die onderwyser/toesighouer gedoen word. ONDERWERP 2-werk mag NIE tuis
        gedoen word NIE.
10.     ONDERWERP 2-werk mag onder GEEN omstandighede uit die eksamenlokaal
        verwyder word NIE.
11.     Elke provinsie sal die nasienproses vir ONDERWERP 1 (bronboek/werkboek)
        en ONDERWERP 2 (finale produk) bepaal. Skole sal, waar van toepassing,
        deur die provinsies van die datum, tyd en plek vir die inlewering van werk by
        die eksamensentrums in kennis gestel word.
12.     Die eksamen-ONDERWERP 1 moet professioneel in 'n bronboek/werkboek in
        albumformaat aangebied te word.
13.     Die bronboek/werkboek en finale produk moet netjies en duidelik benoem
        wees.
14.     ADDENDUM A moet volledig ingevul word en die skoolstempel moet in die
        toepaslike ruimte verskyn. Heg ADDENDUM A stewig aan die finale-
        eksamenwerk (bronboek/werkboek en/of finale produk).
Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                                                              14                            DBE/November 2019
                                                                       NSS

ASSESSERINGSRIGLYNE

                                                                                                               GEWIGS-

                          UITKOMSTE
                                                                 VEREISTES                                                     PUNTE

                                                                                                               TOEKENNING %

                                                   Uitdrukking van bedoeling en beredenering:
                                       Hou 'n dinkskrum of maak 'n ideekaart van idees om die tema van die
                                         opdrag te ondersoek. Ontwikkel 'n konsep. 'n Beredenering moet          10
                                             verskaf word om die oplossing wat gevind is, te regverdig.
                                                    Bewyse van navorsing, eksperimentering:
                                            Vors die opdrag na en vind relevante bronmateriaal (visuele

BRONBOEK/WERKBOEK
                       ONDERWERP 1
                                       verwysings). Gee bewyse van navorsing deur klein duimnaelsketsies
                                                                                                                 10
                                        van idees te teken. Ontwerp 'n paar verskillende oplossings wat die
                                              opdrag ondersoek. Bewyse van eksperimentering, bv. 'n
                                                         stemmingsbord moet duidelik wees.
                                                            Gedetailleerde beplanning:
                                        Beplanningsketse moet 'n verskeidenheid oplossings vir die opdrag

                      ONTWERPPROSES
                                                                                                                 10           50
                                         (verskillende tegnieke en materiaal) eksploreer. Ontwikkeling van
                                                       tekenvaardighede moet sigbaar wees.
                                                     Bewyse van ontwikkeling en besinning:
                                              Toon van die finale ontwerpoplossing in die vorm van 'n
                                         gedetailleerde, benoemde tekening/collage/maket/prototipe, ens.         10
                                              Ondersoek van verskillende materiaal en tegnieke moet
                                           aangemoedig word. Besinning van proses moet duidelik wees.
                                                                   Aanbieding:
                                       Gee sorgvuldig aandag aan die aanbieding van die bronboek. Hierdie        10
                                                        proses moet kreatief aangebied word.
                                          Kreatiwiteit/Oorspronklikheid/Vertolking ten opsigte van die
                                            konsep en oplossings wat met die opdrag verband hou:
                                                                                                                 10
                                         Is die werk uniek, oorspronklik en relevant tot die opdrag? Los die
                                                              produk die probleem op?

                      ONDERWERP 2
                                                       Bewyse van ontwerpbetrokkenheid:

DIE FINALE PRODUK
                                            die gepaste gebruik van ontwerpelemente en beginsels:
                                                                                                                 10
                                         Algemene indruk. Hoe is die elemente en beginsels gebruik om 'n
                                                         unieke ontwerpoplossing te skep?
                                                          Tegniek/Vakmanskap/Metode:
                                            Hoe tegnies vaardig is die finale produk? Hoe toereikend en          10           50
                                                         professioneel is die vakmanskap?

                    ONTWERPPRODUKSIE
                                                            Bewyse van 24 uur se werk:
                                          Bewyse van en die gebruik van beskikbare tyd om die produk te
                                                                                                                 10
                                       voltooi. Wys die ontwerpoplossing geldige betrokkenheid by die maak
                                                              van die ontwerpproduk?
                                               Professionele aanbieding en funksionaliteit van die
                                                                ontwerpoplossing:
                                                                                                                 10
                                        Vervul die produk sy funksie? Is die produk professioneel en netjies
                                            aangebied? Werk die produk in verhouding met die opdrag?
                                                                                                       100
LET WEL:                               Onderwysers en nasieners moet na die NSS Ontwerp-eksamenriglyne en die
                                       PAT-Riglyne vir gedetailleerde assesseringskriteria verwys.
Kopiereg voorbehou                                                                                       Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                                                          DBE/November 2019
                                         NSS

BYLAE A

Hierdie bylae moet losgemaak, gekopieer, ingevul, geteken en aan die finale
eksamenwerk (bronboek/werkboek en/of finale produk) geheg word.

NOVEMBER 2019 WERKBOEK/BRONBOEK

1.      Naam van vak          ONTWERP
2.      Vakkode               DSGN

                             VERKLARING VAN EGTHEID

Hierdie werk is onder toesig en sonder enige hulp gedoen. Hiermee word gesertifiseer dat
alle werk ingelewer die oorspronklike en eie werk van die kandidaat is.

Sentrumnommer
Eksamennommer
Distrik/Kring
                                   Handtekening en datum              Skoolstempel
Kandidaat
Skoolhoof
Hooftoesighouer/Onderwyser

NOVEMBER 2019 FINALE PRODUK

1.      Naam van vak          ONTWERP
2.      Vakkode               DSGN

                             VERKLARING VAN EGTHEID

Hierdie werk is onder toesig en sonder enige hulp gedoen. Hiermee word gesertifiseer dat
alle werk ingelewer die oorspronklike en eie werk van die kandidaat is.

Sentrumnommer
Eksamennommer
Distrik/Kring
                                   Handtekening en datum              Skoolstempel
Kandidaat
Skoolhoof
Hooftoesighouer/Onderwyser

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Design P2 Nov 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2019-eng/fc93e39f-fabf-4251-bebc-e56584aef473) — Design · QP · 2019 · Eng
- [Design P2 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2019-afr/d132308d-8aef-46e2-8b85-4abedd3e9445) — Design · QP · 2019 · Afr
- [Design P1 May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/48ce0fb6-150b-444b-9541-ff8e6a549ca2) — Design · QP · 2024 · Afr
- [DESIGN P1 GR12 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-gr12-qp-sept2018-afrikaans/95ab1e71-93b2-4279-a6ee-8696ae4aa645) — Design · QP · 2018 · Afr
- [Design P1 May June 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2019-afr/e7d768af-3df5-4e09-a0a2-7d5142586376) — Design · QP · 2019 · Afr
- [Design P1 May June 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2019-eng/1f095756-9363-44e9-8a3d-d678775d845e) — Design · QP · 2019 · Eng

## More from Grade 12 Design

- [Gr 12 Des ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-des-atp-2023-24/0fd522c6-2d5a-4c5b-9e0b-06e7b199eb25) — ATP
- [Design P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2025-mg-afr/ccc80683-987a-4611-994f-f9eff5587a50) — Memo · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/79defddf-f99d-45c8-840b-73877abd8f11) — Memo · 2025 · Eng
- [Design P1 Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/a85d8220-5a26-4f17-990e-081cb336014f) — Memo · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/5cf24f22-37cf-4c83-99d1-522c23cb4496) — Memo · 2025 · Afr
- [Design P2 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2024-eng/e3c099fa-b074-4932-aa7e-cbc7e78a1e3e) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
