# Economics Grade 12 P1 Gauteng Mock 2016 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2016 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p1-10731-afrikaans-preperatory-2016-question-paper/fdf61b43-38eb-42cf-a562-1cdf2c650211
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 Gauteng Mock 2016 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p1-10731-afrikaans-preperatory-2016-question-paper/fdf61b43-38eb-42cf-a562-1cdf2c650211)

## About this document

Economics · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2016 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

              GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                       VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                                2016
                                10731
                              EKONOMIE
                          EERSTE VRAESTEL

TYD:         2 uur

PUNTE:       150

13 bladsye

         3

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                         EKONOMIE                                     2
                                         (Eerste Vraesstel)              10731 / 16

                    GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                             VOORBEREIDENDE EKSAMEN

                                                                 EKONOMIE
                                                                 (Eerste Vraestel)

                                                                 TYD: 2 uur

                                                                 PUNTE: 150

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK:

            AFDELING A: VERPLIGTEND
            AFDELING B: Beantwoord enige TWEE van die DRIE vrae.
            AFDELING C: Beantwoord enige EEN van die TWEE vrae.

2.    Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Oortollige antwoorde sal NIE
      nagesien word NIE.

3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

4.    Skryf die nommer van die vraag bo-aan die antwoord.

5.    Lees die vrae sorgvuldig.

6.    Begin elke antwoord op ŉ NUWE bladsy.

7.    Los 2 – 3 lyne oop tussen onderafdelings of vrae.

8.    Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
      konteks van jou antwoorde ooreenstem met die vereistes van die vrae.

9.    Gebruik slegs blou of swart ink.

10.   Nie-programmeerbare sakrekenaars mag gebruik word.

11.   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                      b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                      EKONOMIE                                       3
                                      (Eerste Vraesstel)                10731 / 16

AFDELING A

VERPLIGTEND

VRAAG 1                                                 30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1   Verskeie opsies word voorsien as moontlike antwoorde vir die volgende vrae.
      Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – C) langs die
      vraagnommer (1.1.1 – 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK.

      1.1.1     Watter periode van die sakesiklus word geassosieer met stygende
                winste?

                A    Trog
                B    Afswaai
                C    Voorspoed

      1.1.2     In die ekonomiese kringloopmodel is besparings ŉ ...

                A    inspuiting.
                B    lekkasie.
                C    pyl.

      1.1.3     MTBBV word gewoonlik gedurende die maand van ... ter tafel gelê.

                A    Februarie
                B    April
                C    Oktober

      1.1.4     Die doelgerigte manipulering van ŉ wisselkoers na hoër vlakke
                staan bekend as ...

                A    appresiasie.
                B    revaluasie.
                C    devaluasie.

      1.1.5     Nywerheidsbeleid-aksieplanne (IPAP) het ŉ ... jaar aksieplan.

                A    3
                B    5
                C    10

      1.1.6     ŉ Groot taak van die Departement van Handel en Nywerheid is
                om ... uitvoere aan te moedig.

                A    minerale
                B    waarde-toegevoegde
                C    landbou

                                                                                     b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                             EKONOMIE                                          4
                                             (Eerste Vraesstel)                   10731 / 16

      1.1.7     Dit meet die prys van ingevoerde goedere by die punt waar hulle
                die land binnekom.

                A        Produsenteprysindeks (PPI)
                B        Verbruikersprysindeks (VPI)
                C        Ekonomies-aktiewe bevolking (EAB)

      1.1.8     Owerheidsbeleide verwant aan vervaardiging word dikwels ...
                beleide genoem.

                A        ontwikkelings
                B        strukturele
                C        nywerheids                                                   (8x2)    (16)

1.2   Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B om by ŉ item in KOLOM A te pas. Skryf
      slegs die letter (A – I) langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.8) in die
      ANTWOORDBOEK.

               KOLOM A                                     KOLOM B
      1.2.1   Kapitaalmark               A    Die geldeenhede van verskillende lande

      1.2.2   Gemeenskaps-               B    Die verkoopprys van ŉ item is goedkoper
              goedere                         as in die land van oorsprong

      1.2.3   Buitelandse valuta         C    ŉ Nie-tarief hindernis tot handel

      1.2.4   Storting                   D    Die vermoë van die ekonomie om werkers
                                              in ŉ spesifieke gebied te akkommodeer
      1.2.5   Gini koëffisiënt
                                         E    ŉ Vry gebied geskep deur ooreenkomste
      1.2.6   Ruimtelike                      tussen sekere lande
              ontwikkelings-
              inisiatiewe                F    ŉ Situasie vir langtermyn deposito’s en
                                              lenings
      1.2.7   Arbeids-
              absorberingskoers          G Meting van die vlak van inkomste-
                                           ongelykheid
      1.2.8   Handelsblok
                                         H    ŉ Beleid om armoede in sekere gebiede te
                                              verlig

                                         I    Goedere wat nie-mededingend is by die
                                              gebruik daarvan nie
                                                                                 (8x1)         (8)

                                                                                                b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                      EKONOMIE                                       5
                                      (Eerste Vraesstel)                10731 / 16

1.3   Gee ŉ term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs
      die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.6) in die ANTWOORDBOEK neer.

      1.3.1     ŉ Sakesiklus wat tussen drie en vyf jaar duur en veroorsaak word
                deur ondernemings wat hulle voorraadvlakke aanpas

      1.3.2     ŉ Kromme wat die verwantskap tussen die belastingkoers en
                belastinginkomste toon

      1.3.3     Regeringsbeperkings op die aankoop of verkoop van buitelandse
                valuta deur inwoners

      1.3.4     ŉ Beleidsraamwerk vir vaardigheidsontwikkeling in die werksplek

      1.3.5     ŉ Saamgestelde statistiek van lewensverwagting, opvoeding en
                inkome-indekse wat gebruik word om lande volgens menslike
                ontwikkeling te evalueer

      1.3.6     Die gunstigste rentekoers wat handelsbanke vra vir lenings aan
                voorkeurkliënte                                             (6x1)    (6)

                                                           TOTAAL AFDELING A:        30

                                                                                      b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                         EKONOMIE                                           6
                                         (Eerste Vraesstel)                 10731 / 16

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

VRAAG 2 MAKRO-EKONOMIE                                        40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1     Beantwoord die volgende vrae.

        2.1.1     Noem enige TWEE tipes markte in ŉ geslote ekonomie.               (2x1)   (2)

        2.1.2     Wat sal die uitwerking van ŉ oorgewaardeerde rand wees?           (1x2)   (2)

2.2     Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                               MAKRO- EKONOMIESE VERMENIGVULDIGER
                                                           E=Y
                 Uitgawe (E)

                                                                   E¹ = 30+ 0.5Y

                         30                                        E∘ = 20 + 0.5Y

                         20

                                                                        Inkomste (Y)
                                        40       60                     (Y)

        2.2.1     Wat word deur die lyn E = Y voorgestel in die bostaande grafiek?
                                                                               (1x2)        (2)

        2.2.2     Beskryf kortliks die konsep vermenigvuldiger.                     (1x2)   (2)

        2.2.3     Wat is die verwantskap tussen die vermenigvuldiger en die
                  marginale verbruiksgeneigdheid (mpc)?                (1x2)                (2)

        2.2.4     Bereken die vermenigvuldiger vanaf die bostaande inligting.
                  (Toon ALLE berekeninge.)                                                  (4)

                                                                                             b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                       EKONOMIE                                                7
                                       (Eerste Vraesstel)                   10731 / 16

2.3   Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                            AU KONFERENSIE IN SUID-AFRIKA

      Die leiers van die 54 lidlande van die Afrika Unie (AU) sal hulle 25ste
      buitengewone vergadering hou in Suid-Afrika net na die verwagte bekendstelling in
      Egipte op Woensdag van ŉ Drieparty Vrye Handelsarea, wat 26 lande in Suidelike
      en Oos-Afrika behels en ŉ mark skep vir 625 miljoen mense met ŉ bruto
      binnelandse produk van meer as $1 triljoen.

      Die volgepakte agenda sal ook samesprekings insluit om ŉ plan te beraam wat die
      AU meer selfonderhoudend en minder afhanklik sal maak vanaf buitelandse
      skenkings, en hulle eie programme sal befonds.

                                            [Aangepas uit: Mail and Guardian, 09 Junie 2015]

      2.3.1   Noem TWEE redes vir die AU beraad in Suid-Afrika.                 (2x1)      (2)

      2.3.2   Hoekom behoort die AU minder afhanklik te wees van buitelandse
              donasies?                                                 (2x2)              (4)

      2.3.3   Tot watter mate sal Suid-Afrika bevoordeel word deur lid te wees van
              die Drieledige Vryehandelsgebied?                              (2x2)         (4)

2.4   Onderskei kortliks tussen die endogene en eksogene redes vir ŉ sakesiklus.
                                                                            (2x4)          (8)

2.5   Hoe kan die Suid-Afrikaanse regering openbare sektor mislukkings vermy?
                                                                           (4x2)           (8)
                                                                                           [40]

                                                                                               b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                       EKONOMIE                                              8
                                       (Eerste Vraesstel)                    10731 / 16

VRAAG 3 EKONOMIESE STREWES                                 40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1   Beantwoord die volgende vrae.

      3.1.1     Noem TWEE internasionale organisasies wat gestandaardiseerde
                metodes vereis wanneer lande verslag doen van hul ekonomiese
                data.                                                     (2x1)              (2)

      3.1.2     Hoe kan die koste om besigheid te doen die aanbod van goedere
                en dienste beïnvloed?                                    (1x2)               (2)

3.2   Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                             LOODSING VAN NOG ’N NOS

      President Jacob Zuma het die operateurs-permit vir die Dube Handelshawe
      NOS by die King Shaka lughawe in Durban aan die Kwa-Zoeloe Premier,
      Senzo Mchunu oorhandig.

      Die NOS’e is veronderstel om industrialisasie te bevorder en om ŉ
      bewustheid te skep omtrent die Spesiale Ekonomiese Sone-program en die
      gepaarde ekonomiese groeipotensiaal. NOSe het ook werkskepping as
      doelwit deur die vestiging van ŉ gunstige omgewing vir Direkte Buitelandse
      Beleggings en die uitvoer van waarde-toegevoegde kommoditeite. NOSe het
      ook baie tekortkominge gehad, wat bygedra het tot die bekendstelling van die
      nuwe SES-beleid.

      Die nuwe SES-beleid verskaf ŉ raamwerk vir strategiese industrialisasie en
      die ontwikkeling van ŉ wyer reeks van SES’e, wat die breër doelwitte van die
      IPAP en NOP ondersteun.

                             [Aangepas uit: The Citizen, 15 Junie 2015, www.thedti.gov.za]

      3.2.1     Noem TWEE doelwitte van die NOS’e volgens die uittreksel. (2x1)              (2)

      3.2.2     Beskryf kortliks die belangrikste verskil tussen ŉ NOS en ŉ SES.
                                                                              (2x2)          (4)

      3.2.3     Hoe kan die regering direkte buitelandse beleggings na die
                Spesiale Ekonomiese Sones bevorder?                   (2x2)                  (4)

                                                                                              b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                             EKONOMIE                                        9
                                             (Eerste Vraesstel)                10731 / 16

3.3   Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     UOWP – ŉ ontwikkelingsinisiatief in Suid-Afrika

              Ons moet kwaliteit verseker
              sodat die plaveisel vir ewig
                                                                        Die regering
                         hou!!!                                        sorg vir ons!!!

                                                           [Aangepas: Internet Cartoons]

      3.3.1         Gee die betekenis van die afkorting UOWP.                                (1)

      3.3.2         Wat, volgens die spotprent, is die kritiek teen die UOWP?                (1)

      3.3.3         Beskryf kortliks die hoofdoelwitte van die regering met die instelling
                    van die UOWP.                                                   (2x2)    (4)

      3.3.4         Hoe kan die instelling van die UOWP verbeter word in Suid-Afrika?
                                                                                (2x2)        (4)

3.4   Verduidelik armoede en handel as uitdagings in die Noord / Suid verdeling.
                                                                              (2x4)          (8)

3.5   Hoe kan ŉ belegging in sosiale (menslike) kapitaal ekonomiese ontwikkeling
      in Suid-Afrika verbeter?                                               (4x2)           (8)
                                                                                             [40]

                                                                                              b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                      EKONOMIE                                            10
                                      (Eerste Vraesstel)                     10731 / 16

VRAAG 4 MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                          40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1   Beantwoord die volgende vrae.

      4.1.1     Noem TWEE van die sleutel groeisektore van die Geïntegreerde
                Vervaardigingsektor (GVS).                                (2x1)           (2)

      4.1.2     Hoe het die owerheid ekonomiese gelykheid in terme van sy
                betrokkenheid in die onderwys bevorder?              (1x2)                (2)

4.2   Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

         PRAVIN, DIS ’N OPENBARE                       JA! EK MOET DIE
      VAKANSIEDAG – MOET JY RÊRIG                    REKENINGE NAGAAN
              VANDAG WERK?

                                                           STUDENTEFOOIE

                                                           ONDERNEMINGS IN
                                                           STAATSBESIT

                                                           SAL

                                                            RAND

                                                             EKONOMIESE
                                                             INSINKING

                                                                             REALITEITS
                                                                               TOETS

                                                    [Aangepas: Eye Witness News multimedia]

      4.2.1     Watter boodskap word in die spotprent uitgebeeld?                         (2)

      4.2.2     Hoekom is “studentefooie” op die vereffeningsrekening?                    (2)

      4.2.3     Beskryf kortliks die term ekonomiese insinking?                           (2)

      4.2.4     Hoekom is die Ondernemings in Staatsbesit ŉ probleem vir
                openbare sektor voorsiening?                                     (2x2)    (4)

                                                                                           b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                            EKONOMIE                                            11
                                            (Eerste Vraesstel)                10731 / 16

4.3   Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

               Indiensneming, uitset en werklike lone in vervaardiging
              Indices: 2010 = 100

                  Reële salarisse en lone per
                            werker

                            Uitset

                         Indiensneming

                                                       [Bron: SARB Kwartaalverslag, Des 2015]

      4.3.1       Watter neigings toon indiensneming en reële salarisse en lone
                  sedert 2010?                                                 (2x1)            (2)

      4.3.2       Wat is reële salarisse en lone?                                               (2)

      4.3.3       Verduidelik enige doelwit van indiensneming aanwysers in die
                  ekonomie.                                                                     (2)

      4.3.4       Hoe kan arbeidsproduktiwiteit in Suid-Afrika toeneem?            (2x2)        (4)

4.4   Verduidelik bewegende gemiddeldes en die amplitude as kenmerke
      onderliggend aan vooruitskatting.                                            (2x4)        (8)

4.5   Wat is die voordele van goeie regeringsbestuur in die streeksontwikkeling van
      ŉ land?                                                                  (4x2)            (8)
                                                                                                [40]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:             80

                                                                                                 b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                           EKONOMIE                                        12
                                           (Eerste Vraesstel)                 10731 / 16

AFDELING C

Beantwoord EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL                                              PUNTETOEKENNING
Inleiding                                                                  Maks. 2
Liggaam

Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede / In-diepte bespreking /
Ondersoek / Bespreek krities / Ontleed (Analiseer) / Vergelyk /              Maks. 26
Evalueer / Onderskei / Differensieer / Verduidelik / Assesseer /
Debatteer

Addisionele gedeelte: Gee eie mening / Bespreek krities /
Evalueer / Evalueer krities / Teken ŉ grafiek en verduidelik /               Maks. 10
Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik / Voltooi die gegewe
grafiek / Bereken / Lei af / Vergelyk / Verduidelik / Onderskei /
Interpreteer / Debatteer kortliks / Hoe? / Stel voor

Slot

Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:

  ŉ Kort samevatting van dit wat reeds bespreek is, sonder om
   enige feite wat reeds genoem is, te herhaal                               Maks. 2
 Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
 Addisionele ondersteunende inligting wat die bespreking /
   analise versterk
 ŉ Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
 Aanbevelings
TOTAAL                                                                       Maks. 40

VRAAG 5 MAKRO-EKONOMIE                                        40 PUNTE – 40 MINUTE

“Buitelandse valuta raak toenemend belangrik vir die welsyn van ons land.”

   Bespreek buitelandse valutamarkte onder die volgende:

        Verskillende soorte wisselkoerse
        Faktore wat die vraag na buitelandse valuta beïnvloed.              (26 punte)

   Gebruik ŉ grafiek en verduidelik die effek van die rand as daar ŉ invloei van
    toeriste van die VSA na Suid-Afrika is.                                   (10 Punte)   [40]

                                                                                            b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                          EKONOMIE                                    13
                                          (Eerste Vraesstel)             10731 / 16

VRAAG 6 EKONOMIESE STREWES                                 40 PUNTE – 40 MINUTE

“Die prestasie van ekonomieë word geassesseer deur die prestasie te meet volgens
sekere kriteria of standaarde.”

     Bespreek die vernaamste sosiale aanwysers verwant aan die volgende:

           Demografie
           Dienste
           Behuising en verstedeliking                                (26 Punte)

     Hoe kan gelyke verdeling van inkome as ŉ makro-ekonomiese doelwit bereik
      word deur die regering in Suid-Afrika?                       (10 Punte)         [40]

                                                               TOTAAL AFDELING C:      40

                                                                         TOTAAL:      150

                                            EINDE

## Related documents

- [Gr12 Economics P1 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-economics-p1-afrikaans-sep-2022-question-paper/4b579af8-e0b1-4689-a729-7d9986eea052) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P1 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p1-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/468fe2d7-94f8-43ec-88c6-86cf12e31969) — Economics · QP · 2020 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P1 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p1-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-question-paper/37295a41-5de8-4317-9725-dc223714aee3) — Economics · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P1 10732 Preperatory 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p1-10732-preperatory-2016-question-paper/8884cdb4-c823-4ba2-8a07-6b46ac43f95c) — Economics · QP · 2016
- [Gr12 Economics P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-economics-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/82e9d47a-c817-4545-9700-e9e2b9b7de9b) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/d34a6a9d-f432-46f7-873d-1a849eb9a1cc) — Economics · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024
- [ECONOMICS P1 GR12 QP JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-june-2024-afrikaans/c346a16c-1f30-4d4f-bcd0-fc46002d1c9d) — QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/4e5fd6f8-b056-49dd-befb-68b8106fad9c) — Memo · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2024-afrikaans/8c1cb29b-6587-4828-ae16-d72e2952b976) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
