# Economics Grade 12 P1 Gauteng Mock 2016 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2016 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p1-10732-afrikaans-preperatory-2016-question-paper/ce8ebc65-069c-4337-bed3-e4a5445092aa
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 Gauteng Mock 2016 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p1-10732-afrikaans-preperatory-2016-question-paper/ce8ebc65-069c-4337-bed3-e4a5445092aa)

## About this document

Economics · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2016 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                     VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                              2016
                              10732
                            EKONOMIE
                        TWEEDE VRAESTEL

TYD:       2 uur

PUNTE: 150

12 bladsye

       3

                                                  b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                              EKONOMIE                                2
                                              (Tweede Vraestel)          10732 / 16

                    GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                         VOORBEREIDENDE EKSAMEN – 2016

                                               EKONOMIE
                                               (Tweede Vraestel)

                                               TYD: 2 uur

                                               PUNTE: 150

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK:

            AFDELING A: VERPLIGTEND
            AFDELING B: Beantwoord TWEE van die DRIE vrae.
            AFDELING C: Beantwoord EEN van die TWEE vrae.

2.    Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Oortollige antwoorde sal NIE
      nagesien word NIE.

3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

4.    Skryf die nommer van die vraag bo-aan die antwoord.

5.    Lees die vrae sorgvuldig.

6.    Begin elke antwoord op ŉ NUWE bladsy.

7.    Los 2 – 3 lyne oop tussen onderafdelings van vrae.

8.    Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
      konteks van jou antwoorde ooreenstem met die vereistes van die vrae.

9.    Gebruik slegs blou of swart ink.

10.   Nie-programmeerbare sakrekenaars mag gebruik word.

11.   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                      b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                               EKONOMIE                              3
                                               (Tweede Vraestel)        10732 / 16

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                   30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1   Verskeie opsies word voorsien as moontlike antwoorde vir die volgende vrae.
      Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – C) langs die
      vraagnommer (1.1.1 – 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK.

      1.1.1     ŉ Patent wat iemand ŉ eksklusiewe reg gee om ŉ produk te
                vervaardig, is kenmerkend van ŉ ... monopolie.

                A    kunsmatige
                B    natuurlike
                C    plaaslike

      1.1.2     ŉ Mark met groot regeringsinvloed en –beheer word as ... beskryf.

                A    ongereguleerd
                B    gereguleerd
                C    gedereguleer

      1.1.3     Die waarde van insette wat deur die entrepreneur besit en in die
                produksieproses aangewend word, staan as ... koste bekend.

                A    veranderlike
                B    eksplisiete
                C    implisiete

      1.1.4     As ŉ reël, behoort ŉ firma dit te oorweeg om sy besigheid te sluit
                by die punt waar ...

                A    MK = GVK.
                B    MI = GK.
                C    MK = MI.

      1.1.5     ŉ Monetêre maatreël wat inflasie beheer is ...

                A    die belastingkoerse.
                B    die rentekoerse.
                C    BTW.

      1.1.6     Die organisasie wat verantwoordelik is vir die bemarking van Suid-
                Afrika as ŉ toeristebestemming is ...

                A    SATOER.
                B    die Departement van Toerisme.
                C    Toere in die toekoms.

                                                                                     b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                               EKONOMIE                               4
                                               (Tweede Vraestel)        10732 / 16

      1.1.7     ŉ Strategie gerig om volhoubare gebruik en bestuur van natuurlike
                hulpbronne te bereik, word na verwys as ...

                A     kondensasie.
                B     samewerking.
                C     beskerming.

      1.1.8     Die aanvaarding van ŉ spesifieke wydte waarbinne die monetêre
                owerheid die verhoging van pryse moet beheer staan bekend as ...

                A     prysverhogings.
                B     inflasieteiken.
                C     pryskontrole.
                                                                              (8x2)   (16)

1.2   Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B om by ŉ item in KOLOM A te pas. Skryf
      slegs die letter (A – I) langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.8) in die
      ANTWOORDBOEK.

               KOLOM A                                 KOLOM B
      1.2.1   Normale wins           A   ŉ Indeks wat die prys van ŉ vaste
                                         “mandjie” goedere en dienste meet
      1.2.2   Meriete goedere
                                     B   Wanneer dit onmoontlik is om die welvaart
      1.2.3   Pareto-                    van een persoon te verhoog sonder om die
              doeltreffendheid           welvaart van ŉ ander persoon te verlaag

      1.2.4   Duopolie               C   Twee nywerhede wat ŉ sekere mark
                                         oorheers
      1.2.5   Hooflyninflasie
                                     D   Die hoeveelheid organismes gevind binne
      1.2.6   Inheemse Kennis            ŉ spesifieke geografiese gebied
              Stelsel (IKS)
                                     E   Monopoliste word gesien as mededingend
      1.2.7   Bewaring                   vriendelik

      1.2.8   Biodiversiteit         F   Om iets onveranderd te hou

                                     G Gemiddelde inkomste = gemiddelde koste

                                     H   Normaalweg ondergeproduseer in ŉ mark
                                         bv. onderwys

                                     I   Tradisionele manier om goed op ŉ unieke
                                         manier te doen gegewe ŉ sekere kultuur of
                                         gemeenskap                          (8x1)    (8)

                                                                                       b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                EKONOMIE                                5
                                                (Tweede Vraestel)          10732 / 16

1.3   Identifiseer die term wat beskryf word deur elk van die volgende stellings.
      Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.6) in die
      ANTWOORDBOEK.

      1.3.1     Verkoop van goedere of dienste aan verskillende kopers teen
                verskillende pryse

      1.3.2     Pryse wat laer as die ewewigsprys in die mark vasgestel word en
                armes groter toegang tot goedere en dienste gee

      1.3.3     Die ekstra koste aangegaan as produksie met een eenheid
                toeneem

      1.3.4     Lae groei, hoë werkloosheid en hoë inflasiekoers kom gelyktydig
                voor

      1.3.5     Suid-Afrikaners wat na ander lande reis

      1.3.6     Die vermoë om huidige behoeftes te bevredig sonder om die
                bevrediging van behoeftes van toekomstige generasies te
                benadeel
                                                                                (6x1)   (6)

                                                             TOTAAL AFDELING A:         30

                                                                                         b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                            EKONOMIE                                  6
                                                            (Tweede Vraestel)            10732 / 16

AFDELING B

Beantwoord TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

VRAAG 2         MIKRO-EKONOMIE                                          40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1       Beantwoord die volgende vrae.

          2.1.1     Noem TWEE segmente (elastisiteit) van ŉ geknakte vraagkurwe
                    van ŉ oligopolie.                                         (2x1)                   (2)

          2.1.2     Hoe kan die dominante firma in ŉ oligopolistiese mark die prys van
                    ŉ produk beïnvloed?                                           (1x2)               (2)

2.2       Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

                         EWEWIG IN ŉ MONOPOLISTIESE MARK

      Prys
                                                                  LMK           LGK
      Koste
      Inkomste

                                      f
          150

                                                        c
                                      g                     a
          100
           90                                      d

           50                             b

                                                                                VV/GI
                                              MI

                                    50             60                                 Hoeveelheid

          2.2.1     Bogenoemde ewewigsposisie dui ŉ (kort / lang) termyn aan.                         (1)

          2.2.2     Dui die winsmaksimeringspunt aan.                                                 (1)

          2.2.3     Hoekom sal die monopolis 50 eenhede produseer eerder as 60?
                                                                                 (2x2)                (4)
          2.2.4     Bereken die wins of verlies van hierdie monopolis. Toon ALLE
                    berekeninge.                                                                      (4)

                                                                                                       b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                      EKONOMIE                                            7
                                                      (Tweede Vraestel)               10732 / 16

2.3        Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

            Mededingingskommissie ondersoek glasmaatskappye vir sameswering.

      Die Mededingingskommissie is besig met ŉ ondersoek na aanleiding van gerugte dat
      Glasfit, PG Glass, Shutterprufe en Digicall saamsweer. Dit is tipiese karteloptrede

      Shutterprufe het blykbaar voertuigglas aan PG Glass en Glasfit verskaf, terwyl Digicall die
      glasverwante versekeringseise namens PG Glass en Glasfit gedoen het.

      Die ondersoek word gedoen nadat sommige onafhanklike glasinstalleringsbesighede
      beweer het dat PG Glass se gesamentlike optrede kompetisie voorkom het in die
      motorvoertuig glasherstel en installeringsmark.
                                                            [Aangepas vanaf www.bdlive.co.za, 23 Maart 2016]

           2.3.1      Noem die organisasie wat die nie-mededingende gedrag van die
                      maatskappye in Suid-Afrika ondersoek.                                              (1)

           2.3.2      Watter nie-mededingende optrede word ondersoek, volgens die
                      uittreksel?                                                                        (1)

           2.3.3      Beskryf kortliks die term kartel.                                                  (2)

           2.3.4      Watter regstellende maatreëls kan ingestel word teen hierdie
                      maatskappye as hulle skuldig bevind word?                                          (2)

           2.3.5      Hoe kan die samespanningsgedrag van hierdie maatskappye die
                      ekonomie beïnvloed?                                     (2x2)                      (4)

2.4        Verduidelik die redes waarom ŉ koste-voordeel-ontleding gedoen word
           wanneer ŉ projek onderneem word.                               (4x2)                          (8)

2.5        Hoe kan ŉ monopolistiese mededinger sy markaandeel vergroot?
                                                                                            (4x2)        (8)
                                                                                                         [40]

                                                                                                           b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                    EKONOMIE                                      8
                                                    (Tweede Vraestel)             10732 / 16

VRAAG 3 KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1   Beantwoord die volgende vrae.

      3.1.1     Noem TWEE items wat uitgesluit is van die VPI-mandjie wanneer
                kerninflasie bereken word.                                (2x1)                   (2)

      3.1.2     Hoekom is sommige plante en diere op die bedreigde lys?                 (1x2)     (2)

3.2   Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord vrae wat volg.

                  DIE EFFEK VAN INFLASIE OP SALARISSE

              Wel ten                            Eish!!! Hierdie
              minste is
              my kop nog                         inflasie is baie hoër
              bo water                           as die doelwit in
                                                 Suid-Afrika.

                           Salarisse

                                                               Inflasie

                                       [Aangepas: https: // app.hedgeye.com / insights / 36953]

      3.2.1     Wat is die inflasieteiken in Suid-Afrika?                                         (2)

      3.2.2     Wat is koste-druk inflasie?                                                       (2)

      3.2.3     Wat is die effek van inflasie op salarisse?                                       (2)

      3.2.4     Wat kan die owerheid doen om die invloed wat die impak van
                salarisverhogings op inflasie het te beïnvloed?            (2x2)                  (4)

                                                                                                   b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                 EKONOMIE                                  9
                                                 (Tweede Vraestel)           10732 / 16

3.3    Lees die artikel hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

                    Eskom faktor – CO2 en klimaatsverandering

      Gedurende die 2011 finansiële jaar, was 93% van die elektrisiteit deur
      Eskom vervaardig van steenkoolvervaardigde stasies. Hierdie stasies is
      gebou om lae koste en volop plaaslike bronne te gebruik en om in staat te
      wees om ŉ swakker gehalte steenkool te gebruik, wat die beter kwaliteit
      steenkool vir industrieë en uitvoere laat. Alhoewel die gebruik van
      steenkoolbasis- elektrisiteit ŉ geweldige impak op die omgewingsvoetspoor
      het.

      Kweekhuisgasse van die elektrisiteitsektor word beraam op ongeveer 45%
      van Suid-Afrika se uitlaatgasse. As Eskom se koolstofvoetspoor gemeet
      word teen die sewe grootste ontwikkelde en ontwikkelende ekonomieë as
      maatstaf, is Eskom die tweede hoogste bydraer tot CO2.

                                                     [Vrye vertaling: www.eskom.co.za]

       3.3.1     Watter hulpbron word hoofsaaklik gebruik om elektrisiteit op te wek
                 in Suid-Afrika?                                                           (1)

       3.3.2     Hoeveel is Eskom se kweekhuisbydrae in Suid-Afrika?                       (1)

       3.3.3     Wat is ŉ koolstofvoetspoor?                                               (2)

       3.3.4     Hoe beïnvloed kweekhuisgasse klimaatsverandering?                         (2)

       3.3.5     Hoekom dink jy vind Eskom dit moeilik om hulle omgewings-
                 voetspoor te verminder terwyl hulle steeds elektrisiteit vir die land
                 opwek?                                                            (2x2)   (4)

3.4    Verduidelik die impak van inflasie op debiteure en krediteure.             (2x4)    (8)

3.5    Hoekom is chemiese afval en gevaarlike afval twee van die wêreld se
       grootste bekommernisse in terme van ŉ volhoubare omgewing?                 (2x4)    (8)
                                                                                           [40]

                                                                                            b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                    EKONOMIE                                 10
                                                    (Tweede Vraestel)        10732 / 16

VRAAG 4 MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                          40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1   Beantwoord die volgende vrae.

      4.1.1        Noem TWEE kenmerke van ŉ oligopolie.                              (2x1)   (2)

      4.1.2        Wat is die effek van mededinging op inflasie?                     (1x2)   (2)

4.2   Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg

                             NEGATIEWE EKSTERNALITEITE – ŉ OORSAAK VIR
                                         MARKMISLUKKING
        Prys en
       koste (R)

                         V                                       SMK1

                                                                          SMK
                                               b
              P1
                                                           a
               P

                                                                            V

                                               Q1          Q                Hoeveelheid

      4.2.1        Watter kurwe dui die sosiale koste vir die gemeenskap aan?                (1)

      4.2.2        Gee EEN voorbeeld van ŉ negatiewe eksternaliteit.                         (1)

      4.2.3        Beskryf kortliks die begrip markmislukking.                               (2)

      4.2.4        Verduidelik die impak van ŉ positiewe eksternaliteit op sosiale
                   voordele.                                                                 (2)

      4.2.5        Gebruik die grafiek om te verduidelik hoekom ŉ negatiewe
                   eksternaliteit sal lei tot surplus goedere wat geproduseer word in
                   die ekonomie.                                                  (2x2)      (4)

                                                                                              b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                   EKONOMIE                                    11
                                                   (Tweede Vraestel)           10732 / 16

4.3       Bestudeer die prent en beantwoord die vrae wat volg.

                                 OMGEWINGSVOLHOUBAARHEID

               VORENTOE KYK IS DIE
             SLEUTEL TOT EKONOMIESE
               GROEI. MOENIE TERUG-
                      KYK NIE.
                                      NASIONALE
      Noem jy dit                       PARK
      ekonomiese groei?

                                                     [Bron: google soek: pollution cartoons]

          4.3.1      Noem TWEE tipes besoedeling wat teenwoordig is in die prent.
                                                                                (2x1)          (2)

          4.3.2      Wat is die boodskap van die spotprent?                                    (2)

          4.3.3      Bespreek kortliks die term besoedeling.                         (1x2)     (2)

          4.3.4      Hoe kan die regering inmeng om ŉ skoner omgewing te verseker?
                                                                              (2x2)            (4)

4.4       Verduidelik ondoeltreffendheid in die ekonomie as ŉ gevolg van
          markmislukking.                                                            (4x2)     (8)

4.5       Watter effek het geadministreerde pryse op verbruikerspryse in Suid-Afrika?
                                                                                   (4x2)       (8)
                                                                                               [40]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:            80

                                                                                                b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                    EKONOMIE                                   12
                                                    (Tweede Vraestel)            10732 / 16

AFDELING C
Beantwoord slegs EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

                                                                                      PUNTE
                           STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                                    TOEKENNING
Inleiding                                                                             Maks. 2
Inhoud:
  Hoofdeel: Bespreek volledig / Verduidelik in diepte / Ondersoek /                   Maks. 26
     Bespreek krities / Analiseer / Vergelyk / Evalueer / Onderskei /
     Verduidelik / Assesseer / Debatteer.
  Addisionele deel: Gee eie opinie / Bespreek krities / Evalueer /
     Evalueer krities / Teken ŉ grafiek en verduidelik / Gebruik die grafiek
     verskaf en verduidelik / Voltooi die gegewe grafiek / Bereken / Afgelei /
     Vergelyk / Verduidelik / Onderskei / Interpreteer / Debatteer kortliks /          Maks. 10
     Hoe? / Stel voor / Gebruik die inligting en argumenteer / Debatteer

Gevolgtrekking
Enige relevante hoër orde gevolgtrekking wat die volgende insluit:
 ŉ Kortlikse opsomming van wat bespreek is / analise sonder om feite wat
    reeds in die inhoud genoem is te herhaal
 ŉ Opinie of waarde beoordeling van die feite wat bespreek is                          Maks. 2
 Addisionele ondersteunende inligting om die bespreking / analise te
    versterk
 ŉ Teenstellende uitgangspunt met ŉ motivering, soos benodig
 Aanbevelings
TOTAAL                                                                                    40

VRAAG 5 MIKRO-EKONOMIE                                         40 PUNTE – 40 MINUTE

“Markte word oor die algemeen as volmaakte- en onvolmaakte markte gekategoriseer.
In die werklikheid bestaan daar egter baie min voorbeelde van volmaakte markte.”

        Ondersoek volledig, die vereistes van ŉ volmaakte mark.                 (26 punte)

        Teken ŉ duidelike benoemde grafiek wat die wins wat ŉ individuele produsent in
         ŉ volmaakte mark oor die langtermyn sal maak, toon.                  (10 punte)       [40]

VRAAG 6 KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES                       40 PUNTE – 40 MINUTE

“Toerisme verhoog wêreldwyd.”

         Bespreek die effekte van toerisme breedvoerig.                         (26 punte)

      Hoe kan plaaslike toerisme bevorder word in Suid-Afrika?                  (10 punte)    [40]

                                                                   TOTAAL AFDELING C:          40

                                                                                 TOTAAL:       150

                                               EINDE

## Related documents

- [Gr12 Economics P1 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-economics-p1-afrikaans-sep-2022-question-paper/4b579af8-e0b1-4689-a729-7d9986eea052) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P1 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p1-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/468fe2d7-94f8-43ec-88c6-86cf12e31969) — Economics · QP · 2020 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P1 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p1-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-question-paper/37295a41-5de8-4317-9725-dc223714aee3) — Economics · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P1 10732 Preperatory 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p1-10732-preperatory-2016-question-paper/8884cdb4-c823-4ba2-8a07-6b46ac43f95c) — Economics · QP · 2016
- [Gr12 Economics P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-economics-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/82e9d47a-c817-4545-9700-e9e2b9b7de9b) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/d34a6a9d-f432-46f7-873d-1a849eb9a1cc) — Economics · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024
- [ECONOMICS P1 GR12 QP JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-june-2024-afrikaans/c346a16c-1f30-4d4f-bcd0-fc46002d1c9d) — QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/4e5fd6f8-b056-49dd-befb-68b8106fad9c) — Memo · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2024-afrikaans/8c1cb29b-6587-4828-ae16-d72e2952b976) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
