# Economics Grade 12 P1 Gauteng Mock 2015 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Economics Paper 1 memorandum from the Gauteng Mock Exam 2015 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p1-afrikaans-2015-preparatory-examination-possible-answers/e38d61f8-29b0-4231-8da7-92655e14aede
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2015
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 Gauteng Mock 2015 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p1-afrikaans-2015-preparatory-examination-possible-answers/e38d61f8-29b0-4231-8da7-92655e14aede)

## About this document

Economics · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2015 · Afrikaans. Memorandum, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

  GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
       VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                 2015

           MEMORANDUM

VAK:                 EKONOMIE V1 (10731)

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                    10731/15

                    GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                             VOORBEREIDENDE EKSAMEN

                                        EKONOMIE
                                      (Eerste Vraestel)

                                      MEMORANDUM

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1   MEERVOUDIGE KEUSEVRAE

      1.1.1   A   (kapitaalmark) 
      1.1.2   B   (resessie) 
      1.1.3   B   (1 April tot 31 Maart) 
      1.1.4   C   (portefeulje) 
      1.1.5   A   (staatsbelasting op invoere en uitvoere) 
      1.1.6   A   (3%)
      1.1.7   C   (tegnologie) 
      1.1.8   C   (werkverskaffing)                                             (8x2) (16)

1.2   PASITEMS

      1.2.1   B   (Beweging van goedere en dienste tussen verskillende deelnemers
                  in die ekonomiese kringloop) 
      1.2.2   C   (Tydsduur tussen 15 en 20 jaar) 
      1.2.3   D   (ŉ Volle of gedeeltelike besit staatsbeheerde onderneming of
                  staatsagentskap)
      1.2.4   A   (Die prys van een land se monetêre eenheid, in terme van ŉ ander
                  land se monetêre eenheid .
      1.2.5   G   (ŉ Persentasie vermindering in die totale belasting betaalbaar.) 
      1.2.6   F   (Proses waar die lewensstandaard van die meerderheid van die
                  inwoners van ŉ land mense verbeter.) 
      1.2.7   E   (ŉ Plan vir Suid-Afrika om teen 2030 armoede te bestry en
                  ongelykhede te verminder.) 
      1.2.8   H   (Die verhouding tussen invoer- en uitvoerpryse)                (8x1)   (8)

1.3   IDENTIFISEER KONSEPTE

      1.3.1   Nie-uitsluiting/vry-ryer
      1.3.2   vermenigvuldiger
      1.3.3   uitvoerbevordering
      1.3.4   dumping/storting
      1.3.5   arbeidsproduktiwiteit
      1.3.6   ekstrapolasie                                                     (6x1)    (6)

                                                            TOTAAL AFDELING A:            30

                                             1

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                   10731/15

AFDELING B

Beantwoord TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2

2.1     2.1.1     Noem enige TWEE argumente ten gunste van vryhandel.
                 
                     Spesialisasie
                     Ekonomiese skale
                     Groter verbruikerskeuses
                     Mededinging en innovasie                Enige (2x1)            (2)

        2.1.2    Hoe sal ŉ swak wisselkoers (rand) Suid-Afrikaanse uitvoere
                 beinvloed?

                       Uitvoere sal goedkoper word.                     (1x2)       (2)

2.2     Data Respons

        2.2.1    Identifiseer ŉ siklus en ŉ amplitude op die diagram.

                     Siklus: ACE
                     Amplitude: AB/CD/EF                                 (2x1)      (2)

        2.2.2    Beskryf AC op die diagram.

                       Dit dui aan ŉ afswaaifase/afname in ekonomiese
                        aktiwiteite/inkrimping                           (1x2)      (2)

        2.2.3    Wat is die belangrikheid van G op die diagram?

                     Tendens (G) dui die langtermyn-rigting van die ekonomie
                      aan.                                                          (2)

        2.2.4    Hoe kan fiskale maatreëls toegepas kan word om die
                 ekonomiese aktiwiteite van C tot E op die diagram te verhoog?

                     Uitgebreide fiskale beleid is nodig. 
                     Toename in staatsbesteding
                     Afname in belasting                                (2x2)      (4)

                                            2

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                      10731/15

2.3   Data Respons

      2.3.1      Noem TWEE voorbeelde van belasting op goedere.

                      BTW
                      invoerregte                                           (2x1)      (2)

      2.3.2      Beskryf die term basiese pryse

                        Basiese pryse verteenwoordig die bedrag wat die produsent
                         ontvang van die verbruiker/bedrag betaalbaar aan die
                         verskaffers van die produksiefaktore/die aanvanklike pryse
                         in die produksie van finale goedere en dienste – voor
                         belasting en subsidies in ag geneem word.                     (2)

      2.3.3      Watter nasionale berekening-metode sluit die berekening van
                 basiese pryse in?

                      Bestedingsmetode
                            of
                      Inkomemetode                                         (1x2)      (2)

      2.3.4      Bereken die waarde van (A). Dui ALLE berekeninge aan.

                                                                   R miljard
                    Bruto waarde toegevoeg teen basiese pryse        200
                    Belasting op goedere                              30
                    Minus subsidies op goedere                        16
                    Bruto Binnelandse Produk teen markpryse          214
                                         Maks 2 as slegs die antwoord gegee word         (4)

2.4   Onderskei tussen ŉ stabiele (vaste) maar aanpasbare wisselkoers en ŉ
      beheerde wisselkoers.

              Stabiele (vaste) maar aanpasbare wisselkoers
             Die staat bepaal die wisselkoers. 
             Dit verklaar die pariwaarde van die geldeenheid in terme van goud. 
              bv. $1=1ons goud. 
             Die pariwaarde verwys na die prys waarteen dit teruggekoop sal word
              en word gesien as ŉ spesifieke mikpunt. 
             Die waarde van die geldeenheid word toegelaat om te beweeg binne ŉ
              toegelate wisseling/skommeling. 
             Die wisselkoers word gehandhaaf binne in voorafbepaalde speling, bv 1
              persent, d.w.s. tussen $0.99 en $1.01 = 1 ons goud.  (Maks 4)

                                             3

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                      10731/15

             Beheerde wisselkoers
            Die waarde van die wisselkoers word bepaal deur markkragte. 
            Die waarde word toegelaat om te wissel tussen ŉ voorafbepaalde
             grens. 
            Monetêre owerhede tree in deur die aankoop en verkoop van
             buitelandse valuta. 
            Hulle beinvloed dus die vraag en aanbod van buitelandse valuta. 
                                                                        (Maks. 4)        (8)

2.5   Hoe kan Suid Afrika voordeel trek deur uitvoere na buitelandse markte
      te subsidieer?

            ŉ Uitvoersubsidie is ŉ aansporing wat aangebied word aan
             produsente wat uitvoerpotensiaal het/finansiële bystand deur die staat
             aan nywerhede wat uitvoerpotensiaal het. 
            Die doel is om invoerkoste te verminder en om industrië aan te
             moedig om meer uit te voer. 
            Hulle sal kan meeding op internasionale basis. 
            Subsidies verminder die uitvoerwaarde en maak dit aantrekliker vir
             die oorsese markte. 
            Dit verhoed ook surplus voorraad wat ŉ negatiewe impak op die
             plaaslike ekonomie het.                                        (4x2)      (8)
                                                                                         [40]

                                            4

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                   10731/15

VRAAG 3

3.1   3.1.1   Noem enige TWEE oorwegings wat gebruik kan word om ŉ
              ekonomie te assesseer.

                    Prestasies
                    Vergelykings
                    Spesifikasies
                    Doeleindes
                    Voorsorgmaatreëls                              (Enige 2x1)      (2)

      3.1.2   Hoe kan progressiewe persoonlike inkomstebelasting gebruik
              word om ongelykhede in Suid-Afrika te verminder?

                    Hoërinkomste groepe betaal ŉ hoër belastingkoers as laer
                     inkomste groepe
                    Dit verminder die inkomstegaping tussen verskillende
                     groepe in die samelewing. 
                    Die belasting word aangewend om gratis maatskaplike
                     dienste aan die gemeenskap te bied. 
                     (Aanvaar enige ander relevante antwoord.)      Enige (1x2)       (2)

3.2   Data Respons

      3.2.1   Wat, volgens die uittreksel, is die grootste bydraer tot die
              onderprestasie in die Suid-Afrikaanse ekonomie?

                  Arbeidsintensiewe sektore soos klerasie en skoene hou aan
                   om te onderpresteer.                                             (2)

      3.2.2   Beskryf die begrip deindustrialisasie.

                    Proses van verandering wat veroorsaak word deur die
                     verwydering of vermindering van nywerheidskapasiteit of
                     nywerheidsaktiwiteit, spesifiek swaarnywerhede of
                     vervaardigingsnywerhede in ŉ land of streek.
                     (Aanvaar enige ander aanvaarbare antwoord)                     (2)

      3.2.3   Verduidelik hoe Suid-Afrika dieselfde groei soos ander
              ontwikkelende lande kan behaal.

                    Suid-Afrika moet die vervaardigingsektor gebruik om groei in
                     die ander sektore te stimuleer. 
                     (Aanvaar enige ander aanvaarbare antwoord)                       (2)

                                          5

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                 10731/15

      3.2.4   Hoe verskil ‘n groeivermenigvuldiger van ŉ werksvermenig-
              vuldiger nywerheid?

                    Werksvermenigvuldiger-nywerhede: Sommige
                     nywerhede is baie arbeidsintensief. Werkskepping is baie
                     maklik in hierdie sektor. 

                    Groeivermenigvuldiger-nywerhede: Sommige nywerhede
                     konsentreer meer op produksievlakke/uitset, soos kapitaal
                     intensiewe-nywerhede. 
                     (Aanvaar enige ander relevante antwoord)            (2x2)      (4)

3.3   Data Respons

      3.3.1   Identifiseer TWEE sosiale aanwysers uit die tabel.

                  Lewensverwagtinge
                  Verwagte jare van skoolopleiding
                  BNI per kapita                                  Enige (2x1)     (2)

      3.3.2   Beskryf die konsep Menslike Ontwikkelingsindeks

                  MOI is ŉ opsomming van langtermyn-progressie van drie
                   basiese dimensies van menslike ontwikkeling: ŉ lang en
                   gesonde lewe, toegang tot kennis en ŉ behoorlike
                   lewenstandaard.                                     (1x2)      (2)

      3.3.3   Wat dui daarop dat Suid Afrikaners finansieël beter daaraan
              toe is in 2013 as in 1980?

                    Die BNI het toegeneem vanaf 9.756 tot 11.788.     (1x2)      (2)

      3.3.4   Hoe kan die verwantskap tussen lewensverwagting en
              verwagte jare van skoolopleiding ekonomiese groei
              beinvloed?

                    ŉ Lae lewensverwagting beinvloed negatief, vaardighede
                     gaan gou verlore en produksievlakke word beinvloed. 
                    Verhoogde jare op skool, maar lewensverwagting steeds
                     dieselfde, meer vaardighede maar korter produktiewe
                     jare. 
                     (Aanvaar enige ander relevante antwoord)             (2x2)     (4)

                                         6

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                     10731/15

3.4   Verduidelik Produksie Prys Indeks as ŉ ekonomiese aanwyser.

            Die PPI word gebruik om die VPI te voorspel.
            Dit meet die prys waar die eerste handelstransaksie plaasvind.
            Die prys van ingevoerde goedere word gemeet by die plek waar dit die
             land binne kom.
            Die prys van vervaardigde goedere word gemeet wanneer dit die
             fabriek verlaat en is nie verbind aan die verkoopprys aan die verbruiker
             nie.
            Die PPI sluit in kapitaal en halfverwerkte goedere en sluit dienste
             uit.
            Die PPI meet die koste van produksie en nie die lewenskoste nie.
                                                                                 (4x2)    (8)

3.5   Waarom kan die term ongebalanseerd beskryf word as hoofrede vir die
      Noord/Suid verdeling?

         Die Noorde word aangesien as meer ontwikkeld as die Suide. 
         Die Noorde het hoër lewensstandaarde as die Suide. 
         Die Noorde voer vervaardigde produkte uit, terwyl die Suide primêre
           produkte uitvoer. 
         Baie lande in die Suide is afhanklik van die Noorde vir hulle
           voortbestaan bv. lenings ens. 
          (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                   (Enige 4x2)         (8)
                                                                                         [40]

                                             7

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                         10731/15

VRAAG 4

4.1.1   Noem enige TWEE lede van die G8-lande.

            Rusland
            Kanada
            Frankryk
            Italië
            Amerika
            Engeland
            Duitsland
            Japan                                                        Enige (2x1)      (2)

4.1.2   Watter effek sal volgehoue beurtkrag op buitelandse beleggings Suid-
        Afrika hê?

            Dit sal buitelandse beleggings in Suid-Afrika verminder. 
             (Aanvaar enige relevante antwoord.)                                            (2)

4.2     Data respons

        4.2.1     Noem die TWEE deelnemers wat nie in die diagram ingesluit
                  is nie.

                         Die staat 
                         Buiteland                                             (2x1)       (2)

        4.2.2     Beskryf die begrip lekkasies

                          Uitvloei van geld uit die ekonomie                             (2)

        4.2.3     Identifiseer TWEE lekkasies in ŉ geslote ekonomie.

                          Besparing
                          Belasting                                            (2x1)      (2)

        4.2.4     Verduidelik die vermenigvuldiger-effek as daar ŉ groot
                  belegging in die ekonomie plaasvind.

                      ŉ Belegging beteken ŉ invloei van geld in die ekonomie. 
                      Dit sal die welstand van die land verhoog. 
                      Die vraag na goedere en dienste sal hoër wees en dit sal die
                       aanbod van goedere en dienste stimuleer. 
                      ŉ Toename in aanbod sal die vraag na produksiefaktore
                       stimuleer. 
                      Dit kan lei tot ŉ toename in ekonomiese aktiwiteite, bv. werk-
                       skepping.                                              (2x2)       (4)

                                             8

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                   10731/15

4.3   Data Respons

      4.3.1       Noem TWEE redes vir die nywerheidsaksie in the platinum
                  mynbedryf volgens die spotprent.

                      Lae lone 
                      Geen behoorlike huise en sanitasie                     (2x1)   (2)

      4.3.2       Beskryf TWEE effekte van nywerheidsaksie op besighede op
                  die korttermyn.

                      Besighede verloor winste. 
                      Afname in verkope. 
                       (Aanvaar enige relevante antwoord)                      (2x2)   (4)

      4.3.3       Wat is die positiewe sosiale impak van nywerheidsaksie op
                  die langtermyn?

                      Daar kan gekyk word na die pleidooi van die werkers. 
                      Werkers kan ŉ toename in hul salaris ontvang en dit kan
                       hulle lewenstandaard verhoog. 
                      Sosiale-ekonomiese omstandighede kan verander bv.
                       verskaffing van huise deur die staat. 
                       (Aanvaar enige ander relevante antwoord)        Enige (2x2)     (4)

4.4   Bespreek kortliks die styging in besteebare inkomste en internasionale
      toerisme as vraagredes vir internasionale handel.

                 Verhoging in besteebare inkomste
                  - Verbruikers is geneig om hulle vraag na goedere en dienste te
                     verhoog indien hul besteebare inkomste verhoog. 
                  - Indien die plaaslike mark nie aan hul behoeftes kan voldoen, nie
                     sal hulle na ander lande kyk vir hierdie goedere en dienste. 
                  - Indien die sosiale status van mense verhoog, is hulle geneig om
                     hul vraag vanaf plaaslike produkte na internasionale produkte
                     oor te skakel.                                 Maks 4

                 Internasionale toerisme en migrasie
                  - Mense word voorgestel aan nuwe tegnologie en smake as hulle
                      ander lande besoek. 
                  - Nuwe behoeftes ontstaan en sodanige goedere word dan
                      ingevoer.                               Maks 4
                                                                          (2x4)        (8)

                                             9

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                10731/15

4.5   Hoe doeltreffend was die gebruik van aansporings in die totstand-
      koming van nuwe besighede in die Nywerheidsontwikkelingsones
      (NOS). Motiveer jou antwoord.

            Aansporings om in NOS te investeer

               Belastingvrye aansporings – belastingvrye invoere van
                grondstowwe of halfverwerkte produkte. 
               Vaardigheidsondersteuningsprogram – belastingvrye toelae vir
                vaardigheidsontwikkeling.
               Kritiese infrastrukturele programme – kontanttoelae om
                infrastruktuur te bou of uit te brei. 
               Buitelandse beleggingstoegewings – kontanttoelae van
                buitelandse besighede wat wil belê in nuwe vervaardigings
                besighede. 
               IOS – die groei is baie stadig.  Die aansporings aangebied was
                nie aanloklik nie. 
               Beleggers is nie aangelok na plekke soos Gauteng en Saldanha
                Baai soos verwag nie. 
               Coega en Richardsbaai was meer suksesvol.                 (4x2)   (8)
                (Maks 4 indien aansporings genoem is en maks 4 vir die sukses
                bespreking)

                                                         TOTAAL AFDELING B:         80

                                          10

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                              10731/15

AFDELING C

Beantwoord slegs EEN             van   die   twee    vrae   uit   hierdie   afdeling   in   die
ANTWOORDEBOEK.

       STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL:                                        PUNTETOEKENNING:
       Inleiding                                                             Maks. 2
       Liggaam:
        Hoofgedeelte:
           Bespreek in besonderhede/In-diepte bespreking/
           Ondersoek/Bespreek krities/ Ontleed/(analiseer)                     Maks. 26
           /Vergelyk/ Evalueer/ Onderskei/
           Verduidelik/Assesseer/Debatteer

            Addisionele gedeelte:
             Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/ Evalueer
             krities/Teken ‘n grafiek en verduidelik/ Gebruik die
             gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe                  Maks. 10
             grafiek/ Bereken/Lei af/ Vergelyk/ Onderskei/
             Interpreteer/Debateer kortliks/Hoe/Stel voor/ Gebruik
             die inligting en argumenteer, debateer, evalueer

       Gevolgtrekking                                                           Maks. 2
       TOTAAL                                                                     40

VRAAG 5 MAKRO-EKONOMIE                                               40 PUNTE –40 MINUTE

Dienslewering deur die openbare sektor speel ŉ belangrike rol in ons daaglike
lewens.

    Bespreek breedvoerig die redes vir openbaresektor-mislukking                           (26)

          Na jou mening, hoe kan die staat die elektrisiteit krisis in Suid Afrika
           oplos?                                                                            (10)   [40]

Inleiding

Openbaresektor-mislukking gebeur wanneer die ekonomie en die land se hulpbronne op so ŉ
manier bestuur word dat die welsyn van mense nie verbeter word nie en die dienslewering
ondoeltreffend en oneffektief is. 
(Aanvaar enige relevante antwoord)
                                                                             (Maks 2)

                                                    11

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                      10731/15

HOOFDEEL
REDES VIR OPENBARESEKTOR-MISLUKKING

Liggaam

      Gebrek aan kapasiteit
       - Baie bestuurders het nie die vermoë om projekte doeltreffend te bestuur, fondse te
         spandeer en kontrole oor inspirante werkers uit te oefen nie. 
       - Swak opleiding en min ondervinding
       - Swak bestuurstegnieke
       - Voorbeelde: gebrek aan kapasiteit: al die begrotingstoelae word nie bestee,
         onvanpaste skoolgeboue, gemeenskappe gebruik nog steeds emmerstelsel vir toilette
         en voorskoolse opvoeding is nie universeel nie. 

Apatie van amptenare
      - Amptenare moet verantwoordelik gehou word vir die werk wat hulle aangestel is om
         te doen. 
      - Gebrek aan motivering om uitstekende werk te doen. 
      - Werkers weet nie hoe om goeie dienste te lewer nie. 

Korrupsie
     -  Daar is menige aangemelde gevalle oor korrupsie in die openbare sektor. 
     -  Korrupsie verlaag die staat se vermoë om sy beskikbare hulpbronne te gebruik om die
         lewenstandaard te verbeter omdat nasionale hulpbronne eerder in die sakke van
         staatsamptenare beland. 

Snelle verstedeliking
     -   Is die beweging van mense van die platteland na stede
     -   Armoede in landelike gebiede en klein dorpies lei tot ŉ snelle verstedelikingskoers na
         al die groter dorpe. 
     -   Die bevolking in die vier grootste sentra het vinnig gegroei en dit het vir hierdie
         gebiede moeilik gemaak om by te hou met die voorsiening van behuising,
         onderwysfasiliteite en ander gemeenskapsdienste. 

Huursoek
   -    Huur kom voor wanneer die welstand van een persoon verbeter word ten koste van
        die welstand van ander mense. 
   -    Wanneer daar min kontrole is, oor fondse wat gebruik moes wees om die arm mense
        se welstand te verbeter, misbruik word deur amptenare. 
                                                                         (Maks 26)

                                              12

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                     10731/15

ADDISIONELE GEDEELTE

Na jou mening, hoe kan die staat die elektrisiteitskrisis in Suid-Afrika oplos?

      Maak meer fondse beskikbaar om nuwe kragstasies te bou. 
      Maak gebruik van hernubare energie hulpmiddels. 
      Gebruik alternatiewe middels van energie: sonenergie. 
      Gebruik minder steenkool om elektrisiteit op te wek
      Voed mense op in die bewaring van energie. 
       (Aanvaar enige alternatiewe antwoord)                                 (Maks 10)

Gevolgtrekking
Openbare sektor-mislukking kan lei tot die ondergang van die ekonomie, wat kan lei tot die
ontevredenheid van die inwoners van die land. 
(Aanvaar enige ander relevante gevolgtrekking)                                  (Maks 2)

                                              13

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                         10731/15

VRAAG 6 EKONOMIESE STREWES                                   40 PUNTE – 20 MINUTE

Die aanbod-benadering beklemtoon die styging in aanbod deur die uitbreiding
van die produksiekapasiteit van ŉ land.

    Bespreek die aanbodkant-benadering wat in Suid-Afrika gebruik word om
     groei en ontwikkeling te bevorder onder die volgende opskrifte:

       (1) Effektiwiteit en doeltreffendheid van markte
       (2) Besigheidsdoeltreffendheid.
       (3) Die koste om sake te doen.                                             (26)

      Evalueer mededinging as ŉ ontwikkelingsbeleid in Suid-Afrika.              (10)

Inleiding
Die aanbodkant benadering tot ekonomiese groei en ontwikkeling het betrekking op die
vermoë van ŉ land om goedere en dienste te produseer.
(Aanvaar enige ander toepaslike inleiding)                              (Maks. 2)

Liggaam

HOOFDEEL

PRODUSEER GROEI EN ONTWIKKELING

      Aanbodkant stel voor dat staatsinmenging slegs toegelaat moet word indien dit
       sal lei tot die glad verloping van markte. 
      Aanbod in die ekonomie is bestendig, veral in die korttermyn, om meer te
       produseer moet meer werkers opgelei word, meer toerusting moet aangekoop
       en geinstalleer word, meer elektrisiteit is nodig, en beter paaie moet voorsien
       word. 

                                               14

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                        10731/15

                   Prys
                                  AV1     AA   AA1
                     Price   AV

                   P1

                   P2

                                                          AV1
                                                     AV

                                                                     
                         0                 Y   Y1         Output
                                                          Uitset

      Die kurwe is vertikaal by Y in die korttermyn. Indien AV toeneem van AV na
       AV1,sal pryse toeneem sonder ŉ toename in uitset. Inflasie sonder groei is die
       eindresultaat. 
      Die aanbod-kant benadering stel dat die potensiale AA1 kurwe gevestig is aan
       die regter kant van AA kurwe, sodat as AV toenoem, uitset kan toeneem sonder
       ŉ toename in pryse (sonder inflasie). 
       (Maks 2 vir grafiek en 4 vir bespreking)

DIE SUID-AFRIKAANSE BENADERING

1. DIE DOELTREFFENDHEID EN EFFEKTIWITEIT VAN MARKTE

   -   Indien ŉ besigheid sy doelwitte (wins en groei) bereik het, is die besigheid
       effektief. 
   -   In Suid-Afrika poog die staat om hierdie doel deur wetgewing te bereik. 

Doeltreffendheid
      Regerings eis dat meer swart mense in die ekonomiese hoofstroom
      geabsorbeer word omdat hulle voorheen uitgelaat was. 

       Twee wette is ingestel om die voorkeur van swart werkers en swart besighede
       te bevorder:

       (1)    Wet op gelyke indiensneming verhoed diskriminasie en vereis dat die
              werksmag die ras en geslagsprofiel van die bevolking weerspieël. 
             - Besighede het ŉ gelyksheidsplan met die Department van Arbeid en
                inspekteure van die departement besoek besighede om nakoming te
                verseker. 

                                               15

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                      10731/15

         (2) Die Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtigingswet: Die Wet op BBSEB
             se doel is om die getal swart mense wat besighede besit en beheer te
             verhoog in die land en ongelykhede te verminder.

Effektiwiteit
       - Pareto-effektiwiteit is ŉ situasie waar die welvaart van die gemeenskap op ŉ
         maksimum is, en dit is daarom onmoontlik om die welvaart van een individu te
         verhoog sonder om ŉ ander slegter daaraan toe te maak. 

      Mededinging
       Dit vind plaas op drie maniere:
       (1)    Deur nuwe besighede op te rig 
       (2)    Verkryging van BVI – direkte beleggings 
       (3)    Vermindering of skrapping van invoerbeperkinge 

       - Die Wet op Mededinging (1998) verskaf die regulatoriese netwerk om
         mededinging tussen plaaslike besighede af te dwing.
       - Dit is gemik op anti-mededingingspraktyke wat die gebruik van ŉ dominerende
         posisie uitskakel en beheer oor samesmeltings versterk.
       - Die Wet maak voorsiening vir ŉ Mededingingskommissie, ŉ
         Mededingingstribunaal en die Mededingings Appélhof. 

      Deregulasie 
       - Privaatsektor-magsbalans wat vryhandel beperk het was hersien en sommige
         uit die weg ruim. 
       - Die staat poog dat manier van besigheid doen in Suid-Afrika vergemaklik moet
         word. 

(2) BESIGHEIDSDOELTREFFENDHEID
      - Sommige maatreëls dien as aansporings om doeltreffendheid en ander
        gevestigde verhoudings te verbeter. 

      Belastings
       - Die Koperatiewe belastings koers is 28%, klein sakeondernemings betaal ŉ laer
         koers omdat hulle inkomste minder is as R350 000. Vir Mikro-besighede die
         uitset vlak is R750 000. 
       - Persoonlike inkomstebelasting begin by 18% en neem toe op ŉ stygende skaal
         tot 40%.
       - Kapitaalwinsbelasting het toegeneem. Vir individue het dit toegeneem tot
         33%.
       - BTW het dieselfde gebly op 14%.
       - Die belastingskoers is redelik in vergelyking met ontwikkelde lande, maar ŉ laer
         koers sou bygedra het om ontwikkeling en groei te stimuleer. 

                                              16

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                        10731/15

      Kapitaalbelegging
   -   Waardevermindering op kapitaalgoedere word gehef om nuwe belegging aan te
       moedig. 
   -   Nuwe masjinierie se waardevermindering is oor vier jaar. 40% in die eerste jaar
       en elektroniese toerusting oor drie jaar. 
   -   Die staat voorsien ook kapitaal en lenings aan klein sakeondernemings en groter
       besighede. 

      Menslike hulpbronne
   -   Sektorale Opvoedkunde en Opleidingsowerhede (SETA’s) fasiliteer naskoolse
       werksgeleenthede en opleiding. 
   -   Die Arbeidsverhoudingswet bevorder ekonomiese ontwikkeling, sosiale
       regverdiging en vreedsame arbeidsverhoudinge. 

      Gratis adviserende dienste
   -   Dit sluit in die ontwikkeling van uitvoermarkte, beheer van SMME’s, landbou
       produksie, weervoorspelling en die voorkoming van diersiektes. 

(3) BESIGHEIDSKOSTE
    - Die beskikbaarheid en koste van infrastruktuurdienste speel ŉ belangrike rol in die
      finansiële beskikbaarheid en winste van besighede. 

      Vervoerkoste
   -   Vervoeropsies is pad, lug, trein en see vervoer. 
   -   Die staat het hulleself verbind om die vervoerstelsel in die land te verbeter en meer
       bekostigbaar te maak. 

      Kommunikasiekoste
   -   Kommunikasieopsies is kabel, sein- en pos. 
   -   Kabelkommunikasie in Suid-Afrika is die duurste in die wêreld, maar is baie
       effektief. 
   -   Hierdie hoë koste maak inligtingstegnologie vir besighede en individue baie duur.
       

      Energiekoste
   -   Die twee hoofbronne van energie in Suid Afrika is elektrisiteit en brandstof.
   -   Hoë energiepryse vertraag die effektiwiteit van die ekonomie. 
                                                                              (Maks. 26)
          .

                                                17

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                    10731/15

ADDISIONELE DEEL

Evalueer mededinging as ŉ ontwikkelingsbeleid in Suid Afrika.

      Kompetisie verhoog markeffektiwiteit. 
      Besighede fokus meer en innovasie is sterker as mededinging teenwoordig is. 
      Dit verbeter die algehele kwaliteit van die vervaardigde produkte. 
      Hoëkwaliteit-produkte kan veel makliker uitgevoer word en ding mee op ŉ
       internasionale vlak. 
      In Suid-Afrika is daar nog steeds probleme waar sekere markte oorheers word
       deur monopolieë, wat drastiese prysverhogings veroorsaak. Kartelle hou hul pryse
       hoog. 
      Die Mededingingskommissie speel ŉ belangrike rol as dit kom by monopolieë. 
      Voorbeelde; die sementindustrie, banke, selfoonbesighede, Tigerbrands ens. 
      Suid-Afrika het ŉ goeie vervaardigingsektor gebou en het die potensiaal om
       internasionaal mee te ding. 
      Die Departement van Handel en Nywerheid is verbind om Suid-Afrika se toegang
       tot internasionale markte te versterk. 
       (Aanvaar enige relevante antwoorde)                                   (Maks 10)

Gevolgtrekking
Aanbodkant-benadering word gebruik om ŉ omgewing te skep waar besighede,
nywerhede en markte optimaal kan funksioneer. 
(Aanvaar enige relevante slot)                                       (Maks 2)

                                                             TOTAAL AFDELING C:           40
                                                                 GROOTTOTAAL              150

                                             18

## Related documents

- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) 2015 Preparatory Examination Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-2015-preparatory-examination-paper/14747984-6602-4d68-a89a-339c7ef58679) — Economics · QP · 2015 · Afr
- [Gr12 Economics P1 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-economics-p1-afrikaans-sep-2022-question-paper/4b579af8-e0b1-4689-a729-7d9986eea052) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P1 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p1-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/468fe2d7-94f8-43ec-88c6-86cf12e31969) — Economics · QP · 2020 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P1 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p1-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-question-paper/37295a41-5de8-4317-9725-dc223714aee3) — Economics · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-2020-preparatory-possible-answers/ba246fa2-7d32-4ab7-981e-10d6b2dd4a91) — Economics · Memo · 2020 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/bda96458-ebe4-44b9-92e5-333e776e1614) — Economics · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/3dba3588-624d-493b-bc60-00d7e2783cae) — QP · 2025 · Afr
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/4def59dd-ebf4-4191-89e7-2b6d4609d6cc) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-mpumalanga/5449d7a4-548e-416d-91b4-1da462710798) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-mpumalanga/efbb0e99-1236-496b-bc64-5b31b3784493) — QP · 2025
- [Economics P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-afr/e9c77643-7f83-42e3-b28d-cf84e96050ca) — QP · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-afr/4c93e067-5237-46b7-ab21-5c2cea219788) — QP · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
