# Economics Grade 12 P1 Gauteng Mock 2020 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Economics Paper 1 memorandum from the Gauteng Mock Exam 2020 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p1-afrikaans-2020-preparatory-possible-answers/137447c2-3fe7-45ca-a4db-23d2c4c8b8e7
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2020
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 Gauteng Mock 2020 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p1-afrikaans-2020-preparatory-possible-answers/137447c2-3fe7-45ca-a4db-23d2c4c8b8e7)

## About this document

Economics · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Memorandum, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Grade 12 NSC Economics P1 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p1-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/468fe2d7-94f8-43ec-88c6-86cf12e31969) — QP · 2020 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                   VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                           2020
                           10731

                         EKONOMIE

                         VRAESTEL 1

                       NASIENRIGLYNE

19 bladsye

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                   10731/20

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1
1.1   MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

      1.1.1    A– liberalisering 
      1.1.2    C – bewegende gemiddelede 
      1.1.3    D – korttermynbeleggings 
      1.1.4    B – ekonomiese unie 
      1.1.5    A - binnelandse vraag
      1.1.6    C – openbare-private vennootskap 
      1.1.7    B - reële rentekoerse 
      1.1.8    D - Wêreld Ekonomiese Forum                              (8 x 2) (16)
1.2   PAAR
       1.2.1    D  Vaste beleggings deur ondernemings is oorsaak van hierdie
                    siklus
       1.2.2    H  Die totale waarde van alle finale goedere en dienste gedurende
                    'n spesifieke periode in die land geproduseer word
       1.2.3    G  Druk 'n land se uitvoerpryse uit in terme van sy invoerpryse
       1.2.4    A  Dit toon die inkomste en uitgawe beraming vir 'n periode van
                    drie jaar
       1.2.5    E  Beleide om te vergoed vir ongelykhede van die verlede,
                    insluitend billike indiensneming en BBSEB
       1.2.6    F  Om 'n meer arbeidsintensiewe bedryf te bevorder
       1.2.7    I   Groepering van lande wat onafhanklikheid van die Noorde
                     verkry het met die doel om gunstiger pryse vir hul grondstowwe
                     te onderhandel
       1.2.8    B  Beplande optrede deur die regering om hul doelwitte vir die
                    land te bereik
                                                                      (8 x 1) (8)
1.3   GEE TERM
       1.3.1   Eksogeen/ekstern/monetaristiese 
       1.3.2   Nie-merietegoedere 
       1.3.3   Handelsbalans 
       1.3.4   Maatstaf 
       1.3.5   Spesiaal Ekonomiese Sone 
       1.3.6   Produktiwiteit                                           (6 x 1) (6)

                                                             TOTAAL AFDELING A: 30

                                         2

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                             10731/20

AFDELING B
Beantwoord TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE
2.1    Beantwoord die volgende vrae.
      2.1.1           Noem enige TWEE items wat Bruto Toegevoegde Waarde teen
                      faktorkoste omskakel na Bruto Toegevoegde Waarde teen basiese
                      pryse.
                      •      Plus Belasting op produksie 
                      •      Minus subsidies op produksie                          (2 x 1) (2)
      2.1.2           Hoe dra invoervervanging by tot die ontwikkeling van vaardighede in
                      Suid- Afrika?
                      ●
                   Invoervervanging dwing die land om industrieel meer selfonderhoudend
                   te word en om opleiding vir verskillende vaardighede te gee. 
               ●   Plaaslike talent word ontwikkel in sekere tegniese/professionele
                   vaardighede, wat ons toegevoegde waarde vir die uitvoermark en
                   plaaslike verbruik kan verbeter. 
               ●   Die plaaslike bedryf trek ook voordeel, soos vaardigheidsontwikkeling in
                   die verskaffing van sekere dienste in toerisme, landbouprodukte, ens.
                   
               ●   Die land word bekwaam met verskillende tegnieke, want hulle is verplig
                   om produkte vir hulself te produseer  (bv. hergebruik van masjinerie
                   tydens die inperking inperking om ventilators te produseer) 
               (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)           (1 x 2) (2)
2.2   Datarespons
      2.2.1               Gee die alternatiewe term vir herstel (groei) soos voorgestel vanaf trog
                          tot piek in die diagram.
                  •       Uitbreidingstydperk 
                  •       Opswaaiperiode                                                    (1)
      2.2.2               Hoe word die lengte van ŉ sakesiklus gemeet?
                          Dit word van piek tot piek gemeet/gemeet van trog tot trog.       (1)
      2.2.3               Beskryf kortliks die term sakesiklus.
              •           Verwys na opeenvolgende periodes van groei en afname in ekonomiese
                          aktiwiteite oor ŉ gegewe periode. 
              •           Verwys na opeenvolgende periodes van toename en afname in ekonomiese
                          aktiwiteite gedurende ŉ gegewe periode. 
              •           (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)             (2)

                                                      3

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                        10731/20

      2.2.4        Verduidelik die regeringsbeleid wat effektief gebruik kan word om die
                   sakesiklus uit te stryk wanneer die ekonomie ŉ hoogtepunt bereik.

              •    Beperkende monetêr beleid is die mees doeltreffende manier om
                   sakesiklusse glad te stryk tydens die piek, aangesien die rentekoerse
                   verhoog terwyl die geldvoorraad verlaag. 
              •    Beperkende fiskale beleid kan toegepas word waar owerheidsbesteding
                   verminder en belasting verhoog word - Surplus begroting. 
              •    (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                  (2)

      2.2.5        Hoe effektief is die gebruik van regeringsbeleid, wat tydens die trog
                   aangewend word, daarin om die ekonomie te stimuleer?

              •   Uitbreidende fiskale beleid kan gebruik word om te herstel van ŉ resessie
                  deur: Toenemende staatsbesteding, en dus verhoog die totale vraag 
              •   Toenemende staatsbesteding, veral op infrastruktuur ontwikkeling. 
              •   Die vermindering van belasting, wat die besteebare inkomste kan
                  verhoog 
              •   Hierdie faktore sal ŉ stimulerende uitwerking op produksie, indiensneming en
                  ander produksiefaktore hê. .
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)              (2 x 2) (4)

2.3   Data Response -

      2.3.1 Noem enige EEN voorbeeld van dienste-ontvangste.

              •    Die vervoer van goedere en passasiers tussen lande 
              •    Reisdienste 
              •    Konstruksiedienste 
              •    Finansiële en versekeringsdienste 
              •    Besigheids-, professionele en tegniese dienste 
              •    Staatsdienste 
              •    Die geld wat buitelandse toeriste in Suid-Afrika spandeer           (1)

      2.3.2 Gee 'n rede vir die tekort op die lopende rekening van die BB.

              •   Invoer besteding is meer as uitvoer verdienste. 
              •   Die betalings vir dienste is groter as die ontvangste van die dienste. 
              •   Die inkomste betalings is meer as die inkomste ontvangste. 
              •   Die lopende oordragte dui op ŉ negatiewe balans. 
              (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)                        (1)

      2.3.3 Beskryf kortliks die term portefeulje-beleggings.

              •   Behels die aankoop van papierbates, soos aandele in maatskappye wat op
                  die JSE genoteer is, of die koop van staatseffekte met die doel om finansiële
                  opbrengste op beleggings te kry. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                        (2)

                                                4

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                     10731/20

      2.3.4      Bereken die handelsbalans (A) vir Maart 2019 in die bostaande tabel.

                 Uitvoere + gouduitvoere - invoere = R 1 175 547 + R71 678 -
                 R 1 222 944 = R 24 281                                                   (2)

      2.3.5      Een manier hoe 'n land ŉ tekort op sy BB kan reg stel, is deur lenings
                 van ander lande. Op watter ander wyse kan 'n land sy betalingsbalans
                 tekort regstel?

                 •   Langtermynbeleid, soos uitvoerbevordering, sal meer plaaslike
                     produksie aanmoedig. 
                 •   Rentekoerse te verander om die binnelandse vraag en gevolglik
                     plaaslike produksie te beïnvloed. 
                 •   Valutabeheer, wat binnelandse regulasies behels om sentrale banke in
                     staat te stel om buitelandse valuta te rantsoeneer. 
                 •   Invoerbeheermaatreëls soos invoertariewe, ander heffings en
                     invoerkwotas om invoer te ontmoedig en binnelandse produksie te
                     bevorder. 
                 (Aanvaar enige ander korrekte antwoord)                          (2 x 2) (4)

2.4   Verduidelik die effek van die koronavirus (covid-19) op die waarde van die Rand
      deur te verwys na die onderstaande grafiek.

      ●     Die vraag na Rand het gedaal van 100 tot 80 
      ●     Die prys van die Rand in terme van dollar daal van R17 per dollar, tot R12 per
            dollar, daarom word die Rand versterk 
      ●     As gevolg van die herwaardering, sal die uitvoer afneem en die invoere sal
            verhoog 
      ●     Dit sal ŉ negatiewe uitwerking op die betalingsbalans het 
      ●     Suid-Afrika sal meer betaal vir terugbetalings van lenings en ook betalings vir
            dienste, wat ŉ groter tekort op die lopende rekening van die betalingsbalans
            skep. 
      (Enige ander korrekte relevante antwoord)                                             (8)

                                              5

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                     10731/20

2.5   Evalueer die effek van die koronavirus (Covid-19) op jong bedrywe in Suid-Afrika..

      NEGATIEWE EFFEKTE

       • Die meerderheid kleuter bedrywe het gesluit met ŉ verlies aan inkomste (winste). 
       • In sommige sektore het die kleuter bedrywe permanent gesluit, met minder
         inkomstebelasting aan SAID. 
       • Besighede wat voortgegaan om te werk, moes verseker dat die gesondheid
         protokolle geïmplementeer word, wat beteken dat van hul inkomste wat verdien is op
         gebruik deur saniteerders en PPE’s vir personeel. 
       • Die groot getal werkers wat hul werk verloor, beïnvloed hulle. 
       • Baie werklose werkers is nou afhanklik van WVF of ander vorme van maatskaplike
         toelaes. 
       • Die klein enkelhandelaars, veral die dienste-industrie, is negatief beïnvloed,
         aangesien hul enigste inkomstebron geraak is. 
       • ŉ Onderskatde effek van Covid-19 was die sielkundige effek op individue en
         gesinne. 

      POSITIEWE EFFEKTE

       • Sekere kleinsakeondernemings het gedurende die tydperk gefloreer, omdat daar ŉ
          groter vraag na persoonlike beskermingstoerusting soos hand saniteerders en
          maskers was. 
       • Kleuter bedryfsondernemings wat hul masjinerie en produksievermoë kon herbruik,
          kan voortgaan om te werk.  Bv. Kleinsakeondernemings wat ventilators kon
          maak. 
       • Sommige besighede floreer tydens die inperking, bv. IT-dienste, speletjies, DSTV,
          Netflix, ens. Kleiner ondernemings wat hierdie aktiwiteite ondersteun het goed gevaar
          gedurende die periode. 
       • Aanlyn-bestel van goedere is ook uitgebrei, met meer mense wat by aanlynwinkels
          bestel. Kleiner ondernemings wat hul bedryfsmodel na hierdie tipe onderneming kon
          verander, het voortgegaan om te funksioneer . 
       • Kleiner besighede wat afleweringsdienste vir groter handelaars kon lewer, onder die
          streng inperkingsprotokolle sou ook voortbestaan tydens die COVID19
          pandemie. 
       (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
       (ŉ Maksimum van 2 punte kan toegeken word vir slegs ŉ lys van feite/
       voorbeelde)                                                                          (8)
                                                                                           [40]

                                              6

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                  10731/20

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
    3.1.1     Noem TWEE maatstafkriteria wat deur Suid-Afrika gebruik word om die
              ekonomie in terme van beste praktyke te evalueer.
              •    Prysstabiliteit 
              •    Wisselkoersstabiliteit 
              •    Ekonomiese ekwiteit 
              •    Hoër ekonomiese groei                               ENIGE (2 x 1)    (2)
    3.1.2     Hoe gebruik die Suid-Afrikaanse Reserwebank Monetêre beleid om die
              ekonomie te beïnvloed?
              Beperkende
              •    SARB besluit om die hoeveelheid geld wat in omloop is, te verminder,
                   met die doel om die hoeveelheid goedere en dienste wat binne daardie
                   ekonomie verhandel word, te verminder. 
              •    As die geldvoorraad verminder word, is daar minder produkte en is daar
                   minder handel nie, wat die ekonomiese groei verminder. 
              Uitbreidende
              •  SARB kan die geldvoorraad in omloop verhoog deur die rentekoers te
                 verlaag. 
              • As daar meer geld in omloop is, sal daar ŉ groter vraag na goedere en
                 dienste wees, wat kan lei tot verhoogde ekonomiese aktiwiteit en
                 gevolglik verhoogde ekonomiese groei. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                 (1 x 2) (2)
3.2 Data-respons
    3.2.1     Noem die Nywerheidsontwikkelingsone by A
              Saldanhabaai                                                              (1)
    3.2.2     Wat is die hoofdoel van die Nywerheidsontwikkelingsone B?
              Om buitelandse beleggings te lok en uitvoere te verhoog. 
              (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord.)                        (1)
    3.2.3     Beskryf kortliks die term Nywerheidsontwikkelingsone.
              •    Dit is doelgeboude industriële landgoedere wat fisies omhein is en aan ŉ
                   internasionale hawe of lughawe gekoppel is.                         (2)

                                           7

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                      10731/20

    3.2.4       Verduidelik hoe 'n Nywerheidsontwikkelingsone plaaslike sosio-
                ekonomiese toestande kan verbeter.
                •   Die verskaffing van werksgeleenthede vir werklose mense in en om die
                    IOS. 
                •   Vaardigheidsontwikkeling sal lei tot meer produktiewe werkers en lei tot
                    verhoogde produktiwiteit. 
                •   Verligting van armoede sal lei tot ŉ beter lewenstandaard 
                •   Verbeterde infrastruktuur wat die plaaslike gemeenskap sal
                    bevoordeel. 
                •   Die vermenigvuldiger-effek skop in en sal ŉ rimpeleffek hê op ander
                    geassosieerde of gekoppelde bedrywe. 
                (Aanvaar enige ander korrekte toepaslike antwoord)                           (2)
    3.2.5       Hoe kan effektiewe openbare-privaat vennootskappe geskep word?
            •   Projekte waar die staat die infrastruktuur voorsien en die private sektor
                kapitaal verskaf om ŉ gesamentlike onderneming te stig
            •   Dit bring die private sektor se bevoegdhede, doeltreffendheid en kapitaal
                mee om openbare bates of dienste te verbeter wanneer die regering nie
                fondse het nie
            •   Deur saam te werk in die openbare sektor en in die privaatsektor, kan
                suksesvolle vennootskappe tot stand gebring word ten bate van die
                gemeenskap. 
                (Aanvaar enige ander korrekte antwoord)                              (2 x 2) (4)
3.3 Data-respons

    3.3.1       Identifiseer die tipe sosiale aanwyser hierbo.
                Voeding- en gesondheidsaanwysers                                            (1)
    3.3.2       Gee ŉ rede waarom voedselsekerheid belangrik is vir die groeiende
                bevolking?
            •   Voedsel is noodsaaklik vir voeding en gesondheid in die algemeen. 
            •   Mense kan nie funksioneer sonder voldoende voedsel nie. 
            •   Kinders is afhanklik van die verbruik van voldoende voedsel vir normale
                groei. 
                (Enige ander korrekte relevante antwoord)                                    (1)
    3.3.3       Beskryf kortliks die begrip sosiale aanwyser.
            •   Sosiale aanwysers is statistieke wat die vlak en vordering van menslike
                ontwikkeling in ŉ land toon. 
                (Enige ander relevante korrekte beskrywing)                                  (2)

                                             8

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                    10731/20

     3.3.4 Bespreek die belangrikheid van goeie bestuur by die hantering van
           finansiële hulp as aanwyser.
           •   Goeie bestuur verseker dat finansies doeltreffend bestuur word.
           •   Wanbestuur en wanbesteding van fondse word uitgeskakel, en gevolglik sal
               onderontwikkelde gebiede finansiële hulp ontvang. 
           •   Beginsels van deursigtigheid en verantwoordbaarheid verseker dat finansies
               effektief toegewys word. 
           (Aanvaar enige ander korrekte, relevante antwoord)                           (2)
     3.3.5 Hoe kan tegnologie as 'n aanbodkant benadering gebruik word om armoede
           in Suid-Afrika te verlig?
           •   Tegnologie kan gebruik word om volhoubare produksie in ontwikkelende
               lande te bevorder. 
           •   Tegnologie kan ŉ bron van skaalvoordele wees, aangesien eenheidskoste
               verlaag word en goedere en dienste goedkoper word vir die armes. 
           •   Met skaalvoordele is goedere meer toeganklik vir almal, wat daartoe kan lei
               dat kleinsakeondernemings begin kan word. 
           •   Dit kan weer lei tot die verligting van armoede, aangesien ŉ inkomste nou
               gegenereer word. 
           (Aanvaar enige ander korrekte antwoord)                                 (2 x 2) (4)
3.4 Onderskei tussen nominale BBP en reële BBP as ekonomiese aanwysers.
 •   Nominale BBP is die markwaarde van die finale produksie van goedere en dienste binne
     ŉ land in ŉ gegewe periode teen heersende pryse. 
 •   Reële BBP is die nominale BBP, aangepas vir veranderinge in die prysvlak, vanaf die
     basisjaar (konstante pryse). 
 •   Reële BBP pas die uitsetvlak aan vir enige prysveranderings wat oor tyd plaasgevind
     het. 
 •   ŉ Toename in nominale BBP kan beteken dat slegs pryse gestyg het, terwyl ŉ toename
     in reële BBP beslis aandui dat uitset toegeneem het. 
 •   Toename in reële BBP dui aan dat die persoon nou meer goedere en dienste beskikbaar
     het, wat lei tot hoër lewenstandaarde.                                    (2 x 4) (8)

                                             9

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                   10731/20

3.5 In watter mate voldoen Suid-Afrika aan die standaardisering van aanwyser
    vereistes van internasionale liggame?
     Internasionale Monetêre Fonds (IMF):
 •   Suid-Afrika se jaarlikse begrotingsoorsig word saamgestel in terme van die IMF se
     regeringsfinansiestatistieke wat fokus op boekhouding van openbare finansies 
 •   Die IMF se mandaat is in 2012 opgedateer om alle probleme rakende makro-ekonomiese
     en finansiële sektor in te sluit wat op wêreld stabiliteit betrekking het. 
     Die Wêreldbank:
 •   Die Wêreldbank vereis lande, insluitend Suid-Afrika om verslag te gee oor verskeie
     ekonomiese en maatskaplike aanwysers
 •   Hierdie aanwysers is ingesamel en gepubliseer deur die ŉ groep instellings by die
     Wêreldbank en bestaan uit die Wêreld Ontwikkelingssaanwysers en die Afrika
     Ontwikkelingssaanwysers
 •   Dit help die Wêreldbank om te besluit hoeveel lenings hy vir ontwikkelingsdoeleindes aan
     lande beskikbaar kan stel 
     Verenigde Nasies (VN)
 •   Suid-Afrika voldoen aan die VN-stelsel in die opstel van hul nasionale rekeninge. 
 •   Die VN se gids vir ekonomiese aanwysers is wel bekend. Dit staan bekend as VN se
     stelsel van nasionale rekeninge  (SNA), bv. veranderinge aan die BB deur die
     SARB 
 •   Dit stel die IMF in staat om te besluit hoeveel fondse hul kan beskikbaar stel vir die
     regstel van tekorte op die BB 
 (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
 (ŉ Maksimum van 2 punte kan toegeken word vir blote notering van feite/voorbeelde.)
                                                                                          (8)
                                                                                         [40]

                                            10

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                        10731/20

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
4.1   Beantwoord die volgende vrae.
      4.1.1 Noem enige TWEE tipes aanwysers van die sakesiklus wat gebruik kan word
            om ekonomiese aktiwiteit te meet.
            •     Leidende aanwysers 
            •     Sloerende aanwysers 
            •     Saamvallende aanwysers 
            •     Saamgestelde aanwysers                                              (2 x 1) (2)
      4.1.2 Hoe word produksieaanwysers gebruik om die prestasie van die ekonomie
            te meet?
            •   Hierdie inligting is waardevol vir ekonome wat dit vergelyk die relatiewe
                prestasie van elke sektor van die ekonomie
            •   Dit meet ekonomiese groei
            •   Dit vergelyk die ekonomiese groei van Suid-Afrika met dié van ander
                lande 
            •   Dit op sy beurt help ekonome om vooruitskatting te doen en help met
                beplanning en navorsing
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                          (1 x 2) (2)
4.2   Data-respons
      4.2.1 Noem die industriële beleid wat tans deur DHNM bevorder word.
            •     Nasionale Nywerheidsbeleidsraamwerk (NNBR) 
            •     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                            (1)
      4.2.2 Noem EEN nywerheidsontwikkeling strategie.
            •     Die Nasionale Navorsing en Ontwikkeling-strategie (NNOS) 
            •     Die Geïntegreerde Vervaardigingstrategie (GVS)                              (1)
      4.2.3 Beskryf kortliks die term toegevoegde waarde.
            •   Die verhoging van die waarde van ŉ produk om dit te kan verkoop teen ŉ
                hoër prys as in die oorspronklike vorm van die produk. 
            •   Die produksie van ŉ produk op so ŉ manier dat die waarde daarvan hoër is
                as in hul natuurlike toestand.
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                          (2)

                                               11

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                       10731/20

      4.2.4 Verduidelik die impak van aansporings vir nywerheidsontwikkeling op die
            private sektor van Suid-Afrika.
              •   Voorsien goedere aan ander sektore, aangesien sommige sektore goedere
                  en materiaal benodig wat in ŉ ander sektor verwerk is.
              •   Werkers uit ander sektore benodig verbruiksgoedere, soos klere wat deur die
                  vervaardigingsbedryf voorsien word. 
              •   ŉ Groter verskeidenheid goedere is beskikbaar vir nywerhede om te gebruik
                  vir verdere verwerking
              (Aanvaar enige ander korrekte antwoord)                                      (2)
      4.2.5 Hoe kan die Suid-Afrikaanse ekonomie baat vind by die verskaffing van
            toegevoegde waarde goedere?
              •   ŉ Toename in die ekonomiese groei (BBP) van ŉ land as gevolg van goedere
                  wat gereed is vir verbruik 
              •   ŉ Toename in werkskepping, veral arbeidsintensiewe werkers in die
                  kleding-/tekstielbedryf 
              •   ŉ Verbetering in lande se BB-, omdat meer goedere uitgevoer kan word, wat
                  ŉ positiewe uitwerking op die BB het 
              •   Die verbetering in ekonomiese groei kan gebruik word vir ekonomiese
                  ontwikkeling. 
              Aanvaar enige ander korrekte antwoord.)                              (2 x 2) (4)
4.3   Datarespons
      4.3.1        Identifiseer die oorspronklike verbruiksfunksie op die grafiek.
                   E0 = 20 + 0,5Y                                                          (1)
      4.3.2        Identifiseer die marginale geneigdheid om te verbruik (mpc) op die
                   grafiek hierbo.
                   0,5                                                                     (1)
      4.3.3        Beskryf kortliks die term geïnduseerde verbruik.
                   Die verbruiksvlak hang af van die inkomste/besteebare inkomste van die
                   verbruiker.                                                          (2)
      4.3.4        Wat is die impak van beleggers op die vermenigvuldiger?
                   Hoe meer beleggers bestee, hoe groter is die vermenigvuldiger, en
                   omgekeerd.                                                             (2)
      4.3.5        Bereken die vermenigvuldiger vir bogenoemde scenario. (Toon alle
                   berekeninge)
                                            ∆𝑌        20
                   Vermenigvuldiger (K)   = ∆𝐽  = 10  = 2                               (4)

                                                 12

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                       10731/20

4.4   Onderskei tussen die geldmark en die kapitaalmark in die ekonomiese kringloop.
      Geldmark
      •   Dit behels die mark vir korttermynbesparing en lenings. 
      •   Dit is nie ŉ mark in die fisiese sin nie, maar bestaan wanneer kopers en verkopers
          wat in finansiële transaksies handel. 
      •   Hierdie mark bestaan as deposito- en nie-deposito-tussengangers, sowel as
          ondernemings aktiwiteite doen wat die pryse van korttermynfondse en
          korttermyneffekte beïnvloed. 
      •   Interbanklenings vir periodes so kort as oornag is betrokke. 
      •   Voorbeelde van die soorte sekuriteite wat verruil word, sluit in bank aksepte,
          korttermyn ondernemingsverbande, tesourie-effekte, SARB-skuldbriewe en
          korttermyn-staatseffekte.                                             (Maks. 4 punte)

      Kapitaalmark
      • Hierdie mark bestaan wanneer verbruikers en produsente langtermyn-deposito's
          maak, sowel as langtermynlenings soos verbandlening. 
      • Dit bestaan ook wanneer deposito- en nie-deposito-tussengangers die pryse van
          langtermynfinansiering en/of langtermyneffekte, soos versekering, beïnvloed. 
      • Die JSE is ŉ sleutelinstelling in die kapitaalmark waar aandele daagliks omgeruil
          word. 
      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
      (ŉ Maksimum van 4 punte kan toegeken vir blote feite/voorbeelde.)
                                                                    (Maks. 4 punte) (2 x 4) (8)
4.5   Ontleed hoe lae vergoeding bydra tot 'n lae persentasie inskrywing in sekondêre
      skole.
      •   Lae vergoeding het ŉ uitwerking op ouers wat nie skoolonderrig vir kinders kan
          bekostig nie 
      • Leerlinge het nie geld om skole by te woon nie, of vir uitgawes soos vervoer, klere,
          kos, ens. 
      • Ouers moet besluit waaraan hulle hul beperkte inkomste gaan spandeer, basies
          voedsel is vir hulle ŉ prioriteit. 
      • Ouer kinders moet help om die gesin te onderhou, of om jonger broers en susters te
          versorg, wat lei tot laer inskrywings by sekondêre skole. 
      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
      (ŉ Maksimum van 2 punte kan toegeken word vir blote feite/voorbeelde.)                 (8)
                                                                                           [40]
                                                                    TOTAAL AFDELING B: 80

                                              13

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                       10731/20

AFDELING C
Beantwoord EEN vraag uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE
•   Bespreek breedvoerig die makro-ekonomiese doelstellings van die regering.
                                                                                    (26)
•   Evalueer die sukses van die regering in die bereiking van ekonomiese regverdigheid
    tydens die Covid-19-pandemie.                                                   (10)
INLEIDING:
Die regering lewer goedere en dienste wat ondervoorsien word deur die mark en speel daarom
ŉ belangrike rol in die regulering van ekonomiese aktiwiteite asook om die ekonomie te lei en
vorm. 
(Aanvaar enige ander relevante inleiding)                                              (Maks. 2)
LIGGAAM: HOOFDEEL
Ekonomiese groei 
●    Ekonomiese groei verwys na ŉ toename in die produksie van goedere en dienste 
•    Dit word gemeet aan die reële BBP 
•    Vir ekonomiese groei om plaas te vind, moet die ekonomiese groeikoers hoër wees as die
     bevolkingsgroei van die land
•    Groei en ontwikkeling in ŉ land bevoordeel die burgers omdat dit dikwels lei tot ŉ hoër
     lewenstandaard 
Volle Indiensname 
●    Dit is wanneer al die mense wat wil werk wat op soek is na werk moet kan werk
●    Hoë indiensnemingsvlakke is die belangrikste ekonomiese doelwit van die regering
●    Die werkloosheidsyfer in Suid-Afrika was het die afgelope tyd geleidelik toegeneem, met ŉ
     skerp toename as gevolg van die covid-19-pandemie 
●    Informele aktiwiteite sektor moet bevorder word, want dit is ŉ gebied waar stygings in
     indiensneming moontlik is
Wisselkoers stability 
●     Om die ekonomie doeltreffend en effektief te bestuur moet fiskale en monetêre beleid
      gebruik word om die wisselkoers redelik stabiel te hou. 
●     Die appresiasie en depresiasie van die Rand skep onsekerhede vir produsente en
      handelaars en moet beperk word. 
●     Die SARB het Suid-Afrika se wisselkoers stelsel verander van ŉ beheer swewende na ŉ
      vry swewende wisselkoers. 

                                              14

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                       10731/20

Prysstabiliteit 
●    Stabiele prys lewer beter resultate ten opsigte van werkskepping en ekonomiese
     groei. 
●    Die SARB-inflasieteiken is 3% – 6% en hulle het daarin geslaag om inflasie binne hierdie
     teiken vir die grootste deel van die tyd te handhaaf. 
●    Rentekoerse, gebaseer op die repokoers, is die belangrikste instrumente wat gebruik word
     vir die stabilisering beleid. 
●    ŉ Stabiele begrotingstekort het ook ŉ stabiliserende effek op die inflasiekoers. 
Ekonomiese regverdigheid 
●    Herverdeling van inkomste en welvaart is noodsaaklik. 
●    Suid-Afrika gebruik ŉ progressiewe inkomstebelastingstelsel waardeur verdieners met
     hoër inkomstes in ŉ hoër belastingkoers blok val. 
●    Belasting op winste, belasting op welvaart, kapitaalwinsbelasting en belasting op uitgawes
     word gebruik om gratis maatskaplike dienste te finansier. 
●    Gratis sosiale dienste word aan die samelewing gelewer, soos basiese onderwys; primêre
     gesondheidsorg en basiese ekonomiese dienste. 
●    Bv. kontant subsidies aan die armes, bv. kindertoelae en kontant toelaes aan kwesbare
     mense 
●    Ekonomiese regverdigheid het verbeter (BEE, regstellende aksie, geslagsgelykheid) en
     het gelei tot ŉ verbetering in ekonomiese gelykheid                        (Maks. 26)

ADDISIONELE DEEL
Evalueer die sukses van die regering in die bereiking van ekonomiese billikheid tydens
die Covid-19-pandemie.
Die regering het daarin geslaag om ekonomiese billikheid te bewerkstellig, want:
•    Die regering het die bedrae van die WVF betaalbaar aan werkloses en diegene wat hul
     werk verloor het, verhoog. 
•    Sosiale toelaes is verhoog, soos kindertoelaes, ouderdomspensioene, ens. 
•    Die regering het die armes ondersteun deur kospakkies aan armes uit te deel. 
•    Diegene wat hul inkomste/werk verloor het, het sekere belastingtoegewings gekry wat aan
     die SAID te wyte was. 
•    Die werkloses kry ŉ maandelikse kontantaansporing van R350 om die werkloses in die
     land te ondersteun. 
•    Die taxi-bedryf word ook vergoed vir die verlies aan inkomste gedurende die inperkings
     periode.

                                               15

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                    10731/20

Die regering het nie daarin geslaag omdat:
●    Ten spyte van die toename in UIF & kontant aansporings, was baie mense nie in staat om
     dit te bekom nie as gevolg van die burokrasie (rompslomp). 
●    Daar was ŉ tekort aan voedsel in die winkels as gevolg van die paniek aankope, dus kon
     sommige mense steeds nie hul behoeftes bevredig nie. 
●    Maatskaplike toelaes is verhoog, maar die prys van basiese benodigdhede was
     terselfdertyd verhoog. 
●    Baie maatskappye is gedurende hierdie tyd by die mededingingskommissie aangemeld vir
     buitensporige prysstygings. 
●    Die meerderheid van die gemarginaliseerde mense is steeds afhanklik van uitdeel
     kospakkies en donasies; 
●    Die mate van ongelykheid is vergroot gedurende die periode van inperking, met meer
     mense wat behoeftig geraak het gedurende hierdie tyd, ondanks die ingryping deur die
     regering. 
(Aanvaar enige ander relevante antwoord wat die toename of afname in ongelykheid
beklemtoon.)
(Ken ŉ maksimum van 2 toe punte vir blote lys van feite/voorbeelde.)             (Maks. 10)

GEVOLGTREKKING:
Die regering het ŉ paar suksesse behaal, maar die vervulling van sommige van die doelstellings
word benadeel deur faktore soos ŉ gebrek aan aanspreeklikheid, korrupsie, begroting,
nepotisme en onbevoegdheid. 
(Aanvaar enige ander korrekte reaksie op hoër orde)                                 (Maks. 2)
                                                                                            [40]

                                             16

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                         10731/20

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES
●        Bespreek hoe die volgende aspekte van die aanbodkant benadering bydrae tot die
         groei en ontwikkeling in Suid-Afrika.
     -    Sake doeltreffendheid (13)
     -    Die produksiefaktore (13)                                                           (26)
●        Hoe kan die ontwikkeling van kleinsakeondernemings die Suid-Afrikaanse
         ekonomie bevoordeel?                                                                 (10)

Inleiding
ŉ Aanbodkant benadering bevat alles wat die totale aanbod van goedere en dienste kan
beïnvloed, met die fokus op mikro-ekonomiese komponente, byvoorbeeld mededinging en
potensiële produksie.                                                            (Maks. 2)
(Aanvaar enige ander relevante inleiding.)
HOOFDEEL:
Doeltreffendheid van ondernemings
 ●        Onbuigsame arbeidswette en -regulasies wat op ondernemings van toepassing is, moet
          verslap word sodat meer mense in diens geneem kan word en ondernemers
          aangemoedig word om ondernemings te begin. 
 ●        Belasting : Beide korporatiewe en persoonlike inkomstebelasting is oor die afgelope
          jare verlaag.  Daar is aandag gegee aan die effek van die blokkruiping op persoonlike
          inkomstebelasting. 
 ●        Kapitaal : waardevermindering van kapitaalgoedere wat deur die onderneming gebruik
          word, is hersien om beleggings aan te moedig, ook aanvangskapitaal en lenings aan
          KMMO's
 ●        Menslike hulpbronne : SETA's is gestig om internasionaal verwante opleiding, te
          vergemaklik. 
 ●        Gratis adviesdienste : in verband met die ontwikkeling van uitvoermarkte, bestuur en
          bedryf van KMMO's, landbouproduksie, ens.                                   (Maks. 13)
 Produksiefaktore
 •        Natuurlike hulpbronne 
          Suid-Afrika het ŉ mededingende voordeel ten opsigte van die volgende:
          -   Minerale bronne:  Goud- en platinum-niemetale en steenkool. Grondstowwe soos
              goud- en platina-niemetale en steenkool kan maklik ontgin en uitgevoer word. 
          -   Plantegroei en wild:  Daar is ŉ groot verskeidenheid wild en plantegroei. 
          -   Kuslyn:  pragtige skilderagtige kuslyn wat ideaal is vir toerisme. 
          -   Ligging:  Die geografiese ligging maak dit nader aan Europese markte as sy
              mededingers soos Australië. 
 ●        Mensehulpbronne – Ekonomiese groei hang af van die kwaliteit en grootte van die
          arbeidsmag sodat arbeid produktief kan wees in die vervaardiging van goedere en
          dienste. 

                                                  17

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                     10731/20

Die volgende kan gedoen word om die kwaliteit van arbeid te verbeter: die
    ❖ verbetering van onderwys en opleiding sodat arbeid meer produktief kan wees. 
    ❖ Die verbetering van die kwaliteit van gesondheidsdienste. 
    ❖ Beperk die mag en invloed van vakbonde. 
●   In Suid-Afrika is die gehalte van openbare onderwys en gesondheidsdienste swak. 
●   Vakbonde ontwrig die produksie deur stakings gedurende staakseisoen en arbeidsonrus
    ontstaan dikwels. 
●   Entrepreneurskap  – Entrepreneurs dra by tot die ekonomiese ontwikkeling van die
    plaaslike gemeenskap.  Deur hul pogings vind ekonomiese groei plaas,  die
    inkomste van mense neem toe wat sal lei tot verbeterde lewenstandaarde, 
    beleggingsgeleenthede ontstaan,  en die belastingbasis word vergroot deur ŉ groter
    aantal nuwe ondernemings,  tegnologiese ontwikkelinge kom voor en
    werksgeleenthede ontstaan. 
●   Kapitaalvorming  – Kapitaalvorming is noodsaaklik sodat ŉ land kan groei en
    ontwikkel. 
Kapitaal kan op verskillende maniere verhoog word:
●   Verhoogde besparing deur verbruikers kan tot groter beleggings lei.  Die probleem is
    dat die besparingskoers onder Suid-Afrikaanse verbruikers laag is en dat hulle baie skuld
    het. 
●   Verhoogde belasting deur die regering wat aan kapitaalbelegging bestee kan word. 
    Die probleem in Suid-Afrika is dat minder as 20% van die land se begroting spandeer word
    op die verbetering en behoud van bestaande infrastruktuur, terwyl die grootste deel van
    die begroting aan salarisse gaan. 
●   Toename in buitelandse beleggings  Arbeidsonrus en bedreigings van nasionalisering
    belemmer egter buitelandse belegging. 
●   Moedig kleiner en medium ondernemings aan.                                    (Maks. 13)

                                             18

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                     10731/20

 AANVULLENDE DEEL
 Hoe kan die ontwikkeling van kleinsakeondernemings die Suid Afrikaanse ekonomie
 bevoordeel?
 Klein ondernemings kan die Suid-Afrikaanse ekonomie bevoordeel deur:
 ●   Leiding te gee om werk te skep vir struktureel werklose mense wat kan lei tot ŉ meer
     inklusiewe ekonomie 
 ●   Bevordering van ondernemingsontwikkeling onder vroue en die jeug in landelike gebiede
     waar werkloosheid baie hoog is 
 ●   Help in die diversifisering van die ekonomie deur die verhoging van ŉ verskeidenheid
     vaardighede te bevorder. 
 ●   Gee meer doelgerigte ondersteuning aan kleinsakeondernemings, om hulle te help om ŉ
     positiewe uitwerking op die SA ekonomie te hê. 
 ●   Klein ondernemings sal ook ŉ kleinskaalse werkgewer en ŉ verskaffer wees van goedere
     of dienste, en bydra tot die BBP. 
 ●   Die verbetering van die mededinging wat nodig is om van die verbruiker te
     bevoordeel. 
 (Aanvaar enige ander korrekte, relevante antwoord)                                 (Maks. 10)
GEVOLGTREKKING
Die toepasing van ŉ beleid mengsel kan die regering help die beste strategieë
te kies ten einde die ekonomie beter te bestuur. 
(Aanvaar enige ander korrekte reaksie op hoër orde)                                         [40]
                                                                   TOTAAL AFDELING C: 40
                                                                                 TOTAAL 150

                                              19

## Related documents

- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-2020-preparatory-possible-answers/ba246fa2-7d32-4ab7-981e-10d6b2dd4a91) — Economics · Memo · 2020 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/d34a6a9d-f432-46f7-873d-1a849eb9a1cc) — Economics · QP · 2020 · Afr
- [Gr12 Economics P1 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-economics-p1-afrikaans-sep-2022-question-paper/4b579af8-e0b1-4689-a729-7d9986eea052) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P1 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p1-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-question-paper/37295a41-5de8-4317-9725-dc223714aee3) — Economics · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/bda96458-ebe4-44b9-92e5-333e776e1614) — Economics · Memo · 2017 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept2021-afrikaans/be8a315c-3850-4a12-a242-cce45d9f946b) — Economics · Memo · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/3dba3588-624d-493b-bc60-00d7e2783cae) — QP · 2025 · Afr
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/4def59dd-ebf4-4191-89e7-2b6d4609d6cc) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-mpumalanga/5449d7a4-548e-416d-91b4-1da462710798) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-mpumalanga/efbb0e99-1236-496b-bc64-5b31b3784493) — QP · 2025
- [Economics P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-afr/e9c77643-7f83-42e3-b28d-cf84e96050ca) — QP · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-afr/4c93e067-5237-46b7-ab21-5c2cea219788) — QP · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
