# Economics Grade 12 P1 Gauteng Mock 2020 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2020 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p1-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/468fe2d7-94f8-43ec-88c6-86cf12e31969
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 Gauteng Mock 2020 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p1-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/468fe2d7-94f8-43ec-88c6-86cf12e31969)

## About this document

Economics · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

         GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                  VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                           2020
                           10731

                         EKONOMIE

                         VRAESTEL 1

TYD:     2 uur

PUNTE:   150

15 bladsye

                                               b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                 EKONOMIE                              2
                                                 (Vraestel 1)                    10731/20

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK:

      ●      AFDELING A: VERPLIGTEND
      ●      AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
      ●      AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.    Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
      nagesien word NIE.

3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

4.    Lees die vrae aandagtig deur.

5.    Begin elke vraag op 'n NUWE bladsy.

6.    Laat 2 – 3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

7.    Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
      konteks van jou antwoorde aan die vereistes van die vrae voldoen.

8.    Gebruik slegs swart of blou ink.

9.    Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

10.   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                       b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                  EKONOMIE                             3
                                                  (Vraestel 1)                   10731/20

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                      30 PUNTE - 20 MINUTE

1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
    Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers
    (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer.

     1.1.1   Globalisering word verhoog deur handel ...

             A    liberalisering.
             B    beperkings.
             C    hindernisse.
             D    toetrede.

     1.1.2   Die instrument wat gebruik word om die effek van korttermyn
             ekonomiese skommelinge te minimaliseer, word ... genoem.

             A    amplitude
             B    tendens
             C    bewegende gemiddelde
             D    ekstrapolasie

     1.1.3   Die tipe belegging wat bekend staan as "warm geld" is ...

             A    beleggings in aandele.
             B    beleggings in vaste eiendom.
             C    handelskrediete.
             D    korttermynbeleggings.

     1.1.4   Ekonomiese integrasie waar lidlande oor 'n gemeenskaplike
             ekonomiese beleid saamstem, word 'n ... genoem.

             A    doeane unie
             B    ekonomiese unie
             C    vryhandelsgebied
             D    gemeenskaplike mark

     1.1.5   Beleggingsbesteding wat afhanklik is van die vlak van besparings
             en die ekonomiese vooruitsig van 'n land staan bekend as die ...

             A    binnelandse vraag.
             B    aanbod faktor.
             C    monetêre beleid.
             D    handelsbeleid.

                                                                                       b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                             EKONOMIE                               4
                                             (Vraestel 1)                     10731/20

1.1.6   'n Projek waar die staat die infrastruktuur voorsien en besighede
        kapitaal voorsien om 'n sake-onderneming daar te stel staan
        bekend as ŉ ...

        A    strategiese belegging program.
        B    sakeprosesdienste.
        C    openbare-private vennootskap.
        D    Klein en Medium Ondernemingsontwikkelingsprogram.

1.1.7   Die rentekoers wat aangepas is vir inflasie is, staan bekend as
        die ...

        A    repokoers.
        B    reële rentekoers.
        C    nominale koers.
        D    prima koers.

1.1.8   Die Globale Mededingingsindeks (GMI) word jaarliks saamgestel
        deur die ...

        A    Menslike Ontwikkelings Indeks.
        B    Internasionale Monetêre Fonds.
        C    Wêreld Bank.
        D    Wêreld Ekonomiese Forum.
                                                                    (8 x 2)   (16)

                                                                                     b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                 EKONOMIE                                  5
                                                 (Vraestel 1)                        10731/20

1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf
    slegs die letter (A – I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
    ANTWOORDBOEK neer.

                 KOLOM A                                    KOLOM B
        1.2.1   Jugler-siklus           A   Dit toon die inkomste en uitgawe beraming
                                            vir 'n periode van drie jaar
        1.2.2   Bruto Nasionale
                Produk                  B   Beplande optrede deur die regering om hul
                                            doelwitte vir die land te bereik
        1.2.3   Die ruilvoet
                                        C   Infrastruktuurontwikkeling is die oorsaak
        1.2.4   Mediumtermyn                van hierdie siklus
                Begrotingsbeleid
                Verklaring              D   Vaste beleggings deur ondernemings is ŉ
                                            oorsaak van hierdie siklus
        1.2.5   Herstel maatreëls
                                        E   Beleide om te vergoed vir ongelykhede van
        1.2.6   Nasionale                   die verlede, insluitend billike indiensneming
                Nywerheids-                 en BBSEB
                beleidsraamwerk
                (NNBR)                  F   Om 'n meer arbeidsintensiewe bedryf te
                                            bevorder
        1.2.7   Onverbonde
                beweging                G Druk 'n land se uitvoerpryse uit in terme
                                          van sy invoerpryse uit
        1.2.8   Ekonomiese beleid
                                        H   Die totale waarde van alle finale goedere
                                            en dienste wat gedurende 'n spesifieke
                                            periode binne die land geproduseer word

                                        I   ŉ Groepering van lande, wat
                                            onafhanklikheid van die Noorde verkry het,
                                            met die doel om gunstiger pryse vir hul
                                            grondstowwe te onderhandel
                                                                                 (8 x 1) (8)

                                                                                            b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                               EKONOMIE                             6
                                               (Vraestel 1)                   10731/20

1.3   Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
      term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die
      ANTWOORDBOEK neer. Afkortings, akronieme en voorbeelde sal nie
      aanvaar word nie.

      1.3.1   Faktore van buite die ekonomie, veroorsaak sakesiklusse

      1.3.2   Goedere wat skadelik is vir die samelewing, soos sigarette

      1.3.3   Die waarde van die goedere uitgevoer minus die waarde van
              goedere ingevoer

      1.3.4   ŉ Standaard norm waardeur iets gemeet kan word

      1.3.5   'n Geografiese gebied in 'n land wat vinnige ontwikkeling
              bevorder deur op te tree as 'n magneet vir beleggings in ŉ
              geteikende ekonomiese aktiwiteite

      1.3.6   Die verhouding tussen die insette en uitsette in die ekonomie

                                                                              (6) (6 x 1)

                                                    TOTAAL AFDELING A:        30

                                                                                      b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                     EKONOMIE                                    7
                                                     (Vraestel 1)                          10731/20

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                        40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1 Beantwoord die volgende vrae.

     2.1.1   Noem enige TWEE items wat Bruto Toegevoegde Waarde teen
             faktorkoste omskakel na Bruto Toegevoegde Waarde teen basiese
             pryse.                                                 (2 x 1)                (2)

     2.1.2   Hoe dra invoervervanging by tot die ontwikkeling van vaardighede
             in Suid-Afrika?                                                               (2)

2.2 Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                    Bron: www.google.com

     2.2.1   Gee die alternatiewe term vir herstel (groei) soos voorgestel in die
             diagram vanaf die trog tot die piek.                                          (1)

     2.2.2   Hoe word die lengte van 'n sakesiklus gemeet?                                 (1)

     2.2.3   Beskryf kortliks die term sakesiklus.                                         (2)

     2.2.4   Verduidelik die regeringsbeleid wat effektief gebruik kan word om
             die sakesiklus uit te stryk wanneer die ekonomie ŉ hoogtepunt
             bereik.                                                                       (2)
     2.2.5   Hoe effektief is die gebruik van regeringsbeleid, wat tydens die
             trog aangewend word, daarin om die ekonomie te stimuleer?
                                                                           (2 x 2)         (4)

                                                                                                 b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                  EKONOMIE                                       8
                                                  (Vraestel 1)                             10731/20

2.3 Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                       Maart 2019
    BETALINGS BALANS
                                                                       (R miljoen)
    1. LOPENDE REKENING
          Goedere-uitvoere                                                  1 175 547
          Netto gouduitvoere                                                   71 678
          Dienste-ontvangste                                                  210 415
          Inkomste-ontvangste                                                  96 507
             Minus Goedere-invoere                                          1 222 944
             Minus Betaling vir dienste                                       217 939
             Minus Inkomebetalings                                            250 552
          Lopende oordragte                                                   -35 674
       Saldo van die Lopende Rekening                                        -172 962
       Memo item: handelsbalans                                                     A
                                                   [Bron: SARB Kwartaalblad, Maart 2019]

     2.3.1   Noem enige EEN voorbeeld van dienste-ontvangste.                                (1)

     2.3.2   Gee 'n rede vir die tekort op die lopende rekening van die BB.                  (1)

     2.3.3   Beskryf kortliks die term portefeuljebeleggings.                                (2)

     2.3.4   Bereken die handelsbalans (A) vir Maart 2019 in die bostaande
             tabel.                                                                          (2)

     2.3.5   Een manier hoe 'n land ŉ tekort op sy BB kan reg stel, is deur lenings
             van ander lande. Op watter ander wyse kan 'n land sy
             betalingsbalans tekort regstel?                                                 (4)

                                                                                                   b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                EKONOMIE                            9
                                                (Vraestel 1)                  10731/20

2.4 Verduidelik die effek van die koronavirus (Covid-19) op die waarde van
    die Rand deur te verwys na die onderstaande grafiek.                     (8)

                                  V

                                                         HOEVEELHEID

2.5 Evalueer die effek van die koronavirus (Covid-19) op jong bedrywe in
    Suid-Afrika.                                                             (8)
                                                                             [40]

                                                                                    b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                  EKONOMIE                                   10
                                                  (Vraestel 1)                         10731/20

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES                     40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1 Beantwoord die volgende vrae.

     3.1.1   Noem TWEE maatstafkriteria wat deur Suid-Afrika gebruik word             (2)
             om die ekonomie in terme van beste praktyke te evalueer.

     3.1.2   Hoe gebruik die Suid-Afrikaanse Reserwebank monetêre
             beleid om die ekonomie te beïnvloed?                                     (2)

3.2 Bestudeer die kaart hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
             INDUSTRIËLE ONTWIKKELINGSONE (NOS) & RUIMTELIKE
                      ONTWIKKELINGSINISIATIEWE (ROI)

                    A

                                            B

                                                      Bron: Aangepas van google.com

     3.2.1   Noem die Nywerheidsontwikkelingsone by A.                                (1)

     3.2.2   Wat is die hoofdoel van die Nywerheidsontwikkelingsone by B?             (1)

     3.2.3   Beskryf kortliks die term Nywerheidsontwikkelingsone.                    (2)

     3.2.4   Verduidelik hoe 'n Nywerheidsontwikkelingsone plaaslike sosio-           (2)
             ekonomiese toestande kan verbeter.

     3.2.5   Hoe kan effektiewe openbare-privaat vennootskappe geskep
             word?                                                                    (4)
                                                                                        (2 x 2)

                                                                                                  b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                     EKONOMIE                                    11
                                                     (Vraestel 1)                          10731/20

3.3 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

        SA SAL TEEN 2050 50% MEER VOEDSEL MOET PRODUSEER
                   OF 'n KRISIS IN DIE GESIG STAAR

     Suid-Afrika staar 'n dreigende voedselsekerheidskrisis in die gesig as
     daar nie dringend opgetree word om onvolhoubare praktyke reg te stel
     nie, volgens die Wêreld Natuur Fonds (WWF).

     Suid-Afrika sal teen 2050 50% meer voedsel moet produseer om 'n
     geskatte bevolking van 73 miljoen mense te voed. Die landbou is die
     grootste grondgebruiker en het die grootste impak op grond
     transformasie en biodiversiteit verlies in Suid-Afrika. Boerdery in Suid-
     Afrika het omvattende hervorming nodig om in die behoeftes van 'n
     groeiende bevolking te voorsien.
                         [Aangepas uit news24 deur Duncan Alfreds 24 (2019-02-19 20:52)]

     3.3.1   Identifiseer die tipe sosiale aanwyser volgens die uittreksel hierbo.         (1)

     3.3.2   Gee 'n rede waarom voedselsekerheid belangrik is vir die                      (1)
             groeiende bevolking?

     3.3.3   Beskryf kortliks die begrip sosiale aanwyser.                                 (2)

     3.3.4   Bespreek die belangrikheid van goeie bestuur by die hantering van
             finansiële hulp as aanwyser.                                                  (2)

     3.3.5   Hoe kan tegnologie as 'n aanbodkant benadering gebruik word om
             armoede in Suid-Afrika te verlig?                                             (4)x 2)
                                                                                           (2

3.4 Onderskei tussen nominale BBP en reële BBP as ekonomiese aanwysers.
                                                                  (2 x 4)                  (8)

3.5 In watter mate voldoen Suid-Afrika aan die standaardisering van aanwyser
    vereistes van internasionale liggame?                                                  (8)
                                                                                           [40]

                                                                                                     b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                         EKONOMIE                                     12
                                                         (Vraestel 1)                           10731/20

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                       40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1 Beantwoord die volgende vrae.

     4.1.1   Noem enige TWEE tipes aanwysers van die sakesiklus wat
             gebruik kan word om ekonomiese aktiwiteit te meet.     (2 x 1)                    (2)

     4.1.2   Hoe word produksieaanwysers gebruik om die prestasie van die
             ekonomie te meet?                                      (1 x 2)                    (2)

4.2 Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.

              Departement van Handel, Nywerheid en mededinging

     Die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging (DHNM) is
     gestig na die samesmelting van die Departement van Handel en
     Nywerheid en die Departement Ekonomiese Ontwikkeling.

     Die visie van die DHNM is om te verseker dat Suid-Afrika ŉ dinamiese
     industriële, wêreldwye mededingende ekonomie het, gekenmerk deur
     betekenisvolle ekonomiese transformasie, inklusiewe groei en
     ontwikkeling, ordentlike indiensneming en billikheid, gebou op die volle
     potensiaal van alle burgers.

     Die DHNM het ŉ verskeidenheid missies wat om hul webwerf gelys word.
     Die volgende is van hul missies:
        • Bevorder strukturele transformasie, na ŉ dinamiese industriële en
            wêreldwye mededingende ekonomie.
        • Bied ŉ voorspelbare, mededingende, billike en sosiaal
            verantwoordelike omgewing, wat bevorderlik is vir belegging,
            handel en ondernemingsontwikkeling.
        • Deelname aan die ekonomie vergroot ten einde ekonomiese
            ontwikkeling te versterk.
        • Verbeter ooreenstemming tussen ekonomiese beleid, planne van
            die staat, sy agentskappe, die politieke en ekonomiese
            doelstellings van die regering en sy mandaat.
                                                 Bron: aangepas vanaf die DHNM -webwerf:
       http://www.thedtic.gov.za/know-the-dtic/department-of-trade-industry-and-competition/

     4.2.1   Noem die industriële beleid wat tans deur die DHNM bevorder
             word.                                                                             (1)

     4.2.2   Noem EEN nywerheidsontwikkeling strategie.                                        (1)

     4.2.3   Beskryf kortliks die term toegevoegde waarde goedere.                             (2)

     4.2.4   Verduidelik die impak van aansporings vir
             nywerheidsontwikkeling in die privaatsektor van Suid- Afrika.                     (2)

     4.2.5   Hoe kan die Suid-Afrikaanse ekonomie baat vind deur die                           (4)
                                                                                                      b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                                    EKONOMIE                              13
                                                                    (Vraestel 1)                    10731/20

                        verskaffing van toegevoegde waarde goedere?                                 (2 x 2)

4.3   Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                VERMENIGVULDIGER

                                                                                   E1 = 30 + 0.5Y

              Besteding (E/J)

                                                                             Inkomste (Y)

      4.3.1                     Identifiseer die oorspronklike verbruiksfunksie op die grafiek
                                hierbo.                                                             (1)

      4.3.2                     Identifiseer die marginale verbruiksgeneigdheid (mvg) van die
                                bostaande grafiek.                                                  (1)

      4.3.3                     Beskryf kortliks die term geïnduseerde verbruik.                    (2)

      4.3.4                     Wat is die impak van beleggers op die vermenigvuldiger?             (2)

      4.3.5                     Bereken die vermenigvuldiger vir die bogenoemde scenario.
                                (Toon alle berekeninge)                                             (4)

4.4   Onderskei tussen die geldmark en die kapitaalmark in die ekonomiese
      kringloop.                                                       (2 x 4)                      (8)

4.5   Ontleed hoe lae vergoeding bydra tot 'n lae persentasie inskrywing in
      sekondêre skole.                                                                              (8)
                                                                                                    [40]

                                                                          TOTAAL AFDELING B:        80

                                                                                                              b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                                   EKONOMIE                                 14
                                                   (Vraestel 1)                       10731/20

AFDELING C

Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

                                                                               PUNTE-
                       STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                             TOEKENNING
  Inleiding
  Die inleiding is 'n laerorde-antwoord
      ▪ 'n Goeie begin is om 'n sleutelkonsep wat in die vraag
         voorkom, te definieer of te omskryf.
      ▪ Moenie enige deel van die vraag by die inleiding insluit nie.          Max. 2
      ▪ Moenie enige gedeelte van die inleiding by die liggaam insluit
         nie.
      ▪ Vermy enige bespreking van die hoofdeel in die inleiding.
  Liggaam:
  Hoofdeel: Bespreek breedvoerig / Diepte bespreking / Ondersoek /
  Bespreek krities / Analiseer / Vergelyk / Evalueer / Onderskei /            Maks. 26
  Onderskei / Verduidelik / Assesseer / Debatte
  Bykomende deel: Gee eie mening / Bespreek krities / Evalueer /
  evalueer krities / Teken 'n grafiek en verduidelik / Gebruik die gegewe
  grafiek en verduidelik / voltooi die gegewe grafiek / Bereken / Aftrek /    Maks. 10
  Vergelyk / Verduidelik / Onderskei / Interpreteer / Kortliks debatteer
  Slot
  Enige hoërorde-slot moet die volgende insluit:
     ▪ 'n Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder herhaling
         van enige feite wat reeds genoem is
     ▪ Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is             Max . 2
     ▪ Addisionele ondersteunende inligting wat die
         bespreking/ontleding versterk
     ▪ 'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
     ▪ Aanbevelings
  TOTAAL                                                                         40

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                        40 PUNTE – 40 MINUTE

   ● Bespreek breedvoerig die makro-ekonomiese doelstellings van
     die regering.                                                               (26)

   ● Evalueer die sukses van die regering in die bereiking van
     ekonomiese regverdigheid tydens die Covid-19-pandemie.                      (10)
                                                                                 [40]

                                                                                            b.o.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                          EKONOMIE                              15
                                          (Vraestel 1)

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                              40 PUNTE – 40 MINUTE

  ● Bespreek hoe die volgende aspekte van die aanbodkant benadering
    bydrae tot die groei en ontwikkeling in Suid-Afrika.
    - Sake doeltreffendheid                  (13)
    - Die produksiefaktore                   (13)                            (26)

  ● Hoe kan die ontwikkeling van kleinsakeondernemings die Suid-Afrikaanse
    ekonomie bevoordeel?                                                     (10)
                                                                             [40]

                                                    TOTAAL AFDELING C:          40

                                                                 TOTAAL:     150

                                      EINDE

## Related documents

- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/d34a6a9d-f432-46f7-873d-1a849eb9a1cc) — Economics · QP · 2020 · Afr
- [Gr12 Economics P1 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-economics-p1-afrikaans-sep-2022-question-paper/4b579af8-e0b1-4689-a729-7d9986eea052) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P1 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p1-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-question-paper/37295a41-5de8-4317-9725-dc223714aee3) — Economics · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-2020-preparatory-possible-answers/ba246fa2-7d32-4ab7-981e-10d6b2dd4a91) — Economics · Memo · 2020 · Afr
- [Gr12 Economics P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-economics-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/82e9d47a-c817-4545-9700-e9e2b9b7de9b) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/498eaf17-b8bb-4092-a221-96afe7bd7aa2) — Economics · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [MTG Economics Afr](https://www.hlayiso.com/library/mtg-economics-afr/9848e5ba-3f16-47f5-8714-26d23f3a8bf5) — Guide · Afr
- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024
- [ECONOMICS P1 GR12 QP JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-june-2024-afrikaans/c346a16c-1f30-4d4f-bcd0-fc46002d1c9d) — QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/4e5fd6f8-b056-49dd-befb-68b8106fad9c) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
