# Economics Grade 12 P1 Gauteng Mock 2017 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Economics Paper 1 memorandum from the Gauteng Mock Exam 2017 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p1-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/9bfd96f5-c632-4668-b779-358212e575fc
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2017
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 Gauteng Mock 2017 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p1-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/9bfd96f5-c632-4668-b779-358212e575fc)

## About this document

Economics · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2017 · Afrikaans. Memorandum, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                           2017
                   NASIEN RIGLYNE

              EKONOMIE (EERSTE VRAESTEL) (10731)

16 bladsye

                              1

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                                               10731 / 17

                 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                      VOORBEREIDENDE EKSAMEN – 2017

                                                           EKONOMIE
                                                           (Eerste Vraestel)

                                        MEMORANDUM

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1   MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

      1.1.1   B inspuitings
      1.1.2   D kort
      1.1.3   C belastinginkomste
      1.1.4   B eksogene
      1.1.5   C Verbruikersprysindeks-syfers
      1.1.6   A vraagkant
      1.1.7   A menslike ontwikkelingsaanwysers
      1.1.8   D welvaart                                                (8 x 2)   (16)

1.2   PASITEMS

      1.2.1   C ŉ Verhoging in die prys van ŉ geldeenheid in terme van die
                 van ŉ ander geldeenheid
      1.2.2   G Die afwesigheid van regeringshindernisse en beperkinge om
                 goedere te koop en te verkoop
      1.2.3   H ŉ Fiskale beleidsinstrument
      1.2.4   I ŉ Verhoging in die reële BBP
      1.2.5   D Doelbewuste regeringsinmenging om die geldwaarde van ŉ
                 land te verminder
      1.2.6   F Dit verstewig institusionele vermoë en fasiliteer ontwikkeling
      1.2.7   A Die aantal kinders per 1000 lewend gebore wat voor hulle
                 eerste verjaarsdag sterf
      1.2.8   E Die rentekoers wat die Reserwebank ander banke vra vir
                 lenings                                                  (8 x 1)   (8)

1.3   GEE EEN TERM

      1.3.1   Phillips-kurwe 
      1.3.2   Globalisering 
      1.3.3   Beskerming 
      1.3.4   Ekonomiese ontwikkeling 
      1.3.5   Produktiwiteit 
      1.3.6   Korridor                                                   (6 x 1)   (6)

                                                        TOTAAL AFDELING A:          30

                                         2

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                   10731 / 17

AFDELING B

Beantwoord TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE

2.1     2.1.1    Noem TWEE tipes markte in die ekonomiese kringloop.

                  •   Faktormark 
                  •   Goederemark 
                  •   Kapitaalmark 
                  •   Geldmark 
                  •   Buitelandse valutamark                          Enige (2 x 1)    (2)

        2.1.2    Hoe sal besparings beïnvloed word met ŉ styging in die
                 marginale verbruiksgeneigdheid?

                  •   Besparings sal verminder omdat die marginale geneigdheid
                      om te verbruik hoër sal wees.                      (1 x 2)      (2)

2.2     Bestudeer die grafiek.

        2.2.1    Wat was die reële BBP groei gedurende 2009?

                 -1.5%.                                                                (1)

        2.2.2    Identifiseer die periode (jare) waar die langste sakesiklus in
                 die grafiek waargeneem kan word.

                 2003 – 2009                                                           (1)

        2.2.3    Omskryf kortliks die term Bruto Binnelandse Produk.

                  •   Die totale waarde van alle finale goedere en dienste wat binne
                      die landsgrense geproduseer word.                               (2)

        2.2.4    Verduidelik die onderliggende kragte van die amplitude
                 gedurende 2009.

                 •    ŉ Groter amplitude gedurende die afswaaifase dui op swak
                      onderliggende magte. 
                 •    Daar was uiterste veranderinge wat oor ŉ kort periode
                      plaasgevind het. 
                 •    Die ekonomie het ŉ skerp daling getoon, wat swak
                      ekonomiese magte aandui. 
                 •    Swak ekonomiese groei het gedurende die siklus
                      plaasgevind. 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)    (2 x 2)     (4)

                                             3

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                  10731 / 17

      2.2.5     Hoe kan belasting gebruik word om die afwaartse tendens in
                die ekonomie om te keer?

                •   Belasting moet verlaag word. 
                •   Verlaagde belasting sal die verbruikers se besteebare
                    inkomste vermeerder. 
                •   Dit sal lei tot ŉ verhoogde aanvraag na goedere en dienste,
                    wat weer sal bydra tot ŉ verhoogde aanbod van goedere en
                    dienste. 
                •   Ekonomiese aktiwiteite sal vermeerder en ekonomiese groei
                    sal plaasvind. 
                    (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)      (2 x 2)    (4)

2.3   Lees die uittreksel

      2.3.1     Wat is die TWEE grootste uitdagings, volgens die uittreksel,
                vir plaaslike regerings?

                •   Die aanstelling en behoud van gekwalifiseerde en bevoegde
                    personeel.                                                        (2)

      2.3.2     Omskryf kortliks die term openbare sektor mislukking.

                •   Indien die regering misluk om die ekonomie en die hulpbronne
                    optimaal te beheer.                                              (2)

      2.3.3     Wat is die effek van ongemagtigde en onreëlmatige besteding
                op dienslewering?

                •   Ongemagtigde en onreëlmatige besteding verminder die
                    regering se vermoë om kwaliteit en voldoende dienste aan sy
                    burgers te verskaf. 
                    (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                 (2)

      2.3.4     Hoe sal jy die ondoeltreffendheid van munisipaliteite in Suid-
                Afrika aanspreek?

                Ondoeltreffendheid van munisipaliteite moet aangespreek word
                deur ...
                • werkers wat hulle kwalifikasies moet verbeter of beskik oor die
                    toepaslike kwalifikasies volgens die posbeskrywing. 
                • indiensopleiding ook belangrik te maak ten einde vaardighede
                    te verbeter. 
                • motivering waarby werkers aansporings vir goeie werk
                    aangebied kan word. 
                • ŉ goeie werksetiek in te stel. 
                   (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)      (2 x 2)     (4)

                                           4

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                 10731 / 17

2.4   Onderskei tussen die Mediumtermyn- Bestedingsraamwerk (MTBR) en
      Mediumtermyn-Begrotingsbeleidsverklaring (MTBBV).

      MTBR
      • Die MTBR vertoon beraamde inkome en uitgawes vir ŉ drie-jaar periode
         en hoe die ekonomie sal presteer oor die drie jaar. 
      • Dit is ŉ opsomming van die regering se doelwitte. 
      • Dit verskaf inligting oor hoeveel verwagte belasting ingevorder sal word
         en die vlakke van staatsuitgawes en begrotingstekorte. 
      • Dit gee ook ŉ verduideliking oor hoe die inkomste verdeel sal word
         tussen die nasionale, provinsiale en plaaslike regerings.     (Maks. 4)

      MTBV
      • Gedurende die laaste week van Oktober doen die Minister van Finansies
         die MTBBV voorlegging (of die medium-termyn begroting) aan die
         parlement. 
      • Die MTBBV is gebaseer op die MTBR. 
      • Die Minister adviseer parlement omtrent enige veranderinge in die
         ekonomie sedert die hoofbegroting in Februarie en deel inligting oor
         publieke beleid wat die volgende en huidige begrotings gestalte sal
         gee.                                                           (Maks. 4)   (8)
         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)

2.5   Hoe word leidende aanwysers gebruik om ekonomiese aktiwiteite te
      voorspel?

      Leidende aanwysers word in vooruitskatings gebruik deur ...
      • te verander voordat die ekonomie verander. 
      • dit te gebruik om ŉ idee te kry van die algemene ekonomiese rigting. 
      • beleggers moet die aanwysers gebruik om hulle strategieë te verander
          sodat hulle voordeel kan trek uit toekomstige marktoestande wat hulle
          inkomste kan beïnvloed. 
      • sakeondernemings moet dit gebruik om ekonomiese toestande te
          voorspel. 
      • beleidsmakers moet dit gebruik vir oorwegende monetêre beleidsaanpas-
          sings. 
                                                                                      (8)
         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                           [40]

         (Ken ŉ maksimum van 4 punte toe vir die lys van feite / voorbeelde.)

                                           5

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                  10731 / 17

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES
      3.1.1    Noem TWEE Suid-Afrikaanse groei- en ontwikkelingsbeleide.

               •   Heropbou- en Ontwikkelingsprogram (HOP) 
               •   Groei-, Indiensname- en Herverdelingsbeleid (GEAR) 
               •   Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie (NSDS) 
               •   Versnelde en Gedeelde Groei-inisiatief vir Suid-Afrika
                   ASGISA) 
               •   Gesamentlike Inisiatief oor die Verwerwing van
                   Voorkeurvaardighede (JIPSA) 
               •   Uitgebreide Openbarewerke-programme (EPWP) 
               •   Die Nuwe Groeipad (NGP) 
               •   Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) 
               •   Kleinsake-Ontwikkelingsbevorderingspromme 
               •   Swart Ekonomiese Bemagtigingsprogramme                (2 x 1)      (2)

      3.1.2    Hoe sal die verkoop van sekuriteite en staatseffekte deur die
               Reserwebank die betrokkenheid van krediet beïnvloed?

               •     Die SARB verkoop sekuriteite om bankkrediet te beperk. 
               •     Indien banke die sekuriteite koop is daar ŉ geldvloei vanaf
                     die banke na die SARB. 
               •     Die banke het dan minder geld oor om geld op krediet uit te
                     leen aan verbruikers.                           Enige (1 x 2)   (2)

3.2   Bestudeer die staafgrafiek

      3.2.1    Beskryf die algemene tendens van die ruilvoet tussen 2011 en
               2015.

               Die handelsvoorwaardes neem af of verminder.                           (1)

      3.2.2    Identifiseer die basisjaar in die bostaande grafiek

               2000                                                                   (1)

      3.2.3    Omskryf kortliks die term ruilvoet.

               Die ruilvoet is die verhouding van uitvoer- en invoerpryse. 
               (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                      (2)

      3.2.4    Wat beteken ŉ verbetering in die ruilvoet?

               •   Die prys van uitvoere het toegeneem en minder goedere sal
                   geproduseer moet word om uitvoer verdienste konstant te
                   hou. 
               •   Invoerpryse het toegeneem en minder geld vloei uit die
                   ekonomie.                                                         (4)
                   (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)

                                           6

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                  10731 / 17

      3.2.5     Watter impak het ŉ verswakking van die ruilvoet op die
                betalingsbalans?

                ŉ Verswakking in die ruilvoet beïnvloed die betalingsbalans deur:
                • ŉ verswakking beteken dat uitvoerpryse kan afneem en
                    uitvoerverdienste kan verminder. 
                • dit dui ook daarop dat uitvoerpryse kan toeneem en dat
                    invoerbetalings kan toeneem. 
                • dat dit sal lei tot ŉ tekort op die betalingsbalans. 
                • indien dit gebeur sal die geldwaarde verswak.            (2 x 2)   (4)
                    (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)

3.3   Lees die uittreksel

      3.3.1     Identifiseer EEN rede vanuit die uittreksel waarom myne
                onvoldoende aanbod van hulpbronne ondervind.
                •    Verminderende kwaliteit van aanbod. 
                •    Stygende insetkoste 
                •    Toenemende fiskale regimes
                •    Nasionalisering 
                •    Produksie-onderbrekings 
                •    Verafgeleë minerale bronne.                      Enige (1 x 1)   (1)

      3.3.2     Noem EEN globale gebeurtenis wat ŉ impak gehad het op die
                Suid-Afrikaanse ekonomie.
                •    Die Eurosone-probleme 
                •    Die kernvoorval in Japan 
                •    Onsekerheid oor ekonomiese groei in China 
                •    Ekonomiese degradering van sommige lande  Enige (1 x 1)          (1)

      3.3.3     Omskryf kortliks die term nasionalisering.
                Die proses waardeur die staat beheer en eienaarskap van privaat-
                beheerde bates asook private ondernemings oorneem.  (2 x 1)          (2)

      3.3.4     Wat is die effek van toenemende produksie-onderbrekings op
                die Suid-Afrikaanse ekonomie?
                •    Voortdurende produksieonderbrekings gee aanleiding tot ŉ
                     verlies aan produksie. 
                •    Geen produksie vind plaas gedurende die tydperk nie en
                     ondernemings se winste word beïnvloed. 
                •    Dit het ŉ effek op die BBP en veroorsaak dat die ekonomie
                     afneem.                                             (2 x 1)     (2)
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)

                                           7

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                        10731 / 17

      3.3.5       Hoe affekteer hoë energiekoste die sukkelende
                  mynbousektor?

                  Hoë energiekoste affekteer die sukkelende mynbousektor deur:
                  •    Die voortdurende styging in die elektrisiteitspryse dra by tot
                       die produksiekoste. 
                  •    Die verskaffing van elektrisiteit is ook baie wisselvallig en
                       onbetroubaar / ondernemings is afhanklik van krag-
                       opwekkers, wat bydra tot verhoogde kostes. 
                  •    Die brandstofpryse is self ook onvoorspelbaar en skep hoër
                       koste. 
                  •    Die hoër energiekoste versleg die sukkelende ekonomie en
                       potensiële kopers / beleggers sal na veilige markte gaan 
                  •    Die bogenoemde faktore kan die sluiting van myne tot gevolg
                       hê.                                                       (2 x 2)   (4)
                       (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)

3.4   Bespreek kortliks armoede en handel as uitdagings van globalisering.

      •       Armoede
              - Die meeste lande in die Suide is vasgevang in uiterste
                 armoede. 
              - Die armoedegaping is egter aan die toeneem tussen die
                 ontwikkelde (lande in die Noorde) en die ontwikkelende (lande in die
                 Suide).
      •       Handel
              - Ontwikkelde lande subsidieer die produksie van hulle landbou
                 goedere, waarmee die ontwikkelende lande nie kan meeding nie
                 (die ontwikkelde lande dring daarop aan dat die ontwikkelende
                 lande hulle tariewe op vervaardigde goedere moet elimineer) 
              - Sommige ontwikkelende lande soos China, Indië en Suid-Korea
                 gebruik hulle vergelykende skaalvoordele om handel in sekere
                 aspekte te domineer.                                       (2 x 4)        (8)
                 (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
3.5   Evalueer die belangrikheid van lewensverwagting as sosiale aanwyser.
      Die belangrikheid van lewensverwagting as sosiale aanwyser behoort ...
      •    te verwys na die verwagte aantal jare wat ŉ pasgebore baba sal leef
      •    regerings ŉ idee te gee wat die gemiddelde lewensverwagting is omdat
           werkende mense in ons land afhanklik is van sosiale toelaes. 
      •    werkers ook dien as belastingbasis vir regeringsinkomste. 
      •    ŉ Groeiende of verbeterde lewensverwagting kan groot besparings op
           die staatsuitgawes meebring. 
      •    ŉ groeiende lewensverwagting verbeter wat ook die
           produktiwiteitsvlakke van ŉ land verhoog. 
      •    opgeleide mense sal gewoonlik veel langer bydra in terme van
           produksie in ŉ land. 
             (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)             (2 x 4)          (8)
                                                                                             [40]
              (Ken ŉ maksimum van 4 punte toe vir die lys van feite / voorbeelde.)

                                               8

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                10731 / 17

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES

4.1   Beantwoord die volgende vrae.

      4.1.1    Noem TWEE tipes wisselkoersstelsels.

               •     Vryswewende wisselkoerse 
               •     Beheerdeswewende wisselkoerse 
               •     Vaste wisselkoerse                             Enige (2 x 1)   (2)

      4.1.2    Wat sal die effek op inflasie wees indien die styging in
               arbeidsproduktiwiteit minder is as die styging in
               loonverhogings?

               Inflasie sal toeneem want die gemiddelde totale aanvraag sal meer
               wees as die totale aanbod van goedere en dienste.         (1 x 2)   (2)

4.2   Data respons

      4.2.1    Wie is verantwoordelik vir die publikasie van die bostaande
               inligting?

               Suid-Afrikaanse Reserwebank / SARB                                   (1)

      4.2.2    Hoeveel subrekeninge is daar in die betalingsbalans?

               3                                                                    (1)

      4.2.3    Omskryf kortliks die term betalingsbalans.

               Die betalingsbalans verwys na ŉ land se handel en finansiële
               transaksies met die res van die wêreld oor ŉ gegewe tydperk.         (2)

      4.2.4    Ontleed kortliks die saldo op die lopende rekening soos
               aangedui in die tabel hierbo.

               •     Negatiewe saldo omdat invoere die uitvoere oorskry / 
               •     Ongunstige saldo omdat die betalings die inkomste
                     oorskry                                       Enige (1 x 2)   (2)
                     (Aanvaar enige ander korrekte alternatiewe antwoord.)

      4.2.5    Bereken die handelsbalans (A) vir 2016. Toon alle
               berekeninge.

               Goedere uitvoere:                    973 776
               Netto gouduitvoere:                   67 662
               Min: goedere invoere:              1 075 850
               Handelsbalans                        -34 412                         (4)

               (2 punte indien slegs die antwoord verskaf word.)

                                           9

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                     10731 / 17

4.3   Bestudeer die spotprent.

      4.3.1      Identifiseer TWEE moontlike oplossings wat kan verhoed dat
                 die Suid-Afrikaanse ekonomie sink?

                  •   Beleggings in Suid-Afrika 
                  •   Nasionale Ontwikkelingsplan                             (1 x 2)   (2)

      4.3.2      Wat is die Nasionale Ontwikkelingsplan?

                  •   Dit is ŉ nasionale strategie om die land te ontwikkel met die
                      oogmerk op 2030.                                        (1 x 2)   (2)
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)

      4.3.3      Wat is die hoofdoelwitte van die NOP?
                 Die NOP beoog om armoede te elimineer en ongelykheid teen
                 2030 te verminder.                                                     (2)

      4.3.4      Hoe kan die privaatsektor bydra tot die ontwikkelingsbeleide
                 van die regering?
                  •   Die skepping van Openbare Privaat Vennootskappe 
                  •   Sosiale verantwoordelikheid van die privaatsektor, bv. bystand
                      met die ontwikkeling van die infrastruktuur 
                  •   Verhoogde beleggings in die land                       (2 x 2)    (4)
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)

4.4   Bespreek die vermenigvuldiger-effek op nasionale inkome.

      •       Die vermenigvuldiger-proses is verwant aan hoeveel die nasionale
              inkome verander as gevolg van ŉ inspuiting of lekkasie. 
      •       ŉ Vermeedering in ekonomiese inspuitings (beleggings,
              regeringsbesteding of uitvoere) sal tot ŉ proporsionele vermeerdering
              in nasionale inkome lei. 
      •       Addisionele besteding sal ŉ rippel-effek tot gevolg hê en selfs meer
              besteding veroorsaak. 
      •       Die grootte van die vermenigvuldiger is ook afhanklik van die vlak van
              lekkasies. 
      •       Die grootte van die vermenigvuldiger is direk proporsioneel tot die vlak
              van nasionale inkome geproduseer.                               (4 x 2)   (8)
              (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)

                                             10

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                    10731 / 17

4.5      Hoe kan beleggingsbesteding effektief aangewend word om ekonomiese
         ontwikkeling te stimuleer?
         Beleggingsbesteding kan meer effektief aangewend word deur ...
         • beleggingsbesteding behels besteding op kapitaalgoedere soos
             masjinerie, gereedskap en fabrieksgeboue, wat beoog om meer goedere
             en dienste te produseer. 
         • die verskaffing van meer kapitaalgoedere skep meer mense wat in diens
             geneem word wat inkomste verdien. 
         • bogenoemde moet lei tot ŉ verhoging in die vraag na goedere en
             dienste.
         • die regering moet beleggings stimuleer deur die gebruik van fiskale en
             monetêre beleide. 
         • die regering moet finansiële aansporings gebruik soos subsidies en
             belastingtoegewings om lenings meer bekostigbaar te maak vir nuwe
             ondernemings. 
             (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord)                              (8)

              (Ken ŉ maksimum van 2 punte toe vir voorbeelde/lys van feite)                 [40]
                                                                  TOTAAL AFDELING B:        80
AFDELING C
Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
                     STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL                                PUNTETOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is ŉ laer orde respons.
• ŉ goeie vertrekpunt behoort ŉ definisie van die hoofkonsep te wees,            Maks. 2
    maar verwant aan die vraag.
• Moenie enige deel van die vraag in jou inleiding herhaal nie.
• Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie.
• Vermy om enigiets in die inleiding te noem wat in die liggaam bespreek
    gaan word.
Liggaam:
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede / In-diepte bespreking /                  Maks. 26
Ondersoek / Bespreek krities / Ontleed / Analiseer / Vergelyk / Evalueer /
Onderskei / Differensieer / Verduidelik / Assesseer / Debatteer

Addisionele gedeelte: Gee eie mening / Bespreek krities / Evalueer /
Evalueer krities / Teken ŉ grafiek en verduidelik / Gebruik die gegewe
grafiek en verduidelik / Voltooi die gegewe grafiek / Bereken / Lei af /
Vergelyk / Verduidelik / Onderskei / Interpreteer / Debatteer kortliks /         Maks. 10
Hoe? / Stel voor
Slot
Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:
• ŉ Kort samevatting van dit wat reeds bespreek is, sonder om enige
     feite wat reeds genoem is, te herhaal
• Enige opinie of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is
• Addisionele ondersteunende inligting wat die bespreking / analise              Maks. 2
     versterk
• ŉ Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
• Aanbevelings
TOTAAL                                                                              40

                                                 11

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                       10731 / 17

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                     40 PUNTE – 40 MINUTE

“Ekonomiese groei is afhanklik van handel, waarvan een van die strategieë die
uitwaarts-gebaseerde beleid van uitvoere en internasionale mededingendheid
is.”

•   Bespreek invoervervanging as deel van die Suid-Afrikaanse internasionale
    handelsbeleid.                                                   (26 punte)

•   Adviseer die Minister van Handel en Nywerheid of die Suid-Afrikaanse
    regering ŉ vrye handelsbeleid moet aanneem of nie.                (10 punte)

INLEIDING
Invoervervanging behels die vervanging van plaaslik geproduseerde goedere wat
voorheen ingevoer was.
(Aanvaar enige ander relevante inleiding.)                             (Maks. 2)          [40]

LIGGAAM:
Hoofgedeelte

Doelwitte
- Om plaaslike industrieë te ontwikkel 
- Om werksgeleenthede te verbeter 
- Om die Suid-Afrikaanse betalingsbalans te verbeter 

FASES VAN IMPLEMENTERING
• Invoer van eenvoudige verbruiksgoedere, bv. tekstiel en skoene, word vervang
   met plaaslike produksie 
• Plaaslike industrieë word geskep om ŉ wyer reeks van meer gesofistikeerde
   vervaardigde items te vervang. 

VORME VAN INVOERVERVANGING

•   Vrywillige invoervervanging  – behels pogings deur lande om hulle eie industrieë
    te ontwikkel as deel van ŉ ekonomiese ontwikkelingstrategie  bv. Yskor 

•   Gedwonge invoervervanging – sekere lande word gedwing om spesifieke
    goedere te produseer, omdat hulle uitgesluit is van deelname aan internasionale
    handel as gevolg van handelssanksies, boikotte en disinvestering. 

REDES VIR INVOERVERVANGING

•   Diversifikasie  is bekend as die uitbreiding van vervaardiging wat lande minder
    afhanklik van buitelandse lande sal maak en daardeur meer beheer oor hulle eie
    ekonomieë sal gee. 

•   Beskerming van nuutgestigte industrieë  Klein en medium industrieë moet
    beskerm word teen die goed gevestigde buitelandse ondernemings wat die
    voordele-skaal benut. 

                                              12

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                     10731 / 17

•   Handel  Die ontwikkelende lande is afhanklik van natuurlike hulpbronne as basis
    vir ekonomiese groei en ontwikkeling en voer meestal minerale en
    landbouprodukte uit. Groei kan egter versnel indien die ontwikkelende lande meer
    vervaardigde goedere self produseer. 

METODES VAN INVOERVERVANGING
•   Tariewe  behels doeaneregte op invoere wat gehef kan word volgens waarde
    (ad valorem)  of spesifiek (ŉ bedrag per eenheid) 
•   (Die prys van ingevoerde goedere sal styg en dus sal die plaaslike aanvraag
    verskuif na plaaslike produksie 
•   Kwotas behels ŉ beperking op sekere goedere en dienste / dit beperk invoere
    en verminder die aanbod (pryse styg) 
•   Subsidies  van toepassing op plaaslike ondernemings wat goedere uitvoer en
    beskerming kry 
•   Valutabeheer  regeringsowerhede of vrye handelsgebiede mag die hoeveelheid
    buitelandse valuta beperk wat vir invoere, investering of oorsese reise beskikbaar
    is 
•   Fisiese beheer  behels ŉ algehele verbod of sanksie op die invoer van sekere
    goedere , bv. wapens en dwelmmiddels 
•   Kanalisering van handel  dit bevat maatstawwe wat invoere bemoeilik, naamlik
    invoerdeposito’s, tydrowende doeane prosedures en kwaliteit standaarde 

VOORDELE VAN INVOERVERVANGING 

•   Eenvoudig om te implementeer deur tariewe en kwotas in te stel 
•   Nywerheidsontwikkeling word aangemoedig 
•   Werksmoontlikhede word verhoog 
•   ŉ Vermindering in invoere skep ŉ positiewe effek op die betalingsbalans 

NADELE VAN INVOERVERVANGING 

•   Dit lei nie noodwendig tot ŉ algehele verlaging in invoere nie.
•   Suid-Afrika moet kapitaal en intermediêre goedere invoer om verbruikersgoedere
    te vervaardig.
•   Ondoeltreffende plaaslike produksie omdat plaaslike vervaardigers beskerm word
    teen internasionale mededinging 
•   Plaaslike verbruikers word gedwing om goedere teen hoër pryse op die
    internasionale markte te koop, bv. sellulêre fone, sakrekenaars, ens. 
•   Duur en onekonomiese projekte word geskep. bv. Mossgas 

REDES VIR INVOERVERVANGING 

•   Beskerming beteken groot winste aan die beskermde industrieë, wat hulle juis
    isoleer vanaf internasionale mededinging en hulle doeltreffendheid verminder,
    asook nie juis bydra tot ontwikkeling nie 
•   Beskerming bevorder nie eintlik industrialisasie nie – terugwaartse skakelings kom
    nie na vore nie 
•   Verbruikers betaal dikwels hoër pryse vir minderwaardige goedere vanaf nie-
    noodsaaklike industrieë                                                (Maks. 26)
NOTA: Ken ŉ maksimum van 8 punte toe vir die lys van opskrifte / feite /
      voorbeelde.
                                      13

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                    10731 / 17

ADDISIONELE GEDEELTE

Adviseer die Minister van Handel en Nywerheid of die SA regering ŉ vrye
handelsbeleid moet aanneem of nie.

Suid-Afrika behoort ŉ vrye handelsbeleid aan te neem deur ...
- die implementering van ŉ vrye handelsbeleid. 
- deur met geïndustrialiseerde lande as opkomende ekonomieë mee te ding. 
- die lande het goed gevestigde industrieë wat goedere teen ŉ baie laer koste as
    ondernemings in Suid-Afrika kan produseer. 
- die toepassing van uitvoerbevorderings-aansporings soos regeringsubsidies en
    ander aansporings wat hulle uitvoere meer gunstig maak. 
- te verseker dat storting van produkte vanaf ontwikkelde lande nie plaasvind nie 
- Suid-Afrika het ŉ beskermingsbeleid nodig om ons plaaslike industrieë te
    onderhou. 
- die instel van beskermingsbeleide maar dat dit nie handel beperk nie.
                                                                          (Maks. 10)
    (Aanvaar enige ander korrekte relevante feite)
   (Ken ŉ maksimum van TWEE punte toe vir die lys van feite/voorbeelde)

GEVOLGTREKKING

Invoervervanging impliseer dat lande daarna moet streef om meer self-ondersteunend
en onafhanklik te word. 
(Aanvaar enige ander relevante samevatting.)                               (Maks. 2)     [40]

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                                 40 PUNTE – 40 MINUTE

“ ŉ Reeks van programme gee steunkrag aan die regering se bereidwilligheid
om ekonomiese ontwikkeling op ŉ streeksbasis te steun”.

•    Bespreek streeksontwikkeling in Suid-Afrika in terme van die beginsels van
     beste praktyk maatstawwe.                                        (26 punte)

•    Hoekom was Nywerheidsontwikkelingsones nie baie suksesvol gewees
     sedert die totstandkoming daarvan in Suid-Afrika nie?       (10 punte)

INLEIDING

Streeksontwikkeling is ŉ belangrike deel van die nywerheidsbeleid in Suid-Afrika en is
daarop gemik om ontwikkeling in die onder-ontwikkelde gebiede te bevorder. 
                                                                             (Maks. 2)
LIGGAAM

HOOFGEDEELTE

Vryemark oriëntasie 
• Regeringsinmenging in die markte behoort tot die minimum beperk te word sodat
   die vraag- en aanbodmagte, asook winsmotiewe en hulpbronne doeltreffend
   toegeken en optimaal benut kan word.

                                              14

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                    10731 / 17

•   Die regering moet entrepreneurskap op grootskaal ondersteun, asook klein
    besigheidsontwikkeling. 

Mededingendheid 
• Industrieë of ondernemings wat gevestig is as gevolg van streeksbeleide behoort
   mededingend te wees en nie staat te maak op voortdurende finansiële
   regeringsteun nie. 
• Ontwikkeling moet nie slegs beperk wees tot arbeids-intensiewe
   produksiemetodes nie, maar moet ook fokus op toegang tot tegnologie en die
   oordrag van vaardighede. 

Volhoubaarheid 
• Die vermoë van ŉ streek moet sy eie ontwikkeling ondersteun, sowel as die
   natuurlike hulpbronne, en menslike hulpbronne van die streek moet sodanig benut
   word dat werkgeleenthede en volhoubare ontwikkeling bereik word. 
• Die gebruik van plaaslike hulpbronne sal ook die mees koste-effektiewe oplossings
   bied. 
• Die mense van ŉ spesifieke streek moet daarna streef om onafhanklik te wees en
   toelaat dat ontwikkeling van binne plaasvind. 

Goeie regering 
• Streeksontwikkelingstrategieë moet effektief bestuur word en vry wees van enige
   korrupsie. 
• Beginsels van verantwoordbaarheid en deursigtigheid moet ingestel word om
   finansiële beheer te verseker.
• Projekte moet korrek geprogrammeer, gemonitor en geëvalueer word. 

Verskaffing van hulpbronne 
• Voldoende bronne moet verskaf word aan armer gebiede, soos die ontwikkeling
   van infrastruktuur.
• Die interaksie tussen alle aspekte van ŉ samelewing soos gesondheid, onderrig en
   voeding moet oorweeg word. 

Investering in sosiale kapitaal
• Die regering moet die kwaliteit van onderwys en gesondheidsorg in ŉ streek
   verbeter. 
• Ontwikkeling vir die mense behels die verskaffing van noodsaaklike dienste en
   goedere wat die lewensstandaard van mense in ŉ streek sal verbeter. 
• Voorbeelde sluit in voedsel, behuising en sekuriteit 

Integrasie
• ŉ Geïntegreerde beleid moet gevolg word wat sal verseker dat die voordele van
    een gedeelte van ŉ streek oorloop na ander industrieë en areas. 
• (Voorbeelde van ŉ geïntegreerde benadering moet toerisme, landbou, ens.
    oorweeg) 

                                             15

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                   10731 / 17

Vennootskappe
• Vennootskappe moet opgebou word tussen die regering, plaaslike owerhede,
   burgerlike gemeenskappe, spesiale geïnteresseerde groepe, NSO’s en die privaat-
   sektor. 
• Die privaatsektor, die openbare sektor en plaaslike gemeenskappe moet
   saamwerk ten einde die beste moontlike streeksontwikkeling te bereik. 
• Die privaatsektor verskaf dan beleggings, vaardighede en goedere in die
   ontwikkelingsproses.                                                (Maks. 26)
   (Ken ŉ maksimum van 8 punte toe vir die lys van opskrifte / feite /
   voorbeelde.)

ADDISIONELE GEDEELTE

Waarom was Ontwikkelingsnywerheidsones (ONS) nie baie suksesvol sedert hul
totstandkoming in Suid-Afrika nie?

•    Die aanvanklike finansiële aansporingsmaatreëls is nie toegepas deur die
     regering nie. 
•    Die Doeanevrye Aansporings is belemmer deur SAID. 
•    Die Klein Besigheidshulp Program bestaan nie meer nie. 
     -   Die program was bedoel om klein besighede met bates van R100 miljoen of
         minder te help. 
     -   Die aansporing het beoog om ŉ belastingvrye kontanttoelae vir beleggings in
         nywerhede daar te stel. 
     -   Toelae sou vir nuwe en uitbreidende besighede wees. 
     -   Die toelae sou vir ŉ tydperk van 3 jaar geldig wees. Daarna was die
         verwagting dat die maatskappy selfonderhoudend sou wees. 

•    Die Vaardigheidshulpprogram bestaan nie meer nie. 
     - Dit sou ŉ kontantinspuiting wees om groter investering in
         vaardigheidsopleiding en om nuwe gevorderede vaardighede in die SA
         arbeidsmag te bevorder. 
     - ŉ Maksimum van 50% van ŉ maatskappy se handelsonkoste sou gedelg
         word. 

•    Die Strategiese Investeringsprogram bestaan nie meer nie.            (Maks. 10)
     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)

     (Ken ŉ maksimum van 2 punte toe vir die lys van feite / voorbeelde)

GEVOLGTREKKING

Die Suid-Afrikaanse regering het vele ooreenkomste en projekte aangegaan wat die
ontwikkeling in Suider Afrika bevorder het tot voordeel van Suid-Afrika. 

(Aanvaar enige ander aanvaarbare samevatting)                               (Maks. 2)   [40]

                                                              TOTAAL AFDELING C:         40
                                                                        TOTAAL:          150

                                             16

## Related documents

- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/bda96458-ebe4-44b9-92e5-333e776e1614) — Economics · Memo · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/498eaf17-b8bb-4092-a221-96afe7bd7aa2) — Economics · QP · 2017 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/5e40d41d-6537-4b4d-9803-062fd519c72e) — Economics · QP · 2017 · Afr
- [Gr12 Economics P1 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-economics-p1-afrikaans-sep-2022-question-paper/4b579af8-e0b1-4689-a729-7d9986eea052) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P1 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p1-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/468fe2d7-94f8-43ec-88c6-86cf12e31969) — Economics · QP · 2020 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P1 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p1-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-question-paper/37295a41-5de8-4317-9725-dc223714aee3) — Economics · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/3dba3588-624d-493b-bc60-00d7e2783cae) — QP · 2025 · Afr
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/4def59dd-ebf4-4191-89e7-2b6d4609d6cc) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-mpumalanga/5449d7a4-548e-416d-91b4-1da462710798) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-mpumalanga/efbb0e99-1236-496b-bc64-5b31b3784493) — QP · 2025
- [Economics P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-afr/e9c77643-7f83-42e3-b28d-cf84e96050ca) — QP · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-afr/4c93e067-5237-46b7-ab21-5c2cea219788) — QP · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
