# Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2015 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2015 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-2015-preparatory-examination-paper/14747984-6602-4d68-a89a-339c7ef58679
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2015 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-2015-preparatory-examination-paper/14747984-6602-4d68-a89a-339c7ef58679)

## About this document

Economics · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2015 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                   VOORBEREIDENDE EKSAMEN

                           2015

                            10732
                           EKONOMIE

                      TWEEDE VRAESTEL

PUNTE:   150                                   Bladsye 12
TYD:     2 uur

         3

                                                            b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                               EKONOMIE                            2
                                               (Tweede Vraestel)        10732/15

                    GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                             VOORBEREIDENDE EKSAMEN

                                                           EKONOMIE
                                                           (Tweede Vraestel)

                                                           TYD: 2 uur

                                                           PUNTE: 150

INSTRUKSIES EN INLIGTING:

1.    Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

            AFDELING A: VERPLIGTEND
            AFDELING B: Beantwoord TWEE van die DRIE vrae.
            AFDELING C: Beantwoord EEN van die TWEE vrae.

2.    Nommer die vrae volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik
      word.

3.    Skryf die vraagnommer bokant elke antwoord.

4.    Lees die vrae sorgvuldig en begin elke vraag op ŉ NUWE bladsy.

5.    Los 2 – 3 lyne oop tussen onderafdelings van vrae.

6.    Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
      konteks van jou antwoorde korreleer met die vereistes van die vrae.

7.    Beantwoord slegs die vereiste hoeveelheid vrae. As daar meer vrae
      beantwoord word sal dit NIE gemerk word nie.

8.    Gebruik slegs blou of swart ink.

9.    Nie-programmeerbare sakrekenaars mag gebruik word.

10.   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                       b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                EKONOMIE                            3
                                                (Tweede Vraestel)        10732/15

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                               30 PUNTE – 15 MINUTE

1.1   Verskeie keuses word gegee as moontlike antwoorde op die volgende
      vrae. Kies die korrekte antwoord en skryf net die letter (A – C) langs die
      vraagnommer (1.1.1 – 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer.

      1.1.1     Die gemiddelde inkomste kurwe en die marginale inkomste
                kurwe in die volmaakte mark is dieselfde, want pryse ...

                A    is dieselfde.
                B    daal saam met uitsette.
                C    styg saam met uitsette.

      1.1.2     Die rede vir die implementering van ŉ mededingingsbeleid is
                om…

                A    inflasie binne grense te hou.
                B    die ontstaan van samesmeltings te reguleer.
                C    diensleweringsproteste te vermy.

      1.1.3     Die oligopolis is die…

                A    Prysmaker.
                B    Prysonderhandelaar.
                C    Prysnemer.

      1.1.4     Die mees waarskynlikste versperring tot toetrede vir firmas wat
                met besighede soos Mercedes of Microsoft wil meeding is...

                A    Lisensiëringsprobleme.
                B    Wetlike versperrings.
                C    Tegniese voorsprong.

      1.1.5     Die kansellasie van groot infrastruktuur projekte deur die
                regering, kan toegeskryf word op die toepassing van ... beleid

                A    monetêre.
                B    fiskale .
                C    wisselkoers.

      1.1.6     ŉ Skielike en onbeheerbare toename in pryse, word beskryf as
                ... inflasie

               A     koste-druk
               B     vraag-trek
               C     hiper-

                                                                                        b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                   EKONOMIE                                4
                                                   (Tweede Vraestel)        10732/15

      1.1.7     Eko-toerisme verwys na toerisme aktiwiteite waar mense ...
                ervaar

                A     kulturele en tradisionele gemeenskapsaktiwiteite.
                B     die diverse natuurskoon van ŉ land.
                C     aktiwiteite van ŉ spesifieke avontuurlike aard.

      1.1.8     Klimaatsverandering en uitlaatgasse hou verband met ...

                A     belasting op eiendomsreg.
                B     aardverwarming.
                C     positiewe eksternaliteite.                                       8x2=(16)

1.2   Kies ŉ BESKRYWING in KOLOM B wat pas by ŉ ITEM in KOLOM A. Skryf
      slegs die korrekte letter (A – I) langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.8) in die
      ANTWOORDBOEK neer.

               KOLOM A                                 KOLOM B
      1.2.1   Normale wins           A   Verbruik van ŉ produk kan nie beperk word
                                         tot net persone wat daarvoor betaal het nie
      1.2.2   Duopolie

      1.2.3   Volmaakte mark         B   Prysstygings wat weer verdere
                                         prysstygings veroorsaak
      1.2.4   Nie-wedywering
                                     C   ŉ Plek wat deur die Verenigde Nasies
      1.2.5   Produksieprys-             aangewys is vir sy kulturele of fisiese
              indeks                     belangrikheid

      1.2.6   Inflasie-siklus        D   Koste wat deur die gemeenskap gedra
                                         word wat nie deur die markmeganisme
      1.2.7   Wêrelderfenis-             bepaal word nie
              gebied
                                     E   Wanneer twee firmas die mark domineer
      1.2.8   Eksterne koste
                                     F   ŉ Mark soos die JEB (Johannesburgse
                                         effekte beurs)

                                     G Meet die inflasie by die punt van produksie

                                     H   Minimum vlak van inkomste wat die
                                         eienaar van die besigheid benodig om in
                                         die mark te bly

                                     I   Verbruik van ŉ produk deur een persoon,
                                         sal nie verhoed dat ander persone dit
                                         geniet nie
                                                                                         8x1=(8)

                                                                                               b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                 EKONOMIE                                 5
                                                 (Tweede Vraestel)         10732/15

1.3   Identifiseer die BEGRIP in elk van die volgende stellings. Skryf slegs die term
      langs die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.6) in jou ANTWOORDBOEK neer.

      1.3.1     ŉ Situasie waar een firma in die nywerheid die prys bepaal vir die
                hele nywerheid

      1.3.2     Die volhoubare gebruik en bestuur van natuurlike hulpbronne

      1.3.3     Die instansie wat die kompetisietribunaal se bevele hersien en dit
                verander of bevestig

      1.3.4     ŉ Meting van inflasie waar vlugtige pryse soos energie, kos en
                brandstof uitgesluit word

      1.3.5     ŉ Prys wat hoër as die ewewigsprys/markprys bepaal word om
                produseerders ŉ geleentheid te bied om ŉ meer billike wins te
                maak

      1.3.6     Die indeks wat die prys van ŉ vaste mandjie van verbruiksgoedere
                en dienste meet
                                                                                        6x1=(6)

                                                                      AFDELING A:         30

                                                                                              b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                  EKONOMIE                                6
                                                  (Tweede Vraestel)          10732/15

AFDELING B

Beantwoord TWEE van die drie vrae in die afdeling in jou ANTWOORDBOEK.

VRAAG 2     MIKRO-EKONOMIE                                    40 PUNTE – 20 MINUTE

2.1     Beantwoord die volgende vrae:

        2.1.1     Noem TWEE voorbeelde van kunsmatige versperrings vir
                  toetrede wat ŉ monopolis kan geniet.                                  2x1=(2)

        2.1.2     Hoekom is dit belangrik vir die ekonomie om geallokeerde
                  doeltreffendheid in ŉ volmaakte mededingende mark te bereik?          1x2=(2)

2.2     Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                Hoeveelheid

        2.2.1     Watter markstruktuur word in die grafiek voorgestel?                         (1)

        2.2.2     Wat word deur die donker area op die grafiek aangedui?                       (1)

        2.2.3     Differensieer tussen die begrippe korttermyn en langtermyn.           2x2=(4)

        2.2.4     Verduidelik die redes vir die skuif van die ekwilibrium punt vanaf
                  E1 tot E2.                                                            2x2= (4)

                                                                                              b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                   EKONOMIE                                7
                                                   (Tweede Vraestel)          10732/15

2.3   Bestudeer die illustrasie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

        1                                          2

        3                                          4

                             Vertaling: kreupel staatsinstellings

      2.3.1     Hoekom word die besighede hierbo beskryf as gebreklik (kreupel)?                (2)

      2.3.2     Hoe sal die SA Pos Diens (Prent 1) bydrae tot mark mislukkings?                 (2)

      2.3.3     Identifiseer die parastaat wat voorgestel word in Prent 2 .                     (2)

      2.3.4     Hoe word besighede geaffekteer deur Eskom se beurtkrag?                         (4)

2.4   Verduidelik die maatreëls wat deur die regering gebruik kan word om die
      herverdeling van inkomste te verbeter                                                     (8)

2.5   Hoekom is dit belangrik om die totale koste en totale voordele van ŉ
      ekonomiese projek te evalueer?                                                     4x2=(8)
                                                                                            [40]

                                                                                               b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                 EKONOMIE                                8
                                                 (Tweede Vraestel)          10732/15

VRAAG 3    KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                                            40 PUNTE – 20 MINUTE

3.1   Beantwoord die volgende vrae:

      3.1.1     Noem TWEE doelwitte van toerisme.                                      2x1=(2)

      3.1.2     Hoekom verskaf die regering omgewingsubsidies aan                      1x2=(2)
                produsente?

3.2   Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          Marginaliseerdes

                                              Inflasie

                                               (Aangepas uit: cartoonstock.com)

      3.2.1      Identifiseer die groep mense wat in die samelewing die meeste
                 geaffekteer word deur vraag-trek inflasie.                                   (1)

      3.2.2      Val die inflasie koers wat aangedui word in die spotprent binne
                 die raamwerk van die SARB?                                                   (1)

      3.2.3      Wat is die boodskap van die spotprent?                                       (2)

      3.2.4      Wat is die hoof oorsaak van die tipe inflasie, soos aangedui in die
                 spotprent hierbo?                                                            (2)

      3.2.5      Hoe kan die fiskale beleid gebruik word om vraag-trek inflasie te
                 bekamp?                                                                      (4)

                                                                                             b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                    EKONOMIE                                    9
                                                    (Tweede Vraestel)               10732/15

3.3   Bestudeer die sirkelgrafiek hieronder, en beantwoord die vrae wat volg.

                (Bron: Google: Effects of pollution on our health – South Africa)

      3.3.1      Watter sektor het die minste by gedrae tot lugbesoedeling?                           (1)

      3.3.2      Verskaf ŉ voorbeeld van lugbesoedeling veroorsaak deur
                 vervoer.                                                                             (1)

      3.3.3      Verduidelik hoekom industrie die grootste oorsaak is van
                 lugbesoedeling volgens die grafiek.                                                  (2)

      3.3.4      Noem enige vorm van regerings inmenging wat lugbesoedeling
                 kan verminder.                                                                       (2)

      3.3.5      Hoe kan ŉ verbetering in tegnologie lugbesoedeling verminder?                 2x2=(4)

3.4   Bespreek die invloed van ŉ aaneenlopende toename in pryse op
      beleggers en spaarders.                                                                  4x2=(8)

3.5   Hoekom is inheemse kennis stelsels belangrik vir die Suid-Afrikaanse
      ekonmie?                                                                                 4x2=(8)
                                                                                                  [40]

                                                                                                    b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                  EKONOMIE                              10
                                                  (Tweede Vraestel)        10732/15

VRAAG 4   MIKRO-EKONOMIE & KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                          40 PUNTE – 20 MINUTE

4.1   Beantwoord die volgende vrae:

      4.1.1     Gee TWEE voorbeelde van besighede wat deel van ŉ
                monopolistiese mededingingsmark in jou area vorm.                     2x1=(2)

      4.1.2     Watter effek sal inflasie op krediteure hê?                           1x2=(2)

4.2   Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                  Positiewe Eksternaliteit

      4.2.1     Identifiseer die area in die grafiek waar eksterne voordele verkry
                word van die verbruik van ŉ produk.                                          (1)

      4.2.2     Gee een voorbeeld van ŉ produk wat ŉ positiewe eksternaliteit
                veroorsaak.                                                                  (1)

      4.2.3     Verduidelik die begrip eksternaliteit.                                       (2)

      4.2.4     Watter hoeveelheid sal geproduseer word as die markkragte die
                enigste rolspeler was?                                                       (2)

      4.2.5     Verduidelik hoe die eksternaliteit ŉ ondoeltreffende allokasie van
                hulpbronne veroorsaak.                                                 2x2=(4)

                                                                                         b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                    EKONOMIE                                 11
                                                    (Tweede Vraestel)          10732/15

4.3   Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      Suid-Afrika se toerisme moet sy fokus weg van Europa af verskuif, sê
      Toerisme Suid-Afrika.

      Suid-Afrika sal toenemend nuwe toerisme geleenthede soek in Indië, China,
      Brasilië en elders in Afrika as die ekonomiese afswaai in die Eurosone
      besteebare inkomste in Europa bly daal, sê Toerisme Suid-Afrika.
      Toeriste wat Suid-Afrika besoek van die “BRIC” lande het vir 330834 van die
      9.2 miljoen internasionale toeriste in 2012 getel. Totale buitelandse besoekers
      het met 10.2% toegeneem van die vorige jaar se 8.3 miljoen.
      Europa het 1.4 miljoen toeriste na Suid-Afrika gelewer in 2012, ŉ toename
      van 9.5% oor die vorige jaar. SA toerisme se voorsitter, Frank Kilbourn het in
      sy jaarlikse verslag Dinsdag in die parlement gesê die verwagting vir groei in
      die ontluikende markte was “groot”
      “Wêreldwyd is daar aangehoue afname in besteebare inkomste en
      onsekerheid oor die globale ekonomiese herstel, wat ŉ demper plaas op
      toerisme van veral VSA en Europa. Ons is bewus van die behoefte om
      toenemend op die uitkyk te wees vir ander geleenthede”
              Bron: Business Day Live (vertaal) 03 September 2013(http://www.bdlive.co.za
                                        /business/transport/ 2013/09/03/sas-tourism-focus)

      4.3.1      Identifiseer die rede vir die stadige groei in toerisme vanaf Europa
                 en die VSA.                                                                      (1)

      4.3.2      Noem die instansie in die openbare sektor wat in vennootskap is
                 met die Departement van Toerisme.                                                (1)

      4.3.3      Wat is die betekenis van die woord Eurosone?                                     (2)

      4.3.4      Hoekom dink jy is daar ŉ sterk fokus op opkomende markte by die
                 toerisme beamptes?                                                               (2)

      4.3.5      Hoe kan toerisme tot voordeel wees vir die armes, volgens jou
                 opinie?.                                                                         (4)

4.4   Verduidelik onvolmaakte mededinging en de-meriete (onverdienstelike)
      goedere as redes vir mark mislukkings.                                                 4x2=(8)

4.5   Deur gebruik te maak van totale inkomste en totale koste kurwes,
      verduidelik wins maksimerings onder volmaakte omstandighede.                           4x2=(8)
                                                                                                [40]

                                                                TOTAAL AFDELING B:                80

                                                                                               b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                      EKONOMIE                             12
                                                      (Tweede Vraestel)        10732/15

AFDELING C

Beantwoord EEN van die twee vrae in jou ANTWOORDBOEK.

STRUKTUUR VAN OPSTEL:                                                  Punte toekenning:
Inleiding                                                                      Maks. 2
Inhoud:
 Hoofdeel: Verduidelik in diepte, bespreek volledig, bespreek                Maks. 26
    krities, onderskei, vergelyk, onderskei, differensieer/evalueer,
    bespreek, analiseer, assesseer.
 Addisionele deel: Gebruik, skets, teken ŉ grafiek, diagram/                 Maks. 10
    aflei, riglyne, eie opinie, krities evalueer, evalueer, skets en
    verduidelik, gebruik grafiek en verduidelik, bereken, vergelyk,
    verduidelik, onderskei, interpreteer, verduidelik kortliks, hoe,
    stel voor, gebruik informasie en argumenteer,
    debatteer/evalueer
Gevolgtrekking                                                                Maks. 2
Totaal                                                                          40

VRAAG 5 MIKRO-EKONOMIE                                          40 PUNTE – 20 MINUTE

“De Beers speel ŉ leidende rol in diamanteksplorasie, ontginning, verhandeling,
kleinhandel en in die industriële diamantvervaardiging-sektore.”

    Bespreek die kenmerke van ŉ monopolie as ŉ markstruktuur.         (26 punte)
    Evalueer die langtermyn wins maksimering posisies van die volmaakte en
     monopolistiese mark, deur net gebruik te maak van grafieke.       (10 punte)               [40]

VRAAG 6 KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 20 MINUTE

“Die omgewing is onder druk want mense verwag meer van die natuur as wat die
natuur kan verskaf op die langtermyn.”

    Bespreek die huidige stand van die omgewing met verwysing na bewaring en
     konservasie.                                                    (26 punte)
    Evalueer die sukses van die groot internasionale konvensies op omgewings
     volhoubaarheid.                                                 (10 punte)                 [40]

                                                                 TOTAAL AFDELING C:              40

                                                                       GROOTTOTAAL:             150

                                              EINDE

## Related documents

- [Gr12 Economics P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-economics-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/82e9d47a-c817-4545-9700-e9e2b9b7de9b) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/d34a6a9d-f432-46f7-873d-1a849eb9a1cc) — Economics · QP · 2020 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/498eaf17-b8bb-4092-a221-96afe7bd7aa2) — Economics · QP · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-2020-preparatory-possible-answers/ba246fa2-7d32-4ab7-981e-10d6b2dd4a91) — Economics · Memo · 2020 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/bda96458-ebe4-44b9-92e5-333e776e1614) — Economics · Memo · 2017 · Afr
- [Gr12 Economics P1 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-economics-p1-afrikaans-sep-2022-question-paper/4b579af8-e0b1-4689-a729-7d9986eea052) — Economics · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [MTG Economics Afr](https://www.hlayiso.com/library/mtg-economics-afr/9848e5ba-3f16-47f5-8714-26d23f3a8bf5) — Guide · Afr
- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024
- [ECONOMICS P1 GR12 QP JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-june-2024-afrikaans/c346a16c-1f30-4d4f-bcd0-fc46002d1c9d) — QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/4e5fd6f8-b056-49dd-befb-68b8106fad9c) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
