# Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Economics Paper 2 memorandum from the Gauteng Mock Exam 2019 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-2019-preparatory-examination-possible-answers/64d766b9-be22-43fb-a41f-56fcb2ba27cd
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2019
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 20

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-2019-preparatory-examination-possible-answers/64d766b9-be22-43fb-a41f-56fcb2ba27cd)

## About this document

Economics · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2019 · Afrikaans. Memorandum, 20 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

       VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                        2019
                NASIENRIGLYNE

                   EKONOMIE (10732)

20 bladsye

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                  10732 / 19

                    GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                             VOORBEREIDENDE EKSAMEN

                                                                  EKONOMIE
                                                                  (Vraestel 2)

                                                                  NASIENRIGLYNE

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1   MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

      1.1.1   B – gemiddelde veranderlike koste 

      1.1.2   A – sigarette 

      1.1.3   D – gedifferensieerd 

      1.1.4   B – bokant 

      1.1.5   C – kerninflasie 

      1.1.6   C – arbeids 

      1.1.7   A – klimaatsverandering 

      1.1.8   D – water 
                                                                                 (8 x 2) (16)

1.2   PASITEMS

      1.2.1   D  (wanneer gemiddelde inkomste die gemiddelde koste oorskry)

      1.2.2   F  (die minimum verdienste wat die entrepeneur daarvan weerhou
                  om die mark te verlaat)

      1.2.3   I    (wanneer ŉ firma uitsette lewer wat nie aan
                    verbruikersvoorkeure voldoen nie)

      1.2.4   B  (Waar dit onmoontlik is om die welvaart van een persoon te
                   vermeerder sonder om iemand anders te benadeel)

      1.2.5   H  (besoeke aan ŉ land deur ŉ nie-inwoner van die land)

      1.2.6   A  (ŉ verhoging in loonvlakke)

      1.2.7   G  (om die omgewing te bewaar tot voordeel van die toekomstige
                  geslag)

      1.2.8   C  (wêreld-erfenis gebied)                                        (8 x 1)   (8)

                                            2

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                                10732/19

1.3   GEE DIE TERME

      1.3.1   Mededingingstribunaal 

      1.3.2   Sosiale koste 

      1.3.3   Niemeriete 

      1.3.4   Stagflasie 

      1.3.5   Kulturele toerisme 

      1.3.6   Inheemse kennisstelsels 
                                                           (6 x 1)   (6)

                                              TOTAAL AFDELING A:     30

                                          3

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                     10732/19

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE

2.1   Beantwoord die volgende vrae.

      2.1.1   Noem enige TWEE items wat as eksplisiete koste beskou kan
              word.

                 Lone 
                 Verhuring van grond / geboue 
                 Rente op geleende kapitaal 
                 Huur of die aankoop van insette                         (2 x 1)      (2)

      2.1.2   Wat sal die effek wees op ŉ individuele mielieboer indien hy
              die prys van sy mielies verhoog in ŉ volmaakte mark?

                 Die individuele mielieboer sal nie sy produkte verkoop nie
                  omdat hy baie mededingers het in die tipe mark. 
                 Die individuele mielieboer sal baie kliënte / kopers verloor.
                  
                 Die mielieboer se pryse sal deur mededingers afgedwing
                  word. 
                 Die mielieboer is ŉ prysnemer in die volmaakte mark. 
                  (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)
                                                                     Enige (1 x 2)      (2)

2.2   Data Respons

      2.2.1   Identifiseer die letter wat die elastiese gedeelte van die
              grafiek voorstel.

                     F                                                                (1)

      2.2.2   Gee EEN voorbeeld van ŉ industrie wat onder die tipe
              markstruktuur handel dryf.

                 Motors 
                 Staal 
                 Film 
                 Televisie 
                 Sellulêre fone 
                 Gas 
                 Banke 
                  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)        (1 x 1)      (1)

                                            4

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                 10732/19

      2.2.3   Beskryf kortliks die konsep van openlike (eksplisiete)
              samespaning.

                 Is ŉ ope ooreenkoms wat plaasvind indien oligopolieë formeel
                  bymekaar kom om oor pryse en produksie te besluit 
                 Die tipe van samespanning is onwettig en word gewoonlik
                  deur die Mededingings Kommissie ondersoek. 
                 Swaar strawwe word opgelê op oligopolieë wat skuldig
                  bevind is aan samespanning. 
                 ŉ Kartel is ŉ uitdruklike samesmeltingsooreenkoms waar
                  oligopoliste saamwerk om pryse vas te stel en markaandeel
                  te bepaal 
                  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                  (2)

      2.2.4   Hoekom is ondernemings in die markstruktuur huiwerig om
              in prys-mededinging deel te neem?

              Dit sal ander oligopolieë dwing om hulle pryse en winste te
              verlaag / Hulle sal poog om hulle markaandeel te vergroot sodat
              hulle meer produkte kan verkoop en hulle winste kan
              vermeerder.                                                          (2)

      2.2.5   Verduidelik hoekom die oligopolie nie pryse sal verlaag ten
              einde sy markaandeel te vergroot nie, deur gebruik van
              bogenoemde grafiek.

                 Oligopolieë is inter-afhanklik omdat elke verkoper deur die
                  optrede van ander verkopers beïnvloed word. 
                 Indien ŉ oligopolie sy pryse verlaag sal die mededingers
                  dieselfde doen. 
                 Enige winste sal vinnig verdwyn weens mededinging in die
                  mark. 
                 Bogenoemde sal daartoe lei dat die vraagkurwe onelasties is,
                  omdat die prysverlaging tot ŉ kleiner persentasie verandering
                  in die hoeveelheid gevra sal lei. 
                  (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)         (2 x 2)   (4)

2.3     Data Respons

      2.3.1   Wat is die effek op totale inkomste indien marginale
              inkomste positief is?

              Vermeerder                                                            (1)

      2.3.2   By watter uitsetvlak sal die firma wins maksimalisering bereik?

              2 / 2 eenhede                                                         (1)

      2.3.3   Verduidelik kortliks die term marginale inkomste.

              Marginale inkomste verwys na die addisiondele inkomste ontvang
              uit die produksie van een addisionele uitset / eenheid.              (2)

                                            5

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                         10732/19

      2.3.4       Bepaal die marginale koste (MK) in die bostaande tabel vir (A)

                  56 – 45
                    1

                  MC = 11                                                                     (2)

      2.3.5       Hoe gebruik die monopolistiese mededinger nie-prys
                  mededinging om sy markaandeel te vergroot?

                  * Fokus op goeie gesondheid – die produseerders van vars
                    koeldrank
                    voeg versoeters by hulle produkte in plaas van suiker
                  * Fokus op oorheersing – differensiasie kan slegs denkbeeldig wees,
                    soos twee pynverdowers wat identiese bestanddele bevat (slegs
                    handelsmerke verskil)
                  * Produk differensiasie – hoe groter die produk differensiasie is, hoe
                    minder pryselasties die vraag na die tipe produkte)
                    (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)               (2 x 2)      (4)

2.4   Verduidelik met behulp van ŉ grafiek, die impak van staatsubsidies op die
      produksie van goedere en dienste.

                                                       A
                            V                              A1
                                                   subsidie

                                                                      Punte toekenning
           Prys                                                       Oorspronklike ewewig = 1 punt
                                                                      Nuwe ewewig = 1 punt
                                                                      Verandering in prys = 1 punt
                                                              V       Verandering in hoeveelheid = 1
                        A                                             punt
                                A1                                    Maks 4 punte

                                     Hoeveelheid

         Die regering verskaf subsidies aan produseerders ten einde hulle aan
          te moedig om die produksie van goedere te vermeerder. 
         Produseerdersubsidies word heel dikwels aan die verskaffers van
          landbou produkte, soos melk, koring en mielies. 
         Subsidies verlaag die produksiekoste en ook die markprys van die
          goedere is dan laer. 
         Indien die regering die produksie, van goedere subsidieer sal die
          markprys daal na P1, wat ooreenstem met ŉ soortgelyke verhoging in
          die hoeveelheid vanaf Q na Q1. 
          (Maksimum van 4 punte vir bespreking)                                                 (8)

                                                   6

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                10732/19

2.5   Evalueer die suskses van die Mededingingswet in die bereiking van
      sy gestelde doelwitte.

         Voorsien verbruikers met mededingende pryse en 'n verskeidenheid
          produkte bv. MTN en Vodacom
         DSTV is skuldig bevind aan prysvasstelling en met R180 miljoen
          beboet deur die Mededingingskommissie
         Tiger Brands is met R 1,8 miljoen beboet vir samespanning in die
          meulebedryf.
         SA banke kry markboetes vir prysvasstelling en samespanning
         Vrugte- en Groenteprodusente beboet vir prysvasstelling en
          samespanning
         Moedig Suid-Afrikaners aan om op wêreldmarkte deel te neem en
          buitelandse kompetisie te aanvaar
         Stel KMMO's in staat om deel te neem in die ekonomie 
         Stel voorheen benadeelde groepe in staat om hul eienaarskap in die
          sakesektor te verhoog
          (Enige ander relevante antwoord wat die sukses van die
          Mededingingswet aandui)
          (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)                            (8)
                                                                                     [40]

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES

3.1   Beantwoord die volgende vrae

      3.1.1   Noem enige TWEE voorbeelde van items wat herwin kan word.

                 Karton / papier 
                 Tipes plastiek / plastiek 
                 Glas 
                 Blik / metaal 
                 Elektroniese komponente 
                  (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)
                                                                     Enige (2 x 1)   (2)

      3.1.2   Hoe kan die ekonomie negatief beïnvloed word deur toerisme?

               Toerisme skep omgewings-, sosiale en kulturele koste. 
               Toerisme veroorsaak die degenerasie van tradisionele en
                kulturele waardes. 
               Omgewingsbesoedeling word ook deur toerisme
                veroorsaak. 
               Toerisme het ook ŉ impak op landbou- / ontwikkelings projekte.
                
                (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons) Enige (1 x 2)       (2)

                                           7

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                10732/19

3.2   Data Respons

      3.2.1   Noem die ekonomiese sektor waarin toerisme hoofsaaklik
              voorkom.

              Tersiêre sektor / informele sektor 

      3.2.2   Gee EEN rede vir die toenemende groei in toerisme.

                 Die reeks toeriste aantreklikhede het toegeneem in die land.
                 Ekonomiese groei en ontwikkeling het tot verhoogde
                  inkomstevlakke gelei. 
                 Verbeterde infrastruktuur soos mededingende lae-tarief
                  lugdienste, verbeterde bus en minibus dienste en
                  padnetwerke. 
                 ŉ Groot aantal landsburgers kan nie bekostig om oorsee te reis
                  nie, wat dan plaaslike toerisme bevorder. 
                 Bemarkingsfaktore soos verminderde tariewe vir plaaslike
                  inwoners in vergelyking met reise oorsee. 
                 Sosio-ekonomiese faktore wat migrante werkers dwing om
                  vanaf landelike gebiede na stedelike areas te beweeg. 
                  (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)                    (1)

      3.2.3   Beskryf kortliks die konsep van ekotoerisme.

              Behels die toerisme aktiwiteite waarby mense plekke besoek waar
              hulle uiteenlopende natuurervarings kan ondervind. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.)                       (2)

      3.2.4   Hoekom is dit belangrik om bio-diversiteit in Suid-Afrika te
              beskerm?

                 Biodiversiteit is belangrik aangesien baie mense afhanklik is van
                  die natuur vir oorlewing / verskaffing van basiese voedsel. 
                 Biodiversiteit is belangrik vir die beskerming van ons plant- en
                  dierspesies. 
                  (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)                    (2)

      3.2.5   Wat is die grootste uitdagings vir toerisme in Suid-Afrika?

                 ŉ Gebrek aan infrastruktuur in sekere dele van die land, soos
                  pad infrastruktuur in landelike gebiede.
                 Hoë vlakke van geweld in groot gedeeltes van die land.
                 Toerisme lei tot verhoogde ongelykheid tusen groepe, want
                  landelike mense ontvang nie altyd die voordele daarvan nie.
                 Toerisme-bestuur word nie altyd doeltreffend toegepas nie,
                  soos lae standaarde en ŉ gebrek aan kwaliteit dienslewering.
                  (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)          (2 x 2)   (4)

                                            8

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                      10732/19

3.3   Data Respons

      3.3.1   Gee EEN oorsaak van die kweekhuis-effek.

              Besoedeling 
              Vergiftiging van watervlakke 
              Chemiese afval 
              Verlies aan biodiversiteit 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)                            (1)

      3.3.2   Identifiseer die internasionale ooreenkoms wat spesifiek
              daarop gerig is om kweekhuisgasse te verminder.

                 Kyoto Protokol                                                         (1)

      3.3.3   Beskryf kortliks die konsep kweekhuis-effek?

              Die negatiewe effek van aardverwarming weens
              klimaatsverandering, as gevolg van gasbesoedeling.                        (2)

      3.3.4   Wat is die hoofdoelwit van CITES?

                 Die Konvensie oor Internasionale handel in bedreigde spesies
                  verbied die internasionale kommersiële handel in ŉ lys van
                  bedreigde spesies.                                                    (2)

      3.3.5   Evalueer die effektiwiteit van die internasionale organisasies
              om die verlies aan biodiversiteit aan te spreek.

                 CITES was suksesvol in die vermindering in die handel in
                  renosterhorings vanaf Suid-Afrika. 
                 Daar is minder renosters wat huidiglik onwettig geskiet en
                  gesteel word, weens die beskerming van CITES. 
                 CITES was nie suksesvol gewees in die beskerming van
                  bedreigde spesies nie, soos die renoster, wat nog steeds in
                  sekere dele geskiet word. 
                 Ten speite van alle pogings en bewusmakingspogings deur
                  CITES en ander organisasies, bly renosterhorings ŉ gesogte
                  kommoditeit in sekere lande. 
                  (Aanvaar enige ander Positiewe of Negatiewe respons, wat die
                  bio-diversiteit of die verlies aan bio-diversiteit korrek aandui)
                                                                          Enige (2 x 2)   (4)

                                               9

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                 10732/19

3.4   Verduidelik kortliks bemarkbare permitte en omgewingsubsidies as
      maatstawwe om volhoubare ontwikkeling te verseker.

      Bemarkbare permitte
       Die owerheid kan belasting hef op en dan ŉ lisensie uitreik aan ŉ
        onderneming wat die omgewing besoedel. 
       Indien die onderneming die lugbesoedeling verlaag kan die lisensie
        verkoop word, of gedeeltelik verkoop word, aan ŉ ander onderneming
        wat ŉ groter of toenemende besoedelingsvlak het.           (Maks. 4)

          Omgewingsubsidies
         Die regering kan die inkomste vanaf die omgewingsbelasting gebruik
          om die aktiwiteite wat omgewingsvernietiging veroorsaak te
          verminder. 
         Die gebruik van verbeterde tegnieke of toerusting soos
          sonverhitters. 
         Die bekendstelling van omgewings-vriendelike alternatiewe, soos
          loodvrye brandstof. 
         Die bevordering van die herwinning van afvalstowwe, soos bottels,
          blikke, karton, ens. 
          (Ken ŉ maksimum van 4 punte toe vir slegs benoeming / voorbeelde /
          of sub-opskrifte)
                                                                      (Maks. 4)      (8)

3.5   Evalueer die groei van die toerisme-industrie in Suid-Afrika.

      Toerisme is besig om in Suid-Afrika te groei, omdat:

       werkers ŉ verhoging in hulle besteebare inkomste ondervind. 
       werkers ŉ vermindering in werksure ondervind / meer openbare
        vakansiedae. 
       Suid-Afrikaners is meer bewus van ontspanningstyd. 
       vervoer, paaie, kommunikasie en akkommodasiefasiliteite het
        verbeter. 
       Ondernemings verskaf meer reklame en promosies aan die
        publiek.
       Suid-Afrika het ŉ groot verskeidenheid wildslewe / natuur om aan te
        bied, en is ook ŉ ekonomiese bestemming vir buitelanders. 
        (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.)
        (Ken slegs ŉ maksimum van 2 punte toe vir die blote lys van feite /
        onderafdelings.)                                                             (8)
                                                                                     [40]

                                          10

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                 10732/19

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE
         ASPEKTE

4.1   Beantwoord die volgende vrae.

      4.1.1   Noem enige TWEE regstellende metodes wat deur die regering
              gebruik word om inkomsteverspreiding te verbeter.

                 SEB 
                 Regstellende aksie 
                 Grondrestitusie 
                 Grondherverdeling 
                 Eiendomsubsidies (vir HOP huise)                 Enige (2 x 1)    (2)

      4.1.2   Wat is die effek van ontbossing op die omgewing?

                 Die grondgebied is nie meer bedek met bome nie en die
                  natuurlike ekosisteem is vernietig. 
                 Ons het minder grond beskikbaar vir bosbou / plantasies. 
                                                                   Enige (1 x 2)     (2)

4.2   Data Respons

      4.2.1   Wat word deur die geskakeerde driehoek E1CE voorgestel?

              Netto welvaartsverlies / eksterne koste                               (1)

      4.2.2   Identifiseer die nuwe markewewigsprys nadat die eksterne
              koste bygevoeg is?

              R1 500                                                                (1)

      4.2.3   Beskryf kortliks die term negatiewe eksternaliteit.

              Negatiewe eksternaliteit – behels ŉ koste aan ŉ derde party, wat
              dan nie by die markprys gevoeg is nie, bv. besoedeling.              (2)

      4.2.4   Hoe word belasting deur die regering gebruik om negatiewe
              eksternaliteite te oorkom?

                     Die regering belas die produseerders wat besoedeling
                      veroorsaak, soos die steenkool aangedrewe kragstasies.
                                                                                   (2)

                                           11

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                   10732/19

      4.2.5   Gebruik die bostaande grafiek en verduidelik hoekom ŉ
              negatiewe eksternaliteit lei tot die wantoekenning van
              hulpbronne of die oorproduksie van goedere.

                 Die addisionele koste word nie deur die produseerders betaal
                  nie, maar deur die verbruikers / gemeenskap. 
                 Indien hulle die totale koste van hulle ekonomiese aktiwiteite
                  (besoedeling) moes dra sal die aanbod kurwe verminder (na
                  links skuif). 
                 Die mark produseer dus te veel van die produk met negatiewe
                  eksternaliteite en teen ŉ baie laer markprys. 
                  (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)           (2 x 2)   (4)

4.3   Data Respons

      4.3.1   Noem die land met die voordeligste ekologiese voetspoor,
              volgens die bostaande inligting.

              Australië                                                               (1)

      4.3.2   Wat dra die meeste by tot Suid-Afrika se koolstof vrystellings?

              Die gebruik van fossiel brandstof as energiebron / steenkool.           (1)

      4.3.3   Beskryf kortliks die konsep van omgewingsvolhoubaarheid.

                  Behels ontwikkeling wat voldoen aan huidige behoeftes, en
                   sonder om die vermoëns van toekomstige geslagte te
                   benadeel. 
                  Dit behels ook die omgewingsvermoë om te oorleef vir die
                   gebruik van toekomstige ekonomiese aktiwiteite.                   (2)

      4.3.4   Hoe dra gronderosie by tot ŉ ekologiese tekort?

                  Grond vrugbaarheid gaan verlore 
                  Die vernietiging van landbougrond 
                  Bio-kapasiteit, wat die vermoë van ŉ gegewe biologies-
                   produktiewe gebied is om voortgesette reserwes van
                   hernubare bronne te skep word verminder. 
                                                                    Enige (1 x 2)      (2)

                                             12

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                        10732/19

      4.3.5   Hoe implementeer die regering bevel en beheermaatreëls ten
              einde volhoubaarheid te verseker?

                     Dit behels die vasstelling van vlakke van omgewingskwaliteit 
                     Soos bv. die maksimum toegelate vlakke van vrystellings of
                      hulpbron-verbruik  (bv. visvang of koolstofdioksie) 
                     Minimum toegelate vlakke van watervlakke of plantasies 
                     Inspekteurs monitor die aktiwiteite, en pas boetes toe indien daar
                      nie ag gegee word aan vasgesletde vlakke nie 
                      (Aanvaar enige ander relevante korrekte respons)             (2 x 2) (4)
                                                                                           (10)

4.4   Met behulp van ŉ grafiek, verduidelik hoekom Marginale Koste gelyk
      aan Marginale Inkomste moet wees ten einde winsmaksimalisering te
      bereik.

                       INDIVIDUELE PRODUSENT – VOLMAAKTE MARK

                  P                                            MK

                          Maksimum wins                  Wins verlies

                          (MI = MK)             (A)      (MI < MK)
                                                                          MK/P
                        (MI > MK)

                  0                       6                               Q

                                                             Maks wins: 2 punte
                                                             MK: 1 punt
                                                             MI: 1 punt

                                                                                  (Maks 4)

         In die bogenoemde diagram is die markprys vasgestel op R 80. 
         As MI < MK, sal WINS afneem, as MI > MK, sal wins toeneem. 
         Die individuele produsent kan nie die prys aanpas nie, omdat hy moet
          aanpas in lyn met die industrie / kompetise. 
         Wins maksimering vind plaas waar MK = MI / As MI = MK, en
          marginale profyt = nul (0)                                  (Maks 4)             (4)
                                                                                             (8)

                                               13

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                                                             10732/19

4.5   Evalueer die impak van inheemse kennisstelsels in die bevordering
      van toerisme in Suid Afrika.

         Meer kulturele behuising kan verbeter word om toerisme to
          akkommodeer en te bevorder, bv. Shangana in Mpumalamga, Basotho
          in die Vrystaat en Simunye Zoeloe Lodge in Kwazulu-Natal, waar
          toergidse die IKS oorvertel asook die inheemse gebruiks-praktyke. 
         Reklame veldtogte op plaaslike en internasionale gebiede deur
          reisagente, hotelle en Bed en Ontbyt, lodges. 
         SA Toerisme, wat kan fokus op die bemarking van die erfenis-gebiede
          deur middel van brosjures en pamflette, asook die sosiale media. Die
          metodes sal toeriste meer bewus maak van die aantreklikhede. 
         Bevorder toeriste om die onderskeie kulturele en informele
          nedersettings te ervaar – om die lewenstoestande in landelike gebiede
          en lokasies saam met ŉ huishouding te ondervind of om by ŉ shebeen
          of informele restaurant te eet. 
         Die Wêreld Erfenis Gebiede van Suid-Afrika kan bevorder word deur
          hulle kulturele belangrikheid, bv. die Menslike Fossielgebiede van
          Sterkfontein, Mapungubwe Kulturele Landskap, Richtersveld Kulturele
          en Botaniese Landskap, Vredefort Koepel en Robben Eiland. 
         Wêreld Omgewings gebiede Van Suid-Afrika wat spesifiek geselekteer
          is vir hulle natuurlike belang behels die Kaapse Fynbos Streeks
          Beskermde Areas, Isimangaliso Vleiland Parke asook Ukhahlamba /
          Drakensberg Parke, wat gekies is vir hulle diverse betekenis.         (8)
                                                                                  [40]

                                                       TOTAAL AFDELING B:         80

                                          14

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                 10732/19

AFDELING C

Beantwoord EEN vraag uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

VRAAG 5: MAKROEKONOMIE

   Ondersoek die monopolie as ŉ markstruktuur sonder die gebruik van ŉ
    grafiek.                                                        (26 punte)
   Analiseer Suid-Afrika se anti-monopolie beleid.                  (10 punte)

INLEIDING

ŉ Monopolie bestaan indien daar slegs een verkoper van ŉ produk is, indien die
produk geen onmiddellike substitute het nie, en daar ŉ algehele hindernis tot
marktoetrede is. 
(Aanvaar enige ander relevante definisie.)                              (Maks.2)

HOOFDEEL

    Aantal produseerders 
    - Die monopolis het volle beheer oor die verskaffing van produkte, omdat dit
       die enigste verkoper is. 
    - Die monopolie verteenwoordig ook die totale industrie, bv. De Beers,
       Eskom. 

    Aard van die produk 
    - Die produk is uniek en het geen verwante substitute nie. 
    - Bv. elektrisiteit en spoorvervoer 

    Ekonomiese wins 
    - Die monopolie maak ŉ korttermyn en ook langtermyn wins en verlies. 

    Tegniese oorheersing 
    - ŉ Monopolie het tegniese voordele oor voornemende mededingers en
       hulle toegang tot hulpbronne en tegniese oorheersing bemoeilik
       mededinging deur ander ondernemings. 

    Toegang tot skaars hulpbronne 
    - ŉ Enkele onderneming besit en beheer ŉ spesifieke skaars hulpbron, en
       sluit dus marktoetrede deur ander ondernemings uit. 

    Vraagkurwe 
    - Monopolieë word ook nog deur ŉ vraagkurwe gekonfronteer vir hulle
       produkte, maar omdat hulle die enigste verskaffer van die produk is kan
       hulle besluit in watter posisie van die vraagkurwe hulle wil wees 
    - Die monopolis is die enigste verskaffer van ŉ produk in die mark – die
       vraagkurwe waarmee die monopolis gekonfronteer word is die van die
       mark as ŉ geheel. 
    - Die mark-vraagkurwe loop dan skuins af van lings na regs, soos op die
       grafiek. 

                                           15

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                10732/19

    Produksievlak 
    - As die monopolis eers op ŉ prys besluit het, sal die hoeveelheid verkoop
       aangedui word deur die markvraag – deur pryse te verlaag kan die
       monopolis meer eenhede van die produk verkoop, en omgekeerd. 
    - Monopolieë beïnvloed die produkprys kombinasie van die produk wat hulle
       verkoop sonder enige reaksie vanaf die ander markdeelnemers. 
    - Ander deelnemers kan nie onmiddellik optree nie, want ŉ basiese vereiste
       vir die voortbestaan van ŉ monopolie is juis dat marktoetrede geblok is. 

    Markkragte 
    - Alhoewel die monopolis die enigste verskaffer van ŉ produk is, word die
       produk steeds deur markkragte in die ekonomie beïnvloed. 
    - Verbruikers het ŉ beperkte begroting en ŉ monopolie kan derhalwe nie
       buitensporige pryse vir hulle produkte vra nie – die monopolis moet vir
       verbruikersvertroue meeding met al die ander produkte wat in die ekonomie
       beskikbaar is 
    - Bv. Transnet ding mee vir padruimte as vervoermiddel. 

    Prysbeheer 
    - ŉ Monopolis beskik oor aansienlike prysbeheer, maar die aanvraag beperk
       dit. 
    - ŉ Monopolie het geen beheer oor die aanvraag nie, en derhalwe sal
       aanvraag die finale markprys beïnvloed. 
    - ŉ Monopolis kan slegs besluit op watter posisie op die vraagkurwe dit wil
       produseer. 

    Substitute 
    - Daar is min produkte wat geen direkte substitute het nie. 
    - Vir baie jare het mense geen mededinging vir telefoondienste in Suid-Afrika
       gehad nie, maar verbruikers kon steeds alternatiewe vorme van
       kommunikasie soos briewe en telegramme gebruik. 

    Gunstige omstandighede 
    - Soms geniet entrepreneurs gunstige omstandighede in ŉ sekere
       geografiese gebied. 
    - Bv. daar kan slegs een verskaffer van melk in ŉ sekere dorp wees, ŉ
       hardewarewinkel of hotel. 
    - Daar kan selfs wette wees wat hulle beskerm, bv. Poskantoor-dienste in
       Suid-Afrika. 
    - Suiwer monopolieë is ŉ algemene skaarsheid in Suid-Afrika. 
    - Daar is nie net substitute beskikbaar nie, maar dikwels is daar niks wat
       entrepreneurs verhoed om tot die mark toe te tree nie – gevolglik word dit
       kwasie-monopolieë genoem. 

    Markinligting 
    - Alle kopers en die enkele verkoper het algehele kennis van die huidige
       marktoestande. 

                                           16

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                     10732/19

    Uitbuiting van die verbruikers 
    - Die monopolis mag minder produkte teen ŉ hoër prys produseer, in
        vergelyking met ander ondernemings onder volmaakte mededinging. 
    - Bv. Be Beers, omdat die monopolis die enigste produseerder van die
        produk in die mark is, bestaan die moontlikheid van verbruikersuitbuiting.
        (die meeste regerings neem stappe om te waak teen sulke praktyke en
        nuwe / huidige monopolieë word gewoonlik goed gemonitor. 

    Marktoetrede 
    - Die hindernisse verhoed ander produseerders van marktoetrede om
       dieselfde tipe produkte te verskaf. 

     Natuurlike monopolieë 
      - Hoë ontwikkelingskoste is dikwels ŉ rede – die verskaffing van
         elektrisiteit word heel dikwels as voorbeeld gebruik. 
      - Die aanbou van ŉ kernkrag-sentrale en verspreidingslyne om krag te
         versprei kos biljoene rande. 
      - Bv. Eskom as ŉ enkele onderneming in die land wat elektrisiteit
         verskaf, tree op as ŉ natuurlike monopolie en word beheer en
         gereguleer deur die regering. 

     Kunsmatige monopolieë 
      - Die toetree-hindernisse is nie ekonomies van aard nie, maar
         kunsmatig soos patenteregte, wat wettig is, asook eksklusiewe regte
         van die patenthouer om die produk te vervaardig en hulle eie unieke
         uitvinding te gebruik. 
      - Patente word ook dikwels in die farmaseutiese bedryf teëgekom. 
      - Lisensiëring is nog ŉ manier waar kunsmatige monopolieë toegepas
         word, bv. TV en radio-lisensies. 
      - Lisensies beskerm operateurs teen enige toetrede van ander
         mededingers. 

    Skaalekonomieë 
    - Dit bied voordele aan die groot bestaande ondernemings. 
    - Dit vind plaas wanneer die eenheidskoste daal indien die uitsette verhoog.
       
    - Groot ondernemings se produksiekoste per eenheid is dan laer as die van
       die klein ondernemings, bv. Eskom. 

    Geografiese area 
    - Dit kan ook ŉ natuurlike hindernis bied, bv. slegs een vakansieoord wat ŉ
       see-uitsig kan hê op ŉ eksklusiewe strandgebied. 

                                             17

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                 10732/19

    Grootte van die mark 
    - ŉ Onderneming kan soms gunstige omstandighede geniet in ŉ sekere
       klein mark. 
    - Bv. Daar mag dalk slegs een hardewarewinkel in ŉ sekere klein dorp
       wees. 
                                                                       (Maks. 26)
       (Aanvaar enige ander korrekte relevante feite.)
       (Ken slegs ŉ maksimum van 8 punte toe vir die blote lys van feite /
       voorbeelde en onderafdelings.)

ADDISIONELE GEDEELTE

Hoekom het Eskom as monopolie, nog nie ekonomiese wins bereik nie,
soos verwag van ŉ tipiese monopolie oor die langtermyn?

   Eskom is nie in staat om sy skuld vanuit sy verdienste te delg nie – dit dwing
    *Eskom om meer te leen of om bystand vanaf die regering te ontvang. 
   Korrupsie, soos byvoorbeeld onreëlmatige tenders aan die verskaffers deur
    omkoopgeld te aanvaar in ruil vir sub-standaad steenkool. 
   Die algehele gebrek aan behoorlike leierskap en korporatiewe regering – die
    uitgebreide elektrifiserings-programme is nooit bereik nie, byvoorbeeld die
    aanbou van nuwe kragstasies. 
   Die gebrek aan instandhouding op die huidige infrastruktuur, byvoorbeeld die
    foutiewe masjinerie, wat koste behels as dit nie betyds herstel word nie. 
   Kabeldiefstal moet met groot kostes deur Eskom vervang word. 
   Eskom is in ŉ skuld-likiditeits situasie – werkers kos Eskom toenemende
    koste en die voortgesette nuwe bou-programme. 
   Nuwe kragstasies is nie ten volle funksioneel nie, en kos later baie duurder
    as gevolg van rente en inflasie. 
   Beurtkrag word dan ingestel want die finansiële druk om die verskaffers van
    steenkool betyds te betaal is te veel. 
   Beurtkrag verminder die inkomste heffings indien die krag af is. 
   Die kultuur van geen betaling vir dienste gelewer in sekere gebeide is
    onaanvaarbaar. 
   Die onwettige krag-verbindings lei tot onvoldoende inkomste insameling. 
    (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)                        (10)
                                                                       (Maks. 10)
    (Ken slegs ŉ makaimum van 4 punte toe vir die blote lys van feite / onder-
    afdelings en voorbeelde.)
    (Aanvaar enige ander relevante korrekte respons.)

Gevolgtrekking

Daar bestaan geen plek vir monopolistiese ondernemings in ŉ gemengde
ekonomie soos in Suid-Afrika nie, aangesien dit aanleiding gee tot
verbruikersuitbuiting, onregverdige mededinging en buitengewone hoë pryse. 
(Aanvaar enige ander relevante gevolgtrekking.)                      (Maks. 2)
                                                                                     [40]

                                            18

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                  10732/19

VRAAG 6

Bespreek die oorsake van vraag-trek inflasie.                           (26 punte)

Evalueer die impak van die inflasieteikenbeleid in Suid Afrika.        (10 punte)

Inleiding

Vraag-trek-inflasie vind plaas wanneer totale vraag totale aanbod verbysteek,
alhoewel die BBP toeneem en werkloosheid afneem. 
(Aanvaar enige ander relevante definisie.)                       (Maks. 2)

INHOUD

HOOFDEEL

Oorsake van vraag-trek inflasie

    Toename in huishoudelike verbruik:  A.g.v. maklik bekombare krediet,
     word daar minder gespaar en is daar ŉ vermindering in belasting 
    Beleggersbesteding: Mag tot hoër winsverwagtinge in besighede lei. Hulle
     sal meer belê; dit kan lei tot ŉ styging in die vraag na goedere en dienste. 
    Staatsbesteding: ŉ Toename in staatsbesteding lei tot prysstygings. Meer
     geld word in omloop geplaas omdat daar meer geld aan infrastruktuur,
     verbruikersbesteding en sosiale besteding bestee word. 
    Uitvoerverdienste: Buitelandse groei kan ŉ groeiende vraag na plaaslik
     geproduseerde goedere skep sonder ŉ toename in produksie. 
    Die Monetaristiese verduideliking: Volgens monetariste, veroorsaak
     volgehoue hoë groeikoerse in die geldvoorraad hoë inflasie, terwyl lae
     groeikoerse lae inflasie veroorsaak.  Hul siening is gebaseer op die
     hoeveelheidsteorie van geld (MV = PT).  Hulle maak drie basiese
     aannames: Geldomloop vind teen ŉ stabiele spoed plaas; die hoeveelheid geld
     word eksogeen bepaal deur die monetêre owerhede; en reële uitset word
     bepaal deur die hoeveelheid en gehalte van verskeie produksiefaktore. 
    Verantwoordelike groepe:  Verbruikers, besighede, die regering. 
    Buitelandse bydrae:  Hulle veroorsaak ŉ verdere toename in die vraag na
     ons goedere en dienste deur ŉ toename in uitvoere.
    Relatiewe toename in komponente van totale vraag: 
     V (verbruikersbesteding), I (investeringsbesteding), S (staatsbesteding), M
     (koste van invoere)
    Minder besparings:  As verbruikers hul spaargewoontes verander en hulle
     begin om hul lopende en geakkummuleerde besparings te bestee, kan groei in
     totale vraag groter as groei in totale aanbod wees. 
    Belastingvermindering:  As persoonlike inkomstebelasting verminder, is
     meer geld beskikbaar vir private verbruikersbesteding. 
    Toegang tot krediet:  Groter beskikbaarheid van verbruikerskrediet
     (kredietkaarte) en goedkoper krediet – krediet vermenigvuldiger is van
     toepassing en meer krediet word geskep. 
                                                                            (Maks. 26)

                                            19

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                     10732/19

ADDISIONELE GEDEELTE

Evalueer die effek van die inflasieteiken beleid in Suid Afrika.

    Die SARB monetêre beleid bepaal die inflasieteiken tussen 3 % tot 6%.
    Die SARB was suksesvol in die handhawing van die inflasievlak in die
     bogenoemde reeks. 
    Indien die inflasieteiken die perk oorskry sal die monetêre owerhede optree
     om die vraag na geld te verminder, soos om rentekoerse te verhoog. 
    Indien die inflasiesyfers verhoog bokant die inflasieteiken sal dit lei tot –
     loondruk-inflasie en moontlike stakings deur die werksmag. 
    Looneise word dan dikwels vereenselwig met gewelddadige stakings –
     werkgewers sal dikwels gehoor gee aan die werkers se eise, maar sal dan
     pryse verhoog om te vergoed vir die verhoogde arbeidskoste / verhoogde
     lewenskoste. 
    Indien die teikens oorskry word kan die land se kredietgradering negatief
     beïnvloed word. 

Negatiewe effek op inflasie
   Die beheer van inflasievlakke verhoed Suid-Afrikaanse burgers om te hoog
    te probeer leef, veral op krediet vanaf kommersiële banke. 
   Inflasie teikenbeleide beïnvloed veral mense wat staatmaak op ŉ vaste
    inkomste, want hulle bepaal hulle uitgawes op ŉ inkomste wat nie teen
    dieselfde tempo as inflasie verhogings toeneem nie. 
   Hoofstroom-inflasie behels al die kwesbare produkte soos brandstof en
    elektrisiteit, wat nie by die inflasie berekeninge bygevoeg word nie-mense
    betaal dus meer vir sekere goedere en dienste, maar dit word nie in
    berekening gebring nie. 
    (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.)                  (Maks. 10)

GEVOLGTREKKING

Die feit dat Suid-Afrikaanse verbruikers op krediet leef, is die belangrikste faktor
wat tot vraag-drukinflasie bydra.  ŉ Toename in verbruikerskrediet verloop
saam met ŉ styging in inflasie in dieselfde periode. 
(Aanvaar enige ander relevante slot.)                                       (Maks. 2)

                                                           TOTAAL AFDELING C:            40

                                                                           TOTAAL        150

                                             20

## Related documents

- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-2020-preparatory-possible-answers/ba246fa2-7d32-4ab7-981e-10d6b2dd4a91) — Economics · Memo · 2020 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/bda96458-ebe4-44b9-92e5-333e776e1614) — Economics · Memo · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P1 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p1-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-question-paper/37295a41-5de8-4317-9725-dc223714aee3) — Economics · QP · 2019 · Afr
- [Gr12 Economics P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-economics-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/82e9d47a-c817-4545-9700-e9e2b9b7de9b) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/d34a6a9d-f432-46f7-873d-1a849eb9a1cc) — Economics · QP · 2020 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/498eaf17-b8bb-4092-a221-96afe7bd7aa2) — Economics · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/3dba3588-624d-493b-bc60-00d7e2783cae) — QP · 2025 · Afr
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/4def59dd-ebf4-4191-89e7-2b6d4609d6cc) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-mpumalanga/5449d7a4-548e-416d-91b4-1da462710798) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-mpumalanga/efbb0e99-1236-496b-bc64-5b31b3784493) — QP · 2025
- [Economics P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-afr/e9c77643-7f83-42e3-b28d-cf84e96050ca) — QP · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-afr/4c93e067-5237-46b7-ab21-5c2cea219788) — QP · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
