# Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2020 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/d34a6a9d-f432-46f7-873d-1a849eb9a1cc
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/d34a6a9d-f432-46f7-873d-1a849eb9a1cc)

## About this document

Economics · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-2020-preparatory-possible-answers/ba246fa2-7d32-4ab7-981e-10d6b2dd4a91) — Memo · 2020 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

         GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                  VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                           2020
                           10732

                         EKONOMIE

                         VRAESTEL 2

TYD:     2 uur

PUNTE:   150

14 bladsye

                                               b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                 EKONOMIE                             2
                                                 (Vraestel 2)                   10732/20

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK:

      AFDELING A: VERPLIGTEND

      AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.

      AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.    Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien word
      NIE.

3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
      gebruik is.

4.    Skryf die vraagnommer aan die bokant van elke antwoord.

5.    Lees die vrae aandagtig deur.

6.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

7.    Laat 2 – 3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

8.    Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van
      jou antwoorde aan die vereistes van die vrae voldoen.

9.    Gebruik slegs swart of blou ink.

10.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

11.   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                       b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                               EKONOMIE                                  3
                                               (Vraestel 2)                        10732/20

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                   30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
      Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers
      (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer.
      1.1.1     Die vraagkromme van ŉ individuele onderneming in ŉ volmaakte
                mark het ŉ ... helling.
                A   negatiewe
                B   positiewe
                C   horisontale
                D   konvekse

      1.1.2     Die minimum verdienste wat benodig word om te voorkom dat ŉ
                entrepreneur die bedryf verlaat, staan bekend as ...

                A   ekonomiese wins.
                B   normale wins.
                C   wins.
                D   ekonomiese verlies.

      1.1.3      ŉ Vervaardiger van digitale musiekspelers gebruik sy eie unieke
                lêerformaat wat nie deur die ander firmas in die mark gebruik word
                nie. Hierdie onderneming se optrede kan as ŉ voorbeeld dien van
                die gebruik van ŉ ... om die aantal firmas in die mark te verminder
                en om ŉ relatiewe onelastiese vraag na sy produkte te handhaaf.

                A   natuurlike monopolie
                B   subsidie
                C   positiewe ekstremiteit
                D   toegang versperring

      1.1.4     In ŉ volmaak mededingende mark is die vraagkurwe gelyk aan ...

                A   gemiddelde koste.
                B   prys.
                C   totale koste.
                D   veranderlike koste.

      1.1.5     Toerisme is ŉ ... intensiewe bedryf.

                A   kapitaal
                B   produksie
                C   arbeid
                D   handel

                                                                                         b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                       EKONOMIE                                  4
                                       (Vraestel 2)                        10732/20

1.1.6   ŉ Instelling wat verantwoordelik is vir die berekening en publikasie
        van onafhanklike inflasie data vir verskillende metropolitaanse
        gebiede staan bekend as ...

        A   Statistiek Suid-Afrika.
        B   Die Suid-Afrikaanse Reserwebank.
        C   Die Minister van Finansies.
        D   Die Departement van Handel en Nywerheid.

1.1.7   Die verskeidenheid plant- en dierelewe in ŉ spesifieke habitat
        staan bekend as ...

        A   ontbossing.
        B   koolstofvoetspoor.
        C   woestynvorming.
        D   biodiversiteit.

1.1.8   Suid-Afrikaners wat in die buiteland reis word as ... toeriste
        beskou.

        A   kultuur
        B   binnelandse
        C   plaaslike
        D   uitgaande                                                 (8 × 2)   (16)

                                                                                 b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                               EKONOMIE                                 5
                                               (Vraestel 2)                       10732/20

1.2   Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf
      slegs die letter (A – I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
      ANTWOORDBOEK neer.

              KOLOM A                                  KOLOM B
      1.2.1   Gelykbreekpunt       A   Besoek aan ŉ land om die natuurskoon van
                                       daardie land te geniet
      1.2.2   Mededingingswet
              in Suid-Afrika       B   Kom voor wanneer lone nie tred hou met
                                       inflasie nie
      1.2.3   Heterogene
                                   C   Die volhoubare gebruik en bestuur van
      1.2.4   Monopolie                natuurlike hulpbronne

      1.2.5   Direkte beheer       D   Horisontale vraagkurwe

      1.2.6   Bewaring             E   Die regering kan wette met die bestaande
                                       wetgewende raamwerk deurvoer om
      1.2.7   Kruipende inflasie       besighede wat negatiewe eksternaliteite
                                       veroorsaak te beheer
      1.2.8   Suid-Afrikaanse
              Toerismeprofiel      F   Die vervaardiging van verskeie variasies van
                                       produkte wat dit moeilik maak vir ander
                                       firmas om te dupliseer

                                   G Die bemagtiging van KMMO's om deel te kan
                                     neem aan die ekonomie

                                   H   Die inkomste wat ŉ firma verdien uit die
                                       verkoop van sy produkte is net genoeg om al
                                       sy kostes te dek

                                   I   ŉ Mark waar verbruikers geen keuse of
                                       verskeidenheid beskikbaar het nie
                                                                           (8 × 1)      (8)

                                                                                        b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                              EKONOMIE                                   6
                                              (Vraestel 2)                         10732/20

1.3   Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
      langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDBOEK neer.
      Afkortings, akronieme en byvoorbeelde sal NIE aanvaar word nie.

      1.3.1    Alle goedere in hierdie markstruktuur is identies.

      1.3.2    Vind plaas wanneer die optrede van een onderneming ŉ invloed
               het op ŉ ander onderneming

      1.3.3    ŉ Instelling wat die kwaliteit van goedere in Suid-Afrika monitor

      1.3.4    ŉ Plan van aksie deur die regering ten einde hul doelwitte te bereik

      1.3.5    ŉ Toekenningsprogram vir opleiding en ondersteuning van
               toerismeondernemings

      1.3.6    Die plante en diere van ŉ spesifieke streek                              (6)× 1)

                                                             TOTAAL AFDELING A:         30

                                                                                         b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                  EKONOMIE                                      7
                                                  (Vraestel 2)                            10732/20

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE        van   die   drie    vrae    in   hierdie   afdeling    in   die
ANTWOORDBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                        40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1   Beantwoord die volgende vrae.
      2.1.1      Noem enige TWEE doelstellings van ŉ anti-monopoliebeleid.
                                                                                               (2)x 1)

      2.1.2      Waarom is individuele deelnemers in ŉ volmaakte mark
                 onbelangrik vir die mark as geheel?                                           (2)x 2)
                                                                                               (1

2.2   Bestudeer die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

                            GEBLIKTE OF GEBOTTELDE WYN

      Suid-Afrika kan nou vegetarier-vriendelike wyn koop – sonder die byvoeging
      van sulfaat. Die eienaardige reeks Merlot- en Chenin Blanc-wyne word deur
      die wyn- en spiritsraad van Suid-Afrika gesertifiseer om kwaliteit te verseker.
      Daar bestaan ŉ wanbegrip dat geblikte wyn ŉ metaal smaak sal hê. Metaal
      blikkies laat geen lug in nie, en maak dit ŉ uiters stabiele houer vir wyn. Dit
      kan in ŉ piekniek mandjie gegooi word sonder die bekommernis dat dit kan
      breek. Wyn in blikke is teenstrydig met ŉ eeue-oue tradisie. Vir die meeste
      verbruikers is dit egter ŉ kwessie van ŉ fokus op meerderwaardigheid.

                                                [Aangepaste bron: www.businessinsider.co.za]

      2.2.1      Watter markstruktuur word in die uittreksel hierbo uitgebeeld?                (1)

      2.2.2      Wat is die aard van die produk in die bostaande uittreksel?                   (1)

      2.2.3      Beskryf kortliks die begrip fokus op meerderwaardigheid.                      (2)

      2.2.4      Hoe gebruik produsente marknavorsing om winste te maksimeer?                  (2)

      2.2.5      Hoe was die wynbedryf beïnvloed deur die Corona-virus-inperking
                 in Suid-Afrika?                                                               (4)x 2)
                                                                                               (2

                                                                                                b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                      EKONOMIE                                      8
                                                      (Vraestel 2)                            10732/20

2.3   Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      KOSTE-VOORDELE-ONTLEDING: BEHOORT DIE VINNIGE BUS
      VERVOER (VBV) STELSEL IN SUID-AFRIKA VOORT TE BESTAAN?

      Die Vinnige Bus Vervoer (VBV) vertoon finansieel swakker in die land se
      hoofstede, soos Johannesburg, Kaapstad en Tshwane. Daar bestaan
      ernstige probleme met die VBV stelsel. ŉ Hooggeplaaste regerings-
      amptenaar het voorgestel dat dit tyd geword het om die stelsel te heroorweeg
      en te herontwerp ten einde die fiskus minder te dreineer. Die herstelproses
      moet fokus op vermindering van kostes en verhoogde inkomste. Die lopende
      koste behoort vanselfsprekend af te neem soos die stelsel na ŉ volwasse
      stadium beweeg. Die netto huidige waarde was nie voorspel met die
      implementering van die projek nie.
        [Aangepaste bron: https://citizen.co.zo/news/south-africa/1688443/sa-needs-to-revamp-its-
                                                                           new-transport-system/]

      2.3.1      Identifiseer EEN ontasbare koste wat verband hou met die
                 implementering van die VBV stelsel in Suid-Afrika.                                 (1)

      2.3.2      Noem EEN voordeel geassosieer met openbare vervoerstelsels in
                 Suid-Afrika.                                                                       (1)

      2.3.3      Beskryf kortliks die term netto huidige waarde.                                    (2)

      2.3.4      Wat word bedoel met “die VBV stelsel dreineer die fiskus”?                         (2)

      2.3.5      Evalueer die impak van die VBV op ander vervoerstelsels in
                 Suid-Afrika.                                                                       (4)

2.4   Met betrekking tot ŉ oligopolis, verduidelik die twee elastisiteits-segmente van
      die vraag kurwe.                                                          (4 x 2)             (8)

2.5   Hoe hanteer die regering ŉ gebrek aan inligting as oorsaak van
      markmislukkings?                                                                              (8)
                                                                                                    [40]

                                                                                                     b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                 EKONOMIE                                        9
                                                 (Vraestel 2)                              10732/20

VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1   Beantwoord die volgende vrae.

      3.1.1     Noem enige TWEE beleidsvoorstelle vir toerisme.                  (2 x 1)      (2)

      3.1.2     Hoe beïnvloed stagflasie die konstruksiebedryf?                  (1 x 2)      (2)

3.2   Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

      BRANDSTOF PRYSVERHOGINGS AFFEKTEER VERBRUIKERS-
      INFLASIE

      Brandstof verhogings sal beslis ŉ impak hê op verbruikers-inflasie, volgens
      ekonome. Hoër brandstofpryse kan selfs ŉ indirekte effek op inflasie hê
      deur middel van ŉ tweede-rondte impak. Indien ondernemings meer
      spandeer op die vervoer van goedere kan hulle die pryse op finale goedere
      opwaarts aanpas en dus die addisionele prysdruk deurvoer na die
      verbruiker.
                      [Aangepaste bron: https://www.fin24.com/economy/fuel-hike-to-seep-into-consumer-
                                                                        inflation-economists-20180607]

      3.2.1     Identifiseer die tipe inflasie geassosieer met die verhoging in
                brandstofpryse, volgens die bogenoemde uittreksel.                              (1)

      3.2.2     Noem EEN manier hoe inflasie gemeet kan word.                                   (1)

      3.2.3     Beskryf kortliks die term kerninflasie.                                         (2)

      3.2.4     Waarom behoort die loonkoers teen dieselfde of selfs ŉ hoër koers
                as die gemiddelde verbruikersprysindeks vasgestel te word?                      (2)

      3.2.5     Hoe kan die regering fiskale beleid aanwend om inflasie te
                bekamp?                                                             (2 x 2)     (4)

                                                                                                    b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                               EKONOMIE                                      10
                                               (Vraestel 2)                            10732/20

3.3   Bestudeer die tekenprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                         [Bron: Internet tekenprent]

      3.3.1     Noem die tipe toerisme wat in die tekenprent bo uitgebeeld word.             (1)

      3.3.2     Watter instansie is verantwoordelik vir die bemarking van Suid-
                Afrika as ŉ toeristebestemming?                                              (1)

      3.3.3     Beskryf die begrip toerisme kortliks.                                        (2)

      3.3.4     Hoekom is dit moeilik om die impak van toerisme op die ekonomie
                te bepaal?                                                                   (2)

      3.3.5     Waarom groei inheemse kennis in Suid-Afrika?                                 (4)x 2)
                                                                                             (2

3.4   Bespreek die monetariste se verduideliking van inflasie.                     (4 x 2)   (8)

3.5   Evalueer die uitwerking van beleggings op toerisme.                                    (8)
                                                                                             [40]

                                                                                              b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                               EKONOMIE                                        11
                                               (Vraestel 2)                              10732/20

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                           40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1   Beantwoord die volgende vrae.
      4.1.1     Noem TWEE voorbeelde waar maksimum pryse toegepas kan
                word.                                                                         (2)x 1)

      4.1.2     Wat sal die invloed van die Corona-virus pandemie op die prys van
                goedere en dienste wees?                                                      (2)x 2)
                                                                                              (1

4.2   Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                              LMK

                          0                            HOEVEELHEID
                                                               [Bron: Clever Graad 12]

      4.2.1     Identifiseer die markprys van die monopolie hierbo uitgebeeld.                (1)

      4.2.2     Noem EEN kenmerk van marginale inkomste.                                      (1)

      4.2.3     Beskryf kortliks die term prysdiskriminasie.                                  (2)

      4.2.4     Hoe kan monopolieë tegnologie bevorder?                                       (2)

      4.2.5     Hoekom word ŉ wins-situasie in die bostaande grafiek uitgebeeld?
                                                                                              (4)x 2)
                                                                                              (2

                                                                                               b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                  EKONOMIE                                   12
                                                  (Vraestel 2)                         10732/20

4.3   Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

              Land                                 Inflasiekoers
      1.      Venezuela                 282 972,80 % (April 2019)
      2.      Zimbabwe                      175,66 % (Maart 2019)
      3.      Suid-Soedan                    56,10 % (Maart 2019)
      4.      Argentinië                     55,80 % (Junie 2019)
      5.      Iran                           50,40 % (Junie 2019)
      6.      Soedan                         47,80 % (Junie 2019)
      7.      Liberië                        23,30 % (April 2019)
      8.      Haïti                          18,00 % (Mei 2019)
      9.      Sierra Leone                   17,46 % (Maart 2019)
      10.     Angola                         16,94 % (Junie 2019)
                                                           [Bron: Trading Economics]

      4.3.1      Noem die tipe inflasie wat tans deur Venezuela ervaar word.                (1)

      4.3.2      Wie dra die las van hoë inflasiekoerse?                                    (1)

      4.3.3      Beskryf kortliks die term inflasie.                                        (2)

      4.3.4      Wat is die politieke en sosiale gevolge van hoë inflasiekoerse in
                 Suid-Afrika?                                                               (2)

      4.3.5      Hoe beïnvloed inflasie infrastruktuurontwikkeling in die
                 toerismebedryf?                                                            (4)x 2)
                                                                                            (2

4.4   Bespreek die aanbod van nie-meriete goedere in Suid-Afrika en hoe die
      regering kan ingryp.                                                 (4 x 2)          (8)

4.5   Hoe kan toerisme ontwikkel word om gelyktydig die beskerming van die
      omgewing in ag te neem?                                                               (8)
                                                                                            [40]

                                                             TOTAAL AFDELING B:              80

                                                                                             b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                   EKONOMIE                              13
                                                   (Vraestel 2)                    10732/20

AFDELING C

Beantwoord EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

 Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                            PUNTE-
                    STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                          TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is ŉ laerorde-antwoord
  ▪ ŉ Goeie begin is om ŉ sleutelkonsep wat in die vraag voorkom, te
     definieer of te omskryf.                                               Max. 2
  ▪ Moenie enige deel van die vraag by die inleiding insluit nie.
  ▪ Moenie enige gedeelte van die inleiding by die liggaam insluit nie.
  ▪ Vermy enige bespreking van die hoofdeel in die inleiding.
Liggaam:
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/
Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed (Analiseer)/Vergelyk/Evalueer/          Maks. 26
Onderskei/Verduidelik
Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/
Evalueer krities/Bereken/Lei af/Vergelyk/Ontleed/Onderskei/                Maks. 10
Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe/Stel voor
Slot
Enige hoërorde-slot moet die volgende insluit:
    ▪ ŉ Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder herhaling
       van enige feite wat reeds genoem is
    ▪ Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is           Maks. 2
    ▪ Addisionele ondersteunende inligting wat die
       bespreking/ontleding versterk
    ▪ ŉ Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
    ▪ Aanbevelings
TOTAAL                                                                        40

                                                                                         b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                                EKONOMIE                                 14
                                                (Vraestel 2)                       10732/20

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                     40 PUNTE – 40 MINUTE

●   Bespreek, met behulp van ŉ grafiek, die sluitingspunt van ŉ firma onder
    volmaakte marktoestande.                                                     (26)

●   Waarom is mededinging op markte goed vir die ekonomie?                       (10)

VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES                   40 PUNTE – 40 MINUTE

•   Bespreek breedvoerig die volgende probleme en die internasionale maatreëls
    wat getref word om volhoubare ontwikkeling te verseker:

    -    Biodiversiteit
    -    Klimaatsveranderingsbeleid
    -    Chemiese afval                                                          (26)

●   Hoe verseker markverwante maatreëls omgewingsvolhoubaarheid?                 (10)

                                                               TOTAAL AFDELING C:       40

                                                                              TOTAAL:   150

                                           EINDE

## Related documents

- [Grade 12 NSC Economics P1 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p1-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/468fe2d7-94f8-43ec-88c6-86cf12e31969) — Economics · QP · 2020 · Afr
- [Gr12 Economics P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-economics-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/82e9d47a-c817-4545-9700-e9e2b9b7de9b) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/498eaf17-b8bb-4092-a221-96afe7bd7aa2) — Economics · QP · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) 2015 Preparatory Examination Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-2015-preparatory-examination-paper/14747984-6602-4d68-a89a-339c7ef58679) — Economics · QP · 2015 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/bda96458-ebe4-44b9-92e5-333e776e1614) — Economics · Memo · 2017 · Afr
- [Gr12 Economics P1 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-economics-p1-afrikaans-sep-2022-question-paper/4b579af8-e0b1-4689-a729-7d9986eea052) — Economics · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [MTG Economics Afr](https://www.hlayiso.com/library/mtg-economics-afr/9848e5ba-3f16-47f5-8714-26d23f3a8bf5) — Guide · Afr
- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024
- [ECONOMICS P1 GR12 QP JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-june-2024-afrikaans/c346a16c-1f30-4d4f-bcd0-fc46002d1c9d) — QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/4e5fd6f8-b056-49dd-befb-68b8106fad9c) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
