# Geography Grade 12 P1 Gauteng Mock 2020 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2020 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-geography-p1-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/eb7b86bb-a755-410b-8b99-fb0762887e30
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P1 Gauteng Mock 2020 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-geography-p1-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/eb7b86bb-a755-410b-8b99-fb0762887e30)

## About this document

Geography · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Grade 12 NSC Geography P1 (Afrikaans) 2020 Preparatory Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-geography-p1-afrikaans-2020-preparatory-addendum/508a9280-b61b-4bd4-bb68-f8ded76eef8a) — Addendum · 2020 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

           GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                      VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                                       2020
                                       10781
                                  GEOGRAFIE
                                 VRAESTEL 1

TYD:     3 uur

PUNTE:   225

17 bladsye + ŉ bylaag van 14 bladsye

                                                b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                       GEOGRAFIE                                      2
                                       (Vraestel 1)                        10781/20

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Die vraestel bestaan uit VIER vrae.

2.   Beantwoord ENIGE DRIE vrae van 75 punte elk.

3.   Alle diagramme is in die BYLAE ingesluit.

4.   Laat een reël oop tussen die onderafdelings van die vrae wat jy beantwoord.

5.   Begin ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

6.   Nommer die antwoorde korrek soos die nommeringstelsel op die vraestel.
     Nommer in die MIDDEL van die reël.

7.   Moenie in die kantlyn van die ANTWOORDBOEK skryf nie.

8.   Illustreer jou antwoorde met diagramme en byskrifte, waar moontlik.

9.   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                      b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                      GEOGRAFIE                                            3
                                      (Vraestel 1)                         10781/20

AFDELING A:   KLIMAAT, WEER EN GEOMORFOLOGIE

VRAAG 1

1.1   Verwys na FIGUUR 1.1, wat ŉ dwarssnit van ŉ tropiese sikloon toon. Kies die
      korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word om die stellings WAAR
      te maak. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.7) in
      die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.8 Stygende lug.

      1.1.1   Die drukstelsel wat in FIGUUR 1.1 uitgebeeld word, is ŉ (hoë druk /
              lae druk) stelsel.

      1.1.2   Die oppervlaktemperatuur van die oseaan om hierdie tropiese
              sikloon te handhaaf, moet (bo / onder) 27 grade Celsius wees.

      1.1.3   Die sikloniese oppervlakvloei dui aan dat hierdie stelsel in die
              (noordelike / suidelike) halfrond voorgekom het.

      1.1.4   Die algemene bewegingsrigting van die tropiese sikloon is (van wes
              na oos / oos na wes).

      1.1.5   Die wolkformasie in die gevaarlike halfsirkel (voorste linker
              kwadrant) is (cumulonimbus / cirrus) wolke.

      1.1.6   Wolklose toestande in die oog van die sikloon is die gevolg van die
              (daling / styging) van die lug.

      1.1.7   Hierdie lugdrukstelsel is in die (volwasse / aanvanklike)
              ontwikkelingstadium.                                               (7 x 1)   (7)

                                                                                            b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                       GEOGRAFIE                                           4
                                       (Vraestel 1)                       10781/20

1.2   Die volgende beskrywings dui faktore aan wat die ontwikkeling van spesifieke
      dreineringspatrone beïnvloed. Toon aan watter dreineringspatroon na elk van
      die volgende beskrywings verwys. Skryf slegs die vraagnommers
      (1.2.1 tot 1.2.8) en die antwoord in jou ANTWOORDBOEK neer.

      1.2.1    Die dreineringspatroon wat in gebiede met wisselende sagte en
               weerstandbiedende rots ontwikkel.

      1.2.2    Die dreineringspatroon waar die sytakke na ŉ sentrale punt of
               laagtepunt vloei.

      1.2.3    ŉ Dreineringspatroon wat algemeen in gebiede met hellende rotslae
               voorkom, wat daartoe lei dat sytakke by die hoofstroom met regte
               hoeke aansluit.

      1.2.4    ŉ Dreineringspatroon wat ontwikkel wanneer sytakke met skerp
               hoeke by die hoofrivier aansluit.

      1.2.5    ŉ Koepel lei tot die ontwikkeling van hierdie dreineringspatroon.

      1.2.6    Die dreineringspatroon wat in gebiede met steil plooigesteentes
               aangetref word.

      1.2.7    Hoogs genate rotsformasies veroorsaak die ontwikkeling van die
               dreineringspatroon.

      1.2.8    Die dreineringspatroon wat ontwikkel wanneer 'n bestaande
               dreineringspatroon ontwrig word, bv. deur gletsers.               (8 x 1)   (8)

1.3   FIGUUR 1.3 toon die ligging van anti-siklone oor Suid-Afrika aan.

      1.3.1    Identifiseer die anti-sikloniesestelsels wat as A en B op FIGUUR 1.3
               aangedui is.                                                  (2 x 1)       (2)

      1.3.2    Beskryf die verandering in die ligging van hierdie anti-
               sikloniesestelsels van die somer na die winter oor Suid-Afrika.
                                                                                 (1 x 2)   (2)

      1.3.3    Verduidelik die invloed wat die posisie van die anti-sikloniesestelsel
               A op die reënval oor die Suidwes-Kaap in die winter sal hê. (2 x 2)         (4)

      1.3.4    Evalueer die positiewe en negatiewe impak wat reënvaltoestande
               gedurende die winter op eko-toerisme in die Wes-Kaapstreek sal hê.
                                                                           (3 x 2)         (6)

                                                                                            b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                        GEOGRAFIE                                       5
                                        (Vraestel 1)                      10781/20

1.4   Verwys na FIGUUR 1.4 wat temperatuurverskille tussen ŉ landelike en ŉ
      stedelike gebied toon.

      1.4.1    Definieer die term stedelike hitte-eiland.                     (1 x 1)   (1)

      1.4.2    Identifiseer die hoof strukturele (geboude) eienskappe van ŉ
               stedelike gebied wat die ontwikkeling van ŉ stedelike hitte-eiland sal
               beïnvloed.                                                     (1 x 1)   (1)

      1.4.3    Onderskei tussen die absorbering van hitte in die stad en die
               landelike gebied.                                             (1 x 2)    (2)

      1.4.4    Verduidelik hoe die strukturele (geboude) eienskappe genoem in
               VRAAG 1.4.2 die verskil in absorbering en terughouding van hitte
               tussen landelike en stedelike gebiede tot gevolg het.       (2 x 2)      (4)

      1.4.5    Bespreek in ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, hoe die hitte-
               absorbering en -terughouding in die stad die gesondheid van
               stedelike inwoners negatief beïnvloed en gee ŉ volhoubare
               oplossings vir hierdie negatiewe gevolge.                   (4 x 2)      (8)

1.5   FIGUUR 1.5 is ŉ illustrasie van ŉ fluviale kenmerk.

      1.5.1    In watter stadium van ŉ rivier kom stroomversnellings meestal voor?
                                                                             (1 x 1)    (1)

      1.5.2    Noem die dominante tipe erosie wat in die stadium van ŉ rivier soos
               geïdentifiseer in VRAAG 1.5.1, voorkom.                       (1 x 1)    (1)

      1.5.3    Verduidelik die effek van die tipe erosie, wat in VRAAG 1.5.2
               geïdentifiseer is, op die vorm van die riviervallei.          (1 x 2)    (2)

      1.5.4    Waarom kan die stroomversnelling beskryf word as ŉ tydelike
               erosiebasis?                                                (1 x 2)      (2)

      1.5.5    Beskryf wat met die tydelike erosiebasis sou gebeur as die
               erosietempo voortduur.                                         (1 x 2)   (2)

      1.5.6    Stel in ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, maniere voor waarop
               stroomversnellings vir ekonomiese gewin ontgin (gebruik) kan word.
                                                                            (4 x 2)     (8)

                                                                                         b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                      GEOGRAFIE                                        6
                                      (Vraestel 1)                       10781/20

1.6   FIGUUR 1.6 toon die proses van stroomroof oor ŉ lang tydperk.

      1.6.1   Definieer die term / konsep stroomroof.                                  (1)
                                                                                         (1 x 1)

      1.6.2   Dui aan watter rivier in FIGUUR 1.6 onderskeidelik die roofstroom
              en geroofde stroom is.                                         (2 x 1)   (2)

      1.6.3   (a)    Noem die tipe erosie wat die roofstroom verleng het.
                                                                         (1 x 1)       (1)
              (b)    Beskryf hoe die erosie genoem in VRAAG 1.6.3(a) die
                     roofstroom verleng het.                             (1 x 2)       (2)

      1.6.4   Beskryf die impak van stroomroof op die water volume in die
              Dawsonrivier.                                               (2 x 2)      (4)

      1.6.5   Lewer kommentaar oor die impak wat die snelheidsverandering op
              die tempo van afsetting in die Dawsonrivier sal hê.       (2 x 2)        (4)
                                                                                       [75]

                                                                                        b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                        GEOGRAFIE                                         7
                                        (Vraestel 1)                         10781/20

VRAAG 2

2.1   Verwys na FIGUUR 2.1 wat ŉ uittreksel uit ŉ sinoptiese weerkaart toon. Verskaf
      ŉ term / frase vir die volgende klimatologiese beskrywings. Skryf slegs die
      vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.8) en die antwoord in jou ANTWOORDBOEK neer,
      byvoorbeeld 2.1.9 Hoogdruk.

      2.1.1    Die tipe front wat deur B aangedui word

      2.1.2    Die tipe wolke wat kenmerk B gewoonlik voorafgaan

      2.1.3    Die windrigting by Port Elizabeth

      2.1.4    Die doupunttemperatuur by Port Elizabeth

      2.1.5    Die lugtemperatuur by Port Elizabeth

      2.1.6    Die tipe laagdruk by D

      2.1.7    Die atmosferiese druklesing by A

      2.1.8    Die isobariese patroon voorgestel deur lyn C                     (8 x 1)   (8)

2.2   Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word om die
      geomorfologiese stellings WAAR te maak. Skryf slegs die woord(e) langs die
      vraagnommers (2.2.1 tot 2.2.7) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld
      2.2.8 Vingerpuntstroom.

      2.2.1    Die verrnuwing van erosie-aktiwiteite in ŉ rivier staan bekend as
               (verjonging / abstraksie).

      2.2.2    (Basisvloei / Plaatvloei) is die vloei van grondwater in dieselfde
               rigting as die rivier.

      2.2.3    ŉ Gebied wat deur ŉ rivierstelsel gedreineer word, staan bekend as
               die (dreineerbekken / dreineringspatroon).

      2.2.4    Hoogliggende gebied wat die sytakke van die hoofstroom skei, word
               (interfluviale gebied / waterskeidings) genoem.

      2.2.5    Die (watertafel / versadigingsone) is die boonste grens van water
               wat ondergronds voorkom.

      2.2.6    Die laagste punt tot waar ŉ rivier kan erodeer, word ŉ (knakpunt /
               permanente basisvlak) genoem.

      2.2.7    ŉ (Delta / Samevloeiing) is die kruispunt van twee riviere.      (7 x 1)   (7)

                                                                                           b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                      GEOGRAFIE                                         8
                                      (Vraestel 1)                         10781/20

2.3   Verwys na FIGUUR 2.3 wat ŉ middelbreedtesikloon toon.

      2.3.1   Verskaf EEN sigbare bewys in FIGUUR 2.3 om te staaf dat die
              betrokke middelbreedtesikloon in die volwasse stadium van
              ontwikkeling is.                                           (1 x 1)        (1)

      2.3.2   Watter halfrond word in FIGUUR 2.3 voorgestel?                  (1 x 1)   (1)

      2.3.3   Teken ŉ dwarsprofiel van E tot by F in FIGUUR 2.3 en dui die
              volgende daarop aan:

               (a)    ŉ Pyl wat die bewegingsrigting van die front aandui

               (b)    Identifiseer en illustreer die wolkformasie by F

               (c)    Die gebied van koue lug

               (d)    Die gebied van warm lug                                 (4 x 1)   (4)

      2.3.4   Bespreek die waarskynlikheid (kans) dat die verwagte reënval by
              ligging A in FIGUUR 2.3, sagte reën sal wees.            (2 x 2)          (4)

      2.3.5   Daar word beplan om ŉ buitelug musiekfees binne die volgende
              24 uur by ligging D in FIGUUR 2.3 aan te bied. Beveel die
              herskedulering van die geleentheid aan deur TWEE klimatologiese
              redes te verskaf oor hoe die musiekfees deur die verwagte
              weerverandering, negatief beïnvloed mag word.            (2 x 2)          (4)

2.4   Verwys na FIGUUR 2.4, wat wintertoestande oor Suid-Afrka toon.

      2.4.1   Benoem die antisikloon wat as X aangedui is.                    (1 x 1)   (1)

      2.4.2   Is die plaaslike wind by Y ŉ aflandige of aanlandige wind?      (1 x 1)   (1)

      2.4.3   Verskaf klimatologiese bewyse uit FIGUUR 2.4 wat aandui dat
              wintertoestande op die skets voorgestel word.              (1 x 2)        (2)

      2.4.4   Verduidelik die posisie van die inversielaag soos aangedui in
              FIGUUR 2.4.                                                   (2 x 2)     (4)

      2.4.5   Bespreek in ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls die impak van die
              posisie van die inversielaag en die plaaslike wind Y in FIGUUR 2.4,
              op die hoeveelheid reënval wat in die binneland en die ooskus van
              Suid-Afrika ervaar sal word.                                  (4 x 2)     (8)

                                                                                         b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                       GEOGRAFIE                                       9
                                       (Vraestel 1)                      10781/20

2.5   Verwys na FIGUUR 2.5 wat die dreineeringsdigtheid van twee
      dreineringsbekkens voorstel.

      2.5.1    Definieer die term / konsep dreineringsdigtheid.              (1 x 1)   (1)

      2.5.2    Weerspieël (toon) dreineringsbekken A of dreineringsbekken B ŉ
               hoër dreineringsdigtheid?                                   (1 x 1)     (1)

      2.5.3    Verskaf bewyse uit FIGUUR 2.5 om u antwoord op VRAAG 2.5.2 te
               ondersteun.                                            (2 x 1)          (2)

      2.5.4    Bespreek hoe deurdringbaarheid die dreineringsdigtheid, soos
               aangetoon in dreineringsbekken A, kan beïnvloed,            (2 x 2)     (4)

      2.5.5    Bepaal die stroomorde van die hoofstroom in dreineerbekken B.
                                                                          (1 x 2)      (2)

      2.5.6    Verduidelik die verband tussen ontbossing en die deurlaatbaarheid
               van die onderliggende rotsstruktuur, en die stroomorde wat in
               dreineringsbekken B geïdentifiseer is.                        (2 x 2)   (4)

2.6   Verwys na FIGUUR 2.6, ŉ uittreksel oor die Vaalrivieropvangsgebied-
      agentskap.

      2.6.1.   Definieer die term / konsep opvangsgebied?                    (1 x 1)   (1)

      2.6.2    Noem EEN sekondêre ekonomiese aktiwiteit wat in die artikel
               genoem word wat water uit die opvangsgebied van die Vaalrivier
               gebruik.                                              (1 x 1)           (1)

      2.6.3    Bespreek TWEE gevolge wat die agteruitgang van water op
               landbouaktiwiteite in die streek sal hê.                      (2 x 2)   (4)

      2.6.4    Stel ŉ rede voor waarom dit belangrik is om die gemeenskap in die
               bestuur van die opvangsgebied te betrek.                    (1 x 2)     (2)

      2.6.5    Beveel in ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, volhoubare
               maatreëls aan wat die boeregemeenskap in die
               Vaalrivieropvangsgebied kan implementeer, om water te bespaar.
                                                                         (4 x 2)       (8)
                                                                                       [75]

                                                                                        b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                       GEOGRAFIE                                        10
                                       (Vraestel 1)                      10781/20

AFDELING B:   LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS EN SUID-AFRIKAANSE
              EKONOMIESE GEOGRAFIE

VRAAG 3

3.1   Verwys na FIGUUR 3.1 wat straatpatrone voorstel. Pas die onderstaande
      beskrywings by straatpatroon A, B of C. Kies die antwoord en skryf slegs die
      letter A, B of C langs die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.8) in die
      ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 3.1.9 A.

      3.1.1    Die straatpatroon is baie maklik om te beplan, konstrueer en uit te
               brei

      3.1.2    Alle hoofpaaie lei na die sentrale deel van die stad

      3.1.3    Word gebruik in die ontwikkeling van nuwe voorstede en kan
               verkeersopeenhopings verlig

      3.1.4    Baie stopstrate verhoog die moontlikheid van ongelukke

      3.1.5    ŉ Heuwelagtige omgewing gee aanleiding tot die straatpatroon

      3.1.6    Min kruisings kom in die straatpatroon voor

      3.1.7    Die straatpatroon veroorsaak meer verkeersopeenhopings

      3.1.8    Dit is maklik om te verdwaal met die straatpatroon             (8 x 1)    (8)

                                                                                        b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                      GEOGRAFIE                                          11
                                      (Vraestel 1)                      10781/20

3.2   Kies die term uit KOLOM B wat by die beskrywing van die verskillende tipes
      industrieë(nywerhede) in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A – H) langs die
      vraagnommers (3.2.1 tot 3.2.7) in die ANTWOORDBOEK neer,
      byvoorbeeld 3.2.8 I.

                        KOLOM A                                 KOLOM B
      3.2.1   Die nywerheid is dikwels in of naby aan   A   Grondstofgerigte
              die SSG.                                      nywerheid

      3.2.2   Nywerheid wat materiaal wat groot en      B   Ligte nywerheid
              swaar is verwerkte en die materiaal
              beïnvloed die nywerheid se ligging.       C   Vragverbrekingspunt
                                                            nywerheid
      3.2.3   Grootskaalse produksie wat gewoonlik
              aan ander nywerhede verkoop word en       D   Swaar nywerheid
              nie aan die eindverbruiker nie.
                                                        E   Markgerigte nywerheid
      3.2.4   Die nywerheid is nie aan die mark of
              grondstowwe gekoppel nie.                 F   Alomteenwoordige
                                                            nywerheid
      3.2.5   ŉ Internetnywerheid wat by enige
              ligging kan voorkom.                      G   Verspreidings-
                                                            nywerheid
      3.2.6   Die nywerheid kom voor waar die vrag
              na kleiner eenhede(metodes) van           H   Ongebonde nywerheid
              vervoer oorgedra word.

      3.2.7   Die nywerheid vervaardig goedere naby
              aan die verbruiker.
                                                                               (7 x 1)    (7)

                                                                                         b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                      GEOGRAFIE                                          12
                                      (Vraestel 1)                        10781/20

3.3   Verwys na FIGUUR 3.3, ŉ sirkelgrafiek aangaande(oor) redes vir landelike-
      stedelike migrasie.

      3.3.1   Definieer die term / konsep landelike-stedelike migrasie.        (1 x 1)    (1)

      3.3.2   Verskaf EEN fisiese stootfaktor vanaf die sirkelgrafiek wat landelike-
              stedelike migrasie tot gevolg gehad het.                         (1 x 1)    (1)

      3.3.3   Bereken die verskil tussen die TWEE sosiale faktore op die
              sirkelgrafiek wat veroorsaak dat mense landelike gebiede verlaat.
                                                                             (1 x 2)      (2)

      3.3.4   Volgens die diagram word 32% van die landelike-stedelike migrasie
              deur ander redes as wat in die diagram voorgestel word, veroorsaak.
              Verduidelik TWEE ander sosiale faktore in landelike gebiede wat tot
              landelike-stedelike migrasie kan lei.                         (2 x 2)       (4)

      3.3.5   Skryf ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, waarin jy volhoubare
              maatreëls verduidelik wat die regering kan implementeer om
              ontvolking, as gevolg van swak sosiale omstandighede in die
              landelike gebiede, te voorkom.                               (4 x 2)        (8)

3.4   Bestudeer FIGUUR 3.4, ŉ informele nedersetting en ŉ gebied met lae koste-
      behuising.

      3.4.1   Pas A en B op FIGUUR 3.4 by die TWEE terme lae koste behuising
              en informele nedersetting.                                (2 x 1)           (2)

      3.4.2   Verwys na die boumateriaal wat in FIGUUR 3.4 gebruik word, en
              onderskei tussen nedersettings A en B.                      (2 x 1)         (2)

      3.4.3   Benewens die formele boustrukture, noem enige TWEE basiese
              dienste, sigbaar in FIGUUR 3.4, wat by nedersetting A mag
              ontbreek.                                                 (2 x 1)           (2)

      3.4.4   Waarom verkies baie mense steeds om in nedersetting A te bly,
              ondanks ongunstige toestande?                               (2 x 2)         (4)

      3.4.5   Beveel TWEE strategieë aan wat die regering van Suid-Afrika in
              nedersetting A kan implementeer om die impak van die ongunstige
              toestande wat jy in VRAAG 3.4.3 genoem het, te verminder.
                                                                            (2 x 2)       (4)

                                                                                         b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                       GEOGRAFIE                                          13
                                       (Vraestel 1)                        10781/20

3.5   Bestudeer die artikel in FIGUUR 3.5 aangaande voedselsekerheid en
      hidroponiese boerdery.

      3.5.1    Definieer die term / konsep voedselsekerheid?                    (1 x 1)    (1)

      3.5.2    Noem TWEE omgewingsfaktore vanuit die artikel wat ŉ negatiewe
               invloed op tradisionele voedselproduksie en voedselsekerheid, gehad
               het.                                                          (2 x 1)       (2)

      3.5.3    Beskryf hoe die negatiewe invloed van die omgewingsfaktore van
               voedselsekerheid tot die ontwikkeling van hidroponiese boerdery
               aanleiding gegee het.                                         (2 x 2)       (4)

      3.5.4    Verwys na die artikel en noem TWEE omgewingsvoordele van
               gewasse, wat in ŉ vrugbare oplossing volgens die hidroponiese
               boerderymetode, gekweek word.                                 (2 x 2)       (4)

      3.5.5    Is hidroponiese boerdery na u mening volhoubaar as alternatief vir
               tradisionele gewasboerdery om voedselsekerheid in ŉ land soos
               Suid-Afrika te verseker? Verduidelik u antwoord.              (1 + 2)       (3)

3.6   Bestudeer die diagram en artikel oor die Platinum ROI in FIGUUR 3.6.

      3.6.1    Verduidelik die hoofdoel van Ruimtelike Ontwikkelingsinisiatiewe.
                                                                              (1 x 2)      (2)

      3.6.2    In watter provinsie is die Platinum Ruimtelike Ontwikkelingsinisiatief
               geleë?                                                           (1 x 1)    (1)

      3.6.3    Noem TWEE groot uitdagings wat die regering wil aanspreek deur die
               Platinum ROI in die gebied te ontwikkel.                    (2 x 1)         1+(1 x 2)
                                                                                           (2)

      3.6.4    Na aanleiding van die artikel, was die Platinum ROI suksesvol?
               Bewys jou antwoord deur inligting in FIGUUR 3.6 te gebruik,
               aangaande die bydrae tot die BBP.                              (1 + 2)      (3)

      3.6.5    Bestudeer die aanwysers van die effektiwiteitsindeks en verduidelik in
               ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls waarom dit bygedra het tot die
               her-evaluering van die Platinum Ruimtelike Ontwikkelingsinisiatief.
                                                                               (4 x 2)     (8)

                                                                                           [75]

                                                                                          b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                      GEOGRAFIE                                         14
                                      (Vraestel 1)                       10781/20

VRAAG 4

4.1   Kies ŉ term uit KOLOM B wat ooreenstem met die beskrywing in KOLOM A.
      Skryf slegs die letter (A – H) langs die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.7) in die
      ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 4.1.8 I.

                         KOLOM A                                KOLOM B
      4.1.1   Die toename in die aantal mense in A          Verstedeliking
              stedelike gebiede
                                                 B          Stedelike spreiding
      4.1.2   Die uitbreiding van die stedelike
              'beboude gebied'                   C          Stedelike groei

      4.1.3   Die    uitwaartse    verskuiwing    van D     Stedelike ontvolking
              besighede vanuit die sentrale gebiede
                                                      E     Teenverstedeliking
      4.1.4   Toename in die persentasie mense wat
              in stedelike gebiede woon               F     Stedelike hiërargie

      4.1.5   Onbeheerde stedelike groei      sonder G      Stedelike uitbreiding
              enige stedelike beplanning
                                                        H   Kommersiële
      4.1.6   Die proses waar mense          na   die       desentralisasie
              buitewyke van die stad trek

      4.1.7   Die gradering van stedelike gebied
              volgens die graad van spesialisasie

                                                                              (7 x 1)    (7)

                                                                                        b.o.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                          GEOGRAFIE                                           15
                                          (Vraestel 1)                       10781/20

4.2 Verwys na FIGUUR 4.2 wat verskillende soorte boerdery toon. Pas die beskrywings
    hieronder by die tipe boerdery A of B. Kies die antwoord en skryf slegs die letter A of
    B langs die vraagnommers (4.2.1 tot 4.2.8) in die ANTWOORDBOEK neer,
    byvoorbeeld 4.2.9 A.

         4.2.1    Hierdie boere gebuik meer arbeid as masjinerie.

         4.2.2    Die boere besit ŉ klein stukkie grond en boer om ŉ klein wins te
                  maak.

         4.2.3    Boere gebruik beperkte landbouchemikalieë en kunsmisstowwe en
                  verskaf aan die plaaslike of omliggende markte.

         4.2.4    Hierdie tipe plase benodig gesofistikeerde toerusting en groot
                  stoorplek.

         4.2.5    Hierdie soort boerdery word meestal gekenmerk deur intensiewe
                  arbeid en in die meeste gevalle diere-trekkrag.

         4.2.6    Die boere produseer gewasse om aan hul provinsie te verskaf.

         4.2.7    Die boere beoefen monokultuur op ŉ groot stuk grond.

         4.2.8    Boerdery wat die uitvoer van gewasse behels.                    (8 x 1)      (8)

4.3      Bestudeer FIGUUR 4.3, wat die ligging van nedersettings toon.

         4.3.1    Onderskei tussen die ligging van ŉ nat-punt nedersetting en ŉ droë-
                  punt nedersetting.                                           (2 x 1)         (2)

         4.3.2    Is die nedersetting in FIGUUR 4.3 ŉ nat- of droë- punt nedersetting?
                  Gee TWEE redes vir jou antwoord.                             (1 + 4)         (5)

         4.3.3    Wat is die patroon van die nedersetting wat in FIGUUR 4.3
                  geïlustreer is?                                                 (1 x 1)      (1)

         4.3.4    Verduidelik sosiale voordele van die nedersettingspatroon geïllustreer
                  in FIGUUR 4.3.                                                  (2 x 2)      (4)

         4.3.5    Die nedersettingsvorm in FIGUUR 4.3 is lineêr. Gee EEN voordeel
                  van hierdie vorm ten opsigte van toeganklikheid tot die waterbron.
                                                                                  (1 x 2)      (2)

                                                                                              b.o.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                       GEOGRAFIE                                        16
                                       (Vraestel 1)                       10781/20

4.4   Bestudeer FIGUUR 4.4, ŉ grafiek oor stedelike funksies.

      4.4.1    Verduidelik die verskil tussen ŉ lae orde funksie en ŉ hoë orde
               funksie.                                                       (2 x 1)   (2)

      4.4.2    Noem EEN voorbeeld van ŉ lae orde funksie en EEN voorbeeld van
               ŉ hoë orde funksie aangaande onderwys in FIGUUR 4.4.     (2 x 1)         (2)

      4.4.3    Verduidelik die betekenis van die byskrif “bevolkingsgrootte van
               nedersettings” op die horisontale as.                          (1 x 2)   (2)

      4.4.4    Bespreek die algemene neiging tussen die “bevolkingsgrootte van
               die nedersettings” en die “aantal dienste gelewer”.         (1 x 2)      (2)

      4.4.5    In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, analiseer die verhouding
               tussen die grootte van die nedersetting en die orde van dienste en
               bespreek redes vir die verhouding.                            (4 x 2)    (8)

4.5   Bestudeer FIGUUR 4.5 wat ŉ grafiek voorstel met die bydrae van verskillende
      ekonomiese sektore tot werksgeleenthede.

      4.5.1    Definieer die term / konsep primêre sektor.                    (1 x 1)   (1)

      4.5.2    (a)   Gee die aantal mense wat deur die mynbousektor in diens
                     geneem was tussen 2016 en 2018.                      (2 x 1)       (2)

               (b)   Verduidelik hoe meganisasie die werksgeleenthede in die
                     mynbousektor van 2016 tot 2018, beïnvloed het.   (1 x 2)           (2)

      4.5.3    (a)   Watter tersiêre sektor verskaf die meeste werksgeleenthede
                     in Suid-Afrika?                                     (1 x 2)        (2)

               (b)   Verduidelik die ekonomiese belang van hierdie tersiêre
                     sektor, geïdentifiseer in VRAAG 4.5.3(a), met betrekking tot
                     buitelandse inkomste.                                (1 x 2)       (2)

      4.5.4    Bespreek in ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls faktore wat die
               mynbousektor belemmer en die effek wat dit op die tersiêre sektor
               geïdentifiseer in VRAAG 4.5.3(a), het.                     (4 x 2)       (8)

                                                                                         b.o.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                       GEOGRAFIE                                         17
                                       (Vraestel 1)                        10781/20

4.6   Bestudeer die gevallestudie in FIGUUR 4.6 oor die PWV-industriële streek.

      4.6.1    Die kern industriële sone van Gauteng staan ook bekend as die
               PWV-streek. Waarvoor staan die afkorting PWV?          (1 x 1)            (1)

      4.6.2    Wat is die verhouding tussen beurtkrag en groei in die BBP? (1 x 1)       (1)

      4.6.3    Benewens beurtkrag, lys TWEE faktore wat volgens die
               reserwebank ŉ invloed op die BBP van die PWV - sone het.        (2 x 1)   (2)

      4.6.4    Verduidelik hoe die vierde industriële revolusie die afhanklikheid van
               nywerhede van elektrisiteitsvoorsiening in die PWV-streek
               beïnvloed.                                                      (2 x 2)   (4)

      4.6.5    Bespreek hoe beurtkrag ŉ negatiewe uitwerking op die
               vermenigvuldigingseffek van die PWV-ekonomie en YSKOR /
               Mittal Staal (ŉ groot onderneming in die PWV-gebied), het. (3 x 2)        (6)
                                                                                         [75]

                                                                           TOTAAL:       225

                                          EINDE

## Related documents

- [GEOGRAFIE P2 GR12 QP SEPT 2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geografie-p2-gr12-qp-sept-2020-afrikaans/55a61323-7634-4636-8d3b-14abf69a0a0d) — Geography · QP · 2020 · Afr
- [Gr12 Geography P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-geography-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/4d239679-2288-4e40-8882-b8e27f965853) — Geography · QP · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC Geography P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-geography-p2-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/4ad8597c-c5bb-4d9d-9fae-73ba178541c8) — Geography · QP · 2017 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR12 QP SEPT2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-qp-sept2019-afrikaans/9f9f46f5-415d-417f-a86c-3c476edee1db) — Geography · QP · 2019 · Afr
- [Geography P1 Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2020-eng/d007d101-dea5-4790-a472-b0b2546c4e08) — Geography · QP · 2020 · Eng
- [Geography P1 Nov 2020 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2020-afr/b585377c-ca9c-4efb-aec3-49e62a127c49) — Geography · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Memo · 2025 · Afr
- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Geography P2 (Afrikaans) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p2-afrikaans-2024-possible-answers/e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29) — Memo · 2024 · Afr
- [Geography P1 May-June 2024 MG Afr.docx](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/e693e9b0-f83c-4f6b-b799-09552d4dcf53) — Memo · 2024 · Afr
- [2023 KZN Prelim P1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/2023-kzn-prelim-p1-memo/2556a9a4-272d-4f3d-91da-8232c4b2e6b3) — Memo · 2023

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
