# Geography Grade 12 P2 Gauteng Mock 2017 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2017 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-geography-p2-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/4ad8597c-c5bb-4d9d-9fae-73ba178541c8
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P2 Gauteng Mock 2017 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-geography-p2-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/4ad8597c-c5bb-4d9d-9fae-73ba178541c8)

## About this document

Geography · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2017 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                      VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                                 2017
                                 10782

                              GEOGRAFIE

                          TWEEDE VRAESTEL

TYD:       1½ uur

PUNTE:     75
                        EKSAMENNOMMER:
                        SENTRUMNOMMER:

                        VRAAGNOMMER      V1   V2   V3   V4   TOTAAL
                        NASIENER
                        MODERATOR
                        PUNT BEHAAL
                        TOTAAL           15   20   25   15     75

13 bladsye

                                                                    b.o.
       3

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                          GEOGRAFIE                                       2
                                          (Tweede Vraestel)                  10782 / 17

                      GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                               VOORBEREIDENDE EKSAMEN

                                                                GEOGRAFIE
                                                                (Tweede Vraestel)

                                                                TYD: 1½ uur

                                                                PUNTE: 75

HULPBRONMATERIAAL

1.   ŉ Uittreksel van die topografiese kaart 2529 AB GROBLERSDAL

2.   Ortofotokaart 2529 AB 18 GROBLERSDAL

3.   NOTA: Die hulpbronmateriaal moet deur die skole vir eie gebruik opgeneem
           word.

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Skryf jou EKSAMENNOMMER en SENTRUMNOMMER in die spasies, wat op die
     voorblad voorsienword neer.

2.   Beantwoord AL die vrae in die spasies op die vraestel voorsien neer.

3.   Jy word voorsien van ŉ 1:50 000 topografiese kaart 2529 AB GROBLERSDAL en
     ŉ ortofotokaart van ŉ gedeelte van die gekarteerde gebied.

4.   Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van
     eksamensessie aan die toesighouer oorhandig.

5.   Jy mag die blanko papier aan die einde van die vraestel vir jou rofwerk en
     berekeninge gebruik. Moet NIE die bladsy van die vraestel losmaak nie.

6.   Toon ALLE berekeninge en formules waar van toepassing. Punte sal daarvoor
     toegeken word.

7.   Dui die maateenheid in die finale antwoord van die berekeninge aan.

8.   Jy mag van ŉ nie-programeerbare sakrekenaar gebruik maak.

9.   Die area wat in ROOI op die topografiese kaart aangedui is, verteenwoordig die
     area wat deur die ortofotokaart gedek word.

                                                                                          b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                          GEOGRAFIE                                                 3
                                          (Tweede Vraestel)                       10782 / 17

10. Die volgende Engelse terme en hul Afrikaanse vertalings word op die
    topografiese kaart aangedui:

         ENGLISH                                  AFRIKAANS

         Golf course                             Gholfbaan
         River                                   Rivier
         Sewage disposal works                   Rioolverwyderingswerke
         Landing strip                           Landingstrook
         Furrow                                  Voor
         Nature reserve                          Natuurreservaat

                     ALGEMENE INFORMASIE OOR GROBLERSDAL

                                                           • Groblersdal

Groblersdal ontvang die meeste van sy neerslag in die somer en baie min neerslag in die
winter. Die dorp het ontwikkel as gevolg van die Loskop Dam besproeiingskema en is die
tweede grootste besproeiings nedersetting. Soos jy die gebied betree, vind jy vloedvlaktes
met katoen, tabak, tafeldruiwe, mielies, koring, groente, sonneblomsaad, grondboontjies,
sowel as lusern.

                                                 [Aangepas uit http://en.wikipedia.org/wiki/Groblersdal]

                                                                                                     b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                          GEOGRAFIE                                         4
                                          (Tweede Vraestel)                    10782 / 17

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Die vrae hieronder is op die 1:50 000 2529 AB GROBLERSDAL, topografiese kaart
sowel as die ortofotokaart van ŉ gedeelte van die gekarteerde gebied gebasseer.
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae voorsien. Kies die
korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) in die blok langs elke vraag neer.

1.1    Groblersdal is in die … provinsie geleë.

       A      Mpumalanga
       B      Limpopo
       C      KwaZulu-Natal
       D      Gauteng

1.2    Groblersdal het ontstaan as gevolg van die … in die area.

       A      vervoernetwerk
       B      vrugbare grond
       C      besproeiingskema
       D      gelyk grond

1.3    Die ortofotokaart-kode noord van 2529 AB 18 is …

       A      2529 AB 23.
       B      2529 AB 13.
       C      2529 AB 19.
       D      2529 AB 17.

1.4    Die kontoerlyne by 1 op die ortofotokaart stel ŉ … gradiënt voor.

       A      konveks
       B      konkaaf
       C      geleidelik
       D      steil

1.5    Die ruitverwysing van die uitgrawingsterrein, punt R in Blok J5, is …

       A      25°11.1ʹS 29°23.5ʹO / 25°11ʹ6ʺS 29°23ʹ30ʺO.
       B      25°11.3ʹS 29°23.7ʹO / 25°11ʹ18ʺS 29°23ʹ42ʺO.
       C      25°11.1ʹO 29°23.5ʹS / 25°11ʹ6ʺO 29°23ʹ30ʺS.
       D      25°11.3ʹO 29°23.7ʹS / 25°11ʹ18ʺO 29°23ʹ42ʺS.

1.6    Die reguitlyn-afstand vanaf die hoogtemerk 929.9, punt M in Blok J6, na die
       hospitaal, punt N in Blok I6, op die topografiese kaart is … km.

       A      19
       B      3,8
       C      1,9
       D      38

                                                                                            b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                          GEOGRAFIE                                      5
                                          (Tweede Vraestel)                 10782 / 17

1.7    Die algemene vloeirigting van die Lepele Rivier in Blok K8 is ...

       A     noord.
       B     noordoos.
       C     suid.
       D     suidwes.

1.8    Die landvorm by lyn 2 op die ortofotokaart illustreer ŉ …

       A     uitloper.
       B     vallei.
       C     nek.
       D     saal.

1.9    Die stroomorde van die rivier by punt O in Blok B9 is …

       A     1.
       B     2.
       C     3.
       D     4.

1.10   Die dreineringspatroon van die rivier in C8 op die topografiese kaart is …

       A     reghoekig.
       B     tralie.
       C     dendrities.
       D     radial.

1.11   Die hoof grondgebruiksone wat in Blok J6 gevind word is die …

       A     industriële sone.
       B     residensiële sone.
       C     landelike-stedelike oorgangsone.
       D     kommersiële sone.

1.12   Die dominante vorm van die landelike nedersetting by Vin Kol in Blok I8 is …

       A     liniêr.
       B     kruispad.
       C     verspreid.
       D     kern.

1.13   Die straatpatroon aangetoon as 3 op die ortofotokaart is…

       A     ruit.
       B     beplan onreëlmatig.
       C     radial.
       D     onbeplan onreëlmatig.

                                                                                         b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                          GEOGRAFIE                                    6
                                          (Tweede Vraestel)               10782 / 17

1.14   Die mynboumetode wat gebruik word om die minerale by die Blue Ridge myn
       in Blok K11 te ontgin is …

       A     baggerwerk.
       B     oopgroef-mynbou.
       C     hidrouliese breking.
       D     skag-mynbou.

1.15   Die hoof (primêre) aktiwiteit wat in Blok E5 plaasvind is …

       A     bosbou.
       B     oesboerdery.
       C     vissery.
       D     mynbou.

                                                                            (15 x 1)   (15)
                                                                                       [15]

VRAAG 2: KAARTBEREKENINGE EN TEGNIEKE

2.1    2.1.1 Bereken die oppervlakte van die afgebakende gebied by 4 op die
             ortofotokaart in km². Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge
             toegeken word.

             Formule: Oppervlakte = lengte x breedte

             _________________________________________________________

             _________________________________________________________

             _________________________________________________________

             _________________________________________________________
                                                                  (5 x 1)              (5)

       2.1.2 Hoekom lyk die afgebakende gebied op die ortofotokaart groter as
             dieselfde gebied op die topografiese kaart?

             _________________________________________________________

             _________________________________________________________
                                                                  (1 x 1)              (1)

                                                                                        b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                       GEOGRAFIE                                      7
                                       (Tweede Vraestel)                 10782 / 17

2.2   2.2.1 (a)   Bereken die gemiddelde gradiënt tussen hoogtepunt 1179 in
                  Blok A9 en Trigonometriese Stasie 97 in Blok A11 op die
                  topografiese kaart. Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir
                  berekeninge toegeken word.

                                              vertikale interval (VI)
                  Formule : Gradient 
                                           horisontale ekwivalent (HE)

            _________________________________________________________

            _________________________________________________________

            _________________________________________________________

            _________________________________________________________

            _________________________________________________________

            _________________________________________________________
                                                                 (5 x 1)              (5)

            (b)   Die gemiddelde gradiënt, wat jy in VRAAG 2.2.1 (a) bereken het,
                  is steil. Gee ŉ rede om die stelling te staaf.

            _________________________________________________________

            _________________________________________________________
                                                                 (1 x 1)              (1)

                                                                                       b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                         GEOGRAFIE                                        8
                                         (Tweede Vraestel)                  10782 / 17

         2.2.2 Hieronder is ŉ vryhand (rowwe) deursnee-skets vanaf hoogtepunt
               1179 in Blok A9 na Trigonometriese Stasie 97 in Blok A11. Gebruik
               die skets om die volgende vrae te antwoord.

               (a)    Dui die sekondêre pad op die skets hierbo aan.          (1 x 1)     (1)

               (b)    Gee ŉ rede sigbaar op die deursnee-skets of topografiese kaart
                      vir die posisie van die sekondêre pad.

               ________________________________________________________

               ________________________________________________________
                                                                   (1 x 1)                (1)

2.3   2.3.1    Bereken die magnetiese deklinasie van Groblersdal vir die huidige jaar.

               Verskil in jare:                    = ___________________________

               Gemiddelde jaarlikse verandering:   = ___________________________

               Totale verandering:                 = ___________________________

               Magnetiese deklinasie vir 2017:     = ___________________________

                                                     ___________________________
                                                                            (5 x 1)           (5)

      2.3.2    Verklaar die belangrikheid van die berekening van die huidige magnetiese
               deklinasie om die magnetiese peiling van ŉ area te bepaal.

               __________________________________________________________

               __________________________________________________________
                                                                     (1 x 1)                  (1)
                                                                                              [20]

                                                                                           b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                          GEOGRAFIE                                        9
                                          (Tweede Vraestel)                   10782 / 17

VRAAG 3: TOEPASSING EN INTERPRETASIE

3.1   Verwys na die vallei in Blok I1 en 2 en J1 en 2 op die topografiese kaart.

      3.1.1   Identifiseer die wind wat gedurende die dag in die vallei sal ontwikkel.

              _________________________________________________________
                                                                   (1 x 1)                 (1)

      3.1.2   Verduidelik die hooffaktor wat vir die vorming van die wind,
              geidentifiseer in VRAAG 3.1.1 verantwoordelik is.

              _________________________________________________________

              _________________________________________________________
                                                                   (1 x 2)                 (2)

      3.1.3   Verduidelik TWEE faktore wat die terrein van Oude Stad in Blok I1
              beinvloed het.

              _________________________________________________________

              _________________________________________________________
                                                                   (2 x 2)                 (4)

3.2   Verwys na Blok C7 en D7 op die topografiese kaart om die volgende vrae te
      beantwoord.

      3.2.1   Identifiseer die stroomkanaal patroon aangedui as P in Blok C7 en D7.

              _________________________________________________________
                                                                   (1 x 1)                 (1)

      3.2.2   Gee TWEE fisiese redes vanaf die topografiese kaart wat die
              ontwikkeling van die stroomkanaal patroon sou beïnvloed het.

              _________________________________________________________

              _________________________________________________________
                                                                   (2 x 1)                 (2)

      3.2.3   Die stroomkanaal patroon geïdentifiseer in VRAAG 3.2.1 en die fisiese
              redes, (antwoord in VRAAG 3.2.2) is kenmerke van watter stadium van
              ŉ rivier?

              _________________________________________________________
                                                                   (1 x 1)                 (1)

                                                                                            b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                          GEOGRAFIE                                      10
                                          (Tweede Vraestel)                 10782 / 17

3.3   Verwys na Groblersdal in Blok H5 en Motetema in Blok D9.

      3.3.1   Gee TWEE bewyse dat beide dorpe, Groblersdal en Motetema
              sentraleplek dorpe is.

              _________________________________________________________

              _________________________________________________________
                                                                   (2 x 1)               (2)

      3.3.2   (a)   Watter nedersetting is ŉ hoë-orde sentrum, Groblersdal of
                    Motetema?

                    ______________________________________________________
                                                                     (1 x 1)             (1)

              (b)   Gebruik die mediese fasiliteite beskikbaar in Groblersdal en
                    Motetema om ŉ rede vir jou antwoord in VRAAG 3.3.2 (a) te gee.

                    _____________________________________________________

                    _____________________________________________________
                                                                    (1 x 2)              (2)

3.4   Verwys na die Krokodildrif-plaas in Blok D6 en D7.

      3.4.1   Word kleinskaal of grootskaal boerdery by Krokodildrif beoefen?

              _________________________________________________________
                                                                   (1 x 1)               (1)

      3.4.2   Gee TWEE bewyse vanaf die topografiese kaart om jou antwoord in
              VRAAG 3.4.1 te ondersteun.

              _________________________________________________________

              _________________________________________________________
                                                                   (2 x 1)               (2)

3.5   Vind daar bewaring plaas in die gebied wat deur die topografiese kaart gedek
      word? Gee ŉ rede vir jou antwoord.

      Antwoord:_________________________________________________________

      Rede:____________________________________________________________

              __________________________________________________________
                                                                    (1 + 2)              (3)

                                                                                          b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                             GEOGRAFIE                                     11
                                             (Tweede Vraestel)               10782 / 17

3.6   Verwys na die damme in Blok A3 en A4.

      3.6.1   Noem die hoof landbouproduk waaraan die damme water verskaf.

              _________________________________________________________
                                                                   (1 x 1)                 (1)

      3.6.2   Daar is ŉ groot aantal damme in die gebied. Verduidelik die
              belangrikheid van hierdie damme in die landbougebied.

              _________________________________________________________

              _________________________________________________________
                                                                   (1 x 2)                 (2)
                                                                                           [25]

VRAAG 4: GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSEL (GIS)

4.1   Verwys na die ortofoto- en topografiese kaarte.

      4.1.1   Defineer die term resolusie.

              _________________________________________________________

              _________________________________________________________

                                                                                 (1 x 1)   (1)

      4.1.2   Toon die ortofoto of topografiese kaart rastar-data? Gee ŉ rede vir jou
              antwoord.

              Kaart: ____________________________________________________

              Rede: ____________________________________________________

                      __________________________________________________
                                                                    (1 + 2)                (3)

      4.1.3   Om die kwaliteit van die ortofoto te verbeter sou jy ŉ 6 of 16 megapiksel
              kamera gebruik? Gee ŉ rede vir jou antwoord.

              Kamera: __________________________________________________

              Rede: ____________________________________________________

                      __________________________________________________
                                                                    (1 + 2)                (3)

                                                                                            b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                          GEOGRAFIE                                    12
                                          (Tweede Vraestel)               10782 / 17

4.2   Verwys na Q in Blok H6 en I7.

      4.2.1   Definieer die term buffersone.

              _________________________________________________________

              _________________________________________________________
                                                                   (1 x 1)             (1)

      4.2.2   Gee EEN rede waarom die omgewing langs die Lepelle (Olifants) Rivier
              aangedui as Q op die topografiese kaart, gebuffer is.

              _________________________________________________________

              _________________________________________________________

              _________________________________________________________

              _________________________________________________________
                                                                   (1 x 2)             (2)

4.3   Die boer besluit om datamanipulasie op sy plaas wat in Blok C7/8 tot D7/8
      gelee is, te gebruik om hom in staat te stel om volhoubare boerderymetodes
      toe te pas.

      4.3.1   Verduidelik die term datamanipulasie.

      ________________________________________________________________

      ________________________________________________________________
                                                                 (1 x 1)               (1)

      4.3.2   Evalueer hoe datamanipulasie die boer in Blok C7/8 kan help om
              volhoubare boerderymetodes toe te pas.

      ________________________________________________________________

      ________________________________________________________________

      ________________________________________________________________

      ________________________________________________________________
                                                                 (2 x 2)               (4)
                                                                                       [15]

                                                                          TOTAAL:      75

                                               EINDE

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                      GEOGRAFIE                           13
                                      (Tweede Vraestel)      10782 / 17

ROFWERK EN BEREKENINGE
(NOTA: Moet NIE die bladsy van die vraestel verwyder nie.)

## Related documents

- [Gr12 Geography P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-geography-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/4d239679-2288-4e40-8882-b8e27f965853) — Geography · QP · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC Geography P2 Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-geography-p2-preparatory-2017-question-paper/f10c44af-c6b5-46ce-8b6c-6feb8886e190) — Geography · QP · 2017
- [GEOGRAPHY P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans-final/b91dfe1d-9155-431b-92ca-f03d443a7a31) — Geography · QP · 2022 · Afr
- [GEOGRAFIE P2 GR12 QP SEPT 2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geografie-p2-gr12-qp-sept-2020-afrikaans/55a61323-7634-4636-8d3b-14abf69a0a0d) — Geography · QP · 2020 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 GR12 QP SEPT 2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-qp-sept-2019-afrikaans-final/850a190f-af73-4b51-a4a5-75fcef5ac912) — Geography · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Geography P1 Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-geography-p1-preparatory-2017-question-paper/d13a6739-748f-4c3e-a691-c03fb1ad130c) — Geography · QP · 2017

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Memo · 2025 · Afr
- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Geography P2 (Afrikaans) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p2-afrikaans-2024-possible-answers/e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29) — Memo · 2024 · Afr
- [Geography P1 May-June 2024 MG Afr.docx](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/e693e9b0-f83c-4f6b-b799-09552d4dcf53) — Memo · 2024 · Afr
- [2023 KZN Prelim P1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/2023-kzn-prelim-p1-memo/2556a9a4-272d-4f3d-91da-8232c4b2e6b3) — Memo · 2023

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
