# History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2016 Addendum (Afrikaans)

> Grade 12 History Paper 2 addendum from the Gauteng Mock Exam 2016 (Afrikaans), 13 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-addendum-p2-10792-afrikaans-preperatory-2016-question-paper/9c8c7a77-f85e-4cb3-af3e-ee90c6dfdb7e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Addendum
- Year: 2016
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2016 Addendum (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-addendum-p2-10792-afrikaans-preperatory-2016-question-paper/9c8c7a77-f85e-4cb3-af3e-ee90c6dfdb7e)

## About this document

History · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2016 · Afrikaans. Addendum, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

              GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                       VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                                2016
                                10792
                        GESKIEDENIS – ADDENDUM
                          TWEEDE VRAESTEL

TYD:         3 uur

PUNTE:       150

13 bladsye

         3

                                                   b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                         GESKIEDENIS                                ADDENDUM                2
                                         (Tweede Vraestel)                            10792/16

                        GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                                 VOORBEREIDENDE EKSAMEN

                                                     GESKIEDENIS (ADDENDUM)
                                                     (Tweede Vraestel)

VRAAG 1: HOE HET DIE FILOSOFIE VAN DIE SWART BEWUSSYN
         SUID-AFRIKAANSE STUDENTE BEÏNVLOED IN DIE 1970’s?

BRON 1A

Die volgende uittreksel beskryf die invloed wat die filosofie van Swart Bewussyn gehad
het op die swart Suid-Afrikaanse jeug in die 1970’s.

   Oor een van die Swart Bewussyn Beweging se programme se blywende nalatenskap,
   skryf Ramphele: ‘Die program vir leierskapsontwikkeling het verskeie vlakke van
   opleiding betrek en dit was ŉ gesamentlike onderneming deur die South African
   Students Organisation (SASO) en die Black People’s Convention (BPC)… Vormingskole
   oor naweke is gehou om universiteitstudente op te lei in verskillende vaardighede. Daar
   was ook ŉ omvattende opleidingsprogram vir jeugleierskap onderneem om die
   behoeftes van hoërskool en lokasie-gebaseerde jeugklubs aan te spreek in al die
   provinsies van Suid-Afrika.’

   Teen vroeg 1972 het SASO-takke wat voorsiening moes maak vir hoërskole al bestaan
   of was besig om te vorm in ver plekke soos Umtata, Kimberley en Port Elizabeth in die
   Kaap; Pietermaritzburg in Natal; Pretoria en Springs in die Transvaal en Bloemfontein in
   die Oranje-Vrystaat. In 1973 het SASO ŉ leierskapseminaar in Durban gehou, wat gelei
   het tot die stigting van die Natal Jeug Organisasie. Nog ŉ werkswinkel was in die
   Transvaal gehou met net so verblydende (aangename) resultate. By die vormingskole
   het die studente kritiese, analitiese vaardighede gekry en het hulle van ander politieke
   situasies geleer in ander dele van die kontinent… Hulle het kragtige (lewendige) debatte
   gevoer oor die gebeure in Suid-Afrika. Murphy Morobe, een van die produkte van die
   vormingskole, beskryf hulle belangrikheid in sy politiese onderrig soos volg: ‘Ons was
   voorgestel aan ŉ nuwe manier van dink, ŉ manier om verantwoordelikheid te neem, hoe
   om iniatief te neem… leierskap in sekere situasies waar ons betrokke was. Ander
   gegradueerdes van die vormingskole wat betekenisvolle leiers in die vryheidsbeweging
   geword het en wat Suid-Afrika getransformeer (verander) het was Amos Masondo,
   Mathe Diseko, Itumeleng Mosala, Khehla Mthembu en Cyril Ramaphosa.

   Opleidingsprogramme het ‘praktiese blootstelling aan gemeenskapsontwikkeling’
   voorsien asook ‘vaardighede in administrasie, organiseringsdinamika, sosiale analise en
   redenaars (praat in die publiek)’. Hulle het ook vir studente geleer hoe om Bantoe
   onderrig teen te staan.
                                        [Vanuit: The Road to Democracy in South Africa deur M Mzamane et al.]

                                                                                                                b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                         GESKIEDENIS                            ADDENDUM                 3
                                         (Tweede Vraestel)                        10792/16

BRON 1B

Die volgende bron fokus op die impak wat SASO gehad het op swart Suid-Afrikaanse
studente in die 1970’s.

  As universiteitstudente en skrywers die hart van Swart Bewussyn was, dan was skoliere
  die bewys dat hulle die effektiefste politiese voorhoede (mense op die voorgrond) was.
  Tussen 1950 en 1975, het die getal swart kinders by skole verhoog van omtrent een
  miljoen tot 3,5 miljoen en die verhouding by sekondêre skole het gestyg van
  3 persent tot oor die 8 persent. Sekondêre uitbreiding was veral dramaties tussen 1965 en
  1975 toe dit amper vervyfdubbel het tot omtrent 280 000. Klasgroottes was gemiddeld oor
  die 60 in Sowetoskole en het ŉ 100 bereik. Swakopgeleide onderrigpersoneel in skole met
  swak hulpbronne het dit moeilik gemaak om dit te hanteer en lyfstraf was algemeen.

  Die South African Students Organisation (SASO) was verantwoordelik om skoliere meer
  bewus te maak van die Swart Bewussynsbeweging se idees. Hulle was verantwoordelik
  vir die bewusmaking [politiese bewuswording] van hoërskoolleerders en swart
  universiteitstudente om ŉ direkte impak te maak deur onderwysposte te aanvaar in
  Soweto. Onkogopotse Tira, ŉ Swart Bewussynsleier wat voorheen geskors was uit
  Turfloop Universiteit, het ŉ Geskiedenis onderrigpos by Morris Isaacson Skool in Orlando,
  Soweto aanvaar. Skoliere was bewus gemaak van die geskiedenis van die vryheidstryd en
  Swart Bewussyn-idees by debatklubs en deur die Students Christian Movement,
  buitemuurse aktiwiteite is deur die skoolowerhede aangemoedig.
                                                   [Vanuit: Twentieth Century South Africa deur W. Bienart]

                                                                                                          b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                           GESKIEDENIS                               ADDENDUM     4
                                           (Tweede Vraestel)                           10792/16

BRON 1C

Die volgende foto deur die foto-joernalis Sam Nzima wys dat Hector Pieterson deur Mbuyisa
Makhubo gedra word. Dit was nadat hy deur die Suid-Afrikaanse Polisie geskiet is tydens die
Soweto-Optog op 16 Junie 1976.

                                   [Vanuit: I Saw a Nightmare deur Helena-Pohlandt McCormick]

                                                                                                  b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                    GESKIEDENIS                                 ADDENDUM                 5
                                                    (Tweede Vraestel)                             10792/16

BRON 1D

Die uittreksel gee ŉ beskrywing van hoe swart Suid-Afrikaners gereageer het na die
16 Junie 1976 Soweto-Slagting.

   Studente het begin om simbole van Apartheid aan die brand te steek, soos staatsgeboue,
   munisipale biersale en drankwinkels, PUTCO-busse en voertuie wat aan wit besighede
   behoort. Anti-oproer voertuie en lede van die Anti-Stedelike Terrorisme-Eenheid het
   gearriveer. Weermaghelikopters het traangas op die groepe studente gegooi.
   Padblokkades is opgerig by al die hoofingange tot Soweto. Die stryd tussen studente en
   die polisie het tot laatnag aangegaan. Die son het op 17 Junie opgekom oor uitgebrande
   karre en trokke en elke drankwinkel, biersaal en gemeenskapsentrum is tot op die grond
   afgebrand. Lyke het in die strate gelê. Die amptelike dodetal was 23, ander so hoog as
   200. Honderde is beseer.

   Studente het weereens die strate ingevaar. Ouers het weggebly van die werk sodat hulle
   na hulle gesinne kon omsien. Polisie het die strate gepatrolleer. Teen die einde van die
   derde dag van die oproer, het die Minister van Bantoe Onderwys die skole in Soweto
   gesluit.

   Die oproer het gou versprei van Soweto na ander dorpe in die Witwatersrand, Pretoria,
   Durban en Kaapstad, en dit het in die grootste uitbarsting van geweld ontwikkel wat Suid-
   Afrika nog beleef het. Kleurling en Indiërstudente het by hulle swart kamerade aangesluit.
           [Vanuit: http://africanhistory.about.com/od/apartheid/Soweto-Uprising-pt2htm. Toegang verkry op 22 Maart 2016.]

                                                                                                                         b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                  GESKIEDENIS                                 ADDENDUM                   6
                                                  (Tweede Vraestel)                             10792/16

VRAAG 2:     WAS DIE WAARHEID- EN VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
             SUKSESVOL IN SY POGING OM VERSOENING TE BRING IN SUID-
             AFRIKA?

BRON 2A

Die uittreksel verduidelik die doelwitte van die Waarheids- en Versoeningskommissie
wat in 1995 gestig is.

   Die Waarheids- en Versoeningskommissie (WVK) is gestig om onder meer die
   ‘rehabilitasie en herstel van die menslike en burgerlike waardigheid van slagoffers van
   menseregteskendings’ te fasiliteer. Hoofsaaklik deur die openbare verhore wat deur die
   Menseregteskendingskomitee gehou is, was die Kommissie se oogmerk om die stem
   en waardigheid van diegene wat voorheen uitgeskuif (gemarginaliseerd) is, te herstel
   en in die proses openbare erkenning daaraan te gee, wat algemeen beskou word as ŉ
   hoofbydraer tot die genesings (helings)-proses.

   Op daardie tydstip was die WVK die eerste proses van herstellende geregtigheid wat
   openbare verhore gehou het en oorlewendes die geleentheid gegee het om hul stories
   in hul eie woorde te vertel. Hierdie verhore het ŉ belangrike simboliese funksie gehad in
   ŉ land waar die regeringstelsel op die ontkenning en stilmaak van veral swart stemme
   gegrond was.

   … Die WVK het daarna gestreef om die kwessie van gemarginaliseerde stemme in die
   breër raamwerk van slagoffers aan te pak, en was bewus van geslagsvooroordele in die
   verloop en aanbieding van sy werk. Alhoewel die meerderheid van dié wat voor die
   Kommissie getuig het, vroue was, het hulle getuienis in die meeste gevalle op die
   ervarings van hulle mans, seuns en vaders gefokus. Vroue as slagoffers het slegs ŉ
   klein aantal van die sake wat voorgekom het, verteenwoordig.
               [Vanuit: www.wwl.wits.ac.za: Traces of Truth – The South African TRC. Toegand verkry op 25 Maart 2016.]

                                                                                                                         b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                         GESKIEDENIS                         ADDENDUM                 7
                                         (Tweede Vraestel)                     10792/16

BRON 2B

Die volgende artikel is geneem uit die Daily Dispatch, 25 September 1997. Dit fokus op
Generaal van Rensburg se getuienis oor die moord van die politiese aktivis, Siphiwo
Mtimkulu.

        Familie stort in by WVK verhoor
                              Daily Dispatch korrespondent

PORT ELIZABETH – Chaos het uitgebreek by die WVK-verhoor in New Brighton gister
toe die moeder, dogter en seun van die vermoorde aktivis Siphiwo Mtimkulu
ineengestort het terwyl die voormalige veiligheidspolisie Generaal getuienis gelewer het.

Polisie moes ŉ woedende skare terugforseer soos hulle vorentoe gebeur het na die verhoog,
waar ŉ bejaarde Mev Joyce Mtimkulu en tieners Aleuta en Sikumbuzo huilend op die vloer
gelê het.

Dit het gebeur terwyl Generaal Nic van Rensburg die WVK vertel het hoe Mnr Mtimkulu in die
agterkant van sy kop geskiet is en op ŉ brandstapel gesit is om te verbrand. In ŉ harde
weeklag was Sikumbuzo van die verhoog afgedra.
Die onrustige gehoor in Centenary Hall het sirkels gevorm en getoyi – toyi en vryheidsliedere
gesing terwyl Gen. van Rensburg, wat gister erken het dat hy vir die Harms Kommissie gelieg
het oor die moorde van Mnr. Mtimkulu en Mnr. Topsy Madaka in 1990, vinnig die verhoog
verlaat het.

Hy het getuienis gelewer oor die skietery van aktiviste in die Cradock-distrik in 1982.
Die verhoor was 15 minute later hervat met Mev Mtimkulu en Aleuta se herverskyning,
teruggetrokke en uitgeput, het hulle in die voorste ry gesit.
Daar word geglo dat dat ŉ lid van die verdedigingspan opgemerk het: ‘Dit is 15 jaar later en
nou huil hulle eers!’…

Gen. Van Rensburg het die amnestiekomitee vertel dat hy blatant vir die Harmse Kommissie
gelieg het in 1990, waar hy ontken het dat hy kennis het oor die dood van Mnr. Mtimkulu in
1982.

Mev Mtimkulu het die vorige jaar getuig oor haar seun, gepleit vir sy oorskot, sodat sy hom ŉ
behoorlike begrafnis kon gee. Haar hare het sneeuwit geword sedert haar vorige verskyning…
Kol. du Plessis en Gen. van Rensburg het erken dat hulle Mnr. Madaka en Mnr. Mtimkulu
ontvoer en geskiet het op April 4, 1982 op bevel van general Erasmus. Kolonel Nieuwoudt het
ook skuld bely in die moorde.

                                                               [Vanuit: Daily Dispatch, 25 September, 1997.]

                                                                                                       b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                              GESKIEDENIS                                   ADDENDUM             8
                                              (Tweede Vraestel)                               10792/16

BRON 2C

Die bron fokus op FW de Klerk se siening van die WVK.

 Volgens FW De Klerk hang die sukses van die WVK af van die onpartydigheid (om nie kant
 te kies nie) van sy lede. Hy was bekommerd dat Aartsbiskop Tutu voorgestel was as die
 voorsitter van die WVK, maar nie een lid van die Nasionale Party was gekies om op die
 kommissie te dien nie. Dit lyk onwaarskynlik dat President Mandela se kommissie dieselfde
 resultate in Suid-Afrika sou bereik soos reeds in ander lande.

 Die situasie was verder vererger deur bewerings dat FW De Klerk sekuriteitspolisie vryheid
 gegee het om dood te maak na eie wil. Die ondersoek deur die Goldstone-Kommissie om
 hierdie bewering te ondersoek het nie veel bewyse opgelewer nie, dat die skuldiges
 aangekeer (gearresteer), aangekla en gevonnis was. De Klerk was ook beskuldig van
 growwe skending van menseregte. In werklikheid tydens die verhoor het Boraine gesê dat hy
 (De Klerk) ‘n fout gemaak het om nie self vir amnestie aansoek te doen nie. ‘Ten spyte van
 my groeiende bedenkinge, het ek besluit om die kommissie my volle samewerking te gee’.
                                                            [Vanuit: The Last Trek: A New Beginning deur FW de Klerk]

BRON 2D

Hierdie spotprent deur Zapiro fokus op die Nasionale Party se voorlegging aan die WVK. Dit het
in die Sowetan koerant verskyn, 23 Augustus 1996.

                              DIE HEILIGE WAARHEID

                                                               NP
                                                             VOOR-
                                                             LEGGINS

                           [Vanuit: Truth and Reconciliation in South Africa: 10 Years On deur F du Toit.]

                                                                                                                  b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                 GESKIEDENIS                                 ADDENDUM                9
                                                 (Tweede Vraestel)                             10792/16

VRAAG 3: WATTER IMPAK HET GLOBALISERING GEHAD OP SUID-AFRIKA NA
         1994?

BRON 3A
Hierdie bron fokus op die resultate wat globalisering gehad het op beide ryk en arm lande. Dit
kom van ŉ BBC webwerfgids oor globalisering vir GCSE-student in Brittanje.

 Globalisering het gelei tot ŉ toename in internasionale handel, in maatskappye wat in meer
 as een land handel dryf; groter afhanklikheid van die globale ekonomie, vryer beweging van
 kapitaal (geld), goedere en dienste, erkenning van maatskappye soos McDonald's en
 Starbucks in ekonomies onderontwikkelde lande (EMOL).

 Alhoewel globalisering waarskynlik help om meer rykdom in ontwikkelende lande te skep,
 help dit nie om die gaping tussen die wêreld se armste lande en die wêreld se rykste lande te
 verklein nie. Globalisering het veroorsaak dat baie besighede in ander lande begin of gekoop
 is. Maatskappye wat in verskeie lande besigheid doen, word multinasionale maatskappye
 (MNM'e) of transnasionale maatskappye (TNM'e) genoem. Die Amerikaanse
 kitskoskettingwinkel, McDonald's, is ŉ groot MNM – dit het byna 30 000 restaurante in 119
 lande.

 Globalisering word meestal bedryf in belang van die rykste lande, wat voortgaan om
 wêreldhandel ten koste van ontwikkelende lande te oorheers. Die rol van EMOL'e in die
 wêreldekonomie (wêreldmarkte) is hoofsaaklik om die Noorde en die Weste van goedkoop
 arbeid en grondstowwe te voorsien. Daar is geen waarborge dat die rykdom uit inwaartse
 belegging die plaaslike gemeenskap sal bevoordeel nie. Die wins word dikwels na die
 ekonomies meer ontwikkelde land teruggestuur waar die TNM gebaseer is. Transnasionale
 maatskappye kan plaaslike maatskappye laat toemaak. As dit goedkoper is om in ŉ ander
 land besigheid te doen, kan die TNM die fabriek toemaak en plaaslike mense werkloos laat.

                     [Vanuit: http://www.bbc.co.uk/schools/gcsebitesize/geography/globalisation/globalisation_rev5.shtml.
                                                                                      Toegang verkry op 22 Maart 2016.]

                                                                                                                      b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                           GESKIEDENIS                                 ADDENDUM                10
                                           (Tweede Vraestel)                             10792/16

BRON 3B

Hierdie artikel deur A Nowiski het eerste verskyn in Z Magazine (ŉ onafhanklike maandelikse
koerant gestig in 1988) in November 2004. Dit fokus op die Suid-Afrikaanse regering se besluit
om ŉ neoliberale (markgerigte benadering) ekonomiese beleid na 1996.

Die magte van die neomerkantilistiese (beleid wat uitvoere aanmoedig en invoere ontmoedig)
globalisering verantwoordelik vir Suid-Afrika se voortgesette ekonomiese en sosiale chaos is
verskans (vas) ŉ jaar voor apartheid in duie gestort het. Inderdaad, toe die apartheidsregering
duidelik gedoem is, was hulle gekonfronteer deur ŉ oorweldigende internasionale protes en ŉ
streng sanksies regime. Ten tye van die klimaks van die Koue Oorlog in 1989, het die
Internasionale finansiële instellings (IFIs) ingetree. Hulle was vasbeslote om die magte van die
sosiale invloed en ekonomiese verandering in belang van internasionale finansies en
besigheid te beïnvloed. In die vroeë 1990’s het die Wêreldbank adviseurs na Suid-Afrika
gestuur om neoliberale ideologieë en beleide aan te beveel wat belowende ekonomiese groei
toon. In 1993 het die Internasional Monetêre Fonds (IMF) ŉ lening van 750 miljoen dollar aan
Suid-Afrika toegestaan op voorwaarde dat ŉ neoliberale beleid aangeneem word.

Ongelukkig het Nelson Mandela en die nuwe ANC vestiging in Suid-Afrika elemente van die
neomerkantilistiese agenda met entoesiasme aangeneem in die eerste post-apartheid
nasionale ekonomiese program genoem die Heropbou- en Ontwikkelingsprogram (HOP).
HOP het sommige herverdelende elemente gehou, maar dit was vinnig laat vaar ten gunste
van die Groei, Werkverskaffing en Herverdelingsprogram (GEAR) in 1996, as gevolg van die
groeiende invloed van die neoliberale binne die ANC.

GEAR was opgestel byna uitsluitlik deur 15 ekonome van die Wêreldbank, neoliberale
dinkskrums en verskeie Afrika-ontwikkelingsbanke. Die GEAR program het kommersialisering
en dan privatisering van alle openbare maatskappye en dienste in Suid-Afrika beklemtoon. Dit
het staatsbesteding drasties gesny en sekondêre belasting is op korporatiewe winste gehef.
                                   [Vanuit: http://www.thirdworldtraveler.com/Africa/SAfrica_WTO-Globalization.html.
                                                                                   Toegang verkry op 22 Maart 2016.]

                                                                                                                b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                GESKIEDENIS                                 ADDENDUM             11
                                                (Tweede Vraestel)                             10792/16

BRON 3C

Die spotprent hieronder deur Zapiro beeld die vestiging van die Groei, Werkverskaffing en
Herverdelingsprogram (GEAR) beleid uit.

                 DRIEPARTYALLIANSIE ... LAAT ONS
                       HANDEKLAP VIR DIE
                        VENNOOTSKAP!

                                                                                                   SAKP

                        [Vanuit: Talk Left, Walk Right: South Africa’s Frustrated Global Reforms deur P Bond.]

    GEAR

                                                                                                                 b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                 GESKIEDENIS                                ADDENDUM               12
                                                 (Tweede Vraestel)                            10792/16

BRON 3D

Hierdie is ŉ toespraak deur die voormalige President van Suid-Afrika, TM Mbeki, gelewer op 25
Mei 2007 by die Viëtnam Instituut vir Internasionale Betrekkinge. Die titel van sy toespraak was
‘Globalisasie en Verwante Sake’

Vandag word die rykes ryker en meer uitspatting (verkwistend) terwyl biljoene mense
voortgaan om in ellende te leef, ŉ punt bondig gestel deur die destydse administrateur van die
Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram (UNDP), Mark Malloch Brown toe hy gesê het: ‘In
groot dele van die wêreld het ongelykheid toegeneem, beide binne en veral tussen ryk en arm
lande. Ons Human Development Report beraam dat die inkomstegaping tussen die vyfde van
die wêreld se mense wat in die rykste lande woon en die vyfde plek in die armste was
74 tot 1 in 1997, 60 tot 1 in 1990 en 30 tot 1 in 1960.

Die rykes en die sterkes van die ontwikkelde wêreld wat ‘gemaklik moet raak oral, oral vestig,
en oral verbindings maak’, kan die verskynsel van globalisering gesien word as ŉ belangrike
platform vanwaar rykdom toeneem, verskans hulle krag en deur middel van hierdie
voortbestaan die armes van die wêreld aanhoudend onderwerp (onderdruk). Vir diegene van
ons uit ontwikkelende lande, moet globalisering duidelik vir ons lande ŉ geleentheid om
vooruit te beweeg beteken, na die kritieke stadium van ontwikkeling en sodoende armoede
en onderontwikkeling verslaan maar terselfdetyd buitelandse kulturele dominansie weerstaan
asook die behoud van ons politieke en sosio-ekonomiese onafhanklikheid.
                  [Vanuit: http://www.dirco.gov.za/docs/speeches/2007/mbeki0531.htm. Toegang verkry deur 22 Maart 2016.]

                                                                                                                    b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                          GESKIEDENIS                      ADDENDUM          13
                                          (Tweede Vraestel)                  10792/16

ERKENNINGS

Visuele bronne en ander geskiedkundige getuienis is uit die volgende geneem:

Bienart, W. 2000 Twentieth Century South Africa. University of KwaZulu-Natal Press.

Bond, P. 2006. Talk Left, Walk Right: South Africa’s Frustrated Global Reforms. University
of KwaZulu-Natal Press.

Daily Dispatch, 25 September 1997.

Du Toit, F. 2003. Truth and Reconciliation in South Africa: 10 Years On. IJR

Helena-Pohlandt McCormick. 2006. I Saw a Nightmare. McMillan.

http://africanhistory.about.com/od/apartheid/Soweto-Uprising-pt2htm

http://www.bbc.co.uk/schools/gcsebitesize/geography/globalisation/globalisation_rev5.shtml.

http://www.dirco.gov.za/docs/speeches/2007/mbeki0531.htm.

http://www.thirdworldtraveler.com/Africa/SAfrica_WTO-Globalization.html.

http://www.wwl.wits.ac.za: Traces of Truth – The South African TRC

Mzamane M et al. 2000 The Road to Democracy in South Africa. University of KwaZulu-Natal
Press.

                                            EINDE

## Related documents

- [Grade 12 NSC History P2 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-addendum/4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed) — History · Addendum · 2019 · Afr
- [Gr12 History P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01) — History · QP · 2021 · Afr
- [Grade 12 NSC History P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c) — History · Memo · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-addendum/4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995) — History · Addendum · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans)) 2015 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-2015-preparatory-examination-addendum/46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955) — History · Addendum · 2015 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2022-afrikaans/f20bbeea-9bf0-4364-87d6-36ff16bead78) — History · Addendum · 2022 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 History P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-history-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
