# History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2016 Question Paper (Afr)

> Grade 12 History Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2016 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-10791-afrikaans-preperatory-2016-question-paper/7b715ccb-b1cd-4c50-bffd-274ef6fd44a4
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2016 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-10791-afrikaans-preperatory-2016-question-paper/7b715ccb-b1cd-4c50-bffd-274ef6fd44a4)

## About this document

History · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2016 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

            GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                     VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                                    2016
                                    10791
                               GESKIEDENIS
                          EERSTE VRAESTEL

TYD:       3 uur

PUNTE:     150

9 bladsye + ŉ addendum van 11 bladsye

       3

                                                 b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                        GESKIEDENIS                                  2
                                        (Eerste Vraestel)                 10791/16

                       GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                                  VOORBEREIDENDE EKSAMEN

                                                GESKIEDENIS
                                                (Eerste Vraestel)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die voorgeskrewe
     raamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

     AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

     VRAAG 1: DIE KOUE OORLOG: DIE OORSPRONG VAN DIE KOUE OORLOG

     VRAAG 2: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA

     VRAAG 3: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950’S TOT DIE 1970’S:
              BURGERREGTEBEWEGING

     AFDELING B: OPSTELVRAE

     VRAAG 4: UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE – VIËTNAM

     VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE –
              DIE KONGO EN TANZANIË

     VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950’S TOT DIE 1970’S: DIE
              SWARTMAGBEWEGING

2.   AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat benodig
     word om hierdie vrae te beantwoord kan in die ADDENDUM gekry word.

3.   AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.   Beantwoord die DRIE vrae soos volg:

     4.1   Ten minste EEN moet ŉ brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN
           moet ŉ opstelvraag wees.

     4.2   Die DERDE vraag kan óf ŉ brongebaseerde vraag óf ŉ opstelvraag wees.

5.   In die beantwoording van die vrae moet kandidate hul kennis, vaardighede en
     insig gebruik.

6.   Die blote oorskryf van bronne as antwoorde sal die kandidaat benadeel.

7.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik word.

8.   Skryf netjies en leesbaar.
                                                                                     b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                  GESKIEDENIS                                 3
                                                  (Eerste Vraestel)           10791/16

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, uit hierdie afdeling.
Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord, is in die ADDENDUM vervat.

VRAAG 1: HOE HET DIE SOWJET-UNIE EN DIE VERENIGDE STATE VAN
         AMERIKA KOUE OORLOG SPANNING VERHOOG IN EUROPA NA
         1945?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1   Verwys na Bron 1A.

      1.1.1   Definieër die term kommunisme in jou eie woorde.                       (1x2)        (2)

      1.1.2   Hoekom, volgens die bron, wou Stalin gehad het dat die Oos Europese
              regerings “kommunisties en simpatiek” bly teenoor die Sowjet-Unie? (2x1)            (2)

      1.1.3   Lys die DRIE lande genoem in die bron wat geannekseer was deur die
              Sowjet-Unie na die Tweede Wêreldoorlog.                      (3x1)                  (3)

      1.1.4   Lewer kommentaar oor hoe die Weste gereageer het op die Sowjet-Unie se
              uitbreiding in Oos-Europa.                                       (2x2)              (4)

1.2   Bestudeer Bron 1B.

      1.2.1   Definieer die konsep Ystergordyn in jou eie woorde.                    (1x2)        (2)

      1.2.2   Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoekom
              Brittanje Griekeland en Turkye ondersteun het.                          (2x2)       (4)

      1.2.3   Haal DRIE bewysstukke uit die bron aan wat bevestig dat Brittanje se
              ekonomie in ŉ krisis was na die Tweede Wêreldoorlog.            (3x1)               (3)

      1.2.4   Verduidelik waarom ŉ geskiedkundige die inligting in hierdie bron as
              bruikbaar sal beskou wanneer navorsing gedoen word oor die oorsprong van
              die Trumanleerstelling en die Marshallplan.                        (2x2)            (4)

                                                                                              b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                 GESKIEDENIS                                 4
                                                 (Eerste Vraestel)           10791/16

1.3   Gebruik Bron 1C.

      1.3.1   Hoe, dink jy, het die Sowjet-koerant, Izvestia die Truman-leerstelling en
              Marshallplan beskou?                                                 (1x2)         (2)

      1.3.2   Wat, volgens die bron, was die vernaamste swakheid van die Truman-
              leerstelling?                                                      (1x2)           (2)

      1.3.3   Noem enige TWEE lande, volgens die koerantartikel, wat die Verenigde
              State van Amerika wou “verslaaf”.                              (2x1)               (2)

1.4   Bestudeer Bronne 1B en 1C. Verduidelik hoe die inligting in beide die bronne verskil
      ten opsigte van die Truman-leerstelling en Marshallplan.                      (2x2)        (4)

1.5   Raadpleeg Bron 1D.

      1.5.1   Verduidelik die boodskappe wat die spotprent oordra. Gebruik die visuele
              leidrade van die spotprent om jou antwoord te staaf.               (2x2)           (4)

      1.5.2   Lewer kommentaar op “Madam Molotov” se woorde “Neuse Links” in konteks
              van die Sowjet-Unie se beleid van uitbreiding in Oos-Europa.     (2x2)             (4)

1.6   Gebruik die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ paragraaf van ongeveer
      agt reëls (80 woorde) waarin jy verduidelik hoe die Sowjet-Unie en die Verenigde
      State van Amerika die Koue Ooorlog spanning verhoog het in Europa na 1945.             (8)
                                                                                             [50]

                                                                                             b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                   GESKIEDENIS                                  5
                                                   (Eerste Vraestel)            10791/16

VRAAG 2:      WAT WAS DIE AARD VAN SUID-AFRIKA SE BETROKKENHEID IN DIE
              SLAG VAN CUITO CUANAVALE IN ANGOLA TUSSEN 1987 EN 1988?

Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1   Verwys na Bron 2A.

      2.1.1   Hoekom, volgens Gleijeses, het die volgende lande besluit om troepe na
              Angola te stuur in 1987?

              (a)   Suid-Afrika                                                        (1x2)        (2)
              (b)   Kuba                                                               (1x2)        (2)

      2.1.2   Lys TWEE taktieke wat die Kubane teen die Suid-Afrikaanse Weermag
              (SAW) gebruik het.                                           (2x1)                    (2)

      2.1.3   Lewer kommentaar oor hoekom Fidel Castro besluit het om meer
              gesofistikeerde troepe en wapens Angola toe te stuur.                    (2x2)        (4)

2.2   Lees Bron 2B.

      2.2.1   Lys TWEE lande (brigades) wat verantwoordelik was vir die aanval op
              UNITA in Augustus 1987.                                             (2x1)             (2)

      2.2.2   Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoekom
              Suid-Afrika betrokke geraak het in die Angolese oorlog in 1987.
                                                                                        (2x2)       (4)

      2.2.3   Selekteer TWEE redes in die bron wat daarop dui dat die SAW onsuksesvol
              was om Cuito Cuanavale te verower.                                 (2x1)              (2)

      2.2.4   Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoekom
              die slag van Cuito Cuanavale as ŉ keerpunt in die geskiedenis van Suid-
              Afrika beskou word.                                                       (2x2)       (4)

2.3   Bestudeer Bron 2C.

      2.3.1   Volgens die inligting vervat in die bron, hoeveel soldate van die volgende
              weermagte het gesneuwel in die Angolese Oorlog?

              (a)     Kubaanse / FAPLA magte                                           (1x1)        (1)
              (b)     SAW                                                              (1x1)        (1)

      2.3.2   Gebruik die statistieke vervat in die bron om te verduidelik wie die slag van
              Cuito Cuanavale gewen het.                                               (2x2)        (4)

                                                                                                b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                 GESKIEDENIS                                6
                                                 (Eerste Vraestel)          10791/16

      2.3.3   Lewer kommentaar oor die tekortkominge, in terme van die inligting in die
              bron, vir ŉ geskiedkundige wat die verliese gely in die slag van Cuito
              Cuanavale bestudeer.                                                (2x2)          (4)

2.4   Bestudeer Bronne 2A en 2D. Verduidelik hoe hierdie bronne van mekaar verskil oor
      die uitkoms van die slag van Cuito Cuanavale.                             (2x2)            (4)

2.5   Lees Bron 2D.

      2.5.1   Gee TWEE redes genoem deur Ronnie Kasrils in die bron wat stel dat
              27 Junie 1988 “die einde vir die SAW te kenne gegee het”.    (2x1)                 (2)

      2.5.2   Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om kommentaar te lewer
              oor hoekom die Kubane besluit het om nie Namibië binne te val nie.    (2x2)        (4)

2.6   Gebruik die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ paragraaf van ongeveer
      agt reëls (80 woorde) waarin jy verduidelik wat die aard van Suid-Afrika se
      betrokkenheid in die slag van Cuito Cuanavale in Angola was tussen 1987 en 1988?           (8)
                                                                                                [50]

                                                                                            b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                    GESKIEDENIS                                  7
                                                    (Eerste Vraestel)            10791/16

VRAAG 3:       WAT WAS DIE ROL VAN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA SE
               REGERING MET BETREKKING TOT DIE INTEGRASIE VAN CENTRAL
               HIGH SCHOOL IN 1957?

Bestudeer Bronne 3A, 3B, 3C en 3D en antwoord die vrae wat volg.

3.1    Verwys na Bron 3A.

       3.1.1   Definieër die volgende konsepte in jou eie woorde:

               (a)   Segregasie                                                         (1x2)        (2)
               (b)   Integrasie                                                         (1x2)        (2)

       3.1.2   Verduidelik hoekom “vyf verskillende swart gemeenskappe” hulle saak na die
               Hooggeregshof geneem het.                                            (1x2)            (2)

       3.1.3   Hoekom, volgens die bron, het Thurgood Marshall, aparte onderrig
               teengestaan?                                                             (1x2)        (2)

       3.1.4   Wat was die beslissing van Chief Justice Earl Warren in die Brown vs Board
               saak?                                                                 (1x2)           (2)

       3.1.5   Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoekom
               die Brown vs Board beslissing ŉ oorwinning was vir die
               Burgerregtebeweging.                                                      (2x2)       (4)

3.2.   Gebruik Bron 2B.

       3.2.1   Hoekom het Elizabeth Eckford alleen aangekom by Central High School?
                                                                                  (1x2)              (2)

       3.2.2   Gebruik die inligting in die bron, asook jou eie kennis om te verduidelik
               hoekom jy dink die foto van Elizabeth Eckford ŉ bewys is van “een van die
               mees blywende beelde van daardie dag”.                              (2x2)             (4)

       3.2.3   Wat het Regter Davies aangemoedig om regstappe teen Goewerneur
               Faubus te begin?                                         (1x2)                        (2)

       3.2.4   Verduidelik hoe President Dwight D Eisenhower verseker het dat Central
               High School geïntegreerd was teen 1957.                         (2x2)                 (4)

3.3    Bestudeer Bron 3C.

       3.3.1   Verduidelik hoekom jy dink hierdie foto geneem is.                       (1x2)        (2)

       3.3.2   Watter boodskappe dra die foto oor, oor die Federale regering se houding
               teenoor integrasie van Central High School.                        (2x2)              (4)

                                                                                                 b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                  GESKIEDENIS                                  8
                                                  (Eerste Vraestel)            10791/16

3.4   Verwys na Bronne 3B en 3C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3B bevestig wat in
      Bron 3C (foto) gewys word met betrekking tot die ontplooing van federale troepe na
      Central High School.                                                           (2x2)         (4)

3.5   Konsulteer Bron 3D.

      3.5.1   Lys TWEE redes wat die ouers van die Little Rock Nine gegee het ter
              ondersteuning van die federale regering se besluit om in te gryp by Central
              High School.                                                            (2x1)        (2)

      3.5.2   Verduidelik die bruikbaarheid van die inligting in die bron aan ŉ
              geskiedkundige. Bespreek die reaksies en response van swart Amerikaanse
              ouers oor die rol van die federale regering met verwysing na die integrasie
              van Central High School.                                                 (2x2)       (4)

3.6 Gebruik die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ paragraaf van ongeveer
    agt reëls (80 woorde) waarin jy verduidelik wat die rol van die Verenigde State van
    Amerika se regering was met betrekking tot die integrasie van Central High School
    in 1957.                                                                                    (8)
                                                                                               [50]

                                                                                               b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                         GESKIEDENIS                                    9
                                         (Eerste Vraestel)                   10791/16

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar NIE meer as TWEE vrae nie, uit hierdie
afdeling.

Jou opstel behoort ongeveer DRIE bladsye lank te wees.

VRAAG 4:     UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
             VIËTNAM

Die oorlog ter verdediging van vryheid en demokrasie waarvoor die Verenigde State van
Amerika geveg het in Viëtnam, het onverwagte uitkomste gehad vir die tegnologiese
gevorderde supermoondheid.

Verduidelik tot watter mate jy saamstem met die stelling. Maak gebruik van relevante
bewyse oor die oorlog in Viëtnam tussen 1965 tot 1975 om die argumentslyn te
ondersteun.                                                                             [50]

VRAAG 5:     ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIES – DIE
             KONGO EN TANZANIË

Bespreek krities of die ekonomiese beleide wat bekendgestel was in beide die Kongo en
Tanzanië die ekonomieë van die onderskeie lande verbeter het na die verkryging van
onafhanklikheid van koloniale bewind in die 1960’s.                                     [50]

VRAAG 6:     BURGERLIKESAMELEWINGSPROTES VANAF DIE 1950’s TOT DIE
             1970’s: SWARTMAGBEWEGING

Die Swartmagbeweging het ontstaan as gevolg van die stadige pas van verandering in
die Verenigde State van Amerika in die 1960’s.

Stem jy saam met die stelling? Ondersteun jou argumentslyn met relevante bewyse.        [50]

                                                                             TOTAAL:    150

                                            EINDE

## Related documents

- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-addendum/4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995) — History · Addendum · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans)) 2015 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-2015-preparatory-examination-addendum/46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955) — History · Addendum · 2015 · Afr
- [Grade 12 NSC History (Addendum) P1 10791 Preperatory 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-addendum-p1-10791-preperatory-2016-question-paper/f146720c-997d-4fdf-b249-92df2b2b1b96) — History · Addendum · 2016
- [Gr12 History P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01) — History · QP · 2021 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/b9dc10fb-ad07-4300-abc2-a509afb2c30f) — History · QP · 2017 · Afr
- [Hist P1 Qp Eng Jun2016](https://www.hlayiso.com/library/hist-p1-qp-eng-jun2016/5fb99958-5825-4cdd-b57e-5dbe452d63f2) — History · QP · 2016 · Eng

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
