# History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2015 Question Paper (Afr)

> Grade 12 History Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2015 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-2015-preparatory-examination-question-paper/adae1cc7-7889-45b1-841e-f33e566376cb
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2015 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-2015-preparatory-examination-question-paper/adae1cc7-7889-45b1-841e-f33e566376cb)

## About this document

History · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2015 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans)) 2015 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-2015-preparatory-examination-addendum/46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955) — Addendum · 2015 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

            GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                  VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                           2015
                           10791
                         GESKIEDENIS

                     EERSTE VRAESTEL

PUNTE: 150
TYD:   3 uur

9 bladsye

            3

                                                 b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                       GESKIEDENIS                                   2
                                       (Eerste Vraestel)                  10791/15

                     GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                              VOORBEREIDENDE EKSAMEN

                                               GESKIEDENIS
                                               (Eerste Vraestel)

                                               TYD: 3 uur

                                               PUNTE: 150

INSTRUKSIES EN INLIGTING
1.   Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die
     voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

     AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

     VRAAG 1:        DIE KOUE OORLOG: DIE OORSPRONG VAN DIE KOUE OORLOG
     VRAAG 2:        ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA
     VRAAG 3:        BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950’s TOT DIE
                     1970’s: BURGERREGTEBEWEGING

     AFDELING B: OPSTELVRAE

     VRAAG 4:        UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG:
                     GEVALLESTUDIE: VIËTNAM
     VRAAG 5:        ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE – DIE
                     KONGO EN TANZANIË
     VRAAG 6:        BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970’s:
                     SWARTMAGBEWEGING

2.   AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat benodig word
     om hierdie vrae te beantwoord kan in die ADDENDUM gekry word.

3.   AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.   Beantwoord die DRIE vrae soos volg:

     4.1   Ten minste EEN moet ŉ brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN moet ŉ
           opstelvraag wees.
     4.2   Die DERDE vraag kan óf ŉ brongebaseerde vraag óf ŉ opstelvraag wees.

5.   In die beantwoording van die vrae moet kandidate hul kennis, vaardighede en insig
     gebruik.

6.   Die blote oorskryf van bronne as antwoorde sal kandidate benadeel.

7.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
     gebruik word.

8.   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                         b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                        GESKIEDENIS                                    3
                                        (Eerste Vraestel)                 10791/15

AFDELING A
BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, uit hierdie afdeling.
Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord, is in die ADDENDUM
vervat.

VRAAG 1

WAT WAS DIE REDES EN GEVOLGE VAN DIE KRISIS IN 1948 IN BERLYN?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1   Lees Bron 1A.

      1.1.1       Watter TWEE westerse magte, saam met die Verenigde State, het
                  Duitsland na die Tweede Wereldoorlog beset?              (2x1) (2)

      1.1.2       Definieer die volgende begrippe:

                  (a)    Koue Oorlog
                  (b)    Berlynse Blokkade                                       (2x2) (4)

      1.1.3       Watter aksies het die westerse magte geneem in reaksie op die
                  Sowjetunie blokkade van Wes-Berlyn?                      (2x1) (2)

      1.1.4       Met verwysing na die bron en jou eie kennis, verduidelik wat was die
                  oorsaak was van die Berlynse krisis van 1948.                  (2x2) (4)

1.2   Verwys na Bron 1B.

      1.2.1       Watter TWEE aankondigings, volgens die bron, is deur die USSR op
                  24 Junie 1948 gemaak?                                       (2x1) (2)

      1.2.2       Verduidelik hoe die Russe probeer het om die Duitse bevolking teen
                  die westerse magte te beïnvloed.                              (2x2) (4)

      1.2.3       Skryf enige TWEE van die aksies neer wat deur Sowjette geneem is
                  om Wes-Berlyn te blokkeer.                                  (2x1) (2)

      1.2.4       Na aanleiding van die bron en jou eie kennis, hoe het die Sowjetunie
                  die blokkade van Berlyn regverdig?                              (2x2) (4)

                                                                                           b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                         GESKIEDENIS                                     4
                                         (Eerste Vraestel)                   10791/15

1.3   Bestudeer Bron 1C.

      1.3.1       Watter gebeurtenis tydens die Koue Oorlog-spanning word hier deur
                  die ooievaars in die spotprent uitgebeeld?                   (1x2) (2)

      1.3.2       Wat dink jy is die boodskap van hierdie spotprent? Ondersteun jou
                  antwoord deur te verwys na die visuele leidrade.             (2x2) (4)

1.4   Verwys na Bron 1B en 1C. Hoe ondersteun hierdie bronne mekaar in die aksie wat
      geneem is deur die VSA en sy bondgenote na die blokkering van voedsel en
      ander voorrade na Wes-Berlyn?                                             (2x2) (4)

1.5   Bestudeer Bron 1D.

      1.5.1       Identifiseer TWEE alternatiewe maatreëls wat deur die Berlyners
                  geneem is om in hul vir kos- en brandstofbehoeftes te voldoen. (2x1) (2)

      1.5.2       Na aanleiding van die bron, wat het die lewe van die Berlyners,
                  gedurende die Berlynse Blokkade baie moeilik gemaak?      (1x2) (2)

      1.5.3       Hoekom het die Berlyners gedink dat dit beter was om in asblikke vir
                  kos te krap as om deur die Sowjetunie beheer te word?          (2x2) (4)

1.6   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ paragraaf
      van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die redes en gevolge van
      die Berlynse krisis van 1948 verduidelik.                                            (8)
                                                                                           [50]

                                                                                             b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                        GESKIEDENIS                                        5
                                        (Eerste Vraestel)                   10791/15

VRAAG 2

WAT WAS DIE IMPAK VAN BUITELANDSE INMENGING IN DIE BURGEROORLOG VAN
ANGOLA GEDURENDE DIE 1970’s?

Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1   Lees Bron 1A.

      2.1.1       Noem enige VIER buitelande wat betrokke was in die Burgeroorlog
                  van Angola in die 1970’s.                                 (4x1)          (4)

      2.1.2       Identifiseer TWEE voorbeelde van ondersteuning wat deur die
                  buitelandse magte aan hul gekose kliënte gegee is.    (2x1) (2)

      2.1.3       Lewer kommentaar oor die redes vir die verlenging van die
                  burgeroorlog in Angola.                             (2x2) (4)

      2.1.4       Hoekom dink jy was die VSA huiwerig om met apartheid-Suid-Afrika
                  verbind te word?                                          (2x2) (4)

2.2   Raadpleeg Bron 2B.

      2.2.1       Waarom, volgens die bron, het Suid-Afrika in 1976 uit Angola onttrek?
                                                                                 (1x2) (2)

      2.2.2       Wat verstaan jy onder die begrip “guerrilla veldtog”?           (1x2)    (2)

      2.2.3       Wat verstaan jy onder die frase , “… die situasie was iets van ŉ
                  skaakmat” in die konteks van die Angolese burgeroorlog?          (1x2)   (2)

      2.2.4       Skryf TWEE bewyse neer wat beweer dat Suid-Afrika herhaaldelik ŉ
                  rol in die burgeroorlog van Angola na 1976 gespeel het.     (2x1)        (2)

                                                                                               b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                         GESKIEDENIS                                     6
                                         (Eerste Vraestel)                   10791/15

2.3   Bestudeer Bron 2C.

      2.3.1       Definieer die term kolonialisme in die konteks van die burgeroorlog
                  van Angola.                                                  (1x2) (2)

      2.3.2       Noem enige TWEE metodes wat deur die Kubaanse troepe gebruik
                  is om die Angolese dorpies langs die Angola-Namibiese grens te
                  vernietig.                                               (2x1) (2)

      2.3.3       Hoekom dink jy het Savimbi die Kubaanse kolonialisme as die ‘ware
                  vyand’ beskryf?                                             (2x2) (4)

      2.3.4       Verduidelik waarom jy die inligting in hierdie bron as bruikbaar sal
                  beskou wanneer navorsing gedoen word oor die impak van die
                  burgeroorlog in Angola op die burgers van Angola.             (2x2) (4)

2.4   Verwys na Bron 2D.

      2.4.1       Watter boodskap, dink jy, word deur hierdie spotprent oorgedra?
                  Ondersteun jou antwoord deur na die visuele leidrade te verwys.
                                                                                 (2x2) (4)

      2.4.2       Lewer kommentaar oor die betroubaarheid van hierdie bron as
                  verduideliking vir Kubaanse inmenging in Angola.      (2x2) (4)

2.5   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ paragraaf
      van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die impak van
      buitelandse inmenging in die burgeroorlog van Angola gedurende die 1970’s
      bespreek.                                                                            (8)
                                                                                           [50]

                                                                                             b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                        GESKIEDENIS                                      7
                                        (Eerste Vraestel)                  10791/15

VRAAG 3

WAT WAS DIE VERSKILLENDE REAKSIES TOT DIE HOOGGEREGSHOF SE BESLISSING
RAKENDE DIE DESEGREGASIE VAN SKOLE IN LITTLE ROCK, ARKANSAS?

Bestudeer Bron 3A, 3B en 3C en beantwoord die vrae wat volg.

3.1    Verwys na Bron 3A.

       3.1.1       Wat verstaan jy onder die begrip skool desegregasie?          (1x2)   (2)

       3.1.2       Na aanleiding van die bron, hoe het President Eisenhower op die
                   Hooggeregshof se beslissing gereageer?                    (1x2)       (2)

       3.1.3       Gebruik die inligting in die bron en verduidelik hoe goewerneur
                   Faubus die beslissing van die Hooggeregshof verwerp (teengestaan)
                   het.                                                        (1x2) (2)

       3.1.4       Hoekom was president Eisenhower regverdig in die ontplooiing van
                   die Arkansas Nasionale Troepe in Sentraal Hoërskool?        (2x2) (4)

       3.1.5       Verduidelik hoekom President Eisenhower gekritiseer was vir sy
                   aksie om die beslissing van die Hooggeregshof in Little Rock,
                   Arkansas af te dwing?                                    (2x2)        (4)

3.2    Bestudeer Bron 3B.

       3.2.1       Wat dink jy, was die “verlange en aspirasies van miljoene mense”
                   waarna Martin Luther King verwys het in sy telegram aan President
                   Eisenhower?                                                 (2x1)     (2)

       3.2.2       Verduidelik waarom dink jy, was dit nodig dat die federale regering
                   wet en orde in Little Rock, Arkansas, moes herstel?           (2x2)   (4)

       3.2.3       Watter bewyse in die bron beweer dat daar ondersteuning vir die
                   desegregasie van skole in suidelike state van die Verenigde State van
                   Amerika was.                                                    (1x2) (2)

3.3   Verwys na Bron 3A en 3B. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3B ondersteuning
      gee aan Bron 3A oor die desegregasie by Sentraal Hoërskool in Little Rock,
      Arkansas.                                                                  (2x2) (4)

                                                                                             b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                          GESKIEDENIS                                         8
                                          (Eerste Vraestel)                    10791/15

3.4   Verwys na Bron 3C.

      3.4.1        Beskryf die reaksie van die segregasioniste in die foto The Little Rock
                   Nine. Gebruik die visuele leidrade om jou antwoord te ondersteun.
                                                                                      (2x2)

      3.4.2        Lewer kommentaar oor die bruikbaarheid van hierdie foto vir ŉ
                   geskiedkundige wat die reaksie van desegregasie in Little Rock,
                   Arkansas bestudeer.                                       (2x2)            (4)

3.5   Gebruik Bron 3D.

      3.5.1        Gebruik die inligting in die bron asook jou eie kennis en beskryf
                   waarom jy dink dat Melba Pattillo integrasie by Sentraal Hoërskool
                   ‘as om oorlog toe te gaan’ beskou?                           (2x2)         (4)

      3.5.2        Haal bewyse uit die bron aan wat beweer dat die ‘Little Rock Nine’
                   vegters was.                                                 (1x2) (2)

      3.5.3        Identifiseer TWEE vorme van fisiese geweld wat die ‘Little Rock Nine’
                   ondervind het.                                                  (2x1) (2)

3.6   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ paragraaf
      van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die verskillende reaksies
      oor desegregasie by die Sentrale Hoërskool in Little Rock, Arkansas verduidelik.     (8)
                                                                                           [50]

                                                                                                  b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                        GESKIEDENIS                                    9
                                        (Eerste Vraestel)                10791/15

AFDELING B
OPSTELLE

Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling.     Moenie meer as TWEE vrae
beantwoord nie.

Jou opstel behoort ongeveer DRIE bladsye lank te wees.

VRAAG 4:     DIE UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG:               GEVALLESTUDIE –
VIËTNAM

Die Verenigde State van Amerika se poging om die verspreiding van kommunisme te
bekamp het heeltemal verkeerd in Viëtnam geloop.

Evalueer die geldigheid van hierdie stelling deur te verwys na die gebeure tydens die
Amerikaanse betrokkenheid in die Viëtnamese Oorlog vanaf 1965 tot 1975.               [50]

VRAAG 5: VERGELYKENDE STUDIE: DIE KONGO EN TANZANIË

Vergelyk krities die politieke en ekonomiese suksesse van die Kongo en Tanzanië na
onafhanklikheidswording gedurende die 1960’s tot die 1980’s.                       [50]

VRAAG 6:  BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970’s:
SWARTMAGBEWEGING

“Die nie-geweldadige strategie was stadig. As ons hierdie stryd wil wen dan moet ons
geweld gebruik.”

Bespreek hierdie stelling krities met verwysing na die strategieë wat deur die
Swartmagbeweging aangeneem is om rasse ongelykheid in die Verenigde State van
Amerika in die 1960’s te beveg.                                                [50]

                                                                           TOTAAL: 150

                                          EINDE

## Related documents

- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-addendum/4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995) — History · Addendum · 2019 · Afr
- [Gr12 History P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01) — History · QP · 2021 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/b9dc10fb-ad07-4300-abc2-a509afb2c30f) — History · QP · 2017 · Afr
- [History P1 June July 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-june-july-2015-eng/7d529eb9-2c0d-45a5-8a7a-c9e27cbc9665) — History · QP · 2015 · Eng
- [History P1 Feb March 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-feb-march-2015-afr/f25eb9bf-58a9-4d1b-9c73-2af2dae573a6) — History · QP · 2015 · Afr
- [Grade 12 NSC History P2 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-addendum/4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed) — History · Addendum · 2019 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
