# History Grade 12 Paper 1 Gauteng Mock 2019 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 History Paper 1 memorandum from the Gauteng Mock Exam 2019 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-2019-preparatory-examination-possible-answers/0b00e43a-8066-4af7-bf7f-d387a685c5ff
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2019
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 Paper 1 Gauteng Mock 2019 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-2019-preparatory-examination-possible-answers/0b00e43a-8066-4af7-bf7f-d387a685c5ff)

## About this document

History · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2019 · Afrikaans. Memorandum, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

          GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                     VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                                    2019

                                    10791

                               GESKIEDENIS

                                VRAESTEL 1

TYD:     3 uur

PUNTE:   150

10 bladsye + ŉ addendum van 14 bladsye

                                               b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                    GESKIEDENIS                    2
                                                    (Vraestel 1)        10791/19

                     GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                             VOORBEREIDENDE EKSAMEN

                                                                GESKIEDENIS
                                                                (Vraestel 1)

                                                                TYD: 3 uur

                                                                PUNTE: 150

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die
     voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

     AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

     VRAAG 1:     DIE KOUE OORLOG: INSLUITING EN WAAGMANSKAP – DIE
                  KUBAANSE MISSIELKRISIS

     VRAAG 2:     ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA

     VRAAG 3:     BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's – DIE
                  SWARTMAGBEWEGING

     AFDELING B: OPSTELVRAE

     VRAAG 4:     UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
                  CHINA

     VRAAG 5:     ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE –
                  DIE KONGO EN TANZANIË

     VRAAG 6.     BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: DIE
                  BURGERREGTEBEWEGING

2.   AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat nodig is
     om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word.

3.   AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.   Beantwoord DRIE vrae soos volg:

     4.1   Ten minste EEN moet ŉ brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN
           moet ŉ opstelvraag wees.

     4.2   Die DERDE vraag kan όf ŉ brongebaseerde vraag όf ŉ opstelvraag wees.

                                                                                   b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                      GESKIEDENIS                         3
                                                      (Vraestel 1)         10791/19

5.   Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee.

6.   In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig toepas.

7.   Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

8.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
     gebruik word.

9.   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                          b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                        GESKIEDENIS                         4
                                                        (Vraestel 1)           10791/19

AFDELING A:      BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae in hierdie afdeling nie.
Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM
gevind word.

VRAAG 1:     WAAROM HET KUBA DIE FOKUSPUNT VAN DIE KOUE OORLOG
             TUSSEN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA EN DIE SOWJET-
             UNIE IN DIE 1960's GEWORD?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1 Lees Bron 1A.

     1.1.1   Noem TWEE maniere, volgens die bron, wat wys hoe Fidel Castro bande
             met die Verenigde State van Amerika gesny het.                  (2 x 1) (2)

     1.1.2   Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom
             President Dwight D Eisenhower oor Kuba se noue bande met die
             Sowjetunie bekommerd was.                                              (2 x 2) (4)

     1.1.3   Noem die CIA-operasie in die bron wat gebruik is om Kubaanse ballinge op
             te lei en te befonds.                                              (1 x 1) (1)

     1.1.4   Hoekom, dink jy, het president Kennedy besluit om sy adviseurs rakende
             Castro te konsulteer?                                              (1 x 2) (2)

     1.1.5   Identifiseer TWEE leiers in die bron wie president Kennedy
             aangestel het om die oorsake van die VSA se nederlaag by die Bay of Pigs
             te ondersoek.                                                     (2 x 1) (2)

1.2 Raadpleeg Bron 1B.

     1.2.1   Waarom, dink jy, het president Fidel Castro ŉ brief aan premier
             Nikita Khrushchev geskryf?                                            (1 x 2) (2)

     1.2.2   Haal TWEE redes uit die bron aan wat wys hoekom Castro hulp van
             Khrushchev versoek het.                                         (2 x 1) (2)

     1.2.3   Lewer kommentaar op waarom jy dink Castro na die Amerikaanse inval
             van Kuba 'as ŉ wrede daad in stryd met die universele morele wetgewing’
             verwys.                                                           (2 x 2) (4)

1.3 Vergelyk Bronne 1A en 1B. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 1A die inligting in
    Bron 1B met betrekking tot die Verenigde State van Amerika se inval van Kuba
    ondersteun.                                                                 (2 x 2) (4)

                                                                                             b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                        GESKIEDENIS                        5
                                                        (Vraestel 1)         10791/19

1.4 Verwys na Bron 1C.

     1.4.1   Verduidelik die boodskappe wat in die spotprent oorgedra word. Gebruik
             die visuele leidrade in die bron om jou antwoord te ondersteun.    (2 x 2) (4)

     1.4.2   Lewer kommentaar op wat jy dink deur die opskrif 'OOR DIE TUINMUUR'
             geïmpliseer word.                                               (2 x 2) (4)

     1.4.3   Verduidelik waarom ŉ historikus die bewyse in hierdie bron as bruikbaar sal
             oorweeg wanneer die Kubaanse Missielkrisis ondersoek word.          (2 x 2) (4)

1.5 Gebruik Bron 1D.

     1.5.1   Verduidelik die konsep van 'n blokkade in die konteks van die Kubaanse
             Missielkrisis.                                                      (1 x 2) (2)

     1.5.2   Lewer kommentaar op waarom president Kennedy ŉ blokkade van Sowjet-
             missiele aan Kuba verkies het.                               (2 x 2) (4)

     1.5.3   Volgens die inligting in die bron, op watter voorwaarde was die Verenigde
             State van Amerika bereid om sy missiele uit Turkye en Italië te onttrek?
                                                                                   (1 x 1) (1)

1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ paragraaf
    van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin verduidelik word waarom
    Kuba die fokuspunt van die Koue Oorlog tussen die Verenigde State van Amerika
    en die Sowjetunie geword het.                                                          (8)
                                                                                           [50]

                                                                                            b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                        GESKIEDENIS                            6
                                                        (Vraestel 1)          10791/19

VRAAG 2:     WATTER IMPAK HET DIE SLAG VAN CUITO CUANAVALE OP
             SUID-AFRIKA GEHAD?

Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1   Verwys na Bron 2A.

      2.1.1 Identifiseer TWEE leiers in die bron wat verskil het oor wie die Slag
            van Cuito Cuanavale gewen het.                                    (2 x 1)    (2)

      2.1.2 Noem, uit die bron, die ideologie wat ondersteun is deur:
             (a)   Havana (Kuba)                                               (1 x 1)   (1)
             (b)   Washington (Verenigde State van Amerika)                    (1 x 1)   (1)

      2.1.3 Verduidelik hoekom Nelson Mandela met Magnus Malan verskil het
            met betrekking tot die uitslag van die Slag van Cuito Cuanavale. (2 x 2) (4)

      2.1.4 Hoekom, dink jy, het die Reagan-administrasie Pretoria se
            ambassadeur verseker dat hulle 'eis geen tande gehad het nie'? (1 x 2) (2)

2.2   Lees Bron 2B.

      2.2.1 Verskaf DRIE redes in die bron wat wys hoekom Kuba die MPLA
            ondersteun het.                                            (3 x 1)           (3)

      2.2.2 Wat was, volgens die bron, die kodenaam wat aan Castro se
            ambisieuse plan gegee is?                                         (1 x 1)    (1)

      2.2.3 Definieer die begrip van kommunisme in jou eie woorde.            (1 x 2)    (2)

      2.2.4 Lewer kommentaar op die redes waarom die Sowjetunie wapens aan
            die MPLA verskaf het.                                     (2 x 2) (4)

      2.2.5 Waarom het die Verenigde State van Amerika die ontplooiing van die
            Kubaanse weermag in Angola afgekeur?                         (1 x 2) (2)

2.3   Bestudeer Bron 2C.

      2.3.1 Haal bewyse uit die bron aan wat aandui dat die landingstrook in Cuito
            Cuanavale vir die SAW betekenisvol was.                         (2 x 1)      (2)

      2.3.2 Noem die TWEE generaals in die bron wat verklaar het dat die SAW
            beperkte doelwitte gehad het.                                 (2 x 1) (2)

      2.3.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
            waarom die Slag van Cuito Cuanavale as ŉ keerpunt in die Koue
            Oorlog beskou is.                                                  (2 x 2) (4)

                                                                                               b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                      GESKIEDENIS                           7
                                                      (Vraestel 1)         10791/19

2.4   Vergelyk Bronne 2B en 2C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2B
      die bewyse in Bron 2C ondersteun met betrekking tot Kuba en Suid-Afrika se
      betrokkenheid in Angola.                                             (2 x 2)   (4)

2.5   Gebruik Bron 2D.

      2.5.1 Verduidelik die boodskappe wat in die foto oorgedra word.      (2 x 2)   (4)

      2.5.2 Lewer kommentaar op hoekom ŉ historikus die inligting in die
            bron nuttig sal vind wanneer Kuba se betrokkenheid in Angola
            ondersoek word.                                                (2 x 2)   (4)

2.6   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en
      skryf ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
      die impak wat die Slag van Cuito Cuanavale op Suid-Afrika gehad het,
      verduidelik.                                                                   (8)
                                                                                     [50]

                                                                                            b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                         GESKIEDENIS                           8
                                                         (Vraestel 1)          10791/19

VRAAG 3:        HOE SUKSESVOL WAS DIE SWARTMAGBEWEGING OM
                SEGREGASIE IN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA IN
                DIE 1960's TE BEËINDIG?

Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

3.1   Lees Bron 3A.

      3.1.1   Noem DRIE organisasies in die bron wat Afro-Amerikaners
              beïnvloed het om die Swartmagbeweging in die 1960's te
              ondersteun.                                                      (3 x 1)   (3)

      3.1.2   Gebruik die inligting in die bron en verduidelik hoekom swart
              weerstand as ŉ belangrike keerpunt in die Burgerregtebeweging
              beskou word.                                                  (1 x 2) (2)

      3.1.3   Verduidelik die konsep van Swartmag in jou eie woorde.           (1 x 2) (2)

      3.1.4   Lewer kommentaar op die rol wat Malcolm X in die vorming van die
              Swartmagbeweging in die Verenigde State van Amerika gespeel het.
                                                                         (1 x 2) (2)

3.2   Verwys na Bron 3B.

      3.2.1   Verduidelik hoekom dit vir die Black Panther Party nodig was om van
              die Burgerregtebeweging weg te breek.                        (1 x 2) (2)

      3.2.2   Haal TWEE bewyse uit die bron aan wat aandui dat die Black
              Panther Party in die 1960's gewildheid onder Afro-Amerikaners
              verkry het.                                                 (2 x 1)        (2)

      3.2.3   Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik hoe
              weeklikse koerante deur die Black Panther Party gebruik is om sy
              ondersteuning te verhoog.                                        (1 x 2)   (2)

      3.2.4   Lewer kommentaar op hoe die Black Panther Party op
              staatsonderdrukking en geweld wat teen sy lede gebruik is,
              gereageer het.                                                   (1 x 2) (2)

      3.2.5   Verduidelik, wat jy dink, die stelling, ‘Sommiges het die uitdruklike
              doel gehad om die Black Panther Party as gewelddadig te
              beswadder en dat hulle vir hul eie vernietiging verantwoordelik was’,
              in konteks van die Swartmagbeweging geïmpliseer.                 (1 x 2)   (2)

                                                                                               b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                        GESKIEDENIS                          9
                                                        (Vraestel 1)          10791/19

3.3   Gebruik Bron 3C.

      3.3.1   Hoekom dink jy is hierdie spotprent gepubliseer?                (1 x 2) (2)

      3.3.2   Verduidelik die boodskappe wat in hierdie spotprent oorgedra word.
              Gebruik visuele leidrade in die bron om jou antwoord te ondersteun.
                                                                            (2 x 2) (4)

      3.3.3   Lewer kommentaar op hoekom ŉ historikus die bron as bruikbaar sal
              oorweeg wanneer die impak wat COINTELPRO op die
              Black Panther Party gehad het, ondersoek word.            (2 x 2) (4)

3.4   Bestudeer Bron 3D.

      3.4.1   Wat was, volgens die bron, die DRIE mikpunte van die ‘inkleurboek’?
                                                                              (3 x 1) (3)

      3.4.2   Noem TWEE metodes in die bron wat die regering van die Verenigde
              State gebruik het om opposisie teen sy segregasiebeleid teen te staan.
                                                                                (2 x 1) (2)

      3.4.3   Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis, en verduidelik hoekom
              die FBI die 'inkleurboek' teen die Black Panther Party gebruik het.
                                                                                   (1 x 2) (2)

      3.4.4   Noem die TWEE menseregteskendings in die bron wat die lede van die
              Black Panther Party ervaar het.                              (2 x 1)          (2)

3.5   Vergelyk Bron 3C en Bron 3D. Verduidelik hoe die bewyse in Bron 3C die
      inligting in Bron 3D ondersteun ten opsigte van die FBI se optrede teen die Black
      Panther Party.                                                              (2 x 2) (4)

3.6   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ
      paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin verduidelik
      word hoe suksesvol die Swartmagbeweging was om segregasie in die Verenigde
      State van Amerika gedurende die 1960's te beëindig.                                   (8)
                                                                                            [50]

                                                                                              b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                         GESKIEDENIS                      10
                                                         (Vraestel 1)         10791/19

AFDELING B:      OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae in hierdie afdeling nie.
Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank te wees.

VRAAG 4:     UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE – CHINA

Mao Zedong se beleid van 'Die Groot Sprong Vorentoe' en 'Die Kulturele Rewolusie' het
daarin misluk om die landbou- en nywerheidsektore in die Volksrepubliek van China
tussen 1958 en 1969 te hervorm.

Stem jy met hierdie stelling saam? Ondersteun jou argument met relevante bewyse.          [50]

VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE –
         DIE KONGO EN TANZANIË

Mobutu Sese Seko en Julius Nyerere het nadat hulle onafhanklikheid van koloniale
heerskappy in die 1960's bereik het, albei goeie leierskwaliteite getoon.

Bespreek hierdie stelling krities met verwysing na die ekonomiese, sosiale en kulturele
beleide wat beide leiers vanaf die 1960's tot die 1970's in hul onderskeie lande
geïmplementeer het.                                                                       [50]

VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970’s: DIE
         BURGERREGTEBEWEGING

Verduidelik in watter mate die verskillende vorme van protes deur die
Burgerregtebeweging suksesvol was om die lewens van Afro-Amerikaners in die 1960's
te verbeter.

Ondersteun jou argument met relevante bewyse.                                             [50]

                                                                               TOTAAL: 150

                                            EINDE

## Related documents

- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-addendum/4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995) — History · Addendum · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC History P2 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-addendum/4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed) — History · Addendum · 2019 · Afr
- [Gr12 History P1 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p1-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/9c825710-3cb6-41a5-83f1-ec4a4f9c153e) — History · QP · 2021 · Afr
- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans)) 2015 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-2015-preparatory-examination-addendum/46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955) — History · Addendum · 2015 · Afr
- [Grade 12 NSC History P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c) — History · Memo · 2017 · Afr
- [Gr12 History P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01) — History · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — QP · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2024-afrikaans/e7a9d6cf-de1b-4007-b7b2-b4d762b2fa10) — Addendum · 2024 · Afr
- [History P1 Nov 2024 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2024-addendum-eng/df93fb24-73e0-435a-8d91-bce9f456ba2c) — Addendum · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
