# History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2020 Question Paper (Afr)

> Grade 12 History Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2020 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/0e513c86-076f-412d-b805-1d6011f949c0
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2020 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/0e513c86-076f-412d-b805-1d6011f949c0)

## About this document

History · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

          GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                     VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                                    2020
                                    10791

                               GESKIEDENIS

                                VRAESTEL 1

TYD:       3 uur

PUNTE:     150

10 bladsye + ŉ addendum van 13 bladsye

                                               b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                        GESKIEDENIS                                       2
                                        (Vraestel 1)                       10791/20

INSTRUKSIES EN INLIGTING
1.   Die vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die voorgeskrewe
     inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

     AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

     VRAAG 1:         UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE – DIE
                      KUBAANSE MISSIELKRISES

     VRAAG 2:         ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA

     VRAAG 3:         BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970’s: DIE
                      SWARTMAGBEWEGING

     AFDELING B: OPSTELVRAE

     VRAAG 4:         UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
                      CHINA

     VRAAG 5:         ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE –
                      DIE KONGO EN TANZANIË

     VRAAG 6:         BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970’s: DIE
                      BURGERREGTEBEWEGING

2.   AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat nodig is om
     hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word.

3.   AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.   Beantwoord DRIE vrae soos volg:

     4.1   Ten minste EEN moet ŉ brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN moet ŉ
           opstelvraag wees.

     4.2   Die DERDE vraag kan of ŉ brongebaseerde vraag of ŉ opstelvraag wees.

5.   Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee.

6.   In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig toepas.

7.   Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

8.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
     gebruik word.

9.   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                          b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                          GESKIEDENIS                                        3
                                          (Vraestel 1)                         10791/20

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling, maar nie meer as TWEE vrae in
hierdie afdeling nie. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in
die ADDENDUM gevind word.

VRAAG 1:        HOE HET DIE USSR REAGEER OP DIE AMERIKAANSE BLOKKADE VAN
                SOWJETMISSIELE IN KUBA IN DIE 1960s?

Bestudeer Bronne 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1    Verwys na Bron 1A.

       1.1.1       Wat, volgens die bron het agterdog gewek by die Amerikaanse
                   Intelligensie gemeenskap?                                  (2 x 1) (2)

       1.1.2       Noem die spioenasie vliegtuie wat deur Amerika gebruik is, om
                   lugfoto’s van die missielterreine in Kuba te neem.           (1 x 1) (1)

       1.1.3       Lewer kommentaar op die betekenis van die volgende woorde:
                   “… dan sal hierdie land doen wat nodig is, om haar eie sekuriteit en
                   dié van haar bondgenote te beskerm”.                          (2 x 2) (4)

       1.1.4       Deur gebruik te maak van die inligting in die bron en jou eie kennis,
                   verduidelik waarom President Kennedy besluit het om ŉ televisie-
                   aankondiging te maak op 22 Oktober 1962.                        (2 x 2) (4)

1.2    Raadpleeg Bron 1B.

       1.2.1       Definieer die konsep kwarantyn in die konteks van die Kubaanse
                   Missielkrises.                                              (1 x 2) (2)

       1.2.2       Hoe, volgens Voorsitter Khrushchev kan ŉ kwarantyn ontstaan?
                                                                              (2 x 1) (2)

       1.2.3       Waarom, volgens die bron, het Voorsitter Khrushchev nie die
                   Organisasie van die Amerikaanse State erken nie?            (3 x 1) (3)

       1.2.4       Verduidelik waarom ŉ historikus die inligting in hierdie bron as
                   bruikbaar kan beskou, vir navorsing oor die Amerikaanse blokkade
                   van die Sowjetmissiele in Kuba.                            (2 x 2) (4)

                                                                                             b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                         GESKIEDENIS                                        4
                                         (Vraestel 1)                         10791/20

1.3   Raadpleeg Bron 1C.

      1.3.1       Verduidelik die boodskappe wat in hierdie spotprent oorgedra word,
                  met betrekking tot die reaksie van die USSR op die Amerikaanse
                  blokkade van Kuba. Gebruik die visuele leidrade in die spotprent om
                  jou antwoord te ondersteun.                                      (2 x 2)(4)

      1.3.2       Lewer kommentaar op die woorde:”Julle bedreig wêreldvrede” in die
                  konteks van die Kubaanse Missielkrises.                      (2 x 2)(4)

      1.3.3       Raadpleeg Bron 1B en Bron 1C. Verduidelik hoe die inligting in Bron
                  1B die bewyse in Bron 1C ondersteun met betrekking tot die
                  Amerikaanse blokkade van die Sowjetmissiele in Kuba.          (2 x 2) (4)

1.4   Bestudeer Bron 1D.

      1.4.1       Wie, volgens die bron was verantwoordelik vir die ontstaan van die
                  Kubaanse Missielkrises?                                       (1 x 1) (1)

      1.4.2       Noem die posisie wat Nikita Khrushchev in the Rooi Leër, tydens die
                  Tweede Wêreldoorlog bekleë het.
                                                                               (1 x 1) (1)

      1.4.3       Hoe, volgens die bron, het die volgende mense reageer op die
                  onttrekking van die Sowjetmissiele in Kuba?

                  (a)      Kennedy                                               (1 x 1) (1)

                  (b)      Castro                                                (1 x 1) (1)

      1.4.4       Deur gebruik te maak van die inligting in hierdie bron en jou eie
                  kennis, verduidelik die voorwaardes wat die Sowjetunie gestel het,
                  voordat hul die missiele in Kuba onttrek het.                   (2 x 2) (4)

1.5   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ
      paragraaf van ongeveer AGT reëls (80 woorde), waarin jy verduidelik hoe die
      USSR reageer het op die Amerikaanse blokkade van Kuba in die 1960’s.
                                                                                          (8)
                                                                                          [50]

                                                                                            b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                         GESKIEDENIS                                        5
                                         (Vraestel 1)                         10791/20

VRAAG 2:        WAAROM HET SUID-AFRIKA TUSSEN 1974 EN 1976 BY DIE ANGOLESE
                BURGEROORLOG BETROKKE GERAAK?

Bestudeer Bronne 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1   Verwys na Bron 2A.

      2.1.1      Noem enige TWEE lande wat ingemeng het by die uitgerekte konflik
                 van die suidwestelike Afrika nasie.                        (2 x 1)         (2)

      2.1.2      Definieer die konsep proxy oorlog in die konteks van die Angolese
                 Burgeroorlog.                                                   (1 x 2) (2)

      2.1.3      Verduidelik waarom ŉ magsvakuum ontstaan het, in die nuutgevormde
                 nasie.                                                       (1 x 2) (2)

      2.1.4      Watter TWEE faksies het die Apartheidsregering ondersteun om
                 verdere verliese te voorkom?                                 (2 x 1) (2)

      2.1.5      Lewer kommentaar op die betekenis van die volgende: “Die oorlog
                 was inderwaarheid ŉ direkte konflik tussen kapitalisties-en
                 kommunisties ondersteunende lande.”                           (2 x 2) (4)

2.2   Bestudeer Bron 2B.

      2.2.1      Wat, volgens die bron was die doel van die Suid-Afrikaanse strategie
                 wat gevolg is?                                                  (1 x 1) (1)

      2.2.2      Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                 hoe 32-Bataljon, Swapo se hoop om te veg vernietig het.            (2 x 2) (4)

      2.2.3      Verskaf bewyse vanuit die bron om aan te toon hoe insurgente of ook
                 bekend as gevange-rebelle spoorloos verdwyn het.               (2 x 1) (2)

      2.2.4      Lewer kommentaar op, waarom jy dink 32-Bataljon in staat was om hul
                 missie in Angola uit te voer?                                 (2 x 2) (4)

                                                                                             b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                         GESKIEDENIS                                           6
                                         (Vraestel 1)                          10791/20

2.3   Raadpleeg Bron 2C.

      2.3.1       Lys TWEE redes, soos verskaf deur Phillip du Preez oor die Suid-
                  Afrikaanse betrokkenheid in die Angolese Burgeroorlog.    (2 x 1) (2)

      2.3.2       Haal bewyse uit die bron aan om aan te dui dat Savimbi hulp van die
                  Suid-Afrikaanse Weermag ontvang het.                          (2 x 1) (2)

      2.3.3       Wat, volgens die bron was die sogenaamde “Arrows”?                 (1 x 1) (1)

      2.3.4       Verduidelik waarom 32-Bataljon as ŉ bedreiging beskou was, deur die
                  veelrassige demokratiese regering wat in 1994 ontstaan het. (1 x 2) (2)

2.4   Verwys na Bronne 2B en 2C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2B die inligting
      in Bron 2C ondersteun met betrekking tot die Suid-Afrikaanse Weermag se
      betrokkenheid in Angola.                                                  (2 x 2) (4)

2.5   Bestudeer Bron 2D.

      2.5.1       Verduidelik die boodskap in die spotprent, oor die rol van die Suid-
                  Afrikaanse Weermag in die Angolese Burgeroorlog.                 (1 x 2) (2)

      2.5.2       Lewer kommentaar op die betekenis van die figure wat op die grond
                  lê, in die konteks van die oorlog in Angola.                 (1 x 2) (2)

      2.5.3       Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                  waarom ŉ historikus die inligting in die bron bruikbaar sou vind
                  wanneer die rol van die Suid-Afrikaanse Weermag in Angola
                  nagevors word.                                                     (2 x 2)   (4)

2.6   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ paragraaf
      van ongeveer AGT reëls ( ongeveer 80 woorde ) waarin jy die Suid-Afrikaanse
      Weermag se oogmerke en doelwitte in Angola bespreek.                                     (8)
                                                                                               [51]

                                                                                               b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                         GESKIEDENIS                                        7
                                         (Vraestel 1)                        10791/20

VRAAG 3:       HOE HET DIE SWARTMAGBEWEGING DIE ONDERSTEUNING VAN AFRO-
               AMERIKAANSE GEMEENSKAPPE IN DIE 1960’S SUKSESVOL
               GEMOBILISEER?

Bestudeer Bronne 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

3.1   Verwys na Bron 3A.

      3.1.1   Wat, volgens die bron het die Nasie van Islam in die laat 1950’s
              verkondig?
                                                                        (2 x 1)             (2)

      3.1.2   Haal DRIE bewyse uit die bron, wat dui op aspekte waarop Malcolm X in
              die tweede vryheidsbeweging gefokus het.                       (3 x 1)        (3)

      3.1.3   Waarom, dink jy, was die swart gemeenskappe aangemoedig om swart
              besighede te ondersteun?                                     (1 x 2)          (2)

      3.1.4   Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom
              die Afro-Amerikaners wat die Swartmagbeweging ondersteun het, krities
              was teenoor die nie-geweldadige Burgerregtebeweging?                (2 x 2)   (4)

3.2   Bestudeer Bron 3B.

      3.2.1   Identifiseer die TWEE mense in die bron, wat verantwoordelik was vir die
              ontstaan van die Black Panther Party in 1966.                       (2 x 1) (2)

      3.2.2   Haal TWEE bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat die Black Panther
              Party suksesvol was in die mobilisasie van Afro-Amerikaners om die
              Swartmagbeweging te ondersteun.                                 (2 x 1) (2)

      3.2.3   Lewer kommentaar op die belangrikheid van die volgende aanhaling: ‘talle
              mense het teen hul mure ŉ prent van ‘n swart jeugdige met ŉ gebalde vuis
              in die lug..”.                                                    (2 x 2) (4)

      3.2.4   Verduidelik waarom die Swartmagbeweging, die Amerikaanse regering as
              as imperialiste beskou het.                                     (1 x 2) (2)

      3.2.5   Haal TWEE sosiale probleme aan, vanuit die bron waarvan die Afro-
              Amerikaners hulself moet bevry.                                   (2 x 1) (2)

                                                                                            b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                           GESKIEDENIS                                          8
                                           (Vraestel 1)                          10791/20

3.3   Verwys na Bron 3C.

      3.3.1   Waarom, volgens die bron het die Black Panter Party sy oorlewings-
              programme bekendgestel?                                            (1 x 1) (1)

      3.3.2   Definieer die konsep sosialisme in jou eie woorde.                       (1 x 2) (2)

      3.3.3   Verduidelik waarom die dra van wapens, deur lede van die Black Panther
              Party, ondersteuning van die swart gemeenskappe gekry het?        (1 x 2) (2)

      3.3.4   Gebruik die inligting in die bron en verduidelik of ŉ historikus hierdie bron
              as ‘n betroubare bron kan beskou, wanneer die rol van Elbert Howard in
              die Swartmagbeweging bestudeer word.                                      (2 x 2) (4)

3.4   Raadpleeg Bron 3D.

      3.4.1    Waarom, dink jy, is die artikel gepubliseer tydens die 50ste herdenking van
               die Black Panther Party?                                             (1 x 2) (2)

      3.4.2    Gebruik die bron en jou eie kennis en verduidelik die reaksie van die
               regering, teenoor die toenemende groei van die Black Panther Party se
               oorlewingsprogramme.                                                  (2 x 2) (4)

3.5   Vergelyk die inligting in Bron 3C met die inhoud van Bron 3D. Verduidelik hoe die
      inligting in Bron 3C ooreenstem met die bewyse in Bron 3D, met betrekking tot die
      sukses van die Black Panther Party se oorlewingsprogramme.                   (2 x 2)     (4)

3.6   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ paragraaf
      van ongeveer AGT reëls (80 woorde), waarin jy verduidelik hoe die
      Swartmagbeweging die ondersteuning van die Afro-Amerikaner gemeenskappe in
      die 1960’s suksesvol gemobiliseer het.                                                   (8)
                                                                                               [50]

                                                                                                b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                        GESKIEDENIS                                      9
                                        (Vraestel 1)                      10791/20

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie in hierdie afdeling.

Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.

VRAAG 4:     UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE – CHINA

Verduidelik tot watter mate die beleidsrigtings van Mao Zedong, die Groot Sprong
Vorentoe en die Kulturele Rewolusie China getransformeer het, vanaf ŉ landboustaat tot
ŉ moderne industriële staat tussen 1957 en 1969.

Gebruik relevante bewyse om jou argument te ondersteun.                                  [50]

VRAAG 5:     ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE – DIE
             KONGO EN TANZANIË

Bespreek krities of Mobutu Sese Seko (Kongo) en Julius Nyerere (Tanzanië) politieke,
ekonomiese en sosiale uitdagings oorkom het, nadat onafhanklikheid verkry is.

Gebruik relevante bewyse om jou argument te ondersteun.                                  [50]

VRAAG 6:     BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950s TOT DIE 1960s:
             DIE BURGERREGTEBEWEGING

Martin Luther King Jr se briewe vanuit die tronk en die Washington Optog het nie-
geweldadige optogte laat toeneem om burgerregte in Amerika in die 1960’s te verkry.

Verduidelik tot watter mate Martin Luther King verantwoordelik was vir die suksesvolle
beeïndiging van segregasie in die VSA gedurende die 1960’s.

Ondersteun jou argument met relevante bewyse.                                            [50]

                                                                            TOTAAL: 150

                                          EINDE

## Related documents

- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-addendum/4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995) — History · Addendum · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans)) 2015 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-2015-preparatory-examination-addendum/46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955) — History · Addendum · 2015 · Afr
- [Gr12 History P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01) — History · QP · 2021 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/b9dc10fb-ad07-4300-abc2-a509afb2c30f) — History · QP · 2017 · Afr
- [History P1 Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2020-eng/ee3ae3b0-c354-45e6-b3c7-332627f487ef) — History · QP · 2020 · Eng
- [Grade 12 NSC History P2 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-addendum/4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed) — History · Addendum · 2019 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
