# History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2017 Addendum (Afrikaans)

> Grade 12 History Paper 1 addendum from the Gauteng Mock Exam 2017 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-preparatory-2017-addendum/06be2812-acd0-4707-a231-50fc8bf1c412
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Addendum
- Year: 2017
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2017 Addendum (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-preparatory-2017-addendum/06be2812-acd0-4707-a231-50fc8bf1c412)

## About this document

History · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2017 · Afrikaans. Addendum, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                  VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                           2017
                           10791
                        GESKIEDENIS
                     EERSTE VRAESTEL

                         ADDENDUM

14 bladsye

      3

                                                  b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                         GESKIEDENIS ADDENDUM                                   2
                                         (Eerste Vraestel)                      10791/17

                      GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                               VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                                                  GESKIEDENIS
                                                  (Eerste Vraestel)

VRAAG 1

HOE HET DIE KUBAANSE MISSIELKRISIS DIE KOUE OORLOG-SPANNING TUSSEN DIE
VERENIGDE STATE VAN AMERIKA EN DIE USSR GEDURENDE DIE 1960’S VERSKERP?

BRON 1A

Die bron hieronder is ŉ uittreksel wat verduidelik van Kuba se verhouding met die Sowjetunie
en die Verenigde State van Amerika se poging om Fidel Castro se regering omver te werp.

Dit was na die Kubaanse Rewolusie van 1959, dat Fidel Castro sterk ekonomiese bande met
die Sowjetunie gesmee het, terwyl die VSA in die Koue Oorlog betrokke met hulle was. VSA se
President Dwight D. Eisenhower was baie bekommerd oor die rigting wat Castro se regering
besig was om in te gaan, en in Maart 1960, het hy $13.1 miljoen aan die Sentrale Intelligensie
Agentskap (CIA) toegeken om Castro omver te werp (alhoewel die plan om Castro omver te
werp tersyde gestel is vir Kennedy om te besluit). Die CIA het voortgegaan om die operasie te
organiseer met behulp van verskeie teen-revolusionêre magte en Brigade 2506 is in
Gautemala opgelei. Eisenhower se opvolger John F. Kennedy het die finale inval van April
1961 goedgekeur.

Meer as 1 400 paramilitêre lede, ingedeel in vyf infanterie batiljonne en een valskerm batiljon,
het saamgroepeer in Gautemala voordat hul per boot na Kuba gevaar het op 13 April 1961.
Twee dae later, op 15 April, het 8 CIA B-26 bomwerpers Kubaanse vliegvelde aangeval en
teruggekeer na die VSA. Gedurende die nag van 16 April, het die hoofinval geland op die
strand genaamd Playa Ginan, in die Bay of Pigs. Dit het oorspronklik die plaaslike
revolusionêre millitêre mag oorrompel. Die Kubaanse Weermag se teen-offensiewe magte is
deur Jose Ramon Fernandez gelei, voordat Castro self, persoonlik beheer oor die operasie
geneem het. Toe die VSA se betrokkenheid bekend geword het aan die res van die wêreld, het
Kennedy besluit om geen verdere lugdekking vir die inval te gee nie. As gevolg daarvan, het
die operasie net die helfte van die voorgestelde magte, wat die CIA nodig gehad het, gekry. Die
oorspronklike plan wat gedurende Eisenhower se bewind opgestel is, het beide die lugmag en
die vloot se ondersteuning benodig. Op 20 April, het die invallers oorgegee na slegs drie dae,
waarvan die meerderheid in die publiek ondervra is en in Kubaanse tronke geplaas is.

                                                              [Uit: www history.com/thisday.in.history]
                                                                        [Verkry op 30 Januarie 2017]

                                                                                                    b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                         GESKIEDENIS ADDENDUM                                        3
                                         (Eerste Vraestel)                           10791/17

BRON 1B

Hierdie bron fokus op die Sowjetunie se geheime plan om missiele in Kuba op te rig en hoe die
VSA die missielpersele ontdek het.

Na die mislukte poging om Castro se regering in Kuba omver te werp met die Bay of Pigs-inval,
en tydens Kennedy se administrasie se beplande Operasie Mongoose, het die Sowjet premier
Nikita Khrushchev in Julie 1962 ŉ geheime ooreenkoms met die Kubaanse premier Fidel
Castro aangegaan om Sowjet Kernmissiele in Kuba te plaas om enige toekomstige invalle te
voorkom. Die konstruksie van verskeie missielbassise het in die laat somer begin, maar die
VSA se intelligensiediens het bewyse ontdek van ŉ algemene Sowjet bewapening in Kuba,
insluitend Sowjet IL-28 bomwerpers gedurende roetine-inligtingsvlugte, en op 4 September
1962 het Pres. Kennedy ŉ openbare waarskuwing uitgestuur teen die konstruksie van
aanvalswapens in Kuba. Ten spyte van die waarskuwing, het ŉ VS U-2 vegvliegtuig op 14
Oktober verskeie fotos geneem wat bewys het dat medium en intermediêre reeks ballistiese
kernmissiele (MRMM’s en IRBM’s) onder konstruksie was in Kuba. Die fotos is ontwikkel en is
die volgende dag aan die Wit Huis oorhandig, dus die loodsing van die Kubaanse Missielkrisis.

Kennedy het sy naaste adviseurs saamgeroep om moontlike opsies en ŉ direkte plan van aksie
vir die VSA saam te stel om die krisis op te los. Sommige adviseurs, insluitend die
Gesamentlike Hoof van Personeel (chief of staff) – het aangevoer dat ŉ lugaanval op Kuba
uitgevoer moet word om die missiele te vernietig, gevolg deur ŉ VSA-inval in Kuba; ander het
weer streng waarskuwings aan Kuba en die Sowjetunie voorgestel. Die President het op ŉ
middeweg besluit. Op 22 Oktober kondig hy ŉ vlootkwarantyn aan teen Kuba.

                                  [Uit: https://history.state.gov/milestones/1961-1968/cuban-missile-crisis]
                                                                               [Verkry op 30 Januarie 2017]

                                                                                                         b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                       GESKIEDENIS ADDENDUM                                           4
                                                       (Eerste Vraestel)                              10791/17

BRON 1C

Die bron hieronder wys die VSA se blokkade van Kuba gedurende die Kubaanse Missiel Krisis.
Op 22 Oktober 1962 het Kennedy ŉ ‘kwarantynsone’ rondom Kuba aangekondig.

                                                                          Russiese skepe oppad na Kuba,
                VSA                                                       Oktober 1962

             Golf Van Mexiko                                                                                   Die
                                                                                                               Amerikaanse
                                                                                                               kwarantyn-
       Missiele met 4000 km teikenafstand                 DIE AMERIKAANSE                                      sone, 1962
                                                          KWARANTYN OKT. 1962

                                                          ikoiko                     Missielbassise
                                                                                                                    ATLAN-
                                                                                                                    TIESE
                                                                                                                    OSEAAN
                                                                                             Kuba

                                                                                           ikoiko

                                            Britse
                                            Honduras
                                                                   Onsuksesvolle inval van die Kubaanse bannelinge in 1961
   Mexiko
   ikoiko

                                     [Uit: www.bbc.co.uk/education/guides/zygjq6f/revision/6 Verkry op 03 June 2017]

                                                                                                                          b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                           GESKIEDENIS ADDENDUM                                    5
                                           (Eerste Vraestel)                         10791/17

BRON 1D

Die volgende bron is ŉ brief van Voorsitter Khrushchev, gerig aan Pres. Kennedy,
26 Oktober 1962, waarin die posisie van die USSR se toewyding tot wêreldvrede verklaar
word.

Ek dink dat u my korrek sal verstaan, as u regtig besorgd is oor die welsyn van die wêreld.
Almal het vrede nodig: beide kapitaliste, as hulle nie alle rede verloor het nie, en nog meer die
kommuniste, mense wat weet hoe om nie net hul eie lewens nie, maar ook die van alle mense
te waardeer. Ons, die kommuniste, is gekant teen alle oorloë tussen lande in die algemeen en
het nog altyd vrede verdedig vandat ons ontstaan het. Ons het nog altyd oorlog as ŉ ramp
beskou, en nie as ŉ speletjie of as ŉ metode om sekere doelwitte te bereik nie, nog minder as
ŉ doelwit opsigself. Ons doelwitte is duidelik, en die manier om dit te verkry is deur werk.
Oorlog is ons vyand en rampspoedig vir alle mense.

Dit is dus daarom, dat ons die Sowjet-nasie, en saam met die VSA, en ander volke, die vrae
rakende oorlog en vrede verstaan. Ek kan in elk geval die volgende sê vir die mense van
sosialistiese lande, asook vir progressiewe mense wat na vrede, geluk en vriendskap smag.

Ek kan sien, Meneer die President, dat u nie ook sonder ŉ gevoel van angs vir die lot van die
wêreld is nie, en wat oorlog alles behels nie. Wat kan u baat by ŉ oorlog? U dreig ons met
oorlog, maar u besef dat u dieselfde sal ontvang wat u uitgedeel het.

                       [Uit: Kubaanse Missielkrisis – John F. Kennedy Presidensiële Biblioteek en & Museum
                                                                                Verkry op 31 Januarie 2017

                                                                                                       b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                         GESKIEDENIS ADDENDUM                                      6
                                         (Eerste Vraestel)                         10791/17

VRAAG 2

WAT WAS DIE REDES WAT GELEI HET TOT DIE BURGEROORLOG IN ANGOLA NA DIE
DEKOLONISASIEPROSES IN 1975?

BRON 2A

Die bron fokus op die groei van Afrika nasionalisme en bevrydingsbewegings, wat op de-
kolonisasie na die Tweede Wêreldoorlog aangedring het.

Een van die mees beduidende effekte van die Tweede Wêreldoorlog was die transformasie
van Afrika Nasionalistiese bewegings. Hierdie politieke bewegings was krities teenoor
koloniale regerings, hulle het eise gemaak het vir seggenskap in die regerings en het ŉ gevoel
van gegriefdheid uitgedruk. Hulle het ondersteuning en inspirasie van soortgelyke bewegings
in die VSA ontvang, waar leiers geveg het vir selfverbetering. Verdere ondersteuning is ook
ontvang van bewegings wat gegroei het onder jong Afrikane wat oorsee gestudeer het.

Leiers van nasionalistiese bewegings het gou agtergekom dat daar ŉ aanvraag na
massapartye was om stedelike en landelike areas byeen te bring om sodoende politieke partye
met mekaar te verbind en daadwerklike druk op koloniale regerings uit te oefen.

Baie van hierdie politieke partye is deur nuut opgeleide radikale uitverkorenes gelei, wat goed
gewapen was met argumente en bereid was om gebruik te maak van onkonstitusionele en
geweldadige metodes om hulle onafhanklikheid van koloniale heerskappy te verkry.

Die vorm van dekolonisasie wat in Afrika kolonies ontstaan het, het sy eie onderskeidende
eienskappe gehad: eerstens het dit geprotesteer teen uitheemse heerskappy en dominasie –
Afrikane was nie meer gewillig om ŉ goeie regering te aanvaar as ŉ plaasvervanger vir self-
regering nie. Dié idee van vryheid was dus ŉ integrale deel van Afrika Nasionalisme.

Tweedens het dit vereis dat die regte van swartmense in ag geneem moet word en dat hulle as
gelykes behandel moes word deur die koloniale owerhede; dit was ŉ protes teen diskriminasie.
Derdens het dit ŉ geloof in die noodsaaklikheid van modernisasie onderskryf - die erns om
Afrika samelewings te ontwikkel op politiese, ekonomiese en sosiale vlakke.

                                             [Uit: History for Today, geredigeer deur F.E. Graves et. al.]

                                                                                                       b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                               GESKIEDENIS ADDENDUM                                      7
                                               (Eerste Vraestel)                          10791/17

BRON 2B

Die uittreksel is verkry uit ŉ historiese artikel geskryf deur Matthew Collins 15 Januarie 2015,
wat die Alvor Ooreenkoms en Angola se onafhanklikheid in 1975 reflekteer.

Op 15 Januarie 1975 is die Alvor Ooreenkoms geteken deur die Portugese regering en die drie
Angolese bevrydingsbewegings, naamlik MPLA (Popular Movement for the Liberation of
Angola), FNLA (National Liberation Front of Angola), en UNITA (National Union for the Total
Independence of Angola) wat Angola onafhanklikheid toegestaan het van Portugal.

Portugal was huiwerig om sy kolonies te laat gaan ten spyte van die Europese koloniale magte
wat onafhanklikheid toegestaan het aan sy kolonies. Die langsdienende heerser van Portugal,
Antonia de Oliveira Salazar, met sy Estado Novo regime, het vasgehou aan sy kolonies wat
herbenoem is as “oorsese provinsies” sodat hulle letterlik geag is as deel van Portugal as ŉ
nasie.

Ontevredenheid teenoor die koloniste het egter gegroei onder die swart Angolese.
Ondergrondse groepe het gevorm met die opkoms van MPLA, FNLA en UNITA, wat
gesamentlik geveg het vir die onafhanklikheid van Angola van koloniale oorheersing.

In 1974 het ŉ militêre staatsgreep Estado Novo se regering in Portugal omver gewerp, wat
daartoe gelei het dat die nuwe regering die Alvor-Ooreenkoms onderteken het en Angola het
op 11 November 1975 onafhanklikheid ontvang.

Gevegte het egter voortgeduur tussen die drie bevrydingsbewegings wat bekend geword het
as die Angolese Burgeroorlog. Hier het Suid-Afrika en Angola verstrengel geraak in die Koue
Oorlog met Kuba, met die Sowjet-Unie en die VSA wat in die kollig getree het.
         [Uit: http://www.rnews.co.za/article/2493/today-in-history-alvor-agreement-angola-s-indep...2017/03/09]

                                                                                                             b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                       GESKIEDENIS ADDENDUM                                       8
                                       (Eerste Vraestel)                          10791/17

BRON 2C

Die uittreksel hieronder fokus op sommige van die ooreenkomste wat gemaak is deur die drie
Angolese bevrydingsbewegings gedurende die onderhandelinge in die Portugese Golf Hotel,
15 Januarie 1975.

Leiers van die drie bevrydingsbewegings het Generaal Francisco da Costa Gomes op
15 Januarie 1975 ontmoet om die Alvor-Akkoord (ooreenkoms) te onderteken waartydens op
die volgende ooreengestem is.

1.    Om ŉ drieparty-oorgangsregering te vorm wat gelei sou word deur die Portugese Hoë
      kommisaris.

2.    Die drie bewegings sou die mag en portefeuljes deel en hul gewapende magte
      integreer.

3.    Nasionale verkiesings sou gehou word binne 9 maande vir ŉ Vergadering van 150 Lede.

4.    Die oorgangsregering sou op 31 Januarie 1975 ingesweer word.

5.    Die datum vir onafhanklikheid is vasgestel vir 11 November 1975.

Die koalisieregering wat saamgestel is deur die Alvor-Akkoord het vroeg ineengestort omdat
die bevrydingsbewegings mekaar nie vertrou het nie en onwillig was om mag te deel en het
probeer om die land oor te neem met geweld.

In Julie 1975 het die MPLA en die FNLA met UNITA mekaar aangeval vir beheer van Luanda
wat die fundamentele stad was. Teen Augustus het die MPLA beheer gehad oor 11 van die 15
hoofstede insluitend Cabinda en Luanda.

                                          [Uit: Via Afrika Geskiedenis, geredigeer deur S. Grove, et al.]

                                                                                                      b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                         GESKIEDENIS ADDENDUM                                 9
                                         (Eerste Vraestel)                     10791/17

  BRON 2D

  Hierdie foto wys die President van Portugal, Generaal Da Costa Gomes saam met
  verteenwoordigers van die drie Angolese bevrydingsbewegings voor die ondertekening van die
  Alvor-Akkoord in 1975. Van links: Dr. Agostino Neto (MPLA), President Da Costa Gomes, Mnr.
  Holden Roberto (FNLA) en Dr. Jonas Savimbi (UNITA)

Dr Agostino         President Da Costa        Mr. Holden Roberto            Dr Jonas Savimbi
Neto (MPLA)         Gomes                     (FNLA)                        (UNITA)

                                                            [Uit : Rand Daily Mail, 11 Januarie 1975]

                                                                                                  b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                            GESKIEDENIS ADDENDUM                                     10
                                            (Eerste Vraestel)                         10791/17

VRAAG 3

HOE HET DIE SWARTBEWUSSYNBEWEGING IN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA
SEGREGASIE TEENGESTAAN GEDURENDE DIE 1960’s?

BRON 3A

Hierdie is ŉ uittreksel uit The Enduring Vision: A History of the American People,
deur P. Boyer et al, wat die redes vir die opkoms van Swart Mag / Black Power verduidelik.

Vir baie jong Afro-Amerikaners, het die liberalistiese reaksie op ongelykheid gelei tot “te min, te
laat.” Die vraag na ‘Black Power’ (Swart Mag) het in 1966 gelyktydig met die stedelike onluste
opgeklink. Dit het die gretigheid van jong aktiviste vir militante selfverdediging en ŉ vinnige
sosiale verandering uitgedruk. Die slagspreuk druk die bitterheid uit teenoor die wit
gemeenskap en hulle verwerping van King se toewyding tot nie-geweldadige, rasse-integrasie
en die alliansie met wit liberales.

Black Power (Swart Mag) het swart trots (black pride) gevier en die belang van swart self-
determinasie beklemtoon, soos wat geen beweging nog ooit vantevore gedoen het nie.
Verskeie nuwe gemeenskaps-selfhelpgroepe en selfstandige swart instellings het dit vergestalt.
So ook die vestiging van swart-studieprogramme by kolleges, die mobilisering van swart
kiesers om swart kandidate te verkies, die aanmoediging van ŉ gesonde rasbeeld met die
slagspreuk ‘black is beautiful’. Soos nog nooit vantevore nie het Afro-Amerikaners
velbleikmiddels en haarprodukte vir Afro-hare verwerp, en hulle kinders Moslemname gee en
soul-musiek aangeprys.

“Ek mag dalk hoop verloor het,” het Southern Christian Leadership Conference (SCLC)-leier
Jesse Jackson studente saam met hom laat herhaal, “maar – ek is … iemand, ek is… swart …
pragtig … trots. Ek moet gerespekteer word.” Hierdie boodskap, en die Black Power (Swart
Mag) se kritiek teen die Amerikaanse samelewing, het weerklank gevind met ander
gemarginaliseerde groepe, en het gehelp om hul proteste te dryf.

                        [Uit: http://sites.google.com/a/voyageracademy.net/apush/textbook-theenduring-vision
                                                                                Verkry op 31 Januarie 2017]

                                                                                                       b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                             GESKIEDENIS ADDENDUM                                       11
                                             (Eerste Vraestel)                          10791/17

BRON 3B

Hierdie bron fokus op die opkoms van die Black Panther Party in die 1960’s.

Die opkoms van die Black Panther Party in Oakland Kalifornië in 1966 was een van die
grootste oomblikke in die geskiedenis van die stryd vir Swart Vryheid. Hierdie brawe
en revolusionêre groep jong, swart mense het besluit om die fundamentele pilare van
wit heerskappy en anti (teen-) demokratiese praktyke teenoor swart mense, naamlik,
die bose en onverklaarbare onderdrukkende aksies van ŉ wit polisiemag oor Swart
burgers. Die Black Panther Party het probeer om demokratiese beheer te neem oor
die wisselvallige publieke geweld van die Amerikaanse nasiestaat wat Swart burgers
beseer en vermoor het.

In kontras met misleidende stories en skandalige wanvoorstellings, het die Black
Panther Party nie slegs ontstaan as ŉ gewapende en geweldadigde reaksie op die
polisie se brutaliteit en moorde nie. Die Black Panther Party is nie, en was nog nooit ŉ
groep, bose jong Swart “Militante” gevul met haat en woede teenoor die Wit
samelewing nie.

Eerder vanuit die staanspoor in 1966, toe Huey P. Newton en ander, vroeëre partylede
hulle geskiedkundige patrollering van die Oakland Polisiedepartement, gewapen met
regsboeke om aan lede van die gemeenskap hul basiese, konstitusionele regte te
verduidelik, het die Black Panther Party probeer om ŉ voorbeeld vir die gemeenskap te
stel, oor wat moontlik is en om mense se politieke bewustheid te verhoog sodat almal
vorentoe kon beweeg met waardigheid en moed.

                    [Uit: http://www.caringlabor.files.wonderpress.com/2010/09/hilliard-ed-the-black-
                                                     panther-party-service-to-the-people-programs.pdf
                                                                                Verkry op 25/09/2016]

                                                                                                         b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                              GESKIEDENIS ADDENDUM                                         12
                                              (Eerste Vraestel)                           10791/17

BRON 3C

Hierdie plakkaat illustreer hoe die Black Panther die polisie
gepolisieëer het.
                                                                                   “Jy is ŉ man, jy sien

               ŉ Lid van die Black                                                 En ŉ man moet wees wat
                                                                                   hy wil wees of hy sal nie
               Panther Party                                                       vry wees nie.
               Party.
                                                                                   As hy styf vasgebind is,
                                                                                   sal hy die nag terug hou,
                                                                                   en daar sal geen lig wees
                                                                                   vir die dag nie.

                                                                                   Wel dan, glo dit
                                                                                   my vriend, dat hierdie
                                                                                   stilte sal eindig
                                                                                   Ons sal gewere moet kry
                                                                                   en ons man staan.”

                                                                                                Elaine Brown
                                                                                          Black Panther Party

                                 ŉ Lid van die Amerikaanse polisie,
                                 wie se gesig soos ŉ vark geteken is
                                 (Vark was die naam vir die polisie.)

              [Uit: http://www.nye.edu/library/bobst/collections/exhibits/arch/1969/69Images/admissionrally2.gif
                                                                                          Verkry op 03/02/2017]

                                                                                                            b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                            GESKIEDENIS ADDENDUM                                     13
                                            (Eerste Vraestel)                         10791/17

BRON 3D

Hierdie bron fokus op die Gratis Ontbyt vir Kinders-Program, wat deur die Black Panther Party
ingestel is, asook die reaksie van die FBI.

Op grondvlak, het die Black Panther Party begin om ŉ reeks sosiale programme te ontwikkel
om belangrike dienste aan Swart en arm mense te voorsien, om sodoende ŉ model vir ŉ
alternatiewe, meer menslike sosiale skema te bevorder. Hierdie programme, waarvan daar
meer as 35 was, is uiteindelik na verwys as Oorlewingsprogramme en is aangevoer deur
Partylede onder die slagspreuk “oorlewing voor rewolusie”.

Die eerste program was die Gratis Ontbyt vir Kinders-Program, wat versprei het van een klein
Katolieke Kerkie in die Fillmore Distrik van San Francisco tot elke groot stad in Amerika waar
daar ŉ Party afdeling was.

Baie duisende arm en honger kinders is daagliks deur die Gratis Ontbyt-Program gevoed. Die
grootte en kragtige impak van die program was van so ŉ aard dat die federale regering
geforseer en beskaamd was om ŉ soortgelyke program vir openbare skole regoor die land aan
te neem, terwyl die FBI die Gratis Ontbytprogram gekritiseer het, as niks meer as ŉ
propaganda-instrument deur die Party gebruik om hul “kommunistiese agenda” te propageer
nie. Op ŉ meer slinkse wyse het die FBI na die Party self verwys as ŉ groep kommunistiese
misdadigers wat daarop mik om die Amerikaanse regering omver te werp.

                     [Uit: http://undergroundcooking.blogspot.co.za/2008/04/survival-pending-revolution.htm1
                                                                                       Verkry op 07/02/2016]

                                               EINDE

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                            GESKIEDENIS ADDENDUM                           14
                                            (Eerste Vraestel)                 10791/17

ERKENNINGS

Visuele bronne en ander historiese getuienis is geneem uit die volgende:

Grove, F.E. 1985. History for Today (Juta, Pretoria)

Grove, S. 2013. Via Afrika History (Via Afrika, Cape Town)

http://undergroundcooking.blogspot.co.za/2008/04/survival-pending-revolution.html

http://www.caringlabor.files.wordpress.com/2010/09/hilliard-ed-the-black-panther-party-service-

to-the-people-programs.pdf

http://www.CubanMissile Crisis – John F. Kennedy Presidential Library & Museum

http://www.bbc.co.uk/education/guides/zygjq6f/revision/6

http://www.history.com/thisday.in.history

http://www.rnews.co.za/article/2493/today-in-history-alvor-agreement-angola-s-indep

http://www.nyu.edu/library/bobst/collections/exhibits/arch/1969/69Images/Admissionrally2.gif

https://history.state.gov/milestones/1961-1968/cuban-missile-crisis

https://sites.google.com/a/voyageracademy.net/apush/textbook-the-enduring-vision

Rand Daily Mail, 11 Januarie 1975

## Related documents

- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-addendum/4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995) — History · Addendum · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans)) 2015 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-2015-preparatory-examination-addendum/46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955) — History · Addendum · 2015 · Afr
- [Grade 12 NSC History P1 Preparatory 2017 Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-preparatory-2017-addendum/7da8bbb8-c55d-4436-ba09-b666876b6115) — History · Addendum · 2017
- [Grade 12 NSC History P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c) — History · Memo · 2017 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/b9dc10fb-ad07-4300-abc2-a509afb2c30f) — History · QP · 2017 · Afr
- [Gr12 History P1 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p1-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/9c825710-3cb6-41a5-83f1-ec4a4f9c153e) — History · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 History P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-history-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
