# History Grade 12 Paper 1 Gauteng Mock 2017 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 History Paper 1 memorandum from the Gauteng Mock Exam 2017 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/aba66997-5219-4d3b-8123-0ad1ba09d4d9
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2017
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 Paper 1 Gauteng Mock 2017 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/aba66997-5219-4d3b-8123-0ad1ba09d4d9)

## About this document

History · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2017 · Afrikaans. Memorandum, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                            2017
                   NASIEN RIGLYNE

VAK:           GESKIEDENIS V1 (10791)

18 bladsye

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                    10791/17

                    GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                           VOORBEREIDENDE EKSAMEN

                                               GESKIEDENIS
                                               (Eerste Vraestel)

                                          MEMORANDUM

VRAAG 1

HOE HET DIE KUBAANSE MISSIELKRISIS DIE KOUE OORLOG VERHOUDING TUSSEN
DIE VSA EN DIE USSR GEDURENDE DIE 1960’s VERSKERP?

1.1   1.1.1   [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]

              •       VSA
              •       USSR                                                        (2x1) (2)

      1.1.2   [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]

              •       Kuba was besig om ŉ nouer verhouding met die USSR te sluit.
              •       Eisenhower was bang vir die verspreiding van Kommunisme in
                      Latyns-Amerika.
              •       Eisenhower wou kapitalisme in Kuba beskerm.
              •       Enige ander relevante respons                   (enige 1x2) (2)

      1.1.3   [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]

              •       Guatemala                                                   (1x1) (1)

      1.1.4   [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]

              •       Castro het gelei deur ŉ voorbeeld te stel vir die standaard van
                      toewyding ter verdediging van Kuba.
              •       Hy beeld patriotisme en ware leierseienskap uit.
              •       Jose Raman was onbevoeg.
              •       Enige ander relevante respons                         (enige 1x2) (2)

      1.1.5   [Analise van bewyse uit Bron 1A – V2]

              (a)     Castro: Oorwinnaar, held, gerespekteerd, vereer, versterk sy
                      persoonlikheid.                                          (1x2) (2)

              (b)     Kennedy: Lafaard, mislukking, besmette beeld, wêreldwyd
                      gekritiseer vir ambisieuse doelwitte, nie respek getoon vir die
                      outonomie van ander lande nie.

              •       Enige ander relevante respons                               (1x2) (2)

                                           2

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                     10791/17

1.2   [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]

      1.2.1       Operasie Mongoose (Operation Mongoose)                            (1x2) (2)

      1.2.2       [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]

                  •       Medium afstand ballistiese reeksmissiele – (MRMM)
                  •       Intermediêre afstand ballistiese reeksmissiele – (IRBM)   (2x1) (2)

      1.2.3       [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]

                  •       Kennedy het gereageer deur sy betroubaarste adviseurs te
                          nader en ŉ direkte plan van aksie in ag te neem wat die krisis
                          sou oplos.
                  •       Oplegging van ŉ vlootkwarantyn in Kuba
                  •       Enige ander relevante respons                      (enige 1x2) (2)

      1.2.4       [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]

                  •       Lugaanval om die missiele te vernietig gevolg deur ŉ VSA inval
                  •       Skerp waarskuwing aan Kuba en die USSR
                  •       Vlootkwarantyn van Kuba                                  (3x1) (3)

      1.2.5       [Verduideliking van ŉ historiese konsep uit Bron 1B – V1]

                  •       Kwarantyn:
                          Voorkom die toegang van USSR missiele tot Kuba
                          Beskou Kuba as ŉ beskermde gebied deur die VSA, teen
                          enige toekomstige aanval deur die USSR         (enige 1x2) (2)

1.3   1.3.1       [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2]

                      •   Die bron verwys na die verklaring van Kuba as ŉ beskermde
                          sone van die USSR skepe.
                      •   Dit reflekteer Amerika se voorneme om kontrole te neem van
                          Kuba.
                      •   VSA se voorneme om kapitalisme te versprei in Kuba.
                      •   VSA se doelwit om die verspreiding van kommunisme in Kuba
                          te beveg.
                      •   Enige ander relevante reaksie                      (enige 1x2) (2)

      1.3.2       [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2]

                      •   Amerika wou kapitalisme versprei in Kuba.
                      •   Amerika wou Kuba beskerm teen kommunistiese invalle.
                      •   Amerika wou wêreldvrede bewaar en ŉ kernoorlog vermy.
                      •   Enige ander relevante reaksie                   (enige 1x2) (2)

                                              3

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                         10791/17

      1.3.3         [Analise en interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2]

                      •   Khruschev het ingestem om toe te gee tot die VSA se
                          aandrang om kernmissielstasies in Kuba te vernietig.
                      •   Khruschev het daarop aangedring dat die VSA sy
                          missielbasisse in Turkye en Italië tot niet maak.
                      •   Khruschev het daarop aangedring dat die VSA Kuba alleen
                          laat.
                      •   Enige ander relevante respons                      (enige 2x2) (4)

1.4   [Vergelyking van bewyse van Bron 1B en Bron 1C – V3]

      •       Bron 1B verduidelik die implementasie van die kwarantyn op 22 Oktober
              1962 en Bron 1C wys die kwarantyngebied in Kuba op 22 Oktober 1962.
      •       Albei bronne verwys na die missielbasisse in Kuba.
      •       Enige ander relevante respons                                 (enige 2x2)        (4)

1.5   1.5.1         [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1]

                      •   ‘... as u rêrig besorgd is oor die welsyn van die wêreld.’
                      •   ‘ ... as hulle nie alle rede verloor het nie, ...’           (2x1)   (2)

      1.5.2         [Interpretasie van bewyse van Bron 1D – V2]

                      •   Krushchev was verbind tot wêreldvrede om die effek van ŉ
                          verwoestende oorlog te voorkom.
                      •   Wou sy uitgangspunt teenoor ŉ moontlike oorlog uitspreek.
                      •   Enige ander relevante respons                           (1x2) (2)

      1.5.3         [Evaluering van die bruikbaarheid van Bron 1D – V3]

                    Bruikbaar

                      •   Brief geskryf deur Kruschev (USSR) aan president Kennedy
                          (VSA).
                      •   Druk Kruschev se uitgangspunt uit met betrekking tot die
                          verwydering van missiele in Kuba.
                      •   Toon Kruschev se twyfel met betrekking tot Kennedy se
                          verbintenis tot wêreldvrede (die beëindiging van
                          kernkragwapens)
                      •   Enige ander relevante respons

                    Nie bruikbaar
                      • Bevoordeeld teenoor VSA (Kennedy)
                      • Kritiseer die VSA se verbintenis tot wêreldvrede
                      • Enige ander relevante respons                           (enige 2x2) (4)

                                               4

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                     10791/17

1.6   [Interpretasie, analise en sintese uit relevante bronne – V3]

      Leerders mag die volgende punte gebruik om die vraag te beantwoord:

      •         VSA en USSR het ŉ beduidende rol in die Kubaanse Missielkrisis gespeel.
                (Bron 1A)
      •         Die VSA het missiele ontplooi op die Sowjetgrens van Italië en Turkye.
                (Eie kennis)
      •         Die USSR het gereageer deur missiele in Kuba te plaas. (Bron 1B)
      •         Die strategiese installasie van missielbasisse het wêreldvrede bedreig.
                (Bron 1C)
      •         Die VSA het gedreig om Kuba binne te val as missiele nie verwyder word
                nie terwyl die USSR ook die VSA aangesê het om hulle missiele uit Turkye
                en Italië te verwyder. (Eie kennis)
      •         Die VSA en die USSR se aggressiewe reaksies het die Koue Oorlog
                verskerp. (Bron 1A)
      •         Albei het uiteindelik toegegee en die krisis is ontlont. (Bron 1C)
      •         Die supermoondhede het op oop lyne van kommunikasie besluit (rooi /
                warm telefoonlyn). (Eie kennis)
      •         Hulle het ook die kernkragtoetsooreenkoms geteken. (Bron 1C).
      •         Enige ander relevante respons                                              (8)

VLAK 1      •     Gebruik bewyse op ŉ elementêre manier bv. toon geen of min PUNTE
                  begrip van hoe die Kubaanse Missielkrisis die Koue Oorlog 0 – 2
                  verhouding tussen die USSR en VSA gedurende die 1960’s
                  verskerp het nie.
            •     Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie rapporteer oor onderwerp
                  nie.

            •     Bewyse is meestal relevant en hou tot ŉ groot mate verband
VLAK 2            met die tema bv. toon begrip van hoe die Kubaanse PUNTE
                  Missielkrisis die Koue Oorlog verhouding tussen die USSR en 3 – 5
                  VSA gedurende die 1960’s verskerp het.
            •     Gebruik bewyse op ŉ basiese manier.

VLAK 3      •     Gebruik relevante bewyse bv. demonstreer ŉ deeglike begrip      PUNTE
                  van hoe die Kubaanse Missielkrisis die verhouding tussen die    6–8
                  VSA en USSR gedurende die Koue Oorlog in die 1960’s
                  verskerp het.
            •     Gebruik bewyse baie effektief in ŉ georganiseerde paragraaf
                  wat ŉ deeglike begrip van die tema toon.
                                                                                           [50]

                                               5

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                                              10791/17

VRAAG 2

WAT WAS DIE FAKTORE WAT GELEI HET TOT ŉ BURGEROORLOG IN ANGOLA NA DIE
DEKOLONISASIEPROSES IN 1975?

2.1   2.1.1   [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]

              •     Hul was krities teenoor koloniale regerings.
              •     Hul het aangedring op seggenskap in die regering.
              •     Hulle het ŉ gegriefde gevoel uitgespreek.         (Enige 2x1) (2)

      2.1.2   [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]

              •     Afrikane het geveg vir hul onafhanklikheid van die koloniale
                    magte na die Tweede Wêreldoorlog.
              •     Afrikane wou hul eie lande ekonomies ontwikkel tot voordeel
                    van Afrikane en nie Europese lande nie.
              •     Afrikane wou met respek behandel word en as gelyk beskou
                    word deur die koloniale magte.
              •     Enige ander relevante respons                       (Enige 1x2) (2)

      2.1.3   [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]

              •     Baie jong Afrikane het oorsee gestudeer en is aangespoor om
                    te veg vir onafhanklikheid.
              •     Hulle was gereed om militêre aksie te gebruik om hul lande te
                    dekoloniseer.
              •     Hulle was daartoe in staat om te verenig en ander te oorreed
                    om hul pogings om koloniale magte omver te werp, te
                    ondersteun.
              •     Enige ander relevante respons                       (Enige 2x2) (4)

      2.1.4   [Verduideliking van ŉ historiese konsep vanuit Bron 2A – V1]

              •     Bevryding van ŉ land om onafhanklik te wees van ŉ ander land
              •     Enige relevante respons.                              (1x2)     (2)

      2.1.5   [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]

              •     Dit het ŉ protes teen buitelandse heerskappy en dominansie
                    uitgedruk.
              •     Dit het die regte van Swart mense aangespreek om in ag
                    geneem te word en as gelyk behandel te word deur koloniale
                    gesaghebbendes.                                         (2x1) (2)

                                         6

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                 10791/17

2.2   2.2.1   [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]

              •     MPLA
              •     FNLA
              •     UNITA                                                 (enige 2x1) (2)

      2.2.2   [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]

              •     Daar was genoegsame ekonomiese vooruitgang, sodat die
                    koloniale magte nie bereid was om op te gee nie.
              •     Die koloniale setlaars het onafhanklikheid teengestaan en
                    gewelddadig geveg teen die bevrydingsbewegings.
              •     Enige ander relevante antwoord                      (enige 2x2) (4)

      2.2.3   [Verduideliking van historiese konsepte uit Bron 2B – V1]

              •     ŉ Oorlog tussen die drie Angolese militêre groepe of
                    gewapende faksies MPLA, FNLA en UNITA.
              •     Enige ander relevante antwoord                             (1x2) (2)

      2.2.4   [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]

              •     MPLA – USSR/KUBA
              •     FNLA – VSA
              •     UNITA – VSA/SUID-AFRIKA                               (enige 2x1) (2)

      2.2.5   [Interpretasie van bewyse van Bron 2B – V2]

              •     Rusland en Kuba het die MPLA ondersteun om te veg vir
                    beheer van Angola.
              •     Die VSA en Suid-Afrika het UNITA ondersteun vir beheer van
                    Angola.
              •     Die twee supermoondhede het die Angolese vegtende faksies
                    met militêre wapens voorsien om die oorhand in Angola te kry.
              •     Albei supermoondhede wou hulle sfeer van mag uitbrei in
                    Angola / Afrika.
              •     Enige ander relevante antwoord                    (enige 1x2) (2)

                                         7

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                     10791/17

2.3   2.3.1        [Onttrekking van bewyse uit Bron 2C – V1]

                   •      Om ŉ drieledige oorgangsregering te vorm met die Portugese
                          Hoë Kommissaris as leier
                   •      Die drie bewegings sou mag en portefeuljes deel en hulle
                          weermagte integreer.
                   •      Nasionale verkiesings sou binne nege maande gehou word vir
                          ŉ Samekoms van 150 lede.
                   •      Die oorgangsregering sou ingesweer word op die 31 Januarie
                          1975.
                   •      Die datum vir onafhanklikheid is bepaal vir 11 November 1975.
                                                                             (enige 2x1) (2)

      2.3.2        [Evaluasie van bruikbaarheid van Bron 2C – V3]

                   •      Dit voorsien informasie rakende die Angolese
                          verteenwoordigers wat die Alvor Akkoord geteken het.
                   •      Dit voorsien die datum waarop die ooreenkoms geteken is.
                   •      Dit gee informasie oor hoe lank die oorgangsregering aan
                          bewind sou wees.
                   •      Dit verskaf redes waarom die Akkoord nie nagekom is nie.
                   •      Dit gee informasie rakende die konflik tussen die
                          bevrydingsbewegings.
                   •      Enige ander relevante respons                      (enige 2x2) (4)

2.4   [Vergelyking van informasie uit Bron 2C en 2D – V3]

      •       Bron 2B stel voor dat die Angolese burgeroorlog veroorsaak is deur die drie
              bevrydingsbewegings wat hulp van die supermoonthede ontvang het. Bron
              2C toon dat die MPLA beheer geneem het van 11 uit die 15 provinsies as
              gevolg van Rusland se ondersteuning.
      •       Bron 2C wys hoe die Alvor Akkoord nie die verskille tussen die drie
              bevrydingsbewegings gedurende die oorgangsregering kon oplos nie en in
              stede aanhou veg het teen mekaar.
      •       Enige ander relevante antwoord                                        (2x2) (4)

2.5   2.5.1        [Analise van informasie uit Bron 2D – V2]

                   •      Die bevrydingsbewegings se leiers lyk kalm en verenig, met ŉ
                          gesamentlike doel om te onderhandel en die ooreenkoms te
                          onderteken vir ŉ oorgangsregering.
                   •      Hul was gereed om hul verskille tersyde te stel ter wille van
                          vryheid.
                   •      Hul verteenwoordig die belange van al die mense in Angola
                          ongeag etnisiteit, ras of ideologiese verskille.
                   •      Enige ander relevante antwoord                       (enige 2x2) (4)

                                              8

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                      10791/17

      2.5.2      [Interpretasie van informasie uit Bron 2D – V2]

                 •      Om die onderhandelaars te beskerm teen moontlike
                        demonstrasies en ander militante insidente
                 •      Die Angolese onderhandelaars en afgevaardigdes het maksimum
                        sekuriteit en beskerming gevra.
                 •      Vrees dat Portugese simpatiseerdes onder die 400 000 Portugese
                        wat in Angola gebly het, die onderhandelingsproses sou
                        omverwerp
                 •      ŉ Neutrale plek is aangevra vir die onderhandelings, en advies sou
                        ingewin kon word van ander Afrika leiers wat teenwoordig was.
                 •      Enige ander relevante antwoord                          (enige 2x2) (4)

2.6   [Interpretasie, analise en sintese uit relevante Bronne – V3]

      Die kandidate mag die volgende punte gebruik vir die vraag.

      •       Die drie hoof rebelliegroepe is gevorm met ŉ gemeenskaplike doel om
              Angola te dekolonialiseer, maar met verskillende ideologiese invloede of
              perspektiewe, dus implementering van teenstrydige strategieë (Bron 2A).
      •       Portugal was huiwerig om mag af te staan as gevolg van ekonomiese winste
              uit hul ‘oorsese provinsies’ (Bron 2B).
      •       Ingryping en militêre hulp van die supermoonthede het Angola by die Koue
              Oorlog betrek (Bron 2B).
      •       Die drie leiers het ooreengestem om die Alvor Akkoord te teken, maar het dit
              nie geïmplementeer nie en het mekaar begin aanval. (Bron 2C).
      •       Gebrek aan vertroue en die onwilligheid om mag te deel soos ooreengekom
              in die Alvor ooreenkoms (Bron 2C) .
      •       Die drie bevrydingsbewegings wou beheer oorneem van die mees
              produktiewe industriële gebiede, daarom het hul teen mekaar geveg.
              (Bron 2C).
      •       Die drie bevrydingsbewegings moes die ooreenkoms buite die grense van
              Angola teken omdat hul ontwrigtings verwag het. (Bron 2C).
      •       Enige ander relevante antwoord                                                  (8)

              • Gebruik bewyse op ŉ elementêre wyse bv. toon geen of min begrip
VLAK 1          rakende die faktore wat gelei het tot die burgeroorlog in Angola na   PUNTE
                die dekolonisasieproses in 1975.                                      0–2
              • Gebruik bewyse gedeeltelik om verslag te lewer of kan glad nie
                verslag lewer oor tema nie.
              • Bewyse grotendeels relevant en sluit aan by die tema bv. toon
VLAK 2          begrip rakende die faktore wat gelei het tot die burgeroorlog in      PUNTE
                Angola na die dekolonisasieproses in 1975.                            3–5
              • Gebruik bewyse op ŉ basiese manier.
              • Gebruik relevante bewyse bv. toon deeglike begrip rakende die
VLAK 3          faktore wat gelei het tot die burgeroorlog in Angola na die           PUNTE
                dekolonisasieproses in 1975.                                          6–8
              • Gebruik bewyse baie effektief in ŉ georganiseerde paragraaf wat
                begrip toon rakende die tema.
                                                                                             [50]
                                               9

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                       10791/17

VRAAG 3

HOE HET DIE ‘BLACK POWER MOVEMENT’ (SWARTBEWUSSYNBEWEGING) IN DIE
VERENIGDE STATE VAN AMERIKA SEGREGASIE TEENGESTAAN GEDURENDE DIE
1960’s?

3.1   3.1.1   [Verduideliking van ŉ historiese konsep uit Bron 3A – V1]

              •    Hul het swart trots gevier en die belangrikheid van swart determinasie
                   beklemtoon.
              •    ŉ Oortuiging dat swart mense trots op hulself moet wees, hul
                   voorkoms en hul prestasies
              •    ŉ Sosiale ideologie wat hoop, waardigheid maar ook self-trots, self-
                   hulp en onafhanklikheid aanmoedig
              •    Enige ander relevante verduideliking                       (enige 1x2) (2)

      3.1.2   [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]

              •    Maar ek is …….iemand.
              •    Ek is ……swart…..pragtig…..trots.
              •    Ek moet gerespekteer word.
              •    Swart is pragtig.                                           (enige 2x1) (2)

      3.1.3   [Onttrekking van informasie uit Bron 3A – V1]

              •    Verwerp velverligters en haarprodukte wat hare reguit maak, dra Afro
                   haarstyle
              •    Gee hul kinders Islamitiese name
              •    Verheerlik ‘soul musiek’
              •    Vestig swart studieprogramme by kolleges                (enige 4x1) (4)

      3.1.4   [Analise van informasie uit Bron 3A – V2]

              •    Leer van self-help en self-trots
              •    Swart Mag versterk die oortuiging om in hulself te glo.
              •    Afro-Amerikaners kan besluit wat hul wil hê en hoe hulle regeer moet
                   word.
              •    Enige ander relevante respons                             (enige 2x2) (4)

      3.1.5   [Evaluasie van die bruikbaarheid van Bron 3A – V3]

              •    Die bron verduidelik die verskillende vorms van weerstand soos
                   guerrilla- oorlogvoering tot eise vir hervorming en self-hulp.
              •    Die bron verduidelik verder hoe Afro-Amerikaners hul trots in hulself
                   gewys het deur slagspreuke soos ‘Black is beautiful.’
              •    Die bron voorsien die voorbeeld van hoe Afro-Amerikaners hul eie
                   kultuur en ook hul eie lot geskep het.
              •    Enige ander relevante respons                                 (enige 2x2) (4)

                                              10

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                       10791/17

3.2   3.2.1   [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]

              •   Wit heerskappy
              •   Anti-demokratiese praktyke                                         (2x1) (2)

      3.2.2   [Interpretasie van inligting in Bron 3B – V2]

              •   Gepoog om demokratiese beheer te kry oor die arbitrêre (lukrake)
                  publieke geweld van die VSA regering wat swart burgerlikes beseer en
                  vermoor het.
              •   Om aan swart burgers hulle basiese en fundamentele konstitusionele
                  regte te verduidelik
              •   Enige ander relevante antwoord                                   (2x2) (4)

      3.2.3   [Interpretasie van informasie in Bron 3B – V1]

              •   Lede het gepatrolleer met regsboeke.
              •   Hul het basiese konstitusionele regte aan die publiek verduidelik en die
                  polisie ook daaraan herinner.
              •   Enige ander relevante respons                               (enige 1x2) (2)

      3.2.4   [Interpretasie en evaluering van Bron 3B – V2]

              •   Om te verseker dat lede van die gemeenskap hul regte ken
              •   Lede aangemoedig om deel te neem aan die weier/groter gemeenskap
                  om hul menseregte te verkry.
              •   Om ontslae te raak van selfvernietigende gedagtes en gedrag (in te
                  gee vir polisie brutaliteit) maar om eerder hulself te bemagtig en op te
                  staan teen die polisie
              •   Enige ander relevante respons                                  (enige 1x2) (2)

3.3   3.3.1   [Onttrekking van inligting uit Bron 3C – V1]

              •   Die polisie                                                        (1x1) (1)

      3.3.2   [Interpretasie van informasie uit Bron 3C – V2]

              •   ‘Afro-Amerikaners’ se regte is ingeperk en hulle het baie min siviele
                  voorregte gehad.
              •   Indien die wet oortree is, is ‘Afro-Amerikaners’ gewoonlik gearresteer
                  en in die tronk gesit.
              •   Enige ander relevante respons                                (enige 1x2) (2)

      3.3.3   [Interpretasie van informasie in Bron 3C – V2]

              •   Polisiëring van die polisie – selfverdediging is aangemoedig
              •   Staatsgeweld gemik teen ‘Afro-Amerikaanse’ gemeenskappe
              •   Polisie is gesien as oortreders in die Oakland ghettoes.     (enige 1x2) (2)

                                               11

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                       10791/17

3.4   [Vergelyking en kontrastering van Bronne 3B en 3C – V3]

      •   In Bron 3B het die ‘Black Panther Party’ demokratiese beheer probeer uitoefen
          oor die lukrake publieke geweld. Hierdie konsep word gedemonstreer in die
          visuele teks as ŉ lid van die BPP wat ŉ geweer rig op ŉ polisieman. Dus,
          polisiëring van die polisie.
      •   In Bron 3B is daar verwysing na “die opheffing van mense se politieke
          bewussyn.” Dit word ondersteun deur die visuele bron ‘... dat hierdie stilte sal
          eindig. Ons sal net gewere moet kry en ons man staan.”
      •   Enige ander relevante vergelyking                                  (enige 2x2)     (4)

3.5   3.5.1    [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]

               •   ŉ Reeks sosiale programme                                         (1x1) (1)

      3.5.2    [Interpretasie van informasie uit Bron 3D – V2]

               •   Duisende honger kinders is gevoed.
               •   Die Federale Regering was genoodsaak om ŉ soortgelyke program vir
                   skole regoor die land te loods.                       (enige 1x2) (2)

      3.5.3    [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V2]

               •   ‘Afro-Amerikaners’ het hierdie programme gebruik om te verseker dat
                   hulle kos en behuising gehad het asook skole.
               •   Sodra die liggaam gevoed is, kan die brein toegepas word op die
                   geveg vir siviele vryhede en gelykheid.                 (enige 1x2)       (2)

      3.5.4    [Analise van informasie uit Bron 3D – V2]

               •   Dit was a radikale (militaristiese) beweging. Radikalisme wat
                   gewoonlik geassosieer was met kommunisme.
               •   Die Black Panthers het die konsep van selfstandigheid ondersteun.
               •   Newton, een van die stigterslede is geïnspireer deur die Sjinese leier,
                   Mao Zedong.
               •   Enige ander relevante respons                                (enige 1x2) (2)

                                               12

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                         10791/17

3.6   [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne – V3]
      Kandidate kan die volgende aspekte in hul antwoord gebruik:
      •     Revolusionêres het dit gebruik om guerrilla oorlogvoering aan te moedig;
            liberales om reformasie aan te moedig; konserwatiewes om op self-hulp aan te
            dring. (Bron 3A).
      •     Frase beteken self-trots. (Bron 3A).
      •     Beklemtoning van rassetrots en die skep van swart politieke en kulturele
            instansies om swart kollektiewe belange te koester asook die bevordering van
            swart waardes. (Eie kennis)
      •     Slagspreuke soos: ‘Sê dit luid – ek is swart en ek is trots’, ‘Swart is pragtig’ en
            ‘Swart Mag’ het populariteit gewen en is wyd gebruik. (Bron 3A en eie kennis).
      •     Opkoms van die Black Panther Party, 1966. (Bron 3B).
      •     BPP probeer beheer uitoefen oor willekeurige aanvalle (Bron 3B).
      •     BPP fokus om die gemeenskap te onderrig rakende hul burgerregte.
            (Bron 3B).
      •     Stokely Carmichael bevraagteken of die nie-geweldadige uitgangspunt Afro-
            Amerikaners kon lei na waar hul graag wou wees.
      •     Carmichael het die slagspreuk ‘Swart Mag’ aangeneem. (Bron 3C).
      •     Jong ghetto inwoners het passiewe weerstand verwerp, ten gunste van ŉ meer
            militante en radikale vorm van weerstand.
      •     BPP het baie gewildheid verwerf onder jong stedelinge. (Bron 3C).
      •     Polisiëring van die polisie. (Bron 3C & eie kennis).
      •     Die Black Panther Party het die Oorlewingsprogramme bekend gestel bv. Gratis
            Ontbyt vir Kinders. (Bron 3D).
      •     Ander programme: Gratis mediese klinieke, uitdeel van klerasie,
            selfverdedigingsklasse, lesse in politiek, onderrig van swart geskiedenis. (Eie
            kennis).
      •     Die BPP het ŉ 10 punt program geskryf. (Eie kennis)
      •     Enige ander relevante respons
      Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken.                                           (8)

             •   Gebruik bewyse op ŉ elementêre manier, bv. wys geen of min
VLAK 1           begrip van hoe die filosofie van die ‘black power’ (swart mag)       PUNTE
                 segregasie in die Verenigde State van Amerika teengestaan het        0–2
                 nie.
             •   Gebruik bewyse gedeeltelik om te rapporteer oor die tema of
                 kan glad nie rapporteer oor die tema nie.
             •   Bewyse is meestal relevant en hou grotendeels verband met die
VLAK 2           tema bv. wys ŉ mate van begrip oor hoe die filosofie van ‘black      PUNTE
                 power’ (swart mag) segregasie in die Verenigde State van             3–5
                 Amerika teengestaan het gedurende die 1960’s.
             •   Gebruik bewyse op ŉ basiese manier.
             •   Bewyse is relevant bv. toon ŉ deeglike kennis van hoe die
VLAK 3           filosofie van black power (swart mag) segregasie in die              PUNTE
                 Verenigde State van Amerika teengestaan het gedurende die            6–8
                 1960’s.
             •   Gebruik bewyse baie effektief in ŉ georganiseerde paragraaf
                 wat goeie begrip toon van die tema.
                                                                                              [50]
                                               13

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                   10791/17

AFDELING B
OPSTELVRAE

VRAAG 4

GEVALLESTUDIE: SJINA

[Beplan en konstrueer ŉ oorspronklike argument gebaseer op relevante bewyse deur
gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede.]

SAMEVATTING
Kandidate moet uitbrei oor hoe Mao Zedong se beleide van die Groot Sprong vorentoe en
die Kulturele Rewolusie beskou is as ŉ groot mislukking.

HOOFASPEKTE:
Kandidate moet probeer om die volgende aspekte in hul antwoord in te sluit.

INLEIDING:
Kandidate moet ŉ gedagterigting ontwikkel om te toon hoe Mao kommunisme in
Sjina ingestel het.

UITBREIDING:
• Stigting van die Sjinese Kommunistiese Party (CKP)
• Burgeroorlog teen Kwomintang (KMT)
• Vestiging van die Mense se Republiek van Sjina, proklamasie op 1 Oktober 1949
• Die Kulturele Rewolusie
• Rooi Wagte wat ŉ belangrike rol gespeel het
• Teweegbring van gelyke regte in die samelewing
• Intellektuele vermoë is gesien as nutteloos en gevaarlik.
• Baie intellektueles is vermoor of is dood in aanhouding.
• Honderde Blomme (1956 – 1959)
• Die Groot Sprong Vorentoe (1958 – 1961)
• Groter kollektiewe plase en kommunes
• Kleinboere in produksie bataljonne
• Kleinboere kon nie eiendom besit nie en het geen aansporings ontvang nie.
• Grootskaalse hongersnood
• Die Groot Kulturele Revolusie, Proletariese Rewolusie (1967 – 1976).
• Ontwikkeling van ŉ magstryd tussen verskillende faksies in die leierskap van die CKP.
• September 1971, Lin Biao probeer Mao omverwerp, maar slaag nie
• 1975, Program van die Vier Moderniserings (Landbou, Bedryfsektor, Nasionale
   Verdediging, Wetenskap en Tegnologie)
• 1976, Mao sterf en ŉ “Bende van Vier”, onder leiding van Mao se weduwee, Jiang
   Qing is gearresteer en verhoor
• Enige ander relevante respons

GEVOLGTREKKING:

Kandidate moet hul argument opsom met ŉ relevante gevolgtrekking.                         [50]

                                              14

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                      10791/17

VRAAG 5

ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE: KONGO EN
TANZANIË

[Beplan en konstrueer ŉ argument gebaseer op bewyse, deur gebruik te maak van
analitiese en interpretasie vaardighede.]

SAMEVATTING:
Kandidate moet verduidelik tot watter mate Tanzanië meer effektief as die Kongo was met
die hantering van hul onderskeie politieke, ekonomiese, sosiale en kulturele uitdagings na
onafhanklikheid.

HOOFASPEKTE:
Kandidate moet probeer om die volgende aspekte in hul antwoord in te sluit.

INLEIDING:
Kandidate moet ŉ gedagterigting vestig deur te verduidelik of Tanzanië se ekonomiese en
politieke sisteme beter ontwikkeld was, na onafhanklikheid, as dié van die Kongo.

UITBREIDING:

EKONOMIE

•    Nyerere het ŉ Afrika-Sosialistiese model aangeneem wat uiteengesit is in die Arusha
     Verklaring, wat gelei het tot die nasionalisering van industrieë en grondgebied.
•    Die doel was om alle bande met Westerse lande af te sny om onafhanklikheid en
     selfstandigheid te skep.
•    Die samelewing sou stabiel en vry van ekonomiese ongelykhede wees.
•    Mobutu het aanvanklik industrieë genasionaliseer met behulp van die ‘Zairianisation’
     beleid – Plase en besighede is weggevat by buitelandse eienaars en is aan
     Kongolese gegee.
•    Toe die konsep misluk het, as gevolg van ŉ tekort aan vaardighede en swak
     bestuur, neem Mobutu ŉ kapitalistiese model aan en gee die besighede terug aan
     hul buitelandse eienaars.
•    Nyerere stel ‘villagisation’ (dorpstigting) of Ujaama in.
•    Landelike gemeenskap boerderye/kollektiewe arbeid.
•    Gebrek aan gereedskap, water, bestuursvaardighede, het gelei tot weerstand wat
     die polisie en militêre magte nie kon beheer nie.
•    Dit het gelei tot die vernietiging en verlating van landerye.
•    Tanzanië het egter steeds die armste en onder-ontwikkeldste land gebly.
•    Beide lande is gedwing om buitelandse hulp en beleggings te aanvaar wat Nyerere
     oorspronklik as neo-kolonialisme beskou het.

                                              15

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                     10791/17

POLITIES

•    Beide het Een-Party State geword, opposisie is nie toegelaat nie.
•    Nyerere is verkies en het alle stamgebondenheid verban, teenoor Mobuto wat ŉ
     militêre staatsgreep uitgevoer het.
•    Kongo het ŉ moontlike burgeroorlog op hande gehad (Katanga en Kasai het hul
     onafhanklikheid verklaar).
•    Mobuto het homself as leier van Kongo verklaar.
•    Politieke onstabiliteit is aangevuur deur die betrokkenheid van die supermoonthede.
•    Beide leiers het geglo in neo-kolonialisme en nepotisme.
•    Neyerere het ŉ “Leierskap Kode” ingestel wat die integriteit vereis het. Mobutu het
     egter misluk om kleptokrasie, wanadministrasie, korrupsie en wanbestuur van
     staatsfondse te beheer.
•    Nyerere stel die onverbondenheidsbeleid in met die Weste en die Ooste, wat sy volk
     verenig het.
•    Mobutu skaar homself by die Weste en hou Kongo (Zaïre) aan die gang met behulp
     van die Westerse magte, wat bitter min gebaat het in die Kongo.
•    Nyerere het uitgetree na die 1964 muitery en ŉ nuwe leier is gekies.

SOSIAAL EN KULTUREEL

•    Beide lande se klerasie is beïnvloed deur die ‘Maoistiese’ drag.
•    Beide lande het die gebruik van Afrikatale beklemtoon (Swahili).
•    Gesondheidsdienste is in albei lande verbeter.
•    Onderwys en geletterdheid is verbeter in albei lande.
•    Tanzanië het navorsingsentra ingelyf in nuut gestigte universiteite.
•    Tanzanië het onderwys gebruik om die nasionale etos, ideologie en filosofie asook
     die beginsels van ŉ nuwe samelewing te stig (gebaseer op die konsep van sosiale
     geregtigheid).
•    Tanzanië se staatsradio en televisie het slegs Tanzaniese musiek uitgesaai.
•    Die Kongo het tradisionele Kongolese inheemse musiek onderdruk.
•    Enige ander relevante respons

GEVOLGTREKKING:

Kandidate moet hul argument opsom met ŉ relevante gevolgtrekking.
                                                                                           [50]

                                             16

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                      10791/17

VRAAG 6

BURGERLIKE SAMELEWINGSPROTES VAN DIE 1950’S TOT DIE 1970’S – DIE
BURGERREGTE BEWEGING.

[Beplan en konstrueer ŉ oorspronklike argument gebaseer op relevante bewyse deur gebruik te
maak van analitiese en interpretasie vaardighede.]

SAMEVATTING:

Kandidate moet aandui of hulle saamstem of nie met die stelling. Deur saam te stem met die
stelling moet hulle die verskillende vorms van protes deur siviele ongehoorsaamheid bespreek
van 1955 – 1963. Indien hulle nie met die stelling saamstem nie moet hulle, hul argument staaf.

HOOFASPEKTE:

Kandidate moet poog om die volgende aspekte in hul antwoord in te sluit.

INLEIDING:

Kandidate moet aandui of hulle saamstem of nie en relevante voorbeelde van die verskillende
vorme van protes deur burgerlike ongehoorsaamheid asook ŉ relevante argument wat aandui of
die verskillende vorms van protes segregasie beëindig het in die VSA.

UITBREIDING:

•    Sleutelkenmerke van oortuigings en aksies van die Burgerregte Beweging
•    ŉ Oortuiging van nie-geweldadige protes deur gebruik te maak van burgerlike
     ongehoorsaamheid
•    Die rol en invloed van Marting Luther King
•    Rosa Parks – Montgomery Busboikot 1955, weiering om haar sitplek aan ŉ witman te
     gee
•    Sy is gearresteer en skuldig bevind aan die oortreding van segregasiewette.
•    ŉ Boikot van die Montgomery bussisteem wat ŉ jaar lank geduur het, die stad wat
     finansiële verliese gelei het (65% van inkomste), verskeie leiers is in hegtenis geneem,
     insluitend Martin Luther King.
•    Die Hooggeregshof verklaar in 1956 dat segregasie op busse teen die grondwet is.
•    Greenborough 1960 ‘Sit-ins’: SNCC student voer ŉ ‘sit-in’ uit by ŉ middagete toonbank
     in ŉ winkel waar swartmense kon koop, maar nie middagete kon geniet nie.
•    Hulle is verneder maar het geweier om te beweeg.
•    Soortgelyke proteste is gehou by ander gesegregeerde geriewe.
•    ‘Kneel-ins’ by kerke, ‘read-ins’ by biblioteke, ‘play-ins’ by stadsparke en ‘wade-ins’ by
     strande.
•    Vryheidsritte: Beide swart en wit aktiviste het op die hoofweë gereis, om integrasie op
     busse te forseer, veral in die suide.
•    Hul hoofdoel was om mediadekking te lok.
•    Hul is aangeval deur woedende witmense (moontlik KKK lede), wat die busse aan die
     brand gesteek het.
•    Hul pogings was suksesvol omdat hulle federale ondersteuning ontvang het en die
     bussisteem gedesegregeer is.
•    Registrasie van James Meredith by die Universiteit van Mississippi

                                              17

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                         10791/17

•    Vryheidsomer van 1964: Veldtog vir Vryheidskole om swart letterkunde en
     geskiedenis te onderrig sowel as om swartmense aan te moedig om te registreer
     om te stem.
•    Gewelddadige reaksie op hul pogings: bomaanvalle op kerke, vryheidsomer
     werkers is aangeval of gearresteer, 6 is vermoor.
•    Burgerregteoptogte: Birmingham Veldtog en Selma Montgomery optog.
•    Kort en Langtermyn Voordele: 1964 – Burgerregte Wet: Segregasie en
     diskriminasie is verban in alle werkplekke en publieke fasiliteite op die basis van ras
     of geslag.
•    1965 – Stemreg Wet: Niemand kon verhoed word om te stem nie as gevolg van
     hulle velkleur nie.
•    Wetlike en wetgewende oorwinnings het nie onmiddelik verander in sosiale en
     ekonomiese transformasie nie.

GEVOLGTREKKING:

Kandidate moet hul argument opsom met ŉ relevante gevolgtrekking.
                                                                                               [50]
                                                                                  TOTAAL: 150

                                                18

## Related documents

- [Grade 12 NSC History P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c) — History · Memo · 2017 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/b9dc10fb-ad07-4300-abc2-a509afb2c30f) — History · QP · 2017 · Afr
- [Gr12 History P1 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p1-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/9c825710-3cb6-41a5-83f1-ec4a4f9c153e) — History · QP · 2021 · Afr
- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-addendum/4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995) — History · Addendum · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans)) 2015 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-2015-preparatory-examination-addendum/46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955) — History · Addendum · 2015 · Afr
- [Grade 12 NSC History P1 Preparatory 2017 Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-preparatory-2017-addendum/7da8bbb8-c55d-4436-ba09-b666876b6115) — History · Addendum · 2017

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — QP · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2024-afrikaans/e7a9d6cf-de1b-4007-b7b2-b4d762b2fa10) — Addendum · 2024 · Afr
- [History P1 Nov 2024 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2024-addendum-eng/df93fb24-73e0-435a-8d91-bce9f456ba2c) — Addendum · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
