# History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2019 Addendum (Afrikaans)

> Grade 12 History Paper 1 addendum from the Gauteng Mock Exam 2019 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-addendum/d8bcd95f-e48c-44e7-aaec-c64361a74d2e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Addendum
- Year: 2019
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2019 Addendum (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-addendum/d8bcd95f-e48c-44e7-aaec-c64361a74d2e)

## About this document

History · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2019 · Afrikaans. Addendum, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

    GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
             VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                     2019
                     10791
                  GESKIEDENIS
                   VRAESTEL 1

                   ADDENDUM

14 bladsye

                                         b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                         GESKIEDENIS ADDENDUM                                      2
                                         (Vraestel 1)                               10791/19

                      GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                              VOORBEREIDENDE EKSAMEN

                                                  GESKIEDENIS – ADDENDUM
                                                  (Vraestel 1)

VRAAG 1: WAAROM HET KUBA DIE FOKUSPUNT VAN DIE KOUE OORLOG TUSSEN
         DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA EN DIE SOWJET UNIE IN DIE
         1960's GEWORD?

BRON 1A

Hierdie bron verduidelik president Eisenhower en president Kennedy van die Verenigde
State van Amerika se reaskie op Kuba se oorgang na kommunisme in die 1960’s.

   ŉ Linkervleuel-gedrewe revolusie in Kuba het in 1959 geëindig met die ontseteling van
   president Fulgencio Batista en die vestiging van ŉ nuwe regering onder Premier Fidel
   Castro. Die Castro-regime het die land se eens sterk bande met die Verenigde State
   vinnig verbreek deur die ekonomiese bates in Kuba te onteien (te neem) en noue bande
   met die Sowjetunie te ontwikkel. Hierdie ontwikkelings was ŉ ernstige bron van kommer
   vir die Verenigde State aangesien Kuba se geografiese ligging aan die Verenigde State,
   Kuba ŉ nuwe en belangrike faktor in die Koue Oorlog gemaak het. In Maart 1960 het
   president Dwight D. Eisenhower die Sentrale Intelligensieagentskap (CIA) aangesê om
   ŉ plan te ontwikkel om Kuba binne te val en die Castro-regime omver te werp. Die CIA
   het ŉ operasie organiseer waarin dit verbanne teen-rewolusionêre Kubane as ŉ
   gewapende vleuel (mag) van die Demokratiese Rewolusionêre Front, bekend as
   Brigade 2506, opgelei en befonds het.

   Ná sy verkiesing in November 1960 het president John F. Kennedy van die invalsplan
   geleer. Hy het tot die gevolgtrekking gekom dat Fidel Castro ŉ Sowjet-kliënt was wat ŉ
   bedreiging vir die hele Latyns-Amerika inhou. Nadat hy met sy adviseurs beraadslag
   het, het hy sy toestemming gegee dat die CIA se klandestine (geheime) inval van Kuba
   kan voortgaan.

   Die mislukte inval het die Kubaanse administrasie se posisie versterk sodat hulle hul
   voornemens om sosialisme aan te neem en nouer bande met die Sowjet-Unie na te
   streef, openlik verkondig het. Dit het ook daartoe gelei dat die Kennedy-administrasie
   hul beleid ten opsigte van Kuba hersien het. Die president het ŉ komitee onder die
   voormalige Weermaghoof van Personeel, generaal Maxwell Taylor, en die prokureur-
   generaal, Robert Kennedy, aangestel om die oorsake van die Bay of Pigs-nederlaag te
   ondersoek.

                                      [Uit https://history.state.gov/milestones/1961-1968/bay-of-pigs
                                                              Toegang op 20 September 2018 verkry.]

                                                                                                        b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                         GESKIEDENIS ADDENDUM                                        3
                                         (Vraestel 1)                              10791/19

BRON 1B

Die onderstaande bron is ŉ uittreksel uit ŉ brief wat Fidel Castro, president van Kuba op 26
Oktober 1962, aan Nikita Khrushchev, die Sowjetpremier, geskryf het. Dit fokus op Castro
se vrees om deur die Verenigde State van Amerika aangeval te word.

   Beste Kameraad Khrushchev

   Gegewe die analise van die situasie en die verslae wat ons bereik het, vind ek ŉ
   aanval binne die volgende 24 tot 72 uur amper onafwendbaar. Daar is twee
   moontlikhede: Die eerste en mees waarskynlike een is ŉ lugaanval teen sekere
   teikens met die beperkte doel om hulle te vernietig; tweedens, alhoewel minder
   waarskynlik, maar steeds moontlik, is ŉ volskaalse inval. Dis sal ŉ groot mag verg en
   is die mees weersinswekkende (onaanvaarbare) vorm van aggressie wat hulle dalk in
   toom kan hou.

   U kan seker wees dat ons hulle met vasberadenheid sal weerstaan, wat ook al die
   geval. Die Kubaanse mense se moraal (selfvertroue) is baie hoog en die mense sal
   aggressie heldhaftig (vreesloos) konfronteer.

   Ek wil graag kortliks my eie opinie lewer.

   As die tweede moontlikheid plaasvind en die imperialiste Kuba binneval met die doel
   om dit te beset, dan moet die gevare van hul aggressiewe beleid so groot wees dat
   ná so inval die Sowjetunie nooit omstandighede kan toelaat waarin die imperialiste ŉ
   kernaanval teen hulle sal uitvoer nie.

   Ek vertel jou dit omdat ek glo dat die imperialiste se aggressie hulle uiters gevaarlik
   maak. En dat indien hulle daarin slaag om Kuba binne te val – ŉ wrede daad
   teenstrydig met die universele morele wetgewing – dit dan die oomblik sou wees om
   dié gevaar uit regverdigbare selfverdediging, vir altyd te elimineer. Al is die oplossing
   hoe moeilik en verskriklik, sal daar geen ander opsie wees nie.

   ...

   In Broederskap,

   Fidel Castro

                                           [Uit http://www.cubanet.org/htdocs/ref/dis/10110201.htm
                                                            Toegang op 25 September 2018 verkry.]

                                                                                                         b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                          GESKIEDENIS ADDENDUM                                       4
                                          (Vraestel 1)                              10791/19

BRON 1C

Die bron hieronder toon President Kennedy aan die linkerkant van die heining en president
Khrushchev aan die regterkant daarvan. Dit is getiteld 'OOR DIE TUINMUUR' en toon aan
dat beide leiers hul 'Wenke om te snoei' lees.

                               TURKYE
                               ye

                                   Wes Duitsland

                                                                 Wenke om
                                                                 te snoei

                                                                                    KUBA

               Wenke om
               te snoei

                                 OOR DIE TUINMUUR
                               [Uit https://punch.photoshelter.com/gallery-image/Cold-War-Cartoons
                                                              Toegang op 22 Augustus 2018 verkry.]

                                                                    President
        President                                                   Khrushchev
        Kennedy

                                                                                                         b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                             GESKIEDENIS ADDENDUM                                       5
                                             (Vraestel 1)                              10791/19

BRON 1D

Die uittreksel hieronder beskryf die Verenigde State van Amerika se reaksie op die
ontplooiing van die Sowjet-missiele na Kuba.

      Die president het daardie middag sy besluit ten gunste van die blokkade geneem.
      Daar was een finale vergadering die volgende oggend saam met generaal Walter
      C Sweeney Jr, hoof van Taktiese Lugbeheer. Hy het aan die president gesê dat
      selfs ŉ verrassingsaanval nie met sekerheid al die missiel- en kernbasisse in Kuba
      sou vernietig nie. Dit het die bietjie voldurende twyfel wat dalk nog in sy gedagtes
      gehang het, beëindig. Dit het hom gepla dat die blokkade nie die missiele sou
      verwyder nie – nou was dit duidelik dat ŉ aanval ook nie die taak sou voltooi nie.

      Die sterkste argument teen die volskaalse militêre aanval – en [wat] niemand
      bevredigend kon motiveer nie – was dat ŉ verrassingsaanval die morele posisie
      van die Verenigde State in die wêreld sou verswak, of selfs vernietig.

      Adlai Stevenson het Saterdag van New York gekom om die vergadering die
      middag by te woon, aangesien hy verskeie van die EXCOMM vergaderings
      bygewoon het. Hy was altyd onseker oor die lugaanval, maar tydens die
      Saterdag-vergadering was hy sterk ten gunste van wat hy ŉ paar dae tevore
      tentatief (voorlopig) aan my voorgestel het – naamlik dat ons dit duidelik aan die
      Sowjet-Unie moet maak dat indien hulle hul missiele uit Kuba onttrek, ons gewillig
      sou wees om ons missiele vanuit Turkye en Italië te onttrek en ons vlootbasis in
      Guantanamo Baai op te gee.

                     [Uit Thirteen Days, A Memoir of the Cuban Missile Crisis, deur Robert F. Kennedy
                                                             Toegang op 23 September 2018 verkry.]

                                                                                                            b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                          GESKIEDENIS ADDENDUM                                          6
                                          (Vraestel 1)                                10791/19

VRAAG 2: WATTER IMPAK HET DIE SLAG VAN CUITO CUANAVALE OP SUID-
         AFRIKA GEHAD?

BRON 2A

Die bron hieronder fokus op die 20ste herdenking van die Slag van Cuito Cuanavale. Dit het
in die Mail and Guardian verskyn en is op 11 Julie 2007 deur Piero Gleijeses geskryf.

     Generaal Magnus Malan skryf in sy memoirs dat hierdie veldtog ŉ groot oorwinning
     vir die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) was. Maar Nelson Mandela het verskil:
     Cuito Cuanavale, het hy verklaar, "was die draaipunt vir die bevryding van ons
     vasteland en my volk, van die boosheid van apartheid".

     Debat oor die belangrikheid van die Slag van Cuito Cuanavale het intens geword,
     deels omdat die relevante Suid-Afrikaanse dokumente steeds geklassifiseer bly.
     Ek was egter in staat om dokumente van die geslote Kubaanse argiewe sowel as
     baie Amerikaanse dokumente te bestudeer. Ten spyte van die ideologiese skeiding
     tussen Havana en Washington, vertel hul verslae ŉ merkwaardig soortgelyke
     verhaal.

     In Julie 1987 het die Angolese weermag (FAPLA) ŉ groot offensief in die suidooste
     van Angola teen Jonas Savimbi se magte geloods. Toe die offensief begin slaag
     het, het die SAW, wat die onderste gebiede van suidwestelike Angola beheer het, in
     die suidooste ingegryp. Teen die begin van November het die SAW elite Angolese
     eenhede by Cuito Cuanavale vasgekeer en was hulle gereed om hulle (die
     Angolese) te vernietig. Die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies het daarop
     aangedring dat die SAW onvoorwaardelik uit Angola onttrek, maar die Reagan-
     administrasie het seker gemaak dat die eis nie tande het nie. Die VSA se Assistent-
     Sekretaris vir Afrika, Chester Crocker, het Pretoria se ambassadeur gerusgestel:
     "Die resolusie het nie ŉ oproep tot omvattende sanksies gehad nie en het geen hulp
     verleen aan Angola nie."

                                   [Uit https://mg.co.za/article/2007-07-11-cuito-cuanavale-revisited
                                                             Toegang op 21 September 2018 verkry.]

                                                                                                            b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                         GESKIEDENIS ADDENDUM                                        7
                                         (Vraestel 1)                               10791/19

BRON 2B

Hierdie bron fokus op die redes waarom Kuba by die Angolese Burgeroorlog betrokke
was.

     Suid-Afrika se inval in Angola het Kuba aangespoor om op te tree ter
     ondersteuning van die MPLA. In ŉ nuuswaardige Barbara Walters-onderhoud in
     1977 het Castro gesê dat toe Suid-Afrikaanse troepe Angola binnegeval het op
     23 Oktober 1975, Kuba ŉ besluit moes neem. ‘Of ons sal sit en niks doen nie, en
     Suid-Afrika sal Angola oorneem, of ons sal ŉ poging aanwend om te help. Dit was
     die oomblik. Op 5 November het ons besluit om die eerste militêre eenheid na
     Angola te stuur om teen die Suid-Afrikaanse troepe te veg.’

     Castro het sy ambisieuse plan die kodenaam, Operasie Carlota, gegee – vernoem
     na ŉ Afro-Kubaanse slavin wat in 1843 ŉ opstand in Kuba geloods het. Oor die
     volgende jaar het hy ŉ geraamde 36 000 troepe na Angola gestuur en daardie
     getal sou eksponensieel (vinnig) groei. Van die begin af was die Kubane goed
     bewapen. Alhoewel Castro volgehou het dat ‘die Sowjetunie nie versoek het dat ŉ
     enkele Kubaanse soldaat na Angola gestuur word nie’, het die Sowjetunie aan
     Kuba en die MPLA ŉ ‘groot hoeveelheid wapens’, insluitende vuurwapens, tenks,
     vuurpyle, helikopters en MiG-vegvliegtuie om kommunisme te verdedig, voorsien.

     Toe Kuba se gewapende teenwoordigheid in Angola laat in 1975 aan president
     Gerald Ford bekend geword het, het die Sekretaris van Buitelandse Sake, Henry
     Kissinger, dadelik Amerika se afkeur aangekondig, en Casto aanbeveel dat ŉ
     ‘beleid van versoening (vrede) tussen die Verenigde State en Kuba, nie …
     gewapende Kubaanse intervensie (tussentrede) in die sake van ander nasies wat
     sukkel om hule eie lot te bepaal … sou oorleef nie.’ Meer as enige ander kwessie,
     sou Kuba se betrokkenheid by die ontluikende (eskalerende) Angolese
     Burgeroorlog ŉ groot rol in die verlammende Kuba-Verenigde State verhoudings
     vir die komende jaar speel.

                               [Uit http://www.historynet.com/cuban-fighters-angolas-civil-war.htm
                                                           Toegang op 21 September 2018 verkry.]

                                                                                                         b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                           GESKIEDENIS ADDENDUM                                          8
                                           (Vraestel 1)                               10791/19

BRON 2C

Die onderstaande bron fokus op die verskillende sienings oor wie die Slag van Cuito
Cuanavale gewen het.

     Een denkrigtig is dat Suid-Afrika se besluit om aan te val, deur hul voorneme om
     UNITA te red beïnvloed is asook hulle begeerte om die dorp Cuito Cuanavale (deur
     oorname van die lugmagbasis) in te neem. Daar word geargumenteer dat die
     optrede van die SAW voor 23 Maart 1988 duidelike bewyse is van hul
     vasberadenheid om tot die dorp deur te breek. Die SAW-magte het Cuito Cuanavale
     met massiewe 155 mm grofgeskut G-5 gewere aangeval, en aanval ná aanval
     geloods onder leiding van die 61 Gemeganiseerde bataljon, 32 Buffelbataljon en
     later die 4de SA Infanterie-groep. Volgens hierdie siening het die SAW se intensies
     misluk en is hulle suksesvol deur die gesamentlike Angolese magte gestop.

     Die tweede denkrigting hou vol dat die SAW slegs beperkte doelwitte gehad het,
     naamlik om die vyand by Cuito Cuanavale te stop, om te voorkom dat die
     landingstrook gebruik word, en om dan terug te val. Teen hierdie tyd het die Suid-
     Afrikaanse regering reeds die politieke verandering in Rusland en die einde van die
     Koue Oorlog erken. Generaal Jannie Geldenhuys, hoof van die SAW, het gesê die
     belangrikste stryd in die veldtog was toe die Kubane by die Lomba-rivier verslaan is,
     en dat Cuito Cuanavale net deel van ŉ skoonmaak-operasie ná hierdie slag was.
     Hierdie siening is ook deur genl. Magnus Malan, destydse Suid-Afrikaanse Minister
     van Verdediging ondersteun. Hierna was die SAW se voorneme om te keer dat
     Mavinga oorgeneem word en om sodoende aanvalle op Jamba te voorkom. Dit is
     suksesvol bereik.

     Dit kan nie betwis word dat die Slag van Cuito Cuanavale, of dit ŉ taktiese terugval
     deur die SAW of ŉ oorwinning deur Angolese magte was, ŉ keerpunt was wat ŉ
     einde aan die grensoorlog gebring het nie. Ook nie dat dit tot die
     vredesonderhandelinge wat die onttrekking van die SAW, MK en die Kubaanse
     magte uit Angola en Namibië tot gevolg gehad het en tot die onafhanlikheid van
     Namibië gelei het nie.

                                   [Uit https://www.sahistory.org.za/topic/battle-cuito-cuanavale-1988
                                                             Toegang op 21 September 2018 verkry.]

                                                                                                             b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                               GESKIEDENIS ADDENDUM                                      9
                                               (Vraestel 1)                               10791/19

BRON 2D

Die foto hieronder wys president FW de Klerk in gesprek met Sam Nujoma, die nuutverkose
president van Namibië op 21 Maart 1990 (Onafhanklikheidsdagviering).

      [Uit https://www.gettyimages.ae/detail/news-photo/south-african-president-fw-de-klerk-converses-
      with-new-news-photo/164615211#/south-african-president-fw-de-klerk-converses-with-new-
      namibian-sam-picture-id164615211 Toegang op 21 September 2018 verkry.]

            SAM NUJOMA
                                                                          FW DE KLERK

                                                                                                             b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                         GESKIEDENIS ADDENDUM                                         10
                                         (Vraestel 1)                                10791/19

VRAAG 3: HOE SUKSESVOL WAS DIE SWARTMAGBEWEGING OM SEGREGASIE IN
         DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA IN DIE 1960's TE BEËINDIG?

BRON 3A

Hierdie bron verduidelik die redes wat tot die ontstaan van die Swartmagbeweging in die
Verenigde State van Amerika in die 1960's gelei het.

      Liggame soos die Swartkunsbeweging, die ‘Student Non-violent Coordinating
      Committee’ en die Black Panther Party het in die kulturele, politiese en
      ekonomiese programme wat hulle voorgestel en ontwikkel het, aan die
      Swartmagbeweging uitting gegee. Saam het hierdie organisasies miljoene swart
      mense gewerf.

      Die honderde ghetto-opstande van die 1960's was ŉ belangrike keerpunt in die
      swart weerstand. Tydens die eerste golf van onrus in die 1960's het groot
      opstande ontvou na dr. Martin Luther King se sluipmoord op 4 April 1968. Die
      tweede golf was nog tweehonderd opstande in 172 stede.

      Binne hierdie konteks is golf na golf swart jeugdiges wat plaaslike outonomie
      (selfbestuur) geëis het, deur die Swartmag-slagspreuk gemobiliseer (in beweging
      gebring). ŉ Derde golf jeugdige aktiviste het na die vyfhonderd
      rassekonfrontasies in 1969 by die swart weerstand aangesluit. Dit was die
      gewelddadigste uitdrukking van etniese konflik en het die Swartbewussyn gevorm
      en die vraag na Afro-Amerikaanse selfbeskikking versprei.

      Namate die opstande van stad tot stad en staat tot staat versprei het, het ŉ nuwe
      generasie Swartmag-organisasies ontstaan met ŉ duidelike siening (perspektief)
      oor die betekenis van Swartmag. Dit het die effektiwiteit van hul benadering tot
      swart bevryding getoets en hulself as die ware erfgename (opvolgers) van
      Malcolm X verklaar. Malcolm X was van mening dat swart Amerikaners as ŉ
      interne kolonie van die Verenigde State swaargekry het en het op swart
      selfbeskikking aangedring.

                                 [Uit http://exhibitions.nypl.org/africanage/essay-black-power.html
                                                           Toegang op 21 September 2018 verkry.]

                                                                                                       b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                              GESKIEDENIS ADDENDUM                                          11
                                              (Vraestel 1)                                10791/19

BRON 3B

Die onderstaande bron fokus op die rol en impak van die Black Panther Party.

     Die Black Panther Party vir Selfverdediging, later bekend as die Black Panther
     Party, het in die laat 1960's tydens ŉ keerpunt in die Swartmagbeweging na vore
     getree toe die fokus van die Burgerregtebeweging se stryd in die suide na
     Swartmag in die noorde gedraai het. Die doel was om van nie-gewelddadige protes
     na ŉ rewolusie te beweeg.

     Die Black Panthers het die prominentste (noemenswaardigste) ikoon van Swartmag
     geword, en was regdeur die Verenigde State en die wêreld bekend vir hul militante
     toewyding en rewolusionêre politiek. Binne ŉ kort aantal jare het die party ŉ aktiewe
     lidmaatskap van in die duisende gehad en ŉ aanhang (gevolg) wat selfs nog groter
     was.

     Die weeklikse Black Panther Newspaper het op sy hoogtepunt ŉ sirkulasie van ŉ
     kwartmiljoen kopieë gehad. Teen Mei 1969 het net die Chicago faksie (afdeling)
     elke week 8 000 eksemplare verkoop – dit het vinnig na 15 000 gestyg. Volgens ŉ
     meningspeiling in 1970 het 25 persent van die Afro-Amerikaners groot respek vir die
     Black Panthers gehad. Hiervolgens het 43 persent swart mense onder 21 en 5 uit
     elke 6 Afro-Amerikaners met die Black Panthers saamgestem dat swart mense
     moes verenig om hulself te verdedig.

     Die Black Panther Party het net so vinnig ineengestort toe die organisasie ŉ volle
     aanval van staatsonderdrukking en geweld ervaar het. Hulle was vasgevang in
     politieke debat en konflik kenmerkend van talle rewolusionêre bewegings van die
     tyd.

     Sedertdien is baie boeke en flieks gepubliseer wat probeer het om die Black
     Panther Party se nalatenskap te definieer. Sommige het die uitdruklike doel gehad
     om die Black Panther Party as gewelddadig te beswadder en dat hulle vir hul eie
     vernietiging verantwoordelik was.

                   [Uit https://socialistworker.org/2016/11/03/revolutionary-legacy-of-the-black-panthers
                                                                 Toegang op 21 September 2018 verkry.]

                                                                                                             b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                              GESKIEDENIS ADDENDUM                                    12
                                              (Vraestel 1)                             10791/19

BRON 3C

Die onderstaande spotprent beeld COINTELPRO, (Counter Intelligence Programme) [Teen-
Intelligensieprogram] uit. Dit het ŉ reeks aanvalle op die Black Panther Party geloods.

           [Uit http://allpower.wordpress.com/teaching/teaching-essays.2017/how-did-the-mainstream-
                                                                  media-potray-the-panthers-respond
                                                              Toegang op 21 September 2018 verkry.]

                 FEDERAL BUREAU OF INVESTIGATION [FBI]
                 (FEDERALE BURO VAN ONDERSOEK)

                                                                                                       b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                               GESKIEDENIS ADDENDUM                                       13
                                               (Vraestel 1)                               10791/19

BRON 3D

Die onderstaande bron verduidelik hoe die Federale Buro van Ondersoek (FBI) die
‘inkleurboek’ gebruik het om die Black Panther Party onder verdenking (in diskrediet) te bring.

  Die Black Panther Inkleurboek is ŉ aaklige voorbeeld van die taktiek wat die Federale
  Buro van Ondersoek (FBI) gebruik het om die wettige opposisie te smoor en het die
  burgerregte van die politieke groepe waarvan die VSA-regering nie gehou het nie,
  geskend. Nixon se Withuis het die anti-oorlogbeweging, die Burgerregte beweging en
  die Black Panther Party vir ontwrigting geteiken. Hulle het op-kampus informante gebruik
  om (die groepe) te infiltreer en in baie gevalle om wettige protesaksies en aktivisme te
  ontwrig.

  Hierdie inkleurboek, wat volgens bewering vanaf die Black Panther Party gekom het, is
  inderwaarheid deur die FBI Hoofkantore verwerp toe ŉ man dit vir hulle gebring het. Dit
  het later uitgekom dat hy verbintenisse met intelligensie gehad het. Die FBI het hulle
  min daaraan gesteur dat die Black Panther Party die inkleurboek afgryslik gevind het en
  het self meer beledigende illustrasie bygevoeg en die boek met massa-versending
  regoor Amerika versprei. Dit het die wit populasie so kwaad gemaak dat hulle opgehou
  het om na die geldige klagtes van swart mense te luister.

  Terwyl daar volgehou kan word dat so ŉ aksie tegnies nie die Black Panther Party se
  vryheid van spraak geskend het nie en al het dit mense se gewilligheid om te luister
  gesaboteer, dit duidelik is dat so verdelende daad die regte van mense – swart en wit –
  om vreedsaam te vergader, geskend het.

                     [Uit https://socialistworker.org/2016/11/03/revolutionary-legacy-of-the-black-panthers
                                                                 Toegang op 21 September 2018 verkry.]

                                                                                                              b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                          GESKIEDENIS ADDENDUM                           14
                                          (Vraestel 1)                        10791/19

ERKENNINGS

Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:

Kennedy, R.F. 1968. Thirteen Days, A Memoir of the Cuban Missile Crisis (McCall
Corporation, New York)

http://allpower.wordpress.com/teaching/teaching-essays.2017/how-did-the-mainstream-
media-potray-the-panthers-respond

http://exhibitions.nypl.org/africanage/essay-black-power.html

http://www.cubanet.org/htdocs/ref/dis/10110201.htm

https://www.gettyimages.ae/detail/news-photo/south-african-president-fw-de-klerk-
converses-with-new-news-photo/164615211#/south-african-president-fw-de-klerk-
converses-with-new-namibian-sam-picture-id164615211

http://www.historynet.com/cuban-fighters-angolas-civil-war.htm

https://history.state.gov/milestones/1961-1968/bay-of-pigs

https://mg.co.za/article/2007-07-11-cuito-cuanavale-revisited

https://punch.photoshelter.com/gallery-image/Cold-War-Cartoons/G0000FF70D40KNvU

https://socialistworker.org/2016/11/03/revolutionary-legacy-of-the-black-panthers

https://www.sahistory.org.za/topic/battle-cuito-cuanavale-1988

https://www.socialistworker.org/2016/11/03/revolutionary-legacy-of-the-black-panthers

                                            EINDE

## Related documents

- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-addendum/4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995) — History · Addendum · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC History P2 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-addendum/4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed) — History · Addendum · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans)) 2015 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-2015-preparatory-examination-addendum/46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955) — History · Addendum · 2015 · Afr
- [Gr12 History P1 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p1-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/9c825710-3cb6-41a5-83f1-ec4a4f9c153e) — History · QP · 2021 · Afr
- [History P1 Nov 2019 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2019-addendum-afr/391dd3f5-321e-4706-b9f0-e56fd90242a9) — History · Addendum · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC History P1 Preparatory 2017 Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-preparatory-2017-addendum/7da8bbb8-c55d-4436-ba09-b666876b6115) — History · Addendum · 2017

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 History P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-history-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
