# History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2016 Question Paper (Afr)

> Grade 12 History Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2016 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-10792-afrikaans-preperatory-2016-question-paper/373f3afc-1948-47e8-8816-6f363639204b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2016 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-10792-afrikaans-preperatory-2016-question-paper/373f3afc-1948-47e8-8816-6f363639204b)

## About this document

History · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2016 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

            GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                     VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                                    2016
                                    10792
                               GESKIEDENIS
                          TWEEDE VRAESTEL

TYD:       3 uur

PUNTE:     150

9 bladsye + ŉ addendum van 13 bladsye

       3

                                                 b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                       GESKIEDENIS                                    2
                                       (Tweede Vraestel)                   10792/16

                       GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                             VOORBEREIDENDE EKSAMEN

                                               GESKIEDENIS
                                               (Tweede Vraestel)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die voorgeskrewe
     raamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

     AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

     VRAAG 1: BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA

     VRAAG 2: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
              AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

     VRAAG 3: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ŉ NUWE WÊRELDORDE

     AFDELING B: OPSTELVRAE

     VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA: DIE
              KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s

     VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
              AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

     VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE
              WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989

2.   AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat benodig
     word om hierdie vrae te beantwoord kan in die ADDENDUM gekry word.

3.   AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.   Beantwoord die DRIE vrae soos volg:

     4.1.   Ten minste EEN moet ŉ brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN
            moet ŉ opstelvraag wees.

     4.2.   Die DERDE vraag kan of ŉ brongebaseerde vraag of ŉ opstelvraag wees.

5.   Dit word aanbeveel dat jy minstens EEN uur aan elke vraag spandeer.

6.   In die beantwoording van die vrae moet kandidate hulle kennis, vaardighede en
     insig gebruik.

7.   Die blote oorskryf van bronne as antwoorde sal die kandidaat benadeel.

8.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik word.

9.   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                      b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                   GESKIEDENIS                                   3
                                                   (Tweede Vraestel)             10792/16

AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, uit hierdie afdeling.
Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord, is in die ADDENDUM
vervat.

VRAAG 1:      HOE HET DIE FILOSOFIE VAN DIE SWART BEWUSSYN SUID-
              AFRIKAANSE STUDENTE BEÏNVLOED IN DIE 1970’s?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1   Verwys na Bron 1A.

      1.1.1   Wat, volgens Ramphele, was die doel van die “vormingskole” ?              (1x1)        (1)

      1.1.2   Lys enige TWEE plekke in Suid-Afrika, genoem in die bron, waar SASO
              takke gevestig was.                                                 (2x1)              (2)

      1.1.3   Lewer kommentaar oor die impak wat die vormingskole gehad het op swart
              Suid-Afrikaanse jeug in die 1970’s.                                (2x2)               (4)

      1.1.4   Noem enige TWEE leiers, geïdentifiseer in die bron, wat van die
              vormingskole gegradueer het.                                              (2x1)        (2)

      1.1.5   Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoekom ŉ
              geskiedkundige hierdie inligting bruikbaar sou vind indien hy / sy die rol van
              SASO in die 1970’s ondersoek.                                              (2x2)       (4)

1.2   Bestudeer Bron 1B.

      1.2.1   Definieer die term Swart Bewussyn in jou eie woorde.                      (1x2)        (2)

      1.2.2   Haal TWEE bewysstukke aan, uit die bron, wat aandui dat die getal swart
              Suid-Afrikaanse studente by sekondêre skole gestyg het tussen 1950 en
              1975.                                                                (2x1)             (2)

      1.2.3   Lys TWEE uitdagings wat swart Suid-Afrikaanse studente uit Soweto
              ondervind het.                                                            (2x1)        (2)

      1.2.4   Lewer kommentaar oor die rol wat Onkogopotse Tiro gespeel het, in die
              verspreiding van idees van die Swart Bewussyn tussen die studente in die
              1970’s.                                                               (2x2)            (4)

                                                                                                 b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                  GESKIEDENIS                                 4
                                                  (Tweede Vraestel)           10792/16

1.3   Verwys Bron 1C.

      1.3.1   Verduidelik watter boodskap oorgedra word deur die foto.                (2x2)       (4)

      1.3.2   Lewer kommentaar oor hoekom die foto deur Sam Nzima so wyd versprei
              was.                                                            (2x2)               (4)

1.4   Gebruik Bron 1D.

      1.4.1   Lys enige TWEE simbole, genoem in die bron wat die apartheidsregering
              verteenwoordig het, wat aan die brand gesteek was, deur die studente na
              die 16 Junie 1976 opstand.                                           (2x1)          (2)

      1.4.2   Hoe, volgens die bron, het die apartheidspolisie gereageer op die aksies van
              die studente van Soweto?                                               (1x1)        (1)

      1.4.3   Verduidelik hoekom jy dink dat die studente-opstand wat plaasgevind het in
              Soweto na ander dele uit Suid-Afrika versprei het.                   (2x2)          (4)

1.5   Bestudeer Bronne 1C en 1D. Verduidelik hoe die bronne mekaar ondersteun in
      terme van die metodes wat die apartheidspolisie gebruik het teen die swart Suid-
      Afrikaanse studente in 1976.                                                   (2x2)        (4)

1.6   Gebruik die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ paragraaf van ongeveer
      agt reëls (80 woorde) waarin jy verduidelik hoe die filosofie van die Swart Bewussyn
      Suid-Afrikaanse studente beïnvloed het in die 1970’s.                                   (8)
                                                                                              [50]

                                                                                              b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                   GESKIEDENIS                                  5
                                                   (Tweede Vraestel)            10792/16

VRAAG 2:      WAS DIE WAARHEIDS- EN VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
              SUKSESVOL IN SY POGING OM VERSOENING TE BRING IN SUID-
              AFRIKA?

Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1   Verwys na Bron 2A.

      2.1.1   Hoekom, volgens die bron, is die WVK gestig?                             (2x1)        (2)

      2.1.2   Hoe het die komitee oor die Skending van Menseregte hulle werk gedoen?
                                                                                  (1x1)             (1)

      2.1.3   Definieer die volgende konsepte in jou eie woorde:

              (a)   Rehabilitasie                                                      (1x2)        (2)
              (b)   Herstellende Geregtigheid                                          (1x2)        (2)

      2.1.4   Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoekom
              die meeste van die getuienisse wat gehoor was, die van vroue was.         (1x2)       (2)

2.2   Bestudeer Bron 2B.

      2.2.1   Hoekom dink jy het die Daily Dispatch koerant besluit om hierdie artikel te
              publiseer?                                                           (1x2)            (2)

      2.2.2   Wat, volgens die bron, was die hoofrede vir die chaos wat by die WVK-
              verhoor uitgebreek het in New Brighton?                               (1x2)           (2)

      2.2.3   Hoe, volgens die bron, het Mev Mtimkulu en haar twee kinders gereageer
              toe Generaal van Rensburg sy getuienis gegee het by die WVK verhoor in
              New Brighton?                                                       (2x1)             (2)

      2.2.4   Volgens die bron, watter DRIE lede van die veiligheidspolisie was
              verantwoordelik vir die ontvoering en moord van Siphiwo Mtimkulu?        (3x1)        (3)

      2.2.5   Verduidelik hoe Generaal van Rensburg se getuienis by die WVK-verhoor in
              1997 verskil van die een wat hy in 1991 by die Harms Kommissie gegee het.
                                                                                  (2x2)             (4)

                                                                                                b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                  GESKIEDENIS                                  6
                                                  (Tweede Vraestel)            10792/16

2.3   Gebruik Bron 2C.

      2.3.1   Hoekom was F.W. de Klerk onseker oor Desmond Tutu se aanstelling as die
              voorsitter van die WVK?                                           (1x2)              (2)

      2.3.2   Gebruik die inligting van die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoekom
              jy dink F.W. De Klerk nie aansoek gedoen het vir amnestie nie.
                                                                                       (2x2)       (4)

      2.3.3   Lewer kommentaar oor die bruikbaarheid van die inligting in die bron vir ŉ
              geskiedkundige wat die WVK se poging om versoening te bring, ondersoek.
                                                                                   (2x2)           (4)

2.4   Raadpleeg Bron 2D.

      2.4.1   Verduidelik die boodskap wat deur die spotprent oorgedra word. Gebruik die
              visuele leidrade om jou antwoord te ondersteun.                     (2x2)            (4)

      2.4.2   Hoekom, dink jy, het die Nasionale Party geweier om ŉ volle bekendmaking
              te gee by die WVK-verhore?                                         (1x2)             (2)

2.5   Bestudeer Bronne 2A en 2D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2C die bewyse in
      Bron 2D ondersteun in terme van F.W. de Klerk se siening oor die WVK.       (2x2)            (4)

2.6   Gebruik die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ paragraaf van ongeveer
      agt reëls (80 woorde) waarin jy verduidelik of die Waarheid- en
      Versoeningskommissie (WVK) suksesvol was in sy poging om versoening te bring in
      Suid-Afrika.                                                                             (8)
                                                                                               [50]

                                                                                               b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                   GESKIEDENIS                                  7
                                                   (Tweede Vraestel)            10792/16

VRAAG 3:      WATTER IMPAK HET GLOBALISERING GEHAD OP SUID-AFRIKA NA
              1994?

Bestudeer Bronne 3A, 3B, 3C en 3D en antwoord die vrae wat volg.

3.1   Bestudeer Bron 3A.

      3.1.1 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis, en definieer die konsep
            globalisering.                                                              (1x2)       (2)

      3.1.2 Wat, volgens die bewyse in die bron, was die TWEE resultate van
            globalisering?                                                             (2x1)
                                                                                                    (2)

      3.1.3 Hoe dink jy het internasionale besighede soos McDonald’s en Starbucks ...

              (a)   minder ekonomiese ontwikkelende lande kon help?                    (1x2)        (2)
              (b)   minder ekonomiese ontwikkelende lande kon uitbuit?                 (1x2)        (2)

      3.1.4 Verduidelik hoekom jy dink McDonald’s is ŉ voorbeeld van ŉ multi-nasionale
            korporasie.                                                            (1x2)            (2)

      3.1.5 Haal bewyse uit die bron aan wat die rol van ŉ minder ekonomies
            ontwikkelende land beklemtoon in ŉ geglobaliseerde ekonomie.               (2x1)        (2)

3.2   Konsulteer Bron 2B.

      3.2.1   Wat, volgens die bron, was verantwoordelik vir Suid-Afrika se ekonomiese
              en sosiale chaos?                                                     (1x1)           (1)

      3.2.2   Lys enige TWEE redes uit die bron wat voorstel dat Internasionale Finansiële
              Institusies besluit het om betrokke te raak in Suid-Afrika se ekonomie na
              1989.                                                                    (2x1)        (2)

      3.2.3   Gee die name van die TWEE Internasionale Finansiële Institusies wat
              gebaat het by die globalisering van Suid-Afrika se ekonomie na die 1990’s.
                                                                                     (2x1)          (2)

      3.2.4   Lewer kommentaar oor hoekom jy dink die Suid-Afrikaanse regering besluit
              het om die Heropbou- en Ontwikkelingsprogram (HOP) in te stel na 1994.
                                                                                  (2x2)             (4)

      3.2.5   Gebruik die inligting in die bron asook jou eie kennis om te verduidelik
              hoekom die Suid-Afrikaanse regering besluit het om die HOP te verruil vir
              GEAR (Groei, Werkverskaffing en Herverdeling).                           (2x2)        (4)

                                                                                                b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                   GESKIEDENIS                                  8
                                                   (Tweede Vraestel)            10792/16

3.3   Gebruik Bron 3C.

      3.3.1   Lys TWEE alliansievennote wat in die spotprent uitgebeeld word.          (2x1)        (2)

      3.3.2   Verduidelik die boodskap wat oorgedra word in die spotprent. Gebruik die
              visuele leidrade in die spotprent om jou antwoord te ondersteun.   (2x2)              (2)

3.4   Verwys na Bronne 3B en 3C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3B en Bron 3C
      mekaar ondersteun ten opsigte van die ANC se ekonomiese beleid na 1996.       (2x2)           (4)

3.5   Lees Bron 3D.

      3.5.1   Verduidelik hoe Mark Malloch Brown ongelykheid beskryf.                  (1x2)        (2)

      3.5.2   Wat, volgens die bron, was die inkomstegaping tussen die ryk en arm lande?
                                                                                    (1x1)           (1)

      3.5.3   Lewer kommentaar oor hoekom ŉ geskiedkundige die inligting in die bron as
              bruikbaar sou vind indien hy / sy die effek van globalisasie op ontwikkelende
              lande bestudeer.                                                          (2x2)       (4)

3.6   Gebruik die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ paragraaf van ongeveer
      agt reëls (80 woorde) waarin jy verduidelik wat die impak van globalisering op Suid-
      Afrika is na 1994.                                                                        (8)
                                                                                                [50]

                                                                                                b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                            GESKIEDENIS                                       9
                                            (Tweede Vraestel)                     10792/16

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar NIE meer as TWEE vrae nie, uit hierdie
afdeling.

Jou opstel behoort ongeveer DRIE bladsye lank te wees.

VRAAG 4:      BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA: DIE KRISIS
              VAN APARTHEID IN DIE 1980's

PW Botha se skepping van die Driekamerparlementregeringstelsel het gedien as die
vonk vir ŉ nuwe vlaag van massaverset in Suid-Afrika in die 1980’s.

Stem jy saam met die stelling? Staaf jou argumentslyn deur te fokus op die opkoms van
interne massaweerstand teen PW Botha se hervormings.                                          [50]

VRAAG 5:      DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
              AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

Dit is baie raar om mag vrywilliglik prys te gee en vir ŉ groep om hulleself uit mag uit te
onderhandel. Nietemin is dit wat gebeur het tussen 1990 en 1994 in Suid-Afrika.

In die konteks van die bogenoemde stelling, bespreek krities die proses van
onderhandelinge in Suid-Afrika tussen 1990 en 1994.                                           [50]

VRAAG 6:      DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE WÊRELDORDE: DIE
              GEBEURE VAN 1989

Verduidelik tot watter mate die disintegrasie van die Sowjet-Unie bygedra het tot die
politiese veranderinge wat in Suid-Afrika plaasgevind het na 1989.

Ondersteun jou argumentslyn met relevante bewyse.                                             [50]

                                                                                   TOTAAL:    150

                                              EINDE

## Related documents

- [Gr12 History P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01) — History · QP · 2021 · Afr
- [Grade 12 NSC History P2 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-addendum/4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed) — History · Addendum · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC History P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c) — History · Memo · 2017 · Afr
- [Gr12 HIST P2 S16 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-hist-p2-s16-qp-eng/f7730ddc-8b15-401a-a609-87d42709fe80) — History · QP · 2016 · Eng
- [History P2 Feb March 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-feb-march-2016-afr/901c249b-624d-4511-bef8-ab7afe9f9bab) — History · QP · 2016 · Afr
- [Grade 12 NSC History P2 Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-preparatory-2017-question-paper/badeb23c-1096-472f-a56c-66498abe1e7b) — History · QP · 2017

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
