# History Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2015 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 History Paper 2 memorandum from the Gauteng Mock Exam 2015 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-2015-preparatory-examination-possible-answers/ab97b3c2-74c0-452d-bfdf-4fe8d960c733
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2015
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2015 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-2015-preparatory-examination-possible-answers/ab97b3c2-74c0-452d-bfdf-4fe8d960c733)

## About this document

History · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2015 · Afrikaans. Memorandum, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

       VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                         2015
                 MEMORANDUM

VAK:   GESKIEDENIS V2 (10792)

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                      10792/15

                        GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                             VOORBEREIDENDE EKSAMEN – 2015

                                                     GESKIEDENIS
                                                     (Tweede Vraestel)

                                                     MEMORANDUM

1       BRONGEBASEERDE VRAE

1.1     Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om die brongebasseerde vrae op te stel.

      KOGNITIEWE          HISTORIESE VAARDIGHEDE                    GEWIG VAN VRAE
        VLAKKE
                       Onttrek bewyse uit bronne
        VLAK 1         Kies en organiseer relevante inligting              30%
                        uit bronne                                          (15)
                       Definieer historiese konsepte
                       Interpretasie van bewyse uit bronne
        VLAK 2         Verklaar inligting wat uit bronne onttrek           40%
                        is                                                  (20)
                       Ontleed bewyse uit bronne

                       Interpreteer en evalueer bewyse uit
                        bronne.
        VLAK 3         Gebruik bronne en bepaal hoe                        30%
                        bruikbaar, betroubaar,                              (15)
                        onbevooroordeeld en beperk dit is.
                       Vergelyk en kontrasteer interpretasies
                        en perspektiewe wat in bronne
                        aangebied is en kom tot onafhanklike
                        gevolgtrekking.

1.2       DIE INLIGTING HIERONDER DUI AAN HOE BRONGEBASSEERDE VRAE
          GEASSESSEER WORD:

             In die nasien van brongebasseerde vrae moet krediet gegee word vir enige
              relevante standpunte, argumente, bewyse of voorbeelde.
             In die toekenning van punte moet klem gelê word op hoe die vereistes van
              die vraag aangespreek is.
             In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag vaardighede wat
              gebruik moet word asook die vlak van die vraag in skuinsskrif aangedui.

                                                 1

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                  10792/15

2.    OPSTELVRAE

2.1   DIE OPSTELVRAE VERG DAT KANDIDATE:

         in staat is om hulle argumente op ŉ logiese en samehangende wyse saam
          te stel. Hulle moet die relevante inligting uitsoek, organiseer en saamvat
          sodat hulle in staat is om ŉ redelike volgorde van feite of ŉ effektiewe
          argument kan saamstel oor die vraag wat gevra is. Dit is noodsaaklik dat
          die opstel ŉ inleiding, ŉ samehangende liggaam met bewyse en ŉ slot sal
          hê.

2.2   NASIEN VAN OPSTEL

         Merkers moet bewus wees dat die inhoud van die antwoord gelei sal word
          deur die handboeke wat by die betrokke Sentrum gebruik word.
         Kandidate kan enige ander toepaslike inleiding en/of gevolgtrekking hê as
          wat in die spesifieke opstel se nasienriglyne ingesluit is.
         Wanneer ŉ oop-antwoord brongebasseerde vraag nagesien word, moet
          leerders erkenning kry vir enige ander toepaslike antwoord.

2.3   GLOBALE ASSESSERING VAN DIE OPSTEL

      Die opstel sal globaal (holisties) geassesseer word. Hierdie benadering vereis
      dat die onderwyser die produk as ŉ geheel sal bepunt, sonder om komponente
      apart te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder aan om ŉ individuele
      mening aan te bied deur die uitgesoekte feitelike bewyse aan te bied om die
      argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder verwag word om “feite”
      klakkeloos weer te gee om so ŉ hoër punt te kry nie. Hierdie benadering
      moedig leerders af om ‘model’-antwoorde voor te berei en weer te gee sonder
      om die spesifieke vereistes van die vrae in ag te neem nie. Holistiese nasien
      van die opstel gee krediet vir die leerders se opinies wat deur feite ondersteun
      word. Holistiese tekortkominge, soos die benadering is soos volg:

         Konstruksie van die argument
         Die gepaste uitkies van feitelike getuienis om die dokument te ondersteun
         Die leerder se interpretasie van die vraag

2.4   ASSESSERINGSPROSEDURES VAN DIE OPSTEL

      2.4.1     Neem die sinopsis in ag wanneer die opstel geassesseer word.

      2.4.2     Tydens die eerste deurlees moet merkies gemaak word vir ŉ
                gepaste inleiding (aangedui deur ŉ kolpunt in die
                riglyn/memorandum) elk van die hoofpunte/aspekte wat behoorlik
                in die konteks pas (ook aangedui met ŉ kolpunt in die
                nasienriglyn/memorandum) bv. in ŉ antwoord waar daar
                5 hoofpunte is, kan daar 7 regmerkies wees.

                                            2

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                  10792/15

      2.4.3   Die volgende addisionele simbole kan ook gebruik word.

                   Inleiding, hoofaspekte en gevolgtrekking nie behoorlik binne
                    konteks nie
                   Verkeerde stelling    _________________
                   Irrelevante stelling  [
                                          [
                                          [
                   Herhaling             R
                   Ontleding             A√
                   Interpretasie         1√

2.5   DIE MATRIKS

      2.5.1   Gebruik die matriks in die nasien van opstelle

              In die nasien van opstelle, moet die kriteria soos wat in die matriks
              verskaf word, gebruik word. Wanneer die opstel nagesien word,
              kyk na die inhoud en aanbieding. Op die punt waar inhoud en
              aanbieding oorkruis, gebaseer op die sewe vaardigheidsvlakke,
              word die punt toegeken.

              (a)       Die eerste deurlees van ŉ langer skryfstuk moet bepaal of
                        die hoofaspekte geraak is en om die inhoudsvlak op die
                        matriks te bepaal

                           C            VLAK 4

              (b)      Die tweede deurlees van ŉ langer skryfstuk sal betrekking
                       hê op die vlak (op die matriks) van aanbieding)

                           C            VLAK 4
                           P            VLAK 3

              (c)      Ken die algehele punt met die hulp van die matriks toe.

                           C            VLAK 4
                           P            VLAK 3          26 – 27

                                          3

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                                                                 10792/15

                                                        NASIENMATRIKS VIR OPSTEL:           50
                            VLAK 7                 VLAK 6            VLAK 5           VLAK 4           VLAK 3            VLAK 2          VLAK 1
 AANBIEDING        Goedbeplande en           Goedbeplande en    Goedbeplande      Het ŉ argument   Toon sommige      Pogings is       Min of geen
                   gestruktureerde opstel.   gestruktureerde    en                beplan en        bewyse en het     aangewend        poging om ŉ
                   Goeie sintese van         opstel. Het ŉ      gestruktureerde   neergeskryf.     ŉ argument        om ŉ             opstel te skryf
                   inligting. Het ŉ          argumentslyn       opstel. Pogings   Bewyse is in ŉ   opgestel.         antwoord te      nie.
                   oorspronklike,            ontwikkel.         is aangewend      mate gebruik     Pogings is        struktureer.
                   goedgebalanseerde en      Bewyse is gebruik  om ŉ duidelike    om die           gemaak om ŉ       Baie
    INHOUD         onafhanklike              om die argument    argument te       argumentslyn     argumentslyn      beskrywend of
                   argumentslyn na vore      te steun. Pogings  ontwikkel.        te ondersteun.   te onderhou.      sommige
                   gebring met die hulp      is gemaak om       Gevolgtrekking    Gevolgtrekking   Gevolgtrekking    pogings om ŉ
                   van die bewyse en het     onafhanklike       is gemaak uit die gebasseer op     NIE uit bewyse    argumentslyn
                   die argument              gevolgtrekking uit bewyse om die     bewyse.          ondersteun nie.   te ontwikkel.
                   volhoudend verdedig       die bewyse te      argumentslyn te                                      Geen poging
                   deur ŉ onafhanklike       maak om die        ondersteun.                                          is gemaak om
                   gevolgtrekking te maak    argument te                                                             tot ŉ
                   uit bewyse wat die        steun.                                                                  gevolgtrekking
                   argumentslyn steun.                                                                               te kom nie.
VLAK 7
Vrae is volledig
beantwoord.
Inhoud gekies              47-50                  43-46
heeltemal
relevant tot die
argumentslyn.

VLAK 6
Vraag is
beantwoord.
Inhoud gekies              43-46                  40-42              38-39
heeltemal
relevant tot die
argumentslyn.
VLAK 5
Vraag in ŉ groot
mate
beantwoord.
Inhoud                     38-39                  36-37              34-35            30-33            28-29
voldoende
gedek en
gepas.
VLAK 4
Vraag
erkenbaar in
antwoord.                                                            30-33            28-29            26-27
Sommige
weglatings of
irrelevante
inhoudsseleksie.
VRAAG 3
Inhoud gekies
pas by die vraag
maar
beantwoord dit
nie, of pas nie                                                                       26-27            24-25             20-23
altyd nie.
Weglating is
dekking.
VLAK 2
Vraag
onvoldoende                                                                                            20-23             18-19            14-17
beantwoord.
Inhoud skraal.
VLAK 1
Vraag
onvoldoende
beantwoord of                                                                                                            14-17             0-13
glad nie.
Onvoldoende of
irrelevante
inhoud.

                                                                         4

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                                             10792/15

AFDELING A

BRONGEBASEERDE VRAE

VRAAG 1

WATTER IMPAK HET DIE FILOSOFIE VAN SWART BEWUSSYN OP DIE SKOLIERE
VAN SOWETO IN DIE 1970’s GEHAD?

1.1   1.1.1   [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A–L2]
               Apartheid het swart mense onderdruk (slawe gemaak)
               Dit het hulle die las van onderdrukking laat dra.
               Dit het hulle ontoereikend (minderwaardig), skaam, hulpeloos en
                   misrabel laat voel.
               Apartheid het swart Suid-Afrikaners soos tweedeklasburgers
                   behandel.
               Verontmensliking onder die apartheidstelsel (met ander woorde
                   geen stemreg, geen grond ens.)
               Ander relevante antwoorde.                         (Enige 2 x 2)    (4)

      1.1.2   [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A–L1]
               Mense wat hulle identiteit verloor het.                   (1 x 2)   (2)

      1.1.3   [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A–L1]
               Die swartman moet homself vind.
               Om lewe terug te pomp in homself
               Om trots en waardigheid terug te pomp in homself
               Om nie toe te laat dat hy misbruik word nie.
               Om te voorkom dat onheil (boosheid) heers in Suid-Afrika.
               Om homself te herinner aan sy medepligtigheid.     (Enige 4 x 1)    (4)

      1.1.4   [Verduideliking van konsepte uit Bron 1A–L1]

              (a)   Swart Bewussyn
                    Swart Bewussyn was ŉ beweging wat die massa (swart mense)
                    van hulle politieke, kulturele en ekonomiese regte bewus wou
                    maak.
                    Swart mense moet trots op hulleself wees en streef daarna om
                    onafhanklik te wees.

              (b)   Onderdrukking
                    Om onregverdig behandel te word.
                    Om wreed en onregverdig geregeer te word.
                    Enige toepaslike antwoord.                            (2 x 2)   (4)

                                         5

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                  10792/15

1.2   1.2.1   [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B–L1]
                   Bantoe-onderwys
                   Die swak toestande in die townships
                   Die onderdrukking van Swart ontevredenheid
                   Ontkenning/miskenning van swart aspirasies.         (Enige 2 x 1)    (2)

      1.2.2   [Verduideliking van bewyse uit Bron 2A–L2]
                  Die groeiende aantal swart studente/skoliere wat ŉ
                   maatskaplike mag geword het.
                  Swart bewussyn gee swart studente/skoliere ŉ politieke doelwit.
                                                                      (Enige 2 x 2)      (4)

      1.2.3   [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A–L2]
                   Dit het studente/skoliere laat verstaan hoe hulle onderdruk is.
                   Dit het ŉ gees van uitdaging van apartheid na vore gebring.
                   Dit het hulle polities saamgesnoer
                   Dit het hulle wit/blanke oorheersing laat uitdaag.   (Enige 2 x 2)   (4)

      1.2.4   [Regverdiging van bewyse uit Bron 1B–L2]
                  Daar was baie/ŉ groot getal skoliere/studente
                  Hulle was meer instaat om die politieke situasie te beïnvloed
                  In die 1976-opstand was hulle instaat om hulle eie organisasies
                   en programme te reël.
                  Enige ander relevante antwoord.                      (Enige 2 x 2)    (4)

1.3   1.3.1   [Verduideliking van inligting uit Bron 1C–L2]
                  Die doelwitte en oogmerke van die SASM.
                  Die posisie en gebruik van Afrikaans in skole.
                  ŉ Massa-optog wat op 16 Junie gehou sou word, is bespreek.
                  Die SASM-komitee vir Soweto is verkies.
                  Die prefekte en monitors (klaskapteins) was lede van die
                   aksiekommitee.                                   (Enige 1 x 2)        (2)

      1.3.2   [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C]
                   Die lede van die SASM het aan óf die ANC of die BCM behoort.
                                                                          (1 x 2)        (2)

1.4   1.4.1   [Verduideliking en interpretasie van bewyse in Bron 1D–L2]
                  Studente/skoliere het opgemars teen die gebruik van Afrikaans
                   – leerder word getoon wat betoog.
                  Leerders toon plakkate – plakkate wat hulle ontevredenheid in
                   Afrikaans toon.
                  Enige ander relevante respons.                         (2 x 2)        (4)

      1.4.2   [Interpretasie van getuienis uit Bron 1D–L2]
                   Hulle hou nie van Afrikaans nie.
                   Negatiewe houding
                   Enige ander relevante antwoord.                     (Enige 1 x 2)    (2)

                                          6

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                  10792/15

1.5   [Vergelyk bewyse uit Bronne 1B en 1C–L3]
          Beide bronne verduidelik dat die optog deur skoliere georganiseer is.
          Beide bronne verduidelik dat studente/skoliere hulle eie organisasie gestig
           het.
          Beide bronne sê dat die rede vir die opmars ŉ stryd teen Afrikaans as
           onderrigmedium was.
          Hulle sê albei dat die Swart Bewussynsbeweging ŉ invloed op die
           skoliere/studente gehad het.
          Enige ander relevante antwoord.                     (Enige 2 x 2)              (4)

1.6   [Interpreteer en evalueer inligting uit al die Bronne – L3]
           Die BCM (Swartmagbeweging) het die 1976-studente/skoliere bewus
            gemaak dat die swartman onderdruk word en ŉ las dra (Bronne 1A en 1B)
           Dat verandering teweeg gebring moet word deur die onderdrukte mense
            self (Bron 1A)
           Die BCM het die leerders politieke mag gegee (Bron 1B)
           Die BCM omsluit die gees van uitdaging in die studente (Bron 1B)
           Die BCM het politieke eenheid gebring
           SASM is in die BCM-groepering (Bron 1C)
           Enige ander relevante punt.

GEBRUIK DIE VOLGENDE RUBRIEK OM ’N PUNT TOE TE KEN

            Gebruik bewyse op ŉ elementêre manier, bv. toon min of
             geen begrip van die impak van die BCM op die jeug
  VLAK 1     van Soweto in die 1970’s nie.                                  Punt : 0–2
            Gebruik bewyse bewyse gedeeltelik om oor ŉ onderwerp
             te skryf of kan nie oor die onderwerp skryf nie
            Bewyse is meestal relevant en het in ŉ groot mate
             betrekking op die tema, bv. Toon in ŉ mate begrip van
  VLAK 2     die impak van die BCM op die jeug van Soweto in die             Punt: 3–5
             1970’s.
            Gebruik bewyse op ŉ baie basiese manier.
            Gebruik toepaslike bewyse, bv. toon ŉ deeglike begrip
             van die impak van die BCM op die jeug van Soweto in
             die 1970’s.
  VLAK 3                                                                     Punt: 6–8
            Bewyse het goed betrekking tot die onderwerp.
            Gebruik bewyse baie effektief in ŉ goed georganiseerde
             paragraaf wat ŉ begrip van die onderwerp toon.
                                                                                          (8)
                                                                                         [50]

                                            7

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                10792/15

VRAAG 2

HOE HET DIE WAARHEIDS- EN VERSOENINGSKOMITEE (WVK) TEENOOR SUID-
AFRIKA SE VERDEELDE VERLEDE OPGETREE?

2.1   2.1.1   [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A–L1]
                   Openbaarmaking van Menseregte-oortredings en -misdade.
                   Slagoffers kon praat oor hulle lyding.              (2 x 1)        (2)

      2.1.2   [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A–L2]
                   Hulle sou herstel van hulle lyding onder apartheid
                   Om vertroosting te vind oor wat met hulle geliefdes gebeur het.
                   Enige ander relevante respons                            (2 x 2)   (4)

      2.1.3   [Verduideliking van historiese konsepte Bron 2A–L1]
              (a) Apartheid
                       ŉ Stelsel van rasse-skeiding in Suid-Afrika wat deur die
                        Nasionale Party deur wetgewing afgedwing is.
                       Enige ander relevante respons

              (b)   Rekonsiliasie
                     Daad om twee dinge met mekaar te versoen               (2 x 2)   (4)

2.2   2.2.1   [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B–L2]
                   De Klerk was woedend en het by die Hooggeregshof aansoek
                    gedoen teen 30 reëls wat na hom verwys het.
                   Die ANC het op ŉ vergadering met die WVK aangedring.
                   Enige ander relevante reaksie                        (2 x 1)       (2)

      2.2.2   [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B–L2]
                   De Klerk is aangewys as medepligtig in menseregte vergrype.
                   Die ANC is vir oorlogsmisdade veroordeel.
                   Enige ander relevante reaksie                          (2 x 2)     (4)

      2.2.3   [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B–L2]
                   Die WVK het die ANC uitgenooi om ŉ skriftelike voorlegging te
                    maak, maar het ŉ vergadering geweier.                 (1 x 2)      (2)

2.3   2.3.1   [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C–L2]
                   Die taak van die WVK was swaar, maar hulle het daarin geslaag
                    om die waarheid te vind (“ons het dit gemaak”)
                   Baie politieke partye het die WVK aangeval (pyle toon aanvalle)
                   Enige ander relevante antwoord.                          (2 x 2)   (4)

      2.3.2   [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C–L2]
                   Ondanks aanvalle uit alle oorde was die WVK in staat om sy
                    mandaat/opdrag suksesvol uit te voer.
                   Tutu, ŉ biskop/priester, was voorsitter van die WVK en is nie
                    oorgesien van aanvalle/kritiek nie.
                   Enige ander relevante respons.                        (2 x 2)      (4)
                                         8

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                 10792/15

2.4   [Vergelyking van bewyse uit Bronne 2B en 2C–L3]
          In beide bronne was die ANC en De Klerk ontevrede met die WVK. Die
           pyle van die ANC en die NP is na Tutu se kop gemik, wat beteken dat
           hulle hom dood wou hê.
          In beide bronne kritiseer hulle die WVK/Val die WVK aan.
          Beide bronne fokus op die bevindings van die WVK (sak wat deur Tutu
           gedra word)
          Enige ander relevante respons.                           (Enige 2 x 2)       (4)

2.5   2.5.1    [Onttrekking van bewyse uit die Bron 2D–L1]
                    Dit was vertroulike WVK-verhore en moes versigtig gehanteer
                     word.
                    Dit het “plofbare” besonderhede bevat.
                    Enige ander relevante respons.                 (Enige 1 x 2)       (2)

      2.5.2    [Ontleding van bewyse uit Bron 2D–L2]
                    Om te hoor wat die waarheid is.
                    Om kwytskelding/amnestie te gee.
                    Om slagoffers vertroosting te gee.
                    Gee geloofwaardigheid aan die prosesse van die WVK.
                    Enige ander relevante respons                   (Enige 2 x 1)      (2)

      2.5.3    [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D–L2]
                    Die werk van die WVK was deursigtig en almal moet toegang
                     hê.
                    Dit was bewys dat die WVK gewerk het om SA te heel/gesond
                     te maak.
                    Hierdie lêers is bewys hoe die WVK gewerk het om SA te
                     heel/gesond te maak.
                    Hierdie lêers is bewys hoe die WVK sy werk gedoen het.
                    Enige ander relevante respons.                  (Enige 2 x 2)      (4)

      2.5.4    [Bepaal deur na Bron 2D te kyk, die nut van die bron L3]
                   Dit is ŉ primêre bron. Dumisa Ntsebesa was by die WVK.
                   Die bron is deur ŉ voormalige ondersoekhoof van die WVK
                    geskryf.
                   Helder verduideliking van hoe die WVK sy ondersoeke
                    uitgevoer het.
                   Enige ander relevante respons.                      (Enige 2 x 2)   (4)

                                          9

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                   10792/15

2.6   [Interpretasie, ontleding en sintese van bewyse uit alle bronne – L3]

      Kandidate kan die volgende punte gebruik om die vraag te beantwoord.
                    Die WVK het aan die mense ŉ platform gegee om hulle
                     opgekropte skuldgevoelens, lyding en haat uit te druk.
                    Voorsien ŉ gestruktureerde platform en verligting in die vorm
                     van amnestie en finansiële kompensasie.
                    Dit het verrykende en besondere openbare blootstelling gegee
                     aan menseregtevergrype wat onder die apartheidsregering
                     gepleeg is.
                    Dit het ŉ voorheen teësinnige bevolking gedwing (alhoewel daar
                     steeds ontkenning was op ŉ vlak om in te sien dat apartheid
                     moreel onverdedigbaar is en ŉ misdaad teen die mensdom is.
                    Dit het gewone mense gehelp om hulle lyding onder die bewind
                     uit te druk.
                    Dit het ŉ algehele katartiese [terapeuties of helende] uitwerking
                     vir baie slagoffers gehad.
                    Dit gee ŉ sin dat ŉ vorm van rekonsiliasie reeds plaasgevind
                     het.
                    Begeerte om hulleself vry te maak van die laste van die verlede
                     en uit te sien na ŉ beter helderder toekoms.
                    Om uit te sien na die toekoms eerder as om in die verlede
                     vasgevang te wees.
                    Die WVK het die gemoedere van mense van verdeeldheid en
                     haat verander na samehorigheid en liefde.
                    Enige ander relevante respons.

GEBRUIK DIE VOLGENDE RUBRIEK OM ’N PUNT TOE TE KEN

            Gebruik bewyse op ŉ elementêre manier, d.i. toon min of
             geen begrip van die rol wat deur die WVK gespeel het
  VLAK 1     in na-apartheid SA nie.                                          Punt : 0–2
            Gebruik bewyse gedeeltelik oor die tema te skryf of kan
             nie daaroor skryf nie.
            Bewyse is meestal relevant en het in ŉ groot mate
             betrekking op die tema, bv. Toon in ŉ mate van begrip
  VLAK 2     van die rol wat die WVK in na-apartheid in Suid-Afrika           Punt: 3–5
             gespeel het.
            Gebruik bewyse op ŉ basiese manier.
            Gebruik toepaslike bewyse, wat ŉ deeglike begrip toon
             van die rol wat die WVK gespeel het in na-apartheid
             Suid-Afrika
  VLAK 3                                                                      Punt: 6–8
            Pas goed by die tema.
            Gebruik bewyse baie effektief in ŉ georganiseerde
             paragraaf wat ŉ begrip van die onderwerp toon.
                                                                                            (8)
                                                                                           [50]

                                            10

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                  10792/15

VRAAG 3

WAAROM HET SUID-AFRIKA BY DIE BRICSGROEP AANGESLUIT?

3.1   3.1.1   [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A–L1]
                   Afrika is gereed om die kontinent te ontwikkel.
                   Die leierskap in Afrika het ontwikkel.
                   Enige ander relevante antwoord.                     (Enige 1 x 2)    (2)

      3.1.2   [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A–L2]
                   Sodat Afrika kan ontwikkel en sy plek in die wêreldekonomie
                    kan inneem, moet daar vrede op die kontinent wees.
                   Voordat ontwikkeling kan plaasvind, moet daar politieke
                    stabiliteit wees.
                   Enige ander relevante antwoord.                  (Enige 1 x 2)       (2)

      3.1.3   Noem die DRIE nuwe sleutelelemente wat NEPAD voorsien het.
                 Dit is in Afrika ontwikkel, besit en bestuur
                 Dit bring die konsep van ŉ nuwe vennootskap na vore
                 Afrika onderneem sekere sake in sy eie belang        (3 x 1)           (3)

3.2   3.2.1   [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B–L1]
                   Om groei te probeer aanwakker.
                   Om groter verbintenis aan te moedig.
                   Om die Afrika-kontinent in die organisasie te verteenwoordig.
                                                                        (Enige 1 x 2)    (2)

      3.2.2   [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B–L2]
                   Hy het daarin geslaag om hulle te oortuig van die voordele
                    daarvan om Suid-Afrika toe te laat deur na elke land toe te reis
                    en ons saak te gaan stel.
                   Enige ander relevante antwoord.                    (Enige 1 x 2)     (2)

      3.2.3   [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B–L2]
                   BRICS-belegging in SA sal SA in staat stel om sy belegging in
                    ondernemings regoor die kontinent te versprei.
                   Buitelandse beleggers sal SA se stabiliteit ens. sien as
                    aanmoedigend as hulle pan-Afrika-bedrywighede ondersoek.
                   Enige ander relevante antwoord.                  (Enige 2 x 2)       (4)

      3.2.4   [Interpretasie van bewyse en verduideliking van hulle bruikbaarheid –
              Bron 3B–L3]
                   Dit verduidelik hoeveel geld SA tot die BRICS-groep moes
                    bydra om aan te sluit.
                   Dit verduidelik die voordele vir SA om aan te sluit.
                   Dit verduidelik die impak wat dit op die res van die kontinent
                    gaan hê.
                   Enige ander relevante respons.                       (Enige 2 x 2)   (4)

                                         11

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                    10792/15

3.3   3.3.1   [Verduideliking van ŉ historiese konsep uit Bron 3C–L2]
                  Die BRICS-bootjie is klein en word deur al vyf lande wat daarin sit,
                   gestuur.
                  Elke land moet sy deel doen/almal roei.
                  Hulle werk saam as gelykes om hierdie situasie te laat werk.
                  Hulle is gelukkig om saam te werk/glimlagte op al die gesigte.
                                                                       (Enige 2 x 2)       (4)

      3.3.2   [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C–L2]
                   G8 hou die BRICS-lande teen hulle sin gevange.
                   G8 het die beweging en ekonomiese groei van BRICS-lande
                    teruggehou.
                   Hulle is nou bly om uit die tronk te ontsnap.
                   Hulle werk saam om hulle eie ekonomiese vryheid te
                    bewerkstellig.
                   Hulle is nou vry en gaan nie langer deur die G8-lande teruggehou
                    word nie.
                   Enige ander toepaslike antwoord.                  (Enige 2 x 2)        (4)

      3.3.3   [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C–L1]
                   Brasilië
                   Indië
                   Rusland                                             (Enige 2 x 1)      (2)

3.4   3.4.1   [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D–L1]
                   Hulle het aanvanklik $50 biljoen bygedra.                 (1 x 1)      (1)

      3.4.2   [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D–L2]
              Ja
                   Die rolle van die bank is verdeel tussen: China – die hoofkwartier,
                    Indië – die President, Rusland – voorsitter van die Raad van
                    Goewerneurs van die Direksie. Dit sou oorheersing voorkom.
                   Daar word geïmpliseer dat dit slegs vir ses jaar sal geld en dan sal
                    verander, om oorheersing te voorkom.
                   Elke land moes ewe veel geld in die Bank belê, sodat geen land
                    meer beheer kan opeis omdat hulle meer geld belê het nie.
                   Enige ander relevante respons.

              Nee
                 China beheer die hoofkwartier, asook die Direksie. Dit gee meer
                  beheer aan China.
                 Suid-Afrika en Brasilië beheer geen aspek nie. Hulle is dus in
                  gevaar om gedomineer te word.
                 Enige ander relevante antwoord.                  (Enige 2 x 2)           (4)

      3.4.3   [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D–L2]
                   Lande is ontevrede met ontwikkelende lande en hoe hulle mekaar
                    oorheers.
                   Om die leierskap van die Bretton Wood-tweeling teen te staan.
                   Enige ander relevante antwoord.                   (Enige 1 x 2)        (2)

                                            12

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                      10792/15

      3.4.4     [Ontleding en interpretasie van bewyse uit Bron 3D–L2]
                     Daar is gelyke kapitaalbelegging deur al die BRICS-groep se lande
                      – al die lande gaan ewe veel belê. In die Bretton Wood stelsel het
                      ontwikkelde lande meer kapitaal bygedra.
                     Gelyke stemregbasis – alle lande het gelyke stemreg en gelyke
                      waarde. In die Bretton Wood stelsel het die ontwikkelde lande
                      meer seggenskap.
                     Enige ander relevante respons.                     (Enige 2 x 2)        (4)

      3.4.5     [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D–L2]
                     Die kapitaalbasis sal vir die befondsing van             volhoubare
                      ontwikkelingsprojekte gebruik word in die lidlande.
                     Hulle sal beter ekonomiese ontwikkeling kan bereik.
                     Hulle sal meer seggenskap in wêreldpolitiek bereik.
                     Enige ander relevante antwoord.                           (1 x 2)       (2)

3.5   [Interpretasie, ontleding van sintese van bewyse uit alle bronne – L3]

      Kandidate kan die volgende punte gebruik om die vraag te beantwoord.
          Om groei aan te moedig.
          Verhoog groter betrokkenheid deur te probeer om die Afrika-kontinent in te
           sluit.
          Om hulle ekonomiese betrokkenheid deur vennootskappe te bevorder.
          Om dit tot hulle eie voordeel te gebruik as ŉ fonds vir BRICS-beleggings.
          Om buitelandse beleggers aan te moedig.
          Suid-Afrika se aanvaarding as lidland is ŉ direkte gevolg van die impak wat
           globalisering op Afrika en die erkenning dat Suid-Afrika homself en ander
           kan help.
          Enige ander relevante punte..

GEBRUIK DIE VOLGENDE RUBRIEK OM ’N PUNT TOE TE KEN

               Gebruik bewyse op ŉ elementêre wyse, bv. toon min of
                geen begrip waarom Suid-Afrika by die BRICS-groep
  VLAK 1        aangesluit het nie.                                             Punt : 0–2
               Is nie in staat om bewyse op ŉ baie basiese wyse in ŉ
                paragraaf te organiseer nie.
               Bewyse is meestal relevant en het in ŉ groot mate
                betrekking op die onderwerp, bv. toon in ŉ mate van
                begrip waarom Suid-Afrika by die BRICS-groep
  VLAK 2                                                                        Punt: 3–5
                aangesluit het.
               Is in staat om bewyse effektief te gebruik en in ŉ paragraaf
                te organiseer.
               Gebruik relevante bewyse, bv. demonstreer ŉ deeglike
                begrip waarom Suid-Afrika by die BRICS-groep
  VLAK 3        aangesluit het.                                                 Punt: 6–8
               Gebruik bewyse baie effektief in ŉ georganiseerde
                paragraaf en toon ŉ begrip oor die onderwerp.
                                                                                              (8)
                                                                                             [50]

                                              13

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                      10792/15

AFDELING B

OPSTELVRAE

VRAAG 4

BURGERLIKE WEERSTAND 1970s TOT 1980s: SUID-AFRIKA
DIE APARTHEIDSKRISIS IN DIE 1980’s
[BEPLAN EN VORM ’N OORSPRONKLIKE ARGUMENT GEBASEER OP GEPASTE
BEWYSE EN GEBRUIK ANALITIESE EN INTERPRETASIE-VAARDIGHEDE.]

SINOPSIS

Kandidate moet ŉ posisie inneem en die mate aandui waarin binnelandse
weerstandsbewegings in Suid-Afrika daarin geslaag het om P W Botha se
apartheidsregering uit te daag in die 1980’s. Hulle moet die rol van die onderskeie
gemeenskappe, studente- en werksorganisasies, soos die UDF en ECC uitlig terwyl
hulle hul argument ontwikkel.

HOOFASPEKTE

Kandidate moet die volgende aspekte in hulle opstelle insluit:

Inleiding: Kandidate moet aandui in watter mate binnelandse weerstandsbewegings die
apartheidsregering in die 1980’s uitgedaag het.

UITEENSETTING

IN ’N GROOT MATE

    Botha se beleid van Totale-Aanslag/Totale Strategie
    Hervormingsmaatreëls (1983-grondwet, Driekamerparlement 1984, “Koornhof
     Wette”) Verpligte Diensplig veldtog 1983, Miljoen-handtekeninge in 1984)
    Massa optogte in Swart Suid-Afrikaanse townships in 1984 en 1985 (bv.
     Wegblyveldtogte wat deur die Vaal Civic Association georganiseer is,
     verbruikersboikotte wat deur Pebco georganiseer is in die Oos-Kaap, rol van
     geloofsorganisasies ens.)
    Protesoptogte (bv. Langa townships in die Oos-Kaap)
    Skooloptogte wat hoofsaaklik onder leiding van COSAS was in 1983 en 1985
     (Atteridgeville, Tembisa, Alexandra. Soweto, Wes-Kaap en Natal)
    Gemeenskappe het in huurboikotte betrokke geraak in die Vaaldriehoek en Soweto
     in 1984.
    Vorming en impak van COSATU en ander vakbonde in die werkers se stryd
     (struggle)
    Wegblyveldtogte op Werkersdag (May Day) in 1986 en die NUW-staking in 1987
    Verklaring van die noodtoestand in 1985 – 1986 deur P W Botha se regering.
     Opkoms van die Massa Demokratiese Beweging in 1989 en die uitdagingsveldtog
     teen apartheidswette in groot stede, bv. Kaapstad, Durban en Johannesburg.
    Die rol van die Black Sash, bv. in Burgerlike proteste en hulp aan slagoffers van
     apartheid.

                                              14

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                   10792/15

    Teen die einde van die 1980’s het duisende Suid-Afrikaners hulle lewens verloor in
     hulle stryd teen bevryding (bv. dood in aanhouding, “swart teen swart”-geweld en
     vigilantisme (eiereg)
    Enige ander relevante antwoord.
    Gevolgtrekking:     Kandidate moet hulle argument saamvat in ŉ gepaste
     gevolgtrekking.                                                                      [50]

VRAAG 5

DIE AANBREEK VAN DEMOKRASIE IN SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN
DIE VERLEDE
[BEPLAN EN VORM ’N OORSPRONKLIKE ARGUMENT GEBASEER OP GEPASTE
BEWYSE EN GEBRUIK ANALITIESE EN INTERPRETASIE VAARDIGHEDE]

SINOPSIS

Kandidate moet aandui in watter mate leierskap en kompromie deur verskeie politieke
organisasies tydens die onderhandelingeproses gelei het tot die aanbreek van
demokrasie in Suid-Afrika in 1994.

INLEIDING: Kandidate moet hulle argumentslyn bespreek en in watter mate die rol wat
           deur leiers soos F W De Klerk en Nelson Mandela gelei het tot die
           aanbreek van ŉ demokratiese Suid-Afrika in 1994.

UITEENSETTING

IN ’N GROOT MATE

    (Redes vir die onderhandelingsproses) F W De Klerk se toespraak in die
     parlement op 2 Februarie 1994 was ŉ keerpunt in die geskiedenis van Suid-Afrika
     (leierskap)
    Hy het die ontbanning van politieke organisasies (leierskap) aangekondig.
    Die vrylating van Nelson Mandela op 11 Februarie 1990 het die weg gebaan vir ŉ
     onderhandelde skikking (leierskap)
    (Geweld in Sebokeng) lei tot die vertraging van die Grootte Schuur Minuut in Mei
     1990 – die NP het politieke gevangenes vrygelaat (leierskap)
    Pretoria-minuut in Augustus 1990 – die ANC het aangekondig dat hulle die
     gewapende weerstand (struggle) ophef en die regering het onderneem om die
     noodtoestand (leierskap) op te hef.
    CODESA 1 in Desember 1991 – 19 politieke partye het dit bygewoon – die PAC en
     KP het nie deelgeneem aan die opstel van ŉ nuwe grondwet vir Suid-Afrika nie
     (leierskap en politieke partye).
    Die ANC en die NP het die Verklaring van Voorneme in 1991 voorgestel, (leierskap
     en kompromie)
    Die ‘Slegs Blankes – verkiesing in Maart 1992 het aan De Klerk die toestemming
     gegee om te onderhandel (leierskap).

                                            15

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                   10792/15

    CODESA 2 in Mei 1992 – SABC het ŉ neutrale opinie daargestel, massa-
     aksiebeweging om die onderhandelingsproses te bespoedig/Boipatong/Bisho-
     slagting (leierskap en kompromis)
    Ooreenkoms van Begrip in September 1992 – geheime onderhandelinge tussen
     die ANC en die NP-hulle het hulleself tot ŉ onderhandelingsproses verbind
     (politieke partye)
    Veelparty onderhandelings by Kemptonpark/sluipmoord op Chris Hani/Rol van
     Mandela/stel ŉ GNU voor en sluitingsklousule (sunset clause) deur Joe Slovo
     (kompromie en leierskap)
    Tussentydse verkiesing in November 1993 (kompromie)
    Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing van 1994 (politieke partye)
    Krediet moet aan leerders gegee word wat genoem het watter rol geweld in die
     onderhandelingsproses gespeel het om hulle antwoord verder te ondersteun.
    Enige ander relevante antwoord.                                                     [50]

VRAAG 6

DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE WÊRELDOORDE: DIE
GEBEURE VAN 1989

Kandidate moet ŉ standpunt inneem oor of die ontbinding van Kommunisme die grootste
invloed op die wegneming van apartheid gehad het.

Die argument sal meestal opweeg teen party van die invloede wat ŉ rol gespeel het en ŉ
gevolgtrekking maak.

    Ineenstorting van kommunistiese beheer in Oos-Europa het ŉ verandering van die
     regeringsbeleid in Suid-Afrika tot gevolg gehad.
    Die Nasionale Party-regering in Suid-Afrika het dit as skans/grens teen die
     verspreiding van kommunisme beskou.
    Het wetgewing daargestel om kommunisme te onderdruk en het mense en
     organisasies verban.
    Totale Aanslag – Totale strategie.
    Hierdie ekstreme anti-kommunisme is gebruik om binnelandse beleidsaktiwiteite te
     regverdig.

    Globachev het hervormings aangekondig: Pereistroika en Glasnost.
    Verhouding tussen die VSA en USSR het in die tydperk verbeter.
    Hulle het druk op hulle vennote geplaas om streekskonflikte te staak.
    Die fokus van die VSA en die USSR het verander en hulle ondersteun nou
     onderhandelde skikkings en nie meer gewapende konflik nie.
    In 1989 het Namibië op ŉ vreedsame wyse onafhanklik geword in verkiesings
     onder VN-toesig.
    Namibië se onafhanklikheid was ŉ voorbeeld vir Suid-Afrika

                                            16

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                   10792/15

   1989: Die val van die Berlynse muur simboliseer ŉ nuwe tydperk in Europa –
    Sowjetbeheer van Oos-Europa was verby.
   Het SA-regering in staat gestel om te aanvaar dat die kommunistiese bedreiging
    verby was
   Die ‘Totale Aanslag’ was verby.
   Die finansiële en militêre ondersteuning waarop die ANC staatgemaak het, het
    opgedroog.
   Die moontlikheid van ŉ geslaagde revolusie het verdwyn en is vervang met die
    erkenning van ŉ behoefte aan onderhandeling.
   Die behoefte aan ‘Totale Aanslag’ het nie langer bestaan nie sodat die verslapping
    van hierdie wette ŉ positiewe stap was wat sou lei tot onderhandeling.
   Onderhandelinge tussen besigheidsleiers en die ANC het reeds begin.
   Dit het nuwe druk op die NP-regering geplaas
   Onderhandelinge vir ŉ nuwe, demokratiese Suid-Afrika het begin.
   De Klerk het die ANC, Kommunistiese Party en ander ontban. Mandela is
    vrygelaat.
   Die einde van die Koue Oorlog het bygedra dat Suid-Afrika ŉ demokrasie geword
    het.                                                                                 [50]

                                                                            TOTAAL:      150

                                           17

## Related documents

- [Grade 12 NSC History P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c) — History · Memo · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans)) 2015 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-2015-preparatory-examination-addendum/46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955) — History · Addendum · 2015 · Afr
- [Gr12 History P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01) — History · QP · 2021 · Afr
- [Grade 12 NSC History P2 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-addendum/4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed) — History · Addendum · 2019 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 SEPT2015 MEMO (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-sept2015-memo-afr/9b4b0c56-0d1c-480b-8ab5-b260d75b5222) — History · Memo · 2015 · Afr
- [Gr12 History P1 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p1-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/9c825710-3cb6-41a5-83f1-ec4a4f9c153e) — History · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — QP · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2024-afrikaans/e7a9d6cf-de1b-4007-b7b2-b4d762b2fa10) — Addendum · 2024 · Afr
- [History P1 Nov 2024 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2024-addendum-eng/df93fb24-73e0-435a-8d91-bce9f456ba2c) — Addendum · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
