# History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 Question Paper (Afr)

> Grade 12 History Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2020 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/c4d19c98-c0fe-4577-93f4-4855de150c52
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/c4d19c98-c0fe-4577-93f4-4855de150c52)

## About this document

History · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

           GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                     VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                                    2020
                                    10792

                               GESKIEDENIS

                                VRAESTEL 2

TYD:     3 uur

PUNTE:   150

9 bladsye + ŉ addendum van 14 bladsye

                                                b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                        GESKIEDENIS                                       2
                                        (Vraestel 2)                       10792/20

INSTRUKSIES EN INLIGTING
1.   Die vraestel bestaan uit ŉ AFDELING A en ŉ AFDELING B, soos gebasseer op die
     voorgeskrewe inhoud van die KABV dokument.

     AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

     VRAAG 1:        BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT DIE 1980’s: SUID-AFRIKA

     VRAAG 2:        DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                     AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

     VRAAG 3:        DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE WÊRELDORDE:
                     1989 TOT DIE HEDE

     AFDELING B: OPSTELVRAE

     VRAAG 4:        BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT DIE 1980’s – SUID-AFRIKA:
                     DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’S

     VRAAG 5:        DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                     AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

     VRAAG 6:        DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ŉ NUWE WÊRELDORDE:
                     DIE GEBEURE VAN 1989

2.   AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat nodig is om
     hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word.

3.   AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.   Beantwoord DRIE vrae soos volg:

     4.1   Ten minste EEN moet ŉ brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN moet ŉ
           opstelvraag wees.

     4.2   Die DERDE vraag kan of ŉ brongebaseerde vraag of ŉ opstelvraag wees.

5.   Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee.

6.   In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig toepas.

7.   Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

8.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
     gebruik word.

9.   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                          b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                        GESKIEDENIS                                       3
                                        (Vraestel 2)                        10792/20

AFDELING A

BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae uit die afdeling nie.
Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord is in die aangehegte
addendum.

VRAAG 1:      HOE HET DIE SWARTBEWUSSYNSBEWEGING SWART MENSE IN DIE
              1970’s, DEUR SWART GEMEENSKAPSPROGRAMME BEMAGTIG?

Bestudeer Bronne 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1   Bestudeer Bron 1A.

      1.1.1       Definieer die konsep Swartbewussyn in jou eie woorde.        (1 x 2) (2)

      1.1.2       Waarom het die Swartbewussynsbeweging hul verbind tot selfhelp-
                  programme wat beheer was deur swartes?                    (1 x 2) (2)

      1.1.3       Identifiseer DRIE probleme wat die swart man ervaar het ten opsigte
                  van die oplossings wat die Swart Gemeenskapsprogramme (BCP)
                  veronderstel was om te bied.                                 (3 x 1) (3)

      1.1.4       Noem enige TWEE Swartbewussynsbeweging-organisasies wat in
                  die 1970’s bestaan het.                              (2 x 1) (2)

1.2   Bestudeer Bron 1B.

      1.2.1       Wat, volgens die bron, wou die Swart Gemeenskapsprogramme
                  onder leiding van Khoapa in die swart gemeenskappe bereik?
                                                                             (2 x 1)    (2)

      1.2.2       Lys TWEE gemeenskapsprojekte, volgens die bron wat beheer was
                  deur die BPC (Black People’s Convention)?               (2 x 1) (2)

      1.2.3       Verduidelik wat word bedoel met die stelling, “Die Swart
                  Gemeenskapsprogramme het praktiese uitdrukking gegee aan die
                  ideale van die Swartbewussynsbeweging”..
                                                                           (2 x 2) (4)

      1.2.4       Waarom, in jou eie opinie, het die Black Review bygedra tot die
                  filosofie van Swartbewussyn?                            (1 x 2) (2)

      1.2.5       Verduidelik die bruikbaarheid van die bron, vir ŉ geskiedkundige wat
                  die Swart Gemeenskapsprogramme wil bestudeer.                 (2 x 2) (4)

                                                                                          b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                         GESKIEDENIS                                       4
                                         (Vraestel 2)                        10792/20

1.3   Verwys na Bron 1C.

      1.3.1       Wat, volgens die bron, was die opheffingsprogramme waarvan
                  studente deel was, om die informele nedersettings in Durban by te
                  staan?
                                                                               (2 x 1) (2)

      1.3.2       Verduidelik hoe die projekte, soos uitgevoer deur die studente die
                  doelwitte van die Swartbewussynsbeweging volbring het.         (1 x 2) (2)

      1.3.3       Waarom, dink jy het die studente die Christenskap van die wit
                  stemgeregtigde verwerp?                                       (1 x 2) (2)

      1.3.4       Hoe het die Swartbewussynsbeweging inligting versamel, wat nodig
                  was vir gemeenskapsontwikkeling?                            (2 x 2) (4)

1.4   Vergelyk Bron 1B en 1C. Verduidelik hoe die inligting in die twee bronne mekaar
      ondersteun, ten opsigte van Swart Gemeenskapsprojekte wat geloods was in
      die swart gemeenskappe.                                                    (2 x 2) (4)

1.5   Bestudeer Bron 1D.

      1.5.1       Identifiseer die tipe gemeenskapsprojek wat in die bron sigbaar is.
                                                                                 (1 x 1) (1)

      1.5.2       Op watter manier was die gemeenskap se mediese sentrum deur
                  die filosofie van Swartbewussyn ondersteun?              (2 x 2) (4)

1.6   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ
      paragraaf van ongeveer AGT lyne (80 woorde) en verduidelik hoe die Swart-
      Bewussynsbeweging swart mense bemagtig het deur die Swart
      Gemeenskapsprogramme in die 1970’s.                                                (8)
                                                                                         [50]

                                                                                           b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                        GESKIEDENIS                                           5
                                        (Vraestel 2)                         10792/20

VRAAG 2:      HOE HET DIE WAARHEIDS-EN -VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
              OORTREDERS VAN MENSEREGTE, SOOS WOUTER BASSON HANTEER?

Bestudeer Bronne 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1   Bestudeer Bron 2A.

      2.1.1      Selekteer TWEE bewyse vanuit die bron, wat die doelwitte van die
                 WVK verduidelik.                                          (2 x 1) (2)

      2.1.2      Definieer die konsep amnestie in die konteks van die WVK.       (1 x 2) (2)

      2.1.3      Verduidelik hoe die WVK die volgende tydens hul ondersoeke hanteer
                 het:

                 (a)   Oortreders                                               (1 x 2)   (2)

                 (b)   Anti-apartheid aktiviste                                (1 x 2)    (2)

      2.1.4      Lys TWEE komitees van die WVK, soos aangedui in die bron. (2 x 1)        (2)

2.2   Verwys na Bron 2B.

      2.2.1      Waarom, volgens die bron het Wouter Basson voor die WVK
                 verskyn?                                                        (1 x 2)(2)

      2.2.2      Identifiseer TWEE klagtes teen Wouter Basson op 4 Oktober 1999.
                                                                              (2 x 1)(2)

      2.2.3      Waarom, dink jy het Basson die aansoek tot amnestie deur die WVK
                 geweier?                                                      (1 x 2)(2)

      2.2.4      Lewer kommentaar oor die redes, waarom regter Hartzenberg,
                 Basson van sekere klagtes gevrywaar het.                        (1 x 2)(2)

      2.2.5      Verduidelik die bruikbaarheid van inligting in die bron vir ŉ
                 geskiedkundige wat navorsing wil doen oor die wyse hoe die WVK
                 die kwessie rondom amnestie aan Basson hanteer het.
                                                                               (2 x 2)(4)

                                                                                              b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                         GESKIEDENIS                                          6
                                         (Vraestel 2)                          10792/20

2.3   Bestudeer Bron 2C.

      2.3.1       Watter boodskap word deur Bron 2C uitgedra? Gebruik visuele
                  leidrade om jou antwoord te ondersteun.                     (2 x 2) (4)

      2.3.2       Waarom is daar ŉ verwysing na die ANC, gedurende die Wouter
                  Basson verhoor?                                           (1 x 2) (2)

2.4   Vergelyk Bron 2B en 2C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2B, die bewyse in
      Bron 2C ondersteun met betrekking tot Wouter Basson se betrokkenheid in
      menseregte oortredings.                                                   (2 x 2) (4)

2.5   Verwys na Bron 2D.

      2.5.1       Wat, volgens die bron was die bedoeling van die HPCSA?
                                                                                     (1 x 2) (2)

      2.5.2       Haal TWEE bewyse aan, vanuit die bron wat aandui dat Dr Basson
                  skuldig was aan menseregte skendings.                      (2 x 1) (2)

      2.5.3       Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                  waarom die families van aktiviste, die liggame van hul geliefdes wou
                  laat opgrawe het.                                                  (1 x 2) (2)

      2.5.4       Verduidelik Basson se houding, teenoor die slagoffers se families.
                                                                                (1 x 2) (2)

      2.5.5       Lewer kommentaar op die volgende aanhaling:
                  “Maar Basson se dade en beproewings kos miljoene wat hulle
                  sonder
                  twyfel betaal.”                                      (1 x 2) (2)

2.6   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ
      paragraaf van ongeveer AGT lyne (80 woorde), waarin jy verduidelik hoe die
      WVK oortreders van menseregte, soos Wouter Basson hanteer het.                         (8)
                                                                                             [50]

                                                                                               b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                           GESKIEDENIS                                        7
                                           (Vraestel 2)                        10792/20

VRAAG 3:      WATTER IMPAK HET GLOBALISASIE OP DIE SITRUS INDUSTRIE VAN
              SUID-AFRIKA GEHAD?

Bestudeer Bronne 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

3.1   Verwys na Bron 3A.

      3.1.1   Wat, volgens die bron was die moeilike omstandighede wat die sitrus-
              industrie in die gesig gestaar het?                          (1 x 2)            (2)

      3.1.2   Haal ŉ bewys aan, vanuit die bron wat aanduidend is van groei in die
              sitrus-industrie in Suid-Afrika.                             (1 x 2)            (2)

      3.1.3   Gebruik die bron en jou eie kennis en verduidelik die negatiewe implikasie
              wat globalisering op die sitrus-industrie gehad het.                (2 x 2)     (4)

      3.1.4   Definieer die konsep globalisering in jou eie woorde.                 (1 x 2)   (2)

      3.1.5   Noem die maatskappy wat swart sitrus-produsente verteenwoordig. (1 x 1)         (1)

      3.1.6   Verduidelik die hindernisse wat die swart produsente in Suid-Afrika
              ondervind het.                                              (2 x 2) (4)

3.2   Bestudeer Bron 3B.

      3.2.1   Watter unie, soos na verwys in die bron het bedreig gevoel deur die Suid-
              Afrikaanse sitrus-industrie?                                         (1 x 1) (1)

      3.2.2   Lys DRIE landbou inisiatiewe wat gestig is om by te dra tot die ontwikkeling
              van die sitrus-industrie.                                            (3 x 1)    (3)

      3.2.3   Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik die
              negatiewe impak van herstel inisiatiewe op die sitrus-industrie. (1 x 2) (2)

      3.2.4   Lewer kommentaar op die bruikbaarheid van die bron vir ŉ geskiedkundige
              wat die transformasie van die sitrus-industrie in Suid-Afrika wil bestudeer.
                                                                                      (2 x 2) (4)

3.3   Bestudeer Bron 3A en Bron 3B. Verduidelik hoe hierdie twee bronne mekaar
      ondersteun wat betref die uitdagings wat die sitrus-industrie in Suid-Afrika ervaar.
                                                                                      (2 x 2) (4)

                                                                                              b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                           GESKIEDENIS                                       8
                                           (Vraestel 2)                         10792/20

3.4   Bestudeer Bron 3C.

      3.4.1   Verduidelik die boodskappe wat die spotprent wil oordra. Maak gebruik van
              visuele leidrade om jou antwoord te ondersteun.                    (2 x 2) (4)

      3.4.2   Wat is die impak van die Spaanse verbod op lemoene, binne die
              Suid-Afrikaanse industrie?                                             (2 x 2) (4)

3.5   Verwys na Bron 3D.

      3.5.1    Watter provinsie, volgens die bron is die kragstasie van die Suid-
               Afrikaanse sitrus-industrie?                                          (1 x 1) (1)

      3.5.2    Verduidelik hoe die Sitruskwekersvereniging voordelig is vir die sitrus-
               produsente in Suid-Afrika.                                       (1 x 2) (2)

      3.5.3    Watter bewyse in die bron dui daarop dat transformasie in die sitrus-
               industrie stadiger is as wat verwag is?                       (1 x 2) (2)

3.6   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ paragraaf
      van ongeveer AGT lyne (80 woorde) waarin jy die impak van globalisasie op die
      sitrus-industrie in Suid-Afrika verduidelik.                                           (8)
                                                                                             [50]

                                                                                              b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                         GESKIEDENIS                                   9
                                         (Vraestel 2)                       10792/20

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE in hierdie afdeling nie.

Jou opstel moet ten minste DRIE bladsye wees.

VRAAG 4:     BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT DIE 1980’s –
             SUID-AFRIKA: DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s

Sport, kultuur en akademiese boikotte was die belangrikste vorms van internasionale
weerstand teen apartheid. Dit het druk geplaas op die Nasionale Party regering om
apartheid te beëindig in die 1980’s.

Bespreek die bogenoemde stelling krities. Ondersteun jou antwoord met relevante
bewyse.                                                                                [50]

VRAAG 5:     DIE KOMS VAN DEMOKRASIE IN SUID-AFRIKA EN DIE
             AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

Verduidelik tot watter mate leierskap, onderhandelings en kompromieë aangegaan deur
verskeie rolspelers verseker het dat Suid-Afrika na ŉ demokrasie beweeg het in 1994.

Maak gebruik van die nodige bewyse om jou antwoord te ondersteun.                      [50]

VRAAG 6:     DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ŉ NUWE WÊRELDORDE:
             DIE GEBEURE VAN 1989

Dit was die val van kommunisme wat grootliks verantwoordelik was vir politieke
veranderinge in Suid-Afrika na 1989.

Stem jy saam met die bogenoemde stelling? Maak gebruik van relevante bewyse om jou
antwoord te ondersteun.                                                            [50]

                                                                              TOTAAL: 150

                                           EINDE

## Related documents

- [Gr12 History P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01) — History · QP · 2021 · Afr
- [Grade 12 NSC History P2 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-addendum/4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed) — History · Addendum · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC History P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c) — History · Memo · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC History P2 Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-preparatory-2017-question-paper/badeb23c-1096-472f-a56c-66498abe1e7b) — History · QP · 2017
- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-addendum/4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995) — History · Addendum · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans)) 2015 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-2015-preparatory-examination-addendum/46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955) — History · Addendum · 2015 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
