# History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2017 Addendum (Afrikaans)

> Grade 12 History Paper 2 addendum from the Gauteng Mock Exam 2017 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-preparatory-2017-addendum/a3c132d9-106b-44fe-bf31-c202c40d85d9
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Addendum
- Year: 2017
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2017 Addendum (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-preparatory-2017-addendum/a3c132d9-106b-44fe-bf31-c202c40d85d9)

## About this document

History · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2017 · Afrikaans. Addendum, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

       GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
               VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                        2017
                        10792

                     GESKIEDENIS
                    VRAESTEL TWEE
                      ADDENDUM
14 bladsye

   3
                                            b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                               GESKIEDENIS ADDENDUM                                       2
                               (Tweede Vraestel)                         10792/17

                 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                          VOORBEREIDENDE EKSAMEN

                                                      GESKIEDENIS
                                                      (Vraestel Twee)

VRAAG 1

HOE HET STEVE BIKO EN DIE SWARTBEWUSSYNSBEWEGING DIE
APARTHEIDSREGERING IN DIE 1970’s UITGEDAAG?

BRON 1A

Die volgende bron lig die idees van Steve Biko en die Swartbewussynsbeweging uit.

Biko en sy jong kamerade het die filosofie van Swartbewussyn bemark, wat
swartmense aangemoedig het om hulself van die kettings van onderdrukking te
bevry en vir alle swartes (insluitende Afrikane, bruinmense en Indiërs) om te werk na
bevryding. Biko het swartmense aangemoedig om die verantwoordelikheid van hul
eie stryd op hulself te neem en nie op liberale wittes te steun nie. Om dít te doen,
was dit nodig vir swartmense om hulself van die diepgewortelde gevoelens van
minderwaardigheid, as gevolg van 300 jaar van onderdrukking te bevry. Inteendeel,
swartmense moes eerder ŉ trots om swart te wees ontwikkel, asook die selfvertroue
om hul eie toekoms te bepaal.

Die Swartbewussynsbeweging het die hele wit struktuur wat in Suid-Afrika bestaan
het uitgedaag deur alternatiewe strukture te ontwikkel. Die studente het die Black
People’s Convention (BPC) gestig, wat ŉ sambreelligaam (organisasie) was met die
doel om alle Swartbewussynsaktiwiteite te koördineer. Dit het selfstandigheid deur
die skepping van Swartgemeenskapsprogramme aangemoedig.

Swartbewussyn het ŉ belangrike rol gespeel om die Soweto-jeug in 1976 te
inspireer om tot aksie oor te gaan. Swartbewussyn se filosofie het hulle met
selfvertroue gevul om hul eie moeilike omstandighede aan te spreek. Die Suid-
Afrikaanse Studentebeweging (SASM) was ŉ Swartbewussynsorganisasie vir
hoërskoolleerlinge.

                              [Uit: http://www.sahistory.org.za/archive/ Verkry op 19 Mei 2017]

                                                                                           b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                 GESKIEDENIS ADDENDUM                                        3
                                 (Tweede Vraestel)                          10792/17

BRON 1B

Die volgende artikel is vir die Suid-Afrikaanse Geskiedenisargiewe geskryf en dit
verduidelik die gevangenisstraf en dood van Steve Biko in September 1977.

In die nasleep van die stedelike opstande van 1976, met die moontlikheid van ŉ
naderende nasionale revolusie, het die veiligheidspolisie op 18 Augustus vir Biko,
die uitgesproke studenteleier, in aanhouding geplaas. Hy was dertig jaar oud en,
volgens berigte, uiters fiks toe hy in hegtenis geneem is. Hy is in Port Elizabeth
gearresteer en op 11 September 1977 na Pretoria Sentrale Gevangenis,
Transvaal (nou Gauteng) oorgeplaas. Op 12 September is hy in aanhouding
oorlede – die 20ste persoon wat in die voorafgaande agtien maande in aanhouding
oorlede is.

ŉ Post-mortem (nadoodse mediese ondersoek) is die dag na Biko se dood in die
teenwoordigheid van sy familie uitgevoer. Volgens die verklaring deur die Minister
van Justisie en Polisie, Jimmy Kruger, is Biko tydens ŉ hongerstaking dood.
Hierdie verklaring was nie vir die waarnemers en Biko se naasbestaandes
voldoende nie. Die mediese verslae wat deur minister Kruger ontvang is, is nooit
openbaar gemaak nie.

Aangesien Biko die twintigste persoon was wat in polisie-aanhouding dood is, het
ŉ aantal koerante hul eie privaat ondersoek gedoen en agtergekom dat Biko as
gevolg van kopbeserings oorlede is. Hulle ondersoek het ook aan die lig gebring
dat Biko, voordat hy na Pretoria vervoer is, aangerand is en geen mediese
behandeling ontvang het nie. Drie Suid-Afrikaanse koerante het berig dat Biko nie
as gevolge van ŉ hongerstaking gesterf het nie.

Kruger het ŉ klag teen een van die koerante, The Rand Daily Mail, by die Suid-
Afrikaanse Persraad ingedien nadat dit ŉ voorbladartikel gepubliseer het waarin
hulle beweer het dat Biko aan breinskade oorlede is. The Star, nog ŉ dagblad, het
die Rand Daily Mail ondersteun en daarop gewys dat koerante sal voortgaan om
oor die omstandighede rondom Biko se dood te skryf aangesien die polisie blyk
daarvoor verantwoordelik blyk te wees.

       [Uit: http://www.sahistory.org.za/article/bikos-imprisonment-death Verkry op 2 Junie 2017]

                                                                                              b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                               GESKIEDENIS ADDENDUM                                     4
                               (Tweede Vraestel)                        10792/17

BRON 1C

Die onderstaande bron is ŉ plakkaat van die Azanian People’s Organisation
(AZAPO). Dit is in 1977 by Steve Biko se begrafnis gebruik om hulde aan Biko se
bydrae tot die vryheidstryd in Suid-Afrika te bring.

         BIKO AND SOLIDARITY

                [Uit: Biko, The Quest For A True Humanity deur The Steve Biko Foundation]

Black People’s Convention (Swart Mense se Konvensie)
Huldeblyk aan die wyle, erePresident Bantu Steve Biko
Een Azania: Een Nasie

                                                                                            b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                 GESKIEDENIS ADDENDUM                                       5
                                 (Tweede Vraestel)                         10792/17

BRON 1D

Die onderstaande bron is ŉ uittreksel uit ŉ verslag vir South African History Online
en dit verduidelik hoe die apartheidsregering op die dood van Biko gereageer het.

Talle voorvalle van ontwrigting deur die polisie is voor en tydens die begrafnis
aangemeld. Aangesien die begrafnis wydverspreide internasionale mediadekking
geniet het, was die begrafnis ook ŉ geleentheid om voor ŉ groot gehoor protes te
lewer. Die Suid-Afrikaanse Regering het hul onlustepolisie gemobiliseer om groepe
roubeklaers (begrafnisgangers) in afwagting op die protes op te breek en mense wat
by die organisering van Biko se begrafnis betrokke was, is gearresteer, aangehou of
verban. Om te voorkom dat hulle die begrafnis bywoon, is mense wat vir die
begrafnis na King Williams’s Town gereis het, ook gearresteer omdat hulle nie hul
pasboeke gedra het nie.

Volgens The World Newspaper, wat later verban is, het die grootste insident van
polisie-inmenging egter by die Dube Young Women Christian Association (YWCA) in
Soweto, plaasgevind. Roubeklaers het by die YWCA byeengekom om ŉ nagwaak
te hou voor die bus sou vertrek. Alhoewel die polisie geweier het om die twee busse
toe te laat, het die Black People’s Convention besluit om met die begrafnisreëlings
voort te gaan. Gevolglik het die onluste-polisie, terwyl die busse mense opgelaai
het, opgedaag, en begin om vensters te breek en die mense op die bus met ŉ
sambok (sweep) te slaan. Polisiebeampte het ook kannetjies traangas in die saal
waar die roubeklaers gebid het, afgevuur.

             [Uit: https:v1.sahistory.org.za/pages/governance-projects/bc. Verkry op 3 Junie 2017]

                                                                                             b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                  GESKIEDENIS ADDENDUM                                      6
                                  (Tweede Vraestel)                         10792/17

VRAAG 2

HOE SUKSESVOL WAS DIE WAARHEIDS- EN VERSOENINGSKOMMISSIE
(WVK) IN DIE ONTBLOTING VAN DIE WAARHEID OOR DIE DERDE
MAGBEDRYWIGHEDE?

BRON 2A

Die onderstaande bron fokus op die redes vir die stigting van die Waarheids- en
Versoeningskommissie in 1995. Dit is geneem uit South African History Online.

Die hoofdoelwit van die WVK is om so ŉ volledige beeld moontlik te skep van die
growwe menseregteskendings tussen Maart 1960 (die maand waarin die Sharpville-
slagtings plaasgevind het en die gevolglike gewapende vryheidstryd begin het) en
10 Mei 1994 (die datum waarop Nelson Mandela as die eerste demokratiese
staatspresident ingehuldig is).

Die Waarheids- en Versoeningskommisie sal die growwe menseregteskendings
ondersoek wat verband hou met die vroeëre politieke konflikte in Suid-Afrika, binne
en buite die Republiek, ongeag of dit deur die regering se veiligheidsmagte of die
bevrydingsbewegings gepleeg is. ŉ Growwe menseregteskending word volgens die
WVK-Wet as “die moord, ontvoering, marteling of ernstige slegte behandeling van ŉ
persoon” gedefinieer. Gevolglik is die wettige onregte van apartheid, soos
gedwonge verskuiwings of langdurige aanhouding , uitgesluit van die ondersoek van
die WVK. Die Kommissie se ondersoek moes fokus op die buitensporighede van die
apartheidsisteem terwyl die inherente (ingeboude) kriminaliteit van die apartheid-
regsorde grootliks onaangeraak is. Die Waarheids-en Versoeningskommissie is
deur drie subkomitees bygestaan: die Menseregteskendingskomitee, die
Amnestiekomitee en die Reparasie-en Rehabilitasiekomitee.

 [Uit: Common Past, Divided Truth: The Truth And Reconciliation Commission in South African Public
                                                                        Opinion deur G Theissen]

                                                                                            b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                              GESKIEDENIS ADDENDUM                                      7
                              (Tweede Vraestel)                         10792/17

BRON 2B

Hierdie uittreksel is geskryf deur Padraig O’ Malley (Professor in Politieke Studies
aan die Universiteit van die Wes-Kaap) en verskyn in die voorlegging van die
Nasionale Party aan die WVK in 1997. Dit fokus op De Klerk se getuienis voor die
WVK.

Miljoene ondersteuners van die Nasionale Party wat entoesiasties die nuwe Suid-
Afrika verwelkom het, wat vir die hervormingsbeleid in 1987, 1989 en in die 1992-
referendum gestem het, het nou vervreemd en geviktimiseerd begin voel. Dit is ewe
belangrik om die rol te erken wat die Nasionale Party en ŉ wye verskeidenheid van
Suid-Afrikaners gespeel het in die skep van die nuwe Suid-Afrikaners as wat dit is
om dié te identifiseer wat verantwoordelik was vir die menseregteoortredinge deur
alle partye in die konflik. Die Kommissie raak toenemend meer betrokke by die
party-politieke proses. Sommige van die Kommissie se aksies en verklarings, soos
die mediakonferensie op 16 Januarie 1997, het die indruk geskep dat dit ŉ partydige
(in die guns van ŉ spesifieke party) standpunt teen ons Party en sy leiers
aangeneem het.

Kommer word uitgespreek dat die Kommissie in die aanloop tot die 1999-verkiesings
deur die ANC misbruik mag word tot nadeel van al die ander politieke partye. Ons
het onlangs ŉ voorbeeld hiervan gesien: ŉ ANC-leiersfiguur, self ŉ aansoeker vir
amnestie, het op grond van getuienis voor die WVK, my, as leier van ons Party,
daarvan beskuldig dat ek kennis van politieke moorde gehad het wat klaarblyklik
deur die veiligheidsmagte tydens my presidentskap uitgevoer is. Dit het daartoe
gelei dat ŉ belangrike koerant ŉ hoofopskrif gepubliseer het: De Klerk se doodsplase
– asof dit ŉ bewese feit was. Al hierdie dinge het gebeur ten spyte van die gebrek
aan ondersteunende bewyse asook kategoriese (onvoorwaardelike) ontkenning
deur my dat ek ooit van sulke verwikkelinge bewus was. Sulke beskuldigings wat uit
die Kommissie se publieke aktiwiteite voortspruit, is nie net uiters onregverdig nie-
dit ondermyn die vermoë van ŉ wettige politieke party om op gelyke basis aan die
demokratiese proses deel te neem.

                             [Uit: https://www.nelsonmandela.org>site Verkry 9 Februarie 2017]

                                                                                         b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                           GESKIEDENIS ADDENDUM                             8
                           (Tweede Vraestel)                    10792/17

BRON 2C

Die volgende spotprent deur Zapiro beklemtoon FW de Klerk se kennis oor
Vlakplaas en ander apartheidsdoodsplase. Dit toon dat De Klerk nie die volle
openbaring oor wat op die doodsplase gebeur het, gelewer het nie.

                  VLAKPLAAS

                                                                      DAAR GAAN
                                                                      OOGLOPEND
                                                                      MEER AAN

                                                                      WVK

                                                                      ANDER
                                                                      APARTHEIDS-
                                                                      DOODSPLASE

                                      [Uit: Sowetan, 27 Maart 2000]

                                                                            b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                              GESKIEDENIS ADDENDUM                                    9
                              (Tweede Vraestel)                       10792/17

BRON 2D

Die volgende bron fokus op die WVK se bevindinge oor mnr. FW de Klerk se
getuienis voor die WVK. Die uittreksel is uit die Daily Maverick van
4 Februarie 1995 geneem.

FW de Klerk het verklaar dat nie hy óf sy kollegas in die kabinet en die
Staatsveiligheidsraad die uitvoer van onwettige dade gemagtig of beveel het nie.
Gegewe die sentrale rol wat die voormalige Staatspresident in die transformasie van
Suid-Afrikaanse politiek gespeel het, asook sy rol in die 1990 –1994 periode, het die
Kommissie die volgende bevindings gemaak:

Die Kommissie bevind dat, mnr. De Klerk tydens sy getuienis voor die Kommissie op
21 Augustus 1996 en 14 Mei 1997, geweet het en deur sy Minister van Wet en Orde
sowel as die Kommissaris van Polisie ingelig is dat hulle deur die voormalige
Staatspresident PW Botha gemagtig was om Khotso House te bombardeer.

Die Kommissie bevind dat die bombardement van Khotso House ŉ ernstige
menseregteskending is. Die Kommissie bevind dat voormalige Staatspresident FW
de Klerk oneerlik was omdat hy die Kommissie nie in sy vertroue geneem het nie en
hulle nie oor alles waarvan hy kennis dra, ingelig het nie – ondanks die verpligting
om dit te doen. Die Kommissie bevind dat mnr. De Klerk versuim het om die volle
waarheid van die growwe menseregteskendings wat deur senior lede van die
regering en senior lede van die Suid-Afrikaanse Polisie gepleeg is, te openbaar,
ongeag die geleentheid om dit te doen. Die Kommissie bevind dat sy versuim om dit
te doen neerkom op materiële nie-openbaarmaking, wat hom volgens die
Kommissie aandadig maak aan growwe menseregteskendings.

                                     [Uit: www.politicsweb.co.za Verkry op 9 Februarie 2017]

                                                                                       b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                GESKIEDENIS ADDENDUM                                        10
                                (Tweede Vraestel)                           10792/17

VRAAG 3

HOE HET GLOBALISERING DIE TEKSTIELBEDRYF IN SUID-AFRIKA
BEÏNVLOED?

BRON 3A

Die onderstaande bron is ŉ uittreksel uit ŉ webtuiste oor globalisering en verduidelik
die konsep daarvan.

Globalisering is ŉ proses van interaksie en integrasie tussen die mense,
maatskappye en regerings van verskillende lande, ŉ proses wat deur internasionale
handel en belegging gedryf word en deur inligtingstegnologie ondersteun word.

Die huidige golf van globalisering is gedryf deur beleide wat binnelandse en
buitelandse ekonomieë geopen het. In die jare sedert die Tweede Wêreldoorlog, en
veral gedurende die afgelope twee dekades, het talle regerings vryemark-
ekonomiese stelsels aangeneem wat hul eie produksiepotensiaal aansienlik vergroot
het en ontelbare nuwe geleenthede vir internasionale handel en belegging geskep
het. Regerings het ook onderhandel vir dramatiese verlaging in handelshindernisse
en het internasionale ooreenkomste ingestel om handel in goedere, dienste en
belegging te bevorder. As gevolg van nuwe geleenthede in buitelandse markte, het
korporasies buitelandse fabrieke gebou en produksie en bemarkingsooreenkomste
met buitelandse vennote gevestig. ŉ Duidelik omskrywing van globalisering is dus
ŉ internasionale industriële en finansiële besigheidstuktuur.

Globalisering is egter baie omstrede. Voorstanders van globalisering argumenteer
dat dit arm lande en hul burgers toelaat om ekonomies te ontwikkel en hul
lewenstandaarde te verhoog, terwyl teenstanders van globalisering beweer dat die
skepping van ŉ onbeperkte internasionale vryemark multinasionale korporasies in
die Westelike wêreld bevoordeel ten koste van plaaslike ondernemings, plaaslike
kulture en gewone mense.

                 [Uit: http://www.globalization101.org/what-is-globalization Verkry op 26 Mei 2017]

                                                                                              b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                GESKIEDENIS ADDENDUM                                       11
                                (Tweede Vraestel)                          10792/17

BRON 3B

Die onderstaande bron fokus op die sosiale effek wat die tekstielbedryf op vroue in
Suid-Afrika gehad het.

Baie klerewerkers in ontwikkelende lande sou nie ŉ inkomste in die formele sektor
hê as dit nie vir die klerebedryf was nie …

By die identifisering van diegene wat meer aan handelsverwante skokke blootgestel
is, val klerewerkers binne die bestaansgroepe van ‘stedelike industriële werkers’ en
‘landelike industriële werkers’ – kategorieë wat gekenmerk word deur lae
toegangshindernisse (bv. vaardighede), lae lone en hoë vlakke van vervelige werk.
Sowat 86 persent van die werkers in die Suid-Afrikaanse klerebedryf is vroue wat by
die wêreldwye tendens aansluit. Vroue word beskou as besonder ‘geskikte’ werkers
vir die klerebedryf omdat hulle vermeende kapasiteit vir lang periodes van fisiese
onbeweeglikheid (kan lank stil sit), geduld, behendigheid (sagtheid) en vir hulle
inskiklikheid (volg instruksies).

Bestaanstrategieë vir afgedankte klerewerkers word beperk deur die gebrek aan
ekonomiese geleenthede in gemeenskappe wat reeds onder stres is en ŉ tekort aan
hulpbronne het. Eerstens, voor die verlies aan hul werk, was dié werkers lae
inkomsteverdieners… Mense in ander sektore het hul werk verloor en as gevolg van
die werkverlies is dié huishoudings in armoede gedompel. Tweedens kan hierdie
werkers nie alternatiewe werk vind nie as gevolg van beperkte ekonomiese
diversifikasie asook die lae koers van werkskepping en gevolglik arbeidsabsorpsie in
Suid-Afrika.
              [Uit: http://www.tips.org.za/files/trade_vanderwesthuizen.pdf Verkry op 24 Mei 2017]

                                                                                             b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                              GESKIEDENIS ADDENDUM                                12
                              (Tweede Vraestel)                    10792/17

BRON 3C

Hierdie spotprent beeld die effekte van globalisering op die Suid-Afrikaanse
tekstielbedryf uit.

                                                            Sedert 2001 het
                                                            meer as 800
                                                            firmas en
                                                            100 000 werks-
                                                            geleenthede uit
                                                            die Suid-
                                                            Afrikaanse
                          SA Tekstielbedryf
                                                            tekstielbedryf
                                                            verdwyn.

                                                 [Uit: www.obami.com Verkry op 28 Mei 2017]

                            Ramspoed dreig

                                                                                   b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                              GESKIEDENIS ADDENDUM                                   13
                              (Tweede Vraestel)                       10792/17

BRON 3D

Die volgende bron verduidelik Cosatu se reaksie op globalisering en die impak
daarvan op die tekstielbedryf in Suid-Afrika.

Johannesburg – Die Kongres van Suid-Afrikaanse Vakbonde (Cosatu) het Maandag
in ŉ verklaring gesê dat hulle saam met hul vennote, die Suid-Afrikaanse Klere- en
Tekstielwerkersunie (SACTWU), die aankondiging verwelkom het dat die regering
op 1 September 2006 kwotas op die invoer van klere en tekstiel uit China
aangeteken het.

“Ons verwelkom veral die sekretaris-generaal van SACTWU se voorspelling dat,
indien dit behoorlik geïmplementeer word, die ooreenkoms oor kwotas kan help om
meer as 55 000 nuwe werksgeleenthede in die plaaslike klere- en tekstielbedryf te
skep.

“In net vier jaar, het die bedryf ongeveer 67 000 werksgeleenthede verloor as gevolg
van die toename in Chinese invoere. Sedert 2002 het die invoer van klere uit
daardie land met 480% gestyg. As gevolg hiervan was ons handelsbalans met
China aan die einde van 2005 ŉ tekort van R23 miljard.

Volgens Cosatu kla kleinhandelaars – waarvan die vyf grootstes oor die vier jaar
R18,1 biljoen in voorbelaste winste gemaak het – dat hierdie kwotas die prys vir die
verbruiker sal verhoog.

“Hierdie kwotas moet ons almal bevoordeel. Werksgeleenthede sal gered en
geskep word. ŉ Bedryf wat op die rand van ineenstorting gestaan het, kan hernuwe
word. Intussen sal verbruikers in staat wees om Trots Suid-Afrikaanse goedere van
uitstekende gehalte en waarde te koop. Die handelsbalans met China sal van ŉ
tekort na ŉ surplus beweeg en die hele ekonomie sal baatvind by ŉ sterk en
groeiende klere- en tekstielbedryf.

                    [Uit: http://www.fin24.com/Economy-20060904 Verkry op 2 Junie 2017]

                                       EINDE

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                               GESKIEDENIS ADDENDUM                           14
                               (Tweede Vraestel)                  10792/17

ERKENNING
Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:

Biko, S. The Quest For A True Humanity (The Steve Biko Foundation, Issue 2:
January 2012)

http://theconversation.com/why-bikos-black-consciousness…
http://www.fin24.com/Economy-20060904
http://www.sahistory.org.za/archive/…
http://www.sahistory .org.za/article/bikos-imprisonment-death..
http://www.tips.org.za/files/trade _vanderwesthuizen.pdf
http://www.fin24.com/Economy-20060904.
Sowetan, 27 March 2000
The Daily Maverick, FW De Klerk and the TRC – NEWS
ANALYSIS…www.politicsweb.co.za.
The O’Malley Archives – Nelson Mandela Foundation
Theissen, G. Common Past, Divided Truth: The Truth And Reconciliation
Commission in South African Public Opinion
https:v1.sahistory.org.za/pages/governance-projects/bc
https://www.nelsonmandela.org>site
www.obami.com

                                        EINDE

## Related documents

- [Grade 12 NSC History P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c) — History · Memo · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC History P2 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-addendum/4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed) — History · Addendum · 2019 · Afr
- [Gr12 History P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01) — History · QP · 2021 · Afr
- [Grade 12 NSC History P2 Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-preparatory-2017-question-paper/badeb23c-1096-472f-a56c-66498abe1e7b) — History · QP · 2017
- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-addendum/4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995) — History · Addendum · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans)) 2015 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-2015-preparatory-examination-addendum/46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955) — History · Addendum · 2015 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 History P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-history-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
