# History Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2017 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 History Paper 2 memorandum from the Gauteng Mock Exam 2017 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2017
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 23

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2017 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c)

## About this document

History · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2017 · Afrikaans. Memorandum, 23 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                             2017
                   NASIEN RIGLYNE

VAK:           GESKIEDENIS VS 2 (10792)

23 bladsye

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                    10792 / 17

                       GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                            VOORBEREIDENDE EKSAMEN – 2017

                                                   GESKIEDENIS
                                                   (Tweede Vraestel)

                                        MEMORANDUM

1.      BRONGEBASEERDE VRAE

1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te ontwikkel:

     Kognitiewe                                                        Gewigstoekenning
                                Historiese vaardighede
       Vlakke                                                              van vrae
                   •    Onttrek inligting uit bronne
                   •    Selektering en organisasie van relevante              30%
      VLAK 1
                        inligting uit bronne                               (15 punte)
                   •    Definieer historiese begrippe / terme
                   •    Interpretasie van bewyse uit bronne
                                                                              40%
      VLAK 2       •    Verduidelik inligting verkry uit bronne
                                                                           (20 punte)
                   •    Analiseer bewyse uit bronne
                   •    Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne
                   •    Skakel met bronne om bruikbaarheid,
                        betroubaarheid, eensydigheid en beperkings
                                                                              30%
      VLAK 3            vas te stel
                                                                           (15 punte)
                   •    Vergelyk en kontrasteer interpretasies en
                        perspektiewe in die bronne en kom tot
                        onafhanklike gevolgtrekkings

1.2     Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word:

        •   By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige ander
            geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of voorbeelde.
        •   Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan die
            vereistes van die vraag voldoen is.
        •   In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan aandag
            gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in kursiefgedrukte skrif aangedui.

1.3     Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae:
        • Gebruik ŉ regmerk () vir elke korrekte antwoord.
           Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee redes en
           word twee punte elk toegeken ();
           (1 x 2) wat neerkom op een rede en twee punte toegeken word ().
        • Indien ŉ vraag 4 punte tel, word 4 regmerkies () aangedui.

                                               2

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                       10792 / 17

Paragraafvraag
      Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die inhoud en die
      struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte toegeken
      word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer ŉ antwoord op ŉ paragraafvraag
      geassesseer word:

      •    Lees die paragraaf en plaas ŉ kolpunt (.) by elke punt binne-in die teks waar die
           kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord.
       •   Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat in staat was
           om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te beantwoord.
       •   Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is vir die paragraaf aan die
           einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1, 2, of 3) soos aangedui in die holistiese
           rubriek en gee ŉ kort kommentaar bv.
      ___________ . __________________________ . _________________________
      _____________________________________________ . _________________
      √√√√√
      Vlak 2
      Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf
          Tel al die regmerkies vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt aan die
         regterkantse onderste kantlyn, bv. 32
                                              50

      •    Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die antwoordeboek
           oorgedra word.

                                                3

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                    10792 / 17

2.    OPSTELVRAE

2.1   By opstelvrae moet die kandidaat:

      •   In staat sal wees om hul argument op ŉ logiese en samehangende wyse te stel.
          Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en bymekaarvoeg sodat
          dit vir hulle moontlik sal wees om ŉ redelike reeks feite of ŉ effektiewe argument te
          kan weergee om sodoende die gestelde vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat
          ŉ opstel ŉ inleiding, ŉ samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en ŉ
          slot het.

2.2   Nasien van opstelvrae

      •   Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word deur die
          handboeke wat by ŉ spesifieke sentrum gebruik is.
      •   Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en / of samevatting hê as dit wat
          ingesluit is by ŉ riglyn vir nasien van ŉ spesifieke opstel.
      •   By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet kry vir
          enige ander relevante antwoord.

2.3   Globale assessering van ŉ opstel

      Die opstel sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat die
      onderwyser die totale produk as ŉ geheel sal bepunt sonder om die samestellende dele
      individueel te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder aan om ŉ individuele
      mening aan te bied deur gebruik te maak van geselekteerde feitelike bewyse om ŉ
      argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder verwag word om slegs 'feite' neer
      te skryf om ŉ beter punt te behaal nie. Hierdie benadering sal leerders ook ontmoedig om
      'model-antwoorde' voor te berei en te reproduseer sonder om die spesifieke vereistes
      van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan leerders se
      mening, ondersteun deur bewyse. Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word
      leerders met holistiese assessering nie vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie,
      aangesien die klem op die volgende val:
      • Die konstruksie / daarstelling van ŉ argument
      • Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument te ondersteun
      • Die leerder se interpretasie van die vraag

2.4   Assesseringsprosedures van die opstel

      2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die opstel nagesien word.

      2.4.2 Tydens die eerste deurlees van die opstel moet regmerkies toegeken word vir ŉ
            relevante inleiding (aangedui met ŉ kolpunt ('bullet') in die nasienriglyne /
            memorandum), vir elke hoofmoment / aspek wat volledig gekontekstualiseer is en
            ŉ relevante slotopmerking (aangedui met ŉ kolpunt in die nasienriglyn /
            memorandum) bv. ŉ antwoord waar daar 5 hoofpunte is, sal daar dus 7
            regmerkies wees

                                              4

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                         10792 / 17

      2.4.3 Die volgende addisione simbole kan gebruik word:
            • Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik gekontekstualiseer nie

                                                   ^
               •    Verkeerde stelling             _________________

               •    Irrelevante stelling           |
                                                   |
                                                   |

               •    Herhaling                      R

               •    Analise                        A√

               •    Interpretasie                  I√

2.5   Die matriks

      Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle.

      By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die matriks voorsien
      word. Tydens die assessering van ŉ opstel moet beide die inhoud en die aanbieding in
      ag geneem word. ŉ Punt word toegeken by die snypunt van die inhoud en aanbieding,
      gebaseer op die sewe vaardigheidvlakke.

       2.5.1       Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter
                   mate die hoofmomente gedek is om en die inhoudsvlak (op die
                   matriks) vas te stel.

                                                           I      VLAK 4

       2.5.2       Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks) van die
                   aanbieding bepaal.

                                                           I      VLAK 4

                                                           A      VLAK 3

       2.5.3       Ken ŉ algehele punt toe met behulp van die matriks.

                                                           I       VLAK 4
                                                                                }26
                                                           A       VLAK 3

                                                  5

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                                                                             10792 / 17

 NASIENMATRIKS VIR OPSTELLE – TOTAAL: 50
                         VLAK 7             VLAK 6              VLAK 5                VLAK 4              VLAK 3            VLAK 2              VLAK 1*
AANBIEDING            Baie goed          Baie goed           Goed beplande         Argument beplan     Toon soms         Poging               Weinig of geen
                      beplande en        beplande en         en                    en gestruktureer.   bewys van ŉ       aangewend om         poging om die
                      gestruktureerde    gestruktureerde     gestruktureerde       Bewyse tot ŉ        gestruktureerde   antwoord te          opstel te
                      opstel. Goeie      opstel. ŉ           opstel. Poog om       sekere mate         en beplande       struktureer.         struktureer nie.
                      sintese van        Relevante           ŉ duidelike           gebruik om          argument. Poog    Grootliks
                      inligting. Het ŉ   argument is         argument te           argument te         om ŉ argument     beskrywend of
                      goed               gevolg. Bewyse      ontwikkel.            ondersteun.         vol te hou.       poog om
INHOUD                gebalanseerde,     gebruik om die      Gevolgtrekking        Slotsom bereik      Gevolgtrekking    argument te
                      oorspronklike      argument te         gemaak uit            op grond van        nie duidelik      ontwikkel. Geen
                      argument           verdedig. Poog      bewyse om die         bewyse.             ondersteun deur   poging om ŉ
                      ontwikkel met      om ŉ                argument te                               bewyse nie..      gevolgtrekking te
                      bewyse.            onafhanklike        ondersteun                                                  maak nie.
                      Argument           gevolgtrekking
                      deurgaans          uit die bewyse te
                      volgehou en        maak om die
                      verdedig.          argument te
                      Onafhanklike       ondersteun..
                      gevolgtrekking
                      gemaak uit
                      bewyse om die
                      argument te
                      ondersteun
VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord.
Inhoudskeuse ten         47–50              43–46
volle relevant tot
argument wat
gevolg is.
VLAK 6
Vraag is
beantwoord.
Inhoudseleksie           43–46              40–42               38–39
relevant tot
argument wat
gevolg is.
VLAK 5
Vraag grotendeels
beantwoord.              38–39              36–37               34–35                 30–33               28–29
Inhoud toereikend
en relevant.
VLAK 4
Vraag herkenbaar
in antwoord.
Sommige                                                         30–33                 28–29               26–27
weglatings of
irrelevante keuse
van inhoud.
VLAK 3
Keuse van inhoud
hou verband met
vraag, maar
beantwoord dit nie.                                                                   26–27               24–25             20–23
Hou soms nie
verband met die
vraag nie.
Weglatings.
VLAK 2
Vraag
ontoereikend                                                                                              20–23             18–19                14–17
beantwoord.
Inhoud skraal.
VLAK 1*
Vraag
ontoereikend
beantwoord of glad                                                                                                          14–17                 0–13
nie. Ontoereikend
of irrelevante
inhoud.

 *Riglyne vir die toekenning van ŉ punt in Vlak 1:
 •     Vraag glad nie beantwoord nie / totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0
 •     Antwoord sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1–6
 •     Vraag ontoereikend en vaag beantwoord; klein poging om die opstel te struktureer                          = 7–13

                                                                               6

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                      10792 / 17

VRAAG 1
HOE HET STEVE BIKO EN DIE SWARTBEWUSSYNSBEWEGING DIE
APARTHEIDSREGERING IN DIE 1970’S UITGEDAAG?
1.1
     1.1.1 [Verduideliking van ŉ historiese konsep uit Bron 1A – V1]

            (a)    Swartbewussyn

                   •   ŉ Filosofie wat swart trots en waardes aanmoedig.
                   •   Swart mense moet hulself van die boeie van minderwaardigheid bevry.
                   •   Swart mense moet hulself van die kettings van onderdrukking bevry.
                   •   Swart mense moet hulself bemagtig deur die verantwoordelikheid vir
                       hul eie stryd op hulself te neem.
                   •   Enige ander relevante antwoord                       (Enige 1 x 2) (2)

            (b)    Bevryding

                   •   Om vrygemaak te word van onderdrukking van die apartheidsregering
                       in die 1990’s in Suid-Afrika.
                   • Om swart mense vry te maak van onderdrukking – apartheid.
                   • Enige ander relevante antwoord
                                                                         (Enige 1 x 2) (2)
      1.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]

            •     Swart mense moet trots in hul ‘swartwees’ ontwikkel.
            •     Swart mense moet hulself van die gevoel van minderwaardigheid bevry.
            •     Swart mense moet selfvertroue ontwikkel om hul eie toekoms te bepaal.
                                                                                  (1 x 2) (2)

      1.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]

            •     Moedig selfstandigheid aan onder swart mense.
            •     Koördineer aktiwiteite van SB.
            •     Enige ander relevante antwoord.                              (Enige 1 x 2) (2)

      1.1.4 [Vasstelling van die nut (bruikbaarheid) van bewyse in Bron 1A –V3]

            Die bron is bruikbaar omdat:

            •     Dit beklemtoon die mikpunte (doelwitte) en idees van Swartbewussyn.
            •     Dit help ons verstaan wat die redes vir die vestiging van die BPC was.
            •     Dit verduidelik die impak wat SB op die jeug in 1976 gehad het.
            •     Enige ander relevante antwoord                                (Enige 2 x 2) (4)

                                               7

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                      10792 / 17

1.2
      1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
            •     Pretoria Sentrale Gevangenis                                        (1 x 1) (1)

      1.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V1]
            •     ‘die 20ste persoon wat in die voorafgaande agtien maande in aanhouding
            oorlede is’                                                           (1 x 1) (1)

      1.2.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B – V2]
            •     Hongerstaking                                                       (1 x 1) (1)

      1.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B –V2]
            •     Biko was baie fiks toe hy gearresteer is.
            •     Die outopsie is voor hulle uitgevoer en hulle het waarskynlik die kneusplekke
                  gesien en dat hy voor sy oorplasing / vervoer aangerand is.
            •     Die polisie het genoeg rede om Biko se dood te verdoesel aangesien Biko ŉ
                  martelaar (matyr) geword het.
            •     Die koerant het in ŉ artikel aangedui dat Biko as gevolg van kopbeserings
                  oorlede is.
            •     Enige ander relevante antwoord.                               (Enige 2 x 2) (4)

      1.2.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2]
            •     Kruger het geweet dat hy leuens vertel.
            •     Hy het die bevel van iemand hoër uitgevoer.
            •     Dit wys hoe arrogant hy was en dat hy gedink het dat die publiek dit nie hoef
                  te weet nie.
            •     Enige ander relevante antwoord                              (Enige 2 x 2) (4)

1.3
      1.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2]
            •      Biko is vry van onderdrukking – die ketting is gebreek.
            •      Biko is beskou as ŉ baie belangrike vryheidsvegter – die plakkaat is ŉ
                   huldeblyk.
            •      Biko het die swart samelewing verenig – die hoofopskrif is: ‘Biko and
                   Solidarity’.
            •      Biko is deur mense vereer – huldeblyk.
            •      Enige ander relevante antwoord                              (Enige 2 x 2) (4)

      1.3.2 [Analise van inligtin uit Bron 1C – V2]
            •      Biko is vry van die ketting van onderdrukking.
            •      Beklemtoon die feit dat Biko vry is – die einste apartheidsregering wat hom
                   onderdruk het, het hom vrygestel deur hom te vermoor.
            •      Biko het vrygebreek want hy het sy denke (gedagtegang) eerste bevry voor
                   hy die apartheidregering uitgedaag het.
            •      Hy was ŉ vryheidsvegter wat vir die bevryding van alle swart Suid-
                   Afrikaners geveg het.
            •      Die ketting beklemtoon hoe moeilik dit was om vryheid te bekom.
            •      Enige ander relevante antwoord.                              (Enige 2 x 2) (4)

                                               8

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                     10792 / 17

1.4   [Vergelyking van Bronne 1A en 1C en verduideliking van ondersteuning –V3]

      •     Bron 1A dui aan dat swart mense hulself van die boeie van onderdrukking moet
            bevry en Bron 1C dui aan dat Biko homself losbreek van die kettings wat hom van
            vryheid ontneem.
      •     Bron 1A noem die stigting van die Black People’s Convention en in Bron 1C word
            Biko vereer vir die rol wat hy in die Black People’s Convention gespeel het en
            word dit op die pamflet genoem.
      •     Enige ander relevante antwoord                                           (2 x 2) (4)

1.5
      1.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1]
            •    ‘wydverspreide internasionale mediadekking’                         (1 x 2) (2)

      1.5.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1]
            •     Vensters is stukkend geslaan.
            •     Mense is met swepe (sambokke) geslaan.
            •     Traangas is afgevuur.                                              (3 x 1) (3)

      1.5.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D –V2]
            •     Hulle het opdragte van hoër uitgevoer.
            •     Was gefrustreerd, want ten spyte daarvan dat permitte nie aan roubeklaers
                  toegestaan is nie, het hulle steeds beplan om te gaan.
            •     Voer die regerings se beleide – totale strategie- uit.
            •     Enige ander relevante antwoord                             (Enige 1 x 2) (2)

1.6   [Interpretasie, sintese en evaluarie van bewyse uit relevante bronne –V3]

      Kandidate kan die volgende aspekte in hul antwoorde insluit:
      •     Biko moedig swart mense aan om hulself van onderdrukking te bevry (Bron 1A).
      •     Biko het swartes verenig met sy oproep aan Afrikane, bruin mense en Indiërs.
            Bron 1A)
      •     Moedig swartes aan om nie op wit liberalisme staat te maak nie. (Bron 1A)
      •     Moedig swartes aan om hul eie strukture vir swartes te ontwikkel en sodoende
            van wit strukture weg te breek. (Bron 1A)
      •     Inspireer die jeug van die 1970s om tot aksie oor te gaan. (Bron 1A)
      •     Hy was ŉ uitgesproke leier. (Bron 1B)
      •     Koerante het hul eie ondersoek gedoen – dit was ŉ aanduiding dat hulle nie die
            Minister se verklaring bloot gaan aanvaar nie. (Bron 1B)
      •     Koerante het mekaar in die geveg teen die regering ondersteun.
      •     AZAPO het plakkate gepubliseer om hulde aan hul afgestorwe leier te bring.
            (Bron 1C)
      •     Roubeklaers het geweier om hulle planne om Biko se begrafnis by te woon te
            verander, selfs al het hulle nie permitte vir die busse ontvang nie. (Bron 1D)
      •     Enige ander relevante antwoord                                                 (8)

                                              9

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                                       10792 / 17

Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken.

                  •   Gebruik bewyse op ŉ baie elementêre wyse
                      bv. toon geen of min begrip van hoe Biko
                      en die SBB die apartheidsregering in die      PUNTE
   VLAK 1             1970s uitgedaag het.                           0–2
                  •   Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ŉ
                      paragraaf skryf nie.
                  •   Bewyse is meestal relevant en hou in groot
                      mate verband met die onderwerp bv. toon
                      begrip van hoe Biko en die SBB die
                      apartheidsregering in die 1970s uitgedaag     PUNTE
   VLAK 2
                      het.                                           3–4
                  •   Gebruik bewyse op ŉ baie basiese manier om
                      ŉ paragraaf te skryf.
                  •   Gebruik relevante bewyse bv. toon ŉ
                      deeglike begrip hoe Biko en die SBB die
                      apartheidsregering in die 1970s uittgedaag
   VLAK 3             het.                                          PUNTE
                  •   Gebruik bewyse baie effektief in ŉ             5–8
                      georganiseerde paragraaf en toon begrip van
                      die onderwerp.

                                                                             [50]

                                        10

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                       10792 / 17

VRAAG 2

HOE SUKSESVOL WAS DIE WAARHEID- EN VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) IN DIE
ONTBLOTING VAN DIE WAARHEID OOR DIE DERDE MAG- BEDRYWIGHEDE?

2.1
      2.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]

            •     Om die growwe menseregteskendings van die verlede se politieke konflik te
                  ondersoek.                                                     (1 x 2) (2)

      2.1.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2]
            •     Om sover moontlik ŉ beeld van die growwe menseregteskendings te skep.
            •     Om vorige politieke konflikte aan te spreek.
            •     Enige ander relevante antwoord                               (1 x 2) (2)

      2.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A –V2]
            •     As gevolg van politieke konflikte tussen die politieke partye van Suid-Afrika.
            •     Apartheidsbeleid van die Nasionale Party.
            •     Enige ander relevante antwoord                                 (Enige 1 x 2) (2)

      2.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
            •     Die Menseregteskendingskomitee
            •     Die Amnestiekomitee
            •     Reparasies- en Rehabilitasiekomitee                                  (3 x 1) (3)

      2.1.5 [Verduideliking van historiese konsepte – V1]
            •    ŉ Amptelike kwytskelding vir mense wat politiese oortredings begaan het.
            •    Vergifnis / begenadiging van iemand vir hul oortredings / misdade soos die
                 growwe menseregteskendings wat tydens apartheid gepleeg is.
            •    Enige ander relevante antwoord                                     (1 x 2) (2)

      2.1.6 [Bepaal die bruikbaarheid van ŉ bron – V3]
            •    Dit beklemtoon die hoofdoelwit van die WVK.
            •    Dit gee insig oor die WVK se omskrywing (siening) van growwe
                 menseregteoortredings.
            •    Dit verskaf ook inligting oor die verskillende subkomitees van die WVK.
            •    Enige ander relevante antwoord                                (Enige 2 x 2) (4)

                                               11

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                    10792 / 17

2.2
      2.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]
            •     Lede van die Nasionale Party het vervreemd deur die WVK gevoel.
            •     NP voel geviktimiseerd (geteiken).                       (Enige 1 x 2) (2)

      2.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1]

            •    As ŉ party wat vir hervorming gestem het in 1987, 1989 en die 1992-
                 referendum.
            •    Die party wou gehad het hul belangrike rol in die ontstaan van ŉ
                 demokratiese Suid-Afrika moes erken word.                    (Enige 1 x 2) (2)

      2.2.3 [Analise van inligting uit Bron 2B – V2]
            •    Dui op die party se toewyding om genesing en eenheid na Suid-Afrika te
                 bring.
            •    Wou erkenning by die WVK kry.
            •    Wou amnestie ontvang.
            •    Wou sy naam skoonmaak.
            •    Enige ander relevante antwoord                                 (1 x 2) (2)
      2.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B – V2]
            •     Die Kommissie se verhoogde betrokkenheid by die party-politieseproses.
            •     Die Kommissie toon vyandigheid teen oor die NP (Vyandige opmerkings
                  teenoor die NP).
            •     Die Kommissie kon deur die ANC misbruik word tot die nadeel van ander
                  partye in die aanloop van die naderende verkiesings.
            •     Enige ander relevante antwoord                            (Enige 1 x 2) (2)
      2.2.5 [Interpretasie en evaluasie van bewyse uit Bron 1B – V2]
            •    De Klerk het die WVK se werk as ŉ heksejag teen die Nasionale Party
                 gesien.
            •    Sommige Nasionale Party leiers het gesê dat die WVK ŉ vermorsing van tyd
                 was en ŉ poging om hulle te verneder.
            •    Dat die WVK die ANC bevoordeel en die feit dat senior leiers van die ANC
                 geweier het om vir amnestie aansoek te doen, ignoreer.
            •    De Klerk het wettige aksies geneem om te voorkom dat inligting wat hom by
                 die ‘derde mag’ aktiwiteite tussen 1990 en 1994 betrek, gepubliseer kan
                 word.
            •    Enige ander relevante antwoord                              (Enige 2 x 2) (4)

                                             12

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                    10792 / 17

2.3
      2.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – L2]
            •     Wys dat die WVK De Klerk se bewyse oor Vlakplaas en ander
                  apartheidsdoodsplase betwyfel.
            •     Dit wys dat die Kommissie bewus was daarvan dat De Klerk se openbarings
                  nie die volle waarheid was nie.
            •     De Klerk het nie die volle waarheid vertel / bekend gemaak nie.
            •     Enige ander relevante antwoord                              (Enige 2 x 2) (4)
      2.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – L2]
            •     Die Kommissie het bevind dat De Klerk se getuienis ŉ gebrek aan waarheid
                  toon.
            •     Hy het doelbewus versuim om sy betrokkenheid en dié van sy kabinetslede
                  te openbaar in die gruweldade wat tydens apartheid gepleeg is.
            •     De Klerk het beweer dat hy ŉ skoon gewete het in terme van sy kennis oor
                  die ontwikkelinge by Vlakplaas.
            •     Die WVK se bevindinge het openbaar dat De Klerk nie die volle waarheid oor
                  die growwe menseregteskendings deur lede van sy regering gemaak het nie.
            •     Enige ander relevante antwoord                            (Enige 1 x 2) (2)
2.4   [Vergelyk inligting in Bronne 2B en 2C – V3]
      •    Bron 2C - De Klerk toon ŉ negatiewe houding deur nie ŉ belangstelling in die
           Kommissaris se verslag te toon nie – hy kyk weg en in Bron 2B beskuldig hy die
           WVK daarvan dat hulle sy party viktimiseer.
      •    Bron 2C blameer De Klerk vir die Vlakplaas moorde terwyl Bron 2B De Klerk se
           ontkenning van kennis van politieke moorde deur sy veiligheidsmagte uitlig.
      •    Bron 2C dui die woorde ‘Vlakplaas en ander apartheidsdoodsplase’ op sy voorkop
           en Bron 2B noem ook dat die koerante De Klerk impliseer by die doodsplase deur
           die koerantopskrif oor De Klerk se doodsplase.
      •    Enige ander relevante antwoord                                   (Enige 2 x 2) (4)
2.5
      2.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D – V1]

            •     PW Botha                                                          (1 x 1) (1)

                                              13

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                   10792 / 17

      2.5.2 [Verduideliking van historiese konsepte uit Bron 2D – V1]
            •    Menseregte is regte inherent aan alle mense, sonder diskriminasie.
            •    Die fundamentele regte wat alle mense het omdat hulle mense is.
            •    Enige ander relevante antwoord.                                   (1 x 2) (2)

      2.5.3 [Analise van inligting uit Bron 2D – V2]
            •     De Klerk wou seker maak dat die gruweldade van sy kabinetslede ŉ geheim
                  bly.
            •     De Klerk voel vervreemd deur die WVK omdat hulle weier om sy toewyding
                  te erken.
            •     Hy blameer die WVK dat hulle hom nie erken nie en derhalwe het hy nie sy
                  volle samewerking gegee nie.
            •     De Klerk mag moontlik bang wees dat die waarheid ontbloot word en dat sy
                  status is gedwang gebring kan word.
            •     Hy wou vervolging vermy.
            •     Enige ander relevante antwoord.                           (Enige 1 x 2) (2)
2.6   [Interpretasie, evaluasie en sintese van relevante bronne – 3V]

      Kandidate kan die volgende aspekte in hul antwoord insluit:

      SUKSESVOL:
      •    Bewyse aan die WVK gelewer impliseer dat De Klerk by die ‘derde mag’ aktiwiteite
           betrokke was. (Eie kennis)
      •    Die WVK het bevindings oor die veiligheidsmagte se betrokkenheid by moorde
           onder De Klerk se presidensie gemaak. (Bron 2B)
      •    Die Nasionale Party het die WVK se verslag oor die NP se befondsing van die
           Derde Mag, gekritiseer. (Eie kennis)
      •    Apartheidsagente het gevoel dat hulle begenadig moes word aangesien hulle slegs
           bevele van bo uitgevoer het. (Eie kennis)
      •    Enige ander relevante antwoord.

                                              14

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                                                           10792 / 17

NIE SUKSESVOL NIE

•   Beide die SAP en die NP het geweier om verantwoordelikheid vir hulle aksies
    tydens apartheid te neem. (Eie kennis)
•   De Klerk het enige kennis van die ontwikkelinge by Vlakplaas en ander doodsplase
    ontken. (Bronne 2B en 2C)
•   Nasionale Party het sy rol in swart op swart geweld ontken. (Eie kennis)
•   Regeringsagente het gevoel dat die WVK op ŉ heksejag was en dat dit die
    ANC bevoordeel het. (Bron 2B)
•   De Klerk het die WVK daarvan beskuldig dat hulle wraak eerder as versoening
    gesoek het. (Eie kennis)
•   De Klerk het wettige aksies geneem om te voorkom dat sekere inhoud nie in die
    verslag gepubliseer word. (Eie kennis)
•   Gebrek aan enige ondersteunende bewyse in terme van De Klerk se betrokkenheid
    by die doodsplase.
•   Enige ander relevante antwoord                                                 (8)
Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken.

               •   Gebruik bewyse op ŉ baie elementêre wyse
                   bv. toon geen of min begrip of die WVK
                   suksesvol daarin was om die Derde Mag             PUNTE
VLAK 1             waarhede te ontbloot.                              0–2
               •   Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ŉ
                   paragraaf skryf nie.
               •   Bewyse is meestal relevant en hou in groot
                   mate verband met die onderwerp bv. toon
                   begrip of die WVK suksesvol daarin was            PUNTE
VLAK 2             om die Derde Mag waarhede te ontbloot.             3–4
               •   Gebruik bewyse op ŉ baie basiese manier om
                   ŉ paragraaf te skryf.
               •   Gebruik relevante bewyse bv. toon ŉ
                   deeglike of die WVK suksesvol daarin was
                   om die Derde Mag waarhede te ontbloot.
VLAK 3             Gebruik bewyse baie effektief in ŉ                PUNTE
                   georganiseerde paragraaf en toon begrip van        5–8
                   die onderwerp.

                                                                                  [50]

                                      15

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                    10792 / 17

VRAAG 3
HOE HET GLOBALISERING DIE TEKSTIELBEDRYF IN SUID-AFRIKA BEïNVLOED?

3.1
      3.1.1 [Verduideliking van historiese konsep – V1]

            (a)    Globalisering
                   •     Die beweging van mense, informasie, goedere en dienste regoor die
                         wêreld.
                   •     Mense en lande raak al hoe meer verbind – polities, ekonomies en
                         kultureel.
                   •     Verbintenis in die wêreldekonomie deur tegnologie, makliker
                         reismetodes en globale kultuur.
                   •     Konneksie tussen mense en lande wat hulle toelaat om te
                         kommunikeer en handel te dryf deur wêreldkorporasies.
                   •     Enige ander relevante antwoord                    (Enige 1 x 2) (2)

            (b)    Vryemark
                   •     ŉ Stelsel waar die prys van goedere en dienste deur die ope mark en
                         verbruikers bepaal word, en waarin die reëls en magte van
                         verskaffing vry van enige regeringsinmenging is.
                   •     Enige ander relevante antwoord                     (Enige 1 x 2) (2)

      3.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
            •      Baie regerings het die vryemark ekonomiese stelsel aangeneem.
            •      Brei hulle eie produktiewe potensiaal uit.
            •      Die skep van ŉ wye verskeidenheid nuwe geleenthede vir internasionale
                   handel en belegging.
                                                                                    (2 x 1) (2)
      3.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]
            •      Ondersteuners argumenteer dat dit armer lande en hul burgers toelaat om
                   ekonomies te ontwikkel en hulle lewenstandaarde te verbeter.
            •      Teenstanders van globalisering beweer dat die skepping van onversadigde
                   internasionale vrye markte multinasionale korporasies in die Westerse
                   wêreld bevoordeel ten koste van plaaslike ondernemings, plaaslike kulture
                   en algemene mense.
            •      Enige ander relevante antwoord                                   (2 x 2) (4)

                                             16

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                    10792 / 17

      3.1.4 [Analise van inligting uit Bron 3A – V2]

             Ondersteuners

            •      Dit laat arm lande toe om ryk te word en hul lewenstandaarde te verbeter.
            •      Globalisering het ŉ positiewe impak op arm lande en hul burgers.

            Kritici:
            •        Globalisering verryk net ryk multinasionale korporasies.
            •        Dit ignoreer die behoeftes van plaaslike ondernemings, kulture en gewone
                     mense.
            •        Dit het ŉ negatiewe impak op plaaslike besighede.
            •        Enige ander relevante antwoord.                          (Enige 2 x 2) (4)

3.2   3.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
            •      Vroue                                                            (1 x 1) (1)

      3.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B – V1]
            •      Kan immobiel wees vir langperiodes (lank op een plek stil wees)
            •      geduldig
            •      werk versigtig, sagkens
            •      volg instruksies                                           (Enige 3 x 1) (3)

      3.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B –V2]
            •      Baie het hul werk verloor.
            •      Meerderheid verdien lae lone.
            •      Baie het ŉ gebrek aan vaardighede.
            •      Baie werk in lae status beroepe.
            •      Vroue sukkel om alternatiewe werk te kry.
            •      Indien hulle hul werk verloor, word huishoudings in armoede gedompel.
            •      Enige ander relevante antwoord                            (Enige 2 x 2) (4)

3.3   3.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C –V2]
            •      Suid-Afrikaanse tekstielbedryf is deur Chinese produkte gedomineer.
            •      100 000 werksgeleenthede is verloor in die Suid-Afrikaanse tekstielbedryf
                   a.g.v China.
            •      China vernietig Suid-Afrika se tekstielbedryf.
            •      China stort hul produkte in Afrika lande.
            •      Enige ander relevante antwoord                            (Enige 2 x 2) (4)

                                               17

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                    10792 / 17

      3.3.2 [Verduideliking van die bruikbaarheid van Bron 3C – V3]
            Die bron is bruikbaar omdat:
            •     Dit beklemtoon China se dominansie in die Suid-Afrikaanse tekstielbedryf.
            •     Dit voorsien rede vir Suid-Afrika se invoer van Chinese produkte.
            •     Dit verduidelik die impak van die invoere op die Suid-Afrikaanse ekonomie.
            •     Enige ander relevante antwoord                              (Enige 2 x 2) (4)

3.4   [Vergelyk bronne 3B en 3C en die betrokke ondersteuning – V3]
      •    Bron 3B beklemtoon die werksverliese onder vroue en in Bron 3C lees ons oor die
           100 000 werksgeleenthede wat in die Suid-Afrikaanse tekstielbedryf verdwyn het.
      •    Bron 3B beskryf die uitbuiting van vroue as werkers in die industrie en in Bron 3C
           sien ons hoe China werkers wat onder armoede gebuk gaan, uitbuit.
      •    Enige ander relevante antwoord                                     (Enige 2 x 2) (4)
3.5
      3.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
            •      SACTWU                                                           (1 X 2) (2)
      3.5.2 [Ontrekking van bewyse uit Bron 3D – V1]
            •     Dit sou 55 000 nuwe werksgeleenthede in die tekstielbedryf skep.
                                                                                     (1 x 2) (2)
      3.5.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – V2]
            •      Die prys van klere sal verhoog en die werkersklas sal daaronder ly.
            •      Die verlies aan werk sal ŉ verhoging in werkloosheid veroorsaak.
            •      Hoër handelsbalans beteken dat die land ekonomies sal swaarkry.
            •      Enige ander relevante antwoord                             (Enige 1 x 2) (2)
      3.5.4 [Analise van bewyse uit Bron 3D – L2]
            •      Meer werksgeleenthede word gespaar en geskep.
            •      Herlewing in die tekstielbedryf.
            •      Deur Trots Suid-Afrikaanse produkte te koop, sal die land se ekonomie
                   gestimuleer word.
            •      ŉ Handelsbalans van tekort tot surplusse sal die ekonomie versterk.
            •      Enige ander relevante antwoord                             (Enige 1 x 2) (2)

3.6   [Interpretasie, evaluasie en sintese van bewyse van relevante bronne – V3]
      •      Globalisering bevorder die vloei van goedere oor grense (Bron 3A).
      •      Suid-Afrikaanse tekstielbedryf word oorheers deur maatskappye wat teen tariewe
             beskerm word (Bron 3B).
      •      Armoede onder werkersklas (Bron 3B).
      •      China domineer die Suid-Afrikaanse tekstielbedryf (Bron 3C).
      •      Daar is ŉ hoë vlak van werkloosheid in SA (Bron 3C).
      •      SA het baie ingevoerde items in die tekstielbedryf (Eie kennis).
      •      COSATU blameer globalisering vir werksverliese (Bron 3D).
      •      Handelsbalans het surplus negatief beïnvloed.
      •      Enige ander relevante antwoord                                              (8)

                                             18

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
                                                                    10792 / 17

Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken.

               •   Gebruik bewyse op ŉ baie elementêre wyse
                   bv. toon geen of min begrip hoe
                   globalisering die tekstielbedryf in SA        PUNTE
VLAK 1             beïnvloed.                                     0–2
               •   Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie ŉ
                   paragraaf skryf nie.
               •   Bewyse is meestal relevant en hou in groot
                   mate verband met die onderwerp bv. toon
                   begrip hoe globalisering die tekstielbedryf   PUNTE
VLAK 2             in SA beïnvloed.                               3–4
               •   Gebruik bewyse op ŉ baie basiese manier om
                   ŉ paragraaf te skryf.
               •   Gebruik relevante bewyse bv. toon ŉ
                   deeglike begrip hoe globalisering die
                   tekstielbedryf in SA beïnvloed.
VLAK 3         •   Gebruik bewyse baie effektief in ŉ            PUNTE
                   georganiseerde paragraaf en toon begrip van    5–8
                   die onderwerp.

                                                                     [50]

                                      19

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                   10792 / 17

AFDELING B:         OPSTELVRAE

VRAAG 4:     BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA

[Beplan en konstrueer ŉ oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur
gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede.]

SINOPSIS

Kandidate moet verduidelik hoe die internasionale anti-apartheidsbeweging druk op Suid-Afrika
verskerp het om ŉ einde aan apartheid in Suid-Afrika te bring.

HOOFASPEKTE
Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoord insluit:

Inleiding: Kandidate moet aandui hoe suksesvol die internasionale anti-apartheidsbewegings
was in die druk wat hulle op die apartheidsregering geplaas het.

UITBREIDING
•   Internasionale reaksie – meer druk op die apartheidsregering om apartheid in sy geheel af
    te skaf.
•   Britse Anti-Apartheid Beweging (AAM) gestig.
•   AAM veldtog – boikot vir Suid-Afrikaanse produkte – vrylating van aangehoudes – boikotte
    teen Suid-Afrikaanse sportspanne – druk op Barclays Bank en ander Britse maatskappye –
    reguleer protes buite die ambassade.
•   Ierse Anti-Apartheid Beweging gestig (IAAM) gestig;
•   IAAM veldtogte – ondersteun handelsunies om SA te isoleer; oorreed Ierse intellektuele
    om ŉ embargo te ondersteun; stop Suid-Afrikaanse kos-invoere; stop Suid-Afrikaanse
    steenkool-invoere; Ierse Toerismekantoor in Johannesburg gesluit; Ierse kunstenaars en
    sportmanne het opgehou om SA te besoek; sommige Ierse intellektuele het geweier om na
    Suid-Afrika te reis.
•   Aktiwiteite van bewegings: sportboikotte, kulturele boikotte, akademiese boikotte,
    verbruikersboikotte.
•   Resultate van boikotte – sanksies, disinverstering, die Laat Mandela vry-veldtog
•   Die rol van internasionale vakbonde: Noorse Konfederasie van Unies, Internasionale
    Vervoerwerkers Federasie (ITF); Europese Konfederasie van Vryehandelsunies (ECFTU)
•   Enige ander relevante antwoorde.

Gevolgtrekking: Kandidate moet hul argument met ŉ relevante slot saamvat.                 [50]

                                              20

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                      10792 / 17

VRAAG 5

DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE
VERLEDE.

[Beplan en konstrueer ŉ oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur
gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede.]

SINOPSIS

Kandidate moet aandui of die stelling regverdig / geldig is of nie. Indien hulle aandui dat dit
geldig is, moet hulle verduidelik hoe die vestiging van die nie-rassige demokratiese Suid-Afrika
in 1994 bereik is deur die toewyding van die politieke leiers. Indien hulle aandui dat dit nie ŉ
geldige stelling is nie, moet hulle hul argument met relevante historiese bewyse ondersteun.

HOOFASPEKTE

•    Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoord insluit

Inleiding: Kandidate moet ŉ lyn van argumentering volg en die argumente met relevante
bewyse ondersteun.

UITBREIDING

•    De Klerk kom aan bewind in 1989 – kort agtergrond.
•    De Klerk se toespraak op 2 Februarie 1990.
•    Die onderhandelingsproses begin.
•    Ontbanning van politieke organisasies soos die ANC en PAC.
•    Eerste formele ontmoeting by Grootte Schuur – vrylating van politieke gevangenis.
•    Pretoria Minuut – ANC kondig aan dat hulle die gewapende stryd gaan opskort.
•    KODESA I – werksgroep word opgestel om spesifieke sake te hanteer.
•    Regter vleuel Konserwatiewe Party en linker vleuel PAC boikot KODESA.
•    IVP leier, Mangosuthu Buthelezi weier om by te woon.
•    Slegs Wit-referendum gee De Klerk die mandaat om te onderhandel.
•    KODESA 2 stort in duie oor meerderheidsregring / magsdeling / streeksmagte.
•    Verhoogde geweld (Boipatong, Bisho ens.)
•    Verdrag van Verstandhouding onderteken as gevolg van samesprekings deur Cyril
     Ramaphosa en Roelf Meyer.
•    Sluipmoord op Chris Hani en Mandela se intervensie.
•    Veelpartyonderhandelingsforum.
•    Regter vleuel AWB val Wêreldhandelsentrum binne en die gevolge daarvan.
•    Sonsondergangsklousule deur Joe Slovo laat onderhandelings voortgaan.
•    Finale ooreenkoms rakende verkiesingsdatum bereik vir 27 April 1994 (aangekondig).
•    ANC wen die verkiesing – Mandela die eerste swart Suid-Afrikaanse President.
•    Enige ander relevante antwoorde.

Gevolgtrekking: Kandidate moet hul argument met ŉ relevante slot saamvat.                    [50]

                                               21

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                     10792 / 17

VRAAG 6

DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ŉ NUWE WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN
1989

[Beplan en konstrueer ŉ oorspronklike argument wat gebaseer is op relevante bewyse deur
gebruik te maak van analitiese en interpretasie vaardighede.]

SINOPSIS

Kandidate moet aandui of hulle met die stelling saamstem of daarvan verskil. Indien hulle
saamstem moet hulle aandui hoe die val van die Sowjetunie in 1989 ŉ belangrike impak op
Suid-Afrika se politieke toekoms gehad het. Indien hulle verskil, moet hulle hul argument met
relevante historiese bewyse ondersteun.

HOOFASPEKTE

•     Kandidate moet die volgende aspekte in hul antwoord insluit.

Inleiding: Kandidate moet na hul stelling verwys en verduidelik hoe die val van die Sowjetunie
die politieke toekoms van Suid-Afrika beïnvloed het en die weg na onderhandelings geopen het.

UITBREIDING

•    Agtergrond (Glasnost en Perestroika).
•    Ineenstorting van kommunisme, disintegrasie van die Sowjetunie en die val van die Berlyn
     muur.
•    Die Nasionale Party-regering het die ANC as ŉ agent van die kommunistiese Sowjetunie
     gesien.
•    Met die val van die Sowjetunie was die ANC verswak.
•    Die val van die Sowjetunie het beteken dat die Nasionale Party-regering hul siening oor die
     ANC moes verander.
•    Die val van kommunisme en die Slag van Cuito Cuanavale het ŉ groot impak op die Suid-
     Afrikaanse regering se houding oor ‘samesprekings met kommuniste’ gehad.
•    Die Suid-Afrikaanse regering het besluit om uit Angola te onttrek en ŉ skikking oor Namibië
     is onderhandel.
•    Die vreedsame oordrag van ŉ meerderheidsregring in Namibië het beide die ANC en die
     Suid-Afrikaanse regering aangemoedig om in gesprek te tree.
•    Die Nasionale Party was nie meer bekommerd oor die invloed van die SAKP op die ANC
     en ANC se alliansie met die SAKP nie.
•    Die Nasionale Party kon nie langer kommunisme gebruik om hul onderdrukking te
     regverdig nie.
•    Suid-Afrika was nie langer ŉ belangrike rolspeler in die Koue Oorlog politiek nie.
•    Die Nasionale Party kon nie langer die bedreiging van kommunisme gebruik om
     ondersteuning van Westerse regerings te kry nie.
•    Westerse regerings het druk op Suid-Afrika toegepas om apartheid te beëindig.
•    Westerse regerings het druk op Suid-Afrika geplaas om met die ANC te begin
     onderhandel.
•    Die val van kommunisme het ook die ANC beïnvloed.

                                              22

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                   10792 / 17

•    ANC kon nie langer op die Sowjetunie steun vir ekonomiese en militêre ondersteuning nie.
•    Sosialisme was nie langer ŉ opsie vir die rewolusionêre ANC nie.
•    Die resultaat was dat die ANC reg was om te onderhandel.
•    Die veranderende wêreld en massaprotes in Suid-Afrika het spanning binne die NP
     verhoog.
•    Dit het tot ŉ verandering in leierskap binne die NP gelei in 1989.
•    FW de Klerk het met beleid van hervorming begin.
•    In 1989 is die verbanning op politiek gevangenes opgehef.
•    In Februarie 1990 het De Klerk aangekondig dat Mandela vrygelaat gaan word.
•    De Klerk het ook die ontbanning van politieke organisasies soos die ANC, PAC en SAKP
     aangekondig.
•    Die regering was gewillig om die einde van apartheid te onderhandel.
•    Enige ander relevante antwoorde

Gevolgtrekking: Kandidate moet hul argument met ŉ relevante slot saamvat.                [50]

                                             23

## Related documents

- [Gr12 History P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01) — History · QP · 2021 · Afr
- [Grade 12 NSC History P2 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-addendum/4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed) — History · Addendum · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC History P2 Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-preparatory-2017-question-paper/badeb23c-1096-472f-a56c-66498abe1e7b) — History · QP · 2017
- [HISTORY P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/b9dc10fb-ad07-4300-abc2-a509afb2c30f) — History · QP · 2017 · Afr
- [Gr12 History P1 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p1-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/9c825710-3cb6-41a5-83f1-ec4a4f9c153e) — History · QP · 2021 · Afr
- [Grade 12 NSC History P1 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p1-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-addendum/4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995) — History · Addendum · 2019 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P1 ADDENDUM September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p1-addendum-september-2025-north-west/50efe0f8-d43f-4981-9053-03ea7c90b109) — Addendum · 2025
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/8367f672-7028-4e67-a52a-705b946b5122) — QP · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2024-afrikaans/e7a9d6cf-de1b-4007-b7b2-b4d762b2fa10) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
