# History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2017 Question Paper (Afr)

> Grade 12 History Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2017 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/181d2f44-75b9-4453-b7f3-16337251b831
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2017 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/181d2f44-75b9-4453-b7f3-16337251b831)

## About this document

History · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2017 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Grade 12 NSC History P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/b56c37a4-9f9d-40b7-85e7-9f238ccd5f5c) — Memo · 2017 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

           GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                   VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                                 2017
                                 10792

                            GESKIEDENIS

                        TWEEDE VRAESTEL

TYD:       3 uur

PUNTE:     150

10 bladsye en ŉ addendum van 14 bladsye

       3
                                                b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                GESKIEDENIS                                    2
                                (Tweede Vraestel)                  10792/17

                 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                         VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                                               GESKIEDENIS
                                               (Tweede Vraestel)
                                               TYD: 3 uur
                                               PUNTE: 150

INSTRUKSIES EN INLIGTING
1.   Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die voorgeskrewe
     inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.

     AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
     VRAAG 1:      BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA
     VRAAG 2:      DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                   AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
     VRAAG 3:      DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ŉ NUWE
                   WÊRELDORDE, 1989 TOT DIE HEDE

     AFDELING B: OPSTELVRAE
     VRAAG 4:      BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA: DIE
                   KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's
     VRAAG 5:      DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
                   AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
     VRAAG 6:      DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ŉ NUWE
                   WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989

2.   AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat benodig
     word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word.

3.   AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.

4.   Beantwoord DRIE vrae soos volg:

     4.1   Ten minste EEN moet ŉ brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN
           moet ŉ opstelvraag wees.

     4.2   Die DERDE vraag kan όf ŉ brongebaseerde vraag όf ŉ opstelvraag wees.

                                                                                  b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                   GESKIEDENIS                                      3
                                   (Tweede Vraestel)                  10792/17

5.   Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te bestee.

6.   In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig gebruik.

7.   Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde.

8.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
     gebruik word.

9.   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                     b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                    GESKIEDENIS                                        4
                                    (Tweede Vraestel)                   10792/17

AFDELING A:

BRONGEBASEERDE VRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie afdeling.
Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM
gevind word.

VRAAG 1

HOE HET STEVE BIKO EN DIE SWARTBEWUSSYNSBEWEGING DIE
APARTHEIDSREGERING IN DIE 1970’S UITGEDAAG?

Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.

1.1   Verwys na Bron 1A.

      1.1.1   Verduidelik die volgende konsepte in jou eie woorde.

              (a)    Swartbewussyn

              (b)    Bevryding                                              (2 x 2) (4)

      1.1.2   Hoe, volgens Biko, was swart mense veronderstel om hulself van
              hulle gevoelens van minderwaardigheid te bevry?         (1 x 2) (2)

      1.1.3   Verduidelik waarom die Black People’s Convention gestig is.
                                                                            (1 x 2) (2)

      1.1.4   Lewer kommentaar oor die bruikbaarheid (nuttigheid) van hierdie
              bron vir ŉ geskiedkundige wat die Swartbewussynsbeweging
              bestudeer.                                              (2 x 2) (4)

1.2   Bestudeer Bron 1B.

      1.2.1   Waarheen, volgens die bron, is Biko na sy aanhouding in Port
              Elizabeth verplaas?                                   (1 x 1) (1)

      1.2.2   Haal ŉ bewys uit die bron aan wat suggereer dat Steve Biko nie die
              eerste persoon was wat onder polisie-aanhouding gesterf het nie.(1 x 1)(1)

      1.2.3   Wat, volgens Jimmy Kruger, was die rede vir Biko se dood?
                                                                            (1 x 1) (1)

      1.2.4   Gebruik die inligting in die bron asook jou eie kennis en verduidelik
              waarom mense na aan Biko nie Jimmy Kruger se verklaring vir Biko
              se dood aanvaar het nie.                                      (2 x 2) (4)

      1.2.5   Waarom, dink jy, het Jimmy Kruger nie die mediese verslag aan die
              publiek bekend gemaak nie?                                 (2 x 2) (4)

                                                                                       b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                   GESKIEDENIS                                      5
                                   (Tweede Vraestel)                  10792/17

1.3   Lees Bron 1C.

      1.3.1   Watter boodskappe dra die plakkaat in terme van Steve Biko oor?
              Gebruik visuele leidrade om jou antwoord te ondersteun.
                                                                         (2 x 2) (4)

      1.3.2   Lewer kommentaar oor waarom die Azanian People’s Organisation
              (AZAPO) Biko in gebreekte boeie uitgebeeld het.
                                                                    (2 x 2) (4)

1.4   Vergelyk Bronne 1A en 1C en verduidelik hoe die bronne mekaar ten
      opsigte van die idees van Steve Biko en die Swartbewussynsbeweging
      ondersteun.                                                 (2 x 2) (4)

1.5   Raadpleeg Bron 1D.

      1.5.1   Haal bewys uit die bron aan wat suggereer dat Biko se dood
              intenasionale aandag geniet het.                     (1 x 2) (2)

      1.5.2   Hoe, volgens die bron, het die onluste-polisie die roubeklaers wat
              Biko se begrafnis bygewoon het, behandel?                   (3 x 1) (3)

      1.5.3   Verduidelik waarom die aparheidspolisie teenoor die roubeklaers
              met sulke geweld opgetree het.                           (1 x 2) (2)

1.6   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ
      paragraaf van ongeveer AGT reëls (80 woorde) waarin jy verduidelik hoe
      Steve Biko en Swartbewussynsbeweging die apartheidsregering in die
      1970’s uitgedaag het.                                                      (8)
                                                                                 [50]

                                                                                    b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                  GESKIEDENIS                                      6
                                  (Tweede Vraestel)                  10792/17

VRAAG 2

HOE SUKSESVOL WAS DIE WAARHEIDS- EN VERSOENINGSKOMMISSIE
(WVK) IN DIE ONTBLOTING VAN DIE WAARHEID OOR DIE DERDE MAG-
BEDRYWIGHEDE?

Bestudeer Bronne 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.

2.1   Bestudeer Bron 2A.

      2.1.1   Waarom, volgens die bron, was die WVK gestig?                (1 x 2) (2)

      2.1.2   Lewer kommentaar waarom jy dink dat die WVK die mandaat
              toegeken is om die menseregteskendings wat in Suid-Afrika tussen
              1960 en 1994 plaasgevind het, te ondersoek.               (1 x 2) (2)

      2.1.3   Waarom, dink jy, is baie growwe menseregteskendings tydens die
              apartheidsperiode in Suid-Afrika gepleeg?               (1 x 2) (2)

      2.1.4   Noem die DRIE sub-komitees van die WVK uit die bron.         (3 x 1) (3)

      2.1.5   Definieer die term amnestie binne die konteks van die WVK.
                                                                           (1 x 2) (2)

      2.1.6   Verduidelik die bruikbaarheid van die bron vir ŉ geskiedkundige wat
              die doel van die WVK navors.                                 (2 x 2) (4)

2.2   Verwys na Bron 2B.

      2.2.1   Haal bewyse uit die bron aan wat suggereer dat die Nasionale Party
              ondersteuners met die WVK ontevrede was.                    (1 x 2) (2)

      2.2.2   Hoe, volgens die bewyse in die bron, wou die Nasionale Party deur
              die Kommissie erken word?                                  (1 x 2) (2)

      2.2.3   Waarom dink jy het die Nasionale Party ŉ voorlegging aan die WVK
              gedoen?                                                     (1 x 2) (2)

      2.2.4   Wat word deur O’Malley se stelling: "Die Kommissie word
              toenemend betrokke by die partypolitieke proses?", geïmpliseer?
                                                                           (1 x 2) (2)

      2.2.5   Gebruik die inligting in die bronne en jou eie kennis en verduidelik
              hoe die bevindings van die Kommissie die Nasionale Party se
              siening oor die werk van die WVK verander het.               (2 x 2) (4)

                                                                                   b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                   GESKIEDENIS                                     7
                                   (Tweede Vraestel)                 10792/17

2.3   Gebruik Bron 2C.

      2.3.1   Watter boodskappe dra die spotprenttekenaar oor De Klerk se
              voorlegging aan die WVK voor? Gebruik die visuele leidrade om jou
              antwoord te ondersteun.                                    (2 x 2) (4)

      2.3.2   Lewer kommentaar op die volgende stelling; 'DAAR GAAN
              OOGLOPEND MEER AAN', in die konteks van die WVK se
              bevindings.                                      (1 x 2) (2)

2.4   Vergelyk Bronne 2B en 2C en verduidelik hoe hierdie bronne mekaar ten
      opsigte van die WVK se bevindinge oor De Klerk se betrokkenheid by Derde
      Mag-aktiwiteite ondersteun.                                          (2 x 2) (4)

2.5   Raadpleeg Bron 2D.

      2.5.1   Wie, volgens die bron, het toestemming vir die bombardement van
              Khotso Huis gegee?                                       (1 x 1) (1)

      2.5.2   Verduidelik die term menseregte binne die konteks van die WVK.
                                                                          (1 x 2) (2)

      2.5.3   Lewer kommentaar waarom jy dink De Klerk versuim het om ŉ volle
              openbaring van growwe menseregteskending te maak.
                                                                      (1 x 2) (2)

2.6   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ
      paragraaf van ongeveer AGT reëls (80 woorde) waarin verduidelik of die WVK
      suksesvol was om die waarheid oor Derde Mag-aktiwiteite te ontbloot.       (8)
                                                                                 [50]

                                                                                   b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                    GESKIEDENIS                                       8
                                    (Tweede Vraestel)                   10792/17

VRAAG 3

HOE HET GLOBALISERING DIE TEKSTIELBEDRYF IN SUID-AFRIKA
BEïNVLOED?

Bestudeer Bronne 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

3.1   Verwys na Bron 3A.

      3.1.1      Definieer die volgende terme in jou eie woorde.

                 (a)   Globalisering
                 (b)   Vryemark-ekonomiese stelsels                           (2 x 2) (4)

      3.1.2      Lys TWEE maniere uit die bron wat aandui hoe die regerings
                 globalisering moontlik gemaak het.                  (2 x 1) (2)

      3.1.3      Verduidelik die impak wat die vryemark stelsel op die ekonomieë
                 van Wes-Europa gehad het.                                 (2 x 2) (4)

      3.1.4      Lewer kommentaar oor wat die volgende frase in terme van
                 ondersteuners en kritici van globalisering impliseer: ‘Globalisering
                 is egter baie omstrede’.                                      (2 x 2) (4)

3.2   Bestudeer Bron 3B.

      3.2.1      Wie, volgens die bron, vorm die grootste persentasie werkers in
                 Suid-Afrika se tekstielbedryf?                           (1 x 1) (1)

      3.2.2      Identifiseer DRIE redes volgens die bron waarom vroue as
                 ‘geskikte’ werkers vir die tekstielbedryf beskou word. (3 x 1) (3)

      3.2.3      Gebruik die informasie in die bron en jou eie kennis, en verduidelik
                 hoe handelsliberalisme vroue in die klerebedryf beïnvloed het.
                                                                              (2 x 2) (4)

3.3   Lees Bron 3C.

      3.3.1      Watter boodskappe dra die spotprentkunstenaar in verband met
                 Suid-Afrika se tekstielbedryf oor? Gebruik die visuele leidrade om
                 jou antwoord te ondersteun.                                  (2 x 2) (4)

      3.3.2      Verduidelik die bruikbaarheid van die spotprent vir ŉ
                 geskiedkundige wat die effek van ingevoerde items op die Suid-
                 Afrikaanse tekstielbedryf bestudeer.                   (2 x 2) (4)

3.4   Vergelyk Bronne 3B en 3C en verduidelik hoe die bronne mekaar in terme van
      die impak van globalisering op die Suid-Afrikaanse tekstielbedryf ondersteun.
                                                                              (2 x 2) (4)

                                                                                       b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                    GESKIEDENIS                                          9
                                    (Tweede Vraestel)                        10792/17

3.5   Gebruik Bron 3D.

      3.5.1      Identifiseer uit die bron, die tekstielbedryf se vakbond.
                                                                                 (1 x 2) (2)

      3.5.2      Wat, volgens die bron, was die sekretaris-generaal se
                 voorspelling?                                                   (1 x 2) (2)

      3.5.3      Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik
                 hoe globalisering armoede onder die werkersklas vererger het.
                                                                               (1 x 2) (2)

      3.5.4      Verduidelik hoe die gebruik van kwotas in die tekstielbedryf vir
                 Suid-Afrika beter sal wees.                                  (1 x 2) (2)

3.6   Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ŉ
      paragraaf van ongeveer AGT reëls (80 woorde) waarin jy verduidelik hoe
      globalisering die tekstielbedryf van Suid-Afrika beïnvloed het.            (8)
                                                                                 [50]

                                                                                         b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                     GESKIEDENIS                                      10
                                     (Tweede Vraestel)                   10792/17

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling.

Jou opstel behoort ongeveer DRIE bladsye lank te wees.

VRAAG 4

BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA: DIE KRISIS VAN
APARTHEID IN DIE 1980’s

Die internasionale anti-apartheidsbewegings het hul druk op Suid-Afrika verskerp
om ŉ einde aan die apartheidstelsel te bring.

Bespreek die geldigheid van die bostaande stelling krities. Gebruik relevante
historiese bewyse om jou antwoord te ondersteun.
                                                                                      [50]

VRAAG 5

DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN
DIE VERLEDE

Die vestiging van ŉ nie-rassige demokratiese Suid-Afrika in 1994 kon slegs deur die
toewyding van die politieke leiers behaal word.

Is dit ŉ geldige gevolgtrekking? Motiveer jou antwoord met relevante historiese
bewyse vanaf die tydperk 1990 tot 1994

                                                                                      [50]

VRAAG 6

DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ŉ NUWE WÊRELDORDE: DIE
GEBEURE VAN 1989

Die val van die Sowjet-Unie in 1989 het ŉ beduidende impak op Suid-Afrika se
politieke toekoms gehad.

Stem jy saam met die stelling? Ondersteun jou antwoord met relevante historiese
bewyse.                                                                               [50]

                                                                           TOTAAL: 150

                                          EINDE

## Related documents

- [Gr12 History P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-history-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01) — History · QP · 2021 · Afr
- [Grade 12 NSC History P2 Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-preparatory-2017-question-paper/badeb23c-1096-472f-a56c-66498abe1e7b) — History · QP · 2017
- [Grade 12 NSC History P2 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-history-p2-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-addendum/4c8825cb-7328-4a35-b4a2-21579182a6ed) — History · Addendum · 2019 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/b9dc10fb-ad07-4300-abc2-a509afb2c30f) — History · QP · 2017 · Afr
- [GR12 HIST P2 Sept2017 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-hist-p2-sept2017-qp-eng/a9e68a30-4308-449a-b46f-d8e2efa233d8) — History · QP · 2017 · Eng
- [History P2 Nov 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-nov-2017-afr/b0926a9f-e7f4-4b6d-8c52-7a8d0984cadc) — History · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
